SSPN Test Site

Author: wilouw

  • Onafgehandelde sake tussen Oakdale en Stellies

    Onafgehandelde sake tussen Oakdale en Stellies

    Stellenberg en Oakdale Landbou het ‘n appeltjie met mekaar te skil, en hierdie naweek kry hulle die kans om die sakie op Riversdal af te handel.

    Nadat die twee spanne verlede jaar gelykop gespeel het in die Kaap, sal albei oorgehaal wees om hierdie naweek die spogreg vir hul skool te verseker tot volgende jaar.

    Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    In 2023 het Stellenberg in die doodsnikke gedruk om die telling gelyk te laat trek op 13-13, en toe die doelskop misluk het was dit duidelik dat vanjaar se kragmeting ‘n bepalende hoogtepunt op albei spanne se roosters sou wees.

    Oakdale was blink uit die blokke hierdie seisoen, met ‘n paar indrukwekkende vroeë seges oor Rondebosch Boys’ High (17-13), Garsfontein (23-17) en Helpmekaar (41-24).

    Verlede naweek het die boere egter met 10-19 vasgeval teen die Hoër Jongenskool Paarl , so hulle sal uitsien na die geleentheid om weer terug te keer na die wenpad toe.

    Die Jade Brigade het ‘n reeks uiters strawwe bepalings agter die rug en hierdie naweek in Riversdal gaan geensins makliker wees nie.

    Verlede Saterdag het hulle naelskraaps met 22-24 teen SACS verloor, maar ‘n goeie vertoning hierdie naweek sal help om daardie nederlaag agter hulle te sit.

    Hulle toer egter sonder ster-heelagter, Dehan Neethling, wat in die vorige wedstryd ‘n besering opgedoen het. Marco Staples neem sy plek in die laaste vesting in, terwyl skrumskakel Carl van Eden ook geleentheid kry om in die no. 9-trui te begin.

    Die tuisspan sal verlig wees om heelagter, Waylon Kortjie, terug te hê, nadat hy verlede naweek op die reserwebank moes begin.

    Dit is die enigste verandering in die span wat teen Boishaai uitgedraf het en die Oakdale-bulle sal uitsien na die kans om te vergoed vir daardie terugslag.

    Intussen vind daar ook ‘n derby plaas tussen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn en Hoërskool Langenhoven in Riversdal, terwyl Montagu en Worcester Gimnasium vir Hoërskool Oudtshoorn en Hoërskool Punt pak.

    Oakdale Landbou t. Stellenberg om 13:10:

    Oakdale Landbou: 15 Waylon Kortjie, 14 Reinhardt Viljoen, 13 Lee-Winn Pretorius, 12 Kurt Coetzee, 11 Duraan Janse van Rensburg, 10 CT Vosloo, 9 Jandrian Goosen, 8 Erick Steyn, 7 Jannes Snyman, 6 Zack Wessels, 5 Roy Viljoen, 4 Ruan Swart, 3 Tiaan Turck, 2 Gustav van der Merwe, 1 Kai Pratt.

    Stellenberg: 15 Marco Staples, 14 Keagan Moses, 13 Luka Tonitz, 12 Ruben Pretorius, 11 Luc Cilliers, 10 Eben Rademan, 9 Carl van Eden, 8 Stefan Visser, 7 Remi September, 6 Alex Schoeman, 5 Dale du Toit, 4 Zian Erasmus, 3 Ryk Groenewald, 2 Almero Keizer, 1 Dean Janse van Rensburg.

    Ander bepalings

    o. 19: 13:40 –Hoërskool Punt t. Worcester Gimnasium; 12:15 – Montagu t. Oudtshoorn; 12:10 – Langenhoven Gimnasium t. Hoërskool Langenhoven.

  • Diamonds pak ervare Duineveld in Upington

    Na Diamantveld se suksesvolle sportdag teen Hoërskool Upington verlede naweek in Kimberley, pak die Diamonds Saterdag die Uppies se buurskool, Duineveld, in Upington.

    Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Die span van Kimberley lyk indrukwekkend vanjaar en kon laas naweek hul spiere bult met ‘n sege van 40-7 oor die besoekers van Upington.

    Die Velties het self ‘n spogsege behaal, deur vir Hoërskool Kalahari met 38-9 te kasty. Vroeër in die seisoen het die Upington-seuns ook so hittete vir ‘n uiters sterk Noordheuwel-span laat struikel by die Noord/Suid-toernooi, waar hulle naelskraaps met 32-33 verloor het.

    Arno Luttig, Alek Andrianatos en Gregon Jansen is drie van die tuisspan se spelers wat verlede jaar reeds aandag getrek het. Luttig het in 2023 Griekwas se Cravenweekspan gehaal, waar hy langs Kyle Taute, Heinrich Nel en FJ de Vries van Diamantveld gespeel het.

    Toe die twee spanne mekaar verlede jaar in Kimberley raakgeloop het was die Diamonds met 30-15 baas .

    Andrianatos, Jansen en Luttig was natuurlik deel van daardie Duineveld span, saam met Henry Page, Ethan van Zyl, Franco Erasmus, Wihan Liebenberg en Ethan Prins wat almal hierdie naweek weer in aksie is. Hulle sal graag die bordjies wil verhang met behulp van die tuisskare en hul ervare groep kernspelers.

    Die besoekers het egter ook van hul spelers van verlede seisoen oorgehou, met Taute, De Vries, Nel, Simon Liversage en Marno Greeff wat oorwinning oor die Velties gesmaak het.

    Duineveld t. Diamantveld om 13:30:

    Duineveld: 15 Gregon Jansen, 14 Jacquin Jasson, 13 Henry Page, 12 PJ Smit, 11 AJ Burger, 10 Ethan van Zyl, 9 Franco Erasmus, 8 Wihan Liebenberg, 7 Jandries Potgieter, 6 Alek Andrianatos, 5 Jan-Carel Claasens, 4 Arno Luttig, 3 Ethan Prins, 2 Philip van As, 1 Adriaan Botha.

    Diamantveld: 15 Kyle Taute, 14 Carel Viljoen, 13 Clinton Brits, 12 Simon Liversage, 11 Jonathan Harding, 10 Marno Greeff, 9 Ethan Manus, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Paul Cronje, 5 Zuan Rautenbach, 4 Daniël Kühn, 3 Heinrich Nel, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.

  • Paul Roos out to avenge 2022 loss at Rondebosch

    Photo: Frans Lombard

    After a shock defeat to Milnerton High School last weekend, Rondebosch Boys’ High will be eager for a strong bounce-back performance this weekend when they host Paul Roos Gimnasium.

    Watch the action live on SuperSport Schools – Register now Link to the match

    The Maroon Machine has been unstoppable so far this season and will be aiming for more of the same as they seek to ride the early season momentum they’ve built up. Two very impressive wins at the NMI North-South Tournament in Pretoria against Waterkloof (47-20) and the hosts, Affies (30-25), have put the Stellenbosch side firmly among the frontrunners this season.

    Their fine run of form began at the end of last year, when a large Paul Roos touring group visited Ireland, where they performed well and produced a perfect record.

    With their dual SA Schools’ star, Riley Norton, who captains the side, and dangermen, like Samuel Badenhorst, Keenan Stoffels and Gert Kemp, offering a myriad of attacking options, Paul Roos is primed for a special season.

    ‘Bosch, on the other hand, has already faced some tough challenges in 2024. They came up short against a fired-up Oakdale squad at the Wynberg Rugby Festival, going down by just four points, 13-17, and last weekend they let slip a 33-3 lead against Milnerton in the final 15 minutes to lose by one point.

    They have, however, also shown that they have ample firepower, too, with a strong showing at the Kearsney Easter Rugby Festival, where they were unbeaten, defeating Westville Boys’ High (31-10), Kearsney College (22-8) and Hoërskool Rustenburg (22-13) in their three matches.

    Alutha Wesi, who regularly runs out as a loose-forward, will start at inside centre this weekend. He takes on a massive defensive role trying to contain Badenhorst and Matthew Kleyn in the visitors’ midfield.

    The hosts will be in no doubt that they have a massive challenge ahead of them. They’ve only bested the Stellenbosch side twice before, with their match in 2011 ending in a 17-17 draw. However, the last time Paul Roos visited the Tinkie Heyns Field, in 2022, the hosts were victorious by 24 points to 12.

    Paul Roos turned the tables last year, scoring a comfortable 24-7 victory, but they’ll be looking to avenge that aforementioned loss in ‘Bosch’s backyard this weekend.

    Badenhorst, Keenan Stoffels, Reuben Kruger, Jesse Stegehuis, Truspe Schoeman and Oliver Reid were all in the team that beat Rondebosch last year on the Markötter Field in Stellenbosch.

    In Rondebosch’s squad for the weekend, David Simon and Dylan Miller switch places from last year’s match, when Simon ran out as fullback and Miller started in the no. 10 jersey. Apart from them, only Wesi, Tom Barnard and Justin Amos remain from the team that faced Paul Roos in 2023.

    Rondebosch Boys’ High vs Paul Roos Gimnasium at 12:10

    Rondebosch Boys’ High: 15 Dylan Miller, 14 David Kadima, 13 Randall-John Davids, 12 Alutha Wesi, 11 Shakeel Abrahams, 10 David Simon, 9 Caleb Belelie, 8 Joshua Neill, 7 Danil-Nicolas Oosthuizen, 6 Matthys du Plooy, 5 Tom Barnard, 4 Carl Geddie, 3 Matthew van der Merwe, 2 Justin Amos, 1 Luke Pretorius.

    Paul Roos Gimnasium: 15 Matthew Seymore, 14 Hugo Coetzee, 13 Matthew Kleyn, 12 Samuel Badenhorst, 11 Keenan Stoffels, 10 Joshua Dampies, 9 Adeeb Boraine, 8 Reuben Kruger, 7 Riley Norton, 6 Gert Kemp, 5 Jesse Stegehuis, 4 Truspe Schoeman, 3 Luchwayito Mbaliswana, 2 Altus Rabe, 1 Oliver Reid.

  • Kwaggas pak gekweste Grey in Bloem

    Foto: Frans Lombard

    Grey-kollege sal oorgehaal wees om hul naam in ere te herstel wanneer hulle hierdie naweek vir Hoërskool Outeniqua in Bloemfontein die stryd aansê.

    Na hul skoknederlaag vanjaar teen Jeppe (19-22) by die NMI Noord/Suid-toernooi, was Grey nog nie weer in aksie nie, maar die Kwaggas sal egter alte goed besef dat ‘n gekweste Grey-span in Bloemfontein ‘n groot bedreiging inhou.

    Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nouSkakel na die wedstryd

    Grey het verlede jaar na ‘n tawwe stryd in George as oorwinnaars uit die stryd getree. Die span van Bloemfontein het heelwat karakter getoon om ‘n voorsprong van 19-17 te verdedig, en om die res van die seisoen onoorwonne te bly.

    Vanjaar het Outeniqua reeds twee nederlae gely teen Noordheuwel (19-28) en Boland Landbou (13-15) voordat hulle kon hergroepeer om vir Pretoria Boys’ High (29-12) en Menlopark (37-17) te uitoorlê, maar ‘n sege teen Grey, in Bloemfontein, sal ‘n vroeë hoogtepunt van die seisoen wees.

    Keenan Jantjies, wat verlede jaar op linkervleuel vir die Kwaggas diens gedoen het, is vanjaar op heelagter in aksie, met die opwindende klein skrumskakel, Ellie Meyer, wat Saterdag in Bloemfontein op losskakel uitdraf. Meyer het vantevore al getoon dat hy oor die vermoë beskik om ‘n kragmeting met sy geoefende skopskoen te draai, so hy sal beslis ‘n speler wees om dop te hou.

    Jantjies is een van drie spelers in die besoekers se span wat verlede jaar ook teen Grey uitgedraf het. Die Kwaggas sal verder staatmaak op Michael Cronje en Juan Kleinhans se ervaring om voorlangs die Vrystaters te probeer tem.

    Heinrich Theron, Liam van Wyk en skoolkaptein, Pieter van der Merwe, is die drietal Grey-spelers wat verlede jaar ook in die wedstryd teen Outeniqua gespeel het.

    Die enigste veranderinge aan die span wat teen Jeppe verloor het is Heinz Stockenström, wat op heelagter begin, en Liam Santos, wat op agsteman gaan sak.

    Van der Merwe, wat verlede jaar die SA Skole A-span gehaal het, en die groot flank, Xander Smit, het uitgeblink in hul vorige wedstryde teen King Edward VII (51-16), Welkom Gimnasium (52-5) en Hoërskool Trio (38-3). Na die teleurstellende resultaat teen Jeppe, sal die hele Grey-span egter brand om hope trots te herwin.

    Die laaste keer wat Outeniqua vir Grey kon troef was in 2013, toe Duhan van der Merwe, Warrick Gelant en Dewald Human vir die Kwaggas tot ‘n sege van 22-20 gelei het. Die span van George het daardie seisoen slegs een keer verloor, toe hulle met 10-16 die knie gebuig het teen Paarl Gimnasium.

    Grey het daardie jaar ook teen Affies vasgeval met 31-37.

    Die spanne

    Grey-kollege t. Hoërskool Outeniqua om 13:45:

    Grey-kollege: 15 Heinz Stockenström, 14 Siyabonga Kenny, 13 Ethan Adams, 12 Pieter van der Merwe, 11 Ruben Cilliers, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 Liam Santos, 7 Juliun Cosmo, 6 Xander Smit, 5 AJ Meyer, 4 Heinrich Theron, 3 Danie Kruger, 2 Liam van Wyk, 1 Dian Venter.

    Outeniqua: 15 Keenan Jantjies, 14 Kerwinn Scott, 13 Reshaan Damans, 12 Luca Potgieter, 11 Xavier Solomans, 10 Ellie Meyer, 9 Jayzee Olivier, 8 Gareth Maree, 7 Ruart Curlewis, 6 Nicolas Duvenhage, 5 Michael Cronje, 4 Ruben Rossouw, 3 Juan Kleinhans, 2 Luan van der Sandt, 1 Deven Kleingeld.

    Die bepalings:

    Hoof: 08:30 – Grey-kollege V t. Fichardtpark II; 09:45 – Grey-kollege IV t. Outeniqua III; 11:00 – Grey-kollege II t. Outeniqua II; 12:20 – Grey-kollege III t. Fichardtpark; 13:45 – Grey-kollege t. Outeniqua.

    Ovaal: 08:30 – Grey-kollege o. 16 B t. Outeniqua o. 16 B; 09:45 – Grey-kollege o. 14 A t. Outeniqua o. 14 A; 11:00 – Grey-kollege o. 15 A t. Outeniqua o. 15 A; 12:20 – Grey-kollege o. 16 A t. Outeniqua o. 16 A.

    GCB A: 08:30 – Grey-kollege o. 15 B t. Outeniqua o. 15 B; 09:45 – Grey-kollege o. 15 D t. Fichardtpark o. 15 B; 11:00 – Grey-kollege o. 16 C t. Fichardtpark o. 16 A; 12:20 – Grey-kollege o. 15 C t. Fichardtpark o. 15 A.

    GCB B: 08:30 – Grey-kollege o. 14 D t. Fichardtpark o. 14 B; 09:45 – Grey-kollege o. 16 D t. Fichardtpark o. 16 B; 11:00 – Grey-kollege o. 14 C t. Fichardtpark o. 14 A; 12:20 – Grey-kollege o. 14 B t. Outeniqua o. 14 B.

  • Charlies pluk Arende se vere in Strand

    FOTO: Monya du Plessis

    Hoërskool Charlie Hofmeyr se eerstespan het die afgelope naweek momentum behou met nóg ‘n puik sege.

    Die span van Ceres trek weer vanjaar aandag met hul opwindende spel en het dié spelpeil voortgesit om vir Hoërskool Strand met 27-10 te klop. Die twee spanne het verlede seisoen gelykop gespeel.

    Beleef die wedstryd weer op SuperSport Schools – Registreer nouSkakel na die wedstryd

    Die weersomstandighede het sake vir albei spanne moeilik gemaak om hul spelpatrone uit te voer, maar dit was die besoekers wat vinnigste by die toestande kon aanpas. Philip du Plessis, Charlies se drieëvraat op binnesenter, het vroeg eerste bloed getrek om tussen die pale te druk.

    Die res van die eerste helfte was egter moeilik vir altwee spanne.

    Die twee stutte van Ceres, Duran Shiba en Aaron Richter, het die veld vol gespeel en met hul kragtige dryfspel vir Charlie Hofmeyr op die voorvoet begin plaas.

    Teen die einde van die eerste helfte het die besoekers ook meer balbesit geniet, maar klipharde verdediging deur, onder andere Wessel Cloete, Dewald Barnard en Chrismar Prinsloo, op Strand se doellyn, het die aanslag bly afweer.

    Kort voor rustyd het Luan Giliomee ‘n vlymskerp teenaanval vanuit sy eie kwartgebied geloods wat die Strand-verdediging ontbloot het vir skrumskakel, Izah Vin van Wyk, om Charlies se tweede drie te druk.

    In die doodsnikke van die eerste skof, het Strand-skrummie, Jayden Steenkamp, egter ook oorgeduik om sy span se rekening oop te maak en die rustydagterstand tot 5-14 te beperk.

    Die tweede helfte was net so taai, met albei spanne wat alles in die stryd gewerp het om bresse te probeer slaan in die opponente se verdediging.

    Ashraf Fanie het ‘n paar keer die bal met mening gedra vir Strand, maar niemand kon gedurende die eerste 22 minute na die omdraaislag enige gapings ontgin nie.

    Met die wind agter hom, het Giliomee oplaas die telbord laat aanskuif met twee netjiese strafdoele.

    Strand het weer teruggeslaan toe hul groot loskopstut, Wiehan Adams, oor die lyn kon bars, maar die span van Ceres het in die laaste vyf minute die sege beklink toe Zepinith Sass ore platgetrek het vir Charlie Hofmeyr se derde drie.

    Volgende naweek pak Charlies vir Hoërskool Hopefield, voor hul eerste tuiswedstryd, op 20 April, wanneer Hoërskool Bredasdorp kom besoek aflê.

    In Malmesbury het Hoërskool Swartland se losskakel, Carlo van der Merwe, sy span tot ‘n naelskraapse oorwinning van 26-24 gesool in ‘n klipharde kragmeting met Worcester Gimnasium.

    Die Gimmies het vier drieë teenoor die twee van die tuisspan gedruk, met agsteman, Ryan Jacobs, wat twee keer agter die lyn gaan kuier het, en Luke Cupido en Wilfred Slingers wat ook gedruk het.

    Van der Merwe het egter vier strafdoele oorgeklits om ‘n witwarm-Worcester Gim te pootjie.

    Volgende naweek meet die Malmesbury-seuns vir Hoërskool Robertson aan, voor hulle die 20ste April in Upington kragte teen Hoërskool Duineveld.

    Puntemakers:

    Hoërskool Charlie Hofmeyr 27 (14) – Drieë: Philip du Plessis, Izah Vin van Vyk, Zepinith Sass. Doelskoppe: Luan Giliomee (3). Strafdoele: Giliomee (2). Hoërskool Strand 10 (5) – Drieë: Jayden Steenkamp, Wiehan Adams.

    Hoërskool Swartland 26 – Drieë: Kailen Kotze, Liam Anthony. Doelskoppe: Carlo van der Merwe (2). Strafdoele: Van der Merwe (4). Worcester Gimnasium 24 – Drieë: Ryan Jacobs (2), Luke Cupido, Wilfred Slingers. Doelskoppe: Aiden Abrahams (2).

    Ander tellings:

    o. 19 – Strand II 28, Charlie Hofmeyr II 9; Strand III 32, Charlie Hofmeyr III 7; Swartland II 11, Worcester Gimnasium II 10; Worcester Gimnasium III 26, Swartland III 13; Swartland IV 25, Worcester Gimnasium IV 17.

    o. 16 – Strand 17, Charlie Hofmeyr 5; Swartland 18, Worcester Gimnasium 7; Swartland B 20, Worcester Gimnasium B 0.

    o. 15 – Strand 25, Charlie Hofmeyr 7; Strand B 24, Charlie Hofmeyr B 5; Worcester Gimnasium 19, Swartland 8; Worcester Gimnasium B 40, Swartland B 20.

    o. 14 – Strand 55, Charlie Hofmeyr 0; Strand B 59, Charlie Hofmeyr B 0; Swartland 18, Worcester Gimnasium 17; Worcester Gimnasium B 31, Swartland B 10; Wesbank A 38, Swartland C 19.

  • Sandveld-liga lewer spogrugby op

    FOTO: Jana Conradie

    Die Sandveld-liga het Saterdag afgeskop, met die eerste ronde bepalings wat reeds opwindende plattelandse rugby opgelewer het.

    Hoërskool Hoopstad se spelbreker op buitesenter, Hennie Barnard, het vir Wessel Maree Hoërskool eindelose kopsere besorg in Odendaalsrus. Barnard het ‘n kritieke driekuns behaal, asook ‘n verdere vyf punte met die stewel bygedra, in sy span se sege van 35-20.

    Die tuisspan het strawwe weerstand gebied, met hul besige klein skrumskakel, Lesego Monyaki, wat twee keer kon druk en binnesenter, Kabelo Olphant, wat ook vyf punte bygedra het, maar dit was nie genoeg om die span van Hoopstad te troef nie.

    Vuyo Nzunga, Hoërskool Bothaville se dinamiese heelagter, het 20 punte in hul wegholsege van 40-3 oor Hoërskool Hennenman aangeteken. Nzunga en haker, Paul Verwey, het elk twee drieë gedruk, terwyl eersgenoemde boonop met vyf doelskoppe geslaag het.

    Hoërskool Wilgerivier het hul veldtog ook met ‘n stewige vertoning afgeskop deur Hoërskool Riebeeckstad met 51-14 onder stof te loop. Marnus Swart het ‘n driekuns behaal en HG Muller het ook twee keer gedruk.

    Hoërskool Bultfontein het 29 punte sonder antwoord teen HTS Welkom aangeteken, met drieë deur Eddie Buys, AC Greyling, O’Ryan Oershon en Dylan Marais.

    Die liga hervat weer op die 20ste April met die tweede ronde bepalings.

    Puntemakers:

    Hoërskool Hoopstad 35 – Drieë: Hennie Barnard (3), FP Graeme, AP Meyer, Busi Mfebe. Doelskop: Barnard. Strafdoel: Barnard. Wessel Maree Hoërskool 20 – Drieë: Lesego Monyaki (2), Kabelo Oliphant. Doelskop: Junior Moroke. Strafdoel: Nthute Tsotsotso.

    Hoërskool Wilgerivier 51 – Drieë: Marnus Swart (3), HG Muller (2), Lihan Roets, Drihan Engelbrecht, Eduardu Muller, Thato Tsotetsi. Doelskoppe: Wian Muller (3). Hoërskool Riebeeckstad 14 – Drieë: Pule Sello, Lushaba Nhalanhla. Doelskoppe: Lerato Mangonjane.

    Hoërskool Bothaville 40 – Drieë: Paul Verwey (2), Vuyo Nzunga (2), Francois Rossouw, Chris Engelbrecht. Doelskoppe: Nzunga (5). Hoërskool Henneman 3 – Strafdoel: Travis van Wyk.

    Hoërskool Bultfontein 29 – Drieë: Eddie Buys, AC Greyling, O’Ryan Oershon, Dylan Marais, Deon du Toit. Doelskoppe: Nathan Booyse, Gideon Joubert. HTS Welkom 0.

    Ander tellings:

    B-liga: St Anne’s Technical 20, Theunissen 0; Salomon 31, Winburg 26; Sandveld 17, Welkom High 12.

    o. 16 – Bultfontein 17, HTS Welkom 12; Bothaville 64, Henneman 0; Wilgerivier 42, Riebeeckstad 0; Hoopstad 40, Wessel Maree 12.

    o. 15 – Bultfontein 21, HTS Welkom 0; Bothaville 38, Henneman 5; Wilgerivier 39, Riebeeckstad 5; Hoopstad 17, Wessel Maree 10.

     

  • Tosi dots down twice as Parel Vallei downs DF Malan

    Photo: Olga Tosi

    DF Malan laid down a challenge to Parel Vallei in Somerset West on Saturday, but the hosts successfully defended their turf, thanks to intelligent play and the exciting young talent making its way through their ranks.

    With a strong wind at their backs in the first half, Parel Vallei built up an 11-point buffer which they protected through good game management after the break.

    Flyhalf Shudley Rhoda pulled the strings with his intelligent kicking and his scrumhalf, Michael Kent, also made his presence felt.

    It was, however, their new dangerman, Renato Tosi, who earned his first cap for Parel Vallei at the Oakdale Klein Karoo Saadproduksie Rugby Week, who stole the show.

    The big no. 8 overpowered DF Malan’s defenders to score two tries as Parel Vallei recorded a well-deserved 10-point victory at home.

    The visitors did their utmost to fight back in difficult conditions, but it wasn’t enough to pull back the lead the Bulldogs had accrued in the first half.

    After a busy Easter, Parel Vallei has a welcome break on the forthcoming weekend before they welcome Hoërskool Tygerberg on 20 April.

    Robertson put on another exciting show of rugby for their home fans as they beat an in-form Montagu.

    Bernardo Diedericks, the Robbies’ star centre, played a blinder, slotting two penalties and a massive drop goal for nine crucial points.

    Montagu vice-captain Ronaldo Koker‘s perfect conversion rate gave his side 21 points, after tries by Chadwin Lottering, Linden de Silva and Xolani Yanta, but the hosts had too much firepower on the day.

    Stephen Kent, Roberto Koert and Groban van Wyk crossed the whitewash for Robertson, and flyhalf Jaydan van Niekerk also added seven off the kicking tee.

    Meanwhile, HTS Drostdy flexed their muscles in Wellington, cruising to a 46-10 victory over Hugenote, despite facing similar windy conditions.

    Scorers

    Parel Vallei 28 (21) – Tries: Renato Tosi (2), Michael Kent, Shudley Rhoda. Conversions: Rhoda (4). DF Malan 18 (10) – Tries: Xavier von Stein, Divan du Preez, Liam Greeff. Penalty: Eben Bester.

    Piketberg 33 – Tries: Jasper Smit (2), Gelemore Baron, Redowin Booise, Requin Lesch. Conversions: Lesch (3). Curro Langebaan 12 – Tries: Joshua Paddock, Christiaan Rossouw. Conversion: Dequinne de Bruyn.

    Robertson 31 (11) – Tries: Stephen Kent, Roberto Koert, Groban van Wyk. Conversions: Jaydan van Niekerk (2). Penalty: Van Niekerk, Bernardo Diedericks (2). Drop goal: Diedericks. Montagu 21 (7) – Tries: Chadwin Lottering, Linden de Silva, Xolani Yanta. Conversions: Ronaldo Koker (3).

     

    Other results

    u19 – HTS Drostdy 46, Hugenote 10; Hoërskool Punt 22, Hoërskool Langenhoven 10; Fish Hoek 39, Faibarn College 3; Monument Park 26, Parow 23; Parel Vallei II 26, DF Malan II 7; Robertson II 25, Montagu II 5; DF Malan III 17, Parel Vallei III 3;

    u16 – Parel Vallei 12, DF Malan 5; Robertson 27, Montagu 20.

    u15 – Parel Vallei 24, DF Malan 10; Robertson 20, Montagu 10; Parel Vallei B 12, DF Malan B 0; Robertson B 36, Montagu B 7;

    u14 – Parel Vallei 33, DF Malan 7; Montagu 22, Robertson 12; DF Malan B 29, Parel Vallei B 5.

  • Welkom Gim witwarm teen Witteberg

    Foto: Ilsé Photography

    Welkom Gimnasium het Saterdag in Bethlehem vir Hoërskool Witteberg met 34-3 gelooi.

    Die Gimmies het verlede jaar in Welkom met 41-19 koning gekraai, maar rotsvaste verdeging het beteken dat Witteberg vanjaar slegs drie punte, deur losskakel, Sydwell Sethi, kon aanteken.

    Renaldo Kiewiet was aan die spits van die Welkom aanslag met een van sy kenmerkende skepskoppe, en ‘n verdere 11 punte danksy ‘n drie en drie doelskoppe.

    Die “Swarttruie” se dinamiese agsteman, Ethan Jones, het die veld aan die brand gespeel en twee drieë bygedra, terwyl Bokang Lenenyeho en Terence Tsholo elk ook gedruk het om die sege te beklink.

    Die Landboudal-boere het in Bloemfontein met die tuisspan geploeg in hul sege van 43-12 oor Hoërskool Sentraal.

    Daardie wedstryd is beskikbaar om weer te kyk op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Jannie de Waal, die Lanties se sneller op vleuel, het die Bloemfonteinse verdeging twee keer oopgekloof vir drieë, terwyl heelagter, Marius Etzebeth, 13 punte aangeteken het met ‘n drie en vier doelskoppe.

    Hoërskool Brandfort se bul-agsteman, Greyven Dempsey, het nie minder nie as vier van sy span se drieë in hul oorwinning van 48-6 oor Hoërskool Heilbron gedruk.

    Hoërskool Hentie Cilliers het ook beïndruk om van 7-10, teen halftyd, terug te baklei om vir Goudveld-Hoërskool met 19-15 die loef af te steek.

    Puntemakers:

    Welkom Gimnasium 34 – Drieë: Ethan Jones (2), Renaldo Kiewiet, Bokang Lesenyeho, Terence Tsholo. Doelskoppe: Kiewiet (3). Skepskop: Kiewiet. Hoërskool Witteberg 3 – Strafdoel: Sydwell Sethi.

    Landboudal 43 (22) – Drieë: Jannie de Waal (2), Jan-Louis Nel, Regard Scheepers, Gustav Nel, Simeon de Klerk, Marius Etzebeth. Doelskoppe: Etzebeth (4). Hoërskool Sentraal 12 (5) – Drieë: Van Zyl Hetzel; Marnus Earle. Doelskop: Jayden Betty.

    Hoërskool Hentie Cilliers 19 (7) – Drieë: Ashwon Mellen, Mosa Sesedi, Itumeleng Koqo. Doelskoppe: Rorisang Marumo, Joze Draaghoender. Goudveld-Hoërskool 15 (10) – Drieë: Caleb Lottering, Heinru Carstens. Doelskop: Ruben Crous. Strafdoel: JM Rensburg.

    SPS Brandfort 48 (19) – Drieë: Greyven Demspey (4), Xander van Heerden (2), Amolang Maloisane, Altus Coetzee. Doelskoppe: Maloisane (4). Hoërskool Heilbron 6 (6).

    Hoërskool Duineveld 38 – Drieë: Gregan Jansen (3), Adriaan Botha (2), Ethan van Zyl. Doelskoppe: Van Zyl (4). Hoërskool Kalahari 9.

  • Lightning doesn’t strike twice as Fichies turn the tables on JF

    Photo: Kulu Ferreira

    Fichardtpark came out on top after a dramatic battle against their Bloemfontein rivals, Jim Fouché, on Saturday.

    The match had all the elements to be a classic, but in an added twist, the weather in the Free State had the last say as the game was cut short because of lightning.

    Catch all the action again on SuperSport Schools – Register nowLink to the series

    Last year, Fichardtpark beat JF 39-33, when the sides met for the first time, but the Green Machine got one back over the Fichie Lions in the Free State League final, ending their southern Bloemfontein rival’s unbeaten season by a 31-25 margin.

    On Saturday, Marno Smith scored the opening try for Fichies after a great charge forward by his loosehead prop, Zaine van Zyl. Van Zyl looks like a much-improved player since he began playing for the first team in 2023, and he will have a big role to play throughout the rest of the season as one of the seniors in this year’s squad.

    Big outside centre, Duan Viviers, then turned on the afterburners to chase down an intelligent kick forward by Fichardtpark’s captain, Devanté Claasen, to give his side a commanding 12-3 lead after the first quarter of an hour.

    Despite the scoreline, JF enjoyed plenty of possession and their backline kept the hosts busy throughout the first half.

    Flyhalf Alldrick Johnson opened their account with a penalty goal and his side kept asking questions of the home team until Ian Nel was the beneficiary when the Green Machine mauled their way over the try line for their first five-pointer.

    The neighbours kept exchanging blows until, just before the half-time whistle, MJ Hattingh barrelled over to give Fichardtpark a seven-point lead at the break.

    Van Zyl was rewarded for his hard work when he scored the first try after the restart to put his side 14 points clear of the visitors.

    With only 14 minutes left to play, Breyten de Wee clawed one back for JF against his old school. Before they could attempt the conversion, however, the players were asked to leave the field because of an approaching lightning storm and the game was brought to a premature close with Fichardtpark leading 24-15.

    Cecil Parsons in action for Voortrekker against Fichardtpark | Photo: Willie Kruger

    After going into half-time 19-15 ahead in Kroonstad, Voortrekker, from Bethlehem, doubled their score in the second 35 minutes while keeping the hosts, Hoërskool Trio, scoreless.

    Trio had some success through their forwards in the early going, with both props, Dandré Bloem and Juandré Vorster crossing the line and their flyhalf Byron Biennas making further inroads on the scoreboard from the tee.

    The Trekkers, however, upped the ante in the second period of play and outmuscled Trio.

    Their big Craven Week tighthead, Cecil Parsons, scored a brace as they asserted their dominance over the Kroonstad outfit.

    Despite unexpectedly slipping up against a fired-up Diamantveld in their opening match of the series, the team from Bethlehem is definitely one of the sides to watch out for this season.

    Last year, they were crowned the overall champions of the Wesgrow Series, but they’ll have their sights set on the u19 A division this year, which Fichardtpark claimed in 2023 with their unbeaten run.

    The Trekkers made a statement at the NMI Toyota North-South Tournament this year when they beat Helpmekaar 20-19.

    With exciting talents like hooker Arnold Ras, no. 8 Dawie Fourie, and their flying fullback Kaneng Komane among the many players in their lineup capable of punishing the opposition, the Bethlehem boys are sure to deliver excitement on the park.

    Scorers

    Fichardtpark 24 (17) – Tries: MJ Hattingh, Zaine van Zyl, Marno Smith, Duan Viviers. Conversions: Devanté Claasen (2). Jim Fouché 15 (10) – Tries: Ian Nel, Breyten de Wee. Conversion: Alldrick Johnson. Penalty: Johnson.

    Voortrekker 38 (19) – Tries: Cecil Parsons (2), Tristan Meyer, Karabelo Chaka, Frederik Fourie, Dawie Fourie. Conversions: Christiaan van der Sandt (4). Hoërskool Trio 15 (15) – Tries: Dandré Bloem, Juandré Vorster. Conversion: Byron Biennas. Penalty: Biennas

    Other results

    u19 – Fichardtpark II 32, Jim Fouché II 26; Jim Fouché III 33, Fichardtpark III 13; Voortrekker II 28, Trio II 19; Voortrekker III 24, Trio 3.

    u16 – Fichardtpark 17, Jim Fouché 10; Voortrekker 43, Trio 7; Voortrekker B 29, Trio B 7.

    u15 – Jim Fouché 15, Fichardtpark 10; Jim Fouché B 31, Fichardtpark B 0; Trio 45, Voortrekker 0; Trio 24, Voortrekker 7.

    u14 – Fichardtpark 24, Jim Fouché 14; Fichardtpark B 43, Jim Fouché B 0; Voortrekker 48, Trio 7; Voortrekker B 29, Trio 0.

  • Muller-driekuns knak Boland Landbou

    FOTO: Frans Lombard

    ‘n Driekuns deur Paarl Gimnasium se opwindende jong buitesenter, Markus Muller, het ‘n oortuigende sege van 47-13 oor hul aartsvyande van die Agter-Paarl, Hoër Landbouskool Boland, Saterdag op die J.A. Kriel-veld beklink.

    Beleef die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

    Muller het binne die eerste 10 minute die tuisspan aan die stuur van sake gesit, toe hy ‘n drietal Boland-verdedigers gefnuik het om die eerste punte aan te teken.

    Sy tweede drie het kort voor halftyd gevolg om aan die Gimmies ‘n rustydvoorsprong van 19-8 te bied, en na die omdraaislag het hy sy driekuns voltooi.

    Die besoekers se blitsige heelagter, Lyle lewis, het hul rekening oopgemaak en hul ster-losskakel, Retagen van Rooi, het ‘n strafdoel oorgeklits om hulle binne trefafstand te hou, maar dit was die tuisspan wat die pas van meet af aangegee en gehandhaaf het.

    Die Paarl se reuse pak voorspelers het die boere oorrompel, met stutte, Ely Williams en JJ du Preez, wat elk met ‘n drieë beloon is.

    Heelagter, Freek de Kock, het ook ‘n skitterende vertoning gelewer, deur ses van sy span se drieë te verdoel en self ook agter die doellyn te gaan kuier vir ‘n bydrae van 17 punte.

    Boland het in die laaste minuut daarin geslaag om punte by hul totaal te voeg toe Juan Swart, met behulp van sy sentermaat, Danté Christians, oorgebeur het vir ‘n troosdrie, maar teen daardie tyd was die koeël lankal reeds deur die kerk.

    Die Gimmies lyk soos dié span om te klop hierdie seisoen. Hulle vertoon vroeg reeds soos ‘n goed geoliede masjien, en die uitslag teen ‘n bekwame Boland Landbou behoort as ‘n waarskuwing te dien vir die res van hul teenstanders vanjaar.

    Met opwindende spelbrekers soos Muller, wat verlede jaar reeds by die Grant Khomo-week naam gemaak het, en die ervare Kobus Blanckenberg, wat in 2023 al vir die eerstespan uitgeblink het, aan die spits van die Paarl-aanslag, asook ‘n pak voorspelers wat met enige ander skolespan in die land kan saamgesels, lyk die Gimmies vanjaar soos ‘n bul-span.

    Puntemakers:

    Paarl Gimnasium 47 (19) – Drieë: Markus Muller (3), Freek de Kock, Jan Koegelenberg, Ely Williams, JJ du Preez. Doelskoppe: Freek de Kock (6). Hoër Landbouskool Boland 13 (8) – Drieë: Lyle Lewis, Juan Swart. Strafdoel: Retagen van Rooi.

    Ander uitslae:

    o. 19 – Paarl Gimnasium II 12, Boland Landbou II 10; Paarl Gimnasium III 27, Boland Landbou III 19.

    o. 16 – Paarl Gimnasium 22, Boland Landbou 8; Paarl Gimnasium B 52, Boland Landbou 0.

    o. 15 – Boland Landbou 14, Paarl Gimnasium 9; Paarl Gimnasium B 11, Boland Landbou B 9.

    o. 14 – Paarl Gimnasium 18, Boland Landbou 10; Paarl Gimnasium B 22, Boland Landbou B 14.