SSPN Test Site

Author: slabuschagne

  • Minette Boshoff se nederige storie van durf en deursettingsvermoë

    Minette Boshoff se nederige storie van durf en deursettingsvermoë

    Minette Boshoff – Menlopark

    Van die oomblik toe Minette Boshoff as klein dogtertjie vir mini-netbal ingeskryf is, was daar ’n vonkie.

    Wat sy toe nog nie geweet het nie, is dat daardie eenvoudige begin ’n netbalreis geloods het wat haar karakter, werksetiek en drome sou vorm.

    Haar ware liefde vir die sport het in graad 3 vlam gevat, onder leiding van haar gunstelingonderwyseres, Juffrou Surien, wie se passie en kreatiwiteit netbal vir Minette ongelooflik lekker en interessant gemaak het. Dit is daardie tipe afrigters wat nie net spelers brei nie, maar lewens verander, en vir Minette was dit ’n bepalende oomblik.

    As senter vind Minette haar grootste vreugde in die vryheid wat die posisie bied. Sy hou daarvan dat sy reg oor die baan kan beweeg, die spel kan beheer en steeds genoeg geleenthede kry om ’n verdedigende impak te maak. Vir haar is dit ’n posisie waar elke beweging saak maak en waar haar instink, spoed en intensiteit saamwerk om die spel te laat vloei.

    Minette op haar posisie as senter.

    Een van die wedstryde wat vir altyd sal uitstaan, is ’n TNC-wedstryd wat sy vir Coach Amanda gespeel het tydens haar jaar in die Tshwane-span. Vir Minette was dit netbal op sy lekkerste, saam met spelers wat jou druk om ten alle tye jou beste te lewer, waar balle gedraai word, waar selfvertroue groei, en waar die hele span in perfekte ritme vloei.

    “Dit was presies hoe dit vir my gevoel het by TNC,” sê sy.

    Minette se ontwikkeling as speler is onvermydelik verweef met die plek wat sy haar tweede huis noem: Hoërskool Menlopark.

    “Menlopark het my definitief die speler gemaak wat ek vandag is,” vertel sy.

    Onder die mentorskap van Coach Manny, ’n afrigter wat bekend is vir sy briljante insig en vermoë om die beste in elke speler te ontgin, het Minette geleer om hard te speel, en nóg harder te oefen. Menlopark-netbal leer jou nie bloot tegniek nie, maar ook waardes: om met integriteit te speel, om goeie sportmanskap te toon, om jou spanmaats te dra, en om altyd trots te wees op jou werk.

    Minette vat beheer op die middelbaan.

    Minette se drome reik egter veel verder as skolenetbal. Haar grootste aspirasie is om eendag onder die leiding van Coach Jenny van Dyk vir die Proteas te speel.

    “Ek wil eendag groen en goud dra,” sê sy vasberade, en as daar een ding is wat Minette bewys het, is dit dat sy bereid is om die harde werk in te sit om daar uit te kom.

    Sy weet ook presies hoe dit voel wanneer mense in jou twyfel.

    “Iemand het vir my gesê ek sal nooit vir Menlopark se eerste span speel nie,” onthou sy. “Dit het my moed gebreek.”

    Eerder as om tou op te gooi, het sy egter opgestaan, harder geoefen en harder gewerk, en in 2025 het sy vir die derde jaar as eerstespan-speler die baan betree. Haar raad aan jong spelers is eenvoudig, maar kragtig:

    “Wend negatiewe kommentaar aan as motivering. Bly nederig. En onthou altyd, hoe hoër jou kop is, hoe harder is die slag wanneer jy val.”

    In aksie by die Gauteng-kampioenskappe.

    Wanneer sy dink aan rolmodelle, kyk Minette dadelik op na Shadine van der Merwe, ’n speler wat deur haar werksetiek, vasbyt en ongelooflike spel Minette inspireer.

    Nêrens skyn Minette se bewondering egter so helder soos wanneer sy oor haar ma praat nie.

    “Sy is regtig ’n vrou na wie ek opkyk,” sê Minette sag. “Ek hoop om eendag net soos sy te wees en na die wêreld te kyk soos sy daarna kyk.”

    Met ’n kombinasie van nederigheid, talent, harde werk en ’n ongelooflike sterk fondament, beweeg Minette Boshoff net een rigting in haar netbalreis: vorentoe. En elke tree wat sy gee, dra die belofte van ’n speler wat nog groot mylpale gaan bereik.

  • Nicola van Heerden: Paarl Gim se rots op verdediging

    Nicola van Heerden: Paarl Gim se rots op verdediging

    Nicola is aangewys as beste verdediger by die Wildeklawer toernooi.

    Wanneer topverdedigers in skolenetbal ter sprake kom, staan die naam Nicola van Heerden voorop.

    Dié ster van Paarl Gimnasium het in graad een haar eerste tree op ’n netbalbaan gegee, destyds slegs aangesien dit die wintersport was waarvoor sy ingeskryf was. Met elke jaar wat verbygegaan het, het die sport egter vir haar veel meer geword as bloot ’n aktiwiteit.

    Dit het ’n gemeenskap geword, ‘n plek waar sy behoort, groei, verbind en floreer. Daardie samehorigheidsgevoel en groter doel is wat haar liefde vir die spel laat ontbrand het.

    ‘n Verdediger wat die spel lees soos min…

    Nicola is in haar element wanneer sy verdedig – dit is daar waar sy die vrugte pluk van ure se harde werk en oefening, nie net haar eie nie, maar ook dié van haar span. Om ’n wedstryd te kan swaai met ’n deurslaggewende omkeer van besit of ’n strategiese lees van die spel, is waaroor dit vir haar gaan.

    “Om daardie tipe impak te kan maak is baie spesiaal,” sê sy, en haar spel wys dit elke keer.

    Een van haar uitstaande oomblikke van die seisoen was teen Oranje tydens die jaarlikse derby, waar  haar briljante lees van die spel ’n beduidende rol gespeel het in haar span se momentum. Dit het ook as die perfekte voorbereiding gedien vir die Wildeklawer-toernooi. ’n Verdere hoogtepunt was die Gauteng-wedstryd by die TNC, waar sy op HV gekies is en haarself bewys het as ’n verdediger van formaat.

    Paarl Gim se eerste span bestaan uit uiteenlopende persoonlikhede, maar juis daarin lê hul krag. Nicola onthou hoe haar spanmaats mekaar voortdurend gedra het, op goeie én slegte dae. Wanneer sy ’n afdag beleef het, het die span haar gemotiveer en aangevul.

    “Hulle het gesorg dat dit wat ek nie kon doen nie, gedoen word,” vertel sy met waardering. Hierdie kultuur van samehorigheid was die fondament van hul sukses.

    Nicola het ambisie, vasbeslotenheid en ’n duidelike visie vir die pad vorentoe. Twee van haar grootste doelwitte is om Suid-Afrika op senior nasionale vlak te verteenwoordig en om professionele netbal oorsee te speel. Met haar talent, werksetiek en geestelike fokus, is dit duidelik dat sy stewig op pad is om hierdie drome waar te maak.

    Aan jong netbalspelers het sy eenvoudige, maar kragtige raad: speel omdat jy daarvan hou, nie omdat jy voel jy móét nie. En onthou dat jy altyd vir iets groter as jouself speel – vir jou span, jou skool, jou provinsie en om die Here te eer met jou talente.

    Sy leef self volgens die aanmoediging van een van haar afrigters: “Brand die skepe” en “Maak jou tenk leeg”. Gee alles. Elke keer. Of dit nou ’n wedstryd of ’n oefening is. Dit is ’n les wat sy ook in haar daaglikse lewe toepas.

    Buite die baan is haar grootste inspirasie haar ma, ’n vrou met ’n indrukwekkende uithouvermoë, ’n werksetiek van 120%, en ’n hart vol omgee. “Sy maak klaar wat sy begin,” sê Nicola met trots.

    Op die baan kyk sy op na haar afrigter, Juline van der Merwe, wie se passie vir netbal aansteeklik is. Juline het Nicola en haar span daagliks harder gedruk en altyd meer van hulle verwag, maar nooit op ’n wyse wat hulle oorweldig het nie. Sy het die perfekte balans gehandhaaf tussen dissipline en ondersteuning, en dit het Nicola geleer om enige uitdaging, op of van die baan af, met vasberadenheid en wysheid aan te pak.

  • Shiloh Berardelli: Fierce and fearless

    Shiloh Berardelli: Fierce and fearless

    Shiloh awaiting action at the Menlo-tournament.

    From the very first day that she set foot on court, Edenvale High’s Shiloh Berardelli knew netball was more than just a game; it was her passion.

    Shiloh’s journey began at pre-primary school when her mom signed her up for a club called Nutty Netters. What started as a fun after-school activity quickly developed into a lifelong love for the sport.

    “Ever since then, I’ve been playing netball non-stop,” Shiloh says. “I’d definitely say the competitiveness made me fall in love with the sport because I’m a very competitive person.”

    Beyond the drive to win, Shiloh also cherishes the friendships that she has built through the game, connections that have turned teammates into family.

    Shiloh exhibits her elevation on the court.

    Her inspiration began close to home, with her mom being the first person to motivate her. As she entered high school, Shiloh found new role models in Robyn Bull and Alex Meimaris, both standout players for Edenvale’s first team. Another major influence was Joy Toerien, the school’s first-team coach, who shaped Shiloh’s approach in terms of hard work and teamwork.

    Primarily playing in the GA and WA positions, Shiloh thrives in attack. She is known for her ability to create opportunities, assist teammates, and give her all every time she steps on court.

    “I love assisting my teammates and putting every bit of effort in so that the team can pull off a win,” she says.

    One of her most memorable experiences came during the Menlo Tournament, where Edenvale High produced a stunning performance.

    “The memories made on and off the court, as a team, are unforgettable,” Shiloh reflects.

    Representing Edenvale High at the DSTV Challenge.

    Looking ahead, Shiloh has big dreams for her netball future.

    “In five years, I see myself playing competitively either here in South Africa or overseas. I’d love to play internationally, but for now, my goal is to play TNL.”

    Her message to young athletes is simple but powerful:

    “You must always work hard for what you want. Nothing will ever come easy. Don’t let a small setback defeat you or your purpose; it happens for a reason. Trust that reason and keep putting in the work. If you work hard and stay motivated, great things will come your way.”

  • Nadine van Hoogdalem droom hoog 

    Nadine van Hoogdalem droom hoog 

    Nadine in aksie by die SA Skole.

    Nadine van Hoogdalem het vanaf die ouderdom van slegs ses jaar die netbalbaan haar tweede tuiste gemaak.

    Wat aanvanklik begin het as ’n stokperdjie, het spoedig ontwikkel in ’n diep passie, wat haar vandag dryf om haar drome na te jaag.

    “My liefde vir netbal het werklik eers op o.9-vlak posgevat” vertel sy. “Die mense wat saam met my die sport beoefen het, asook my afrigter Suzette van Zyl se passie en liefde vir die spel, het ’n groot impak op my as speler gehad.”

    Haar eerste jaar in die eerste span as o.16-speler.

    As ’n verdediger is Nadine se rol op die baan van uiterste belang, en sy leef vir daardie deurslaggewende oomblikke.

    “Aangesien daar van my as ’n verdediger verwag word om balbesit om te draai, is daardie gevoel van satisfaksie elke keer ongelooflik. Ek raak nooit moeg daarvoor nie,” glimlag sy.

    Nadine verteenwoordig Hoërskool Noordheuwel, en vanjaar se derby teen Monument was ‘n hoogtepunt.

    “Ek het die voorreg gehad om vir die eerste span te speel, en elke keer as ek die bal gedraai het, het ons ondersteuners dit luidkeels toegejuig. Dit het my hoendervleis gegee. Ek kon nie ophou glimlag nie, en ons het daardie wedstryd gewen!”

    Hoewel sy die jongste speler in die span was, het Nadine gou haar plek gevind.

    “Ek was aanvanklik bekommerd dat ek nie sou inpas nie, maar ek kon nie vir beter spanmaats gevra het nie. Hulle was daar vir my deur goeie en moeilike tye; ek was waarlik geseënd met sulke ongelooflike mense.”

    Nadine se drome vir die toekoms is groot – en haar geloof hou haar gefokus.

    “Ek wil volgende jaar my prestasies ewenaar of verbeter, en my groot droom is om eendag vir die Proteas te speel as verdediger,” vertel sy vasberade.

    “Wanneer ‘n mens voel asof daar nie meer hoop is nie, bid eenvoudig en vra die Here vir krag. Al bereik jy nie jou doelwitte hierdie jaar nie, streef weer daarna volgende jaar. Moenie moed opgee nie; die Here het ’n plan vir ons almal.”

    Nadine deflekteer ‘n bal in die lug.

    Wanneer dit kom by rolmodelle, kyk Nadine op na sportsterre soos Bongi Msomi en Makazole Mapimpi, wat beide groot uitdagings oorkom het om sukses te behaal.

    “Hulle wys vir my dat wanneer ‘n mens hard werk en gemotiveerd bly, jy enigiets kan bereik.”

    Met haar passie, geloof en vasberadenheid is Nadine van Hoogdalem beslis ’n naam om dop te hou – ’n jong verdediger wat haar drome met moed en oortuiging nastreef.

  • Georgia Leppan: A rising star with big dreams 

    Georgia Leppan: A rising star with big dreams 

    Georgia on her favourite position at Goal Defense.

    From the moment she first picked up a netball at age 10, Georgia Leppan’s journey has been one marked by passion, perseverance, and promise.

    What had begun as a fun way to spend time with friends and burn youthful energy soon grew into a love affair with the sport, one that continues to shape her dreams and drive her forward.

    “I think I always loved the sport,” she says, “but I truly fell in love with it when I experienced the cheer of spectators, the close games, and all the emotions that come with being part of a team.”

    That feeling, the electric energy of competition and connection, became the heartbeat of Georgia’s netball story.

    Watching the 2019 Netball World Cup in Liverpool truly lit a fire within her. Witnessing Bongi Msomi’s 100th test and seeing the passion and dedication of world-class players like Karla Pretorius, Laura Geitz, and Karin Burger gave her a clear vision of the athlete she aspired to become.

    “They kept my mind racing, wondering how they got those intercepts — and how I could achieve the same,” she adds.

    Over the years, Georgia has proven her versatility on court, seamlessly switching between Goal Defence (GD) and Goal Attack (GA) — a rare combination that speaks to her adaptability and game intelligence.

    “I love that my coaches trust me to play in either position,” she says. “That trust gives me confidence. If I have to be totally honest, though, I absolutely love playing Goal Defence; the intercepts and deflections make all the hard work worthwhile. Hearing the crowd cheer for a big defensive moment is one of the best feelings in the world.”

    One of her most unforgettable moments came this year when she represented Randpark High’s first team in a nail-biting clash against Garsfontein. The game went into extra time, and Randpark clinched victory by just one goal, earning their place at the SA Schools Nationals for the very first time.

    “It was magical,” Georgia recalls. “To be part of that history and to share it with my teammates was heartwarming and surreal.”

    Georgia representing Johannesburg at the Spar national champs.

    Looking ahead, Georgia’s ambitions are sky-high. In the next five years, she envisions herself in Australia or England, training with, or even playing for, one of the elite clubs abroad.

    “They’re performing at such high levels, and that’s something I want to be part of,” she says with quiet determination.

    For younger players dreaming of following in her footsteps, Georgia’s message is one of resilience and belief:

    “Stay committed through the hard times; those moments will shape who you become. Always look to improve and perfect your skill. Leave the bib in a better position than when you found it. The pain you feel now will be nothing compared to the joy and success waiting for you. And remember, you’re part of a team, so you’re never going through anything alone.”

    With her unwavering passion, humble confidence, and hunger to grow, Georgia Leppan is destined to become one of South Africa’s most exciting young talents, a name to remember for the future of netball.

    Team Johannesburg celebrating a clutch final victory, where Georgia played a big role.
  • Valia-gees vier hoogty op die netbalbaan

    Valia-gees vier hoogty op die netbalbaan

    Valia se eerstes na hul spogsege oor Montana.

    Onder leiding van mev. Anneli Botes het Transvalia se eerste span in 2025 nie net alles uitgehaal op die netbalbaan nie, maar as ‘n groep ook nader aan mekaar gegroei.

    Elke kragmeting was ’n geleentheid om hul Valia-gees te wys — met passie, vasberadenheid en ’n onwrikbare trots in hul skoolkleure.

    Goeie Hoop in die Kaap

    Die Kaap-toer was ongetwyfeld die hoogtepunt van Valia se seisoen. In ’n dramatiese wedstryd teen Montana het Transvalia tot die bitter einde toe aanhou veg — eers bykomende tyd, toe uitklop — om uiteindelik met twee punte te seëvier. Dit was ’n vertoning wat ware karakter uitgebeeld het, en een wat lank onthou sal word.

    By die NWU-reeks het die span ’n indrukwekkende derde plek behaal, ná ’n kragtige vertoning teen Rustenburg. Die Sedibeng-uitspeelronde teen Dr Malan het nog ’n naelbytstryd afgegee, met Transvalia wat met 18–17 die pyp gerook het het.

    Groei en ontwikkeling

    Gedurende die seisoen het die span merkwaardig as eenheid ontwikkel. Hulle het mekaar ondersteun, verantwoordelikheid geneem en gewys wat dit beteken om vir mekaar en vir Valia te speel. Van die voorseisoen se fiksheid en krag, tot die seisoen se beslissende wedstryde, waar aanval en verdediging op hul beste was, het Transvalia deurgaans verbeter en voluit gespeel.

    “Ek is ongelooflik trots op elke speler,” sê mev. Botes. “Ons het wel nie al ons wedstryde gewen nie, maar ons het altyd as ’n span opgetree — met trots, gees en hart.”

    Uitslae

    Rhodes-toernooi:
    Wen 37–27 teen Bloemhof
    Verloor 22–25 teen Dinamika
    Verloor 25–38 teen Menlopark
    Wen 31–26 teen Rustenburg
    Verloor 22–38 teen Paarl Gim (kwartfinaal)
    Wen 39–29 teen Waterkloof
    Wen 43–41 teen Montana
    ➡️ Eindig 5de algeheel

    NWU-liga:
    Wen teen Rustenburg
    ➡️ Eindig 3de algeheel

    Sedibeng-liga:
    Gelykop 28–28 teen Dr Malan
    Wen 59–10 teen Overvaal
    Verloor 27–30 teen Volkskool
    Wen 52–8 teen Vereeniging Gim
    Wen 33–18 teen Driehoek
    Uitspeelrondte: Wen 18–17 teen Dr Malan

    Gauteng-kampioenskappe:
    Wen 40–11 teen Tswelopele
    Verloor 18–28 teen Noordheuwel
    Verloor 12–33 teen Affies
    Wen teen Kemptonpark
    Verloor 23–27 teen Monument
    Verloor 23–27 teen St Mary’s
    ➡️ Eindig 12de algeheel (Heidelberg Volkskool 13de)

  • Micah Labuschagne: Vuur en vlam, dog kalm

    Micah Labuschagne: Vuur en vlam, dog kalm

    Micah maak ‘n poging om te doel.

    Van die eerste oomblik dat Micah Labuschagne ’n netbalbaan betree het, het dit geen twyfel gely dat sy haar roeping gevind het nie.

    Sy onthou hoe sy in die laerskool haar eerste wedstryd gespeel het, en onmiddellik geweet het dat dié sport besonders is.

    “Ek het verlief geraak op die gevoel van spanwerk, die adrenalien op die baan en hoe elke speler ’n belangrike rol vervul,” vertel sy.

    “Netbal het vir my ’n tweede familie geword.”

    As hulpdoel beskryf Micah haar posisie as een wat haar op haar beste uitdaag. Sy geniet dit om die spel te help vorm op die aanval, maar ook om verdedigend haar merk te maak.

    “Ek hou daarvan om as hulpdoel die geleentheid te kry om beide te verdedig én die spel vorentoe te help neem. Ek wil heeltyd bal in hand hê!” lag sy.

    Micah Labuschagne in aksie vir Hoërskool Transvalia.

    “Dit is ’n posisie waar jy vinnig moet dink en aanpas, en ek geniet daardie uitdaging. Ek voel altyd trots as ek op die baan stap en my deel kan doen met volle selfvertroue.”

    Wanneer sy met jonger spelers gesels, is haar raad eenvoudig maar kragtig:

    “Sukses gebeur nie oornag nie. Daar gaan dae wees waneer jy voel dat jy nie goed genoeg is nie, maar dis juis dan wanneer jy moet aanhou glo in jouself. Moed beteken nie dat jy nooit bang is nie, dit beteken dat jy aanhou, ál is jy bang.”

    Haar grootste inspirasie kom van spelers soos die Australiese ster Kiera Austin.

    “Ek bewonder haar omdat sy altyd kalm, gefokus en vol deursettingsvermoë is, selfs in taai wedstryde. Sy wys hoe passie, harde werk en selfvertroue ‘n mens ver kan neem,” verduidelik Micah.

    Nog iemand wat vir Micah ‘n groot inspirasie is, is haar broer, Shane Labuschagne, self ’n bekende aanvallende speler in mans-netbalkringe.

    “Ons is albei aanvallende spelers, en ek sien hoe hy selfs in hoëdruk-oomblikke kalm bly en elke beweging bereken. Hy speel met soveel fokus en selfvertroue, en dit herinner my altyd dat die beste spelers dié is wat kophou, ongeag wat op die telbord aangaan nie. Dit motiveer my om dieselfde te doen.”

    Micah en haar broer, Shane Labuschagne.

    Met haar rustige selfvertroue, passie vir die spel en die vermoë om druk in motivering te omskep, is dit duidelik dat Micah Labuschagne ’n speler is om dop te hou. Sy speel nie net vir die liefde van die sport nie, maar ook vir die mense wat saam met haar op die baan staan, haar tweede familie.

  • Hayley Jose: ‘I’m my most authentic self when I play netball’

    Hayley Jose: ‘I’m my most authentic self when I play netball’

    Hayley Jose, playing for Rand Park High School, takes a shot under pressure.

    For Hayley Jose, her love for netball started long before she even joined a team.

    “I grew up watching my sister play netball,” she recalls. “I used to copy their drills on the next court until one day the coach invited me to join them. I was only five years old!”

    That moment sparked a passion that has simply grown stronger and stronger. For Hayley, netball is more than just a sport; it’s a part of who she is.

    “I feel my most authentic self when I play. I love the adrenaline rush that comes with every match; that’s what keeps me coming back.”

    Hayley in action at the Telkom Championships.

    Her inspiration comes from some of South Africa’s original netball icons.

    “I grew up watching OG SPAR Proteas like Bongi Msomi, Phumza Maweni, and Lenize Potgieter. They showed me what is possible when you work hard and never stop believing.”

    As a Goal Attack, Hayley thrives in a position that combines creativity, precision, and quick thinking.

    “I love that I get to use my best skills – speed and agility – while also experiencing the thrill of scoring goals. It’s a position that keeps you on your toes every second.”

    One of her proudest moments so far came when her school team qualified for the SA Championships for the very first time. “That feeling of pride and unity is something I’ll never forget,” she says with a smile.

    Looking ahead, Hayley’s ambitions are clear and focused.

    “In five years, I hope to be playing for the national team. It’s my biggest dream to represent South Africa and inspire other young players to dream big.”

    Her advice to those following in her footsteps is simple, yet powerful: “No matter how many setbacks come your way, keep working. Your time will come.”

    With her calm composure under pressure, relentless drive, and passion for the game, Hayley Jose is a name to remember, a rising star determined to make every goal count.

  • Karakter, groei dra Klofies deur uitdagende seisoen

    Karakter, groei dra Klofies deur uitdagende seisoen

    Klofies eerstes 2025.

    Hoërskool Waterkloof se eerste netbalspan het vanjaar weer bewys dat ware sukses nie slegs aan punte of posisies gemeet word nie, maar aan deursettingsvermoë, geloof en spanverband.

    Hierdie jong en belowende groep het deur die 2025-seisoen merkwaardige groei getoon, ten spyte van verskeie uitdagings. Die hoogtepunte van die jaar was nie slegs seges oor sterk teenstanders nie, maar die onwrikbare geloof wat die spelers in God, mekaar en hul mentors gehad het.

    “Ons het klein doelwitte vir onsself gestel, en selfs wanneer dinge moeilik geraak het, het die spelers nooit opgegee nie,” verduidelik Klofies se netbaldirekteur, René Straeuli.

    ’n Besonderse mylpaal was toe Waterkloof vir die eerste keer in drie jaar die top-agt by die La Rochelle-toernooi gehaal het, ’n prestasie wat nóg meer betekenisvol was gegewe die drie ernstige beserings wat die span moes trotseer.

    ‘n Onvergeetlike oomblik van die seisoen was die oorwinning oor Sentraal in die uitspeelwedstryd om derde plek tydens die Sentraal-toernooi, verál nadat Klofies vroeër in die rondes teen die einste Tralies die knie gebuig het. Nog ’n trotse prestasie is dat Waterkloof van 28ste in 2024 na 22ste op die nasionale skoleranglys geklim het, ’n bewys van konstante verbetering en vasberadenheid.

    Met slegs twee spelers wat van die vorige jaar oorgebly het, moes hierdie span letterlik van vooraf begin bou. Dit was aanvanklik ’n uitdaging om nuwe spelers bymekaar te bring en vertroue te vestig, maar namate die seisoen gevorder het, het hulle ’n hegte eenheid gevorm. Selfs ná drie groot beserings het die span se jong lede vinnig aangepas en hul plek in die span verdien. Die grootste groei was in hul vermoë om aan te pas by verskillende kombinasies en steeds mededingend te bly teen top skole.

    Waterkloof het vernaam vooruitgang getoon wat hul verdediging betref, asook die beperking van ongeforseerde foute. Waar onnodige foute aanvanklik ’n struikelblok was, het die span later meer gefokus en gedissiplineerd gespeel, wat tot kritieke oorwinnings gelei het.

    Vyf spelers wat verlede jaar nog vir die B-spanne gespeel het, het vanjaar met groot sukses hul plek in die eerste span volgestaan. Hulle vermoë om aan te pas by die vinniger tempo van A-span-netbal, asook spelers wat nuwe posisies moes bemeester, verdien groot lof. Waterkloof se eerste span het met trots, geloof en ongelooflike vasberadenheid gespeel, en hoewel elke uitslag nie altyd in hul guns was nie, het die span se groei, karakter en eenheid die ware triomf van die 2025-seisoen bepaal.

    Uitslae

    NWU-reeks:
    Verloor teen Ben Vorster 34–27
    Verloor teen Oos-Moot 17–25
    Wen teen HTS Middelburg 25–21
    Wen teen Kempton 22–18

    Klooffees:
    Wen teen Jeugland 16–11
    Wen teen Potch Volkies 18–11
    Wen teen Eunice 21–17
    Verloor teen Sentraal 12–18
    Wen teen Windhoek Privaat 16–6
    Verloor teen La Rochelle 15–25
    Wen teen Brandwag 23–12
    Wen teen Framesby 22–20
    Wen teen Klerksdorp 20–15

    Paarl-toernooi:
    Wen teen Sundowns 38–37
    Verloor teen Paarl Gim 16–49
    Verloor teen Upington 33–35
    Wen teen Montana 28–27
    Wen teen Tygerberg 35–34
    Verloor teen Bloemhof 29–35
    Wen teen Upington 33–23

    Sentraal-toernooi:
    Wen teen Wilgerivier 40–23
    Wen teen Kalahari 35–16
    Wen teen Pietersburg 33–25
    Wen teen Despatch 43–24
    Verloor teen Sentraal 24–35
    Verloor teen Garsfontein 18–33
    Wen teen Sentraal (3de plek) 24–20

    Liga:
    Verloor teen Garsfontein 29–37
    Verloor teen Affies 16–40
    Verloor teen Menlo 21–27
    Wen teen Zwartkop 35–21
    Wen teen Eldoraigne 36–24
    Wen teen Oos-Moot 31–28
    Wen met ’n forfeit teen Montana

  • Toekoms lyk rooskleurig vir Rand Park na deurbraakseisoen

    Toekoms lyk rooskleurig vir Rand Park na deurbraakseisoen

    Een van Rand Park se bestes, Hayley Jose.

    Rand Park High School se eerste netbalspan het vanjaar bewys dat deursettingsvermoë, samehorigheid en ‘n onwrikbare vasberadenheid die sleutel tot sukses bied.

    Die span het nie net hul merk gemaak op provinsiale vlak nie, maar het ook landswyd aandag getrek met hul prestasies by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe, waar hulle 16de geëindig het — ’n uitsonderlike prestasie wat hulle gevestig het as die beste Engelsmedium-netbalskool in Suid-Afrika.

    Vir Rand Park was die hoogtepunt van die jaar ongetwyfeld hul onvergeetlike oorwinning oor Garsfontein, ’n kragmeting wat in bykomende tyd beslis moes word. Met die druk van ’n ganse arena wat asem ophou, het Rand Park met ‘n enkele punt (29-28) se verskil die oorwinning behaal, ’n oomblik wat vir altyd in die geheue van elke speler sal voortleef.

    “Toe ek na die eindfluitjie opkyk en die telbord sien, was die verligting ongelooflik. Dit was die dag toe ons waarlik geleer het hoe om ’n groot wedstryd te wen,” vertel die afrigter, Kayleigh Bendall.

    By die Menlopark-toernooi het Rand Park aanvanklik gesukkel om ritme te vind teen taai opposisie, maar toe hulle teen Oranje te staan gekom het, het alles begin klik.

    “Ons spel het gevloei, en die energie van ons ondersteuners was aansteeklik.”

    Wat Rand Park se seisoen besonders maak, is dat hul eerste span uit slegs drie matrieks en ses graad 10-leerders bestaan het, meisies van slegs 16 jaar oud wat teen van die sterkste skole in die land moes meeding. Tóg het hulle die uitdaging met ongelooflike volwassenheid, vasberadenheid en kalmte onder druk aangedurf.

    “Geestelike groei was vanjaar een van ons grootste oorwinnings. Om só jonk te wees en in ’n eerste span te speel, is nie maklik nie; dit verg emosionele intelligensie en senuweesterkte. Hierdie groep het my werklik in verwondering gelaat,” het die Bendall bygevoeg.

    Hoewel elke speler bygedra het tot Rand Park se sukses, het vier spelers in besonder uitgestaan:

    • Georgia Leppan (medekaptein) is vir die Gauteng o.18-span gekies en is deur die SASN Talent-ID-program as ’n uitsonderlike speler geïdentifiseer.

    • Oluchi Ndubueze het vir die vyfde agtereenvolgende jaar vir Gauteng verteenwoordig en ook ‘n plek in die SASN o.16-span verwerf — ’n bewys van haar konsekwente uitnemendheid.

    • Hayley Jose (medekaptein) het vir die Johannesburg Netball Association o.19A-span uitgedraf en ’n indrukwekkende vertoning gelewer by die Telkom Nasionale Kampioenskappe, wat aan haar ‘n plek in die Netball SA o.19-ontwikkelingspan besorg het.

    • Tiyani Khuvutlu het die seisoen begin as ’n skaam, onsekere speler, maar spoedig ontwikkel in ’n selfversekerde, dominante doel wat selfs die afrigter “van trots laat op en af spring het langs die baan”.

    Wat hierdie groep besonders maak, is hul vermoë om as span saam te groei. Aan die begin van die seisoen het die spelers gereeld hul kapteine met vrae oor tegniek en strategie genader, maar teen die einde het hulle ontwikkel in selfversekerde leiers wat self jonger spelers begin touwys maak het.

    “Met die meerderheid van die span wat volgende jaar terugkeer, is ek ongelooflik opgewonde om te sien hoe hulle op hierdie soliede grondslag kan voortbou,” sê Bendall.

    Geoordeel aan die afgelope seisoen van groei, durf en vasberadenheid, is hierdie jong span Rand Park beslis nog lank nie klaar om hul merk in Suid-Afrikaanse skolenetbal te maak nie.

    2025-uitslae

    Ligawedstryde:
    Trinity House 32–22
    Hoërskool Monument 25–24
    Bryanston High School 35–9
    Hoërskool Florida 32–16
    Northcliff High School 30–14
    Hoërskool Linden 31–9
    Hoërskool Randburg 38–15
    Krugersdorp High School 37–17
    Hoërskool Noordheuwel 25–26
    Helpmekaar Kollege 17–32

    Gauteng Kampioenskappe

    Marais Viljoen 25-21

    Montana 21-20

    Soshanguve 43-3

    Monument 24-17

    Garsfontein 29-28

    Affies 13-30

    Nasionale Kampioenskappe:
    Veritas 54–2
    Tshiawelo 33–5
    Oranje 12–27
    Paarl Girls 12–25
    Bukit Jalil 29–11
    Potchefstroom Gimnasium 23–17
    Voortrekker 22–16