Hoërskool Piet Retief het op sy tuisveld ‘n uithaal-en-wys-vertoning opgelewer om vir Heidelberg Volkskool, een van die groot aanspraakmakers op vanjaar se titel, met 34-12 die knie te laat buig.
Die tuisspan se losskakel, Carl-Hein Creydt, het die tuisskare behoorlik, met moontlik sy beste vertoning tot dusver vanjaar, bederf.
Creydt was een van vier Pieties om agter die besoekers se doellyn te gaan draai. Hy het verdere sout in die wonde gesmeer deur met sy skopstewel al vier die tuisspan se drieë te verdoel en ook met twee strafdoele te slaag om 19 van sy span se 34 punte by te dra.
Die tuisspan kon daarin slaag om die druk wat op die Volkies toegepas is in ongedwonge foute om te skakel en van daar het Creydt en kie voet in die hoek gesit om dié in punte om te draai.
Die ander Pieties in dié afdeling, Hoërskool Pietersburg, het vir die tweede keer in soveel weke oor Hoërskool Marais Viljoen koning gekraai. Vandeesweek se telling was egter nie so groot soos die een van ‘n week gelede nie (45-15), maar hy het steeds die septer met 31-22 geswaai.
Haker Ziahn Lombaard het weer sy pak se oorhand ten volle benut en twee keer agter rolmaalbewegings oorgeduik vir ‘n tweekuns aan drieë. Die verskil in dié week se stryd was die bydra van Marais Viljoen se woelige lostrio.
Die drie, bestaande uit Tshepo Tsholo (oopkantflank), Thato Mapuru (steelkantflank) en agtsteman Joshua O’Brien, was blitsvinnig op die losbal, wat die Pieties van Polokwane se momentum op ‘n gereelde basis versteur het.
O’Brien was ‘n doring op die aanval en het nes Lombaard twee drieë gedruk, wat ‘n welverdiende beloning vir ‘n uitstaande vertoning was.
Eldoraigne 20 – Drieë: Zander Koopmans, Aiden van Rooyen, Damian Elferink. Doelskop: Eben Degenaar. Strafdoel: Degenaar. Secunda 32 – Geen inligting vanaf Secunda ontvang nie.
Ligbron Akademie 19 – Drieë: Riley Moir, Ndumiso Dlamini, Henco Scheepers. Doelskoppe: Gaston Brown (2). Ben Vorster 21 – Geen inligting vanaf Ben Vorster ontvang nie.
Midstream College het reeds in sy eerste wedstryd as deel van die Virseker Noordvaal Beker se westelike been van die Bowl-afdeling geblyk na ‘n span wat nog ‘n paar van die ander honde in dié afdeling gaan raak byt.
Hy het Saterdag op sy tuisveld in Midrand daarna opgeleef. Die span van Midrand het vir sy 25-15-nederlaag teen Potchefstroom Gimnasium opgemaak deur die verdedigende kampioen, Potchefstroom Volkskool, met ‘n telling van 23-17 om te dop.
Sy heelagter, Ryan Strauss, het uiteindelik die grootste sê in dié stryd gehad. Nie net het Strauss die Volkies se doellyn oorgesteek nie, maar hy het ook ‘n verdere agt punte deur middel van sy skopstewel bygedra. Strauss se persoonlike bydra van 13 punte het die hoeksteen vir dié sege gelê, terwyl hy goeie ondersteuning van Robin Stassen (vaskopstut) en Rikus Cilliers (regtervleuel) ontvang het.
Stassen en Cilliers was die ander twee wat vir vyfpunters oorgebars het. Wian Victor, die Volkies se oopkantflank, het, soos beskryf deur sy teenstanders, ‘n vertoning wat herinneringe van Heinrich Brussow opgewek het, gelewer. Victor was ‘n doring by die afbreekpunte en het die lewe vir die tuisspan met tye ondraaglik gemaak.
Die ander nuweling in die westelike been, Hoërskool Centurion, het in sy eerste uitstappie behoorlik sy stempel afgedruk. Die Woeries het nege keer agter Hoërskool Jeugland se doellyn gaan draai om uiteindelik met ‘n indrukwekkende wegholsege van 61-17 op tuisbodem in Centurion te spog.
Agtsteman Darius Durie het ‘n woelige pak voorspelers gelei met ‘n verdiende tweekuns aan drieë. Agterlangs het heelagter Morné Prinsloo en sy skopstewel uitgeblink. Hy het sewe van sy agt doelskoppe oorgeklits, terwyl losskakel Bernick Fourie die ander een deur die mikke gejaag het om twee verdere punte tot sý vyfpunter vroeër in die stryd by te dra.
In die oostelike been was dit Hoërskool Dinamika van Alberton en Hoërskool Ermelo wat met hul eerste seges in vanjaar se reeks beïndruk het. Dinamika se pak voorspelers het die pap dik aangemaak in sy 34-14-sege oor Hoërskool Die Anker. Agtsteman Nico Greyling het gewoeker in die vastelos, terwyl vaskopstut Jayden Smith se goeie vertoning op die aanval met ‘n vyfpunter beloon is.
Hoërskool Ermelo se heelagter, WJ Pretorius, het die ligbloues van Merensky Landbou Akademie laat les opsê. Pretorius het 18 punte in die kragmeting bygedra. Dié het uit een drie, vyf doelskoppe en ‘n strafdoel bestaan. Sy linkervleuel, Luan Greyling, het self twee keer die doellyn oorgesteek vir ‘n tienpuntbydrae.
In Benoni het die wipplankstryd tussen Hoërskool Brandwag van Benoni en Hoërskool Hugenote van Springs in ‘n gelykopuitslag van 17-elk geëindig. Brandwag verwelkom aanstaande week vir Dinamika, terwyl die Hugies na Tzaneen reis om die Plasies in sy bulkrale aan te pak.
Puntemakers:
Virseker Noordvaal Beker Bowl-Wes:
Midstream College 23 – Drieë: Robin Stassen, Rikus Cilliers, Ryan Strauss. Doelskop: Strauss. Strafdoele: Strauss (2). Potchefstroom Volkskool 17 – Geen inligting van Potch Volkies ontvang nie.
Bergsig Akademie 36 (15) – Drieë: Othandwayo Ntshanga, Dylan Smith, Keanu Kalje, Lefa Maloma, Conner van Dalen. Conversions: Carlo de Jager (4). Penalty: De Jager. Potchefstroom Gimnasium 31 (12) – Drieë: Hardu Wolmarans, Nic Dreyer, Zach de Jager, Brendon Kellerman. Doelskoppe: Zandré Da Silva (3).
Hoërskool Centurion 61 – Drieë: Darius Durie (2), Malan Le Roux, CJ Niemand, Robbie Herholdt, Dylan Schoeman, Matthew Austin, Bernick Fourie, Stefan Vorster. Doelskoppe: Morné Prinsloo (7). Fourie. Jeugland 17 – Geen inligting van Jeugland ontvang nie.
Virseker Noordvaal Beker Bowl-Oos
Dinamika 34 – Drieë: Connor Griffin, Juandré Ackerman, Jayden Smith, Jadon Fritz, Basil Botha. Doelskoppe: Caiden van der Merwe (3). Strafdoel: Van der Merwe. Die Anker 14 – Geen inligting van Die Anker ontvang nie.
Hoërkool Ermelo 44 – Drieë: Luan Greyling (2), WJ Pretorius, Duan Burger, DW du Plessis, Jannie Jacobs. Doelskoppe: Pretorius (5). Strafdoel: Pretorius. Merensky 34 – Geen inligting van Merensky ontvang nie.
Brandwag (Benoni) 17 – Drieë: Jayden Diedericks, Morgan Rautenbach. Doelskoppe: Van Zyl van der Westhuizen (2). Strafdoel Van der Westhuizen. Hugenote (Springs) 17 – Drieë: Keanu Kruger, Gerrie van Biljon, Dewet Pretorius. Doelskop: Yovan Prinsloo.
Hoërskool Klerksdorp se Daniel Schoeman en die gesoute Tyran Masango het seker gemaak dat die spogregte van sy jaarlikse derby met Hoërskool Lichtenburg saam met hom na Klerksdorp terugkeer.
Masango het twee keer die doellyn oorgesteek om vir die besoekers ‘n sege van 38-23 te verseker. In 2025 was dit ook Klerksdorp wat met die derbyloure weggestap het ná sy sege van 21-13 op sý tuisveld.
Die kollig is egter Saterdag deur Schoeman gesteel. Die slot van Klerksdorp is as Speler van die Wedstryd aangewys. Sy gewoel in die vastelos het die Liggies keer op keer uitoorlê en ook tot een van sy span se ses drieë gelei.
Dit het uiteraard vir Masango spasie aan die buitekant geskep en met sy ervaring het hy twee keer gaan afrond vir ‘n tweekuns aan drieë. Sy losskakel, Brendin Mathyse, was soos oudergewoonte op sy gemak as generaal van die agterhoede. Sy verspreiding raak wedstryd ná wedstryd beter, wat ‘n goeie teken is vir die Klerksdorpers se veldtog in die Virseker Noordvaal Beker se Plaat-afdeling.
Vir die Lichtenburgers het losskakel Hanjo Nieuwoudt en sy skopstewel uitgeblink. Nieuwoudt het die tuisspan se telbord aan die rol gehou deur albei drieë te verdoel en ook drie strafdoele oor te klits.
Voorlangs het vaskopstut Ruben Pretorius gewoel met ‘n goeie vertoning reg oor die veld. Dit is met die tuisspan se eerste drie beloon.
Hoërskool Zwartkop se Vikings, asook Hoërskool Kempton Park, het onderskeidelik groot stellings in hul onderskeie kragmetings van die Virseker Noordvaal Cup se Plaat-afdeling gemaak.
Die Vikings het Saterdagmiddag op sy tuisveld sewe drieë ingeryg om vir Hoërskool Transvalia met ‘n telling van 54-19 dragslae te gee.
Die Zwarries se linkervleuel, Waylin Papier, blyk na een van dié afdeling se groot gevaarmanne vanjaar. Papier het tot dusver die drieë ingeryg en Saterdag nog ‘n verdere twee op sy kerfstok gesit.
Papier het baljaar met die hope spasie wat deur sy losskakel, Tilon Baron, se goeie visie geskep is. Boonop het Baron ‘n goeie dag met die stewel beleef. Hy het vyf doelskoppe en drie strafdoele oorgeklits om saam met sy drie ‘n totaal van 24 punte by te dra.
Die Kempies het op sy beurt agt keer die doellyn op sy tuisveld oorgesteek om vir Hoërskool Oos-Moot met 52-8 af te ransel. Die grondslag vir die tuisspan is deur sy voorspelers gelê. Die Kempies se pak het van meet af die oorhand in die vaste fasette gehad. Dit het baie dieselfde geleenthede vir sy agterhoede geskep om te gaan afrond.
Regtervleuel Aubrey Hoskin, wat vanjaar deurgaans uitblink, was weer voor in die koor met sy tweekuns aan drieë. Die Kempies se Speler van die Wedstryd-toekenning is uiteindelik aan sy hele voorry gegee as beloning vir die trio wat onderskeidelik uit Tristan Marx (loskopstut), Matthew Vermaak (haker) en Reece van Loggenburg (vaskopstut) bestaan, se beste vertoning nóg vanjaar.
Die tendens was baie dieselfde by Hoërskool Montana in Pretoria waar die Rhinos van Hoërskool Nelspruit ‘n afgeronde vertoning aanmekaar geslaan het om die tuisspan met 37-31 te klop. Dit was dan ook die Rhinos se derde agtereenvolgende sege sedert die begin van die reeks, wat van hom ‘n uitdaging gaan maak om te stuit vir die res van sy Plaat-veldtog.
Kempton Park 52 (33) – Drieë: Aubrey Hoskin (2), Reece van Loggenburg, Christian Nixon, Bevan Grobler, Kehan Kruger, Luca du Plooy, Matthew Vermaak. Doelskoppe: Heinrich Burger (4), Rynard Burger (2). Oos-Moot 8 (8) – Drie: Arno Badenhorst. Strafdoel: Karel Kok.
Hoërskool Nelspruit 37 –Drieë: Mphobuhle Nyumba, Kamo Monkwe, Handré Smit, Jeandré Aucamp, Tye Habib, Rhandzu Mkhabela. Doelskoppe: Ewan van der Merwe (2). Strafdoel: Van der Merwe. Montana 31 – Drieë: Ulrich van Biljon (2), Reghardt van Biljon, Shawn Moabelo. Doelskoppe: Rubel Bester (4). Strafdoel: Bester.
Dit was só hittete, maar ‘n hanteerfout deur Hoërskool Waterkloof het uiteindelik ‘n naelskraapse sege van 24-18 vir Hoërskool Garsfontein se Bere gegee.
Buiten die laaste hanteerfout, was die Klofies se agtsteman, AlmeroGerritsen nietemin een van die Klofies se groot uitblinkers op die dag. Hy was, soos regdeur die seisoen, gevaarlik op die aanval en het die Bere gereeld aan die raai gehou wanneer hy met bal in hand op die aanval losgetrek het.
Die Bere se pak was egter op sy beste. Hý het veral in die skrums die grootste sê gehad wat vir hom die momentum agterlangs gegee het. Dit is opgesom deur die twee drieë wat deur lede van die pak gedruk is. Sy woelige slot, JJ Fourie, die Toring van Namibië, was hoeka die een wat uiteindelik die uitklophou toegedien het nadat hy vir die Bere se laaste drie oorgebars het.
Ruan Fluks het weer stelling op losskakel ingeneem met Joshua Gouws wat sy dienste op buitesenter verleen het. Fluks het dus ook die verantwoordelikheid vanaf die skopkegel opgeneem en met ‘n foutlose vertoning gespog. Hy het al drie sy span se drieë verdoel en ook met ‘n belangrike strafdoel geslaag.
Saam met Gerritsen was die Klofies se heelagter, Alexander Griesel, een van die tuisspan se ander uitblinkers. Griesel se aanhoudende aanvalle van agter het die Bere se verdedigers op hul tone gehou en is ook met een van sý span se drie drieë beloon.
Elders in Pretoria het Die Hoërskool Menlopark ‘n verbete terugvegpoging geloods om vir Helpmekaar Kollege met 38-31 om te dop. Dit was in die konteks van die Noordvaal-reeks ‘n belangrike uitslag vir die Parkies nadat hy verlede naweek teen Hoërskool Middelburg in Middelburg gegly het (26-25).
Sy senterpaar was uitstaande. Dylan Stumke se sterk lopies in die middelveld het die momentum in die guns van sy span gedraai. Sy sentermaat, Danie Botma, het die uitklophou toegedien met sy drie laat in die kragmeting.
Die kollig het egter op Willie Pieterse, die tuisspan se onderkaptein en losskakel, geval. Pieterse het 15 punte tot sy span se telling bygedra deur met twee doelskoppe en twee strafdoele te slaag en ook die Helpies se doellyn vir ‘n verdere vyf punte oor te steek.
Die Helpies se Shaye Lourens blyk of hy sy ritme op losskakel vind. Sy verspreiding na ‘n gevaarlike agterhoede was van hoogstaande gehalte. Hy het self ‘n goeie dag beleef met die 11 punte wat hy vir sy span, deur drie doelskoppe en ‘n drie, bygedra het.
Morné Noble strek oor vir sy drie wat as die Toyota oomblik van die wedstryd aangewys is in die Wit Bulle se 41-15 sege oor Noordheuwel in die Krugersdorp derby wat deel van die Virseker Noordvaal Beker uitmaak. Foto: Marius Nortjé.
Daar blyk tans geen keer aan Morné Noble en die Wit Bulle van Hoërskool Monument te wees nie.
Die Wit Bulle het Saterdagmiddag op die Ras van Rooyen die bordjies oor Hoërskool Noordheuwel met ‘n oortuigende sege van 41-15 in dié se ontmoeting in die Virseker Noordvaal Cup verhang.
Dit het die Monumentare weer die beste in die weste gemaak, soos waarna oor die afgelope week na die stryd verwys is.
Noble is vir die tweede agtereenvolgende week as die Virseker-breker van die wedstryd aangewys. Sy drie is ook vir die tweede week in ‘n ry as die Toyota-oomblik van die wedstryd aangewys.
Die laaste twee weke het gewys hoekom Noble reeds verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span se oond skoongemaak het. Hy is ongelukkig vanjaar nie verkiesbaar vir die Leeus se Cravenweek-span nie.
Sy oopkantflank, Siya Ncube, was net so uitsonderlik. Ncube se gewoeker in die vastelos, en ook ‘n drie, het gemaak dat hý self aan die Virseker-breker-deur geklop het.
Die Nories het in die eerste helfte uitstekend verdedig. Sý alombekende rotsvaste verdediging, wat ‘n hele paar groot duikslae ingesluit het, het beteken dat die Wit Bulle met slegs 8-3 teen die omdraaislag voorgeloop het.
Loskopstut Ruben Botes se drie kort ná rustyd het die Nories se hoop laat opvlam, maar daar was egter geen keer aan die tuisspan nadat Noble se vyfpunter die momentum gedraai het nie.
Hoërskool Dr. EG Jansen het sy groot nederlaag teen die Wit Bulle verlede naweek afgeskud en met ‘n 32-28-sege oor Hoërskool Rustenburg reggemaak. Dit was uiteindelik die skopstewel van die Jansies se losskakel, Juan van Aswegen, wat die verskil tussen die twee spanne was.
Van Aswegen se strafdoel, met tyd reeds verstreke, het die Rusties se doppie geklink. Hy het vroeër twee doelskoppe oorgeklits het en ook die doellyn vir ‘n drie oorgesteek het.
Hy is ondersteun deur ‘n tweekuns aan drieë deur sy kaptein en steelkantflank, Jaco Engelbrecht. Vir die besoekers was daar niemand beter as sy woelige skrumskakel, Shylo Cox, nie. Cox het die Jansies se verdediging gereeld omkant betrap met sy dartellopies om die afbreekpunte. Dié het ook twee drieë agter sy naam ingepen.
Kgotso Pheta, left wing of Hoërskool Middelburg, dives over for the final try of the match in Middies’ 26-20 victory over their rivals, HTS Middelburg, in a King Price Derby Series meeting on Saturday afternoon in Middelburg. Photo: Tap Light Edits.
Buhle Mphahlaza and his chargers from Hoërskool Middelburg ensured that the Mpumalanga town will remain green for the next year.
Mphahlaza, the captain of Middies, produced a King Price King of the Match performance as the home side comfortably clinched the Middelburg derby, newly incorporated into the King Price Derby Series, with a 26-10 win over the Rooi Bulle of HTS Middelburg on Saturday afternoon.
Both sides started slowly and nervously. However, Mphahlaza’s vision led to the Suzuki Game Changing Moment of the Match, which ended with right wing Kgontse Masilela rounding off a fluent Middies‘ backline move.
His counterpart on the left wing, Kgotso Pheta, matched that try-scoring feat just before the final whistle, diving over in the corner to ensure the Rooi Bulle’s defeat.
Much of Hoërskool Middelburg’s attacking dominance was made possible by another standout performance from their tighthead prop, Dewald du Toit. He was a key contributor to Middies’ 26-25 victory over Die Hoërskool Menlopark in the opening round of the Virseker Noordvaal Cup last week, with his relentless work earning his side a decisive penalty, which was a deserved reward for an outstanding 70-minute performance.
Despite being starved of possession and momentum, HTS Middelburg’s inside centre, Nathan Janse van Rensburg, delivered a strong performance in midfield. His industrious defensive work, in particular, made him stand out, and his efforts were ultimately rewarded with the visitors’ only try of the match.
Rooi Bulle flyhalf, Ruan Janse van Rensburg, converted the try and also slotted a penalty to account for the visitors’ other five points.
Midstream College se veldtog in vanjaar se Virseker Noordvaal Cup se westelike been van die Bowl-afdeling kon nie op ‘n meer uitdagende manier begin nie.
Die span van Midrand het in sy eerste wedstryd teen die afdeling se naaswenner, Potchefstroom Gimnasium, te staan gekom en goed vertoon in sy 22-15-nederlaag. Vandeesweek is dit egter die verdedigende kampioen, Potchefstroom Volkskool, se beurt om die nuwelinge opdraande te gee.
Die Volkies het verlede naweek met Bergsig Akademie (38-10) in die laaste ronde van die NWU se Prestige-reeks afgereken. Bergsig neem ook in die westelike been van dié afdeling deel.
In die stryd het vaskopstut Michael Rochat die pap voorlangs dik aangemaak. Dit was veral sy kragtige lopies wat uitgestaan het en is ook iets wat Midstream Saterdag vinnig sal moet tem.
Dit is egter die perfekte situasie vir Midstream se oopkantflank, Barto Oosthuizen, om soos gebruiklik by die afbreekpunte te woeker en die Volkies se balbesit te ontwrig.
Bergsig takel die Gimmies van Potch wat weer ‘n goed gebalanseerde span het vanjaar. Boonop het die Gimmies verlede naweek ‘n blaaskans geniet, wat beteken dat daar net een verandering aan sy span is.
Evan Hanekom vervang die beseerde Joubert Niemann op slot. Verder bly sy pak dieselfde met kaptein en woelige agtsteman, De Wet Grobelaar, wat weer agter die skrum sal diens doen.
In die oostelike been van die Bowl-afdeling het Hoërskool Dinamika ‘n groot taak op hande wanneer hy vir Hoërskool Die Anker om 12:30 in Alberton verwelkom. Dinamika se laaste vertoning, ‘n naelskraapse 24-20-nederlaag teen sy bure, Hoërskool Marais Viljoen, het gewys waartoe hy in staat is.
Die Anker is tog een van die twee spanne wat van dié reeks se Skild-afdeling afgeskuif het en is nie ‘n span om sonder handskoene aan te pak nie. Sy sege van 32-27 oor Jeugland in die Prestige-reeks verlede naweek het self nuwe asem in die span van Brakpan geblaas.
Hoërskool Hugenote van Springs se sege van 29-21 oor Hoërskool Lichtenburg ‘n week vantevore het vernude ywer in sy span opgevlam. Die Hugies stamp met ander nuwelinge, Hoërskool Brandwag van Benoni, om 12:20 in Benoni koppe.
Merensky Landbou Akademie kry die kans om sy 52-38-nederlaag teen Hoërskool Frikkie Meyer verlede naweek reg te stel. Die Plasies skop sy Bowl-veldtog om 12:30 teen Hoërskool Ermelo af. Dit sal egter nie ‘n maklike taak wees nie, aangesien die tuisspan verlede jaar reeds gewys het dat dit nie maklik is om in Ermelo te gaan wen nie.
Die spanne is:
Viseker Noordvaal Cup – Bowl Wes
Midstream College t. Potchefstroom Volkskool om 11:45 in Midrand
Midstream College: 15 Ryan Strauss, 14 Rikus Cilliers, 13 Ruan Bester, 12 Liam van Rooyen, 11 Estiaan Scheepers, 10 Dian de Villiers, 9 Paul Loubser, 8 Henke Griffioen, 7 Barto Oosthuizen, 6 Reuben Blom, 5 Martin van Rooyen, 4 Tristan van Heerden, 3 Robin Stassen, 2 JH van Aswegen, 1 Ernst Britz.
Potchefstroom Volkskool: 15 Carlo van der Merwe, 14 Luke Davey, 13 Lethabo Riet, 12 River Samual, 11 Christiaan Gouws, 10 Kyle Hattingh, 9 Raynard de Klerk, 8 Johannes Lombaard, 7 AJ du Plessis, 6 Wian Victor, 5 Jannie de Wet, 4 Nolan Roets, 3 Michael Rochat, 2 Peet Fourie, 1 Albert Odendaal.
Bergsig Akademie t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30
Bergsig: 15 Heinrich Krugel, 14 Kopano Modise, 13 Othandwayo Ntshanga, 12 Carlo de Jager, 11 Daniel Addinall, 10 Dan Bogopane, 9 Connor van Dalen, 8 Martin Pieterse, 7 Ryan Nagel, 6 Mark Uys, 5 Hendré Krüger, 4 Lefa Maloma, 3 Claud Robertson, 2 Keanu Kaljee, 1 Dylan Smith.
Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretorius, 14 MJ Potgieter, 13 Durand du Plooy, 12 Daniel Marais, 11 Rea Motsusi, 10 Zandré Da Silva, 9 Brendon Kellerman, 8 De Wet Grobler, 7 Damien Zwahlen, 6 Zach de Jager, 5 Evan Human, 4 Ignu Du Toit, 3 Nic Dreyer, 2 Hardu Wolmerans, 1 Rynel Rautenbach.
Hoërskool Centurion t. Jeugland om 12:30 in Centurion
Centurion: 15 Morné Prinsloo, 14 Matthew Austin, 13 Dylan Schoeman, 12 Luhardt Blom, 11 Amahle Kilani, 10 Bernick Fourie, 9 Stefan Vorster, 8 Darius Durie, 7 CJ Niemandt, 6 Malan Le Roux, 5 Ulrich van Wyk, 4 Ruben Pretorius, 3 MJ van Deventer, 2 Robbie Herholdt, 1 Lincoln Hattingh.
Jeugland: Nie ontvang nie.
Viseker Noordvaal Cup – Bowl Oos
Dinamika t. Die Anker om 12:30 in Alberton
Dinamika: 15 Zavian Matthys, 14 Gucci Sithole, 13 Zander Smit, 12 Caiden van der Merwe, 11 JP van der Westhuizen, 10 Andrew Marais, 9 Wian Bronkhorst, 8 Nico Greyling, 7 Matthys De Koker, 6 Conor Griffin, 5 Ruan van Tonder, 4 Jadon Fritz, 3 Jayden Smith, 2 Jayden Matthyser, 1 Brayden Smit.
Die Anker: 15 Livan Cilliers, 14 Danie du Preez, 13 Duncan van der Merwe, 12 Jeandré Pretorius, 11 Ruan Brits, 10 Edrick Pienaar, 9 Jean Blignaut, 8 Nathan Schoeman, 7 Cheiden Joubert, 6 Oswald Schoeman, 5 Dehandré Beirowski, 4 Duwan Dubery, 3 Xavier Erasmus, 2 Vian Strydom, 1 Charl Coetzee.
Brandwag (Benoni) t. Hoërskool Hugenote van Springs 12:20 in Benoni
Hoërskool Zwartkop se Vikings is ‘n week gelede as die NWU Prestige-reeks se nuwe kampioen gekroon.
Dit is egter vir hom net nog ‘n stap in die rigting waarna hy werklik opsoek is, die titel van die Virseker Noordvaal Cup se baie kompeterende Plaat-afdeling.
Die Zwarries skop sy veldtog Saterdagmiddag, om 12:30 op tuisbodem in Centurion, teen een van die nuwelinge in dié afdeling, Hoërskool Transvalia, af. Valia het reeds een wedstryd onder die belt.
Die span van Vanderbijlpark lek nog wonde na sy 31-20 nederlaag teen Hoërskool Nelspruit se Rhinos verlede Saterdag.
Albei dié spanne is verlede jaar uit die reeks se Beker-afdeling gerelegeer en maak vanjaar se Plaat-afdeling, reeds ‘n moeilike een, nog meer kompeterend.
Die Zwarries bly egter een van die groot gunstelinge om met vanjaar se titel weg te stap. Sy hope ervaring met ‘n sterk matriekgroep beteken dat hy vanjaar nog net twee keer verloor het, teen Durban High School (31-14) en Kearsney College (22-19).
In die sterk matriekgroep dra name soos losskakel Tilon Baron, die neef van Garsfontein se heelagter, Drewyn Baron, en haker Regan Blignaut, die vaandel. Blignaut, ‘n groot aanspraakmaker om vir die Blou Bulle by vanjaar se Cravenweek uit te draf, sal Valia se haker, Justin Sampson, behoorlik toets, veral met sy gewoel in die vastelos. Dit is nietemin nie net Blignaut wat groot gevaar inhou nie, aangesien die pak voorspelers agter hom net soveel skietgoed saambring.
Die Wit Bulle van Hoërskool Montana trotseer ‘n moeilike uitdaging teen Hoërskool Nelspruit se onoorwonne Rhinos op sy tuisveld in Pretoria. Die Rhino het sy eerste twee wedstryde oortuigend gewen en blyk na een van die spanne te wees wat vanjaar opgewen is om amok te saai.
Die Monties het self reeds eenkeer in vanjaar se reeks uitgedraf. Hier het hy teen Hoërskool Wesvalia vasgeval (6-3) in ‘n modderige Klerksdorp, maar dieselfde span ‘n week later met 32-10 afgeransel om ‘n derde plek in die NWU se Prestige-reeks los te slaan. Hy sal egter die Rhinos se uitdaging sonder sy gesoute onderkaptein en buitesenter, Luan Barnard, moet aanpak. Daniel Bester vervang vir Barnard in die middelveld.
Hy het egter steeds sy inspirerende kaptein, Ulrich van Biljon, op agtsteman. Van Biljon se grootste taak sal wees om die Rhinos se woelige Vian Louw (agtsteman) te neutraliseer.
Hoërskool Kempton Park se sege van 27-12 oor die Rooi Bulle van HTS Middelburg het nuwe lewe in sy span geblaas. Dit het op die regte tyd gekom, net voordat hy Saterdag om 12:40 vir Hoërskool Oos-Moot op sy tuisveld in die Oos-Rand moet verwelkom.
Hoewel die Oosies in sy eerste uitstappie met 37-29 teen die Rhinos vasgeval het, was daar steeds tekens van ‘n gedugte span. Karel de Kock, gewoonlik ‘n staatmaker op binnesenter vir die Oosies, draf op losskakel uit. Die skuif beloof ‘n liplek-lekker stryd met Kempies se generaal, Heinrich Burger, agter twee pakke wat die skote sal laat klap.
Die spanne is:
Zwartkop t. Transvalia om 12:30 in Centurion:
Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 Garith Warrie, 13 Stiaan Botha, 12 David van Jaarsveld, 11 Waylin Papier, 10 Tilon Baron, 9 Ruvan Burger, 8 Wihan Roux, 7 Jethro Le Roux, 6 Mikka Allers, 5 Franco van Tonder, 4 Herman Potgieter, 3 Ruben Harvey, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.
Transvalia (moontlik): 15 Dave Mthizi, 14 Jayden Gaybba, 13 Waldo McLean, 12 Jaydee Maree, 11 Xander Pretorius, 10 Nhlosenhle MacCamel, 9 Johan Smit, 8 Matthew van Niekerk, 7 Caylin McLauchlin, 6 GJ Rossouw, 5 Juhan Basson, 4 Marnes Wilson, 3 Damian van Heerden, 2 Justin Sampson, 1 Wimpie Mariz.
Montana t. Hoërskool Nelspruit om 12:30 in Pretoria:
Montana: 15 Edrich Strydom, 14 Corban Kruger, 13 Daniel Bester, 12 Henroe Colyn, 11 Christiaan Booysen, 10 Rubel Bester, Du Preez Prinsloo, 8 Ulrich van Biljon, 7 Enrico Smit, 6 Reghardt van Biljon, 5 Jayden Cloete, 4 Eric Potgieter, 3 Kyle van Schalkwyk, 2 Shawn Moabelo, 1 Louan Erasmus.
Hoërskool Marais Viljoen sal ná slegs ‘n week weer ‘n tweede hap van die kersiekoek kry wanneer hy sy Virseker Noordvaal Cup Skild-veldtog teen Hoërskool Pietersburg Saterdagmiddag om 13:10 in die hoofstad van Limpopo afskop.
Die Pieties het verlede Vrydag vir Marais Viljoen met 45-15 in Potchefstroom die loef afgesteek om ‘n vyfde plek in die NWU se Prestige-reeks los te slaan. Juan Randall, die tuisspan se losskakel, is in dié wedstryd as Speler van die Wedstryd aangewys.
Randall en sy skakelvennoot, skrumskakel Curtis Cloete, is sedert die Fairtree Sportfees vroeër die jaar kookwater. Cloete se goeie diens aan Randall en dié se besluitneming sal Saterdag weer een van die groot besprekingspunte in Marais Viljoen se kamp wees.
Die span van Alberton het juis ‘n verandering op losskakel aangebring. Ovayo Jonas sal vir Jared Mentz in die agterhoede vervang. Voorlangs het breier Corneel van Dyk die dienste van George Mazhindu opgeroep om die beseerde Ukona Mahlehlo op slot te vervang.
Die stryd tussen die Buffels van Hoërskool Ben Vorster en Ligbron Akademie om 12:20 in Ermelo sal ongetwyfeld sorg vir ‘n aanskoulike stryd tussen dié twee spanne se agterhoedes. Die Liggies is sover die enigste span met punte op die Skild se puntelys nadat hy verlede week juis met behulp van sý gevaarlike agterlyn vir die Eldos se Drake laat les opsê het (31-14).
Dié twee spanne het ook die geleentheid gehad om mekaar by die Fairtree Sportfees dop te hou. Die Buffels was uitstaande by die fees en het in albei sy kragmetings 50 punte of meer op die bord gesit.
Tumi Ramohlale, die Buffels se linkervleuel, en die Liggies se linkervleuel, Neo Zwane, se tweestryd kan vir hope vuurwerk sorg. Albei se vermoë om spasie en ook iets uit niks te maak, is van hoogstaande gehalte en kan bydra tot die moontlike skouspel in Ermelo.
In Centurion sal die Drake van Hoërskool Eldoraigne na die wenpad wil terugkeer. Die Drake skop sy stryd met Hoërskool Secunda om 13:00 op sy tuisveld af. Die besoeker word deur sy gesoute vaskopstut, Nathan Erasmus, aangevoer.
Erasmus en sy pak sal van meet af vir die Eldos se slot, MC Scheepers, en sy eweknieë wil wys wie baas is, aangesien sterk voorspeler-spel oor die laaste paar jaar Secunda se brood en botter was.
Die Jack Botes Stadion, die tuiste van Hoërskool Piet Retief, verwelkom die naaswenners van die NWU se Prestige-reeks, Heidelberg Volkskool. Die Volkies het verlede naweeek met 47-28 in die eindstryd van dié reeks teen die gedugte Hoërskool Zwartkop vasgeval. Nietemin bly hy een van die groot gunstelinge om vanjaar se Skild titel in te palm.
Sy breier, Louwtjie Dalhouzie, het slegs een verandering aan die span aangebring. Albie Botha het las van ‘n besering, opgedoen teen die Zwarries. Botha sal deur Ashley Cawood op slot vervang word.
Die spanne is:
Hoërskool Pietersburg t. Marais Viljoen om 13:10 in Polokwane:
Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Juan Dreyer, 12 Hanru Marais, 11 Basson Wolmarans, 10 Juan Randall, 9 Curtis Cloete, 8 Liam van der Bank, 7 Ignus Ferreira, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Janse van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Dewan Windell.
Ligbron Akademie t. Ben Vorster om 12:20 in Ermelo:
Ligbron: 15 Gaston Brown, 14 Katlego Sibiloane, 13 Ndumiso Dlamini, 12 Banele Mthombo, 11 Neo Zwane, 10 Carlo van Staden, 9 Slade Cooper, 8 Henco Scheepers, 7 Wiaan du Preez, 6 Johardt Swanepoel, 5 Riley Muir, 4 RW Beyleveld, 3 Werner Nortjé, 2 Franco Groenewald, 1 Regard Janse van Rensburg.
Ben Vorster: 15 Wessel Joubert, 14 Ronnel Komana, 13 Zane Trollip, 12 Edwin Matola, 11 Tumi Ramohlale, 10 Lolos Letlabola, 9 Josua van Eeden, 8 Joshua van der Mescht, 7 Ryan Gerhardt, 6 Kobus de Beer, 5 Wilhelm Brummer, 4 Dejuan du Plessis, 3 JJ Crewe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Eldoraigne t. Hoërskool Secunda om 13:00 in Centurion:
Eldoraigne: 15 Damian Elferink, 14 Hugo Theron, 13 Niclas Möller, 12 Michael van der Berg, 11 Aiden van Rooyen, 10 Eben Degenaar, 9 Jean du Randt, 8 Chaden Dartnall, 7 Ethan Beyer, 6 Cecil Rich, 5 MC Scheepers, 4 Xander Koopmans, 3 Wian Audier, 2 Jean de Villiers, 1 Luan du Preez.