SSPN Test Site

Author: wilouw

  • Vrystaatse halfeindstryde word Saterdag op Gonval Store-park in Bainsvlei beslis

    Vrystaatse halfeindstryde word Saterdag op Gonval Store-park in Bainsvlei beslis

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Die Vrystaatse halfeindstryde vind Saterdag op President Steyn se velde plaas.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools Registreer nou

    Fichardtpark sit hul veldtog tot ‘n onoorwonne seisoen voort waneer hulle vir Sentraal in die Stadsbeker halfeindstryd ontmoet.

    In die ander halfeindstryd speel Jim Fouché teen Landboudal.

    Die Fichie Leeus is definitief die gunsteling op hierdie stadium, nadat hulle reeds al hul teenstanders op die dorp gedurende die seisoen kon mak maak en die Wesgrow Sentrale Sportreeks titel ‘n staanplek in die Rosestad kon gee.

    Toe hulle vroeër teen Sentraal gespeel het was Fichardtpark die beter span en kon gemaklik met 33-7 wen.

    Hul laaste Wesgrow bepaling teen Witteberg was egter ‘n baie harder wedstryd, en die Bloemfonteiners moes sweet vir hul 29-27 sege.

    Hierdie mag dalk ook die laaste wedstryd vir hul eerste SA Skole speler, Jaco Grobbelaar (slot), in ‘n Fichardtpark trui wees.

    Sentraal beleef ‘n baie moeilike seisoen en dit sal hul sterkste vertoning van die jaar vereis om die Fichies Saterdag in te perk.

    Edward Mpinga (vleuel) en sy Cravenweek skakelpaar van Dailen Geldenhuys (losskakel) en Devanté Claassen (skrumskakel) veroorsaak nog heel jaar vir verdegingslyne probleme, en hulle sal die naweek ook hul stempel wil afdruk vir Fichardtpark.

    Jim Fouché beleef ook ‘n sterk seisoen, aangevuur deur hul Cravenweek haker en kaptein, Stefan Venter, wat week na week vir sy span uitblink.

    Hulle was net voor die vakansie met 27-12 baas teen Landboudal en sal daardie sukses weer Saterdag wil herhaal.

    Die manne van Jacobsdal het ook ‘n moeilike seisoen agter die rug, en pak vir JF sonder hul staatmaker losskakel, Vuyani Moore, aan.

    Moore mag later as ‘n plaasvervanger opkom, maar Regard Fouché begin in die nommer-10 trui.

    Die spanne is:

    Fichardtpark t. Sentraal om 13:50:

    Fichardtpark: 15 Rubin Visagie, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré can der Merwe, 11 Martin Kalp, 10 Dailen Geldenhuis, 9 Devanté Claassen, 8 Tumelo Leputla, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Janse van Rensburg, 1 Zaine van Zyl.

    Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Hanco Smith, 12 Ruan van Niekerk, 11 Reece van Rooyen, 10 Hendrik Jonker, 9 Johan van der Merwe, 8 Sarel Taljaard, 7 Stephan de Lange, 6 Chris Kachelhoffer, 5 Steven Smith, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

    Jim Fouché t. Landboudal om 12:40:

    Jim Fouché: 15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Tristan van der Walt, 8 Calvin Bolt, 7 JW Stone, 6 Ruan Heymans, 5 SW van der Merwe, 4 Stefan van Rooyen, 3 Stean Marais, 2 Stefan Venter, 1 Bernard Labuschagne.

    Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Barry Pretorius, 13 Jan Louis Nel, 12 Franz Homsek, 11 Robin van der Walt, 10 Regard Fouché, 9 Coenraad Pretorius, 8 Peru van der Merwe, 7 Henko Brummer, 6 Juhan Swanepoel, 5 Dylan Janse van Rensurg, 4 Franke Fourie, 3 Stefan Opperman, 2 Bielie Davel, 1 Wianco Ludicke.

    Brandfort t. St Andrews om 11:30:

    Brandfort: 15 Gustav Maree, 14 Janco Snyman, 13 Franco de Klerk, 12 Fanie van Heerden, 11 Amolang Maloisane, 10 Henré Smith, 9 Altus Coetzee, 8 Wehan Strydom, 7 Barend de Klerk, 6 Demas Moloyi, 5 JC Venter, 4 Cecil Lee, 3 Lian Naude, 2 Heinrich de Kock, 1 Frikkie Smith.

    St Andrews: 15 Connor Nel, 14 Dakalo Leketa, 13 Mlungisi Lepesa, 12 Elia Mokuoane, 11 Koena Ntsamai, 10 CM Geel, 9 Schalk Liebenberg, 8 Yavantle Peni, 7 Mandela Sipoyo, 6 Matthew Fletcher, 5 Marco de Sousa, 4 Lesedi Sipoyo, 3 Matthew Simon, 2 Ioanni Giannakopoulos, 1 Brett Barnes.

    Zastron t. Hendrik Potgieter om 10:20:

    Zastron: 15 Kuhle Mdladlamba, 14 Jay-Cee Knoetze, 13 Mawethu Magudela, 12 Kamo Masiloane, 11 Asive Diba, 10 Lechabile Leballo, 9 Rheinico Nel, 8 JP van Rooyen, 7 Jean Pierre Steenkamp, 6 GD Bruwer, 5 Kamo Elesia, 4 Markus Allerston, 3 Frans Botha, 2 CJ Bouwer, 1 Christen du Toit.

    Hendrik Potgieter: 15 Breyton Read, 14 Denver Jacobs, 13 Sterling Batties, 12 JW Mortlock, 11 Tumi Pholoane, 10 Jandre van Niekerk, 9 Quinton Fillis, 8 Unathi Ngeyakh, 7 Divan van der Bank, 6 Kallie Erasmus, 5 SW Erasmus, 4 Grysie Coetzee, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.

    Ander bepalings:

    o.19 B: 08:00 – Jim Fouché II t. Sentraal II; 09:10 – Landboudal II t. Fichardtpark II.

    o.19 C: 12:00 – Sentraal III t. Jim Fouché III; 13:10 – Landboudal III t. Fichardtpark III.

    o.16: 10:00 – Zastron t. Brandfort; 11:05 – St Andrews t. Hendrik Potgieter; 12:10 – Landboudal t. Fichardtpark; 13:15 – Jim Fouché t. Sentraal.

    o.15: 08:00 – Sentraal t. Fichardtpark; 08:00 – Bloemfontein Hoërskool t. Brandfort; 09:00 – Landboudal t. Jim Fouché; 09:00 – St Andrews t. Sand du Plessis.

    o.14: 10:00 – Sentraal t. Jim Fouché; 11:00 – Jim Fouché t. Landboudal.

  • Durbies look to assert their dominance in the northern suburbs against Brackenfell

    Durbies look to assert their dominance in the northern suburbs against Brackenfell

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Hoërskool Durbanville and Brackenfell battle it out for supremacy in the northern suburbs on Saturday when they meet in Durbanville.

    Catch all the action live on SuperSport SchoolsRegister now

    Both teams have had impressive seasons and this game will go a long way to determining who the top dogs in the area really are.

    Durbies have put up more than 50 points against five of their opponents this year and can boast with some big names on the list of teams they’ve beaten, including a historic 26-25 victory against Paarl Boys’ High earlier in the season, and the likes of Rondebosch Boys’ High (35-19), HTS Drostdy (61-3) and Hoërskool Bellville (72-12) more recently.

    They are without their star centre, James Nero, who is in Trinidad and Tobago where he will be competing at the Commonwealth Youth Games as part of the SA u18 Sevens team from Sunday but they have more than enough pace in the backline to cover for him this weekend.

    Valrhino Olckers (fullback), Sean Klein (flyhalf) and Jayden Nell (eighth man) are some of the other speedsters to look out for in the Durbie team this weekend, and their scrumhalf, Monray Daars, ties it all together expertly and guides the attack.

    Nell already received and signed a contract from SARU Sevens committing him to the South African Sevens setup for next year.

    Brackenfell won 10 games in a row this season, before having their streak broken last weekend when they came up short 21-14 against Hugenote in Wellington.

    They will need to bounce back quickly and be at their best this weekend to contain a Durbanville side who have punished any signs of weakness this season.

    The visitors’ vice-captain and centre, Xavier Valentine, has shown that he can also get around the pitch and will be valuable for Brackenfell on Saturday.

    Among the forwards, lock, Tiaan Crous and captain and eighth man, Raiden Rodney, are two players to keep an eye on as the Brakkies will look to dominate the contact point to control the pace of the game against Durbanville who will want to keep the ball alive and in the hands of their backline.

    The teams are:

    Hoërskool Durbanville vs Brackenfell at 12:20:

    Hoërskool Durbanville: 15 Valrhino Olckers, 14 Damian Hendrikse, 13 Lian Jordaan, 12 Shadwill Engelbrecht, 11 Cayden Louw, 10 Shaun Klein, 9 Monray Daars, 8 Jayden Nell, 7 Evert Bouwer, 6 William Goldswain, 5 Liam Baird, 4 Rikus Saaiman, 3 Anru van Rhyn, 2 Devon Strydom, 1 Wian Koen.

    Brackenfell: 15 Caden Davids, 14 Randy Kabamba, 13 Cayden Scheffers, 12 Xavier Valentine, 11 Liam Lucas, 10 Sebastiaan Hahn, 9 Mickyle Smith, 8 Raiden Rodney, 7 Luhn van Wyk, 6 Nicholas van Wyk, 5 Ntsika Njomgonkulu, 4 Tiaan Crous, 3 Craigan Matroos, 2 Liyema Sithetho, 1 Johan Groenewald.

    Other fixtures: 11:45 – Tygerberg vs Swartland; 11:50 – Hoërskool Bellville vs Stellenberg; 12:00 – HTS Bellville vs DF Malan; 12:10 – Labori t Fairbarn.

  • Swanesang vir Grey se SA Skole spelers teen Oakdale in die Rosestad

    Swanesang vir Grey se SA Skole spelers teen Oakdale in die Rosestad

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Oakdale Landbou pak hierdie naweek hul grootste toets van die seisoen sover aan waneer hulle teen Grey-kollege in Bloemfontein gaan speel.

    Die wedstryd is regstreeks beskikbaar op SuperSport SchoolsRegistreer nou Skakel vir die wedstryd, Saterdag om 13:30.

    Hierdie twee spanne het nog net vier keer teen mekaar gespeel. Grey het die eerste drie van daardie ontmoetings gewen, voordat Oakdale verlede jaar vir Grey op die plaas in Riversdal kon inperk om 17-elk gelykop te speel.

    Grey was egter nog in al die ander wedstryde met meer as 20 punte baas, en hulle sal die gaping tussen hulself en die res van die top-rugbyskole in Suid Afrika wil beklemtoon met ‘n goeie vertoning op hul tuisveld voordat hulle die seisoen afsluit teen Paul Roos.

    Die trotse Bloemfonteinse inrigting beleef ‘n merkwaardige, onoorwonne seisoen en het selfs teen van die sterkste spanne in die land, soos Paarl Gimnasium (33-12), Garsfontein (23-9), Paarl Boys’ High (39-30) en Outeniqua (19-17) eenvoudig gelyk asof hulle op ‘n vlak van hul eie is.

    Saterdag sal dan die eerste keer wees wat die Bloemfonteiners hul helde op eie bodem in aksie sal kan sien, nadat Jean Erasmus (stut), JJ Theron (agsteman), Christiaan van der Westhuizen (skrumskakel), Ian van der Merwe (losskakel) gedurende die vakansie vir die SA Skole span gekies is wat teen Engeland en Frankryk gaan meeding.

    Benito Goeda (senter), Pieter van der Merwe (senter) en Ranon Fouché (stut) is ook vir die SA A groep verkies. Saterdag sal al hierdie seuns se laaste skolewedstryd wees, aangesien hulle Grey se finale bepaling van die jaar teen Paul Roos gaan misloop.

    Grey is hierdie naweek sonder sy dinamiese slot, Marno Stopforth, wie Sondag begin deelneem aan die Statebond Jeugspele in Trinidad en Tobago as deel van die SA o.18 Sewes-span.

    Watokal verder mag gebeur hierdie seisoen, Grey het weereens gewys hoekom hulle as van die beste in die wêreld beskou word met hul oorheersing teen die sterkste teenstanders in Suid Afrika en die hoeveelheid spelers wat hulle kon oplewer vir die provinsiale en nasionale spanne.

    Die besoekers het verlede naweek ‘n goeie 31-24 sege in Worcester teen HTS Drostdy behaal maar dit sal hul beste vertoning van die jaar verg om vir Grey in Bloemfontein te pootjie.

    Sy vlugvoetige vleuel, Therlow Prins, is een van die opwindendste spelers. Hy kon verlede naweek drie keer agter die doellyn gaan kuier.

    Oakdale begin die wedstryd sonder een van hul ander gevaarmanne, Shaydon Fradie (losskakel), alhoewel hul generaal in die middeveld dalk later ‘n verskyning vanaf die reserwebank mag maak.

    Voorlangs is dit die manne van Riversdal se slot, Roy Viljoen, en agsteman, Erick Steyn, wat hierdie seisoen uitstaan, maar daar was nog nie ‘n pal voorspelers wat vir Grey-kollege kon domineer hierdie jaar nie, en dit sal ‘n titaniese poging neem om dit hierdie naweek in Bloemfontein reg te kry.

    Die spanne is:

    Grey-kollege t. Oakdale Landbou om 13:30:

    Grey-kollege: 15 Vincent Wolhuter, 14 Hanré du Plessis, 13 Benito Goeda, 12 Pieter van der Merwe, 11 Martin Botha, 10 Ian van der Merwe, 9 Christiaan van der Westhuizen, 8 JJ Theron, 7 Keegan Scholtz, 6 Jean-Henri Smit, 5 Schalk du Plessis, 4 Heinrich Theron, 3 Jean Erasmus, 2 Liam van Wyk, 1 Ranon Fouché

    Oakdale Landbou: 15 Waylon Kortjie, 14 Duraan Janse van Rensburg, 13 Louis Fourie, 12 Kurt Coetzee, 11 Therlow Prins, 10 Zandre Conradie, 9 Tian Ferreira, 8 Erick Steyn, 7 Migail Barnard, 6 Hanno Louw, 5 Roy Viljoen, 4 Hanre Jubelius, 3 Devon Windvogel, 2 JC van Wyk, 1 Marco Steyn.

  • Griekwas se onderskeie ligas bereik uitspeelrondes

    Griekwas se onderskeie ligas bereik uitspeelrondes

    Die Griekwaland-Wes klein- en mediumskole halfeindronde vind Saterdag by die Kimberley-stadion plaas.

    Hartswater en Hoërskool Kathu veg dit uit vir een van die plekke in die mediumskole-eindstryd, voordat Curro Kathu en Hopetown mekaar pak in die hoofwedstryd van die dag.

    Curro Kathu lyk soos die gunstelingspan om vanjaar se titel te neem na hul 41-10 sege oor hul buurskool in die groot Kathu-derby verlede naweek.

    Hul spoedvraat binnesenter, Julius Muzaza, is een van die gevaarpunte in hul agterlyn en is ‘n speler om die naweek dop te hou.

    Hopetown se skakelpaar van Junaid Jood (losskakel) en Driean Wiid (skrumskakel) is hierdie seisoen baie effektief vir hulle, maar Curro Kathu is tot dusver nog onstuitbaar in die liga en Hopetown sal hul beste vertoning van die jaar moet lewer om hulle te ontstel.

    Hartswater het ook bo aan hul poel geeindig na ‘n sterk seisoen, ondanks hul nederlaag in die derby laas naweek het Hoërskool Kathu egter ook baie goed gevaar die seisoen, en daardie wedstryd belowe om een van die hardste van die dag te wees.

    In die kleinskole-halfeindronde speel De Aar teen Postmasburg en Douglas teen Namakwaland.

    Douglas beleef ook ‘n sterk seisoen hierdie jaar. Hulle het onlangs vir Kimberley Boys’ High met 73-0 kaf gedraf en kon vroeër die jaar in hul groot inter teen Hopetown met 22-19 wen nadat hulle teen halftyd nog agter was.

    Sy slot, AJ Wiid, is gereeld deel van die aksie en hulle kan staat maak op die skopskoen van hul senter, Janro Faber, sowel as die losskakel, Caleb Fisher.

    Die spanne is:

    Curro Kathu t. Hopetown om 16:00:

    Curro Kathu: 15 Luis Cassumba, 14 Timothy Isaacs, 13 Julius Muzaza, 12 Rehaden van Wyk, 11 Ashley Sickles, 10 Leighton Hopshire, 9 Marcwin Nero, 8 Ruben Wessels, 7 Zavier Magerman, 6 Lindzae Peacock, 5 De-Anzo Eilerd, 4 Biochoko Thlopele, 3 Damian Maclean, 2 Wiaan Hatting, 1 Michael Viljoen.

    Hopetown: 15 Rewaldo Olyn, 14 Gino Jood, 13 Cheslyn Jonas, 12 Tyrese Human, 11 Dewaan Makaleni, 10 Junaid Jood, 9 Driean Wiid, 8 Gerard Wiid, 7 Lucien Bosman, 6 Tshulu Ntlama, 5 JF Prins, 4 Hennie du Plessis, 3 Christiaan Smit, 2 Thomas Bisset, 1 Richard Smith.

    Hartswater t. Hoërskool Kathu om 14:20:

    Hartswater: TBC

    Hoërskool Kathu: 15 Louis Marx, 14 Eagon Barry, 13 Ashrand Rooi, 12 Stefan Brits, 11 Elandro Rooiland, 10 Mitchell Havenga, 9 Caylib Jacobs, 8 DP Kotze, 7 Meiring Grove, 6 Ockie Maritz, 5 Tinus Barnard, 4 Denzil von Broen, 3 Duan Janse van Rensburg, 2 Riaan Esterhuizen, 1 Kutlo Moyo.

    De Aar t. Postmasburg om 13:00:

    De Aar: 15 Alvandré van Wyk, 14 Braudy Rosendal, 13 Inga Nongqyai, 12 Thapelo Mphulunyana, 11 Asekho Mnele, 10 Luhle Moses, 9 Amand Kityenge, 8 Malcolm James, 7 Solulelo Matha, 6 Athong Motstatsi, 5 Lithemba Filifani, 4 Lukhalo Yekani, 3 Bre-Win Isaacs, 2 Pieter-John Visser, 1 Athanda N.

    Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Carlo de Beer, 13 Mandre Maritz, 12 Oratile Mathe, 11 Andile Tshaka, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Eugene Makhubedu, 8 Schalk van Wyk, 7 Phumezo Nel, 6 Bradley Clark, 5 Jack Nhundu, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2 Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.

    Douglas t. Namakwaland om 11:40:

    Douglas: 15 Canden de Jager, 14 Zane Paulse, 13 Janro Faber, 12 Gershwin Claasen, 11 Darren Pretorius, 10 Caleb Fisher, 9 Phillip de Jager, 8 Stefan Brummer, 7 Juandre Steenkamp, 6 James Scholtz, 5 NJ Eveleigh, 4 AJ Wiid, 3 Deyante van der Westhuizen, 2 Michael Lovemore, 1 Shawn Wheeler.

    Namakwaland: 15 Conway Williams, 14 Dequin van Wyk, 13 Rihaadt Cloete, 12 Jackwin Magerman, 11 Berton Visser, 10 Leorick Magerman, 9 Mikhail Afrikaner, 8 Raven Petro, 7 Markwin Kordom, 6 Pieter van der Walt, 5 Logan Karstens, 4 Earlio Paul, 3 Dequin Engelbrecht, 2 Zander Coleman, 1 Chad-Lee Jansen.

    Ander bepalings:

    o.17: 09:00 – Namakwaland t. Prieska; 09:00 – Curro Kathu t. De Aar; 10:20 – Hartswater t. Postmasburg; 10:20 – Hopetown t. Hoërskool Kathu.

    o.15: 11:40 – Namakwaland t. Wildeklawer Akademie; 13:00 – Douglas t. HMO; 14:20 – Curro Kathu t. Hartswater; 16:00 – De Aar t. Hoërskool Kathu.

  • Goudveld wil 2019 se sukses teen Diamantveld herhaal

    Goudveld wil 2019 se sukses teen Diamantveld herhaal

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Goudveld-Hoërskool onthaal vir Diamantveld Saterdag in Welkom, waneer die twee skole hul Wesgrow Sentrale Sportreeks bepalings afhandel.

    Dit is dan die laaste wedstryd van hierdie jaar se reeks, nadat Fichardtpark reeds verlede naweek die titel kon verower deur om hul veldtog onoorwonne af te sluit met ‘n 29-27 sege teen Witteberg in Bethlehem.

    Die Wesgrow Sentrale Sportreeks wedstryde is beskikbaar op SuperSport Schools Registreer nou

    In 2019, toe die spanne mekaar laas aangepak het, kon die Gouties vir Diamantveld met 21-12 klop.

    Albei skole beleef ‘n moeilike seisoen, en hierdie wedstryd sal belangrik wees vir altwee spanne om hul hul seisoen sterk af te sluit.

    Die besoekers het al gewys wat hul voorspelers kan doen waneer alles in plek val toe hulle teen ‘n sterk Hoërskool Trio span met 21-15 kon seëvier kort voor die vakansie.

    Goudveld het vroeër in daardie maand ook teen die span van Kroonstad gespeel, maar Hoërskool Trio kon daardie ontmoeting met 29-0 wen.

    Die tuisspan se senterpaar van Urban Pienaar en Ruben Crous staan hierdie seisoen vir hulle uit, en sal ‘n kardinale rol speel in hul pogings om die Diamonds se verdediging Saterdag oop te sluit.

    Sy kaptein en Cravenweek agsteman, Jonathan Olivier, en slot, Jaunricht Cloete, het ook ‘n harde wedstryd wat wag, Diamantveld neem trots in hoe fisies hul voorspelers is, en  Olivier en sy makkers sal op hul beste moet wees om te verhoed dat die besoekers die spel voor oorheers.

    Diamantveld het ses spelers in die Griekwaland-Wes Cravenweek span gehad hierdie jaar. Valentino Lenge (senter), Kyle Taute (vleuel), Achiles de Jager (flank) en FJ de Fries (stut) is hierdie naweek op die veld, nadat  hulle oor die vakansietyd in George hul provinsie verteenwoordig het.

    Heinrich Nel, hul Cravenweek haker, begin op die reserwebank vir hierdie wedstryd, terwyl sy Griekwa-flank, JJ Fourie, nie beskikbaar is die naweek nie.

    Hul ander groot stut, Flip du Randt, wie saam met sy senter, Simon Liversage, by die Akademieweek in Johannesburg uitgestaan het, begin ook op die bank die naweek.

    Liversage is nog heel seisoen een van Diamantveld se uitblinkers, maar sal hierdie wedstryd misloop weens ‘n besering.

    Ethan Marnus sou vir die Diamonds op losskakel begin, maar sy eerstespan hokkie wedstryd bots met hierdie bepaling en hy sal dus moontlik eers later as ‘n reserwe opkom en sy senter, Lenge, moes ook Vrydag onttrek, wat beteken dat Kaliq Jacobs die geleentheid kry om die wedstryd te begin.

    Die spanne is:

    Goudveld t. Diamantveld om 12:30:

    Goudveld: 15 Tyrece Britz, 14 Ru-Bran Kock, 13 Urban Pienaar, 12 Ruben Crous, 11 Junior Motsamai, 10 Quinton Davids, 9 Ryan de Jager, 8 Jonathan Olivier, 7 Schalk du Plessis, 6 Kabous du Plooy, 5 Jaunricht Cloete, 4 Lodie van Dyk, 3 Marco-Jan Pretorius, 2 Jan Coetzee, 1 Pieter Reyneke.

    Diamantveld: 15 Liam Ferris, 14 Kyle Taute, 13 Kaliq Jacobs, 12 Charl Swanepoel, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marno Greef, 9 Dirk van Heerden, 8 Stiaan von Logenberg, 7 Paul Cronje, 6 Achiles de Jager, 5 Daniël Kuhn, 4 Diwan Muller, 3 Lu-Gene Coetzer, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.

  • Paul Roos and Boland Landbou have unfinished business from last year

    Paul Roos and Boland Landbou have unfinished business from last year

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Paul Roos Gimnasium travel to the Agter-Paarl to face an in-form Boland Landbou as both teams look to improve on their 12-all draw last season.

    Catch the game live on SuperSport Schools Register now

    The last time Boland Landbou beat Paul Roos was in 2016, when their WP Academy Week captain and flanker, Heinrich Brendel, led his team to an impressive 32-22 victory in Stellenbosch

    The hosts have been in excellent form of late, coming off to big wins after the holiday break.

    They beat Paarl Boys’ High 26-22 for the first time since 2009 at the beginning of the term and backed up that performance by also seeing away with SACS 32-22 last weekend.

    Their challengers have seemed like one of the top teams in the country all season though, and having lost only to Monument 44-26 and narrowly to Paarl Gimnasium 24-19, the Stellenboschers look set to finish the season in the top five if they can perform well this weekend before their big finale against Grey College in Bloemfontein next weekend.

    They take on Boland Landbou without their electric centre, Samuel Badenhorst, who is in Trinidad and Tobago where he will be competing at the 2023 Commonwealth Youth Games as part of the SA U18 Sevens team as of Sunday.

    The Maroon Machine still has a plethora of attacking options available though, with players like Keenan Stoffels (fullback), Keehan Etson (winger) and their lively little scrumhalf, Zeke January, who have been threatening all season.

    The home team has no lack of pace with players like Albie Bester (centre), Enslin Claasen (winger) and Retagan van Rooi (fullback) who can keep up with the best, but their game will likely be focused around the likes of their big men like Hans Verster (flanker), Ruan Viviers (lock) and their stalwart hooker, Cilliers Viljoen, drawing in the Paul Roos attack and controlling the pace of the game.

    The team from Stellenbosch’s SA Schools lock, Riley Norton, and his mates will have no problem with making the game physical though.

    Norton, who is only in grade 11 this year and is an equally talented cricketer, has been extremely effective alongside his loose forwards, Reuben Kruger, Jean-Luc Joubert and Andreas Oosthuizen.

    It’s safe to say that we can expect an extremely physical battle on Saturday, as neither team has shied away from taking on their opponents via the most direct route this year.

    The teams are:

    Boland Landbou vs Paul Roos at 12:05:

    Boland Landbou: 15 Lyle Lewis, Wehan Lume, 13 Ruan Jongsma, 12 Albie Bester, 11 Enslin Claasen, 10 Retagan van Rooi, 9 Turlon Adams, 8 AJ van der Merwe, 7 Alru Gouws, 6 Hans Verster, 5 Ruan Viviers, 4 Karst Smits, 3 Pieter de Jager, 2 Cilliers Viljoen, 1 Christoff Etzebeth.

    Paul Roos: 15 Keenan Stoffels, 14 Keehan Etson, 13 Hugo Coetzee, 12 Phillip Groenewald, 11 Marco Odendaal, 10 Lee-Jay Petersen, 9 Zeke January, 8 Reuben Kruger, 7 Jean-Luc Joubert, 6 Andreas Oosthuizen, 5 Riley Norton, 4 Charl Hollwill, 3 Ryan Jack, 2 Christian de Villiers, 1 Oliver Reid.

     

  • Fichie Leeus verower die titel as kampioen van die Wesgrow-reeks

    Fichie Leeus verower die titel as kampioen van die Wesgrow-reeks

    FOTO: Dirkie Groenewald

    Fichardtpark het hul onoorwonne status behou en daarmee verseker dat die Wesgrow-titel staanplek in die Rosestad sal kry.

    Kyk die wedstryde weer op SuperSport Schools – Registreer nou

    Fichardtpark moes hard werk om hul onoorwonne status te behou met ‘n 29-27 sege in hul laaste wedstryd van die reeks teen Witteberg in Bethlehem.

    Nadat die Bloemfonteiners teen halftyd met 20-19 agter was, het Witteberg hul voordeel nog versterk.

    Met slegs vier minute se speeltyd oor was dit weereens die Fichie-leeus se spoedvraat vleuel, Edward Mpinga, wat die dag kon red deur om in die hoekkie oor te duik om vir sy span die voorsprong te gee.

    Fichardtpark se eerste SA Skole oplewering ooit, hul slot, Jaco Grobbelaar, het weer vir sy span ‘n drie aageteken toe dit die nodigste is, en hul Cravenweek losskakel, Dailen Geldenhuis, het ook uitgeblink en kon self agter die doellyn kuier en twee drieë verdoel.

    Die tuisspan se skrumskakel, Dries Stemmet, het vir hulle uitgestaan en het gehelp om die Bloemfonteiners tot in die laaste oomblik van die wedstryd te laat sweet.

    Hoërskool Trio kon hul veldtog met ‘n omvattende vertoning teen Jim Fouché in Kroonstad afsluit. Die tuisspan wen hul laaste bepaling van die reeks met 65-21.

    Ondanks ‘n driekuns aan drieë vir die Bloemfonteiners se kaptein en uitblinker haker, Stefan Venter, en ‘n foutlose vertoning deur sy skrumskakel, Tristan van der Walt, met sy doelskoppe, kon Jim Fouché nie die tuisspan inperk nie.

    Hoërskool Trio het een van hul sterkste vertonings van die seisoen gelewer, met die hele span wat hierdie naweek saamgetrek het om die indrukwekkende sege te verwerf.

    Jaco Steyn (heelagter), CJ Taljaard (skrumskakel) en Charlton Basson (senter) kon twee drieë elk druk vir die span van Kroonstad en hul Griffon-Akademieweek losskakel, Byron Biennas, kon 20 punte byvoeg met sewe doelskoppe en twee strafdoelle.

    Dit sluit die Wesgrow reeks vir Hoërskool Trio op ‘n positiewe noot af, na ‘n harde seisoen waarin hulle gemengde resultate behaal het.

    Jim Fouché het voor hierdie naweek nog net teen die onoorwonne Fichardtpark verloor, terwyl Hoërskool Trio in hul ontmoeting met die Fichie-leeus sussies gesoen het op 17-elk.

    Voortrekker kon hul veldtog in Bethlehem afsluit deur om vir Sentraal met 57-14 kaf te draf.

    Sy twee vleuels, Kaneng Komane en Kamohelo Moses, was op die voorpunt van die aanval en kon vyf drieë tussen die twee van hulle aanteken.

    In moeilike, winderige omstandighede het die Trekkers se heelagter, Tiaan van Rooyen, goed gedoen om die spel te beheer en hy kon vier van die drieë verdoel.

    Die enigste Wesgrow bepaling wat dan nog afgehandel moet word is tussen Goudveld en Diamantveld.

    Die twee skole pak mekaar volgende naweek aan. Diamantveld het hierdie naweek ‘n 40-7 nederlaag by die huis in hul eerste inter-skole teen Framesby ervaar, en die span van Kimberley sal hoop om volgende naweek beter te vaar in Welkom.

    Die puntemakers:

    Fichardtpark 29 (19) – Drieë: Jaco Janse van Rensburg, Dailen Geldenhuis, Zaine van Zyl, Jaco Grobbelaar, Edward Mpinga. Doelskoppe: Geldenhuys (2). Witteberg 27 (20) – Drieë: Nico van Rensburg, Rashies Niane, Ashton Diedericks. Doelskoppe: Dries Stemmet (3). Strafdoelle: Stemmet (2).

    Hoërskool Trio 65 – Drieë: Jaco Steyn (2), CJ Taljaard (2), Charlton Basson (2), JD Kirstein, Anrhu Mulder, Ignus de Wet. Doelskoppe: Byron Biennas (7). Strafdoelle: Biennas (2). Jim Fouché 21 – Drieë: Stefan Venter (3). Doelskoppe: Tristan van der Walt (3).

    Voortrekker 57 – Drieë: Kaneng Komane (3), Kamohelo Moses (2), Johan Whitehead, Alexander Maree, Cecile Parsons, Craig Mann. Doelskoppe: Tiaan van Rooyen (4). Sentraal 14 – Drieë: Sarel Taljaard, AJ Senekal. Doelskoppe: Zander Britz (2).

    Ander tellings:

    o.19 B – Jim Fouché II 21, Hoërskool Trio 19; Wittebergg II 26, Fichardtpark II 17; Voortrekker II 60, Sentraal 0.

    o.16 – Hoërkool Trio 12, Jim Fouché 0; Fichardtpark 21, Witteberg 19

    o.15 – Hoërskool Trio 41, Jim Fouché 7; Witteberg 40, Fichardtpark 24; Voortrekker 33, Sentraal 19.

    o.14 – Hoërskool Trio 22, Jim Fouché 19; Witteberg 26 Fichardtpark 7; Voortrekker 22, Sentraal 10.

  • Piketberg triumph in Vredendal and Jantjies stars for Charlie Hofmeyr

    Piketberg triumph in Vredendal and Jantjies stars for Charlie Hofmeyr

    On a weekend when the fixture list was pruned by the weather in the Western Cape, the matches that did take place provided enough action to keep fans of South African schoolboy rugby content.

    Piketberg continued with their impressive run of form after the holiday to come away from their visit to Hoërskool Vredendal with a 34-24 win, to back up their 32-10 triumph over Augsburg Gimnasium last week.

    Despite a hattrick by the home team’s lively scrumhalf, Thydrin Lott, and a perfect day with the boot for their vice-captain and flyhalf, Derrick van der Westhuizen, Vredendal could not contain the visitors.

    Piketberg’s relentless pressure led to five tries and a penalty try, with Zack Caldo (prop), André Visagie (flanker), Jacques Loubsher (flanker), AJ George (winger) and Erasmus Mouton (hooker) all getting over the line.

    Charlie Hofmeyr steamed by Hermanus, beating them 36-13 thanks to the accuracy of their fullback, Lawrence Jantjies, off the kicking tee.

    Jantjies converted two of Charlies’ tries and slotted four penalties for a total of 14 points.

    Charlie Hofmeyr were without their star flyhalf, Luan Giliomee, who is on his way to Trinidad and Tobago where he will be competing at the Commonwealth Youth Games as part of the SA U18 Sevens team. That tournament kicks off on Sunday, the 6th of August, when South Africa plays Jamaica in their first game before facing the hosts in the final match of the day.

    Langenhoven Gimnasium saw away with Montagu by 38-7. Their flyhalf, Natayniel Fillies, and left-winger, Sinclair Lottering, each scored twice to help their team get the victory away from home.

    Paulus Joubert hosted George Watson High from England earlier in the week, narrowly losing out to the visitors by 12-10.

    Wynberg Boys’ High versus Paul Roos, Strand versus Parel Vallei, Vredendal Secondary versus Cederberg Academy, Hoërskool Punt versus Bredasdorp and Robertson versus Overberg were some of the fixtures to fall victim to the weather this weekend.

    Scorers:

    Piketberg 34 – Tries: Zack Caldo, André Visagie, Jacques Loubsher, AJ George, Erasmus Mouton, Penalty Try. Conversion: Altino Perdo. Hoërskool Vredendal 24 – Tries: Thydrin Lott (3). Conversions: Derrick van der Westhuizen (3). Penalty: Van der Westhuizen.

    Charlie Hofmeyr 36 – Tries: Johann Coetzee, Connor Baron, Kyle Swartland, Matthew Syster. Conversions: Lawrence Jantjies (2). Penalties: Jantjies (4). Hermanus 13 – Tries: Robbie Louw, Vincent Bischoff. Penalty: Chad van der Merwe.

    Langenhoven Gimnasium 38 (19) – Tries: Natayniel Fillies (2), Sinclair Lottering (2), Jaden Arends, Charles Jacobs. Conversions: Arends (4).  Montagu 7 (7) – Try: Mattwin Christoffels. Conversion: Liam Pekeur.

    Kasselsvlei 18 – Tries: Tamer Mousa, Keanu Philander. Conversion: Curtleigh Kiewiets. Penalties: Kiewiets (2). Bosmandam 7.

    Other scores:

    U19 A – Tygerberg 22, Melkbosstrand 17; Augsburg Gimnasium 17 Clanwilliam 16; Vredendal Secondary 10, Lutzville 7; George Watson High (UK) 12, Paulus Joubert 10.

    U19 B – Montagu II 15, Langenhoven Gimnasium II 15; Paulus Joubert II 10, George Watson High (UK) 10.

    U16 – Langenhoven Gimnasium 28, Montagu 7; George Watson High (UK) 17, Paulus Joubert 3.

    U15 – Langenhoven Gimnasium 32, Montagu 17.

    U14 – Langenhoven Gimnasium 36, Montagu 0.

     

  • Hoërskool Upington is Noord-Kaapse liga-kampioene na sege oor Kalahari

    Hoërskool Upington is Noord-Kaapse liga-kampioene na sege oor Kalahari

    Hoërskool Upington het in Kuruman by Hoërskool Kalahari gaan draai en keer terug huis toe as die Noord-Kaap liga kampioene na ‘n 34-19 sege.

    Uppies beleef ‘n sterk seisoen en die titel is hul verdiende loon vir al die harde werk wat hulle hierdie jaar ingesit het.

    Onder andere sluit hul resultate hierdie jaar ‘n groot 43-31 sege teen Diamantveld in, en net voor die vakansie kon hulle ‘n sterk Noord-Kaap span in toom hou om 26-elk gelykop te speel.

    Saterdag was hul opwindende heelagter, Ruwin Isaks, weer deel van die aksie vir sy span. Hy kon ‘n drie druk en twee verdoel om sy span te help.

    Sy binnesenter, Siphe Msebenzi, is aangewys as die speler aan die wedstryd vir sy nimmer-eindige werk op verdediging. Msebenzi het verlede naweek ook uitgestaan toe Upington vir Landboudal op Jakobsdal met 17-13 kon troef.

    Die tuisspan kan trots wees op hul vertoning, en hul agsteman, SW van Heerden, het uitgeblink.

    Kathu is weer blou hierdie jaar na Curro Kathu se 41-10 sege oor hul bure, Hoërskool Kathu.

    Hul buitesenter, Julius Muzaza, en agsteman, Ruben Wessels, kon elkeen twee keer agter die doellyn gaan kuier om vir hul span te help na ‘n omvattende sege oor hul teenstanders.

    Verlede jaar het die twee skole sussies gesoen nadat Curro in die doodsnikke ‘n strafskop kon verdoel om die tellings gelyk te trek op 32-elk.

    Duineveld kon die besoekende Hoërskool Bellville in toom hou danksy sy senter, DJ Wandrag, se betroubare skopskoen en taktiese besluitneming.

    Die twee slotte, Arno Luttig en Gert White Grobbelaar, het ‘n goeie wedstryd beleef en altwee kon ‘n drie vir doe tuisspan druk. Luttig het ook vir die Griekwas by die Craven Week in George uitgedraf gedurende die skoolvakansie.

    Hopetown het hul groot interskole teen Prieska met 44-5 gewen.

     

    Die puntemakers:

    Hoërskool Upington 34 – Drieë: Jaco Fourie, Siphe Msebenzi, Sylvester Hoffman, Khayalenkosi Maganga, Ruwin Isaks, Nathan Manyora. Doelskoppe: Isaks (2). Hoërskool Kalahari 19 – Drieë: Pietsie Tikane, Tshepo Makatonjane, Robert Blaauw. Doelskoppe: Tshepi Makatonjane (2).

    Curro Kathu 41 – Drieë: Julius Muzaza (2), Ruben Wessels (2), Rehaden van Wyk, Boichoko Tlhopele, Xavier Magerman. Doelskoppe: Muzaza (3).  Hoërskool Kathu 10 – TBC

    Duineveld 47 – Drieë: Arno Luttig, Franco Erasmus, Ethan Prince, Wyndham Bouwer, Alek Andrianatos, Gert-White Grobbelaar. Doelskoppe: DJ Wandrag (5). Strafdoelle: Wandrag (2). Hoërskool Bellville 21.

    Ander tellings:

    o.19 A – Hopetown 44, Prieska 5.

    o.19 B – Hoërskool Upington II 29, Hoërskool Kalahari 14; Duineveld II 36, Hoërskool Bellville II 5.

    o.16 – Hoërskool Upington 57, Hoërskool Kalahari 0; Hoërskool Bellville 21, Duineveld 8.

    o.15 – Hoërskool Upington 36, Hoërskool Kalahari 5; Duineveld 17 Hoërskool Bellville 16.

    o.14 – Hoërskool Upington 38, Hoërskool Kalahari 5; Hoërskool Bellville 20, Duineveld 7.

  • All roads lead to Faure Street as Paarl Gim and Boishaai both win penultimate fixtures

    All roads lead to Faure Street as Paarl Gim and Boishaai both win penultimate fixtures

    FOTO: Frans Lombard

    Paarl Boys’ High and Paarl Gimnasium both looked strong in the penultimate games of the season.

    Boishaai bounced back after last week’s 26-22 defeat against Boland Landbou to beat Diocesan College 22-12.

    Paarl Gimnasium also returned to winning ways after only managing a 10-all draw in George against Outeniqua the previous weekend to put Rondebosch Boys’ High away with 41-7.

    Catch all the action on SuperSport Schools – Register now

    Boishaai looked dominant in their encounter against Diocesan College.

    Their stalwart hooker, HB Odendaal, ran the show and scored twice before halftime to help his side to a healthy 15-0 lead at the break.

    Bryan Burger (centre) was in phenomenal shape and was involved everywhere on the pitch.

    Their grade 11 flanker, Rubin Dames, also stood out and was rewarded for his efforts with Boishaai’s only try in the second half, despite their continued dominance.

    The SA Schools winger, Jameel de Jongh, scored a brace last year when Boishaai beat Bishops by 29-7. He crossed the try line again today as he continues to add to his incredible tally.

    Though Bishops have experienced a strong season leading up to this game, they struggled to maintain possession and Boys’ High had the upper hand throughout most of the match. They came alive in the final 15 minutes when a try by Kashief Joseph, who came on as a replacement in the backline, seemed to provide the spark that they needed.

    Their lightning-quick winger, Ayanda Bonoyi, scored another before the end of the match to reduce the deficit to 10 points, but it was too little, too late, and a win against Boishaai continues to evade the Bishops boys for a ninth consecutive year.

    After last week’s defeat, this game was vitally important for the hosts to gain some momentum before they take on their biggest rivals in the Paarl derby next Saturday at Faure Street Stadium.

    Paarl Gimnasium also flexed their muscles, beating Rondebosch Boys’ High comprehensively by 41-7.

    Enzo Labuschagne (fullback) and Kobus Blanckenberg (centre) each crossed the line twice for the Paarl Juggernauts and the big forward pack also looked to be firing on all cylinders as Liam van der Merwe (prop), Xander Mynhardt (prop) and Nicus van Coller (eighth man) also got their names written on the score cards.

    In the absence of their SA Schools flyhalf, Kyle Smith, their fullback, Tazreeq Moerat, who has been central to their success this year, stepped up to take over the kicking duties for his team.

    The stage is perfectly set for the biggest inter-schools game in the world to produce another South African schoolboy rugby classic next weekend when Paarl Gimnasium and Paarl Boys’ High meet again.

    Boland Landbou continued with their impressive end-of-season form, defeating SACS by 32-22 to back up their big victory against Boishaai last weekend.

    Retagen van Rooi, their influential flyhalf, starred again. Van Rooi scored a try, three conversions and two penalties to contribute 17 of his team’s points.

    To their credit, SACS put up a fight. Their trusted flyhalf, Rayaan Solomons, played well, and he and his team made the visitors sweat for a bit at the end of the game.

    That said, Boland Landbou has become a strong, mature side over the season and they were able to secure the victory.

    They host Paul Roos next Saturday for what promises to be another extremely exciting matchup in the Paarl that weekend.

    Scorers:

    Paarl Boys’ High 22 (15) – Tries: HB Odendaal (2), Jameel de Jongh, Rubin Dames. Conversion: Daniel van der Merwe. Diocesan College 12 (0) – Tries: Kashief Joseph, Ayanda Bonoyi. Conversion: Shaywan Blanckenberg.

    Paarl Gimnasium 41 (20) – Tries: Enzo Labuschagne (2), Kobus Blanckenberg (2), Nicus van Coller, Xander Mynhardt, Liam van der Merwe. Conversions: Tazreeq Moerat (3). Rondebosch Boys’ High 7 (0) – Try: Tom van Wyk. Conversion: Dylan Miller.

    Boland Landbou 32 (22) – Tries: Christof Etzebeth, Hans Verster, Retagen van Rooi, Enslin Claasen. Conversions: Van Rooi (3). Penalties: Van Rooi (2). SACS 22 (17) – Tries: Ikhona Maxegwana, Aya Machuli, Richard Skeeles. Conversions: Rayaan Solomons (2). Penalty: Solomons.

    Other scores:

    U19 B – Paarl Boys’ High II 50, Diocesan College 0; Paarl Gimnasium II 60, Rondebosch Boys’ High 7; Boland Landbou II 24, SACS II 5.

    U16 – Paarl Boys’ High 60, Diocesan College 3; Paarl Gimnasium 17, Rondebosch Boys’ High 10; Boland Landbou 20, SACS 14.

    U15 – Paarl Boys’ High 29, Diocesan College 7; Paarl Gimnasium 23, Rondebosch Boys’ High 15; Boland Lanbou 10, SACS 3.

    U14 – Paarl Boys’ High 36, Diocesan College 12; Paarl Gimnasium 15, Rondebosch Boys’ High 12; Boland Landbou 18, SACS 3.