SSPN Test Site

Author: wilouw

  • Welkom Gim to tackle Grey College in Bloemfontein

    Welkom Gimnasium travels to Bloemfontein to lock horns with Grey College on Saturday in an early-season showdown, which will give both schools an opportunity to fine-tune their strategies and combinations before the 2024 season gets underway in earnest.

    Watch the match live on SuperSport Schools – Register now Link to the game

    Both sides hit the ground running last weekend at the annual President Steyn Sports Day, with Grey beating Hoërskool Trio 40-3 and Welkom Gimnasium, after finding their rhythm in the second half, beating Jim Fouché 31-13.

    Grey will appreciate an opportunity to test their defence against the exciting style of play the boys from Welkom offer and, while the odds are heavily stacked in the home team’s favour, the visitors will relish a chance to show what they’ve got against a team of Grey’s calibre.

    Pretorius Ekeji had a great game on the wing in Grey’s first outing, and Siyabonga Kenny, who impressed at the Grant Khomo Week last year, joins him on the opposite end of the backline this weekend.

    A late injury to Danie Kruger means Emile McGeer gets the start in the front row.

    With fullback, Thristan Maree, who played a big part in keeping Grey’s opponents from crossing the try line last weekend, in the mix as well, the Gimmies will need to produce something special to unlock any space.

    Players like Renaldo Kiewiet (flyhalf), Ethan Jones (eighth man) and Jayden Auld (lock) have all shown their ability to do just that, and Kiewiet will remember his last outing against Grey, where he left defenders grasping at air to score a try from 60m out.

    Still, Grey won that match comfortably, by 71-21, and they’ve continued their dominance ever since, with their last loss coming in the final of the 2022 World School’s Festival against the Kiwi representatives, Hamilton Boys’ High. Since then, the proud rugby school has shown no signs of slowing down, and in 2023 they tore through their competition.

    School captain and star centre, Pieter van der Merwe, will make sure that his side stays focussed against the visiting Gimmies before they set their sights on the North/South Rugby Festival. In Pretoria, they’ll face Jeppe on 22 March and King Edward VII on 25 March.

    Welkom Gim are also in action at that event, against EG Jansen and Nelspruit respectively. Before that, however, they have two tough outings against Glenwood and Monument.

    Grey College vs Welkom Gimnasium at 11:00

    Grey College: 15 Thristan Maree, 14 Pretorius Ekeji, 13 Darius Erwee, 12 Pieter van der Merwe, 11 Siyabonga Kenny, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 David du Toit, 7 Juliun Cosmo, 6 Xander Smit, 5 AJ Meyer, 4 Heinrich Theron, 3 Emile McGeer, 2 Liam van Wyk, 1 Dian Venter.

    Welkom Gimnasium: 15 Dyllan Kemp, 14 Terence Tsolo , 13 Joshua Coertzen, 12 Jayden Weideman, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Revaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirsten, 6 Revaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Diekie Beuken, 3 Zander Olivier, 2 Kganya Molalo, 1 Buhle Mphaka.

  • Wesgrow-reeks skop af met Diamantveld teen Voortrekker

    Wesgrow-reeks skop af met Diamantveld teen Voortrekker

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Die Wesgrow Sentrale Sportreeks skop hierdie Saterdag af waneer Voortrekker Hoërskool vir Hoërskool Diamantveld te Kimberley die stryd aansê in die eerste bepaling van die jaar.

    Die wedstryde word regstreeks uitgesaai op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd

    Die skool van Bethlehem bied ‘n trotse sportprogram aan en het verlede jaar as algehele reekswenners geëindig, maar hulle sal graag ook die o. 19 A rugby-trofee vanjaar ‘n nuwe staanplek wil gee, nadat Hoërskool Fichardtpark se eerstespan in 2023 met ‘n onoorwonne rekord in die reeks die kroon gedra het.

    Diamantveld is vanjaar onder ‘n splinternuwe bestuur wat Saterdag hul eerste smakie van die kompetisie sal kry, maar met staatmakers soos die dinamiese senter, Simon Liversage, in hul geledere sal die tuisspan vir geen uitdaging terugdeins nie.

    Liversage het die afgelope week nog die leisels geneem vir die Diamonds se eerste krieketspan toe hulle in die Motheo o. 19 T20 Superliga-eindstryd teen Grey se tweedes die knie gebuig het. Hy het verlede jaar reeds aandag getrek met sy skitterspel vir Griekwas by die Akademieweek, voordat hy in Desember ook vir die SA Colts-krieketspan gekies is na sy vertoning by die Khaya Majola-toernooi.

    Die vleuel, Kyle Taut, en stut, FJ de Vries, het die Diamante by die Cravenweek verteenwoordig, saam met Achilles de Jager wat Saterdag ‘n impak van die reserwebank af sal wil maak.

    Die Trekkers kom egter met hul eie korps spelers wat al in 2023 op o. 19-vlak uitgeblink het. Cecil Parsons (stut) en Tumi Khoza (heelagter) het die Griffons se Cravenweekspan gehaal, terwyl van hul jong Grant Khomo-sterre van verlede jaar ook nou hul staal in die eerstespan sal wil toets, met Theo van Wyk op flank en AJ Myburg wat as ‘n plaasvervanger kan opkom.

    Voortrekker het verlede seisoen die Diamonds met 46-17 in Bethlehem afgeransel, en sal hul veldtog met nog so ‘n oortuigende sege wil afskop in Kimberley hierdie naweek.

    Die Spanne (Afskop: 14:10)

    Diamantveld: 15 Kyle Taut, 14 Carel Viljoen, 13 Jonathan Harding, 12 Simon Liversage, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marno Greeff, 9 Ethan Manus, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Stiaan van Loggerenberg, 5 Zuan Rautenbach, 4 Daniel Kuhn, 3 Dian Ellis, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.

    Reserwes: 16 Achilles de Jager, 17 Heinrich Nel, 18 Bernard Daniels, 19 Janco Engelbrecht, 20 Paul Cronje, 21 Dirk van Heerden, 22 Charl Swanepoel, 23 Driaan Jacobs.

    Voortrekker: 15 Tumi Khoza, 14 Kamohelo Moses, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Karabelo Chaka, 10 Kaneng Komane, 9 Christian van der Sandt, 8 Dawid Fourie, 7 Theo van Wyk, 6 Attilla Ozturk, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.

    Reserwes: 16 Wian Muller, 17 AJ Ferreira, 18 AJ Myburgh, 19 Pieter Viljoen, 20 Wian Fourie, 21 Nolen du Plooy, 22 Ompile Pete, 23 Karabo Ramaloehla.

  • Durbies veg terug vir Sammy Bloch-kroon

    Hoërskool Durbanville 1ste XI (Foto verskaf)

    Nadat Hoërskool Stellenberg verlede naweek koning gekraai het in hul interskole-kragmeting met Hoërskool Durbanville, kon die Durbies die bordjies verhang om Woensdag die WPNS Sammy Bloch-reeks in te palm.

    Dit het oudergewoonte ‘n titaniese stryd afgegee tussen hierdie twee trotse spanne.

    Lohann Pretorius en Arno Koen het vroeg verwoesting gesaai onder die Durbie-kolwers, om hulle tot 39/6 te beperk.

    Pretorius het in die eerste boulbeurt reeds drie kolwers teruggestuur na die kleedkamer toe, om die teenstanders onder enorme druk te plaas.

    Pierre du Toit het egter die momentum geswaai met ‘n skitterende beurt van 55 lopies, voordat Jan-Jak Alberts sy paaltjies geëis het.

    Tobias Roelofse het ook goed gevaar om 36 van die Stellenberg-aflewerings te absorbeer, voordat Pretorius sy vierde paaltjie vir die dag geneem het.

    Calla du Toit het met ‘n onoorwonne beurt van 23 lopies, ‘n vennootskap van 46 lopies met Pierre du Toit bewerkstellig om hul span ‘n broodnodige hupstoot te gee teen die einde van die beurt.

    Roelofse het vroeg in Stellenberg se kolfbeurt teruggeslaan om die eerste paaltjie te laat kantel, en Calla du Toit (3/10) en Jan Kriel (2/17) het verder verseker dat die res van die kolwers nooit hul ritme kon vind nie.

    Dit was slegs Yiva Dwaleni wat, op agt, enige weerstand kon bied. Hy het vier grenshoue gemoker en ‘n manhaftige 35 lopies aangeteken om sy span tot binne 14 lopies van die Durbies se totaal te kry.

    Xander van Aarde het egter met die laaste bal van die wedstryd sy paaltjies getref om die sege netjies af te rond vir die Durbies en die Sammy Bloch-titel te verower.

     

    Beknopte telkaart:

    Hoërskool Durbanville: 115/8 (Pierre du Toit 55, Calla du Toit 23*; Lohann Pretorius 4/61, Arno Koen 2/32). Hoërskool Stellenberg: 101 (Yiva Dwaleni 35; Calla du Toit 3/10, Jan Kriel 2/17). Durbanville wen met 14 lopies.

  • Fichies gereed om 40ste in styl te vier

    Fichies gereed om 40ste in styl te vier

    FOTO: Dirkie Groenewald

    Hoërskool Fichardtpark het in 2023 nie alleen aandag getrek met ‘n skitterseisoen nie, maar ook die geskiedenisboeke herskryf deur hul eerste SA Skole-speler op te lewer.

    Met die nuwe seisoen om die draai, is die Bloemfonteiners oorgehaal om te wys dat dit ‘n aanduiding was van wat nog kom, eerder as ‘n uitsondering.

    Die Fichies sal nietemin van die eerste afskop reeds getoets word, met ‘n strawwe lys van bepalings vroeg in die seisoen.

    Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

    Die eerste skote sal klap tydens hul jaarlikse sportdag eerskomende Saterdag, 2 Maart, waar hulle vir Hoërskool Wesvalia die stryd aansê, voordat hulle op die 12 en 16 Maart die verdediging van hul Wesgrow-titel afskop met twee wegwedstryde teen Goudveld-Hoërskool en Voortrekker Hoërskool.

    Vanjaar se Nashua Fichardtpark-sportdag is egter ‘n spesiale herdenking vir die skool, wat hul 40ste bestaansjaar vier. Daar sal ‘n magdom oudleerders en ondersteuners opdaag om hul span vir die eerste wedstryd van die jaar aan te moedig. Dit is ook die Leeus se enigste tuiswedstryd tot en met 20 April, wanneer hulle tuis teen Hoërskool Sentraal te staan kom.

    ‘n Paar van verlede jaar se uitblinkers kan in 2024 weer die Fichie-trui oor hul kop trek. Devanté Claassen, hul spelbreker op skrumskakel wat verlede jaar die Vrystaatse Cravenweek-span gehaal het, sal weer ‘n sentrale rol hê om te vervul.

    Jaco Grobbelaar het by daardie Cravenweek-toernooi geskiedenis gemaak as die eerste Fichardtpark-speler om vir die SA Skole-span gekies te word, en sy makkers wat vanjaar weer ‘n kans staan, sal hul beste wil lewer om in die groot slot se voetspore te volg.

    Jannel du Plessis (flank), Zaine van Zyl (stut), Nathan Swanepoel (stut), Tumelo Leputla (agsteman), MJ Hattingh (haker), Duan Viviers (senter), Martin Kalp (senter) en Pule Motsilili (veelsydige agterspeler) se ondervinding van verlede seisoen sal ook die span van Bloemfontein ‘n hupstoot bied wanneer hulle poog om die sukses van 2023 te herhaal.

    Swanepoel en Leputla was by die vorige Akademieweek vir die Vrystaat in aksie, en sal van die Fichie-spelers wees wat mik daarna om hierdie seisoen ‘n plek by die Cravenweek los te speel.

    Dan is daar ook van die jonger spelers, soos Buko Mlali en Junior Titoti, wat albei uitgeblink het by die Grant Khomo-week as o. 16-spelers en hierdie jaar hul plek in die eerstespan sal wil verdien.

    Die afrigtingspan bestaan uit Jaco Kotze (direkteur van rugby en agterlyn-afrigter), Zandré Pienaar (hoofafrigter), André Burger (voorspeler-afrigter) en Frans Sisita (verdedigings-afrigter), wie se taak dit is om die Leeus deur nog ‘n opwindende seisoen te begelei, met die oog op deurlopende ontwikkeling.

    “Ons wil aanhou die sport bou, deur die bank met al ons spanne, sodat ons ook teen die groter skole in die land geleenthede kan kry,” vertel Burger oor hul doelwitte vir die jaar.

    Verlede jaar het die Fichies ‘n skitterende Wesgrow-reeks beleef, waarin hulle onoorwonne geëindig het om die titel te verower. Kort daarna het hulle egter vir die eerste keer in die seisoen vasgeval in die Vrystaatse A Liga-eindstryd teen aardsvyande, Hoërskool Jim Fouché.

    Daar sal dus selfs meer trots op die spel wees wanneer die buurskole mekaar weer vroeg in April in die Rosestad pak.

    Die bepalings: 

    [ninja_tables id=”36138″]

  • Grey-tweedes is Motheo T20-konings

    Grey-kollege 2de XI | FOTO: Rikus van Wyk (Weekend Photography)

    Grey-kollege se tweede krieketspan het Dinsdag die bordjies verhang teen Hoërskool Diamantveld om die Motheo o. 19 T20 Superliga-trofee ‘n staanplek in die Rosestad te gee.

    Die wedstryd is beskikbaar op SuperSport Schools – Registreer nou

    Na die Diamonds hul vorige ontmoeting ‘n maand gelede met 43 lopies gewen het, het die Bloemfonteiners saamgespan om hul ritme te vind toe dit werklik saakgemaak het in die eindstryd.

    Die span van Kimberley het eerste gekolf, maar net toe Benjamin Potgieter en Danie van der Merwe aan die gang begin kom het, het Grey die eerste deurbraak bewerkstellig danksy puik veldwerk deur Muso Mokomela om vir Potgieter uit te hardloop.

    Simon Liversage het weer uitgeblink vir Diamantveld en Grey kopsere besorg deur vyf grenshoue te moker. Hy het net 28 balle nodig gehad om 38 lopies by sy span se totaal te voeg, maar Otto Krause en Marx van Wyk het gekombineer om die Diamonds se gevaarman te tem voordat hy verdere skade kon aanrig.

    Dit het inderdaad ‘n spanpoging deur die tuisspan geverg om Diamantveld tot 135/7 te beperk. Vyf verskillende boulers kon elkeen ‘n paaltjie neem, terwyl twee van die besoekers se kolwers uitgehardloop is.

    ‘n Stewige aanvangvennootskap deur Dale Williams (23) en Alwyn Smith (47) van 71 lopies het vir Grey-kollege die fondasie gelê.

    Luhan de la Rey het die verdedigingspoging vir sy span gelei deur van albei die Grey-kolwers ontslae te raak, maar Makomela (24*) en Lamla Mgedezi (26*) kon ‘n onoorwonne vennootskap van 39 daarstel om die Bloemfonteiners in die 19de beurt tot oorwinning en die titel te dryf.

    Beknopte telkaart:

    Hoërskool Diamantveld: 135/7 (Simon Liversage 38, Danie van der Merwe 25, Hanru Rademeyer 21; Otto Krause 1/18). Grey-kollege II: 136/4 (Alwyn Smith 47, Lamla Mgedezi 26*, Muso Mokomela 24*, Dale Williams 23; Luhan de la Rey 2/9). Grey-kollege II wen met ses paaltjies.

  • Rondebosch bounce back against Grey

    Rondebosch First XI, 2024 (Photo provided)

    Grey College came up against a wounded Rondebosch Boys’ High on the final day of their tour of the Cape on Sunday and ‘Bosch, off the back of a heavy defeat the previous day, delivered a comprehensive 93-run victory.

    On Saturday, they had an uncharacteristically off day against their local rivals SACS, being bowled out for only 50 runs and suffering a seven-wicket defeat. But ‘Bosch regrouped well to put the previous game’s freakish result behind them.

    Watch the game again on SuperSport Schools – Register now

    On Sunday, Noah Heath (69) and Declan Gillespie (36) provided Rondebosch with a solid 66-run partnership for the first wicket before Grey’s stalwart Darion Rabie made a breakthrough by finding a gap in Gillespie’s defences.

    That brought Daniel Bosman to the crease, and he further bolstered his side’s total with a mature knock of 60 runs.

    After Henru de Wet claimed Heath’s wicket, Rabie and co were able to work their way through the remaining Bosch batsmen before any of them could settle in.

    Bosman, however, kept picking off the Grey bowlers and helped to drive the Rondebosch total to 226, before River Scott ended his innings in combination with Sicelo Matayi.

    Raeeq Daniels then tore through the visitors’ top order, capturing three wickets in his first three overs, to leave Grey rattled on 8/3. Later in the day, he added another victim to finish with 4/42 from 10 overs.

    Ruben Maree (26), Dale Williams (25) and Pieter Smit (20) provided some resistance for Grey in the middle order, but Daniels and co kept turning the screw.

    Rabie, Grey’s final batsman, showed the same energy he had exhibited in the field, racing to an unbeaten 20 runs and smashing four boundaries, in a last-ditch effort to rescue the Bloemfontein school. However, he could do nothing but watch on helplessly from the non-batting end as Nathan Ball brought the Grey innings to a close on 142.

    Grey also lost to Paul Roos Gimnasium on Friday. Riley Norton led the Paul Roos batting charge with 97 runs before combining with Dian Winkel (4/33) and Callum Appolis (2/40) to stymie Grey’s counteroffensive 56 runs shy of their victory target.

    Batting ninth for Grey Casper Troskie played a very good innings to miss out on his half-century by only five runs, which boosted his side’s total to 191.

    Grey faced Wynberg Boys’ High on Saturday. After an initial delay due to poor weather, the match was shortened to 35 overs a side, and the touring team posted a decent total of 169/9. Unfortunately, the weather had the final say, preventing Wynberg from batting, and the match was called off.

    23 February

    Paul Roos Gimnasium 247/6 (Riley Norton 97, Matthew Seymore 45, Cornel Swart 28, Kieran Swile 25, Extras 20; Darion Rabie 2/52); Grey College 191 (Casper Troskie 45, Pieter Smit 31, Ruben Maree 23; Dian Winkel 4/33, Riley Norton 2/36, Callum Appolis 2/50) Paul Roos Gimnasium won by 56 runs.

    24 February

    Grey College 169/9 (River Scott 32, Cullen Marais 29, Ruben Maree 26, Extras 23; Paul James 2/18, Michail Tarentaal 2/24, Josh Prince 2/43); Wynberg Boys’ High (Did not bat). Match abandoned.

    25 February

    Rondebosch Boys’ High 231/9 (Noah Heath 69, Daniel Bosman 60, Declan Gillespie 36; Darion Rabie 3/36, Henru de Wet 2/21); Grey College 142 (Dale Williams 25, Ruben Maree 23, Darion Rabie 20*, Pieter Smit 20; Raeeq Daniels 4/42, James Kirsten 2/13, Tim Short 2/21). Rondebosch Boys’ High won by 93 runs.

  • Lewis ploeg met Oakdale in Riversdal

    Boland Landbou 1ste XI (Foto verskaf)

    Hoër Landbouskool Boland, met Lyle Lewis aan die spits, het Saterdag op die Plaas in Riversdal geploeg met Hoër Landbouskool Oakdale om ‘n klinkende sege in die eerstespankragmeting te behaal.

    Beleef die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou

    Albei spanne se boulers het floreer in die toestande en Stefan Conradie moes sweet om sy 47 lopies vir Boland aan te teken.

    Hy en sy broer, Kobus Conradie, het ‘n aanvangsvennootkap van 31 lopies saamgestel, voordat Jannes Snyman eerste bloed vir Oakdale kon trek met laasgenoemde se paaltjie. Na daardie deurbraak het Reinard Viljoen verwoesting gesaai onder die besoekers se kolwers en vyf Boland-kolwers se paaltjies laat kantel.

    Stefan Conradie het egter deurgedruk om sy span se totaal tot 97 op te stoot, voordat Adriaan van der Merwe van dié gevaarman kon ontslae raak.

    Van der Merwe het met die volgende bal nog ‘n paaltjie opgetel, maar ‘n paar laaste bydraes, deur Henré Swart (23) en Tiaan Ryke (10*), het vir die tuisspan ‘n uitdagende doelwit van 144 lopies daargestel.

    Die Riversdal-span was ook nie opgewasse vir wat Lyle Lewis sou bring nie. Die opwindende jong ster van Boland Landbou het in sy eerste vyf beurte vyf paaltjies vir slegs twee lopies laat spat, en die tuisspan erg laat wankel op 25/5.

    Rico Ferreira (24) het nietemin waardevolle weerstand gebied en 60 balle weerstaan, maar verdere paaltjies deur Tiaan Ryke (2/15) en Marius du Plessis (2/15)  het beteken dat Oakdale slegs 70 lopies kon aanteken voordat hul beurt kortgeknip is.

    Boland sluit hul seisoen op ‘n skitterende wyse af, nadat hulle ‘n paar groot kanonne laat bontstaan. Met spelers soos die Konradie-broers, Francois Prins, Marius du Plessis, Tiaan Ryke en Lyle Lewis, wat almal uitgeblink het regdeur die kwartaal, kan die “boere” terugkyk op ‘n uiterse suksesvolle veldtog.

    Beknopte telkaart:

    Hoër Landbouskool Boland: 143 (Stefan Conradie 47, Henré Swart 23, Ekstras 23; Reinard Viljoen 5/23, Adriaan van der Merwe 3/15). Hoër Landbouskool Oakdale: 70 (Rico Ferreira 24; Lyle Lewis 5/13, Tiaan Ryke 2/15, Marius du Plessis 2/15). Boland Landbou wen met 73 lopies.

  • Grey blink uit die blokke

    Grey-kollege het die nuwe seisoen Saterdag amptelik afgeskop by Hoërskool President Steyn se Hester van der Walt-sportdag deur, nes verlede jaar, hul veldtog af te skop met ‘n wegholsege van 40-3 oor Hoërskool Trio van Kroonstad.

    Kyk al die wedstryde op die A-veld weer op SuperSport Schools – Registreer nou

    Die Bloemfonteiners het van meet af die oorhand geniet, met Xander Smit (flank) wat net 25 sekondes nodig gehad het na die eerste afskop om oor die lyn te bars en Grey se rekening oop te maak.

    Na daardie eerste terugslag, het die span van Kroonstad nietemin hergroepeer en staal getoon om aanvanklik Grey-kollege se meedoënlose aanslag te stuit.

    Byron Biennas (losskakel) het, soos verlede seisoen, ‘n sentrale rol gespeel in sy span se vertoning en hul aanval gedirigeer, maar daar was geen gapings te vinde in die Bloemfonteiners se verdedigingslyn nie.

    Biennas kon egter die gaping op die telbord tydelik laat krimp met ‘n lang strafdoel van die kantlyn af.

    Grey se vleuel, Pretorius Ekeji, was ook telkens gevaarlik waneer hy sy hande op die bal gekry het. Hy het sy merk op die wedstryd gelaat deur bo-oor ‘n paar Trio-verdedigers te hardloop vir twee drieë.

    Grey het die sluise in die tweede helfte oopgemaak met vier verdoelde drieë sonder om enige verdere punte af te staan en lyk reeds soos ‘n goed geoliede masjien.

    Grey se skoolkaptein vir 2024, Pieter van der Merwe (senter), het ook ‘n pragdrie gedruk om ‘n uitstekende spanpoging af te rond, nadat sy span in die tweede helfte die bal meer kon begin versprei in die agterlyn.

    Skrumskakel, Phillip McLaren, het verseker dat sy oorgehaalde agterlyn die bal blitsig ontvang en was ook beloon vir sy harde werk met ‘n drie.

    Die enkele keer wat Altus van Schalkwyk, wat as ‘n plaasvervanger opgekom het, die lyn kon breek vir Trio, het hy hom vasgeloop in Grey se heelagter, Thristan Maree, wie se enorme duikslag die besit weereens kon omkeer vir die Bloemfonteiners.

    Alzeadon Felix, Grey se losskakel, was deurlopend in beheer van die spel en kon met vyf doelskoppe self ook 10 punte bydra.

    Verlede jaar was die telling tussen die twee spanne 38-10, met Grey wat voortgegaan het om ‘n onoorwonne seisoen met vele hoogtepunte te lewer. Indien hierdie vertonning enige aanduiding is van wat wag, lyk dit asof die Vrystaatse reuse oorgehaal is vir nog ‘n fenomenale seisoen.

    Volgende naweek pak Grey vir Welkom Gimnasium in Bloemfontein, voor die seisoen met mening afskop by die Noord/Suid-toernooi op 22 Maart, wanneer hulle teen King Edward VII School en Jeppe High School te staan kom.

    Grey se tweedespan het hul wedstryd teen Voortrekker se tweedes ook gemaklik gewen met 64-7. Siyabonga Kenny, hul blitsige vleuel, het twee keer agter die doellyn gaan kuier, terwyl heelagter, Heinz Stockenström, 19 punte bygedra het met ‘n drie en sewe doelskoppe.

    Die Trekkers se vyftiental wat teen HTS Louis Botha uitgedraf het moes staat maak op van verlede jaar se sterre om gelykop te speel.

    Die Louis Botha seuns lyk alreeds asof hulle op ‘n beter plek is as verlede jaar, en het ‘n barshou gespeel om ‘n voorsprong van 14-0 op te bou voor halftyd.

    Agsteman, Kwanda Tokwe, het ‘n tweekuns behaal, maar nadat die span van Bethlehem hul reserwebank leeggemaak het om van hul staatmakers op te bring het die momentum geswaai.

    Frederik Fourie en Craig Mann het uitstekend gekombineer om die gapings uit te buit en die agterstand in te haal, maar albei spanne sal voel dat daar geleenthede was om ‘n oorwinning te kon behaal.

    Hierdie toernooi word egter juis gebruik om bietjie op te warm voor die seisoen in alle erns afskop, en albei hierdie spanne lyk asof hulle opwindende rugby gaan opdis in hul onderskeie ligas.

    Hoërskool Bloemfontein het ook ‘n puik sege van 47-19 oor Hoërskool Marquard behaal.

    Hul losvoorspelers, Wessel van der Merwe en Brandon Erasmus, het uitstekend saamgejag, met Jano Jackson wat die spel op losskakel dikteer het.

    Hoërskool Ladybrand se Lucky Rathubala (vleuel) het ook twee drieë tot sy naam gevoeg in sy span se oorwinning van 17-7 oor Hoërskool Hendrik Potgieter van Reddersburg.

    Puntemakers:

    Grey-kollege XV: 40 (12) – Drieë: Pretorius Ekeji (2), Pieter van der Merwe, Emile McGeer, Dian Venter, Xander Smit. Doelskoppe: Alzeadon Felix (5)  Hoërskool Trio: 3 (3) – Strafdoel: Byron Biennas.

    Grey-kollege II: 64 – Drieë: Siyabonga Kenny (2),Heinz Stockenström, Donelle Hendriks, Bernard Wessels, AJ Booysen, David Hayidakis, Henco Diederichs, Stephan Jacobs, Theto Montjane. Doelskoppe: Stockenström (7). Voortrekker Hoërskool II: 7. 

    HTS Louis Botha: 17 (14) – Drieë: Kwanda Tokwe (2) Nomgang Themba. Doelskoppe: Nikikheli November. Voortrekker Hoërskool XV: 17 (0) – Drieë: Frederik Fourie (2), Craig Mann. Doelskop: Tumi Khoza.

    Hoërskool Bloemfontein: 47 – Drieë: Brandon Erasmus (2), Bokang Maichu, Wessel van der Merwe, Kenslin Collins, Duan Visagie, Arthur Maasdorp. Doelskoppe: Keanu van Heerden (6). Hoërskool Marquard: 19 – Drieë: Tshepang Lekhase, Gift Shabangu, Renang Shelile. Doelskoppe: Boitumelo Nkhatho (2).

    Hoërskool Hoopstad: 21 – Drieë: Abrie van Zyl, Hennie Barnard, AB Muller. Doelskoppe: Barnard (3). Hoërskool Ficksburg: 12 – Drieë: JJ Nel, Karabo Morobe. Doelskop: Oratilwe Shata.

    Hoërskool Ladybrand: 17 – Drieë: Lucky Rathubala (2), Itumeleng Monyatsi. Doelskop: Schori. Hoërskool Hendrik Potgieter: 7 (7) – Drie Boitshepo Nthipe. Doelskop: Nthipe.

  • Ruvan Barnard blasts 203 for HTS Drostdy on the Garden Route

    HTS Drostdy 1st XI (Photo provided)

    HTS Drostdy travelled to George to take on Hoërskool Outeniqua in a 25-over game on Friday, ahead of their planned inter-schools, which will take place next year, when all of their teams will do battle in an annual fixture.

    The team from Worcester couldn’t match the hosts’ pace in Friday’s encounter, but they bounced back to flex their muscles on Saturday when they took on Glenwood House in a 50-over fixture.

    Ruvan Barnard was at the forefront of the Drostdy batting effort, scoring a massive 203 runs off of only 109 deliveries, before retiring.

    Barnard’s robust innings included 30 boundaries, 12 of which went soaring over the ropes for the maximum. He and Stefan van der Merwe shared an enormous 243-run partnership and additional contributions from Gerhard le Roux (73), Darius Venter (44) and Regardt du Plessis (34*) saw Drostdy to a formidable total of 499/4.

    They had batted well on the previous day against Outeniqua too, with Stefan van der Merwe making an undefeated 84 runs, but Stefan May (68*) and Trent Huisamen (48*) shared a winning 78-run partnership for Outeniqua from only 62 deliveries.

    There was no danger of Drostdy’s total being chased down on Saturday, with Barnard following up his double-century with a scintillating performance with the ball. He dismissed three Glenwood House batsmen for only 19 runs from 10 overs, four of which were maidens. It was an incredible all-round contribution for the young Drostdy talent.

    Du Plessis also snared three wickets to subdue the local batsmen, who were bowled out in the 48th over of their response, still 354 runs short of Drostdy’s total.

    Summarised scores

    24 February 

    HTS Drostdy 499/4 (Ruvan Barnard 203, Stefan van der Merwe 93, Gerhard le Roux 73, Darius Venter 44, Ekstras 44, Regardt du Plessis 34*; Tristan van Zyl 2/87); Glenwood House 145 (Extras 34, Melo Hlangani 26, Luann Erasmus 25, Lathim Impodu 25; Ruvan Barnard 3/19, Regardt du Plessis 3/27, Gerhard le Roux 2/16). HTS Drostdy won by 354 runs (50 Overs).

    23 February

    HTS Drostdy 170/4 (Stefan van der Merwe 84*, Ruvan Barnard 33, Stephan Steyn 25; Wernich Cassel 1/20); Outeniqua 172/3 (Stefan May 68*, Trent Huisamen 48*, Joof Enslin 24; Bryan Cochrane 1/19). Outeniqua won by seven wickets (25 Overs).

  • Luphelo Mdyesha stars with bat and ball as Graeme College trounce Union

    Luphelo Mdyesha, Graeme College (Photo provided)

    Luphelo Mdyesha played an unforgettable game for Graeme College as they did the double over Union High School in Graaff-Reinet over the weekend.

    He took centre stage in their 50-over match on Saturday, scoring 110 runs and taking four wickets, to help thump the hosts in emphatic fashion.

    The exciting young talent raced to his ton off of only 79 deliveries, punishing the Union bowlers with 12 fours and three sixes, before he struck down four batsmen, making a mess of the home team’s lower order, to end their innings on only 50 runs, chasing 321.

    On Friday, the team from Makhanda beat Union by seven wickets in a T20 clash, with Andrew Muir spearheading their attack and grabbing 4/10 to restrict Union to 62/9. Ryan Stobbs then struck an unbeaten 29 to see Graeme to victory.

    Grey High rocked Selborne College by recording a massive 196-run victory, thanks to a superb 132 from Kian Cambier, with Xander Elkington (75) and Teun Kloppenberg (59*) offering substantial support.

    That match is available to watch again on SuperSport Schools – Register now

    The Gqeberha outfit posted a daunting 343/6 in 64 overs before sending their challengers out to bat.

    Despite a solid showing by Tré Gilbert, who scored 41 runs in 33 deliveries, Selborne fell well short of their target, stumbling to 147 all out. Elkington starred for Grey in the field, taking four wickets.

    An unbeaten century from captain Esa Gangat propelled Pearson to 267/6 from 50 overs in their match against Westering. His knock, and Cayden Wilson‘s 4/16, proved too much for Westering, who buckled to only 51 all out in reply.

    24 February

    Graeme College 321/10 (Luphelo Mdyesha 110, Murray Tyson 49, Marcus Williams 42, Ryan Stobbs 34, Extras 26, Qhama Ngoma 24; Shaakir Kazi 3/53, Joshua Basson 3/67, Yasseen Kazi 2/58); Union High School 50/10 (Luphelo Mdyesha 4/2, Erin Nelson 2/3, Marcus Williams 2/9). Graeme College won by 271 runs.

    Brandwag 49/10 (Juanré de Vos 4/10, Miles Feltham 3/5, Logan Fleetwood 2/29); Framesby 53/2 (Renquin Goliath 27*; Reagan Diedericks 2/21). Framesby won by eight wickets.

    Grey High 343/6 (Kian Cambier 132, Xander Elkington 75, Teun Kloppenberg 59*, Marco Giaconi 36; Adam Rogers 3/89, Tré Gilbert 2/84); Selborne 146/10 (Tré Gilbert 41, Waeden Plaatjies 34, Aaron Senekal 23, Adam Rogers 20*; Xander Elkington 4/30, Zander Nutt 2/11, Likhona Gcora 2/20). Grey High won by 197 runs.

    Pearson 267/6 (Esa Gangat 107*, Jordan Collier 47*); Westering 51/10 (Cayden Wilson 4/16, Reegan Meyer 3/24). Pearson won by 216 runs.

    23 February

    Union High School 62/9 (MS de Beer 16; Andrew Muir 4/10); Graeme College 65/3 (Ryan Stobbs 29*; Shaakir Kazi 3/36). Graeme College won by seven wickets (T20).

    22 February

    Framesby 67/10 (Logan Fleetwood 15; Xander Elkington 2/7, Zander Nutt 2/13, Tristan Grundlingh 2/15); Grey High 68/4 (Xander Elkington 31*; Logan Fleetwood 2/17). Grey High won by six wickets (T20).

    21 February 

    Selborne College 218/1 (J van der Merwe 136*, Aaron Senekal 68; J Totana 1/37); Hudson 115/10 (J Anderson 26, Extras 26, A Jakatyana 23; Liso Ndzamela 2/5). Selborne won by 102 runs.

    20 February

    Pearson 141/10 (Leander van Rooyen 41, Jude Septoo 33); Victoria Park 89/9 (Divan Els 5/13, Jude Septoo 2/25). Pearson won by 52 runs (T20).