SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Van Geelen verskaf vonk wat Wit Bulle tot sege oor Helpies aanvuur

    Van Geelen verskaf vonk wat Wit Bulle tot sege oor Helpies aanvuur

    JUANDRÉ “LOOD” EHLERS, binnesenter van Monument, is hier op pad doellyn toe vir een van sy span se drieë in sy sege van 34-26 oor Helpmekaar Kollege in die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling. FOTO: Marius Nortjé

    Die Hoërskool Monument se Wit Bulle is vanjaar sterk aanspraakmakers om as kampioen van die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling gekroon te word.

    Die span van Krugersdorp het Saterdag met ‘n oorwinning van 34-26 oor Helpmekaar Kollege in Johannesburg sy negende agtereenvolgende sege vanjaar op die rugbyveld behaal. Monnas is na dié oorwinning saam met Garsfontein die enigste onoorwonne spanne oor in die Beker-afdeling.

    Dit was ook die Wit Bulle se eerste oorwinning oor Helpmekaar sedert 1997 wat Tjaart van der Walt nie die breier was nie. Vir Monnas se breiers, Jannie du Plessis en Reinhard Gerber, sou dit dus ‘n spesiale dag gewees het.

    Van der Walt rig deesdae Helpies af.

    Die span van Krugersdorp was op sy stukke in die eerste helfte en het ‘n gemaklike voorsprong van 29-7 teen lemoentyd opgebou. Dit was weer die span se Suid-Afrikaanse Skole-skrumskakel, Morné Noble, wat met sy flinke diens asook skerp breekslae die meeste skade vir Helpies se verdediging besorg het.

    Noble is boonop vir die vierde wedstryd op ‘n streep as Speler van die Wedstryd aangewys. Natuurlik in die Virseker Noordvaal Cup word dit die Virsekerbreker van die Wedstryd genoem.

    Die toekenning kon egter net so maklik aan die slot Hanco van Geelen toegeken gewees het. Dit was duidelik dat Van Geelen ‘n boodskap aan die Leeus se keurders met sy vertoning wou stuur. Diot was sonder twyfel sy beste vertoning nog vir die Wit Bulle.

    Van Geelen het op die verdediging gesorg dat ‘n hele paar Helpies vandag met seer lywe sit. Boonop het hy met mening by die afbreekpunte ingeklim om die Helpies op die agtervoet te hou.

    Indien hy op die vertoning kan voortbou kan die Leeus se keurders hom dalk net weer nader trek voor hulle hul finale span vir die Cravenweek in Gqeberha bekend maak. Sy slotmaat, Matthew van Deventer, verdien ook ‘n klop op die skouer vir sy vertoning teen Helpies.

    Die tweede helfte van die kragmeting het aan Helpies behoort. Die tuisspan het ‘n hele paar geleenthede geskep om die wedstryd te wen, maar meeste van die belowende bewegings is deur ‘n laaste aangee of ‘n aanslaan in die wiele gery.

    Die span se slot en hoofseun van die skool, Diandro Botha, was deurgans uitstaande. Goeie nuus vir die Leeus se Cravenweek-span is dat die binnesenter, Ethan Lourens, ook vinnig besig is om sy spelpeil te herwin.

    Agterlangs het die heelagter, Xander van Niekerk en linkervleuel Zuan Krige gevaarlik gelyk wanneer hul in besit gestel is. Die skakelpaar, Shaye Lourens en John van Druten, asook die flank Llewellyn Vermaak kan ook tevrede met hul vertonings voel.

    Monnas se heelagter, Logan Langeveldt, het saam met die senterpaar, Juandré Ehlers en Blessing Monareng, ook uitmuntend vertoon.

    Noordheuwel het sy eerste sege in vanjaar se reeks met ‘n oorwinning van 35-10 oor EG Jansen van Boksburg beklink.

    Die Jansies het wel eerste bloed geruik toe sy buitesenter, Duwayne Zeekoei, vroeg vir sy drie deurgedraf het. Die besoekers van Boksburg was vir langer in die kragmeting as wat die telling aandui.

    Die Nories het met die omdraaislag met 14-5 voorgeloop. Die tuisspan se linkervleuel, Prince Agu, se drie was die laaste spyker in die doodskis na Nories omgekeerde besit enkele meters van hul doellyn bewerkstellig het. Agu het amper die hele lengte van die veld vir sy drie genael.

    Puntemakers: 

    Monument 34 (29) – Drieë: Logan Langeveldt (2), Morné Noble, Migael Coetzee, Roché Botha, Juandré Ehlers. Doelskoppe: Jayden Viljoen (2). Helpmekaar 26 (7) – Drieë: Zuan Krige, Ruann Bester, Xander van Niekerk, Strafdrie. Doelskoppe: Shaye Lourens (2).

    Noordheuwel 35 (14) – Drieë: Ruben Botes, Armand van Eck, SW de Waal, Robert Hurn, Prince Agu. Doelskoppe: Kieran Reid (4), Heinrich Smith. EG Jansen 10 (5) – Drieë: Duwayne Zeekoei, Ruben Freitag.

    Ander spanne: 

    o.16: Helpmekaar 52, Monument 14; Noordheuwel 31, EG Jansen 31.

    o.15: Helpmekaar 38, Monument 14; Noordheuwel 49, EG Jansen 17.

    o.14: Helpmekaar 24, Monument 10; Noordheuwel 50, EG Jansen 0.

  • Wit Bulle wil strooptog met eerste sege oor Helpies sonder Van der Walt sedert 1997 voortsit

    Wit Bulle wil strooptog met eerste sege oor Helpies sonder Van der Walt sedert 1997 voortsit

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Monument van Krugersdorp se Wit Bulle kon nog net vier keer sedert 1997 daarin slaag om vir Helpmekaar Kollege ore aan te sit.

    Interresant is die feit dat die enigste afrigter van die Wit Bulle wat in hierdie tydperk daarin kon slaag om die Helpies te klop, Tjaart van der Walt, is. Van der Walt staan deesdae aan stuur van Helpies se rugbyprogram.

    En na verlede jaar se nederlaag van 43-53 op die Ras van Rooyen-veld sal Monument se afrigters, Jannie du Plessis en Reinhard Gerber, presies weet hoe moeilik hul ontmoeting om 12:30 Saterdag in die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling met Helpmekaar sal wees.

    Die Wit Bulle is egter vanjaar ‘n ander span. Hulle het oorwinnings in hul laaste agt kragmetings behaal. Die span het verlede week vir Jeppe High School for Boys met 47-29 in ‘n King Price Derby Series kragmeting kaf gedraf.

    Monnas is ook onoorwonne in vanjaar se Beker-afdeling na klinkende sege oor EG Jansen (85-19) en Noordheuwel (41-15). Die Helpies se enigste sege in vanjaar se reeks het hy verlede week oor die Jansies met 36-24 behaal.

    Dit is jammer dat die Leeus se Cravenweek-skrumskakel, Shaye Lourens, op losskakel vir Helpies moet uitdraf. ‘n Tweestryd met verlede jaar se Suid-Afrikaanse Skole-skrumskakel, Morné Noble, kon een van die hoogtepunte van die naweek se skolerugby gewees het.

    Noble was die afgelope paar weke vuurwarm vir die Wit Bulle. Hy was as Speler van die Wedstryd in al drie van sy span laaste kragmetings teen onderskeidelik EG Jansen, Noordheuwel en Jeppe aangewys. Hy kan wel steeds goeie teenstand van Helpies se John van Druten verwag.

    Van Druten se pa, ook John, het die Wit Bulle en die Leeus se Cravenweek-span in 1999 verteenwoordig. Gerber was ook ‘n lid van die span, saam met ander bekende name soos Quintin Geldenhuys (Italië) en Jorrie Muller (Springbokke).

    Helpies kan die pyp rook indien sy span se agterhoede genoeg balbesit kry. Buiten die Lourens-tweeling, Ethan en Shaye, hou die Van Druten, Xander van Niekerk (heelagter) en die linkervleuel, Zuan Krige, daarvan om met die bal te hardloop.

    Monnas se agttal met Siya Ncube (flank), Ryno van der Westhuizen (kaptein en agtsteman) asook die reuse slot, Hanco van Geelen, kan egter ‘n stokkie hiervoor steek.

    Noordheuwel se Blues speel gasheer vir EG Jansen in ‘n kragmeting wat vir albei spanne van uiterste belang is. Die Nories het nog nie die soet smaak van ‘n sege in vanjaar se reeks geproe nie.

    Die span wat deur Stefan “Botter” Lourens gebrei word, is veel beter as wat hierdie stukkie statistiek aandui. Die span het boonop verlede week in sy nederlaag van 17-44 teen die pasaangeër in die reeks, Garsfontein, gewys dat hy met tye goeie rugby kan opdis.

    Die tweestryd tussen die twee kapteins, Jaco Engelbrecht (EG Jansen) en Kean Lourens (Noordheuwel), aan die kant van die skrum behoort vir heelwat hoogtepunte te sorg.

    Die stryd tussen die twee losskakels behoort ook vurig te wees. EG se Juan van Aswegen was tot dusver een van sy span se groot staatmakers, terwyl Kieran Reid gewoonlik op senter uitdraf, maar vir Heinrich Smith teen die Blues moet instaan.

    Die spanne is: 

    Helpmekaar Kollege t. Monument om 12:30 in Johannesburg: 

    Helpmekaar: 15 Xander van Niekerk, 14 Ruben Coetzee, 13 Daniel Kelbrick, 12 Ethan Lourens, 11 Zuan Krige, 10 Shaye Lourens, 9 John van Druten, 8 Ruann Bester, 7 Xander Jackson, 6 Llewelyn Vermaak, 5 Dewald du Preez, 4 Diandro Botha, 3 Karlo Steenkamp, 2 Jeandré van der Merwe, 1 Daylan Ferreira.

    Monument: 15 Logan Langeveldt, 14 Migael Coetzee, 13 Blessing Moraneng, 12 Juandré Ehlers, 11 Ruan Genis, 10 Jayden Viljoen, 9 Morné Noble, 8 Ryno van der Westhuizen (kaptein), 7 Roché Botha, 6 Siya Ncube, 5 Hanco van Geelen, 4 Matthew van Deventer, 3 Ben van Wyk, 2 Jayden Nel, 1 Dexter Chiwanga.

    Skeidsregter: Austin Richardson.

    Noordheuwel t. EG Jansen om 13:00 in Krugersdorp: 

    Noordheuwel: 15 Wilcu Roos, 14 Edwill October, 13 Tristan Helmund, 12 Armand Coetzee, 11 Prince Agu, 10 Kieran Reid, 9 SW de Waal, 8 Armand van Eck, 7 Kean Lourens (kaptein), 6 JB Blaunt, 5 Robert Hurn, 4 Jared Coetzer, 3 Steph Botha, 2 Miguel Elliot, 1 Ruben Botes.

    EG Jansen: 15 JJ van Rensburg, 14 Liam Hector, 13 Duwayne Zeekoei, 12 Dian Botha, 11 Conor Louw, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Juan Harris, 7 Jaco Engelbrecht (kaptein), 6 Aljay Olivier, 5 Ivan Botha, 4 Ewan Pretorius, 3 Elshaan Duminy, 2 JC du Toit, 1 Marlo van der Merwe.

    Skeidsregter: Hernus Coetzee.

  • Du Plessis besoek die keer Bere-park as ‘n Parkie, Van Dyk en Gouws sit hul skaakspel voort

    Du Plessis besoek die keer Bere-park as ‘n Parkie, Van Dyk en Gouws sit hul skaakspel voort

    Daar wag ongetwyfeld ‘n emosioneel gelaaide kragmeting tussen Garsfontein en Menlopark hierdie Saterdag op Berepark in Pretoria.

    Die twee spanne pak mekaar om 13:10 in die Beker-afdeling van die Virseker Noordvaal Cup.

    Dit sal Garsfontein se voormalige hoofafrigter, Johan du Plessis, se eerste wedstryd teen sy voormalige skool wees. Du Plessis was deel van die Bere se afrigtingspan in elk van sy vyf Noordvaal-titels.

    Hy was boonop die hoofafrigter met Garsfontein se laaste drie titels wat hy in 2023 tot en met 2025 ingepalm het. Du Plesiss brei deesdae die Parkies se agterhoede.

    Hy sal dus weet watter reuse taak op sy nuwe span Saterdag wag.

    Die Garsie Bere is ongetwyfeld die gunsteling. Die span is nog onoorwonne in vanjaar se reeks en beskik oor waarskynlik die gevaarlikste agterste driehoek in die kompetisie met Drewyn Baron, Yuvrah George en Neil de Kock.

    Baron het sover vier keer agter die doellyn in sy span se drie wedstryde in die reeks gaan kuier. George spog self met drie drieë sover. Albei is in die Blou Bulle se voorlopige Cravenweek-span ingesluit.

    Garsfontein het met agt spelers in vanjaar se groep die grootste verteenwoordiging in die Bulle se uitsoekgroep. Die ander spelers wat die span gemaak het is, Ruan Fluks, Joshua Gouws (albei losskakels), Kwagga van der Vyver (flank/haker), JJ Fourie (slot), Ruben Lombaard en André van Wyk (albei stutte).

    Die Parkies het self twee spelers in sy geledere wat die uitsoekgroep gemaak het. Die heelagter, Jody Abrahams, het die span as vleuel gemaak, terwyl die Dylan Stumke weer op binnesenter vir die Ligbloues sal uitdraf.

    Stumke is na losskakel vir die kragmeting teen die Bere geskuif, met die losskakel, Willie Pieterse, wat na binnesenter skuif.

    Die span se hoofafrigter, Andries Ferreira, sou ook heelwat moet skaaf die week na hul haker, Dian de Bruin, harsingskudding in sy span se nederlaag van 12-36 verlede week teen Waterkloof opgedoen het. Jacques Wiltz sal Saterdag teen Van der Vyver moet wys dat hy reg is om in die beginspan ‘n impak te maak

    Garsfontein se hoofafrigter, Sylvester Booysen, kon nie vir Lourenz de Jager (agtsteman) en Levi Jordaan (buitesenter) weens beserings vir die kragmeting oorweeg nie.

    Hoërskool Waterkloof sal Saterdag gsasheer vir Hoërskool Middelburg, wat nog onoorwonne in vanjaar se reeks is, speel. Die Klofies behoort egter steeds op sy tuisveld as die gunsteling op die veld te draf.

    Albei spanne se hoofafrigters, Cobus van Dyk (Waterkloof) en Christiaan Gouws (Middelburg), ken mekaar goed. Die twee se paaie het reeds met mekaar in 2012 gekruis toe Van Dyk destyds die Hoërskool Ermelo gebrei het, terwyl Gouws vir Ligbron Akademie afgerig het.

    Klofies se kaptein en buitesenter, Meyer Pretorius, is saam met die heelagter, Alexander Griesel, hul span se gevaarmanne agterlangs. Interresant is dat Gouws besluit het om een van sy flanke Aiden Nel na die middelveld vir die kragmeting te skuif.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Garsfontein t. Die Hoërskool Menlopark om 13:10 op Berepark in Pretoria: 

    Garsfontein: 15 Drewyn Baron, 14 Yuvrah George, 13 Le-marc Henry, 12 Keagan Knighton, 11 Neil de Kock, 10 Ruan Fluks, 9 Dean Wilbers, 8 JP Meintjies, 7 Derik Potgieter, 6 Francois van Niekerk, 5 SW Potgieter, 4 JJ Fourie (kaptein), 3 Ruben Lombard, 2 Stefan van der Vyver, 1 André van Wyk.

    Menlopark: 15 Jody Abrahams, 14 Lucian Read, 13 Danie Botma, 12 Willie Pieterse, 11 Juan Joubert, 10 Dylan Stumke, 9 Eben Botma, 8 Tiaan Boshoff (kaptein), 7 Dewald van Wyk, 6 Miller de Jager, 5 Dawid van den Heever, 4 Lyndon Fourie, 3 Reando Fourie, 2 Jacques Wiltz, 1 Justin Toerien.

    Skeidsregter: Stephan Geldenhuys.

    Hoërskool Waterkloof t. Hoërskool Middelburg om 13:20 in Pretoria: 

    Waterkloof: 15 Alexander Griesel, 14 Mieder Erasmus, 13 Meyer Pretorius (kaptein), 12 Ruben Louwrens, 11 Jacques Jansen van Rensburg, 10 Liam Schutte, 9 Marcel Tsiakos, 8 Almero Gerritsen, 7 Stefan Pieters, 6 Hugo Dercksen, 5 Marius Venter, 4 Phillip Mans, 3 Reinhard Duvenhage, 2 Len Smit, 1 Wian Hetzel.

    Hoërskool Middelburg: 15 Janré Oosthuizen, 14 Kgontse Masilela, 13 Aiden Nel, 12 Blake Faber, 11 Kgotso Peta, 10 Buhle Mphahlaza (kaptein), 9 Enio Manhica, 8 Sifiso Hlungwane, 7 Siyabonga Mokgoatjana, 6 Menzi Siyaya, 5 Khensani Buthelezi, 4 Lihan de Vaal, 3 Dewald du Toit, 2 Ryan Blake, 1 Melchior van Niekerk.

    Skeidsregter: Angelic Bezuidenhout.

  • Blue Bulls selectors still have some difficult choices to make for Youth Weeks

    Blue Bulls selectors still have some difficult choices to make for Youth Weeks

    GQEBERHA, SOUTH AFRICA – JUNE 17: Drewyn Nathan Baron of the Blue Bulls during the match between Blue Bulls and Western Province XV on day 1 of the U16 Grant Khomo Week at Grey High School on June 17, 2024 in Gqeberha, South Africa. (Photo by Michael Sheehan/Gallo Images)

    The Blue Bulls selectors made their selections for their first warm-up encounter of the season against the Valke on the 3rd of June.

    Both the u18A and u18B sides, the Craven Week and Academy Week sides, were named with 24 players in the squads. The warm-up matches are considered part of the trials, and final selections will be made only after their games against the Sharks.

    Garsfontein, with eight players, has the biggest representation within the squad. In total, ten schools are represented within the Craven Week squad.

    From last year’s side, only Thabiso Simelane (St Alban’s College), Dylan Stumke (Menlopark), Drewyn Baron (Garsontein) and Charl Els (Affies) will be in action once again. The Bulls will play their first match in Gqeberha on the Kolisi-field against their old foe the Golden Lions.

    Simelane also represented the South African Schools’ side last year. Els was called up from the Academy Week to play for the Bulls against Eastern Province in their final match of last year’s tournament.

    Martin van Niekerk (Affies, lock) is the only other player from last year’s Academy Week side who made the jump with Els to Craven Week selection.

    Eight players from the Bulls’ Grant Khomo Week side of 2024 in Gqeberha – Els, Van Niekerk, Stumke, Baron, Simelane, Fourie Roberts (Affies, scrumhalf), Yuvrah George (Garsfontein wing) and Jody Abrahams (Menlopark, wing) are in prime seats to make the trip to the Windy City again.

    Roberts is the son of former South Western Districts scrumhalf, Freddie Roberts. The latter represented the Ostrich Farmers in 62 matches between 1997 and 1999.

    In 2024 this group of Bulls lost by 22-31 against Western Province in the main match of the Grant Khomo Week on the Kolisi-field.

    The teams: 

    Craven Week: 15 Drewyn Baron (Garsfontein), 14 Yuvrah George (Garsfontein), 13 Thabiso Simelane (St Alban’s College), 12 Dylan Stumke (Menlopark), 11 Jody Abrahams (Menlopark), 10 Joshua Gouws (Garsfontein), 9 Fourie Roberts (Affies), 8 Almero Gerritsen (Waterkloof), 7 Mbala Ndima (Pretoria Boys High), 6 Stephan van der Vyfer (Garsfontein), 5 Martin van Niekerk (Affies), 4 JJ Fourie (Garsfontein), 3 Ruben Lombaard (Garsfontein), 2 Charl Els (Affies), 1 André van Wyk (Garsfontein). Replacements: 16 Riyaan Wilson (Oos-Moot), 17 Thando Telelo (Oos-Moot), 18 Maka Kumadeka (Cornwall Hill College), 19 Disintle Onyeari (Overkruin), 20 Luan Wepener (Zwartkop), 21 Garrith Warrie (Zwartkop), 22 Opentse Matlebjane (Pretoria Boys High), 23 Ruan Fluks (Garsfontein), 24 Joshua Gouws (Affies).

    8 Garsfontein | 4 Affies | 2 Menlopark | 2 Pretoria Boys High | 2 Oos-Moot | 2 Zwartkop | 1 St Alban’s College | 1 Waterkloof | 1 Overkruin | 1 Cornwall Hill College

    Academy Week: 15 Alexander Griessel (Waterkloof), 14 Neo Ledwaba (Garsfontein), 13 Meyer Pretorius (Waterkloof), 12 David van Jaarsveld (Zwartkop), 11 Waylin Papier (Zwartkop), 10 Michael Bhuda (Oos-Moot), 9 Ethan Williams (Affies), 8 Caleb Pretorius (Affies), 7 Phillip Mans (Waterkloof), 6 Wandile Mbate (St Alban’s College), 5 Reuben Vlok (Affies), 4 Alex Muller (Affies), 3 Reinhardt Duvenhage (Waterkloof), 2 Reagan Blignaut (Zwartkop), 1 Francois de Beer (Affies). Replacements: 16 Shawn Maobelo (Montana), 17 Esihle Mhlongo (Hercules), 18 Reando Fourie (Menlopark), 19 Matimu Maluleke (Pretoria Boys High), 20 Duran Pieterse (Menlopark), 21 Tilon Baron (Zwartkop), 22 Kealan Cloete (Die Wilgers), 23 Brian Jacobs (Oos-Moot), 24 Keagan Fourie (Affies).

    6 Affies | 4 Waterkloof | 4 Zwartkop | 2 Oos-Moot| 2 Menlopark | 1 Garsfontein | 1 St Alban’s College | 1 Montana | 1 Hercules | 1 Die Wilgers | 1 Pretoria Boys High

    Grant Khomo Week: 15 Tyron Strauss (GF), 14 Amani Muwanza (PBHS), 13 Heinrich Becker (AHS), 12 Lourens Grobler (AHS), 11 Sandile Majola (PBHS), 10 LeRoux Badenhorst (GF), 9 Lian de Jager (GARS), 8 Dylan Badenhorst-Schnetler (AHS), 7 Morne Beukes (GF), 6 Jayden Olivier (ZW), 5 Duan Terblanche (AHS), 4 Mathlatsi Mabalane (PBHS), 3 Gerrit du Plooy (AHS), 2 Lehakoe Mokoena (Pretoria Boys High), 1 Tayler Nel (Affies). Replacements: 16 Divan Olivier (Menlopark), 17 Travis Feeta (Pretoria Boys’ High), 18 Smaks Mengoae (Pretoria Boys High), 19 Franco Loots (Garsfontein), 20 Buhle Adonis (Pretoria Boys High), 21 Keanu Human (Zwartkop), 22 Tumisho Nkadimeng (Menlopark), 23 Nielan April (Garsfontein).

    o.17A: 15 Tyrese Adams (Oos-Moot), 14 Nthando Malobola (Garsfontein), 13 Dandré Brink (Affies), 12 Rico du Plessis (Affies), 11 Vokosi Ndlovu (Pretoria Boys High), 10 Ruben Smith (Affies), 9 Kassie Lebelo (Garsfontein), 8 Dewald van Wyk (Menlopark), 7 Chaden Dartnell (Eldoraigne), 6 Rossouw Scheepers (Affies), 5 SW Potgieter (Garsfontein), 4 Zinyemba Matthew (St Alban’s College), 3 Liam de Jager (Affies), 2 Hendré Ehlers (Affies), 1 Tawana Mahita (St Alban’s College). Replacements: 16 Emmanuel Honono (Pretoria Boys High), 17 Wian Hentzel (Waterkloof), 18 Zian Slabbert (Affies), 19 Brian Joubert (Waterkloof), 20 Kwetsima Dlamini (Pretoria Boys High), 21 Amakhle Kilan (Centurion), 22 Joshua Kekana (Wonderboom), 23 Kyle Pienaar (Affies).

    o.17B: 15 Kyle van Staden (Affies), 14 Nico Klein (Die Wilgers), 13 Danie Botma (Menlopark), 12 Lemarc Henry (Garsfontein), 11 Mashego Mabuto (Pretoria Boys High), 10 Caleb Africa (Rietondale), 9 Dean Wilbers (Garsfontein), 8 Judah le Roux (Zwartkop), 7 Dewald van Wyk (Menlopark), 6 Carlo Brits (Waterkloof), 5 Xavier Martin (Pretoria Boys High), 4 Marius Venter (Waterkloof), 3 Kyle van Schalkwyk (Montana), 2 Obakeng Rametsi (St Alban’s College), 1 Mvelo Sibissi (Curro Hazeldean). Replacements: 16 Tehan Maree (Midstream College), 17 Daniel Prefa (Rietondale), 18 Sinawo Stengana (Oos-Moot), 19 Thabane Phasha (St Alban’s College), 20 Zipho Mtyhobile (Rietondale), 21 Ezra Mosikara (Rietondale), 22 Renaldo Klein (Rietondale), 23 Ruvan Burger (Zwartkop).

  • Volkies en Gimmies in herontmoeting van verlede jaar se Bowl-eindstryd

    Volkies en Gimmies in herontmoeting van verlede jaar se Bowl-eindstryd

    Daar is Saterdag in Potchefstroom so bietjie meer as gewoonlik op die spel wanneer Potchefstroom Volkskool en Potchefstroom Gimnasium mekaar in die Virseker Noordvaal Cup se Bowl-afdeling pak.

    Die kragmeting is natuurlik ook ‘n FNB Classic Clash.

    Die twee aartsvyande se laaste ontmoeting was in verlede jaar se eindstryd van die Bowl-afdeling. Die Volkies wat gasheer vir die naweek se wedstryd is, het toe met 22-17 as kampioene van die veld gestap.

    Die Gimmies het vroeër in 2025 in die liga-wedstryd met 21-12 die septer geswaai. Een ding is seker en dit is dat ondersteuners weer Saterdag ‘n titaniese tweestryd tussen dié skole kan verwag.

    Albei spanne is in die derde ronde van die Wes-been van die Bowl-afdeling steeds op soek na hul eerste sege. Die Gimmies het teen Bergsig Akademie (31-36) en Centurion (15-47) die afgelope twee weke vasgeval.

    Volkies het in sy twee Bowl-wedstryde tot dusver teen Midstream College (17-23) en Jeugland (24-27) die knie gebuig. Die Gimmies het ook al vanjaar teen Midstream College te staan gekom en met 22-15 gewen. Dit is een van slegs twee seges wat hy vanjaar op die rugbyveld kon behaal.

    Jeugland sal op sy tuisveld op sy onlangse spelpeil wil voortbou wanneer hy om 12:30 teen Midstream College uitdraf.

    Die tuisspan se binnesenter, Innocent Vilakazi, sal op sy stukke moet wees indien hul vir Midstream wil omdop. Die span vanuit Midrand is nog onoorwonne in vanjaar se reeks na hy vir Potch Volkies (23-17) en Bergsig Akademie (36-22) geklop het.

    Die besoekers se heelagter, Ryan Strauss, is ‘n sleutelspeler indien sy span uit Kempton Park met ‘n sege wil verlaat.

    Die spanne is: 

    Potchefstroom Volkskool t. Potchefstroom Gimnasium om 14:00 in Potchefstroom: 

    Potchefstroom Volkskool: 15 Carlo van der Merwe, 14 Handro Jacobs, 13 Lethabo Riet, 12 River Samual, 11 Christiaan Gouws, 10 Kyle Hattingh, 9 Raynard de Klerk, 8 Johannes Lombard, 7 AJ du Plessis, 6 Wian Victor, 5 Jannie de Wet, 4 Nolan Roets, 3 Michael Rochat, 2 Peet Fourie, 1 Albert Odendaal.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretoruis, 14 MJ Potgieter, 13 Durand du Plooy, 12 Daniel Marais, 11 Rea Moalosi, 10 Zandré da Silva, 9 Brendon Kellerma, 8 De Wet Grobler (kaptein), 7 Damien Zwahlen, 6 Zach de Jager, 5 Phillip Botha, 4 Ignu du Toit, 3 Nic Dreyer, 2 Meyer van der Wath, 1 Rynel Rautenbach.

    Jeugland t. Midstream College om 12:30 in Kempton Park: 

    Jeugland: 15 Shauneil Samson, 14 Aziz Alexander, 13 Kevin Sangombe, 12 Innocent Vilakazi, 11 Beya Nyathi, 10 Koketso Maphopa, 9 Pieter Taaibos, 8 Victory Asumah, 7 Jetro Nyambi, 6 Tshepang Moeketsi, 5 Nimrod Dondo, 4 Phenyo Nkoana, 3 Atreyo Jooste, 2 Lwazi Molotja, 1 Johan Hess.

    Midstream College: 15 Ryan Strauss, 14 Rikus Cilliers, 13 Wihan Piekaar, 12 Ruan Bester, 11 Ethan Mahlangu, 10 Dian de Villiers, 9 Paul Loubser, 8 Henke Griffioen, 7 Frikkie Rall, 6 Reuben Blom, 5 Martin van Rooyen, 4 Tristan van Heerden, 3 Robin Stassen, 2 Tehan Maré, 1 Ernst Britz.

    Hoërskool Centurion t. Bergsig Akademie om 12:30 in Centurion: 

    Centurion (moontlik): 15 Morne Prinsloo, 14 Matthew Austin, 13 Dylan Schoeman, 12 Luhardt Blom, 11 Amahle Kilani, 10 Bernick Fourie, 9 Stefan Vorster, 8 Darius Durie, 7 CJ Niemandt, 6 Malan le Roux, 5 Ulrich van Wyk, 4 Ruben Pretorius, 3 Coenraad du Toit, 2 Robbie Herholdt, 1 Lincoln Hattingh.

    Bergsig Akademie: 15 Heinrich Krugel, 14 Kopano Modise, 13 Othandwayo Ntshanga, 12 Carlo de Jager, 11 Daniel Addinall, 10 Dan Bogopane, 9 Connor Van Dalen, 8 Martin Pieterse, 7 Ryan Nagel, 6 Mark Uys, 5 Hendré Krüger, 4 Anton Maruis Grové, 3 Claud Robertson, 2 Keanu Kaljee, 1 Dean Grobler.

  • Witteberg mik om vir die derde interskole in ‘n ry met die Trekkers te ploeg

    Witteberg mik om vir die derde interskole in ‘n ry met die Trekkers te ploeg

    PHOTO: Lethole Mokoena Photography

    Die grootste rugbywedstryd in die Riemland sal vanjaar vir die 50ste keer beslis word.

    Die Hoërskool Witteberg mik daarna om vir Voortrekker vir die derde keer op ‘n streep in die twee spanne se jaarlikse kragmeting streepsuiker te gee.

    Die kragmeting tel vanjaar onder die 45 voorste skolerugby-wedstryde wat deel van die King Price Derby Series uitmaak.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.co.za) of op DStv-kanaal 216.

    Witteberg het in die laaste twee derbies in 2025 (34-33) en 2024 (25-22) die septer geswaai. Die Trekkers sal vanjaar op hul tuisveld die bordjies behoorlik wil verhang.

    Die tuisspan se laaste oorwinning oor Witteberg was in 2024 se halfeindronde van die Griffon-liga. Toe was die Trekkers behoorlik omgekrap na die nederlaag van 22-25 vroeër daardie jaar en het met 37-3 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Albei spanne het vanjaar drie verteenwoordigers in die Griffons se Cravenweek-span. Witteberg se Qlin Booyse (heelagter) en Divan Marais (flank) is die Perses wat Saterdag in aksie sal wees. Die span se vaskopstut, Cobus Labuschagne, sal ongelukkig die kragmeting misloop.

    Die Trekkers se trio wat die Perses op die Cravenweek sal verteenwoordig is, Lourens Roux (slot), Sizwe Qwabe (buitesenter) en Wessel Hattingh (haker). Slegs Hattingh sal egter in Saterdag se wedstryd in aksie wees.

    Die gasheer vir die spesiale kragmeting word deur Justin Taylor en Andries Kruger afgerig. Witteberg se span word deur Robert Bosch, Alwyn Shields and Francois Grobbelaar gebrei.

    Die Trekkers beleef sover ‘n moeilike seisoen, maar het verlede week ‘n goeie sege van 40-21 oor Goudveld-Hoërskool behaal. Dié wedstryd was soos Saterdag se kragmeting ook deel van die Wesgrow-reeks asook die Griffon-liga.

    Dit was slegs die derde oorwinning wat die Trekkers vanjaar op die rugbyveld behaal het. Hy het ook vir Louis Botha (27-0) en Dr. Malan van Meyerton (35-7) geklop.

    Witteberg het ook nog nie vanjaar op alle silinders gevuur nie. Hy het in sy laaste twee Griffon-liga wedstryde teen onderskeidelik Hoërskool Trio (17-40) en Welkom Gimnasium (10-49) in die stof gebyt. Die span het wel ‘n oortuigende sege van 55-0 oor Goudveld vroeër behaal, wat hom die gunsteling vir Saterdag se kragmeting maak.

    Die spanne is: 

    Voortrekker: 15 Michiel Heyns, 14 Linda Radebe, 13 Siya Mdubo, 12 Brice Jones, 11 Lungelwa Mabaso, 10 JC Pretorius, 9 Vlag Janse van Rensburg, 8 Zak Steyn, 7 Lourens Roux, 6 Eli Masut, 5 Thys Parsons, 4 Francois Maree, 3 Unathi Mbambo, 2 Wessel Hattingh (kaptein), 1 Willie Pretorius. Plaasvervangers: 16 Janco Uitenweerde, 17 MJ Britz, 18 Francois Cornelius, 19 DJ Uys, 20 Katleho Xaba, 21 Heinrich Ras, 22 Cameron Meyer, 23 Katleho Pule.

    Witteberg: 15 Qlin Booyse, 14 Oteng Khabane, 13 Boeta Mintoor, 12 JC van Rhyn, 11 Giann Prins, 10 Chriswin Delport, 9 Evan Nieuwoudt, 8 Bryan Potgieter, 7 Divan Marais, 6 Rashan Claassen, 5 Jano van Niekerk, 4 Christiaan van Niekerk, 3 Mila Oerson, 2 Buks Davel, 1 ML Pierce. Plaasvervangers: 16 Martin Leith, 17 Jacques Bester, 18 Jan-Willem van den Berg, 19 Cobus van Pletzen, 20 Xander Fourie, 21 Janco Botha, 22 Donay Williams, 23 Mpho Motholo.

    Afskop: 13:20

  • Waterkloof se agttal lê grondslag vir sege oor Parkies, Krige vuurwarm vir Helpies

    Waterkloof se agttal lê grondslag vir sege oor Parkies, Krige vuurwarm vir Helpies

    Die Hoërskool Waterkloof se eersterugbyspan het sy houvas oor sy eweknie van die Die Hoërskool Menlopark sedert 2020 Saterdag met ‘n sege van 36-12 in die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling behou.

    Menlopark het laas in 2019 daarin geslaag om die Klofies te klop. Hy was toe met 55-21 baas en het daardie jaar ook die titel as kampioen van die Beker-afdeling verower.

    Albei spanne het Saterdag weens ongedwonge foute gesukkel in die eerste helfte om aan die gang te kom. Die Klofies het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 12-7 geniet.

    Die Parkies kon egter maklik ook teen rustyd voorgeloop het, indien dit nie vir die onnodige foute op die aanval was nie. Die span se losskakel, Willie Pieterse, het soos ‘n warm mes deur botter deur die besoekers se verdediging vir sy drie gegly.

    Die Klofies het egter in die tweede helfte daarin geslaag om na ‘n hoër rat oor te skakel. Meestal danksy die inklimspel van sy haker, Stiaan Theron, flanke Stefan Pieters en Hugo Dercksen, asook die plaasvervanger-slot, Phillip Mans.

    Pieters het twee keer oor Menlopark se doellyn gebars en is vir sy vertoning ook met die toekenning as Virsekerbreker van die Wedstryd beloon.

    Agterlangs het die heelagter, Alexander Griesel, weer ‘n blink vertoning opgedis. Die Parkies se regtervleuel, Lucian Read, het met tye vurig onder die Klofies se aanvallers ingeklim en verdien vermelding.

    Helpmekaar Kollege moes op sy tuisveld harder werk vir sy sege van 36-24 oor EG Jansen as wat die telling aandui.

    Die Helpies se linkervleuel, Zuan Krige, was op sy stukke en het ‘n beweging vanuit sy span se eie doelgebied vir een van sy twee drieë afgerond. As Krige in besit geplaas word met spasie dan is die gort behoorlik gaar.

    Dit help ook natuurlik dat Helpies se Cravenweek-senter Ethan Lourens ‘n speler is wat weet hoe om die verdediging oop te kloof asook hoe om spasie vir sy spanmaats te skep. Sy tweelingbroer, Shaye, is ook vinnig besig om sy voete op losskakel te vind.

    Die Helpies se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, moes Shaye noodgedwonge weens beserings vanaf skrumskakel na losskakel skuif. Gelukkig vir Van der Walt was sy plaasvervanger-skrumskakel, John van Druten, ‘n meer as handige speler om in Shaye se plek die oond skoon te maak.

    Voorlangs was die flank Llewellyn Vermaak soos gewoonlik aan die voorpunt, met Jeandré van der Merwe (haker) wat ook goeie spel gelewer het.

    Die span van Boksburg se losskakel, Juan van Aswegen, was weer sy span se groot staatmaker. Hy is goed agterlangs deur die buitesenter, Duwayne Zeekoei, en die heelagter, JJ van Rensburg, bygestaan. Albei het hul geleenthede op die aanval goed benut.

    Video highlights of the match(es) are below the articles. 

    Puntemakers: 

    Waterkloof 36 (12) – Drieë: Stefan Pieters (2), Alexander Griesel, Stiaan Theron, Jacques Janse van Rensburg, Phillip Mans. Doelskoppe: Liam Schutte (3). Menlopark 12 (7) – Drieë: Willie Pieterse, Tiaan Boshoff. Doelskop: Pieterse.

    Helpmekaar Kollege 36 (19) – Drieë: Zuan Krige (2), Ethan Lourens, Ruben Coetzee, Jeandré van der Merwe, Llewellyn Vermaak. Doelskoppe: Shaye Lourens (4). EG Jansen 24 (10) – Drieë: Juan van Aswegen, Duwayne Zeekoei, JJ van Rensburg. Doelskoppe: Van Aswegen (3). Strafdoel: Van Aswegen.

    Ander spanne: 

    o.16: Menlopark 39, Waterkloof 24; Helpmekaar 35, EG Jansen 17.

    o.15: Waterkloof 26, Menlopark 12; Helpmekaar 38, EG Jansen 7.

    o.14: Menlopark 22, Waterkloof 17; Helpmekaar 29, EG Jansen 14.

  • Middies en Garsies behou onoorwonne status in die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling

    Middies en Garsies behou onoorwonne status in die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling

    MEZI SIYAYA, agtsteman van Hoërskool Middelburg, vlieg hier deur die lug op pad na sy drie in sy span se oorwinning van 38-31 oor die Hoërskool Rustenburg in die Virseker Noordvaal Cup. FOTO: Tap Light Edits

    Niemand sou die Hoërskool Middelburg se eerste tien wedstryde vanjaar voorspel het dat die skool se eerste rugbyspan na die eerste drie rondes van die Virseker Noordvaal Cup nog onoorwonne sal wees nie.

    Die Middies het egter Saterdag sy tweede bonuspunt-sege in vanjaar se Beker-afdeling met sy oorwinning van 48-41 oor Hoërskool Rustenburg beklink.

    Die span het boonop tussen in sy twee wedstryde in die Noordvaal-reeks ook vir HTS Middelburg met 26-10 ore aangesit.

    Die Middies was vinnig uit die blokke teen Rustenburg. Die tuisspan het teen rustyd ‘n gemaklike voorsprong van 34-15 geniet.

    Sy losskakel, Buhle Mphahlaza, het spel goed afgewissel asook met sy skopskoen dikteer waar dit plaasvind.

    Dit terwyl die agterste driehoek bestaande uit Janré Oosthuizen (heelagter), Kgontse Masilela en Kgotso Peta elke keer gevaarlik gelyk het, wanneer hulle op die aanval losgelaat is.

    Voorlangs het die Middies in die skrums ook die botoon gevoer. Hulle vaskopstut, Dewald du Toit, verdien hier ‘n klop op die skouer.

    Die Rusties het goed teruggeveg in die weede helfte om twee bonuspunte terug huis toe te kan neem. Die span wat deur Naas Olivier afgerig word, het na twee nederlae weg van die huis daarin geslaag om vier waardevolle bonuspunte in te samel.

    Die Hoërskool Garsfontein is steeds stewig in die saal op die bo-punt van die puntelys na ‘n bonuspunt-sege van 44-17 oor Noordheuwel op Berepark. Die Turkoois Bere, wat die verdedigende kampioene is, is vinnig besig om hul ritme as span te vind.

    Die span se agterste driehoek – Drewyn Baron (heelagter), Yuvrah George en Neil de Kock gaan nog ‘n hele paar spanne vanjaar laat bontstaan. Elkeen van die jong manne het Saterdag ‘n draai agter die doellyn gemaak, met George wat twee keer die Nories se doellyn oorgesteek het.

    Garsies het vroeër vanjaar vir Noordheuwel met 41-3 in ‘n vriendskaplike wedstryd uitgeknikker. Die Blues se breier, Stefan “Botter” Lourens, sal dus tevrede met die verbetering wees, maar steeds nie gelukkig om na twee liga-wedstryde met geen punte op die puntelys te wees nie.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Middelburg 48 (34) – Drieë: Siyabonga Mokgoatjana, Menzi Siyaya, Enio Manhica, Blake Faber, Siboniso Mahlangu, Janré Ooshuizen. Doelskoppe: Buhle Mphahlaza (6). Strafdoele: Mphahlaza (2). Hoërskool Rustenburg 41 (15) – Drieë: Dandré Graham, Thian Labuschagne, Aydan Willemse, Zak Swanepoel, Ricardo Enos, Donovan Mostert. Doelskoppe: Enos (4). Strafdoele: Dian Huisamen.

    Garsfontein 44 (15) – Drieë: Yuvrah George (2), Derik Potgieter, Neil de Kock, Drewyn Baron, Lemarc Henry. Doelskoppe: Ruan Fluks (4). Strafdoele: Fluks (2). Noordheuwel 17 (3) – Drieë: Wilcu Roos, Prince Agu. Doelskoppe: Heinrich Smith (2). Strafdoel: Smith.

    Ander spanne: 

    o.16: Rustenburg 30, Middelburg 22; Garsfontein 38, Noordheuwel 13.

    o.15: Middelburg 27, Rustenburg 17; Garsfontein 22, Noordheuwel 20.

    o.14: Rustenburg 12, Middelburg 10; Noordheuwel 12, Garsfontein 10.

  • Affies bo-baas oor Grey Kollege met Fout(lose-vertoning)

    Affies bo-baas oor Grey Kollege met Fout(lose-vertoning)

    DANDRÉ BRINK, regtervleuel van die Wit Bulle, duik hier tussen deur die pale vir sy deurslaggewende drie in Affies se sege van 28-21 oor Grey Kollege in Pretoria. FOTO: Riaan de Bruyn

    Die vreugdevure het Saterdag hoog gebrand in die Jakarandastad nadat die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria vir die eerste keer sedert 2015 daarin kon slaag om Grey Kollege van Bloemfontein af te stof.

    Die Wit Bulle het vir Grey in dié King Price Derby Series kragmeting met 28-21 die loef afgesteek.

    Die besoekers van die Rosestad se loskopstut, Hennie Bredenhann, het met speeltyd reeds verstreke oorgebars om meer aansien vir sy span op die telbord te gee.

    Die Wit Bulle se truie is deur oud-leerling Christoph Kotzé, oftewel Appel, die Suid-Afrikaanse sanger van onder meer Foute, uitgedeel.

    Hoewel sy liedjie vra: “Wat maak ons hierdie naweek? Foute,” was sy boodskap vooraf duidelik aan die Wit Bulle om geen foute dié naweek op die rugbyveld te maak nie.

    Dit was soos verwag die Wit Bulle se vleuels, Dandré Brink en Dehan Botha, wat die grootste dorings in Grey se vlees was. Brink se drie vanuit sy eie kwartgebied het die gang van die wedstryd uiteindelik in die 55ste minuut in sy span se guns geswaai.

    Botha het met die Wit Bulle se derde drie in die tweede helfte die finale spyker in die besoekers se doodskis geslaan.

    Affies se vorige sege oor Grey was in 2015 toe die Protea-krieketspeler, Ruan de Swardt, as graad 11-leerder van die plaasvervangersbank ‘n doelskop in die oorwinning van 29-18 oorgeskop het.

    Die Afrikaanse sanger Appel saam met Affies se Wit Bulle na afloop van hul sege van 28-21 oor Grey Kollege. FOTO: Verskaf

    Dit was ook weer duidelik dat wanneer Rico du Plessis op buitesenter is, dan het Affies se vleuels witlynkoors. Du Plessis het weer met sy vermoë om die spel te lees asook om spelers in beter posisies in besit te plaas ‘n beduidende rol vir Affies gespeel.

    Die wenspan se skrumskakel, Fourie Roberts, is as King of the Match aangewys. Hy het sy span se eerste drie gaan druk, maar dit was hoe hy soos ‘n tipiese skrumskakel deurgans lastig was, wat waarskynlik die toekenning aan hom besorg het.

    Roberts het Grey deurgans probleme besorg. Sy pa, Freddie, het op sy dag vir Suidwestelike Distrikte ook die oond skoongemaak.

    Grey se lostrio Niel du Randt, Henru Erasmus en Xander de Beer het as ‘n kombinasie weer uitmuntend vertoon. Affies se flank Caleb Pretorius is ook ‘n sterke derduiwel.

    Die besoekers se kaptein en slot, Alexi Tyropolis, verdien ook vermelding na hy waarskynlik sy beste vertoning nog vir die span opgedis het.

    Puntemakers:

    Affies 28 (7) – Drieë: Fourie Roberts, Caleb Pretorius, Dandré Brink, Dehan Botha. Doelskoppe: Reuben Smith (4). Grey Kollege 21 (7) – Drieë: Jonathan Drysdale, Alexi Tyropolis, Hennie Bredenhann. Doelskoppe: Christoff Crous (3).

    Ander spanne:

    o.19

    II: Affies (Tiere) 41, Grey Kollege (Cherries) 12.
    III: Affies 34, Grey Kollege (Peaches) 33.
    IV: Affies 46, Grey Kollege 12.
    V: Affies 31, Grey Kollege 8.
    VI: Affies 31, Grey Kollege 20.
    VII: Affies 39, Grey Kollege 10.
    VIII: Affies 29, Grey Kollege 7.
    IX: Affies 62, Grey Kollege 5.
    X: Affies 43, Grey Kollege 10.

    o.16 

    A: Grey Kollege 47, Affies 33.
    B: Grey Kollege 26, Affies 7.
    C:  Affies 26, Grey Kollege 21.
    D: Grey Kollege 36, Affies 33.
    E: Affies 41, Grey Kollege 5.
    F: Affies 33, Grey Kollege 5.

    o.15

    A: Affies 29, Grey Kollege 15.
    B: Affies 33, Grey Kollege 14.
    C: Affies 26, Grey Kollege 5.
    D: Affies 26, Grey Kollege 3.
    E: Grey Kollege 17, Affies 12.
    F: Affies 24, Grey Kollege 0.

    o.14 

    A: Affies 37, Grey Kollege 25.
    B: Affies 70, Grey Kollege 5.
    C: Affies 38, Grey Kollege 5.
    D: Affies 29, Grey Kollege 7.
    E: Affies 34, Grey Kollege 14.
    F: Affies 24, Grey Kollege 7.
    G: Affies 43, Grey Kollege 12.

  • Middelburg wil voortbou op spelpeil teen Rusties, Garsies sonder Blom sal lugtig vir Blues wees

    Middelburg wil voortbou op spelpeil teen Rusties, Garsies sonder Blom sal lugtig vir Blues wees

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Die Hoërskool Middelburg sal Saterdag wanneer hy op sy tuisveld teen die Hoërskool Rustenburg in die Virseker Noordvaal Cup se Beker-afdeling wil voortbou op sy spelpeil die afgelope paar weke.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Middies se laaste twee vertonings in sy seges oor Menlopark (26-25) en HTS Middelburg (26-10) was sonder twyfel die span se beste tot dusver die seisoen.

    Na die span se eerste nege wedstryde die seisoen is daar ‘n lang Virseker Noordvaal Cup in die Beker-afdeling vir die skool se eerstespan voorspel.

    Die Middies se sege oor die Parkies in die eerste ronde, beteken dat hulle nou een van slegs drie onoorwonne spanne oor na twee rondes in die kompetisie is. Die oorwinning oor HTS Middelburg se Rooi Bulle was in ‘n King Price Derby Series-kragmeting.

    Daarteen is die Rusties op soek na sy eerste sege in vanjaar se reeks. Hulle het in die eerste twee rondes teen onderskeidelik teen Waterkloof (10-31) en EG Jansen (28-32) die knie gebuig.

    Die span wat deur Naas Olivier gebrei word sou waarskynlik ‘n makliker uitdaging wou hê as om op soek na ‘n eerste sege in Middelburg te wees.

    Die Rusties se flank Pieta Niemand sal voorlangs die vuur moet verskaf, terwyl die senterpaar, Aydan Willemse en Zak Swanepoel, agterlangs die pot aan die kook sal moet hou.

    Die Middies se agtsteman, Menza Siyaya, behoort ‘n sleutelrol in sy span se aanslag te speel. In die agterhoede sal die losskakel, Buhle Mphahlaza, moeilik hok geslaan kan word.

    Op Bere-park in Pretoria sal die Hoërskool Garsfontein se hoofafrigter, Sylvester Booysen, sy span vooraf gewaarsku het om nie te oorgerus te wees oor hul afspraak met Noordheuwel se Blues nie.

    Die kragmeting skop om 13:20 af.

    Die Bere het vroeër vanjaar vir Noordheuwel met 41-3 in Krugersdorp verniel. Boonop het Garsfontein sy enige nederlaag in verlede jaar se Noordvaal-reeks teen die einste Blues (22-28) op die lyf geloop.

    Voeg daarby die feit dat sy sterke derduiwel van ‘n haker, Justin Blom, ‘n skoueroperasie ondergaan het. Hy sal nie weer vanjaar vir die Bere in aksie wees nie. Booysen het wel die keuse gehad om Stefan “Kwagga” van der Vyver van die kant van die skrum na haker te skuif, maar Blom se fisieke verteenwoordigheid sal sonder twyfel ‘n reuse leemte laat.

    Van der Vyver, wat eintlik ‘n haker is, het hom vanjaar as die voorste oopkantflank in Pretoria gevestig.

    Die aandag is gewoonlik op die Bere se agterste driehoek bestaande uit Drewyn Baron, Yuvrah George en Neil de Kock. Die span se skrumskakel, Dean Wilbers, het egter nog nie die lof vanjaar gekry, wat hy verdien nie.

    Hy beskik oor ‘n uitmuntende aangee na albei kante. Sy diens aan die losskakel, Ruan Fluks, speel ‘n groot rol in die spasie waarin die Bere se agterkwarte in baljaar.

    Die Nories sal ook sonder Llewellyn Lourens teen die Bere wees. Hy het verlede week teen Monument op agtsteman diens gedoen. Sy broer en kaptein van die Blues, Kean, behoort egter saam met Armand van Eck (agtsteman) die Bere voorlangs besig te hou. Die loskopstut, Ruben Botes, kan ook ‘n doring in die tuisspan se vlees wees.

    Die Lourens-boeties se pa, Stefan “Botter” Lourens, is natuurlik Noordheuwel se breier.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Rustenburg om  in Middelburg: 

    Hoërskool Middelburg: 15 Janré Oosthuizen, 14 Kgontse Masilela, 13 Siboniso Mahlangu, 12 Blake Faber, 11 Kgotso Peta, 10 Buhle Mphahlaza, 9 Enio Manhica, 8 Menzi Siyaya, 7 Siyabonga Mokgoatjana, 6 Aiden Nel, 5 Khensani Buthelezi, 4 Lihan de Vaal, 3 Dewald du Toit, 2 Ryan Blake, 1 Melchior van Niekerk.

    Hoërskool Rustenburg: 15 Dian Huisamen, 14 Lerato Matlaisane, 13 Zak Swanepoel, 12 Aydan Willemse, 11 Junaid Stevens, 10 Ricardo Enos, 9 Shayloh Cox, 8 Ruben van Heerden, 7 Pieta Niemand, 6 MJ Otto, 5 Thian Labuschagne, 4 Evan van Heerden, 3 Nathan Volschenk, 2 Dandrè Graham, 1 Xander Stickling.

    Garsfontein t. Noordheuwel om 13:20 op Bere-park in Pretoria: 

    Garsfontein: 15 Drewyn Baron, 14 Yuvrah George, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Neil de Kock, 10 Ruan Fluks, 9 Dean Wilbers, 8 Lourenz de Jager (kaptein), 7 Derik Potgieter, 6 JP Meintjes, 5 SW Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Ruben Lombard, 2 Stefan van der Vyver, 1 André van Wyk.

    Noordheuwel: 15 Chrisandro Flemmer, 14 Prince Agu, 13 Edwill October, 12 Tristan Helmund, 11 Wilcu Roos, 10 Heinrich Smith, 9 SW de Waal, 8 Armand van Eck, 7 Kean Lourens (kaptein), 6 JB Blaunt, 5 Robert Hurn, 4 Jarod Coetzer, 3 Steph Botha, 2 Miguel Elliot, 1 Ruben Botes.

    Skeidsregter: Niel Bosman.