Talle nuwe rekords staan nou langs die naam van Rumé Burger, nadat sy die afgelope paar maande die baan aan die brand gehardloop het.
Die 16-jarige van die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein het die 100 m by die Grey/OMS-byeenkoms in Oktober oorheers en ‘n indrukwekkende 11.79 sekondes behaal. Met daardie vertoning het sy nie alleen die Olimpiese atleet, Justine Palframan, se vorige rekord van 11.89, wat in 2009 opgestel is, uit die boeke gevee nie, maar was dit ook ‘n persoonlike beste vir Rumé.
Daarbenewens het sy 1 000 punte vir haar skool in die 200 m verdien en is sy as Senior Victrix Ludorum en Beste Baanatleet van die byeenkoms vereer.
In September het Rumé die eerste plek in beide die 100 m en 200 m in die o.17-naellope behaal, wat in die proses nuwe byeenkomsrekords opgestel het. Sy is ook aangewys as die Senior Victrix Ludorum vir baanatlete by die Noord/Suid-byeenkoms in die Paarl. Onlangs, by die NWU Top-30-byeenkoms in Potchefstroom, het sy die Senior Victrix Ludorum-titel onder 3 200 atlete weggeraap.
Rumé is ook vroeër vanjaar by die Curro Podium Top-14-byeenkoms as Pretoria se beste senior baanatleet erken, nadat sy haar persoonlike rekords in die 100 m (11.98) en 200 m (24.07) verbeter het. Tydens die Vrystaatse hoërskole-atletiekkampioenskap in Bloemfontein het sy vier rekords oor vier wedlope, insluitende twee naellope en twee aflosse, laat spat.
Rumé het die jarelange o.16 meisies se 100 m rekord van 12.02 verbeter in ‘n tyd van 11.92, terwyl sy ook die 200 m-rekord van 25.12, wat in 2016 opgestel, is na ‘n indrukwekkende 23.99 verbeter het. In die o.16 100 m-aflos het sy met Roné Strydom, Carli Uys en Danyelle Pienaar saamgespan om die 2016 Vrystaatse rekord van 50.90 na 49.84 af te bring.
Voorts het Rumé bygedra tot die o.19 1 000 m-aflosspan se verbetering van die Oranje-rekord van 2:19.48 in 2022 tot 2:16.99.
Rumé is van kleins af lief vir atletiek en het haar reis op die ouderdom van sewe begin. Sy het egter eers haar besonderse talent ontdek tydens ‘n speelse jaagtog met haar pa, die voormalige Cheetahs-rugbyspeler, Philip Burger. Sy het eers op die ouderdom van 13 ernstig begin oefen en, onder die wakende oog van hulpafrigter Elinda Vorster, haar volle potensiaal ontwikkel.
Ten spyte daarvan dat Rumé sedert die ouderdom van 10 voortdurend die eindronde by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gehaal het, het sy haar eerste medalje – ‘n silwer in die 200 m – eers in 2023, ná vyf jaar se geswoeg, verower.
Haar loopbaan was ook nie sonder terugslae nie. By vanjaar se SA Kampioenskap, nadat sy tweede in die 100 m geëindig het, het sy ‘n besering opgedoen ná die 200 meter semi-finaal, wat haar verhinder het om voort te gaan in die kompetisie.
“Dit was vir ’n groot teleurstelling,” erken sy.
Atletiek hou Rumé nie net fiks en gesond nie, maar kweek ook ‘n gevoel van trots en prestasie.

“’n Mens raak verslaaf aan die adrenalien van ’n groot byeenkoms en die vervulling wat daarop volg,” sê sy. “Dit help my ook om doelwitte en teikens te stel, en die trots wat ek voel wanneer ek dit bereik is ongeëwenaard.”
Rumé erken dat die grootste uitdagings dikwels op moeilike dae of tydens oefensessies in uiterste weerstoestande ontstaan, wat tot beserings kan lei.
“Ek dink nie mense verstaan ten volle die opofferings wat betrokke is nie; soms oefen ek tot ses dae per week.”
Haar uiteindelike droom is om in 2028 aan die Olimpiese Spele en in 2026 aan die Wêreldkampioenskap deel te neem. Rumé is vir eers egter op die komende seisoen gefokus.
“Ek vertrou op Jesus vir ‘n beseringsvrye seisoen sodat ek my tye verder kan verbeter om vir senior kampioenskappe te kwalifiseer.”
Die 18-jarige Bianca Lubbe van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (Affies) het die afgelope paar jaar naam gemaak op die netbalbaan.
Sy spog met indrukwekkende prestasierekords, insluitende provinsiale kleure vir Gauteng en verteenwoordiging van sowel Suid-Afrika se o.16- as o.18-Fast 5-netbalspan by die Statebond-jeugspele.
Na ‘n dekade by Hoërskool Despatch, begin Theresa Prince ‘n opwindende nuwe reis as hoof van netbal by Hoërskool Pearson.

Noordheuwel se 18-jarige Kiara van Eeden het reeds merkwaardige prestasies in haar netballoopbaan op skool behaal.
Hoërskool Durbanville het vir die derde agtereenvolgende jaar die interskole-titel ingepalm, om hul oorheersing in die kompetisie te benadruk. Durbanville se eerste span het Saterdag teen Hoërskool Stellenberg geseëvier met ‘n eindtelling van 44-23.
Hoër Meisieskool Bloemhof het die top-eerbewyse in vanjaar se interskole-kompetisie ingepalm en die wenner se titel teruggeëis van C&N Sekondêre Meisieskool Oranje, wat verlede jaar die oorwinning behaal het.
Die interskole-kompetisie tussen Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Durbanville lewer jaarliks hope opwinding vir leerders, ouers en die breër gemeenskap.

Hierdie naweek vind die 26ste jaarlikse interskole-kompetisie plaas tussen twee van die land se top meisieskole, Hoërskool Bloemhof en C&N Sekondêre Meisieskool Oranje.
Op Vrydag, 9 Augustus, vind een van die mees langverwagte jaarlikse interskole-byeenkomste in die Oos-Kaap plaas wanneer Hoërskool Nico Malan van Humansdorp en Hoërskool Framesby in Gqeberha kragte meet.