SSPN Test Site

Author: wilouw

  • Prins driekuns vuur Oakdale tot sege oor HTS Drostdy op Trappes Park

    Prins driekuns vuur Oakdale tot sege oor HTS Drostdy op Trappes Park

    FOTO: Frans Lombard

    Oakdale Landbou se Cravenweek-vleuel, Therlow Prins, was weer op ‘n vlak van sy eie in hul 31-24 sege teen HTS Drostdy in Worcester hierdie naweek.

    Kyk weer op SuperSport Schools – Registreer nou

    Prins kon ‘n driekuns van drieë vir sy span aanteken om vir hulle ‘n gesonde voorsprong te gee om te verdedig teen die tuisspan.

    Oakdale het meeste van die wedstryd oorheers, en het teen halftyd al ‘n 15 punt buffer tussen hulself en die tuisspan gebou.

    Twee vinnige drieë in die laaste 10 minute van die wedstryd kon vir HTS Drostdy tot binne sewe punte van die besoekers bring, maar dit was ongelukig te laat om ‘n suksesvolle terugvegpoging te loods.

    Hul vleuel, Bernedict George, se drie het vir die tuisspan die energie gegee wat hulle gedurende die res van die wedstryd gemis het, en sy flank, Ettiene Claasen, het kort daarna self ‘n mooi drie gedruk deur om van die grootste Oakdale manne af te skud oppad na die doellyn toe.

    HTS Drostdy kon laas in 2017 vir Oakdale baas raak, toe Springbok-sewes ster, Christie Grobbelaar deel van die Drostdy eerstespan was.

    Die Oakdale Bulle se agsteman, Erick Steyn, het hierdie naweek uitgestaan vir sy werk op verdediging en Prins was onstuitbaar met die bal in die hand

    Oakdale speel volgende Saterdag teen Grey-kollege in Bloemfontein in hul grootste toets van die seisoen voordat hulle hierdie jaar se groot inter teen Boland Landbou aanbied.

    Hugenote moes staat maak op hul losskakel, Wade Green, vir hul oorwinning teen Brackenfell by hul sportdag in Wellington.

    Green het 11 punte bygevoeg in hul 21-14 sege met drie strafdoelle en ‘n doelskop.

    Sy teenstander met dieselfde nommer op sy trui, Sebastiaan Hahn, kon ook met drie strafdoelle slaag, maar sy span het ‘n drie minder gedruk en moes met leë hande terugkeer.

    Stephan Jacobson, Vishoek se agsteman, kon die enigste drie in hul 5-3 oorwinning teen Bergvliet druk.

    Puntemakers:

    Oakdale Landbou 31 (18) – Drieë: Therlow Prins (3), Tian Ferreira. Doelskop: Zandre Conradie. Strafdoelle: Conradie (2), Kurt Coetzee. HTS Drostdy 24 (3) – Drieë: MJ van der Westhuizen, Bernedict George, Ettiene Claasen. Doelskop: Josh Fourie (3). Strafdoel: Fourie.

    Hugenote (Wellington) 21 – Drieë: Nahan Crouch, Dillon van Wyk. Doelskop: Wade Green. Strafdoelle: Green (3). Brackenfell 14 – Drie: Xavier Valentine. Strafdoelle: Sebastiaan Hahn (3).

    Curro Langebaan 24 – Drieë: Marco Stander, Joshua Paddock, Liam Wellman, Chad Louw. Doelskoppe: Dequinne de Bruyn. Labori 0.

    Fish Hoek 5 – Drie: Stephan Jacobson. Bergvliet 3.

    Ander tellings:

    o.19 A – Hopefield 15, Swartland 12.

    o.19 B – Hugenote II 24, Brackenfell II 21.

    o.16 – Hugenote 12, Brackenfell 11; Fish Hoek 29, Bergvliet 5.

    o.15 – Hugenote 15, Brackenfell 0; Fish Hoek 17, Bergvliet 0.

    o.14 – Hugenote 24, Brackenfell 0; Fish Hoek 27, Bergvliet 0.

  • Meyer red weer vir Kwaggas in doodsnikke teen Stellenberg

    Meyer red weer vir Kwaggas in doodsnikke teen Stellenberg

    PHOTO: Frans Lombard

    Outeniqua kon hul merkwaardige rekord hierdie seisoen voortsit met ‘n 10-8 orwinning teen Stellenberg in George.

    Kyk die wedstyd weer op SuperSport Schools – Registreer nou

    Ellie Meyer, wat as ‘n plaasvervanger skrumskakel opgekom het, kon in die laaste oomblik van die wedstryd ‘n strafskop verdoel om die sege vir die tuisspan te steel.

    Meyer het verlede jaar vir die Kwaggas se o.16 A span ook ‘n strafskop na die speeltyd vertreke is verdoel om vir sy span die 13-11 oorwinning teen Stellenberg te kry.

    Die besoekers kan egter trots wees op hul vertoning.

    Die Jade Brigade het presies gedoen wat Outeniqua verlede naweek teen Paarl Gimnasium in hul 10-elk gelykop spel gedoen het deur om die spel stadig te maak en hul voorsprong met hul lewens te verdedig.

    Outeniqua se rolmaalbewegings het effektief gelyk vroeg in die wedstryd, maar die Stellenberg pak het aangepas en kon verhoed dat die tuisspan die druk in punte omskep.

    Na ‘n drie deur die Stellenberg flank, Alex Schoeman, het die besoekers teen halftyd ‘n 5-0 voorsprong geniet.

    Nes verlede naweek teen Paarl Gimnasium, is dit die Kwagga vleuel, JJ Daters, wat oor die doellyn kon kom, en sy SA Skole heelagter, JT Strydom wie die twee additionele punte kon byvoeg.

    Stellenberg se binnesenter, Ruben Thompson, het laas naweek al sy span se punte aangeteken in hul 20-17 sege teen Rondebosch Boys’ High.

    Hy het Saterdag weer ‘n sentrale rol gespeel in hul spel en kon drie punte bylas met ‘n strafdoel.

    Sy skrumskakel, Clyde Frieslaar, het ook uitgestaan vir sy spel en die twee flanke, Schoeman en Marco Ferreira, het ook goed vertoon.

    Vir die Kwaggas was dit weereens Strydom wat die spel beheer het, en Meyer het gewys dat die span van George se toekoms net so opwindend is met die koel en kalm wyse wat hy die hoë-druk strafdoel kon vervyf.

    Stellenberg het nog vier wedstryde teen van die skole in die noordelike voorstede voor hul seisoen verby is, en met die vorm wat hulle tans wys lyk hulle goed ingerig om skoonskip te maak in daardie bepalings.

    Volgende naweek pak Outeniqua vir Framesby in Gqeberha aan in wat ook beloof om ‘n vurige stryd te wees na Framesby hierdie naweek vir Diamantveld met 41-7 kon wegsit, en verlede naweek hul bure, Grey High, met 17-15 kon oorkom.

    Puntemakers:

    Outeniqua 10 (0) – Drie: JJ Daters. Doelskop: JT Strydom. Strafdoel: Elgeron Meyer. Stellenberg 8 (5) – Drie: Alex Schoeman. Strafdoel: Ruben Thompson.

    Ander tellings:

    o.19 – Stellenberg III 20, York High 0.

    o.19 B – Stellenberg II 7, Outeniqua II 0.

    o.16 – Stellenberg 3, Outeniqua 0.

    o.15 – Stellenberg 33, Outeniqua 0.

    o.14 – Stellenberg 8, Outeniqua 3.

     

  • Kiewiet steeds vuurwarm vir Welkom Gim, Framesby bobaas teen Diamonds

    Kiewiet steeds vuurwarm vir Welkom Gim, Framesby bobaas teen Diamonds

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Welkom Gimnasium het nog ‘n indrukwekkende sege behaal deur om teen Noord-Kaap met 59-27 in ‘n drie-bonanza te wen.

    Hul ster-loskakel Ronaldo Kiewiet was weer op sy beste en kon vyf drieë, drie doelskoppe, en ‘n skepskop aanteken vir 34 van sy span se punte.

    Kiewiet was vroeër die maand ook die voorste puntemaker op die Cravenweek waar hy 48 punte in die Griffons se drie wedstryde aangeteken het.

    Die Goeda-tweeling, Navan (heelagter) en Naylen (vleuel), het hul terugkeur na die span na die skoolvakansie gevier met twee drieë elk, en Gimmies se vierde groot gevaarpunt, Kamohelo Mokoena (vleuel) was ook in op die aksie met ‘n drie.

    Dit is dan die agste wedstryd van hul laaste nege waarin Welkom Gimnasium meer as 40 punte teen hul teenstanders aanteken.

    Die Gimmies fokus nou op die Griffons-liga halfeindstryd wat volgende voorlê.

    Framesby bou voort aan hul momentum van na die vakansie met nog ‘n sterk vertoning in hul 41-7 sege oor Diamantveld in Kimberley in die eerste weergawe van ‘n splinternuwe interskole tussen die twee trotse spanne.

    Kyk die wedstryd op SuperSport Schools – Registreer nou

    Nadat Framesby verlede week hul bure, Grey High, met 17-15 kon wen het hulle voortgebou op daardie momentum om hierdie naweek ook hul herontmoeting teen Diamantveld in Kimberley gemaklik met 41-7  as oorwinnaars afgehandel.

    Toe die twee spanne laas in 2011 ontmoet het was dit Diamantveld wat met 47-10 koning gekraai het, maar die Framesby manne het gewys dat daar baie verander het in die laaste 12 jaar.

    Die besoekers se losskakel, Logan Muller, kon al vyf hul drieë verdoel en twee strafdoelle oorsit.

    Hulle het ook die oorhand gehad tussen die groot manne in die voorry, wat gewoonlik ‘n sterkpunt vir die Diamonds is. Hein Terblanche (haker) en Sean Vermaak (stut) kon twee van die besoekers se drieë aanteken.

    Framesby het nou ‘n afnaweek voordat hulle vir Marlow in Gqeberha onthaal. Marlow het vroeër die jaar in Cradock vir Framesby met 21-19 getroef, en daardie herontmoeting beloof om ‘n opwindende wedstryd te wees met albei spanne wat op goeie vorm is en die tuisspan wat hul trots sal wil terug wen na hul nederlaag voor die vakansie.

    Landboudal kon hul 17-13 nederlaag teen Upington van verlede naweek agter die rug sit om Saterdag vir HTS Louis Botha met 18-0 te wen.

    Sy haker, Bielie Davel, en vleuel, Barry Pretorius, kon agter die doellyn gaan draai en die tuisspan se verdediging het verhoed dat HTS Louis Botha enige punte aanteken.

    Puntemakers:

    Framesby 41 (20) – Drieë: Regardt Viljoen, Gideon Barnard, Sean Vermaak, Hein Terblanche, Con-Zay Hendricks. Doelskoppe: Logan Muller (5). Strafdoelle: Muller (2). Diamantveld 7 (0) – Drie: Lehan van der Westhuizen. Doelskop: Charl Swanepoel.

    Welkom Gimnasium 59 (27) – Drieë: Ronaldo Kiewiet (5), Navan Goeda (2), Naylen Goeda (2), Kamohelo Mokoena. Doelskoppe: Kiewiet (3). Skepskop: Kiewiet. Noord-Kaap 27 (5) – Drieë: Thaylin Rose, Melvin Diedericks. Doelskop: Abdul Fischer.

    Landboudal 18 – Drieë: Barry Pretorius, Bielie Davel. Doelskop: Juhan van der Westhuizen. Strafdoelle: Marius Etzebeth (2). HTS Louis Botha 0.

    Ander tellings:

    Saterdag:

    o.19 A – Zastron 40, Sand du Plessis 7; President Steyn 26, Hoërskool Bloemfontein 14; Brandfort 14, St Andrews 12.

    o.19 B – Diamantveld II 21, Framesby II 13; Diamantveld III 10, Framesby III 10; Framesby IV 19, Kimberley Boys’ High 19.

    o.16 – Diamantveld 17, Framesby 14; Welkom Gimnasium 59, Noord-Kaap 12; Diamantveld II 15, Framesby II 0; Landboudal 29, HTS Louis Botha 0.

    o.15 – Diamantveld 26, Framesby 10; Welkom Gimnasium 17, Noord-Kaap 5; Framesby II 19, Diamantveld II 7; Kimberley Boys’ High 14, Framesby III 10;  Landboudal 40, HTS Louis Botha 8.

    o.14 – Framesby 36, Diamantveld 14; Welkom Gimnasium 17, Noord-Kaap 12; Framesby II 61, Diamantveld 0; Landboudal 19, HTS Louis Botha 10.

    Dinsdag:

    o.19 – Sand du Plessis 17, Hoërskool Bloemfontein 14; Brandfort 53, Brebner 0.

  • The 2023 Commonwealth Youth Games u18 Sevens tournament kicks off

    The 2023 Commonwealth Youth Games u18 Sevens tournament kicks off

    SpringbokSevensThe South African u18 Sevens group are on their way to Trinidad and Tobago, where they will be representing the country at the 2023 Commonwealth Youth Games.

    The team is made up of a variety of the best first-team players in South African schoolboy rugby and looks well-equipped to defend our pride at this year’s Games.

    We face the hosts in the final match of the first day on Sunday before we have two tough opponents on Monday in Canada and Scotland.

    On Tuesday we play against Fiji whose senior team are currently ranked the highest among the participating nations at third in the HSBC Sevens rankings.

    The Blitzbokke ended last season at seventh, the lowest we’ve ever been.

    We’ll look to the young flyers of the future over the weekend to get a taste of what South African sevens rugby might have in store over the next couple of years.

    The fixtures (*local time in Trinidad & Tobago):

    Sunday: 09:00 – Scotland vs Canada; 09:44 – South Africa vs Jamaica; 10:28 – Fiji vs Trinidad & Tobago; 13:00 – Jamaica vs Scotland; 13:44 – Fiji vs Canada; 14:28 – South Africa vs Trinidad & Tobago.

    Monday: 09:00 – Fiji vs Scotland; 09:44 – South Africa vs Canada; 10:28 – Jamaica vs Trinidad & Tobago; 13:00 – South Africa vs Scotland; 13:44 – Fiji vs Jamaica; 14:28 – Canada vs Trinidad & Tobago.

    Tuesday: 09:00 – Scotland vs Trinidad & Tobago; 09:44 – Canada vs Jamaica; 10:28 – Fiji vs South Africa; 13:00 – 5th vs 6th; 14:00 – 3rd vs 4th; 15:00 – Final

    The team is:

    Siyanda Nkosi (Northwood), Fano Linde (Voortrekker), Jeffwin Wesso (Outeniqua), Luann Olivier (Garsfontein), James Nero (Hoërskool Durbanville), Thandolwami Ntshangase (Durban High School), Gino Cupido (Strand), Siybonga Ndlozi (Westville), Lavela Pongolo (Grey High), Bernardo Diedericks (Robertson), Samuel Badenhorst (Paul Roos), Luan Giliomee (Charlie Hofmeyr), Marno Stopforth (Grey College).

  • Battle of the speedsters when Welkom Gimnasium faces Noord-Kaap

    Battle of the speedsters when Welkom Gimnasium faces Noord-Kaap

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Noord-Kaap and Welkom Gimnasium meet on Saturday after both teams started the term with strong performances last week.

    Catch all the action on SuperSport Schools Register now

    Welkom Gimnasium have been exciting to watch all season, putting up scores of more than 40 points against seven of their last eight opponents.

    Last week they comfortably beat Goudveld in Welkom by 41-17, with their star flyhalf, Renaldo Kiewiet, celebrating his return after the holiday break by scoring 19 points with two tries, three conversions and a penalty.

    Kiewiet was the top points scorer at the Craven Week this year where he stood out for the Griffons.

    Despite a challenging season, Noord-Kaap have shown their quality with some big wins this year, including an all-important 18-17 victory against Diamantveld in the Kimberley derby.

    Eldridge Jack, who stood out for the Griquas at flyhalf at the Craven Week, has been central to the Northerns’ success and he will have an important role to play again this week when he starts at inside centre.

    His outfield partners Jonaden Links (fullback), Junior Kettledas (winger) and Keante Pienaar (winger) have combined well all season, and it will be interesting to see how they perform against the Welkom Gimnasium backline who can match them for pace and flair.

    The home team is bolstered by the return of the speedster twins, Naylen and Naven Goeda who have been providing a lot of the excitement for the Gimmies this season.

    Their return allows Kiewiet to move back to his flyhalf position and Julian Samuels returns to the scrumhalf position where he is most comfortable.

    The Northerns have shown that they have a massive fight in them already this year, so they should never be underestimated, but the Gimmies should be the favourites going into this game, judging by their recent form.

    The teams are:

    Welkom Gimnasium vs Noord-Kaap at 12:15:

    Welkom Gimnasium:  15 Naylen Goeda, 14 Naven Goeda, 13 Taschon Meas, 12 Mojalefa Mathoka, 11 Kamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Raylen Kirsten, 7 Aiden Bezuidenhout, 6 Ayanda Silwanyana 5 Jayden Auld, 4 Ruan Greyling, 3 Keanen August, 2 Danté Smith, 1 Buchle Mxhabai.

    Noord-Kaap: 15 Jonaden Links, 14 Junior Kettledas, 13 Kim van der Horst, 12 Eldridge Jack, 11 Keante Pienaar, 10 Abdul Fischer, 9 Lwandle Maseko, 8 Shaw Lourens, 7 Ambijorn Vraagom, 6 Melvin Diedericks, 5 Thaylin Rose, 4 Wentzel Hibbert, 3 Moeketsi Lang, 2 Liam Harmse, 1 Eveton Hamat.

    Other fixtures:

    10:00 – Sand du Plessis vs Zastron; 10:30 – President Steyn vs Hoërskool Bloemfontein; 11:00 – Brandfort vs St Andrews (Bloemfontein); 11:10 – Hendrik Potgieter vs Brebner; 11:30 – Landboudal vs HTS Louis Botha.

     

  • HTS Drostdy and Oakdale Landbou square off on Trappes Park this Saturday

    HTS Drostdy and Oakdale Landbou square off on Trappes Park this Saturday

    PHOTO: Marnus Prinsloo

    Hoër Landbouskool Oakdale travels to HTS Drostdy for what promises to be an exciting match in Worcester on Saturday.

    Catch all the action live on SuperSport SchoolsRegister now

    When these two teams met last year, Oakdale managed to scrape by with a 22-20 victory on the farm in Riversdale.

    With the home-ground advantage this year, the HTS Drostdy boys will hope to be able to topple Oakdale for the first time since 2017, when they won 24-13.

    The current Springbok Sevens star, Christie Grobbelaar, played for HTS Drostdy that year.

    Last weekend Oakdale looked strong against Paul Roos until their efforts came to nothing after a red card allowed their opponents to take control of the game and win by 27-15.

    If they can maintain their discipline this weekend they should be able to handle the hosts.

    HTS Drostdy should never be written off though, as they proved already this season by keeping Paarl Boys’ High within range, narrowly losing 13-6 earlier this season, and by beating Diamantveld 15-13 on their own home pitch at the Absa Wildeklawer Festival in Kimberley.

    Cayden Malgas, the home team’s fullback, is a live-wire and Darius Venter who moves to flanker from lock to cover for Matt Ramao has also been a standout player for the team from Worcester.

    For Oakdale, Waylon Kortjie (fullback), Therlow Prins (winger) and Devon Windvogel (prop) are some of the players to keep an eye on this weekend.

    Strand faces Parel Vallei without their centre, Gino Cupido, who is en route to Trinidad and Tobago where he will be competing at the Commonwealth Youth Games as part of the SA U18 Sevens squad.

    The teams are:

    HTS Drostdy vs Oakdale at 13:40:

    HTS Drostdy: 15 Cayden Malgas, 14 Adrian Vergotine, 13 Aljay Skippers, 12 Kenneth Jansen, 11 Bernedict George, 10 Josh Fourie, 9 Graham Thompson, 8 MJ van der Westhuizen, 7 Darius Venter, 6 Ettiene Claasen, 5 Piet Erasmus, 4 Marcus Lee, 3 Tertius Wantenaar, 2 Daniel Mallet, 1 Walter Schoeman.

    Oakdale: 15 Waylon Kortjie, 14 Duraan Janse van Rensburg, 13 Louis Fourie, 12 Kurt Coetzee, 11 Therlow Prins, 10 Shaydon Fradie, 9 Tian Ferreira, 8 Erick Steyn, 7 Migail Barnard, 6 Hanno Louw, 5 Roy Viljoen, 4 Hanre Jubelius, 3 Marco Steyn, 2 JC van Wyk, 1 Devon Windvogel.

    Curro Langebaan vs Labori at 13:05:

    Curro Langebaan: 15 Connor Adams Jones, 14 Zarco van Zyl, 13 Chad Louw, 12 Jacques de Klerk, 11 Liam Wellman, 10 Dequinne de Bruyn, 9 Kyle Albertus, 8 Joshua Paddock, 7 Jihan Basson, 6 John Luke Fredericks, 5 Leighton Damons, 4 Marco Stander, 3 Fabio Cordeira, 2 Henry Shone, 1 Sam Terblanche.

    Labori: 15 Christiaan Beukes, 14 Charlton Robyn, 13 Leo de Wet, 12 Xavier de Wee, 11 Anwill Olivier, 10 MacNiel Thomas, 9 Migael Brits, 8 Danté Muller, 7 O’Shea Pekeur, 6 Christiaan Wearne, 5 Daniël Düring, 4 Heinrich Lategan, 3 Matthys Nieuwoudt, 2 Jannie Strauss, 1 Christiaan Kershoff.

    Strand vs Parel Vallei at 12:10:

    Strand: 15 Jodeci Davids, 14 Paul Schutte, 13 Jayden Cookson, 12 Grezano Plaatjies, 11 Heinrich April, 10 Tyron Nicholas, 9 Leighton Fisher, 8 Ayden Afrika, 7 Michael Meyer, 6 Hanro Bezuidenhout, 5 PJ van der Schyff, 4 Ludeke van Tonder, 3 Wikus Meyer, 2 Roeben Robinson, 1 Zane Fortuin.

    Parel Vallei: 15 Liam Toring, 14 Nathaniel Oktober, 13 Lourens Louw, 12 Bongi Bawuti, 11 Jonathan Knipe, 10 Marlon Abrahams, 9 James Kent, 8 Nissi Mugada, 7 Anithan Claassen, 6 Dylan Cockroft, 5 Christopher Gouws, 4 Believe Mwabi, 3 Christiaan Uitnweerde, 2 Adriaan Stevens, 1 Orin Adams.

    Hugenote vs Brackenfell at 12:00:

    Hugenote: 15 Lian Wiid, 14 Jermaine Mohammed, 13 Keenan Johnson, 12 Keanu Saunders, 11 Joshua Lewis, 10 Wade Green, 9 Hugo Steenkamp, 8 Xavier October, 7 Marcus Wiid, 6 Dillon van Wyk, 5 Nathan Crouch, 4 Brett Arendse, 3 Morne Grobler, 2 Charlton Manuel, 1 Cameron de Kock.

    Brackenfell: 15 Junior Louw, 14 Cwenga Ntsapho, 13 Caden Schafers, 12 Xavier Valentine, 11 Cayden Davids, 10 Sebastian Hahn, 9 Mickyle Smith, 8 Raiden Rodney, 7 Luhn van Wyk, 6 Nicholas van Wyk, 5 Ntsikayomzi Njongonkulu, 4 Tiaan Crous, 3 Graigan Matroos, 2 Matthew Wyngaard, 1 Johan Groenewald.

    Other fixtures:

    U19 – 11:45 – Bergvliet vs Fish Hoek; 12:40 – Swartland vs Hopefield.

     

  • Framesby wil op hul momentum voortbou teen Diamantveld in Kimberley

    Framesby wil op hul momentum voortbou teen Diamantveld in Kimberley

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Framesby kom Saterdag al die pad van Gqeberha om vir Diamantveld in Kimberley aan te vat vir die eerste van wat ‘n jaarlikse interskole kan word.

    Kyk die wedstryd regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

    Hierdie bepaling is onlangs eers vasgemaak, en gee vir Diamantveld nog ‘n laaste tuis-wedstryd vir die seisoen.

    Diamantveld en Framesby het mekaar laas in 2011 ontmoet. Die Diamonds het daardie wedstryd gemaklik met 47-10 gewen.

    Alhoewel die twee spanne nie gereeld teenstanders deel nie het albei al hierdie jaar teen Noord-Kaap gespeel.

    Die Diamonds het in ‘n epiese stryd teen hul bure met 18-17 verloor, en Framesby kon die Northerns met 14-7 wen toe hulle by die Kearsney Paas-Rugbytoernooi ontmoet.

    Die besoekers het verlede naweek ‘n stelling gemaak deur om vir Grey High met 17-15 te wen en die Diamonds kan ‘n span vol selfvertroue verwag.

    Diamantveld het verlede naweek gesukkel om hul vorm van voor die vakansie te vind toe hulle met 46-17 teen ‘n sterk Voortrekker span in Bethlehem verloor het.

    Hulle was egter sterk op hul tuisveld en kon in hul vorige wedstryd in Kimberley ‘n omvattende 30-15 sege teen Duineveld behaal.

    Die tuisspan se senterpaar van Valentino Lenge en Simon Liversage is ‘n gevaarpunt vir Framesby.

    Lenge het uitgestaan vir die Griekwas by die Cravenweek in George gedurende die vakansie, en Liversage was sentraal tot die Griekwa Akademiespan se sukses in Johannesburg.

    Framesby het drie spelers in die onoorwonne EP span by die Cravenweek gehad.

    Sean Vermaak (stut), Hein Terblanche (haker) en Jaco Pretorius (slot) was het hul skool by die jeugweek verteenwoordig.

    Hulle skrum egter teen drie Griekwa spelers wat ook daar deelgeneem het. Achiles de Jager (flank), JJ Fourie (flank) en Flip du Randt (stut) was Diamantveld se voorspelers in die provinsiale span die jaar.

    Die kragmeting tussen die twee pakke behoort ‘n bepalende faktor in die uitkoms van die wedstryd te wees.

    In Kathu is daar ook ‘n groot derby waneer die nommer een en twee skole in die Griekwaland-Wes medium en kleinskole liga, Curro Kathu en Hoërskool Kathu mekaar aanvat vir spogregte in die dorp.

    Verlede jaar was daar niks om die twee spanne te skei nie, na Curro Kathu van 24-0 agter teen halftyd kon terugkom om daardie wedstryd op 32-elk gelykop te trek met ‘n strafdoel in die laaste oomblikke.

    Hierdie jaar lyk Curro Kathu soos een van die sterkste spanne in die liga, maar hul buurskool is op hul hakke op die ranglys en hierdie wedstryd kan bepalend wees.

    Die spanne is:

    Diamantveld t. Framesby om 12:30:

    Diamantveld: 15 Liam Ferris. 14 Kyle Taute, 13 Valentino Lenge, 12 Simon Liversage, 11 Michael Prinsloo, 10 Marno Greef, 9 Marco Matthewson, 8 Stiaan van Loggenberg, 7 Ernie Kruger, 6 Achiles de Jager, 5 JJ Fourie, 4 Diwan Muller, 3 Flip du Randt, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.

    Framesby: 15 Tristan Afrika, 14 Con-Zay Hendriks, 13 Regardt Viljoen, 12 Tony Williams, 11 Hugo Nothnagel, 10 Logan Muller, 9 Jhonny Antoniou, 8 Zander Minnie, 7 Johan van Zyl, 6 Gideon Barnard, 5 Jaco Pretorius, 4 Rayn Rousseau, 3 Zanco Els, 2 Hein Terblanche, 1 Sean Vermaak.

    Curro Kathu t. Hoërskool Kathu om 13:00:

    Curro Kathu: 15 Luis Cassumba, 14 Timothy Isaacs, 13 Julius Muzaza, 12 Rehaden van Wyk, 11 Ashley Sickles, 10 Leighton Hopshire, 9 Marcwin Nero, 8 Ruben Wessels, 7 Zavier Magerman, 6 Lindzae Peacock, 5 De-Anzo Eilerd, 4 Biochoko Thlopele, 3 Damian Maclean, 2 Wiaan Hatting, 1 Michael Viljoen.

    Hoërskool Kathu: 15 Louis Marx, 14 Eagon Barry, 13 Ashrand van Rooi, 12 Stefan Brits, 11 Elrando Rooiland, 10 Mitchell Havenga, 9 Caylib Jacobs, 8 DP Kotze, 7 Meiring Grove, 6 Ockie Maritz, 5 Denzil von Broen, 4 Tinus Barnard, 3 Duan Janse van Rensburg, 2 Riaan Esterhuizen, 1 Kutlo Moyo.

    Ander bepalings: 

    13:25 – Kalahari t. Hoërskool Upington; 13:50 – Duineveld t. Hoërskool Bellville; 14:20 – Hopetown vs Prieska.

  • Jim Fouché sluit Wesgrow reeks af teen Trio in Kroonstad

    Jim Fouché sluit Wesgrow reeks af teen Trio in Kroonstad

    Die finale rondte van die 2023 Wesgrow Sentrale Sportsreeks speel hierdie naweek af, met nog net Diamantveld en Goudveld wat volgende naweek eers hul laaste bepaling afhandel.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools Registreer nou

    Verlede jaar het Hoërskool Trio vir Jim Fouché in die Kovsie-liga eindstryd met 22-19 getroef in hul debuutseisoen.

    Hierdie jaar is die egter die Bloemfonteiners wat meer sukses ervaar.

    Jim Fouché beleef ‘n merkwaardige seisoen en het nog net die een Wesgrow bepaling teen die onoorwonne Fichardtpark verloor met 39-33 na ‘n riller van ‘n wedstryd op hul tuisveld vroeër die jaar.

    Hul kaptein en Cravenweek haker, Stefan Theron, speel ‘n sentrale rol in hul sukses hierdie jaar en hy sal weer ‘n speler wees om dop te hou Saterdag.

    Die span van Bloemfontein word ook aangesterk deur Phillip Noëth op flank wie meeste van die seisoen weens ‘n besering gemis het. Saam met Venter en hul staatmaker agsteman, Calvin Bolt, kan die besoekers vir Hoërskool Trio probleme rondom die afbreukpunte veroorsaak.

    Die Green Machine het verlede naweek vir Witteberg met 45-24 geklop in Bethlehem en hulle sal Saterdag hul Wesgrow-veldtog op ‘n hoë noot wil afsluit.

    Hoërskool Trio het ‘n moeilike seisoen tot dusver, maar met sewe Cravenweek spelers en ‘n generaal soos Byron Biennas (losskakel) wat by die Akademieweek in Johannesburg vir die Griffons uitgestaan het is dit altyd gevaarlik om die span van Kroonstad af te skryf.

    Charlten Basson (senter), Thuto Kekane (vleuel), JD Kirstein (slot), Tapiwa Mundeta (agsteman) en CJ Taljaard (skrumskakel) is die Griffons Cravenweek spelers wat Saterdag vir Trio in aksie sal wees.

    Hul Cravenweek haker, Heinrich Loubsher, is nie beskikbaar vir die wedstyd nie en Dandre Bloem, die Griffons stut, begin op die plaasvervangerbank.

    Fichardtpark kan hul Wesgrow-veldtog onoorwonne eindig indien hulle nog ‘n sege teen Witteberg kan behaal.

    Die Fichie-leeus beleef ‘n droomjaar, en is beloon vir hul harde werk deur hul groot slot, Jaco Grobbelaar, se insluiting in die SA Skole span na hy vir die Vrystaat by die Cravenweek in George uitgestaan het.

    Die Bloemfonteinse skool is al vir 16 agtereenvolgende wedstryde hierdie seisoen onoorwonne, met slegs die twee wedstryde teen Hoërskool Trio (17-elk) en Hoërskool Pietersburg (31-elk) wat hulle nie kon wen nie.

    Hul vleuels, Janco Mollentze en Edward Mpinga, is twee spelers om dop te hou die naweek, en die Cravenweek skakelpaar van Dailen Geldenhuis (loskakel) en Devanté Claassen (skrumskakel) sal die speltempo wil beheer soos hulle al menigde kere die seisoen kon doen.

    Witteberg se ster-skrumskakel, Dries Stemmet, wat saam met sy agsteman, Daniel Meintjies, by die VKB Platteland-week in Reitz uitgestaan het, begin Saterdag op losskakel.

    Hul heelagter, Curtley Smith, het ‘n beseering opgedoen en die tuisspan moes noodgedwonge hul agterlyn rondskuif.

    Sydwell Sethi beweeg van losskakel na heelagter terwyl Kirsten Fourie die skrumskakel-rol sal behartig.

    Sentraal kon nog nie ‘n oorwinning in hierdie jaar se Wesgrow-reeks behaal nie, en om dit reg te kry teen Voortrekker in Bethlehem sal hul beste vertoning van die seisoen verg.

    Die Trekkers is sonder hul uitblinker Cravenweek heelagter, Tumi Khoza en hul Akademieweek haker, Arnold Ras, vir die wedstryd.

    Hul agsteman, Fano Linde, is ook nie beskikbaar Saterdag nie. Linde is as deel van die SA o.18 Sewes-groep na Trinidad and Tobago waar hy aan die Statebond Jeugspele gaan deelneem.

    Daar is egter steeds vele gevaarpunte in die Voortrekker span en hul vleuels, Kamohelo Moses en Kaneng Komane, het al gewys hoe blitsvinnig hulle in bietjie spasie is.

    Die tuisspan se groot stut, Cecil Parsons, speel ook ‘n barshou hierdie jaar, saam met sy twee flanke, Alberto Argentino en Jayden de Jesus, kan hy groot moeilikheid veroorsaak vir die besoekers.

    Sentraal se Blokke sal moet bontstaan om Voortrekker in toom te hou.

    Die spanne is:

    Hoërskool Trio t. Jim Fouché om 13:30:

    Hoërskool Trio: 15 Jaco Steyn, 14 Haaron Kabeyam 13 BJ Pelser, 12 Charlten Basson, 11 Thuto Kekane, 10 Byron Biennas, 9 CJ Taljaard, 8 Tapiwa Mundeta, 7 Ewald Tolmay, 6 JP Botha, 5 Hencoe Kriek, 4 JD Kirstein, 3 Jesse Jordaan, 2 Justino Matteus, 1 Anrhu Mulder.

    Jim Fouché: 15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Wiandro Wiese, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Tristan van der Walt, 8 Calvin Bolt, 7 CJ Raath, 6 Phillip Noëth, 5 SW van der Merwe, 4 Stefan van Rooyen, 3 Stean Marais, 2 Stefan Venter, 1 Bernard Labuschagne.

    Witteberg t. Fichardtpark om 13:30:

    Witteberg: 15 Sydwell Sethi, 14 Ashton Diedericks, 13 Kenyon Morat, 12 Nico van Rensburg, 11 Xavier Lotter, 10 Dries Stemmett, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Lesego Mosikidi, 6 Marco Grobler, 5 Gerard de Boer, 4 Pieter Nel, 3 Bongi Mbambo, 2 Jacques van der Merwe, 1 Zethu Mokhosi.

    Fichardtpark: 15 Rubin Visagie, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Tumelo Leputla, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Luhan du Plessis, 2 Jaco Janse van Rensburg, 1 Zaine van Zyl.

    Voortrekker t. Sentraal om 13:30:

    Voortrekker: 15 Tiaan van Rooyen, 14 Kamohelo Moses, 13 Hein Smith, 12 Craig Mann, 11 Kaneng Komane, 10 Johan Whithead, 9 Alexander Maree, 8 Dawid Fourie, 7 Alberto Argentino, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Hendrik Matthee, 1 Francois Maree.

    Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Zander Brits, 12 Sarel Taljaard, 11 Jayden Betty, 10 Hendrik Jonker, 9 Schalk Linde, 8 Hanco du Rand, 7 Stephan de Lange, 6 Chris Kachelhoffer, 5 Steven Smith, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

     

  • Oos-Vrystaat en Sandveld se kampioene word die naweek gekroon

    Oos-Vrystaat en Sandveld se kampioene word die naweek gekroon

    Hoerskool WilgerivierDie Sandveld en Oos-Vrystaat ligas het verlede Saterdag hul onderskeie halfeindrontes gehou.

    Die vier spanne wat deur is na die twee eindstryde toe sal dan ook teen mekaar speel in die halfeindstryd van die Vrystaat Platteland Liga.

    Die Sandveld-liga eindstryd vind Saterdag plaas by die Griffons Stadion waneer Wilgerivier vir Hoopstad aanpak.

    Die Oos-Vrystaat liga eindstryd tussen Vrede en Ficksburg vind plaas te Vrede op dieselfde dag.

    Verlede jaar se kampioene, Vrede, lyk goed ingerig om hul titel te verdedig na hulle een van die sterkste uitdagers, Ladybrand, met 24-12 kon wegsien in die halfeindstryd.

    Hul haker, PJ Botha, en senter, Nkosana Lesolang, kon twee drieë elk druk teen die span van Ladybrand.

    Ficksburg kon die ander plek in die eindstryd boek nadat hulle met 19-0 met Paul Erasmus afgereken het.

    Retief is sonder ‘n wedstryd deur na die eindstryd in die Oos-Vrystaat B-liga, waar hulle dan vir Harrismith sal kry na die laasgenoemde se oorwinning van 27-22 oor Marquard.

    Hoopstad kon vir Bothaville met 36-21 wen in die Sandveld-liga se halfeindronde en hul losskakel, Arrie Ferreira, was weereens een van hul uitblinkers.

    Wilgerivier het Henneman met 38-15 oorkom in hul halfeindstryd. Hul skrumskakel, Marnus Swart, was twee keer agter Henneman se doellyn om te help om hul plek in die eindstryd te boek.

    Winburg is die Sandveld B-Liga kampioene na ‘n 38-27 Sege teen Salomon Senekal in die eindstryd. Hul losskakel, Khetso Mokhati, het ‘n groot rol gespeel in daardie wedstryd deur om ‘n drie te druk en met vier van sy vyf doelskop pogings te slaag.

    Winburg het vroeg die jaar al gelyk soos ‘n span met ‘n plan toe hulle vir Wessel Maree met 22-15 kon klop in hul eerste wedstryd van die seisoen.

    Winburg en Henneman pak mekaar dan Saterdag in die Sandveld-uitspeelrondte aan.

    Die spanne is: 

    Wilgerivier t. Hoopstad om 14:40:

    Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 JF Reyneke, 13 Thlompo Motsapi, 12 Marnus Swart, 11 Ernst Richter, 10 Wian Muller, 9 Tiaan Hattingh, 8 Jean-Pierre Prinsloo, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Walt, 4 Juan de Klerk, 3 Zernich van Zyl, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.

    Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Edward Graham, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Marco Wolfaardt, 8 Adam Barnard, 7 AB Muller, 6 Jurgens Human, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Juan Dreyer, 3 Hano Botha, 2 AP Meyer, 1 Pieter Vosloo.

    Vrede t. Ficksburg om 14:40:

    Vrede: 15 Awie Viljoen, 14 Henco Crouse, 13 Skosana Lesolang, 12 Wynand Engelbrecht, 11 Nichaelin Patrick, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 Wikus Fourie, 7 Nathan Venter, 6 Thabang Motaung, 5 Theo van Zyl, 4 Du Toit Neethling, 3 Paul du Plessis, 2 PJ Botha, 1 Adriaan Mostert.

    Ficksburg: 15 Robert Ntholi, 14 Bokang Ntsala, 13 Khotso Potloane, 12 Lefa Lehalehale, 11 Bokamoso Kgang, 10 Ernest Makhele, 9 Thlonolofatso Matlotlo, 8 Lebo Lehohla, 7 Karabo Morobe, 6 Thato Chaka, 5 Heimerich Meyer, 4 JJ Nell, 3 Molibeli Theoha, 2 Juandré Steenkamp, 1 Thabo Mafane.

    Ander bepalings:

    o. 19 – 13:20 – Retief t. Harrismith; 10:50 – Winburg t. Henneman.

     

     

  • Stellenberg look to repeat last year’s success in George against the Kwaggas

    Stellenberg look to repeat last year’s success in George against the Kwaggas

    Stellenberg travel to George to take on Outeniqua as the host’s centenary season nears its end.

    Watch live on SuperSport Schools Register now

    When these two teams met last year, Stellenberg were victorious with 27-17. After a strong performance against Rondebosch Boys’ High, which they won by 20-17 last week, the Jade Brigade hopes to repeat the previous year’s success on Saturday.

    The Kwaggas have had an amazing season as they’ve celebrated their 100th year and they’ve been phenomenal on their home turf, with their only defeat in George coming against Grey College in a 19-17 thriller in April. Their only other loss this season came at the Absa Wildeklawer Festival in Kimberley when Garsfontein beat them 19-8.

    Last weekend, they played host to an in-form Paarl Gimnasium and defended valiantly in difficult conditions to hold the Paarl juggernaut to a 10-all draw.

    One of the areas in which the hosts had the upper hand in that game was the ability shown by JT Strydom (fullback) and Andrew Stopforth (flyhalf) to adapt their kicking game to the conditions, with Strydom’s conversion and penalty goal ultimately saving his team as both of Paarl Gimnasium’s tries remaining unconverted.

    Strydom has been exemplary at fullback all season and represents Outeniqua in the SA Schools A team after his performance for SWD at the Craven Week which was hosted by his school during the holiday.

    Stellenberg’s centre, Ruben Thompson, played on the wing against Rondebosch Boys’ High, from where he scored all 20 points for his team with two tries, two conversions and two penalties last weekend. He will definitely be one to watch in the squad from Bellville.

    The Kwaggas’ star flanker, Jeffwin Wesso, is not available for this game, as he is on his way to Trinidad and Tobago, where he will be competing at the Commonwealth Youth Games as part of the SA U18 Sevens team.

    Ruart Curlewis takes his place at the side of the scrum.

    The loose forwards may have a telling role to play in this match, and the visitors will be expecting another big shift from their flanker, Marco Ferreira.

    Ferreira holds the Stellenberg record for most tries in a single match after crossing the white line six times in their 60-5 romp against Parel Vallei in June this year.

    Outeniqua beat Parel Vallei by a similar margin (59-6) in their first match of the season.

    Judging by their performance from last week though, Outeniqua will not be giving away any easy tries and Stellenberg will need to be at their best to contain the likes of the Kwagga wingers, JJ Daters and Ashwen Damons, who have been phenomenal all year.

    This fixture produces a thrilling competition every year and this meeting is set to be another great advertisement for South African schools rugby.

    The teams are:

    Outeniqua vs Stellenberg at 13:30:

    Outeniqua: 15 JT Strydom, 14 JJ Daters, 13 Luca Potgieter, 12 Estiaan Cronje, 11 Ashwen Damons, 10 Andrew Stopforth, 9 Jamil Pretorius, 8 Brendon Gouws, 7 Dewald Gerber, 6 Ruart Curlewis, 5 Jayden Potgieter, 4 Michael Cronje, 3 Juan Kleinhans, 2 Nathan Smith, 1 Ruan Swart.

    Stellenberg: 15 Dehan Neethling, 14 Liam Smith, 13 Estian Steyn, 12 Ruben Thompson, 11 Stefan Roux, 10 Tyron Labuschagne, 9 Clyde Frieslaar, 8 Dale du Toit, 7 Marco Ferreira, 6 Alex Schoeman, 5 Corne Bruwer, 4 Zian Erasmus, 3 Herman Lubbe, 2 Almero Keizer, 1 Niel de Beer.

    Other fixture:

    13:10 – Hoërskool Punt vs Bredasdorp.