SSPN Test Site

Blog

  • Hentie Cilliers die kampioen van die Griffons

    Hentie Cilliers die kampioen van die Griffons

    NuusG JaywinJuriesDIE eerste rugbyspan van Hentie Cilliers van Virginia het sy titel as Griffon-kampioen behou deur oor die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem 22-10 in die eindstryd van dié liga op die Noordwes-stadion in Welkom koning te kraai.

    Dit was die eerste keer ooit dat die span van Bethlehem in die eindstryd van die Griffon-liga aan die verloorkant was. Die span se losskakel, Tokkie van Zyl het 14 punte na die pale toe verbrou. Dit het die span deur te staan gekom.

    Die Trekkers sal nou na Kimberley moet reis om teen die verdedigende kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole), die Hoërskool Noord-Kaap in die halfeindstryd van dié liga te pak.

    Hentie Cilliers moet na Bloemfontein reis waar hulle teen die Vrystaatse kampioen, Louis Botha in die ander halfeindstryd sake sal uitspook.

    Dit was die eerste keer sedert 2010 wat die span van Virginia daarin kon slaag om sy teenstanders van die Oos-Vrystaat ore aan te sit.

    Die span se agtsteman, Gregan Hull is moeililk grond toe gebring. Hy was weer soos in al sy span se kragmetings tydens die liga ‘n staatmaker gewees. Henties se kaptein en slot Brandon Kuzatjike het ‘n groot aantal duikslae uitgevoer. Agterlangs was die senter Rian Pretorius se verdediging rotsvas, terwyl die skrumskakel Jaywin Juries die spel met sy besluitneming dikteer het. Hy het vinnige diens aan sy losskakel Sylvester Lewis verskaf.

    In die Volksblad-liga (vir o.15-spanne) sal daar eers vandag na ‘n vergadering besluit word wie die Vrystaat in die streekkompetisie sal verteenwoordig. Fichardtpark en Sentraal het 19-elk gelykop in die eindstryd van die Vrystaatse liga gespeel.

    Die grondwet van die Vrystaat Hoërskole-rugbyvereniging het nie ‘n bepaling wie in so geval deurdring nie. Fichies behoort die Vrystaat te verteenwoordig indien daar besluit word dat die span wat bo-aan die liga geëindig het, tot die streekkompetisie sal deurdring.

    Dié span sal teen Voortrekker van Bethlehem in die halfeindstryd van die Volksblad-liga te staan kom. Die Trekkers moes hard werk om die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad 12-7 in die eindstryd van die Griffon-liga te klop. Rooiskool sal in die ander halfeindstryd van die streekkompetisie teen Noord-Kaap te staan kom.

    In die Vrystaatse o.14-liga het Fichardtpark en Sentraal 12-elk gelykop in die eindstryd gespeel. In die Griffon-liga het Rooiskool se tweede span teen Voortrekker 8-10 tweede gekom.

    In die o.14-eindstryd was Witteberg in ‘n taai eindstryd teen Welkom-Gimnasium 26-24 baas. Die twee spanne was met die omdraaislag gelykop met die telling op 19-elk.

    Puntemakers:

    Hentie Cilliers 22 (14) – Drieë: Jamie Joseph, Jonathan April, Jaywin Juries. Doelskoppe: Ethan Williams (2). Strafdoel: Juries. Voortrekker 10 (5).

  • Louis Botha onttroon JF as kampioen

    LOUIS BOTHA het die rugbyspan van Jim Fouché as die Vrystaatse A1-liga kampioen onttroon. Louis Botha het JF 30-18 op ‘n winderige veld van Hoërskool Fichardtpark in die eindstryd van die liga getroef.

    Die kampioen het dit boonop sonder sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die flank Fifi Rampeta en Ox Nche vermag. Die twee het die nasionale span Saterdag teen Wallis tot ‘n oorwinning van 14-13 gehelp.

    Hulle is albei egter terug vir die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) se halfeindstryd eerskomende Saterdag teen Hentie Cilliers van Virginia. Noord-Kaap van Kimberley en Voortrekker van Bethlehem sê mekaar in die ander halfeindstryd die stryd aan.

    Louis Botha se senter Ali Mgijima was puik in die Vrystaatse eindstryd. Hy het ‘n paar harde duikslae op Jim Fouché se spelers uitgevoer. Die span se haker, Grayden Benn was voorlangs sy span se beste speler. Hoewel die wenspan se lynstaanspel in die hewige wind gesukkel het.

    Louis Botha kon nie in die tweede helfte daarin slaag om punte aan te teken nie. Hy het rustyd 30-18 voorgeloop.

    In die Vrystaatse B2-eindstryd het die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg vir Seonela 22-10 tot oorgawe gedwing. Die span sal nou vir Bultfontein in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se nuutste liga die Colt-liga pak. Bultfontein en die Hoërskool Sandveld van Wesselsbron is die twee verteenwoordigers van die Griffons in die liga.

    Die Hoërskool Blinkklip van Postmasburg wag in die ander halfeindstryd van die Colt-liga op Sandveld.

    Vir Reddersburg het die senter Donovan Pretorius en slot Lukas Muller in die sege oor Seonela uitgeblink. Muller het 14 keer omgekeerde balbesit in die eindstryd verseker.

    Puntemakers:

    Louis Botha 30 (30) – Drieë: Ali Mgijima, Themba Songelwa, Sheldon Fortuin, Dale Koopman. Doelskoppe: Sharwin Cupido (2). Stradoele: Cupido (2). Jim Fouché 18 (11).

    Reddersburg 22 (19) – Drieë: Donovan Pretorius, Luan Terblanché, Katli Moletsane. Doelskoppe: Zahn Momberg (2). Strafdoel: Momberg. Seonela 10 (10).

  • Grey behaal rekord sege oor Paul Roos

    DAAR is ‘n sêding wat lui jy is so goed soos jou laaste wedstryd. En die rugbyspan van Grey-kollege van 2013 het met ‘n oorwinning van 40-8 oor Paul Roos Gimnasium in die Markotter-stadion in Stellenbosch gesorg dat hy vir sy laaste wedstryd onthou sal word.

    Die span van Bloemfontein was vanjaar slegs twee keer aan die verloorkant teen Hoërskool Outeniqua en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria. Albei die spanne spog vanjaar waarskynlik met die beste spanne in die geskiedenis van hulle skole. Affies het vanjaar vir die eerste keer in sy geskiedenis daarin geslaag om al sy wedstryde tydens ‘n seisoen te wen.

    Grey se oorwinning oor Paul Roos ewenaar die rekord vir die grootste oorwinning wat die span van die Rosestad nog in die interskole-kragmeting behaal het. Die punteverskil van 32 punte het die vorige rekord van die span van 2008 geëwenaar wat destyds ‘n sege van 47-15 behaal het. Indien die veld nie so nat en glibberig weens al die reën was nie sou Grey ongetwyfeld sy grootste sege nog oor die span van die Eikestad behaal het.

    Die tuisspan het die meeste van die speelwerk in die eerste helfte gedoen, met Grey wat gesukkel het om balbesit te behou. Hoewel dié span se vleuel, Joel Heugh die besoekers probleme met sy flinke voetwerk op verdediging besorg het, het hy nie sy skopskoen aangehad nie. Grey het rustyd met ‘n skamele voorsprong van 6-3 gaan rus.

    Paul Roos se ander vleuel Edwill van der Merwe het ook ‘n hele paar gevaarlike lopies op die aanval ingekry. Die span van Bloemfontein se voorspelers was meer fisiek in die tweede helfte as in die eerste helfte en veral die stut Andrew du Plessis, slot De Wet Bezuidenhout en flank Luan Reynders het met inklimspel by die afbreekpunte en lakwerk vir die Stellenboschers tot oorgawe gedwing.

    Agterlangs het die heelagter, Henry Immelman telkens die eerste verdediger geklop en ‘n goeie vertoning met ‘n drie afgerond.

    Puntemakers:

    Grey-kollege 40 (6) – Drieë: Marius Louw, Henry Immelman, Stephen Rautenbach, Charl Pretorius, Carel Durow. Doelskoppe: Rautenbach (3) Strafdoele: Rautenbach (3). Paul Roos Gimnasium 8 (3) – Drie: Joel Heugh. Strafdoel: Heugh.

     

  • SA Schools team edge out Wales to finish series unbeaten

    The SA Schools team on Saturday showed nerves of steel to hold onto a narrow 14-13 lead against Wales in their final clash in the International Under-18 Series at Drostdy Tegniese Hoërskool in Worcester to complete the series unbeaten.

    Strong winds complicated matters for both teams from the outset and forced them to eliminate kicking from their game. This in turn resulted in most of the rugby being played in the middle of the field in the first half, with the teams sticking to a tight game with close passing.

    Fortunately for the hosts all the hard work this week to improve their set pieces worked as they withstood the pressure exerted by the powerful Welsh pack, while their defence again proved to be the highlight of their performance.

    Welsh flyhalf Luke Price opened the scoring for the visitors 14 minutes into the match thanks to a scrum penalty following a few tight exchanges.

    This narrow 3-0 lead gave them a mental edge as they showed more innovation on attack and stretched the home team’s defence. SA, however, built on the tenacious defensive effort from their clash against France and as they shut out Wales twice.

    The tables turned on attack soon after as SA hit back with Jean-Luc Du Preez scoring a fantastic team try, which flyhalf Brandon Thomson converted for a 7-3 lead. The forwards were instrumental in the try as they applied pressure up-front and spread the ball wide to Du Preez, who was open on the wing.

    But their lead was short-lived as Wales right wing Ashton Hewitt out-sprinted two defenders to dot down the ball over the tryline from a perfect grubber kick which forced them back into a one-point lead.

    The home team continued to stamp their authority as the half neared a close as they camped in Wales’ 22 with the forwards building phases in an attempt to bash their way over the advantage line. The pressure eventually got to Wales, who committed numbers to breakdown but neglected the wing, which paved the way for Leolin Zass to cross the tryline. Thomson converted, which earned SA an encouraging 14-8 lead at the break.

    SA’s forwards continued to lay a solid platform up-front, which allowed them to spend a fair amount of time in Wales’ half.

    Wales, however, earned the rewards for using their forwards to edge their way over the advantage line, with Hewitt scoring his second try of the day after finding space on the right side of the field following a strong showing by the pack. But they again failed to convert, leaving the team one point behind on 14-13 with the clock ticking.

    Wales managed to win a turnover in SA’s 22 in the dying seconds and tried hard to breach the defence to snatch a last-minute victory. But their efforts proved fruitless as SA held them out for the victory.

    In the earlier matches England defeated France 12-8 and the Italian Under-18 team registered a convincing 36-12 victory against the Boland XV.

    Scorers:

    SA Schools (14) – Tries: Jean-Luc du Preez, Leolin Zass. Conversion: Brandon Thomson (2). Wales (8) – Tries: Ashton Hewitt (2). Penalties: Luke Price.
    Issued by SARU Corporate Affairs

  • School Rugby Results – 17 August 2013

    Eastern Cape 

    Itembelihle  17 John Walton  15
           
           
           

    Free State 

    Louis Botha 30  Jim Fouché 21 
    Zastron  24 President Steyn 19
    Reddersburg 22 Seonela  10
    Grey College  40 Paul Roos Gimnasium   8

    Griffons 

    Hentie Cilliers 22 Voortrekker 10
    Wilgerivier 22 Bothaville 0
           
           

    Western Cape 

     Paul Roos Gimnasium  8 Grey College   40
           
    Rondebosch Boys’ High 18 SACS 17
    Wynberg Boys’ High  34 Diocesan College 29

     

     

     

  • Absa Under 21 Competition Results – 17 August 2013

    The Blue Bulls made a statement in their 40-27 victory over the Free State at Loftus Versfeld in Pretoria on Friday. Flyhalf Handré Pollard and flank Shaun Adendorff who was part of the Baby Boks victorious side of 2012 both got on the scoresheet for the Bulls. 

    The Limpopo Blue Bulls blew South Western Districts away 60-0 at Outeniqua Park in George on Friday. Their wing Werner van Heese and flankers Willem Engelbrecht and Corné Ras all weighed in with a brace of tries. The visitors already lead by 43-0 at the break. 

    The EP Kings defeated the Pumas 46-20 at the Mbombela Stadium in Nelspruit. Two South African Schools’ players of 2012 eightman Aidon Davis and winger Sergeal Petersen scored tries for the Eastern Cape side. Petersen made his SuperRugby debut earlier this year. 

    Scorers: 

    A-section

    Blue Bulls 40 (19) – Tries: Rudi van Rooyen (2), Handré Pollard, Jade Stiglingh, Jermaine Kleinsmith, Shaun Adendorff. Conversions: Pollard (5). Free State 27 (14) – Tries: JJ de Klerk, Stephan Griesel. Conversion: Niel Marais. Penalties: Jannie Strumpher (5). 

    B-section

    Limpopo Blue Bulls 60 (43) – Tries: Willem Engelbrecht (2), Werner van Heese (2), Corné Ras (2), Benard Nortjé, James Wepener, Oskar Calitz, Trent Williams. Conversions: Marcel Scholtz (5). South Western Districts 0

    EP Kings 46 (24) – Tries: Siviwe Soyizwapi, Siphesihle Punguzwa, Sergeal Petersen, Kuhle Sonkosi, Kevin Kaba, Juan Smit, Eben Barnard, Aidon Davis. Conversions: Marlou van Niekerk (2), Shane Gates. Pumas 20 (20) – Tries: Pule Sibya, Johan Pretorius, Dirk Louwies. Conversion: Juan van der Merwe. Penalty: Van der Merwe. 

     

  • En Noord-Kaap kry weer kans om sy titel te verdedig na appél

    DIE rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap sal na ‘n suksesvolle appélverhoor eergister die kans kry om sy titel as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) te verdedig. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Daar het ‘n storm in die Kimberley oor die Diamantstad se grootste skolewedstryd uitgebars. Die ENB Classic Clash tussen Hoërskool Noord-Kaap en Hoërskool Diamantveld wat vooraf as ‘n versoeningstryd gebrandmerk is, se uitslag is vroeër in ‘n verhoor verander.

    Noord-Kaap het egter geappeleer en was suksesvol. Die appélverhoor wat deur adv. Willem Coetzee, Stephen Adendorff en Phillip Scuocatti hanteer is, het slegs 20 minute geduur voordat hulle in Noord-Kaap se guns beslis het.

    Northerns het vroeër vanjaar die Classic Clash tussen die twee spanne op GWK-park in Kimberley 27-19 gewen.

    Die Kimberley subunie het na ‘n verhoor die “ligapunte” aan Diamantveld toegeken. Noord-Kaap gaan die beslissing appelleer. Dié beslissing beteken dat Noord-Kaap nie sy titel as kampioen van die Shimla-liga sal kan verdedig nie. Noord-Kaap is die afgelope vier jaar kampioen van die streekliga.

    Dié dispuut tussen die twee skole gaan oor Noord-Kaap se post-matriek en kaptein, Lehan Muller wat in die kragmeting gespeel het. Die subunie het vroeër beslis dat dié kragmeting ‘n liga-wedstryd is, en dat daar nie post-matrieks in die liga mag speel nie.

    “Ons is baie bly dat ons appél geslaag het en dat ons aan die kompetisie kan deelneem,” het Henk Brand, skoolhoof en afrigter van Noord-Kaap gesê.

    Muller was vroeër vanjaar die Poubloues se o.19-span se kaptein na die jaarlikse Pukke-week in Potchefstroom. “Die uitspraak van die verhoor was in Noord-Kaap se guns. Dit beteken voorts dat hy Griekwas in die Kovsiestreek-kompetisie sal verteenwoordig. Die gronde waarteen die appél suksesvol was is die feit dat daar heelwat leemtes in die Griekwaland-Wes Skolerugby-vereniging se grondwet bestaan. Die president (Hennie van der Merwe) het reeds aan al die subunie en verenigings aangedui dat hulle hul grondwet moet hersien en die leemtes uitskakel,” het Kat Swanepoel, skeidsregterbestuurder van Griekwas, gesê.

    Die een helfte van die halfeindstryde van die Kovsiestreek-kompetisie sal op GWK-park in Kimberley as voorwedstryde vir die Curriebeker-kragmeting tussen Griekwas en Westelike Provinsie aangebied word.

  • SA Schools team reshuffled for Wales clash

    SA Schools coach Chris October has reshuffled his team for their final International Under-18 Series clash against Wales at Drostdy Tegniese Hoërskool in Worcester on Saturday as they look to complete the series unbeaten.

    The coach made 10 personnel changes to the starting team that edged out France in George on Tuesday for a 17-13 victory, with several players who starred in their opening clash against England returning to the run-on team.

    This included talented flyhalf Brandon Thomson and the powerful front row of Ox Nche, Ruan Kramer and Joseph Dweba. The Du Preez brothers, Daniel and Jean-Luc will also feature in the starting team at flank and lock respectively.

    Scrumhalf Marco van Vuren, meanwhile, earns his first start in the series as Justin Phillips and Remu Malan started the previous matches.

    The other 13 players in the squad have all been named on the bench, with the coach opting to wait until the game plays out to decide who to call on to make an impact. 

    Commenting on the changes to the team October said: “This is the best team we could put on the field against the physical and structured Welsh outfit. They offer something different to France and England, so it was a case of horses for courses. But just as the starting team has a role to play, so do the replacements; we are expecting them to make a big impact when they take to the field.”

    With the commanding Welsh pack serving as one of their main attacking weapons, the SA Schools forwards, in particular, will have their work cut out if they plan to keep alive hopes of emulating their predecessors’ success with clean-sweep of victories. 

    The desire to complete the series on a high note aside, the Welsh will still be hurting from their last-minute 17-15 defeat against England on Tuesday, which will fuel their determination to stamp their authority.

    Zoning in on the match October admitted that his team had to produce a much more effective performance in the lineouts and scrums especially, following their disappointing showing in those departments against France.

    “We have worked hard to rectify our set pieces after last week’s performance and we have faith that the players will stand their ground up front,” said October. “With the Welsh pack being one of their main threats the players realise that they have to match the visitors physically, but we would also like to produce a better performance on attack and defence. This team has immense potential and hopefully they will be able to showcase that and finish the series on a high.”

    The SA Schools clash will begin at 15h30, and in the earlier matches Italy meet the Boland Craven Week team at 12h30 and England take on France at 14h00.

    SA Schools team vs Wales:

    15. Grant Hermanus – Paarl Gymnasium
    14. Leolin Zass – Hermanus HS
    13. Warrick Gelant – Outeniqua HS
    12. Daniel du Plessis – Paul Roos Gymnasium
    11. Duhan van der Merwe – Outeniqua HS
    10. Brandon Thomson – Ermelo HS
    9. Marco van Vuren – Transvalia
    8. Rikus Bothma – Paarl Gymnasium (capt)
    7. Daniel Du Preez – Kearsney College
    6. Jacques Vermeulen – Paarl Gymnasium
    5. RG Snyman – Afrikaans Hoër Seuns (Affies)
    4. Jean Luc Du Preez – Kearsney College
    3. Ruan Kramer – Grey College
    2. Joseph Dweba – Florida HS
    1. Ox Nche – Louis Botha THS
    Replacements:

    EW Viljoen – Grey College
    Jurie Linde – Afrikaans Hoër Seuns (Affies)
    Dewald Human – Outeniqua HS
    Remu Malan – Outeniqua HS
    Remuoe Rampeta – Louis Botha HTS
    Abongile Nonkontwana – St Albans
    Conraad van Vuuren – Nelspruit HS
    Francois Steyn – Afrikaans Hoër Seuns (Affies)
    Thomas du Toit – Paarl Boys High
    Thabana Ntsi – Selborne College
    Justin Phillips – Waterkloof HS
    Malcolm Jaer – Brandwag HS
    PJ Toerien – Garsfontein HS

    Issued by SARU Corporate Affairs

  • Preview – Louis Botha vs. Jim Fouché

    LOUIS BOTHA sal more se Vrystaatse A1-liga eindstryd sonder sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta, ingaan. Sy teenstander in die eindstryd, die Hoërskool Jim Fouché mik daarna om ‘n driekuns aan titels te voltooi.

    Die twee skole oorheers die Vrystaatse liga sedert Grey-kollege in 2007 nie meer in aanmerking vir ‘n plek in die eindstryd kom nie. Jim Fouché was in 2007, 2008, 2011 en 2012 kampioen van dié liga. Louis Botha het in 2009 na die voorste liga van die unie opgeskuif en met die kroon weggestap en is ook die jaar daarna as kampioen gekroon.

    Louis Botha sal sonder sy twee nasionale skolespelers steeds as die gunsteling more op die veld draf. Sonder Nche en Rampeta het die span nog heelwat sterre om Jim Fouché tot oorgawe te dwing. Veral die span se agterhoede met die losskakel Luke Cyster aan die spits behoort vir JF problem te besorg.

    Buiten Cyster sal veral die senter Ali Mgijima en vleuel Sheldon Fortuin die probleme vir Jim Fouché op die verdediging gee. Al sewe agterspelers van Louis Botha het al vir die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Mgijima was een van die mees ongelukkiges om nie die Suid-Afrikaanse Skole-span te haal nie. Boonop was die span se veelsydige agterspeler wat op die plaasvervangerbank sit, Patrick Mbangi ook ‘n lid van die Vrystaatse Cravenweek-span na die 50ste toernooi in Polokwane vroeër vanjaar.

    Jim Fouché se sleutelspeler is sy senter, Carel-Jan Coetzee. Hy is sterk op sy bene en het al verskeie spanne se verdediging met sy lopies vanjaar oop gekloof. Die span se kaptein PC Labuschagné en flank Tjibbe Spoelstra sal ook fyn deur Louis Botha dopgehou moet word.

    Die span se slot Tjop Briedenhann se twee ouer broers Gys en Marnus Briedenhann het albei al provinsiale rugby vir onder meer die Griffons en Vrystaat gespeel.

    Laaste vyf eindstryde van die Vrystaatse A1-liga:

    2012 Jim Fouché 29, Sentraal 16
    2011 Jim Fouché 24, Louis Botha 23
    2010 Louis Botha 20, Sentraal 19
    2009 Louis Botha 17, Sentraal 15
    2008 Jim Fouché 42, Sentraal 7

    Die spanne is:

    Louis Botha: 15 Olwethu Ndakisa, 14 Masego Toolo, 13 Dale Koopman, 12 Ali Mgijima, 11 Sheldon Fortuin, 10 Luke Cyster, 9 Sharwin Cupido, 8 Whaseem Galant, 7 Themba Songelwa, 6 Thando Magalankanqoa, 5 Lebohang Mosala, 4 Victor Maruping, 3 Othello Sebotsa, 2 Grayden Benn, 1 Jermaine Achilles.

    Jim Fouché: 15 Danneel Stone, 14 Thiardt Ingram, 13 Carel-Jan Coetzee, 12 Pieter Smith, 11 JP Steyn, 10 Ruan Wasserman, 9 Marco Vermeulen, 8 PC Labuschagné (kaptein), 7 Tjibbe Spoelstra, 6 JP van der Westhuizen, 5 Morné Griessel, 4 Tjop Briedenhann, 3 Zandré Pienaar, 2 Hanno Spies, 1 Eduan Wepener.

    Skeidsregter: Pieter van Vuuren
    Grensregters: Tiaan Steyn en Martin Lekhanya
    Afskop: 13:00

     

  • Preview – Griffons-eindstryd – Voortrekker vs. Hentie Cilliers

    Preview – Griffons-eindstryd – Voortrekker vs. Hentie Cilliers

     

    NuusG HentieCilliersDIE Hoërskool Voortrekker van Bethlehem se rugbyspan het ‘n vlekkelose rekord in die eindstryd van die Griffon-liga. Die Trekkers draf more in slegs sy derde eindstryd in die geskiedenis van die liga teen Hentie Cilliers op die Noordwes-stadion uit.

    Die Trekkers was in 2008 (klop AHS Kroonstad 32-25) en in 2011 (klop Hentie Cilliers 15-14) aan die wenkant in sy twee vorige eindstryde. Henties is die verdedigende kampioen en gaan gewis nie maklik van die titel afstand doen nie. Dit is die span van Virginia se derde agtereenvolgende eindstryd.

    Die span van die Oos-Vrystaat se laaste nederlaag teen sy teenstander in vandag se eindstryd was in 2010 toe Henties 20-19 baas was. Die Trekkers moes die wedstryd we nom tot die uitkloprondes daardie jaar deur te dring.

    Hoewel Voortrekker as die gunstelinge gereken word moet die volgende stukkie statistiek in ag geneem word om te beklemtoon hoe taai stryde tussen die twee spanne is. Sedert 2010 het die twee spanne mekaar vyf keer op die rugbyveld ontmoet en was die Trekkers in vier van die vyf kragmetings aan die wenkant. Die gemiddelde telling is egter net 23-20 in die span van Bethlehem se guns.

    Henties se senter, Ethan Williams is sover die voorste puntemaker in vanjaar se Griffon-liga. Hy het tot dusver 91 punte in sy span se agt wedstryde aangeteken. Dit sluit vyf drieë in. Hy was in 2011 ‘n lid van die Perses se Cravenweek-span en behoort vandag ‘n sleutelspeler vir sy span te wees. Die skrumskakel Jaywin Juries, agtsteman Gregan Hull en haker Cheslyn van Raynor sal ook sleutelspelers wees.

    Die Trekkers se kaptein en flank, André “Smurf” Janse van Vuuren is sy span se sleutel tot sukses. Die kantman is die voorste driedrukker in vanjaar se liga. Hy het ‘n ongelooflike 12 keer in sy span se agt wedstryde gedruk. Die span se senter, Junior Smit het self al sewe keer in ligawedstryde agter die doellyn gaan kuier. Die span se losskakel, Tokkie van Zyl het reeds 87 punte in ligawedstryde opgestapel.

    Laaste vyf kragmetings tussen Voortrekker en Hentie Cilliers:

    2013 Voortrekker 28, Hentie Cilliers 21
    2012 Voortrekker 27, Hentie Cilliers 24
    2011 Voortrekker 15, Hentie Cilliers 14
    2011 Voortrekker 27, Hentie Cilliers 22
    2010 Hentie Cilliers 20, Voortrekker 19

    Laaste vyf eindstryde van die Griffon-liga:

    2012 Hentie Cilliers 35, Welkom Gimnasium 5
    2011 Voortrekker 15, Hentie Cilliers 14
    2010 Hentie Cilliers 21, AHS Kroonstad 16
    2009 AHS Kroonstad 23, Goudveld 9
    2008 Voortrekker 32, AHS Kroonstad 25

    Die spanne is:

    Hentie Cilliers: 15 Jameel Afrika, 14 Jamie Joseph, 13 Ethan Williams, 12 Rian Pretorius, 11 Jonathan April, 10 Sylvester Lewis, 9 Jaywin Juries, 8 Gregan Hull, 7 Anwar Ohlsen, 6 Damian May, 5 Brandon Kuzatjike (kaptein), 4 Jade Solomons, 3 Justin Williams, 2 Cheslyn van Rayner, 1 Kyle Ess.

    Voortrekker (Bethlehem): 15 Sechaba Matsoele, 14 Tiisetso Madonsela, 13 Junior Smit, 12 Wian van der Watt, 11 Lethole Mokoena, 10 Tokkie van Zyl, 9 Eloff Scheepers, 8 Robert de Jongh, 7 Seeff Theron, 6 André Janse van Vuuren (kaptein), 5 Frederik Marais, 4 Henko Naudé, 3 Thinus van Eeden, 2 Toffie van Zyl, 1 Ernie Sumner.

    Skeidsregter: Marius Bonthuys (Noord-Vrystaat)
    Afskop: 11:20