SSPN Test Site

Author: wilouw

  • Diamonds soek wraak teen JF in Bloem

    Diamantveld t. Voortrekker, 2024 | FOTO: Asjas Fotos

    Jim Fouché is oorgehaal om Diamantveld se perfekte begin tot hul Wesgrow Sentrale Sportreeks-veldtog Saterdag in Bloemfontein tot ‘n einde te probeer bring, terwyl die Diamonds, op hul beurt, vir verlede jaar se tuisnederlaag sal wil vergoed.

    Intussen pak JF se buurskole, Fichardtpark en Sentraal, mekaar ook op die Fichies se velde.

    Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nouSkakel na die reeks

    Diamantveld vertoon vanjaar uiters indrukwekkend, met oorwinnings in albei hul Wesgrow-bepalings tot dusver.

    In hul eerste uitstappie van die seisoen het hulle verlede jaar se algehele kampioene, Voortrekker, met 18-6 in Kimberley verslaan en daarna heelwat karakter aan die dag gelê om vir Hoërskool Trio in ‘n naelbyter in Kroonstad met 29-27 te troef.

    Verlede naweek het die Diamonds egter stof gevreet in Upington, toe ‘n strafskop in die doodsnikke van die kragmeting aan Duineveld die oorwinning besorg het.

    Met spelers soos Simon Liversage, Marno Greeff en Enrique Boshoff in hul midde kan Diamantveld egter vir enige verdediging moeilikheid veroorsaak, en hulle sal hul lippe aflek vir die kans om weer op die wenpad te kom.

    Verlede jaar het JF vir Diamantveld in Kimberley met 36-22 pakslae gegee, danksy ‘n driekuns deur agsteman, Calvin Bolt. Die Bloemfonteiners beskik weer oor ‘n effektiewe lostrio vanjaar, en Qian Moller, Franco Oberholzer en Nathan van Breda het ‘n belangrike rol om te vervul indien hulle verlede jaar se sukses wil herhaal.

    Die Diamonds het egter sedert daardie vorige ontmoeting ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en lyk vanjaar soos een van die voorste aanspraakmakers op die Wesgrow-titel.

    Die spanne:

    Jim Fouché t. Diamantveld om 13:40:

    Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Adrian de Necker, 13 Hanro Marais, 12 Heinrich Hattingh, 11 Bendré Vermaak, 10 Breyten de Wee, 9 Brenden de Wee, 8 Qian Moller, 7 Franco Oberholzer, 6 Nathan van Breda, 5 Milan Marais, 4 Brenden Weyers, 3 Jandré Opperman, 2 Ian Nel, 1 JC van Niekerk.

    Diamantveld: 15 Carel Viljoen, 14 Lehan van der Westhuizen, 13 Clinton Brits, 12 Simon Liversage, 11 Jonathan Harding, 10 Marno Greeff, 9 Ethan Manus, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Paul Cronje, 5 Zuan Rautenbach, 4 Daniël Kühn, 3 Dian Ellis, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.

    Fichardtpark t. Sentraal om 13:30:

    Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Ayanda Quinisa, 13 Duan Viviers, 12 Junior Titoti, 11 Divan Martens, 10 Pule Motsilili, 9 Devanté Claasen, 8 MJ Herbst, 7 Janel du Plessis, 6 Marno Smith, 5 Pieter Tembo, 4 Buko Mlali, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.

    Sentraal: 15 Jayden Betty, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Pat Cloete, 12 CJ Hertzog, 11 Aiden Gotsch, 10 Hendrik Jonker, 9 Schalk Linde, 8 Chris Kachelhoffer, 7 CJ Cloete, 6 Percy Reynolds, 5 Jandré Jardim, 4 Steven Smith, 3 EJ van der Berg, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

    Ander bepalings:

    o. 19: 18:30 – Landboudal t. Burgersdorp; 13:30 – Hoërskool Upington t. Hoërskool Noord-Kaap.

  • Can Grey High bring Wynberg’s run to an end?

    (Photo courtesy of Diocesan College)

    Grey High School is back in Cape Town this weekend and this time they’ll attempt to bring Wynberg Boys’ High‘s rampant run of form to a halt.

    The Wynberg 1st XV is flying high, still unbeaten this season, and coming off an historic first win against Paarl Boys’ High since 1991.

    Don’t miss a moment of the action on SuperSport Schools – Register now Link to the game

    The Wynberg starting lineup, unsurprisingly, is unchanged from the team that recorded that famous victory over Boishaai, with captain Aden da Costa at the side of the scrum and their star flyhalf, Yaqeen Ahmed, at his post in the midfield.

    It’s been a tough start to the season for the Grey boys, but they tasted success in the Western Cape when they downed SACS at the Bishops 175 Festival. It was a gruelling, low-scoring match that saw fullback Meyer Prinsloo cross for the sole try of the contest.

    Judging by the exciting brand of rugby Wynberg is putting on show this season, Saturday’s showdown will be more open, and it will be exciting to see the flyers in the backline operating in space.

    Grey’s captain Lavela Pongolo and his flyhalf Zephyr Smith are both exciting attacking options for the side from Gqeberha.

    Milnerton will aim to add another big name to their already impressive record for the season when they take on an injury-riddled Bishops Diocesan College on the Piley Rees Field.

    Despite four more changes to a team that was already plagued by injuries going into the match against Boland Landbou last weekend, which they lost 10-52, Bishops will defend their turf with all their might.

    The new look lineup provides an opportunity to see the exciting Lucca Mynhardt at scrumhalf. He has been a shining light at fullback for Bishops so far this season, and it will be interesting to see how he adjusts to the halfback role.

    Riding the momentum from back-to-back away wins over Rondebosch (34-33) and Hugenote (17-14), the visitors will fancy their chances.

    Rondebosch Boys’ High takes on SACS without their stalwart hooker Justin Amos, and Ismaeel Conrad steps up to take his place in the front row – link to the game

    Meanwhile, SACS is bolstered by the return of Matt Carrick at centre. He’s the first of the six first stringers they lost early in the season to return to fitness.

    SACS is flying high after a dominant performance last weekend saw them storm to a 54-27 victory over Brackenfell, and they will be eager for a shot at ‘Bosch after losing both of their matches against their southern suburbs’ rivals last season.

    Flyhalf David Simon crossed the whitewash in both of those games for Rondebosch and he will be keen to continue that perfect strike rate against the visitors this weekend.

    His opposite number, Rayaan Solomons, has emerged as a star player in the SACS lineup and, with Ikhona Maxegwana and the rest of the big forwards providing front-foot ball, there’s more than enough outlets in their attack to cause the hosts trouble on Saturday.

     

    TEAMS

    Wynberg Boys’ High vs Grey High at 15:30

    Wynberg Boys’ High: 15 Morné Nobe, 14 Kunene Gadu, 13 Albert Lourens, 1F2 Brandon Ashburner, 11 Levi Brown, 10 Yaqeen Ahmed, 9 Tyrone Gombe, 8 Torren February, 7 Aden da Costa, 6 Jamie Stride, 5 Tjeripo Karuhumba, 4 Jaythen Orange, 3 Luqobo Makwedini, 2 Xabiso Mkiva, 1 Benjamin Matthews.

    Grey High: 15 Meyer Prinsloo, 14 Zubenathi Skosana, 13 Lavela Pongolo, 12 Dylan Garrod, 11 Luc de Villiers, 10 Zephyr Smith, 9 Liyema Ndlondlo, 8 Jon Hobson, 7 Blayton Ward, 6 Caylum Jansen, 5 Steven Lee, 4 Likhona Sodlaka, 3 Ross Atkinson, 2 Ben Wessels, 1 CJ Naude.

    Diocesan College vs Milnerton at 12:30

    Diocesan College: 15 Ammar Laatoe, 14 Rynard Gordon, 13 Alex Newton, 12 Alex Laspatzis, 11 Ben Koenig, 10 Jordan Petersen, 9 Lucca Mynhardt, 8 Aza Gabada, 7 Alex Smith, 6 Daniel van den Heever, 5 Rieko Kidha, 4 James Kotze, 3 Yusuf Ahmed, 2 Jack Campbell, 1 Gareth Mckinon.

    Milnerton: 15 Chadlin Sellidon, 14 Litha Tasana, 13 Morgan Lodewyk, 12 Frank Hitimana, 11 Keagan Wood, 10 Chadwin Sellidon, 9 Devon Damons, 8 Briint Davids, 7 Dylan Peverett, 6 Joshua Vomberg, 5 Matthew Gabriel, 4 Keenan Togni, 3 Chadley Davids, 2 Keagan Harding, 1 Sheldan Puma.

    Rondebosch Boys’ High vs SACS at 12:15

    Rondebosch Boys’ High: 15 Dylan Miller, 14 David Kadima, 13 Randall-John Davids, 12 Alutha Wesi, 11 Shakeel Abrahams, 10 David Simon, 9 Caleb Belelie, 8 Joshua Neill, 7 Danil-Nicolas Oosthuizen, 6 Matthys du Plooy, 5 Tom Barnard, 4 Carl Geddie, 3 Matthew van der Merwe, 2 Ismaeel Conrad, 1 Luke Pretorius.

    SACS: 15 Jack Benade, 14 Imtiaz Abrahams, 13 Nic Reynolds, 12 Matt Carrick, 11 Endi Sidinile, 10 Rayaan Solomons, 9 Matt Forbes, 8 Connor King, 7 Daniel Grant, 6 Zac Wilson, 5 Pierre van Selm, 4 Callum Hirst, 3 Ikhona Maxegwana, 2 Sango Zangqa, 1 Ethan Combrink.

  • Oakdale toer na die Baai, Durbies kuier in George

    FOTO: De Villiers Viljoen

    Nadat Framesby verlede naweek in Worcester met 5-22 teen HTS Drostdy  vasgeval het, sal hulle uitsien na die geleentheid om Saterdag tuisveldvoordeel te benut wanneer die Bulle van Hoër Landbouskool Oakdale kom besoek aflê.

    Die Riversdal-boere het verlede naweek uitstekend gevaar om met 29-22 teen Stellenberg te seëvier, en tot dusver was dit slegs die Hoër Jongenskool Paarl wat vir Oakdale se eerstespan kon stuit.

    Die enigste verandering aan die span wat verlede naweek vir Stellenberg kon klop is Lee-Winn Pretorius, wat weer na vleuel toe skuif, met Christian Vorster wat op buitesenter begin.

    Framesby se spanlys vertoon effens anders as dié wat verlede naweek in Worcester verloor het.

    Jayden Brewis skuif heelagter toe, met Mondré van Heerden wat in die no. 9-trui begin en Laythan Sass wat inkom op vleuel.

    Voorlangs is die pak ook rondgeskommel, met Ewald Muller, wat in die vorige wedstryd op haker uitgedraf het, wat hierdie naweek aan die kant van die skrum sak. Sy naamgenoot, Ewald Labuschagne, skuif van loskopstut na haker, met Zanco Els wat in die voorry sak nadat hy verlede naweek slot gespeel het. Ryan Rousseau beweeg van flank na slot en Juan Grigor kom in as die ander slot.

    In 2023 het Oakdale die span van Gqeberha met 47-10 pakslae gegee, maar Framesby het reeds vanjaar hul potensiaal tentoongestel op die Paastoernooi by Kearsney College, waar hulle die gasheerspan (18-17) en ‘n witwarm Worcester Gimnasium (36-34) kon verslaan, en vir Monument laat sweet het vir ‘n naelskraapse oorwinning van 22-17  .

    Hulle sal egter op hul stukke moet wees om die gevaarmanne van Oakdale, soos Waylon Kortjie, Kurt Coetzee en Erick Steyn, in te perk.

    Intussen is Hoërskool Durbanville in George om vir Outeniqua te pak.

    Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Die Kwaggas sal ook ‘n stelling wil maak nadat hulle verlede naweek aan die ontvangkant was teen Grey-kollege. Vir die Durbies is hierdie egter ‘n geleentheid om ‘n noemenswaardige sege tot hul rekord te voeg, met heelagter, Valrhino Olckers, en binnesenter, Tobie Roelofse, wat fyn dopgehou moet word.

    Die spanne is:

    Framesby t. Hoër Landbouskool Oakdale om 13:35

    Framesby: 15 Jayden Brewis, 14 Jason Niemand, 13 Ethan Smit, 12 Regardt Viljoen, 11 Laythen Sass, 10 Logan Muller, 9 Mondré van Heerden, 8 Johan van Zyl, 7 Eden Calitz, 6 Ewald Muller, 5 Juan Grigor, 4 Ryan Rousseau, 3 Sean Vermaak, 2 Ewald Labuschagne, 1 Zanco Els.

    Hoër Landbouskool Oakdale: 15 Waylon Kortjie, 14 Reinhardt Viljoen, 13 Christian Vorster, 12 Kurt Coetzee, 11 Lee-Winn Pretorius, 10 CT Vosloo, 9 Jandrian Goosen, 8 Erick Steyn, 7 Jannes Snyman, 6 Zack Wessels, 5 Roy Viljoen, 4 Ruan Swart, 3 Tiaan Turck, 2 Gustav van der Merwe, 1 Kai Pratt.

    Outeniqua t. Hoërskool Durbanville om 13:10

    Outeniqua: 15 Jade Peterson, 14 Keenan Jantjies, 13 Reshaan Damons, 12 Luca Potgieter, 11 Xavier Solomons, 10 Ellie Meyer, 9 Jay-Zee Olivier, 8 Gareth Maree, 7 Ruart Curlewis, 6 Jonothan Schutte, 5 Trent Huisamen, 4 Ruben Rossouw, 3 Zacary Meyer, 2 Luhan van der Sandt, 1 Deven Kleingeld.

    Hoërskool Durbanville: 15 Valrhino Olckers, 14 Dale Martin, 13 Markus van der Walt, 12 Tobie Roelofse, 11 Zayde Cleophas, 10 Claydon Carlse, 9 Kyle Albertus, 8 Adrian Freemantel, 7 Tiaan Kearns, 6 Jayden Short, 5 Liebrecht Winterbach, 4 Murdoch van Dyk, 3 Anru van Rhyn, 2 Juan Smit, 1 Hubert Winterbach.

     

  • Parel Vallei jag Tiere in Somerset-Wes

    Photo: Olga Tosi

    Die Hoërskool Parel Vallei van Somerset-Wes kom Saterdag tuis te staan teen die besoekende Tiere van Hoërskool Tygerberg.

    Na ‘n belowende begin aan die seisoen, toe hulle vir Hoërskool Oudtshoorn (25-7) en Hoërskool Hermanus (13-5) kon troef, het Parel Vallei ‘n paar waardevolle lesse geleer by die Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek in Riversdal.

    Hulle het die knie gebuig teen Oosterlig (21-23) en Die Anker (8-29), maar goed teruggekom om vir Zwartkop op die laaste dag met 14-6 te verslaan.

    Verlede naweek het Parel Vallei ‘n blaaskans geniet, nadat hulle vroeg in April vir DF Malan met 28-18 geklop het in hul eerste tuiswedstryd van die seisoen.

    Losskakel, Shudley Rhoda, en skrumskakel, Michael Kent, is deurgaans aan die spits van hul aanvalle, en met die tuisskare wat bankvas agter hulle staan sal Parel Vallei oorgehaal wees om vir Tygerberg te pak.

    Verlede naweek het Hoërskool Bellville die Tiere se tande getrek met ‘n oorwinning van 29-10, maar die trotse skool uit die noordelike voorstede, wat onder andere die Springbok slot-duo van Marvin Orie en Eben Etzebeth opgelewer het, het ook gewys dat hulle oor die nodige skietgoed beskik met ‘n sege van 17-15 oor Hermanus.

    Thurlow Goodheart, wat verlede jaar reeds die strepiestrui gedra het, is ‘n speler om fyn dop te hou op heelagter.

    Parel Vallei t. Hoërskool Tygerberg om 11:30:

    Parel Vallei: 15 Luchen Meyer, 14 Junior Ruzvidzo, 13 Christiaan Louw, 12 Caleb Maasdorp, 11 Iviwe Majingo, 10 Shudley Rhoda, 9 Michael Kent, 8 Renato Tosi, 7 Sebastiaan van Niekerk, 6 Dylan Cockroft, 5 Marko Karsten, 4 Thomas Hoffmeyer, 3 Ian Kleynhans, 2 Diaan du Toit, 1 Ayandisa Mpumlwana.

    Hoërskool Tygerberg: 15 Thurlow Goodheart, 14 Frank Atembe, 13 Kean Gousards, 12 Marius Griebenow, 11 Jodrey Yemba, 10 Venito Geduld, 9 Aidon Solomons, 8 Micheal Saal, 7 Prince Misengue, 6 Ray Reynalds, 5 Daniel Banza, 4 Divin Mbomba, 3 Jamie Coetzee, 2 Duhlin Kruger, 1 Tristan Macpearson.

    Ander bepalings by Parel Vallei:

    o. 19: 08:00 – Parel Vallei III t. Hoërskool Tygerberg III; 09:10 – Parel Vallei II t. Hoërskool Tygerberg II.

    o. 16: 10:20 – Parel Vallei o. 16 A t. Hoërskool Tygerberg o. 16 A.

    o. 15: 08:00 – Parel Vallei o. 15 B t. Hoërskool Tygerberg o. 15 B; 09:10 – Parel Vallei o. 15 A t. Hoërskool Tygerberg o. 15 A.

    0. 14: 08:00 – Parel Vallei 0. 14 B t. Hoërskool Tygerberg o. 14 B; 09:10 – Parel Vallei o. 14 A t. Hoërskool Tygerberg o. 14 A.

    Ander bepalings

    o. 19: 10:00 – Plumstead t. Somerset College; 11:30 – Fish Hoek vs Camps Bay; 12:00 – Hoërskool Hopefield t. Hoërskool Bellville; 12:05 – Hoërskool Vredenburg t. Hoërskool Piketberg; 12:30 – Bellville THS t. Melkbosstrand.

  • Trekkers slaggereed vir “Welkom” wat wag

    FOTO: Willie Kruger

    Die Griffons-liga en Wesgrow-reeks hervat hierdie naweek, nadat die spelers verlede week aan die eerste ronde streeksproewe deelgeneem het.

    Voortrekker is oorgehaal om momentum te behou wanneer hulle vir Goudveld in Welkom aandurf, terwyl Hoërskool Trio en Witteberg vir mekaar in Bethlehem die stryd aansê.

    Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die reeks

    Die Trekkers se vyftiental is onveranderd van die een wat in hul vorige kragmeting vir Hoërskool Trio met 38-15 verslaan het. Hul groot Cravenweek-stut, Cecil Parsons, het weer uitgeblink in daardie stryd en twee drieë tot sy naam gevoeg.

    Toe Voortrekker verlede seisoen teen die Gouties te staan gekom het, kon Thumi Khoza twee keer agter die doellyn gaan kuier. Hy sal weer ‘n impak wil maak indien hy Saterdag die geleentheid kry om van die reserwebank af te speel.

    Heelagter, Kaneng Komane, het ook in daardie wedstryd gedruk om sy span tot ‘n sege van 29-19 oor Goudveld te help, en sal Saterdag weer ‘n beduidende rol hê om te vervul as die laaste vesting.

    Die tuisspan sal dringend weer na die wenpad wil terugkeer, nadat hulle in hul vorige wedstryd teen Hentie Cilliers met 15-19 die aftog moes blaas.

    Kaptein, Ruben Crous, het voorheen gewys dat hy ‘n kragmeting in sy span se guns kan swaai, en met gevaarmanne soos Ru-Bran Kock (heelagter) en Caleb Lottering (senter) in hul midde sal die Gouties nie terugstaan vir die besoekers nie.

    Die span van Welkom se voorspelers sal egter op hul stukke moet wees om die groot Trekker-pak in toom te hou.

    Trio het verlede jaar vir Witteberg met 36-22 geklop, nadat die span van Bethlehem teen halftyd nog met 17-15 voorgeloop het.

    Hierdie naweek sal die stryd tussen die twee losskakels waarskynlik ‘n bepalende faktor wees. Sydwell Sethi (Witteberg) en Byron Biennas (Trio) is sleutelfigure in hul onderskeie spanne, terwyl Kenyon Morat, die besoekers se binnesenter, nog ‘n opwindende speler is om dop te hou .

    Die spanne is:

    Goudveld t. Voortrekker om 14:00:

    Goudveld: 15 Ru-Bran Kock, 14 Adriaan Muller, 13 Hendro Boardman, 12 Caleb Lottering, 11 KB Sonopo, 10 Ruben Crous, 9 JM Rensburg, 8 Malan Marx, 7 Thabiso Phafudi, 6 Hannes Fouché, 5 Wehan Mostert, 4 Heinru Carstens, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Jan Coetzee, 1 Toka Khooe.

    Voortrekker: 15 Kaneng Komane, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Kamohelo Moses, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Christiaan van der Sandt, 8 Dawie Fourie, 7 Wian Fourie, 6 Jayden de Jesus, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 AJ Ferreira.

    Witteberg t. Hoërskool Trio om 13:30:

    Witteberg: 15 Janco Swart, 14 Sakkie Brits, 13 JC van Rhyn, 12 Kenyon Morat, 11 Tshepo Motloung, 10 Sydwell Sethi, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Llewellyn Beukes, 6 Lesego Moskikidi, 5 Marco Grobler, 4 Pieter Nel, 3 Rajesh Laubscher, 2 Jacques van der Merwe, 1 Rian Roos.

    Hoërskool Trio: 15 Byron Maggerman, 14 Thuto Kekane, 13 Aaron Kriek, 12 Tyron Adams, 11 Jayden Windvogel, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Tapiwa Mundeta, 7 Pieter van Schalkwyk, 6 Franco de Wet, 5 Danie Fourie, 4 Dian Serfontein, 3 Juandré Vorster, 2 Killian Kriek, 1 Hanco Geel.

  • Exciting new chapter begins as Paarl Gim hosts Grey College

    Photo: Frans Lombard/Actionpix

    Since 2010, two of the powerhouses of South African schoolboy rugby have done battle on neutral ground, often crossing paths at the Absa Wildeklawer Tournament, but that’s about to change.

    Regardless of where they’ve met, matches between Grey College and Paarl Gimnasium have always been a showcase of some of the best schoolboy talent in the country. This year, with the introduction of a new annual Sportsmans Warehouse Premier Interschools fixture between the two juggernauts, Paarl Gimnasium will want to make full use of their home-field advantage to keep their unblemished 2024 record intact when they welcome their great rivals from the Free State.

    Watch live coverage on SuperSport Schools – DStv channel 216

    The Gimmies have been an unstoppable force so far this season, although their most recent outing resulted in victory by only one point over Affies in Pretoria last weekend, when a nail-biting clash ended 20-19.

    Exciting winger Immanuel Prinsloo was a revelation in that match and will be one of the players to keep an eye on this weekend.

    Before that tight victory, they also racked up impressive wins over Monument (38-21), Pretoria Boys High (75-10) and Boland Landbou (47-13), and a win over the challengers from the City of Roses would be a massive highlight in an already impressive season.

    Last weekend, Grey silenced many of their doubters, following their shock defeat to Jeppe at the NMI North-South Tournament, by pummelling Outeniqua 90-3. They’ve been wounded and they’re chomping at the bit with a golden opportunity to reassert their dominance this season.

    Last year, when the sides met in Pretoria, Grey ended a two-year losing streak against the Paarl outfit, outscoring them 33-12. They also claimed the position of the top dogs in the country with a 100 percent winning record, but this year there is no doubt that the competition for the number one spot is much fiercer.

    In 2021 and 2022, however, Paarl Gimnasium achieved back-to-back wins over the Free State giants, with exemplary performances by their flyhalves proving pivotal on both occasions.

    In 2021, Liam Koen was the Gimmie pivot when they beat Grey 18-16 at the Monnas Centenary Festival. The following year, his successor, Kyle Smith, played a key role when they triumphed 22-17 at the Absa Wildeklawer Festival in Kimberley.

    In fact, on the previous four occasions that they’ve beaten the Bloemfontein boys, they’ve had stars in the no. 10 jersey.

    In those others wins, World Cup-winning flyhalf Handré Pollard pulled the strings in a 45-29 victory over Grey at the Kearsney Easter Festival in 2012 and, before that, in 1994, it was none other than Liam Koen’s father, Springbok Louis Koen, who directed Paarl Gim to a 10-0 win.

    Chandler Green will have an opportunity to join that elite list of Gimmie-flyhalves when he takes to the field this weekend.

    The battle between the two packs should also be monumental, with Ely Williams, JJ du Preez and Dawie Stemmet fronting up against Danie Kruger, Dian Venter and Grey captain, Liam van Wyk, in the front row.

    Another interesting clash will be in the midfield where Grey College’s big carrier Ethan Adams and school captain Pieter van der Merwe will come face to face with rising star Markus Muller and his captain Kobus Blanckenberg.

    The excitement is palpable as a brand-new chapter in the rivalry between the two South African rugby factories kicks off.

    Teams

    Paarl Gimnasium vs Grey College at 12:15

    Paarl Gimnasium: 15 Freek de Kock, 14 Immanuel Prinsloo, 13 Markus Muller, 12 Kobus Blanckenberg, 11 Markus Moolman, 10 Chandler Green, 9 Melt Viljoen, 8 Quintin Potgieter, 7 Wihan Kotze, 6 Jan Koegelenberg, 5 Marinus Daling, 4 Stiaan de Goede, 3 Ely Williams, 2 Dawie Stemmet, 1 JJ du Preez.

    Grey College: 15 Heinz Stockenström, 14 Siyabonga Kenny, 13 Ethan Adams, 12 Pieter van der Merwe, 11 Ruben Cilliers, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 Liam Santos, 7 Juliun Cosmo, 6 Xander Smit, 5 AJ Meyer, 4 Heinrich Theron, 3 Danie Kruger, 2 Liam van Wyk, 1 Dian Venter.

    Fixtures

    JA Kriel: 08:30 – Paarl Gimnasium u16 A vs Grey College u16 A; 09:45 – Paarl Gimnasium III vs Grey College III; 11:00 – Paarl Gimnasium II vs Grey College II; 12:15 – Paarl Gimnasium 1st XV vs Grey College 1st XV.

    Stofberg: 08:30 – Paarl Gimnasium u14 A vs Grey College u14 A; 09:30 – Paarl Gimnasium u15 A vs Grey College u15 A; 11:00 – Paarl Gimnasium IV vs Grey College IV.

    Oukraal: 08:15- Paarl Gimnasium V vs Grey College V; 09:30 Paarl Gimnasium VII vs Grey College VII; 10:45 – Paarl Gimnasium VI vs Grey College VI.

    Lemoenkloof: 08:15 – Paarl Gimnasium u16 D vs Grey College u16 D; 09:30 – Paarl Gimnasium u16 C vs Grey College u16 C; 10:45 – Paarl Gimnasium u16 B vs Grey College u16 B.

    Fonteintjie: 08:00 – Paarl Gimnasium u15 B vs Grey College u15 B; 09:00 – Paarl Gimnasium u15 D vs Grey College u15 D; 10:00 – Paarl Gimnasium u15 C vs Grey College u15 C.

    Dammetjie: 08:00 – Paarl Gimnasium u14 D vs Grey College u14 D; 09:00 – Paarl Gimnasium u14 C vs Grey College u14 C; 10:00 – Paarl Gimnasium u14 E vs Grey College u14 E; 11:00 – Paarl Gimnasium u14 B vs Grey College u14 B.

  • Boishaai seeking redemption in Stellenbosch

    Boishaai seeking redemption in Stellenbosch

    Paarl Boys’ High vs Paul Roos Gimnasium, 2023 | PHOTO: Charmaine Sander

    Paarl Boys’ High will be more fired up than ever to take on Paul Roos Gimnasium on Saturday in the second Sportsmans Warehouse Premier Interschools clash.

    They suffered a shock defeat to Wynberg Boys’ High at home last Saturday, and they still carry the scars from last season, when Paul Roos upset them at the Buco Brug Street Stadium. Those setbacks will be more than enough motivation as they seek to make a statement.

    Catch every moment of the action live on SuperSport Schools – Register nowLink to the match – Or tune in to DSTV Channel 216

    The Maroon Machine, meanwhile, has quietly put together another stellar season. Building on the success of their end-of-year tour to Ireland, the Paul Roos first team remains unbeaten this year.

    Their toughest challenge so far came at the NMI Toyota North-South Tournament where they bested the hosts, Affies, 30-25.

    Last weekend, their loose trio, Gert Kemp, Reuben Kruger and dual SA Schools’ representative and captain, Riley Norton, starred as they beat Rondebosch Boys’ High 38-17.

    In the only change to their starting 15, Gerrit van Vuuren replaces Luchwayito Mbaliswana at tighthead. The Boishaai team remains unchanged from the side that played against Wynberg.

    The Paul Roos victory in Paarl last year was the first time in 20 years that they had beaten Boishaai away, and they will be expecting a fierce response this weekend.

    Seven of the Paul Roos players – Kruger, Norton, Samuel Badenhorst, Keenan Stoffels, Jesse Stegehuis, Truspe Schoeman and Oliver Reid – who were part of that winning team, will be in action again on Saturday, while only Rubin Dames and Douw Wessels survive from the Paarl outfit.

    Reid starred in that win, powering over for two of his side’s tries as they outplayed Boishaai 35-17.

    Despite their shock defeat last weekend, Paarl Boys’ High should not be underestimated.

    A riveting performance against Garsfontein saw them emerge victorious by a narrow 38-36 margin, and they’re one of only two teams who have been able to tame the Jeppe first team this season.

    Flyhalf Viaan Mentoor has been a standout in their squad, along with Dames and their big hooker, Christiaan Grundling.

    Teams

    Paul Roos Gimnasium vs Paarl Boys’ High at 14:00

    Paul Roos Gimnasium: 15 Matthew Seymore, 14 Hugo Coetzee, 13 Matthew Kleyn, 12 Samuel Badenhorst, 11 Keenan Stoffels, 10 Joshua Dampies, 9 Adeeb Boraine, 8 Reuben Kruger, 7 Riley Norton, 6 Gert Kemp, 5 Jesse Stegehuis, 4 Truspe Schoeman, 3 Gerrit van Vuuren, 2 Altus Rabe, 1 Oliver Reid.

    Paarl Boys’ High: 15 Francois van der Merwe, 14 Aiden Jacobs, 13 Tristan Joubert, 12 Tristan Fransman, 11 Ashwin Swarts, 10 Viaan Mentoor, 9 Keagan Smith, 8 Douw Wessels, 7 Rubin Dames, 6 Anroux du Plessis, 5 Jayden Joubert, 4 Dian Smal, 3 Juan van der Merwe, 2 Christiaan Grundling, 1 Bernard du Toit.

    Fixtures

    Markötter: 08:00 – Paul Roos V vs Paarl Boys’ High V; 09:10 – Paul Roos IV vs Paarl Boys’ High IV; 10:20 – Paul Roos u16 A vs Paarl Boys’ High u16 A; 11:30 – Paul Roos III vs Paarl Boys’ High III; 12:40 – Paul Roos II vs Paarl Boys’ High II; 14:00 – Paul Roos 1st XV vs Paarl Boys’ High 1st XV.

    Meulsloot: 08:00 – Paul Roos X vs Paarl Boys’ High X; 09:10 – Paul Roos IX vs Paarl Boys’ High IX; 10:20 – Paul Roos VIII vs Paarl Boys’ High VIII; 11:30 – Paul Roos VII vs Paarl Boys’ High VII; 12:40 – Paul Roos VI vs Paarl Boys’ High VI.

    Doornbosch: 08:00 – Paul Roos u16 B vs Paarl Boys’ High u16 B; 09:10 – Paul Roos u16 E vs Paarl Boys’ High u16 E; 10:20 – Paul Roos u16 D vs Paarl Boys’ High u16 D; 11:30 – Paul Roos u16 C vs Paarl Boys’ High u16 C; 12:40 – Paul Roos u16 F vs Paarl Boys’ High u16 F.

    Riviersveld: 08:00 – Paul Roos u15 E vs Paarl Boys’ High u15 E; 09:00 – Paul Roos u14 A vs Paarl Boys’ High u14 A; 10:00 – Paul Roos u15 D vs Paarl Boys’ High u15 D; 11:00 – Paul Roos u15 B vs Paarl Boys’ High u15 B; 12:00 – Paul Roos u15 A vs Paarl Boys’ High u15 A; 13:00 – Paul Roos u15 C vs Paarl Boys’ High u15 C.

    Volkskombuis: 08:00 – Paul Roos u14 D vs Paarl Boys’ High u14 D; 09:00 – Paul Roos u14 F vs Paarl Boys’ High u14 F; 10:00 – Paul Roos u15 F vs Paarl Boys’ High u15 F; 11:00 – Paul Roos u14 C vs Paarl Boys’ High u14 C; 12:00 – Paul Roos u14 B vs Paarl Boys’ High u14 B; 13:00 – Paul Roos u14 E vs Paarl Boys’ High u14 E.

    Eikestad: 08:00 – Paul Roos u14 G vs Paarl Boys’ High u14 G.

  • Donkies wiks Framesby, Milnerton baas in Wellington

    Donkies wiks Framesby, Milnerton baas in Wellington

    PHOTO: Frans Lombard

    HTS Drostdy het verlede Saterdag tuisveldvoordeel ten volle benut teen Framesby.

    Die Donkies het met ‘n telling van 22-5 in Worcester geseëvier en sodoende ‘n ernstige waarskuwing gerig aan ander spanne wat vanjaar nog op Trappespark ‘n draai moet maak.

    Voor die omdraaislag het die tuisspan reeds ‘n voorsprong van 17-0 opgebou, danksy drieë deur senter, Aljay Skippers, en die vleuels, Adrian Vergotine en Berndedict George, voordat Johan van Zyl uiteindeklik die besoekers se rekening kort voor rustyd kon oopmaak.

    Vroeg in die tweede helfte was daar ‘n ernstige besering aan die besoekers se kant, maar daarna het hulle begeesterd teruggeveg om die lewe effens moeiliker te maak vir Drostdy. Die tuisspan se verdediging het egter die aanslag suksesvol afgeweer.

    Na nóg ‘n besering, wat die wedstryd vir ‘n geruime tyd onderbreek het, het Framesby nog ‘n hewige poging aanwend om bresse in Drostdy se verdediging te slaan. Dit het nogmaals niks opgelewer nie, met Drostdy se Rianzo van der Westhuizen wat instede vanaf omgekeerde besit die enigste drie van die tweede helfte gedruk het.

    Woensdag pak Drostdy vir Hexvallei, voor die groot kragmeting met hul buurskool, Worcester Gimnasium, op die 24ste April.

    Framesby sal hulself vinnig moet regruk vir nog ‘n strawwe bepaling wanneer hulle Saterdag vir Oakdale Landbou ontvang.

    In Wellington het Milnerton nóg ‘n hardverdiende sege van 17-14 behaal oor ‘n hardnekkige Hugenote-span.

    Die tuisspan het die skrums oordonder terwyl hul bul van ‘n agsteman en kaptein, Alrich Humphreys, en flank, Basson Truter, die bal met mening gedra het om hul span op die voorvoet te plaas. Milnerton het weereens egter oor eenvoudig té veel skietgoed agterlangs beskik.

    Drieë deur die groot flank, Cullen Ruiters, en vleuel, Keenen Johnson, wat verdoel is deur losskakel, Luke Daniels, het vir Hugenote tot binne drie punte van die besoekers se telling gebring, maar Chadwin Sellidon, Milnerton se losskakel, het sy span tot oorwinning gelei met ‘n drie, doelskop en strafdoel.

    Milnerton se ander drie is deur hul dinamiese agsteman, Joshua Vomberg, gedruk, met skrumskakel, Devon Damons, wat verdoel het.

    Na hul ‘n spogsege van 34-33 oor Rondebosch Boys’ High op die Tinkie Heyns en hierdie inspirerende vertoning teen ‘n sterk Hugenote-span in Wellington, ry Milnerton ‘n golf van momentum in die aanloop tot hierdie naweek se stryd teen Bishops Diocesan College.

    Die Biskoppe sal die Piley Rees-veld met alle mag verdedig, verál aangesien hulle hul 175ste bestaansjaar vier, maar Milnerton lyk oorgehaal vir nog ‘n paar opskuddings hierdie seisoen en daardie kragmeting beloof om hope opwinding te lewer.

    Puntemakers:

    HTS Drostdy 22 (17) – Drieë: Aljay Skippers, Adrian Vergotine, Berndict George, Rianzo van der Westhuizen. Doelskop: Josh Fourie. Framesby 5 (5) – Drie: Johan van Zyl.

    Milnerton 17 – Drieë: Chadwin Sellidon, Joshua Vomberg. Doelskoppe: Devon Damons, Sellidon. Strafdoel: Sellidon. Hugenote (Wellington) 14 – Drieë: Cullen Ruiters, Keenen Johnson. Doelskoppe: Luke Daniels (2).

    Ander tellings:

    o. 19 – SACS 54, Hoërskool Brackenfell 27; Hoërskool Bellville 29, Hoërskool Tygerberg 10; HTS Drostdy II 43, Frameby II 13; HTS Drostdy III 55, Framesby III 0; HTS Drostdy IV 34, Framesby IV 5; Hugenote II 31, Milnerton II 12; Hugenote III 22, Milnerton III 7; Hoërskool Tygerberg II 21, Hoërskool Bellville II 18; Hoërskool Bellville III 32, Hoërskool Tygerberg III 0; Hoërskool Bellville IV 24, Hoërskool Tygerberg IV 0.

    o. 16 – HTS Drostdy 47, Framesby 0; HTS Drostdy II 62, Framesby 0; Hugenote 20, Milnerton 3; Hugenote B 27, Milnerton B 5; Hoërskool Bellville 22, Hoërskool Tygerberg 21; Hoërskool Bellville B 14, Hoërskool Tygerberg B 10.

    o. 15 – HTS Drostdy 35, Framesby 5; HTS Drostdy B 35, Framesby B 10; HTS Drostdy C 50, Framesby 0; Hugenote 17, Milnerton 17; Milnerton B 32, Hugenote B 12; Hoërskool Bellville 30, Hoërskool Tygerberg 5; Hoërskool Tygerberg B 25, Hoërskool Bellville B 24; Hoërskool Bellville C 40, Hoërskool Tygerberg C 0.

    o. 14 – HTS Drostdy 24, Framesby 8; HTS Drostdy B 45, Framesby B 5; HTS Drostdy C 30, Framesby C 0; Hugenote 17, Milnerton 14; Hugenote B 20, Milnerton B 14; Hoërskool Tygerberg 35, Hoërskool Bellville 14; Hoërskool Bellville B 53, Hoërskool Tygerberg B 0; Melkbosstrand B 17, Hoërskool Bellville C 5.

     

  • Drieëvraat Dempsey dryf Brandfort tot oorwinning

    FOTO: Ri-Mari van Heerden

    Die Vrystaat B-liga het die afgelope naweek in Bloemfontein by Sand du Plessis afgeskop, met SPS Brandfort, Zastron en Reddersburg (Hendrik Potgieter) wat hul onderskeie veldtogte met goeie seges kon loods.

    Brandfort se groot agsteman, Greyven Dempsey, het vir die tweede naweek agtereenvolgens vier drieë ingeryg.

    Verlede week het Dempsey ‘n vierkuns behaal teen Hoërskool Heilbron in sy span span se wegholoorwinning van 48-6, en Saterdag was hy weer in die kollig toe Brandfort vir ‘n begeesterde Hoërskool Bloemfontein met 31-12 kon tem.

    Verlede jaar het die Brandfort-span ook gereeld hul agsteman ingespan om aanvalle af te rond, met Wehan Strydom wat een van hul voorste driedrukkers was. As Dempsey en sy pak hierdie tempo kan volhou behoort die Brandfort-manne vir nog heelwat vermaaklike rugby te sorg vanjaar.

    Gashere, Sand du Plessis, het die dag se aksie afgeskop met ‘n riller teen Jim Fouché se vierdes. Die kragmeting het ‘n wipplankstryd afgegee en met die omdraaislag het die tuisspan nog met 12-14 agtergeloop.

    Na ‘n aksiebelaaide tweede helfte was die besoekers steeds met twee punte voor, maar ‘n strafdoel in die doodsnikke deur Zander du Toit het vir sy span ‘n naelbytsege van 27-26 beklink. Keanu Rafferty het ook twee drieë bygedra om met die louere as Speler van die Wedstryd weg te stap.

    Zastron het met 51 punte teen geen met Bloemfontein South High School afgereken, met Magwethu Magidela wat ‘n driekuns behaal het.

    Reddersburg het ook ‘n indrukwekkende vertoning teen President Steyn gelewer om met 40-7 die botoon te voer. Stirling Batties, Reddersburg se binnesenter wat verlede seisoen reeds by die VKB Reitz-week as lid van die Vrystaat Kiewiete uitgeblink het, was weer op sy stukke met ‘n bydrae van 13 punte.

    Volgende naweek kom die spanne by St Andrew’s in Bloemfontein bymekaar, waar Brandfort en Zastron mekaar aanvat in wat vroeg in die seisoen reeds beloof om ‘n bepalende kragmeting te wees.

    Hoërskool Bloemfontein sal ook spoedig na die wenpad wil terugkeer wanneer hulle vir St Andrew’s op hul tuisveld die stryd aansê.

    Puntemakers:

    SPS Brandfort 31 (19) – Drieë: Greyven Dempsey (4), Cecil Lee. Doelskoppe: Amolang Maloisane. Hoërskool Bloemfontein 12 (5).

    Sand du Plessis 27 (12) – Drieë: Keanu Rafferty (2), NJ Oelofse, Siya Sebata. Doelskoppe: Zander du Toit (2). Strafdoel: Du Toit. Jim Fouché IV 26 (14).

    Zastron 51 (36) – Drieë: Mawethu Magidela (3), WG Rautenbach (2), Lechabile Leballo, Jacques-Philip Franzsen, Marthin Naude, Migael Burger. Doelskoppe: Leballo (3). Bloemfontein South 0.

    Reddersburg 40 (21) – Drieë: Boitshepo Nthipe, Waylon Strydom, Attie Melato, Tumi Pholoane, Stirling Batties, Pieter Jacobs. Doelskoppe: Batties (4), Enslin van Wyk. President Steyn 7 (0).

     

    Ander tellings:

    o. 16 – Zastron 19, Bloemfontein South 5.

    o. 15 – Reddersburg 24, President Steyn 19.

  • Oakdale Bulle baljaar op Riversdal

    FOTO: De Villiers Viljoen

    Die Hoër Landbouskool Oakdale het Saterdag op die plaas in Riversdal vir Stellenberg met 29-22 die loef afgesteek in ‘n rugbyskouspel wat in goeie gees gelewer is.

    Beleef al die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Nadat die twee spanne verlede seisoen by Stellenberg “sussies gesoen” het met 13-13, het albei ‘n kring om vanjaar se bepaling getrek as een van die hoogtepunte van die seisoen. Die Oakdale-bulle het hul tuisveld met mag en mening verdedig en kon net-net daarin slaag om die “Jade Brigade” met sewe punte te troef.

    Gedurende die eerste helfte het Oakdale die meerderheid van die balbesit en gebiedsvoordeel geniet, en ook daarin geslaag om dié voordeel in punte te omskep, aanvanklik deur hul staatmaker op senter, Kurt Coetzee, se stewel.

    Die tuisspan se eerste drie het gekom toe heelagter, Waylon Kortjie, op ‘n losbal geduik het, voordat die boere se opwindende jong loskopstut, Kai Pratt, vier Stellies-verdedigers afgestamp het om aan sy span ‘n 15-punt voorsprong te bied.

    Pratt het verlede jaar by die Grant Khomo-week as deel van die SWD-span reeds aandag getrek en bewys homself keer op keer vanjaar as ‘n speler om fyn dop te hou.

    Die besoekers het in die laaste sekondes van die eerste helfte uiteindelik hul rekening oop gemaak toe hul groot slot en kaptein, Dale du Toit, oorgebars het vir hul eerste drie en losskakel, Eben Rademan die ekstras bygevoeg het.

    Na die omdraaislag het Stellenberg hul ritme gevind en die Oakdale verdediging toenemend begin aanvat. Heelagter, Marco Staples, het die agterstand na 12-15 laat krimp met hul tweede drie, maar sy direkte opponent, Kortjie, het onmiddelik daardie drie uitgekanseleer toe hy in die hoekie oorgeduik het vir sy tweede van die dag.

    Die besoekers se voorspelers het die boere nogmaals laat sweet en, met sowat 20 minute oor, het hulle vir Almeiro Keizer oorgedryf om weer binne trefafstand te kom.

    Oakdale het egter weer onmiddelik reageer. Rademan se lynskop is afgestorm, CT Vosloo het balbesit vir die tuisspan herwin en, toe hy voor die doellyn platgetrek is, het Jannes Snyman afgerond om die buffer te herstel.

    Estian Steyn het nog ‘n skitterende drie vir Stellenberg gedruk, maar daar was eenvoudig nie genoeg speeltyd oor om Oakdale se vroeë voorsprong in te haal nie. Die boere kon dus nog ‘n teenstander se naam op die lys van spanne plaas wat vanjaar reeds teen hulle die knie moes buig.

    FOTO: De Villiers Viljoen

    Intussen het Worcester Gimnasium en Hoërskool Montagu die Boland se naam hoog gehou op die tuinroete.

    Die Gimmies het in Mosselbaai vir Hoërskool Punt met 22-15 verslaan, terwyl Montagu kon vasbyt vir ‘n oorwinning van 40-33 oor Hoërskool Oudtshoorn.

    Montagu se ster-losskakel, Ronaldo Koker, het Saterdag op binnesenter begin waar hy floreer het. Benewens die 20 punte wat hy eienhandig bygedra het, het hy heelwat slaankrag in die middeveld verleen.

    Die tuisspan het egter ook skitterend gevaar om die momentum te swaai, nadat hulle teen halftyd met 14-33 agtergeloop het.

    Puntemakers 

    Oakdale Landou 29 (15) – Drieë: Waylon Kortjie (2), Jannes Snyman, Kai Pratt. Doelskoppe: Kurt Coetzee (3). Strafdoel: Coetzee. Stellenberg 22 (7) – Drieë: Estian Steyn, Marco Staples, Almero Keizer, Dale du Toit. Doelskop: Eben Rademan.

    Worcester Gimnasium 22 – Drieë: Valentino Nomadluka, Ryan Jacobs, Luke Cupido, Elrenzo Swarts. Doelskop: Aiden Abrahams. Hoërskool Punt 15 – Drieë: Caleb Meyer, Dean Vorster. Doelskop: Gabbrielle Hinkman. Strafdoel: Meyer.

    Montagu 40 (33) – Drieë: Ronaldo Koker (2), Linden de Silva, Nazeer Ahmed, Peter-Wayne Soldaat, Algurvine Everson. Doelskoppe: Koker (5). Oudtshoorn 33 (14) – Onbekend.

     

    Ander uitslae

    o. 19 – Langenhoven Gimnasium 50, Hoërskool Langenhoven 19; Oakdale II 19 Stellenberg II 13; Worcester Gimnasium II 49, Hoërskool Punt II 0; Hoërskool Punt III 15, Worcester Gimnasium III 7; Hoërskool Punt IV 7, Worcester Gimnasium IV 7; Oudtshoorn II 24, Montagu II 7.

    o. 16 – Stellenberg 20, Oakdale 12; Worcester Gimnasium 24, Hoërskool Punt 22; Hoërskool Punt B 14, Worcester Gimnasium B 14; Montagu 26, Oudtshoorn 12.

    o. 15 – Stellenberg 14, Oakdale 8; Worcester Gimnasium 33, Hoërskool Punt 10; Worcester Gimnasium B 55, Hoërskool Punt B 12; Oudtshoorn 67, Montagu 5.

    o. 14 – Oakdale 10, Stellenberg 3; Worcester Gimnasium 45, Hoërskool Punt 0; Worcester Gimnasium B 66, Hoërskool Punt B 5; Oudtshoorn 39, Montagu 7.