SSPN Test Site

Author: wilouw

  • Saints breek Hartswater se harte weer in Irawa-liga

    Saints breek Hartswater se harte weer in Irawa-liga

    PHOTO: Marnus Photography

    St Andrews van Bloemfontein het vir die tweede jaar in ‘n ry die Griekwa mediumskole-liga kampioene, Hartswater, se Kovsiestreekkompetisie veldtog kortgeknip in ‘n riller van ‘n halfeindstryd in die Irawa-liga in Kimberley.

    ‘n Enkele punt het bepaal wie se seisoen verby is, en wie in die eindstryd ‘n kans sal kry om die Irawa titel te verower.

    St Andrews was na 70 minute 37-36 voor en speel dan volgende naweek teen die gunsteling-span, Wilgerivier.

    Kyk die wedstryde weer op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Dit was die Vrystaters se kaptein en onderkaptein wat die verantwoordelikheid geneem het.

    Matthew Simon, die vaskopstut en onderkaptein kon drie keur oor die doellyn bars, en sy kaptein en heelagter, Connor Nell, het 17 punte met ‘n drie, drie doelskoppe en twee strafdoelle bygedra.

    Sy haker, Ioanni Giannakopoulos, het ook ‘n drie agter sy naam gekry.

    Hartswater se onderkaptein, die losskakel, Jerome Davids, het ‘n barshou vir sy span gespeel en self 21 punte aangeteken met twee drieë, vier doelskoppe en ‘n strafdoel, maar die eindstryd is nog ‘n jaar vir die span van die Noord-Kaap.

    Op.n stadium in die tweede helfte het Hartswater ‘n 29-20 voorsprong geniet, maar Simon kon die agterstand verminder deur om oor te duik vir sy tweede drie na sy groot voorry-makker, die loskopstut, Brett Barnes, die bal sterk gedra het.

    ‘n Derde drie vir St Andrews se staatmaker stut na ‘n goeie rolmaalbeweging gee toe vir sy span die voorsprong.

    Davids se tweede drie het vir Hartswater vir ‘n oomblik weer die oorhand besorg, maar St Andrews se kaptein het in die hoekie oorgeduik na ‘n uitstekende langaangee deur sy ster-stut, Simon, vir wat uiteindelik die wendrie was.

    Met 10 minute oor in die wedstryd moes die seuns van die Rosestad hul skraal voorsprong verdedig, en Hartswater het ‘n paar geleenthede deur hul vingers laat glip wat hulle op die ou end ten duurste gekos het.

    Verlede jaar het Hartswater ook in die halfeindronde in St Andrews vasgeloop, en nadat die Bloemfonteiners teen halftyd nog met 31-14 agter was kon hulle terugveg om vir Hartswater met 38-31 uit te skakel.

    Saints ontmoet volgende naweek vir Wilgerivier om te sien of die Irawa-titel ‘n staanplek in Bloemfontein of Frankfort sal kry.

    Wilgerivier lyk nog heel seisoen soos ‘n goed geoliede masjien, en hulle kon 64 punte sonder antwoord teen Brandfort aanteken in hul halfeindstryd in Welkom.

    Wilgerivier het verlede naweek reeds die Griffon-titel verower teen Bothaville met ‘n 29-14 sege.

    St Andrews sal op hul beste moet wees om die besoekers in te perk, maar hulle wys al heel seisoen tekens van hul potensiaal en vind dalk nou op die perfekte tyd hul ritme.

    Puntemakers:

    St Andrews (Bloemfontein) 37 (20) – Drieë: Matthew Simon (3), Connor Nel, Ioanni Giannakopoulos. Doelskoppe: Nell (3). Strafdoelle: Nell (2). Hartswater 36 (22) – Drieë: Jerome Davids (2), Mi-Chaelle Moeng, Jonga Moholola, Takunda Chindenga. Doelskoppe: Davids (4). Strafdoel: Davids.

    Wilgerivier 64 (31) – Drieë: Thlompo Motsapi (2), HG Muller (2), Tom van der Watt, Tiaan Hattingh, Ernst Richter, Marnus Swart, Jonty Graaff. Gerhardu Lourens. Doelskoppe: Tiaan Hattingh (7). Brandfort 0.

    Ander tellings:

    o.15 – Bultfontein 19, Hoërskool Bloemfontein 3; De Aar 29, St Andrews 10.

  • Hoërskool Upington sny Fichardtpark se droomseisoen kort

    Hoërskool Upington sny Fichardtpark se droomseisoen kort

    Hoërskool Upington het ‘n rugbyspan wat weet hoe om die groot wedstryde te wen.

    Hulle het dit hierdie naweek weer bewys deur om vir Fichardtpark met ‘n omvattende 53-19 vertoning uit te skakel in die Shimla-liga halfeindstryd.

    Volgende naweek sal die Uppies teen Welkom Gimnasium mee ding vir die titel, nadat Welkom Gimnasium vir Jim Fouché met 66-5 kon weg sien.

    Kyk al die wedstryde weer op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Die Hoërskool Upington seuns het onmiddelik die pas gestel in die wedstryd, en hul ster-flank, Sipho Livingi, was binne twee minute van die afskop agter Fichardtpark se doellyn.

    Livingi is nog heel seisoen ‘n uitblinker vir sy span, en was in hierdie wedstryd weer deurlopend betrokke by die aksie. Hy het later nog ‘n drie agter sy naam gekry.

    Uppies se agterlyn het die Fichie verdediging oopgekerf met sy heelagter, Rubin Isaks, wat hulle op die voorvoet gehou het my sy onvermoeide aanval en sy vleuel, Khayalenkosi Maganga, en losskakel, Emlyhn Jacobs, wat altyd byderhand was om die momentum te behou.

    Die binnesenter, Siphe Msebenzi, het ook twee van sy span se nege drieë aangeteken, maar dit is moeilik om enige iemand uit te sonder in die Hoërskool Upington span wat ‘n nuwe rat gevat het vir die uitspeelrondes.

    Fichardtpark het ‘n seisoen wat hulle nog lank sal onthou. Nie net kon hulle ‘n rekord 18 agtereenvolgende wedstryde onoorwonne bly nie, maar hulle het ook hul eerste SA Skole speler ooit opgelewer in Jaco Grobbelaar (slot).

    Verlede naweek het hulle die eerste nederlaag van die seisoen ervaar toe Jim Fouché met 31-25 die beter span was in die Vrystaat-liga eindstryd.

    Ondanks die nederlaag het hulle steeds gelyk asof hulle sterk aanspraak kan maak op die Shimla-titel, maar Hoërskool Upington het alle verwagtings oorskrei met hul vertoning.

    Die Vrystaat kampioene is ook uitgeskakel uit die Kovsiereeks na Jim Fouché in Welkom Gimnasium vasgeloop het.

    Die Gimmies is onstuitbaar op die oomblik, en lyk asof hulle weekliks net beter raak.

    Hul losskakel, Renaldo Kiewiet, kan nie ‘n voet verkeerd sit nie.

    Kiewiet was die voorste puntemaker by die jaar se Cravenweek, waar hy ook die tweede meeste drieë gedruk het. Hy het in hierdie wedstryd weer ‘n driekuns van drieë gedruk en nog 12 punte met sy doelskoppe bygedra.

    Sy groot slot, Tristan Appolis, het ook weer ‘n barshou gespeel.

    Appolis het die eerste drie van die wedstryd gedruk en was oudergewoonte betrokke by ‘n hele paar ander drieë waneer hy in die agterlyn inval en verdedigers gereeld flous met hoe vinnig ‘n man van sy bou kan beweeg.

    Welkom Gimnasium is definitief die gunsteling om volgende naweek weer vir die Shimla-titel ‘n staanplek in Welkom te gee, maar die Uppies het nou al keer op keer gewys dat hulle nooit onderskat moet word nie.

    Puntemakers:

    Hoërskool Upington 53 (24) – Drieë: Siphe Msebenzi (2), Sipho Livingi (2), Roelof Sabbert, Emlyhn Jacobs, Roedolf Duraan, Sylvester Hoffman, Jaco Fourie. Doelskoppe:Ruwin Isaks (4). Fichardtpark 19 (12) – Drieë: Devanté Claassen, Dailen Geldenhuys, Jaco Janse van Rensburg. Doelskoppe: Geldenhuys (2).

    Welkom Gimnasium 66 (33) – Drieë: Renaldo Kiewiet (3), Tristan Appolis, Taschon Meas, Naylen Goeda, Ethan Jones, Jayden Weideman. Doelskoppe: Kiewiet: (6), Naven Goeda (2). Jim Fouché 5 (0) – Drie: Calvin Bolt.

    Ander tellings: 

    o.15 – Voortrekker 52, Jim Fouché 0; Fichardtpark 18 Hoërskool Upington 5.

    o.14 – Sentraal 34, Hoërskool Upington 12; Hoërskool Trio 55 Jim Fouché 0.

  • Griffon- en Griekwa-kampioene sal dit uitveg vir Colt-titel

    Griffon- en Griekwa-kampioene sal dit uitveg vir Colt-titel

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Postmasburg en Hoopstad sal volgende naweek mekaar die stryd aansê om te bepaal wie die 2023 Kovsiereeks Colt-liga kampioene gaan wees.

    Verlede naweek het Postmasburg vir Hendrik Potgieter met 43-24 in Kimberley verslaan, terwyl Zastron in Welkom die knie moes buig teen Hoopstad met 31-20.

    Kyk die wedstryde weer op SuperSport Schools – Registreer nou

    Bradley Clark, Postmasburg se regtervleuel, was ‘n doring in die Hendrik Potgieter verdediging se vlees.

    Clark kon twee keer agter die span van Reddersburg se doellyn kuier in die halfeindstryd.

    Sy losskakel, Emmanuel van der Merwe, het self ‘n barshou gespeel en kon 18 punte bylas met ‘n drie, vyf doelskoppe en ‘n strafdoel.

    Hendrik Potgieter se vleuel, Tumi Pholoane, het ook twee drieë agter sy naam gekry.

    Postmasbusrg het verlede naweek reeds die Griekwa Kleinskole-titel verower deur om vir Namakwaland te verslaan met 22-14.

    Hulle reis volgende al die pad Bloemfontein toe om vir Hoopstad in die eindstryd te ontmoet.

    Hoopstad lyk op die oomblik onstuitbaar, sy opwindende senterpaar Abrie van Zyl en Hennie Barnard, het die pas gestel in die wedstryd deur om vyf drieë tussen die twee van hulle aan te teken.

    Zastron het nie antwoord gehad vir Van Zyl nie, hy kon ‘n driekuns aanteken om sy span te help om ‘n plek in die eindstryd te boek.

    Hulle het net so gesukkel om vir Barnard vas te vat, en hy was self twee keer oor die doellyn om seker te maak dat daar geen Vrystaatse verteenwoordiger in die eindstryd in Bloemfontein sal wees nie.

    Die kragmeting tussen Hoopstad en Postmasburg belowe dan vuurwerk in volgende naweek se eindstryd. Albei spanne lyk asof hulle op ritme is en dra die momentum van groot seges in hul onderskeie ligas deur na die groot finale wedstryd van die seisoen toe.

    Puntemakers:

    Postmasburg 43 – Drieë: Bradley Clark (2), Mandre Maritz, Warren Chitima, Carlo de Beer, Emmanuel van der Merwe. Doelksoppe: Van der Merwe (5). Strafdoel: Van der Merwe. Hendrik Potgieter 24 – Drieë: Tumi Pholoane (2), Attie Melato. Doelskoppe: Sterling Batties (3). Strafdoel: Batties.

    Hoopstad 31 – Drieë: Abrie van Zyl (3), Hennie Barnard (2). Doelskoppe: Arrie Ferreira (3). Zastron 20.

    Ander tellings:

    o.16 – Brandfort 14, Hoopstad 12; St Andrews 35, Curro Kathu 12.

     

  • Grey College digs deep to see out perfect season against Paul Roos

    Grey College digs deep to see out perfect season against Paul Roos

    PHOTO: The Weekend Photography

    Grey College outplayed Paul Roos Gimnasium in Bloemfontein to bring a perfect end to the perfect season with a 28-20 victory over their old rivals.

    Watch the game again on SuperSport Schools –  Register now

    The historic Bloemfontein rugby factory has produced another special group of players this year who deserve to join the elite list of Grey College squads to end their season with a 100% winning rate.

    Thanks to a brace of tries each by their eighth man, Keegan Scholtz, and hooker, Liam van Wyk, and the extras added expertly by their winger and captain for the day, Martin Botha, the Grey College first team ended the 2023 season with 16 wins in 16 games.

    Scholtz was covering the back of the scrum, and Van Wyk was tasked with the goal-kicking duties because of the shuffled squad that had been entrusted with seeing out the season in the big derby, as six of Grey College’s regular starters were unavailable because they had been selected to the SA u18 team who triumphed against England (33-19) later that afternoon.

    Their influential captain, JJ Theron (eighth man), was not available for the match, along with Ranon Fouche (prop), Jean Erasmus (prop), Christiaan van der Merwe (scrumhalf), Ian van der Merwe (flyhalf) and Marno Stopforth (lock).

    Paul Roos lost their big lock, Riley Norton, to the national squad, but Norton will be back in action in the maroon jersey next year when he is in matric.

    The boys from Stellenbosch fought valiantly, and the kicking boot of their star flyhalf, Lee-Jay Petersen, kept them within range of the top-ranked side in the country, ultimately to no avail, as the home team outmuscled Paul Roos and simply powered their way out of trouble.

    Paul Roos beat Grey in Stellenbosch last year by 34-19, but since losing in the final of the World Schools Festival at the end of 2022, this Grey side has been unmatched.

    The losing captain, Andreas Oosthuizen (flanker), and their sole try scorer, Ryan Jack (prop), were both in the team that beat Grey last year.

    Jean-Henri Smith (flanker) also played in that game and got his retribution this year. Smith had an excellent game, along with the other Grey College loose forwards, Scholtz and Juan Venter (flanker).

    The Grey legacy passes on to capable hands, as proven by the grade 11 hooker, Van Wyk’s contribution to his team’s success.

    His little scrumhalf, Phillip Mclaren, was all over the field and handled himself expertly, and the big forwards all stood up to the challenge and dominated the visitors up front.

    Paul Roos had some success with their driving maul, which led to their big prop, Jack, crashing over for their try, but Grey replied almost immediately, doing the exact same thing to the visitors, and never really let go of control of the game after that.

    Petersen’s goal-kicking was immense, and that kept some pressure on the hosts, especially early in the second half when he got them to within three points.

    Grey began preparing for this season in 2022 when they sent a team without matric students to compete at the World Schools Fest, where they made it to the finals, losing to Hamilton Boys’ High from New Zealand.

    The extra time spent as a group paid dividends and Grey looked to be a step ahead of the competition from the very first game of the season.

    They beat Hoërskool Trio 38-10 early on, and kept that form for the rest of the year, barely ever looking like they could lose.

    Hoërskool Outeniqua did well to keep it tight, but even with a home-field advantage, in their centenary year, the Kwaggas came up short by 19-17.

    Grey beat the two teams vying for the second spot on the rankings relatively comfortably, getting by Paarl Gimnasium with a 33-12 victory at the North/South Tournament in Pretoria and taking everything Garsfontein had to throw at them at the Wildeklawer Festival in Kimberley, and still winning by 23-9.

    They also put up a record 60-19 against their age-old rivals, Affies, in Bloemfontein, as the local crowds got to celebrate their heroes on home soil for the first time after the school holidays.

    Finishing the season with a perfect record and having six players selected to the national youth squad seems a fitting reward for what has been another remarkable year for Grey College from Bloemfontein.

    Scorers:

    Grey College 28 (20) – Tries: Keegan Scholtz (2), Liam van Wyk (2). Conversion: Martin Botha. Penalties: Botha (2). Paul Roos 20 (11) – Try: Ryan Jack. Penalties: Lee-Jay Petersen (5).

    Other scores:

    u19 – Grey College II 24, Paul Roos II 7; Grey College III 21, Paul Roos III 12.
    u16 – Grey College 34, Paul Roos 26.
    u15 – Paul Roos 30, Grey College 13.
    u14 – Grey College 26, Paul Roos 15.

    The 2023 season:

    [ninja_tables id=”13476″]

     

  • Prins skitter vir Oakdale, maar Boland Landbou koning vanjaar

    Prins skitter vir Oakdale, maar Boland Landbou koning vanjaar

    AJ VAN DER MERWE of Boland landbou during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools rugby match between Hoer Landbouskool Oakdale and Hoer Landbouskool Boland at Hoer Landbouskool Oakdale on August 19, 2023 in Riversdale, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

    Boland Landbou moes sweet om hul wraak te kry op die plaas in Riversdal teen Oakdale Lanbou, maar ‘n drie in die laaste oomblikke van die wedstryd deur hul staatmaker haker, Cilliers Viljoen, het vir die besoekers ‘n groot oorwinning verseker.

    Vang al die aksie weer op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Verlede jaar het Oakdale vir die eerste keer in 12 jaar in die Paarl gewen, en Boland was gretig om wraak te neem.

    Die Oakdale Bulle het met ‘n intensiteit begin wat die Boland Landbou span aanvanklik onkant gevang het.

    Hul ster-vleuel, Therlow Prins, kon sy skoolloopbaan afsluit met nog ‘n pragdrie op sy tuisveld nadat hy sy eie skoppie vorentoe kon opgaar.

    Prins is nog heel seisoen ‘n uitblinker vir Oakdale, en is ‘n speler met ‘n opwindende toekoms voor hom.

    Dit was die enigste drie in die eerste helfte en Oakdale het die breek betree met ‘n 8-3 voorsprong en die momentum aan hul kant.

    Boland Landbou het weereens karakter gewys om van agter af terug te veg. Dit was hul losskakel, Retagan van Rooi, wat elke week ‘n sentrale rol in hul spel speel, wat oor die doellyn kon kom om vir sy span die voorsprong te gee.

    Met slegs twee minute oor in die wedstryd kon Conradie weer vir Oakdale die oorhand gee met ‘n strafdoel, en dit het gelyk asof die Bulle die wedstryd in die sak gehad het, maar Boland Landbou se aanval was onophoudelik, en vier minute na die tyd al op die horlosie al uitgehardloop het, was dit Viljoen wat oor die lyn kon bars om vir Boland ‘n sege te steel wat hulle vir baie lank gaan onthou.

    Die besoekers se twee vleuels, Enslin Claasen en Wehan Lume, was baie indrukwekkend met die bal in die hand.

    Boland Landbou het probleme gehad met die lynstane, maar hul pak het opgemaak daarvoor in die skrums en dit was die strafskoppe wat hulle in die tweede helfte kon afdwing wat die momentum geswaai het.

    Oakdale se Steyn-broers, Erick (agsteman) en die kaptein, Marco (stut), het albei uitgestaan vir hul werk op verdediging, saam met Waylon Kortjie, die heelagter.

    Boland Landbou sal uitsien vir die kans om dit volgende jaar twee in ‘n ry te maak waneer hulle weer die tuisveld voordeel geniet. Oor die afgelope 12 ontmoeting het Boland Landbou nou ses oorwinnings teenoor die ses van Oakdale. Daar is werklik niks om die twee spanne te skei nie

    Jong spelers soos die slot, Ruan Viviers, wat reeds hierdie jaar vir die eerstespan presteer het sal dan die senior-posisies vir Boland beklee waneer hulle die dooiepunt probeer deurbreek.

    Puntemakers:

    Boland Landbou 17 (3) – Drieë: Retagan van Rooi, Cilliers Viljoen. Doelskoppe: Van Rooi (2). Strafdoel: Van Rooi. Oakdale Landbou 11 (8) – Drie: Therlow Prins. Strafdoelle: Zandre Conradie (2).

    Ander tellings:

    o.19 – Boland Landbou II 15, Oakdale Lanbou II 14.
    o.16 – Oakdale Lanbou 38, Boland Landbou 29.
    o.15 – Oakdale Lanbou 24, Boland Landbou 17.
    o.14 – Boland Landbou 47, Oakdale Landbou 0.

    Tellings oor die Jare:

    [ninja_tables id=”18816″]

  • Mentoe seals the double for Bishops over SACS

    Mentoe seals the double for Bishops over SACS

    NewsGBishopsDiocesan College showed immense character to claw their way back in the second half against SACS to be in the position that allowed their star fullback, Gilermo Mentoe to convert a penalty in the dying moments to secure their 27-25 victory against their rivals in the oldest rugby derby in the country.

    Catch all of the action on SuperSport SchoolsRegister now

    With a rivalry that stretches back as far as 1892, the two proud southern suburb schools take great pride in the yearly competition between them.

    With this victory, Bishops complete the double over SACS this year, having also beaten them earlier in the season by 31-25 on the Piley Rees field.

    SACS dominated the first half, getting to the break with a healthy 22-10 lead, but the Bishops boys were untiring, spurred on by another top-class performance by Mentoe.

    The home team scored their final points just over five minutes into the second half when Bishops found their rhythm and ran 17 unanswered points through to pull off a stunning comeback victory.

    Bishops’ electric centre, Nic Allison, kept their hopes alive with a well-worked try in the first half, but it was up to his fullback, Mentoe, who has been phenomenal all season, to make the difference.

    Mentoe scored two tries, two conversions and a penalty to add 17 points to his team’s score, with the final three coming at a crucial moment after the playing time had elapsed to give Diocesan College the lead when it mattered most.

    The hosts’ fullback, Aya Machuli, also stood out and got over the line for SACS along with his two loose forwards, Niche Koopman (eighth man) and Richard Skeeles (flanker), but it was ultimately not enough to deny Bishops.

    Rondebosch Boys’ High had to sweat for their victory against Wynberg Boys’ High in Rondebosch.

    A try by their big, stalwart prop, Justin Amos, converted by the trusted boot of their left winger, Ethan Gordon, saw the home team go into the break leading by a single point.

    Though there were four more tries scored in the second half, they would protect this margin for a 21-20 victory, which set them up perfectly for their big clash against Bishops to bring an end to the season next weekend.

    Wynberg fought valiantly, with their flyhalf, Yaqeen Ahmed, leading the charge for his team once again with his educated kicking boot.

    They will definitely also want to see out their season on a high when they host SACS next weekend.

    These results also add to the excitement of the final leg between Bishops and Rondebosch Boys’ High next weekend. Both teams have only lost once against their southern suburb rivals. Bishops slipped up against Wynberg last weekend, losing 27-20 on their home field, while the Rondebosch boys lost against Bishops by 13-8 in Rondebosch.

    The return leg promises another classic to bring an end to what has been an extremely impressive season for the Cape Town schools.

    The scorers:

    Diocesan College 27 (10) – Tries: Gilermo Mentoe (2), Nic Allison, Ayanda Bonoyi. Conversions: Mentoe (2). Penalty: Mentoe. SACS 25 (22) – Tries: Niche Koopman, Aya Machuli, Richard Skeeles. Conversions: Rayaan Solomons (2). Penalties: Solomons (2).

    Rondebosch Boys’ High 21 (7) – Tries: Justin Amos, Carl Geddie, Juandre Welthagen. Conversions: Ethan Gordon (3). Wynberg Boys’ High 20 (6) – Tries: Luqobo Makwedini, Montgomery Loggenberg. Conversions: Yaqeen Ahmed (2). Penalties: Ahmed (2).

    Other scores: 

    u19 B – SACS II 24, Diocesan College II 12; Rondebosch Boys’ High II 27, Wynberg Boys’ High II 13.
    u16 – SACS 37, Diocesan College 12; Rondebosch Boys’ High 41, Wynberg Boys’ High 21.
    u15 – SACS 7, Diocesan College 3; Wynberg Boys’ High 29, Rondebosch Boys’ High 6.
    u14 – SACS 45, Diocesan College 6; Rondebosch Boys’ High 10, Wynberg Boys’ High 3.

  • Fierce 132 year old Eastern Cape rivalry between Queen’s College and Dale College reignites on Saturday

    Fierce 132 year old Eastern Cape rivalry between Queen’s College and Dale College reignites on Saturday

    The Border region’s oldest rugby rivalry is set for its 186th instalment on Saturday when Queen’s College hosts their old foes Dale College in Queenstown.

    Catch the action live on SuperSport Schools Register now

    Since they first played each other in 1891 there has been very little to separate the two Eastern Cape giants throughout the years.

    After beating their opponents in their own backyard in King William’s Town by 21-12 earlier in the season, Queen’s College has the lead with 85 victories to Dale College’s 83 in this age-old fixture.

    The Dalians will want to level up the score as soon as possible and get revenge for the loss on their home field earlier in the season.

    The home team’s lively little Craven Week scrumhalf, Turshaan Hare, was on top of his game in the earlier meeting this year.

    Apart from directing his team’s attack expertly, the opportunistic halfback also snuck in a drop goal at a crucial point in the game to give Queen’s College a buffer to protect.

    His fullback, Siya Konki, was also a livewire and will be one to keep an eye on as they are likely to remain true to their brand, letting the backline move freely in space.

    Dale College experienced more success through their forwards in the first encounter. Their eighth man, Lindokuhle Xozwa and the big hooker, Libayona Matyana, got over the line for their team in Queenstown earlier in the year, and Dale will be looking to dominate the battle up front again on Saturday.

    Both of these schools have a proud history, feeding the Border Youth Week teams every year and even producing a total of 17 Springboks over the years.

    Dale’s most recent contribution to the national side was the Springbok flyer, Aphelele Fassi, and though Queen’s College’s last Springbok made his debut in 1999 when Kaya Malotana earned his only cap against Spain in the World Cup of that year, Old Queenians like Lionel Cronje and Simphiwe Matanzima are still representing their Alma Mater in top-flight competition like the URC and Currie Cup.

    Malotana is now recognizable as one of SuperSports beloved Xhosa commentators.

    The Blitzbokke’s captain, Siviwe Soyizwapi, is another old boy from Dale College who refined his game at the proud institution in King William’s Town.

    The teams are:

    Queen’s College vs Dale College at 15:00:

    Queen’s College: 15 Siya Konki, 14 Jed Stone, 13 Litha Kulashe, 12 Litha Kulashe, 11 Thina Fenako, 10 Turshaan Hare, 9 Ryan Denston, 8 Axola Khatshwa, 7 Mbasa Nda, 6 Sisipho Mpaka, 5 Uyande Mlungwana, 4 Thina Jaxa, 3 Abubele Bolotini, 2 Sbongakonke Mfeya, 1 Kyle Aylwin.

    Dale College: 15 Oyama Kuse, 14 Cole van Staden, 13 Athenkosi Msileni, 12 Sokonwabo Ngcete, 11 Owethu Mpondo, 10 Phikolomzi Mtyalela, 9 Linembasa Mayoyo, 8 Lindokuhle Xozwa, 7 Uphendule Ntsomi, 6 Uminathi Ntsomi, 5 Sinovuyo Xuma, 4 Josh Hall, 3 Anda Bukula, 2 Liyabona Matyana, 1 Lwahluma Maki.

  • Kan Jim Fouché vir Welkom Gimnasium pootjie in die Shimla halfeindstryd?

    Kan Jim Fouché vir Welkom Gimnasium pootjie in die Shimla halfeindstryd?

    Die Kovsiestreekkompetisie se halfeindronde vind hierdie naweek in Welkom en Kimberley plaas nadat die Griffons, Griekwas en Vrystaat streke hul kampioene gekroon het.

    Welkom Gimnasium is die Griffon-kampioene na ‘n 29-26 oorwinning oor Voortrekker in die eindstryd en sal teen Jim Fouché te staan kom, nadat JF vir die onoorwonne Fichartpark in die Vrystaat Stadsbeker eindstryd kon verras met ‘n 31-25 sege.

    Hoërskool Upington verteenwoordig vir Griekwaland, nadat hulle bo Noord-Kaap, Diamantveld, Duineveld en Kalahari op die punteleer kon eindig.

    Die Uppies ontmoet dan vir Fichardtpark vir die laaste plek in die eindstryd aangesien die Vrystaat twee verteenwordigers het wat deelneem aan die Kovsie-reeks in elke liga hierdie jaar.

    Volg die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Welkom Gimnasium lyk soos een van die voorste aanspraakmakers op vanjaar se titel na ‘n baie indrukwekkende seisoen.

    Hul losskakel, Renaldo Kiewiet, is onstuitbaar hierdie seisoen en het die meeste punte by vanjaar se Cravenweek in George aangeteken waar hy vir die Griffons uitgedraf het.

    Sy agterlyn is nog heel seisoen witwarm, met spelers soos Teschan Meas (senter) en Kamohelo Mokoena (vleuel) wat baie opwindend lyk waneer Welkom Gim op die aanval is.

    Jim Fouché het egter al reeds laas naweek bewys dat hulle nie terugstaan vir ‘n uitdaging nie, en sal daardie momentum wil gebruik om ‘n plek in die eindstryd te bespreek.

    Sy Cravenweek haker en kaptein, Stefan Venter, speel ‘n sentrale rol tot hul sukses hierdie seisoen. Venter lei sy span van voor en is gereeld ook die een wat die drieë kon druk vir JF deur die jaar.

    Hierdie naweek begin Venter egter weer op flank, waar hy aan die begin van die seisoen ook gespeel het.

    Dit sal ‘n enorme vertoning deur die span van Bloemfontein vat om vir Welkom Gimnasium te pootjie, veral omdat verlede naweek se stryd ‘n tol geneem het.

    JF is sonder hul dinamiese klein skrumskakel, Tristan van der Walt, wat ook hul doelskoppe behartig het. Rechum de Bruyn begin Saterdag in die nommer nege trui.

    Hul flank, JW Stone en slot, Stefan van Rooyen, is ook beseer. Stean Marais begin op haker terwyl Venter aan die kant van die skrum sal sak, en Milan Marais neem van Rooyen se plek in die eindstryd.

    Die enigste verandering vir Welkom Gimnasium is Kganya Molapo wat in Lawrence Lamiene se plek op flank begin.

    Fichardtpark en Hoërskool Upington pak mekaar in Kimberley.

    Elke jaar kry een van die streke twee verteenwoordigers in die reeks, dus het Fichardtpark nog ‘n kans om ‘n streep onder hul droomseisoen te trek deur om ‘n trofee te wen.

    Tot verlede naweek het die Fichie-leeus soos een van die gunsteling spanne gelyk om die reeks te verower, maar ‘n begeesterde Jim Fouché het vir hulle hul eerste nederlaag van die seisoen gegee.

    Die Fichies het hul ster-slot, die eerste SA Skole speler ooit wat uit Fichardtpark opgelewer is, Jaco Grobbelaar gemis in daardie wedstryd.

    Grobbelaar is hierdie naweek nogsteeds afwesig aangesien hy deel is van die SA o.18 groep wat Saterdag teen Engeland meeding en Ruan Lindeque vervang hom in die Fichardtpark span

    Die Uppies beleef meer van ‘n gemengde seisoen, hulle het onlangs die Groot Interjol teen Duineveld in ‘n riller met 29-26 verloor, maar het vroeër in die jaar gewys waartoe hulle in staat is met goeie oorwinnings oor Kalahari (34-19) en Diamantveld (43-31). Hulle kon ook teen ‘n sterk Noord-Kaap span 26-elk gelykop speel.

    In die agterlyn is dit die gevaarmanne soos Ruwin Isaks, die heelagter, wat vir Uppies uitgestaan het deur die seisoen, maar dit is hul pak voorspelers wat die jaar uitblink. PA Karstens (stut) is onmisbaar vir die span van Upington, en hy en sy makkers in die voorry sal moet sterk staan om die Bloemfonteiners Saterdag in te perk.

    Vir die Fichies is dit hul losskakel, Dailen Geldenhuys, wat die pas stel, en hul twee spoedvraat vleuels, Edward Mpinga en Janco Mollentze, sal ook ‘n groot impak op hierdie wedstryd wil maak.

    Die spanne is:

    Welkom Gimnasium t. Jim Fouché om 12:40 in Welkom:

    Welkom Gimnasium: 15 Naylan Goeda, 14 Navan Goeda, 13 Teschan Meas, 12 Mojalefa Matoka, 11 Khamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Ethan Jones, 7 Raylin Kirsten, 6 Kganya Molapo, 5 Jayden Auld, 4 Tristan Appollis, 3 Keanan August, 2 Dante Smith, 1 Buhle Mxabayi.

    Jim Fouché: 15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Rechum de Bruyn, 8 Calvin Bolt, 7 Stefan Venter, 6 Nathan van Breda, 5 SW van der Merwe, 4 Milan Marais, 3 Wianru van der Berg, 2 Stean Marais, 1 Bernard Labuschagne.

    Hoërskool Upington t. Fichardtpark 0m 15:35 in Kimberley:

    Hoërskool Upington: 15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 PA Karsten.

    Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wouter Jonker, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Ruan Lindeque, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Janse van Rensburg. 1 Zaine van Zyl.

    Ander bepalings:

    o.15: 09:00 – Voortrekker t. Jim Fouché

    0.14: 11:05 – Hoërskool Trio t. Jim Fouché

     

  • Wie gaan hul plekke in die eindstryd van die Colt-liga bespreek?

    Wie gaan hul plekke in die eindstryd van die Colt-liga bespreek?

    KovsieRugbyLogoDie platteland kampioene uit die Griekwa en Griffon ligas, asook twee verteenwoordigers uit die Vrystaat neem Saterdag aan die Kovsiereeks Colt-liga halfeindronde deel in Kimberley en Welkom.

    Postmasburg is die Griekwaland-Wes Kleinskole kampioene nadat hulle verlede naweek vir Namakwaland met 22-19 kon verslaan.

    Hulle speel Saterdag teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg vir ‘n plek in die eindstryd terwyl die Griffon titelhouers, Hoopstad, vir Zastron aanpak vir die ander plek in die finale wedstryd.

    Volg die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Hendrik Potgieter en Zastron het in die Vrystaat B-liga halfeindstryd teen mekaar gespeel. Zastron het die span van Reddersburg elimineer in ‘n grypende stryd waar hulle van 14-12 moes terugveg in die tweede helfte om uiteindelik 34-24 te wen.

    Zastron het toe in die eindstryd teen Brandfort in ‘n riller van ‘n wedstryd met 29-27 verloor. Brandfort baklei dan vir die Irawa titel teen die Griffons en Griekwas se mediumskole kampioene.

    Zastron se skakelpaar van, Lecha Leballo (losskakel) en Reinico Nel (skrumskakel), speel ‘n sentrale rol tot hul sukses hierdie seisoen en sal Saterdag weer twee spelers wees om dop te hou.

    Postmasburg is sonder hul regtervleuel, Carlo de Beer, wie hul vorige wedstryd twee van hul drieë kon aanteken. Bradley Clark neem sy plek aan die kant van die veld in.

    Sy losskakel, Emmanuel van der Merwe, is nog ‘n invloedryke speler wat Saterdag sy stempel op die spel sal wil afdruk.

    Hendrik Potgieter gebruik gereeld sy binnesenter, Sterling Batties, om af te rond, en sy flank, Bin Laden Macholo, is self ‘n kranige baldraer.

    Hoopstad is sonder hul gevaarman, AB Muller (flank), vir die wedstryd teen Zastron. Cobus Liebenberg begin in Muller se plek.

    Hoopstad se generaal in die middeveld, die losskakel, Arrie Ferreira, is nog ‘n staatmaker vir sy span en hulle sal weer van sy skopvermoëns gebruikmaak in hul kragmeting teen die Vrystaters.

    Die spanne is:

    Postmasburg t. Hendrik Potgieter om 12:35 in Kimberley:

    Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Bradley Clark, 13 Boago Toli, 12 Mandre Maritz, 11 Eugene Makhubedu, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Maseru Koaho, 8 Gordon Diergaardt, 7 Phumezo Nel, 6 Schalk van der Westhuizen, 5 Jack Nhundu, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2  Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.

    Hendrik Potgieter: 15 Cedric Booysen, 14 Denver Jacobs, 13 JW Mortlock, 12 Sterling Batties, 11 Tumi Pholoane, 10 Jandre van Niekerk, 9 Quinton Fillis, 8 Unathi Ngeyakhe, 7 Bin Laden Macholo, 6 Divan van der Bank, 5 Kallie Erasmus, 4 Grysie Coetzee, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.

    Hoopstad t. Zastron om 10:00 in Welkom:

    Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Edward Graham, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Corne Wilsnach, 10 Arrie Ferreira, 9 Marco Wolfaardt, 8 Michael Steyn, 7 Cobus Liebenberg, 6 AP Meyer, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.

    Zastron: 15 Khule Mdladlamba, 14 Asive Diba, 13 Mawethu Magudela, 12 Kamo Masiloane, 11 JC Knoetze, 10 Lecha Leballo, 9 Reinico Nel, 8 JP van Rooyen, 7 Frans Botha, 6 Jean Pierre Steenkamp, 5 Kamo Elisha, 4 Marckus Allerston, 3 Derick Bouer, 2 CJ Bouer, 1 Jan Adrian Grobler.

  • Hartswater soek wraak teen Saints in die Irawa-liga se halfeindronde

    Hartswater soek wraak teen Saints in die Irawa-liga se halfeindronde

    NuusG BrandfortHartswater en St Andrews ontmoet mekaar hierdie jaar weer in die Kovsiereeks Irawa-liga halfeindstryd nadat St Andrews verlede jaar die manne van Hartswater se harte gebreek het deur om van 31-14 agter teen halftyd terug te veg in die tweede helfte om 38-31 te wen.

    Hartswater het die Griekwa mediumskole-liga titel verower verlede naweek met ‘n sterk vertoning om met Curro Kathu met 27-19 weg te sien in die eindstryd.

    Hulle kwalifiseer saam met die Griffons en Vrystaat kampioene, Wilgerivier en Brandfort, en ‘n tweede span van die Vrystaat, St Andrews, vir die jaar se Irawa halfeindronde.

    Wilgerivier en Brandfort spook in Welkom sake uit vir die ander plek in die eindstryd.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Hartswater beleef ‘n baie sterk seisoen, en sal die gunsteling wees voor Saterdag se wedstryd teen die Bloemfonteiners.

    Hul groot agtsteman, Ji-Andre Visser, is bykans elke naweek minstens een keer agter die opponente se doellyn, en sy losskakel, Jerome Davids, is ook nog heel seisoen ‘n uitblinker.

    St Andrews het ‘n moeilike seisoen agter die rug, maar hulle het by die Independant Schools Rugby Festival wat hulle gedurende die skoolvakansie aangebied het gewys dat hulle groot planne met hul rugbyprogram het deur om vir Kearsney College tot in die laaste oomblikke te laat sweet in hul 10-5 nederlaag teen reuse uit Kwazulu-Natal.

    Connor Nel, St Andrews se kaptein en heelagter, is ‘n dryfkrag agter sy span, en sal hierdie naweek weer ‘n groot rol speel indien hulle vir Hartswater weer kan ontstel.

    Sy groot stut, Matthew Simon, kan ook ‘n hele paar verdedigers besig hou waneer hy die bal dra, en die Hartswater pak sal wil seker maak dat hulle hom plat trek voordat hy spoed optel.

    Die stryd tussen Wilgerivier en Brandfort gaan ook vonke lewer.

    Brandfort het verlede naweek in ‘n riller teen Zastron met 29-27 die Vrystaat B-liga titel verower, en Wilgerivier kon met Bothaville reken om die Griffons titel te verower met 29-14.

    Wilgerivier se skakelpaar neefs, HG Muller (losskakel) en Wian Muller (skrumskakel), speel hierdie jaar nog ‘n barshou vir die span van Frankfort en sy haastige regtervleuel, Thlompo Motsapi, kon al menigde verdedigers in sy stof laat.

    Brandfort se groot agtsteman, Wehan Strydom, is egter net so lief vir drieë druk. Hy het verlede naweek in die eindstryd ‘n driekuns agter sy naam gekry.

    Sy binnesenter, Fanie van Rooyen, is ook ‘n opwindende speler om dop te hou met meer as genoeg spoed om vir die Wilgerivier verdediging probleme te veroorsaak.

    Die spanne is:

    Hartswater t. St Andrews om 14:15 in Kimberley:

    Hartswater: 15 Lyle Thompson, 14 Takunda Chindenga, 13 Mi-Chaelle Moeng, 12 Tshiamo Tsiane, 11 MJ Blaauw, 10 Jerome Davids, 9 Kesley Kock, 8 Ji-Andre Visser, 7 Henre Kruger, 6 Kamogelo Tshaka, 5 Nico van der Westhuizen, 4 Layton van Niekerk, 3 Tiaan Pretorius, 2 Nico van den Heever, 1 Eduardt Erasmus.

    St Andrews: 15 Connor Nel, 14 Retshedisitswe Mokoena, 13 Mlungi Lepesa, 12 Elia Mokuoane, 11 Koena Ntsamai, 10 CM Geel, 9 Schalk Liebenberg, 8 Yavantle Peni, 7 Mandela Sipoyo, 6 Matthew Fletcher, 5 Marco de Sousa, 4 Lesedi Sipoyo, 3 Matthew Simon, 2 Ioanni Giannakopoulos, 1 Brett Barnes.

    Wilgerivier t. Brandfort om 11:20 in Welkom:

    Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 Thlompo Motsapi, 13 Marnus Swart, 12 Tiaan Hattingh, 11 Ernst Richter, 10 HG Muller, 9 Wian Muller, 8 HG Muller, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Watt, 4 Juan de Klerk, 3 NW de Beer, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.

    Brandfort: 15 Gustav Maree, 14 Janco Snyman, 13 Franco de Klerk, 12 Fanie van Heerden, 11 Amolang Maloisane, 10 Henré Smith, 9 Altus Coetzee, 8 Wehan Strydom, 7 Barend de Klerk, 6 Nathan Goch, 5 JC Venter, 4 Cecil Lee, 3 Lian Naude, 2 Heinrich de Kock, 1 Frikkie Smith.