Blog
-
St. John’s College Easter Festival – 2013
{gallery}galleries/St_Johns_College_Easter_Festival_2013{/gallery} -

Maritzburg College 150th Festival – Day 1
Holy Saturday saw the opening of the Maritzburg College Festival which is part of the great school’s 150th birthday celebrations. There are two reports on each match, one in Afrikaans and one in English.
Wedstryd 1: Hoërskool Noord-Kaap vs Jeppe High School for Boys
Hoërskool Noord-Kaap het sy huidiglike naam eers in 1987 gekry, die skool was voorheen bekend as Noord-Kaapland Technical College (1943-1975) en Commercial High School (1976). Die skool het tans meer as 1000 leerlinge en het al verskeie leerders gehad wat Suid-Afrika op junior vlak verteenwoordig het.
Jeppe High School for Boys is een van Johannesburg se oudste skole. Die skool se bekendste afrigter is 2007 Wêreldbeker wenner, Jake White, wat huidiglik in die Super Rugby reeks die Brumbies van Australië afrig. Die skool het al vier Springbokke opgelewer in Des Sinclair, Wilf Rosenburg, James Dalton en Brent Moyle.
Voor die afskop het ‘n ligte motreën begin daal uit die lug uit net om seker te maak die veld is klam net voor die toernooi se afskop.
Jeppe het die wedstryd baie aanvallend begin en het na drie minute byna gaan druk, maar hantering het hul in die steek gelaat. Direk daarna het ‘n Jeppe speler ‘n rooi kaart ontvang vir ‘n oortreding en dadelik is Jeppe op die agtervoet geplaas vir die res van die wedstryd.
Noord-Kaap het kort daarna verskeie fases op Jeppe se doellyn aanmekaar gesit. Die volgehoue druk het afbetaal en na nog ‘n strafskop het die flank, L Dowie gaan druk met die losskakel, Guillermo Minnie wat verdoel het om aan Noord-Kaap ‘n 7-0 voorsprong te gee.
Noord-Kaap het ‘n strafskop gekry en besluit om vir die lynstaan te gaan. Die dryfmaalbeweging daarna was briljant en die ander flank, Nico Graaff het oorgeduik. Die doelskop mis en Noord-Kaap 12-0 voor.
Jeppe het na ‘n goeie breukslag en vinnige spel sake nader aan mekaar gebring toe die linkervleuel, V Dlamini in die regter hoekie oorgeduik het om te druk. Die doelskop was mis. Noord-Kaap 12 – Jeppe 5
Net voor halftyd was Noord-Kaap sterk op die aanval, maar die bal het los gespat en Jeppe se spoedige vleuel, S Nkosi, het dit opgeraap en 70m gehardloop om te druk. Die doelskop was mis en die telling halftyd: Noord-Kaap 12 – Jeppe 10.
Jeppe het die tweede helfte baie sterk begin en is beloon met twee strafskoppe wat die losskakel, B Faulds oorgeklits het om aan Jeppe ‘n 12-16 voorsprong vroeg in die tweede helfte te gee.
Noord-Kaap het kort voor die einde ‘n rat oorgeskakel en drieë deur die linkervleuel, H Clarke, en die agtsteman, G Holtshauzen, het die wedstryd buite Jeppe se bereik gesit. Eindtelling 24-16 in Noord-Kaap se guns.
Krediet moet egter gaan aan ‘n 14-man Jeppe span wat sy man reg deur die wedstryd gestaan het.
Deur Wim Pretorius
Report from Maritzburg CollegeNoord-Kaap beat a game Jeppe 24-16 after leading 12-10 at half-time
Jeppe came back with immense courage from a 12-0 deficit in the first half to score two tries, although not dotting down nearer the poles on the second occasion when the opportunity was there cost them a possible conversion.
Jeppe outside centre Cameron Mngomezulu broke the gain line early but his offload to Sandile Sibande went awry. Then the Noord-Kaap juggernaut saw Lux Khoza rumble over for Guillermo Minnie to convert (7-0).
Mngomezulu had another good run but slow ball was costing Jeppe. Referee Keith Wessels kept a tight rein on any indiscretions and Jeppe losing lock Andile Ngobo to a red card for head-butting at the first maul did not prevent a magnificent fightback.
The strong Noord-Kaap school from Kimberley controlled the first quarter, dominating upfront and breaking the line with their surfeit of front-foot ball. Jeppe had their individual moments of brilliance but it was too disjointed to ensure early dominance.
The second Noord-Kaap try came from a pushover, flaNoord-Kaap forward Nico Graaff coming up with the ball (12-0).
Jeppe hit back for eighthman Denzil Hill to score a solid, driving try from a maul (12-5). Sibande got Jeppe’s second touchdown for 12-10 at half-time.
The Johannesburg lads’ lethal backline set up two penalty goals for scrumhalf Dudley White-Sharpley to go into a 16-10 lead.
Noord-Kaap rallied and threw everything into the last quarter. Left wing Hilford Clarke dotted down at the corner flag with Luke Mason converting for Noord-Kaap to regain the lead (17-16) before number eight Gerhard Holtshauzen added another for good measure. Man-of the-match Mason converted to make the game safe (24-16).
By Jonathan Cook
Wedstryd 2: Rondebosch Boys’ High School vs KwaZulu-Natal Development, 61-0Durban High School het onttrek uit die toernooi na die dood van een van hul belowende jong leerlinge wat oorlede is. Hulle is dus deur ‘n KwaZulu-Natal Development XV vervang wat op letterlik oornag saamgestel is deur die organiseerder van die toernooi.
Rondebosch Boys High School het rugby eers as ‘n onamptelike sport beoefen met sokker wat die hoofsport was. Rugby is 1906 vir die eerste keer amptelik ingestel toe die skool ‘n span vir ‘n o/16 kompetisie ingeskryf het waar hulle teen onder andere SACS moes meeding. Oud-leerlinge sluit in Anton van Zyl (Stade Francais), Justin Melck (Saracens), Marcel Brache (Western Province), Nic Groom (Stormers) en Rayn Smïd (Western Province).
Van die afskop af was dit eenrigting verkeer in die wedstryd met Rondebosch wat die bal van alle kante af gehardloop het. Die telling was binne 20 minute al 35-0 met drieë wat van oral af gereën het.
Drieë deur die agtsteman en kaptein, R Melck, en die stut, A Aeby het die telling tot 42-0 teen halftyd gemaak met H Gibson wat ‘n goeie dag ook met die skopskoen beleef het en verdoel het.
Rondebosch het die tweede helde begin soos wat hul die eerste heflde afgesluit het met ‘n drie deur die buitesenter, M. Steel. Die losskakel, Gibson, het vanuit die hoek verdoel om die telling 49-0 te maak.
Direk na die afskop het die flank, R Jankielsohn gaan druk. Die doelskop was mis en die telling 54-0 vir Rondebosch.
Rondebosch het glad nie gaan lê nie en die vleuel C Martch het ongeraak deur gedraf om te gaan druk. Die drie is verdoel en die telling 61-0 vir Rondebosch. Dit was ook die eindtelling.
Dis ‘n jammerte dat Durban High School moes onttrek, dit mag dalk die eensydigheid verminder het.
Deur Wim Pretorius
Report from Maritzburg College
The polished Rondebosch side, who won 64-0 after leading 42-0 at half-time, were simply too good for a brave KZN Development XV, who took the place of Durban High School (DHS) in the festival after the lads from the east coast suffered a meningitis tragedy that caused the death of a junior age-group player, medical advice resulting in the decision for the First XV to withdraw.
No fewer than 10 tries were scored in the 64-0 win with seven converted by Hylton Gibson.
Rondebosch cut the gain line at will at times, despite some courageous tackling by the Development lads, while their scrum reigned supreme. Quickly recycled ball gave Rondebosch time and space with ball on the front foot and it allowed them to utilise their pacy backs out wide.
In order of scoring the tries went to Robert Blake, Clyde Martch, Devon van Rensburg, Kyle Whyte, Graham Geldenhuys, Alan Eaby, Matthew Steel, Robert Jankielsohn, Martch and van Rensburg.
By Jonathan Cook
Wedstryd 3: Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) vs. Queen’s College, 27-13
Die derde wedstryd by Maritzburg College se 150e feesviering Festival Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) van Pretoria te staan gekom teen Queen’s College.
Affies wat as een van die gerekende rugby skole in Suid-Afrika geag word beskik oor groot diepte en stoot jaarliks meer as 10 oop spanne op die veld met die ouderdomsgroepe wat jaarliks tot ten minste G-spanne kan opvul. Oud-leerlinge sluit in Springbokke soos Fourie du Preez, Dean Greyling, Wynand Olivier en Pierre Spies.
Queen’s College is ook ‘n skool wat al lank op die toneel is. Met sy stigting in 1858 het Queen’s College in 2008 sy 150e bestaansjaar herdenk. Die skool is aansienlik kleiner as Affies, met slegs 550 leerlinge. ‘n Interessante opmerking wat gemaak kan word is dat Queen’s College se eerste span nie met ‘n nommer 13 trui speel nie om respek te toon vir Victor Maitland, ‘n oud-leerling wat in 1951 tragies oorlede is en die span se nommer 13 trui gedra het.
Affies het die wedstryd begin deur van die afskop af die bal te versprei en die spoedige vleuel, T Schmulian, het binne die eerste minuut gaan druk onder die pale. Die losskakel, M Van den Heever, het verdoel om die telling 7-0 te maak.
Die daaropvolgende paar minute het Affies in Queen’s se gebied geboer, maar kon nie afrond nie. Queen’s het eindelik uit hul eie halfgebied beweeg, maar ‘n hanteringsfout het Affies se ster buitesenter, Jurie Linde, die kans gegee om ‘n uitstekende individuele drie te druk waar hy byna deur die hele Queen’s span gehardloop het om in die hoekie oor te duik. Die doelskop was mis en die telling 12-0 vir Affies.
Affies het volgehou om druk op Queen’s se doellyn te plaas en na die bal weer deur die hande versprei is, het Jurie Linde sy tweede gaan druk. Die doelskop was mis en Affies 17-0 voor.
Van die afskop af het Queen’s op Affies se doelgebied druk geplaas en amper gaan druk na ‘n skop van die losskakel afgejaag is, maar Affies het betyds herstel en ‘n skrum afgestaan.
Queen’s het vir ‘n hele paar minute in Affies se gebied geboer, maar die Wit Bulle se verdediging het Queen’s nie deurkom kans gegee nie en Affies is met ‘n strafskop beloon om uit hul gebied te kom.
Die fluitjie het geblaas vir halftyd en Affies het gaan water skep met ‘n 17-0 voorsprong.
Affies se losskakel, M Van den Heever het ‘n geelkaart vroeg in die tweede helfte gekry en Queen’s het 3 punte met die skoen bygevoeg om die telling 17-3 te maak.
Dissipline het Affies begin kos en nog ‘n strafskop het aan Queen’s die kans gegee om die telling 17-6 te maak.
Affies se hantering het hul ook in die steek begin laat en Queen’s het byna gaan druk na omgekeerde besit, maar Affies se verdediging het hul net voor die doellyn gestuit.
Affies se reuse slot, RG Snyman het ‘n gaping in die middel van die veld gekry en 30meter gehardloop voor Queen’s se heelagter sy lyf op die spel geplaas het om hom te keer. Nog ‘n kans wat Affies verbrou het.
‘n Strafskop deur die skrumskakel, I van Zyl, het Affies se voorsprong vergroot na 20-6 met ongeveer 8 minute oor.
Affies het in die laaste paar minute baie druk op Queen’s geplaas en die stut, WP Eloff, het oorgeduik met van Zyl wat verdoel het om die telling 27-6 te maak.Queen’s het het hul kans gebruik toe Affies nie ‘n los bal kon hanteer nie en die skrumskakel, K Gibb, het gaan druk met S. Bolze wat verdoel het om die eindtelling 27-13 in Affies se guns te maak.
Deur Wim Pretorius
Maritzburg College ReportThe slick Affies line-up opened the scoring early when right wing Thys van Wyk went over for nippy scrumhalf Ivan van Zyl to convert (7-0).
The Pretoria team scored again when Jurie Linde performed the ultimate inside-outside at speed to leave the Queen’s defence in tatters (12-0).
Linde had an absolute blinder of a first half and knifed through for his second, a touchdown that Van Zyl slotted (17-0).
Queen’s came back with a vengeance and nearly had a moment of joy when captain and pivot Simon Bolze charged down a clearance kick but was beaten by a whisker to the touchdown, the ball carried over by Affies.
The outweighed Queen’s pack deserved a try but their backs were guilty of kicking away too much possession, while the Affies defence held when it mattered.
Fullback Eduan Keyter is a balanced runner with blistering pace, and along with man of the match Linde’s side-stepping skills the quality Affies backline have potent weapons.
Turning around with a comfortable lead, Affies were in control but two well-struck penalties by captain Bolze brought the scores closer (17-6).
A feature of the match was the well-set scrums, with accomplished referee Kamal Rugbar slowing the packs down to allow the set-piece to go ahead unhindered without the irritating stop-start so frequent in the modern game.
The Queen’s defence was far better in the second half, while the Affies cover saved their bacon in some desperate moments near the Pretoria lads’ tryline. The Queenstown side can look back with regret at handling errors within five metres of touchdown territory.
Affies lock RG Snyman broke away from midfield but was brought down in what could have made the game safe with time to spare.
But the pressure told and Van Zyl slotted a penalty before loosehead WP Eloff powered over and the trusty boot of the scrumhalf made the score 27-6. Queen’s never gave up and were rewarded when number nine Kewan Gibb went over. Bolze converted for the final score of 27-13.
By Jonathan Cook
Wedstryd 4: Monument vs Dale, 39-21Dale College beskik self oor ‘n ryk geskiedenis waaraan sedert 1861, toe die skool ontstaan het, aangevul word. Die eerste rugby wedstryde is reeds in 1880 by die skool gespeel. Dié skool het ook reeds sy merk op Springbokrugby gemaak met oud-leerlinge soos Bjorn Basson, Keegan Daniel en Bandise Maku wat al die Groen en Goud oor hul koppe getrek het.
Hoërskool Monument is gestig in 1921 met sy eerste rugby wedstryd wat in dieselfde jaar plaasgevind het. Die skool het self verskeie Springbokke opgelewer, mees merkwaardigste oud-leerling is gewese Springbok-buitesenter, Jaque Fourie. Ander Springbokke sluit in Willem Alberts, Heinke van der Merwe en Jaco Taute.
Monument het van die afskop af aan die brand gelyk en byna dadelik gaan druk toe N. Swartz oorgeduik het. Die doelskop is verbrou en die telling was 5-0 vroeg vir Monnas. Dale het egter nader gekruip met ‘n strafskop en binne 2 punte gekom met die telling op 5-3.
Swartz het kort na sy eerste drie na goeie hantering sy tweede gaan druk en die keer het die senter, G van der Walt verdoel om die telling na 12-3 te vergroot.
Dale se senter het egter sy span in die steek gelaat met ‘n roekelose duikslag en het ‘n rooikaart gekry as gevolg daarvan. Van der Walt het pale toe aangelê en verdoel om sy span 15-3 te laat voorloop.
Die stewige stut van Monnas, F. van Wyk, het gaan druk om die telling 22-3 te maak na die verdoelskop suksesvol was deur Van der Walt.
Monument het oortree en Dale het kans gekry om pale toe te mik. Die strafskop was suksesvol en die telling 22-6 in Monnas se guns.
Dale het nog ‘n strafskop oorgeklits om die telling te laat krimp na 22-9 teen halftyd.
Die tweede helfte het afgeskop met Dale wat op die aanval was en twee strafskoppe gekry het, maar hul kon dit nie in punte omskep nie.
Monnas het druk op Dale se doellyn geplaas en die slot, R Herbst, het gaan druk. Die drie is nie verdoel nie. Monnas 27-9 aan die voortou.
Die heelagter van Monnas, A Reynolds, het ‘n gaping geslaan en deurgehardloop vir ‘n baie goeie drie, wat deur van der Walt verdoel is om die telling 34-9 vir Monnas te maak.
Dale het met 14 spelers op die veld, waarskynlik die drie van die wedstryd gaan druk, toe die buitesenter, A. Nompandana, 50m gehardloop het om te gaan druk. Doe doelskop was mis en die telling 34-14.
Monnas het dadelik terug geslaan en die linkervleuel, W Coete, het self ‘n briljante drie gaan druk in die hoekie. Die doelskop is verbrou en die telling 39-14 vir Monnas.
Dale het goeie veggees getoon en nog ‘n drie gaan druk toe die regtervleuel, L Mudsvova deur ‘n gaping geglip het en gaan druk het. Die doelskop was suksesvol en die telling 39-21 vir Monnas. Die telling bly ook so tot die eindfluitjie.
Monnas het welverdiend en oortuigend gewen, maar krediet kan ook gaan aan ‘n 14-man Dale span wat 65 minute ‘n man kort was en steeds goed gedoen het.
Deur Wim Pretorius
Maritzburg College Report
The far bigger Monument side opened the scoring when tighthead Gunther Janse van Vuuren smashed through and it was immediately apparent that the outweighed but courageous Dale boys were going to find this match a handful.Solid, controlled rugby saw Dale pull three points back when outside centre Sibahle Maxwane slotted a penalty (5-3). But Monnas’ pressure was evident and Nico Swartz dotted down with Gerdus van der Walt adding the two points (12-3).
A dangerous tackle at the end of the first quarter saw Dale flyhalf Lindokuhle Kenene sent off and Dale down to 14 men for the duration. Van der Walt knocked over the penalty (15-3). Dale were not about to throw in the towel and hit back through Maxwane’s penalty after good forward cohesion (15-6).
Despite brave Dale tackling the pressure was immense at times and massive Monnas loosehead prop and man of the match Frans van Wyk bashed across the tryline for Van der Walt to convert (22-6). Dale came back with a penalty by the reliable Maxwane for 22-9 at half-time.
The second half points-scoring opened when Monnas’ “lighthouse” lock crashed over (27-9) before fullback Abri Reynolds scythed through under the posts for Van der Walt to convert (34-9).
The crowd highlight was still to come, however, and it was the “Maximum Man” Maxwane who showed electrifying pace to dive over in the right-hand corner (34-14).
Dale’s improved performance at this point resulted in frustration for Monnas and they conceded a slew of penalties, but sanity prevailed for the Krugersdorp team when left wing Willem Cloete crossed the whitewash untouched (39-14).
However, Dale were not done yet and right wing Lloyd Mdzvova scored a beautiful try, which the irrepressible Maxwane converted for the final score (39-21).
By Jonathan Cook
Wedstryd 5: Maritzburg College vs Grey High School (PE), 18-10Die gasheerskool, Maritzburg College, is die oudste seunskool in KwaZulu Natal en soos die toernooi se naam aandui, is die jaar 150 jaar oud. Die skool het al 15 Springbokke opgelewer en dit sluit twee Wêreldbeker-losskakels in, naamlik die 1995 skepskop-held, Joel Stransky, asook 2007 losskakel, Butch James. Nog ‘n Springbok-losskakel in Peter Grant is tans by die Stormers.
Grey High School is gestig in 1856 met die eerste rugby wedstryd wat in 1893 gespeel is. Die skool is naamgenote met die bekende en gerugte Grey College in Bloemfontein en het ook jaarlike derbys teen Grey (Bloem). Grey High het self ook ‘n paar intesionale spelers opgelewer. In 2012 het oud-leerling JJ Engelbrecht vir die Springbokke uitgedraf en nog ‘n bekende oud-leerling is Engeland se 2003 Wêreldbeker-wenner, Mike Catt.
Die wedtryd het begin met Grey High wat geweldige druk op Maritzburg geplaas het en na sewe minute kans gekry het om pale toe aan te lê. Die losskakel, K Vers het egter mis geskop en die telling was steeds 0-0. Maritzburg het gereeld besit weg geskop wat aan Grey High verskeie aanvalsgeleenthede gegee het.
Maritzburg het ‘n goeie aanvalsgeleentheid benut en die regtervleuel, L Ngcobo het voet in die hoek gesit en in die hoekie gaan druk. Die doelskop was mis en die telling 5-0 vir die tuisspan.
Grey se losskakel, K Vers, het die telling laat krimp na 5-3 met ‘n strafskop.
Maritzburg het kort daarna amper hul tweede drie gaan druk na goeie hardlooprugby, maar is by die kantlyn uitgevat.
Die res van die helde het albei spanne gedreig met belowende spel, maar albei spanne se hantering het hul in die steek gelaat.
Maritzburg het eerste in die tweede helfte punte aangeteken deur die buitesenter, M. Coetzee deur middel van ‘n strafskop om Maritzburg se voorsprong na 8-3 te vergroot.Vir die grootste deel van die tweede helfte kon spel gekenmerk word deur strafskoppe wat veral teen Grey High toegeken is.
Maritzburg het hul voorsprong na 11-3 vergroot na ‘n goeie breukslag deur die buitesenter, Coetzee, en is met ‘n strafskop beloon.Grey High se dag het van sleg na slegter gegaan toe die heelagter nie ‘n los bal kon optel nie en Maritzburg se vleuel, Ngcobo, het die bal opgeraap en sy tweede gaan druk met Coetzee wat verdoel het om die telling 18-3 vir die gasheerskool te maak.
Grey het egter so bietjie verlore aansien herwin net voor die eindfluitjie toe die plaasvervanger, B Cafu gaan druk het en Vers verdoel het om die eindtelling 18-10 te maak vir Maritzburg College.Deur Wim Pretorius
Maritzburg College Report
This was an exceptionally evenly matched with both sides prepared to run the ball, although College was the smaller team.
Strong defence on both teams’ part saw a series of massive hits in a first half where referee Andrew Nicholson awarded eight penalties against Grey and five against College.
Wrong options haunted both teams at times but the commitment and endeavour could not be faulted.
The crowd exploded when College scored a fantastic try, the ball passing through several pairs of hands before right wing Lindo Ngcobo dived over at full-stretch in the corner (5-0).
Grey hit back immediately with flyhalf Richie Bryant’s penalty goal (5-3).
The pace of the game continued unabated and College left wing BJ Ngwenya was stopped near the corner before Grey mounted an attack through their backs, only for left wing Luca Dalla-Velha to be knocked into touch by Kelvin Elder, a textbook fullback tackle.
College restored their five-point lead through a Marcell Coetzee penalty, the centre slotting under pressure (8-3).
Grey were somewhat unlucky when flanker and captain CJ Vellerman came within a fingertip of nailing down a great chip-and-chase solo try.
College were reduced to 13 players via two sin-bin yellow cards issued by Nicholson one minute apart as Grey threw everything at the red, black and white. The 13-player defence was simply heroic as Grey battered away, but Grey eschewed kicking at goal, the Port Elizabeth lads deciding they had left their place-kicking boots at home.
College were playing with incredible heart in the face of a wave of Grey attacks before the home side turned the ball over, ran with it and man-of the-match Coetzee broke 50 metres before being pulled down. The resulting penalty saw the same player coolly stroke over the kick (11-3) with eight minutes left in a match played with Cup Final intensity.
The cherry on top for home fans was when College broke away and lively winger Ngcobo scored under the posts for Coetzee to convert (18-3). Vellerman scored a consolation try at the death and scrumhalf Mathew Alborough converted for the final score (18-10).
-
Kearsney College Easter Festival 2013 – Results Day 1
Kearsney College first XV kicked off their annual Easter Festival by beating Framesby from Port Elizabeth 25-8 in the opening match.
Scorers:
Kearsney College 25 (18) – Tries: Mitch du Toit, Ayron Schramm, Langa Hlongwane. Conversions: Tristan Tedder (2). Penalties: Tedder (2). Framesby 8 (0) – Try: Divo Welgemoed. Penalty: Ernst Stapelberg.
Selborne College 36 (24) – Tries: Lugelo Gosa (2), Milani Lubelwana, Damian Wolfaard, Keegan Gray, Cwenga Mqingwana. Conversions: Gosa (2), Dallas Sabbagh. Nico Malan 36 (24) – Tries: Selvyn Davids (3), Emile de Bod, Gerhard Engelbrecht. Conversions: Davids (4). Penalty: Davids.
Paul Roos Gimnasium 15 (10) – Tries: Herschell Jantjes, Brink Muller, Tristan Cramer. Glenood 10 (10) – Try: Mzawandile Mazibuko. Conversion: Kyle Gerhard. Penalty: Gerhard.
-

Sannies, Grey en Trekkers wen oortuigend
GREY-KOLLEGE se linkervleuel, Charl Pretorius, het ’n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 52-13 oor Duineveld op Upington behaal. Die tuisspan se voorspelers het met ’n reuse-aanslag gekom en Grey met tye probleme besorg. Velties se kaptein en agtsteman, Junior Burger, het sy troepe nie net voorlangs aangevuur nie, maar ook die vonk verskaf. Hy is goed deur die flank Theunis Visser bygestaan.
Pretorius was agterlangs Grey se beste speler. Voorlangs was die stryd kliphard en dit verbaas ook glad nie dat Grey se kaptein en kantman, Marius Louw, voorlangs beïndruk het nie. Louw is ’n speler wat nie bang is vir die fisieke aspekte van die spel nie.
Grey se naasbestes, die Cherries, het die Hoërskool Upington met 62-14 verniel. Grey het duidelik vanjaar weer genoeg diepte om ’n uitstaande seisoen te beleef. ) Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria was te sterk vir Diamantveld in die hoofwedstryd van laasgenoemde se sportdag in Kimberley. Affies was met 32-7 baas. Affies se senters, Phillip Orfer en Jurie Linde, het in die middelveld die stryd teen Ruan Maritz en Jacques Nel gewen. Orfer het twee keer gaan druk, terwyl Linde self ’n draai agter die doellyn gemaak het. Diamonds is egter vroeg in die wedstryd ontwrig toe sy losskakel en sleutelspeler, Deon van Zyl, die veld weens ’n besering moes verlaat. Die span het nie ’n erkende losskakel op die bank gehad nie en Maritz moes dié rol vertolk. Vir Affies het RG Snyman die lynstane oorheers, terwyl die haker, Francois Steyn, in die los gewoel het.
Landboudal het op dié sportdag Affies se tweede span 24-22 geklop. Die vleuel Kat Mabaleng het agterlangs meer as sy deel gedoen, terwyl die pak voorspelers voorlangs die oorhand gehad het. ) Douglas het teen Affies se derde span met 12-19 die knie gebuig.
Sand du Plessis het sy interskole-kragmeting teen Hennenman oortuigend met 47-0 gewen. Die span se senter Rabone Tsie was aan die voorpunt van sy span se oorwinning. Hy is goed deur die heelagter, Quinton Kleynhans, bygestaan. Sannies speel vanjaar in die A1-liga en het met sy voorseisoense wedstryde gewys hy kan nie gering geskat word nie.
Bothaville het op sy tuisveld te veel skietgoed vir die Hoërskool Bloemfontein gehad en met 38-7 as oorwinnaar uit die stryd getree. Bothaville se senter, Wessel Hefer, het met sy skerp breekslae Bloemies op die agtervoet gehad. Hefer is vir sy goeie spel met twee drieë beloon. Voorlangs het die agtsteman, Sakkie Bester en die tweeling-voorrymanne, Donovan en Armand van Wyk, blink spel opgedis. Vir die besoekers was Armandt le Roux die beste speler.
Voortrekker van Bethlehem het in die Rosestad vir Jim Fouché met 45-17 gekarnuffel. Die Trekkers was rustyd 12-3 voor. Die haker, Toffie van Zyl, flank Smurf Janse van Rensburg en agtsteman Robert de Jongh het voorlangs vir JF probleme besorg. Agterlangs het Tokkie van Zyl op losskakel en die vleuel Tiisetso Madonsela met hul spel beïndruk.
Saints het in Bloemfontein vir Ficksburg 38-7 verslaan, terwyl Hartswater ’n oorwinning van 26-5 oor Daniëlskuil behaal het.
Die Hoërskool Reitz het reeds twee wedstryde vanjaar gespeel. Die span het teen Parys met 12-14 die knie gebuig en 12 elk gelykop teen HTS Sasolburg gespeel.
Puntemakers:
Grey-kollege 52 (24) – Drieë: Charl Pretorius (3), Marius Louw, Mike Andrade, Carel Durow, De Wet Bezuidenhout, Julian Delicado. Doelskoppe: EW Viljoen (6). Duineveld 13 (3) – Drieë: Junior Burger, Attie Brits. Strafdoel: Brits.
Cherries 62. Hoërskool Upington 14 – Drieë: Rosché Naudé, Jonathan Steenkamp. Doelskoppe: DJ van den Heever, Jasper Wiese.
Affies 32 (15) – Drieë: Phillip Orfer (2), Jurie Linde, RG Snyman, Eduan Keyter, Francois Steyn. Doelskop: Dale Hendricks. Diamantveld 7 (0) – Drie: Ruan Maritz. Doelskop: Ronaldo Abrahams.
Landboudal 24 (10) – Drieë: JD Mans, Morris Rossouw, Kat Mabaleng. Doelskoppe: Louwtjie Steenkamp, Rossouw (2). Strafdoel: Steenkamp. Affies II 22 (5).
Douglas 12 – Drieë: Jaco van Heerden, Rikus Nel. Doelskop: Morné Morolong. Affies III 19.
Bothaville 38 (14) – Drieë: Wessel Hefer (2), Derek Beeslaar, Francois Jonker, Jeandré Kleynhans, Sakkie Bester. Doelskoppe: Kleynhans (4). Hoërskool Bloemfontein 7 (0) – Drie: Tiaan van Heerden. Doelskop: Tinus Victor.
Wilgerivier 33 (12) – Drieë: Gerrie Muller (2), Jan-Hendrik Muller, Phillip du Pisanie, Jacques van Rensburg. Doelskoppe: SF Meyer (4). Leeuwenhof Akademie 0.
St. Andrew 38 – Drieë: Boby Bophelo (2), Ross Middlecote, Tsepang Bereng, Krisjan Diedericks, Khosi Molapo. Doelskoppe: Dean Tucker (4). Ficksburg 7.
Hartswater 26 – Drieë: BJ Muller (2), Schalk Visser (2). Doelskoppe: DP Spangenberg (3). Daniëlskuil 5.
Sand du Plessis 47 (28) – Drieë: Quinton Kleynhans (2), Dandré Meyer, Jeandré Venter, Wayne van Heerden, Jade Martyn, Strafdrie. Doelskoppe: JB la Cock (6). Hennenman 0.
Voortrekker 45 (12) – Drieë: Boeta Vermaak (2), Christo van Zyl, André Janse van Rensburg, Tiisetso Madonsela, Sechaba Matsoele, Niel Janse van Rensburg. Doelskoppe: Tokkie van Zyl (4), AJ van Wyk. Jim Fouché 17 (3) – Drieë: Franco Spies, Carel-Jan Coetzee. Doelskoppe: Spies (2). Strafdoel: Spies
-
Otto vuur Rooiskool aan tot sege oor Fichies
DIE Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se eerste rugbyspan het maklik met 48-8 oor die Hoërskool Fichardtpark op sy jaarlikse sportdag op Kroonstad koning gekraai.
Rooiskool het teen die omdraaislag 17-3 voorgeloop. Die span se flank, Gerrit Otto, het met sy kraglopies vir Fichies hoofbrekens besorg. Otto het twee keer agter die doellyn gaan kuier. Die gasheer het boonop sonder sy kaptein en slot, TP Kleynhans, gespeel.Die span se linkervleuel, Nico Potgieter, het ook twee keer gaan druk. Rooies het gewis heelwat selfvertroue ná die sege herwin nadat hulle Maandag met 14-73 teen Grey ’n stewige loesing toegedien is.
Agterlangs het die senter Kobus Kleyn goeie spel gelewer, terwyl die haker Stephen O’Donovan en voorryman David Rule voorlangs uitgeblink het.
Louis Botha het teen Waterkloof van Pretoria in seker dié wedstryd van die dag 0-15 die onderspit gedelf.
Sentraal van Bloemfontein het sy onoorwonne status sover vanjaar behou deur Witteberg van Bethlehem 31-14 die loef af te steek. Die span se haker, Ryno Gerber, was soos gewoontlik woelig en het twee keer Witteberg se doellyn oorgesteek. Die slot SJ Wessels het ook met sy spel beïndruk.Agterlangs het die kaptein en senter, Michiel Venter, sy sterk vertonings tot dusver vanjaar voortgesit. Venter gaan vanjaar nog ’n hele paar spanne probleme besorg. Die losskakel DP de Lange en vleuel Vian Koekemoer kan ook tevrede met hul vertoning voel. Die stut Lafras Bekker het op sy 18de verjaardag een van Tralies se drieë gedruk.
Die Hoërskool Kroonstad het sy eerste oorwinning van dié seisoen behaal deur Parys 5-0 te klop. Die span se regtervleuel, Ruan Human, het sy span se wendrie gedruk.
HTS Welkom het die Hoërskool Sasolburg 29-5 in hul kragmeting op dié sportdag geklop.
Die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort het die Leeuwenhof Akademie 33-0 in die hoofwedstryd op sy jaarlikse sportdag verslaan. Die linkervleuel, Ricardo Frade, het elke keer wat hy aan die bal gevat het, gevaarlike lopies vir die tuisspan ingekry. Die span se slot MJ Louwrens was voorlangs sy span se beste speler.
HTS Sasolburg het Welkom High 14-10 in ’n ander wedstryd op dié sportdag geklop. In die enigste ander eerstespan-kragmeting op dié dag het Kestell en Balfour 12-12 gelykop gespeel.
Puntemakers:
AHS Kroonstad 48 (17) – Drieë: Nico Potgieter (2), Gerrit Otto (2), Aldert van Wyngaardt, Henry Searle, Stephen O’Donovan, Kobus Kleyn. Doelskoppe: Jeandré Uys (4). Fichardtpark 8 (3).
Waterkloof 15 – Drieë: Zander van Wyk, Reinach Venter. Doelskop: Tinus de Beer. Strafdoel: De Beer. Louis Botha 0.
Sentraal 31 – Drieë: Ryno Gerber (2), Vian Koekemoer, Lafras Bekker, Addington Mondo. Doelskoppe: Brendon Kahts (3). Witteberg 14 – Drieë: Louis Spershott, Wiaan Pittendrich. Doelskoppe: Spershott (2).
Hoërskool Kroonstad 5 – Drie: Ruan Human. Parys 0.
HTS Welkom 29 – Drieë: André Bester, Innocent Valashiya, Jerry Malaue, Jaco Jooste. Doelskoppe: Teboho Lesholi (2), Bester. Strafdoel: Lesholi. Hoërskool Sasolburg 5.
-

Brandfort kraai weer koning
DIE Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort se eerste rugbyspan het met ’n wegholsege van 71-0 oor Wessel Maree van Odendaalsrus sy onoorwonne status op sy jaarlikse sportdag behou.
Dit was Saterdag die 15de keer dat dié skool die dag aangebied het en die eerste span het sy grootste sege nog in die hoofwedstryd behaal. Die gasheer was met die omdraaislag met die telling 31-0 reeds stewig in die saal.
Die span se flank Jaco Erasmus en buitesenter Johan de Beer het elk ’n driekuns aan drieë behaal.
Die wenspan het 11 drieë gedruk. Die lostrio Erasmus, Niel Terblanché en Jan Serfontein was aan die voorpunt van dié oorwinning. Agterlangs was De Beer met sy breekslae te goed vir Wessel Maree.
Noord-Kaap het in die vernaamste voorwedstryd van dié dag vir Welkom-Gimnasium 38-0 getroef. Die wenspan se losskakel Guillermo Minnie, binnesenter Luke Mason en buitesenter Dimitrio Tieties was uitmuntend. Die span se flank Nico Graaff het twee van sy span se ses drieë gedruk.
Zastron het teen die Griffons-kampioen, Hentie Cilliers, weer gewys dat hy vanjaar nie maklik gekeer gaan word om sy titel as Vrystaatse B1-liga-kampioen suksesvol te verdedig nie. Hentie Cilliers het die kragmeting 43-24 gewen, maar het rustyd slegs ’n voorsprong van 19-11 geniet.
Die wenspan se agtsteman, Gregan Hull, het sy goeie spelpeil voortgesit en ook drie keer agter Zastron se doellyn gaan kuier. Henties se slot Brandon Kuzatjike het ook ’n blink vertoning gelewer.
Vir Zastron het sy agtsteman, Hendri Roodt, uitmuntende spel gelewer. Hy het ook sy span se twee drieë gedruk. Die haker Hendri Slabbert, senter AJ Goosen en heelagter Stefan Greyling kan ook tevrede met hul vertoning voel.
Goudveld-Hoërskool se Cravenweek-senter, Shaun Reynolds, was aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 39-5 oor President Steyn. Reynolds het twee van sy span se drieë gedruk en ook twee doelskoppe oorgeklits. Die span se losskakel Eric Herbert het agterlangs ook meer as sy deel gedoen.
Voorlangs was die stut Gerhard Viljoen en agtsteman Willie Baartman die uitblinkers. Vir die Steyners het die stut Juan Grobbelaar en haker Jaco Becket moedig probeer.
GJ van Eeden, losskakel van Bultfontein, het 20 van sy span se punte in ’n oorwinning van 50-7 oor Hendrik Potgieter van Reddersburg aangeteken. Van Eeden het twee drieë gedruk en ook vyf van sy span se agt drieë verdoel.
Sandveld van Wesselsbron was ook te sterk vir die Hoërskool Boshof en het met 31-0 as oorwinnaar uit die stryd getree.
Puntemakers:
Brandfort 71 (31) – Drieë: Jaco Erasmus (3), Johan de Beer (3), Henco de Wet, Vlam Groenewald, Anton Buffet, Drikus Rautenbach, Niel Terblanche. Doelskoppe: De Wet (4), Henco Pieterse (4). Wessel Maree 0.
Noord-Kaap 38 (12) – Drieë: Nico Graaff (2), Hillford Clarke, Dimitrio Tieties, Leon Becker, Lux Khoza. Doelskoppe: Tieties (4). Welkom-Gimnasium 0.
Hentie Cilliers 43 (19) – Drieë: Gregan Hull (3), Riaan Pretorius (2), Jameel Afrika, Brandon Kuzatjike. Doelskoppe: Jaywin Juries (4). Zastron 24 (11) – Drieë: Hendri Roodt (2). Doelskop: Nakkie Naudé. Strafdoele: Naudé (3). Skepdoel: Naudé.
Goudveld 39 (23) – Drieë: Shaun Reynolds (2), Eric Herbert, Edward Reynierse, Jaco Louw. Doelskoppe: Reynolds (2), Herbert (2). Strafdoele: Herbert (2). President Steyn 5 (5) – Drie: Leehane Ontong.
Bultfontein 50 – Drieë: Corné Pohlmann (2), GJ van Eeden (2), Guilliam Viljoen, Andrich Olivier, Etienne Botha, Armand Kuhn. Doelskoppe: Van Eeden (5). Hendrik Potgieter 7.
Sandveld 31 – Drieë: Alexis Havenga, Reinhardt Lennox, Bobby Nyakalo, Aubrey Mosea, Donald Grant. Doelskoppe: Monwabesi Mexico (3). Boshof 0.
-
School Rugby Results – 3 March 2013
Eastern Cape
Aliwal-Noord 10, President Steyn 18
Burgersdorp 46, Hennenman 7
Framesby 24, Glenwood 26
Gill College 7, Brandfort 31
Grens HS 30, Zastron 28
Hangklip 23, Hoërskool Bloemfontein 5
Marlow Landbou 15, AHS Kroonstad 20Free State
Brandfort 31, Gill College 7
Cherries 29, Landboudal 16
Fichardtpark 23, Witteberg 24
Grey College 46, Voortrekker 5
Jim Fouché 27, Klerksdorp HS 21
Louis Botha 37, Welkom Gimnasium 7
President Steyn 18, Aliwal-Noord 10
Sand du Plessis 51, Ficksburg 12
Zastron 28, Grens HS 30Griffons
AHS Kroonstad 20, Marlow Landbou 15
Bultfontein 42, Bloemhof 0
Ficksburg 12, Sand du Plessis 51
Hoopstad 17, Koffiefontein 5
Voortrekker 5, Grey College 46
Welkom Gimnasium 7, Louis Botha 37
Witteberg 24, Fichardtpark 23Griqualand West
Diamantveld 26, Duineveld 19
Douglas 7, Hopetown 7
Kimberley THS 26, Welkom HS 0
Landboudal 16, Cherries 29
Noord-Kaap 24, Hentie Cilliers 10KwaZulu-Natal
Glenwood 26, Framesby 24
Limpopo
Ben Vorster 50, Standerton 7
Nylstroom 52, Johan Jurgens 7Northvaal
Brandwag (Benoni) 22, Wesvalia 12
Middelburg THS 38, Transvalia 8
Witbank THS 27, Jan Viljoen 10North West
Klerksdorp HS 21, Jim Fouché 27
Wesvalia 12, Brandwag (Benoni) 22 -

Preview – Fichardtpark’s Clover Sport Day
Die spanne is:
AHS Kroonstad vs. Marlow Landbou at :
AHS Kroonstad: 15 Robbe Petzer, 14 JP le Roux, 13 Corné Schutte, 12 Kobus Kleyn, 11 Niel van Schalkwyk, 10 Jeandré Uys, 9 Alberd van Wyngaardt, 8 JP Kalp, 7 Gerrit Otto, 6 Henry Searle, 5 Stefan Oelofse, 4 TP Kleynhans, 3 Rall Naudé, 2 Stephen O ‘Donovan, 1 David Rule.
Marlow Landbou:
Grey College vs. Voortrekker (Bethlehem) at :
Grey College: 15 EW Viljoen,
Voortrekker (Bethlehem): 15 Sechaba Matsoele, 14 Tiisetso Madonsela, 13 Junior Smit, 12 Boeta Vermaak, 11 Lethole Mokoena, 10 Wian van der Watt, 9 Eloff Scheepers, 8 Robert de Jongh, 7 Seef Theron, 6 André Janse van Rensburg, 5 Henko Naudé, 4 Reitometsi Mofokeng, 3 Niel Janse van Rensburg, 2 Christo van Zyl, 1 Ernie Sumner.
-
Fixtures for the Fichardtpark Clover Sports Day of 2013
A-field:
08:00 – Brandfort vs. Gill College
09:10 – Grens HS vs. Zastron
10:20 – AHS Kroonstad vs. Marlow Landbou
11:30 – Louis Botha vs. Welkom Gimnasium
12:40 – Noord-Kaap vs. Hentie Cilliers
13:50 – Landboudal vs. Cherries
15:00 – Grey College vs. Voortrekker
16:10 – Fichardtpark vs. Witteberg -
Lanties kry sielkundige voorsprong oor Uppies
LANDBOUDAL van Jacobsdal se eerste rugbyspan het Saterdag ’n vroeë sielkundige voorsprong oor die Hoërskool Upington in dié twee spanne se vriendskaplike kragmeting op die Hoërskool Vryburg se jaarlikse sportdag met sy oorwinning van 20-16 gekry.
Die meeste atlete, krieketspelers en swemmers van die skole is nog nie beskikbaar vir die afrigters van die rugbyspanne om in te span nie, maar dié oorwinning sal die Lanties se selfvertroue gewis ’n hupstoot gee vir die twee spanne se ligawedstryd later vanjaar.
Lanties het rustyd met ’n enkele punt met 10-9 voorgeloop. Die span se held in die sege was sy jong slot, Tewis Britz, wat puik in sy eerste wedstryd vir die skool se eerste span vertoon het.
Hy staan 1,99 m in sy sokkies en het langs sy broer Adriaan Britz in die skrum gesak. Adriaan is ’n allemintige 2,06 m lank.
Agterlangs het die buitesenter, Morris Rossouw, en losskakel, Louwtjie Steenkamp, blink vertonings gelewer.
Jasper Wiese, Cravenweek-agtsteman van Uppies, het sy span se enigste drie gedruk.
Landboudal het vroeër vanjaar teen Sentraal in Bloemfontein met 8-14 die knie gebuig.
Jim Fouché het Diamantveld Maandag in ’n voorwedstryd vir die Varsitybeker-kragmeting tussen die Shimlas en Tukkies op Shimlapark met 32-17 geklop.
Vir JF was die heelagter Franco Spies, flank Hanno Spies en vaskopstut Eduan Wepener die uitblinkers.
Hartswater het op Vryburg se sportdag ’n oorwinning van 14-0 oor die Hoërskool Postmasburg behaal en so sy seisoen op ’n wennoot afgeskop.
Altus van Zyl, die span se binnesenter, is as speler van die wedstryd aangewys.
In die hoofwedstryd van die rugbydag het Vryburg die Hoërskool Vaalharts met 25-0 kafgedraf. Die Hoërskool Kalahari van Kuruman het ook vroeër dié dag Landboudal se naasbestes met 12-8 geklop.
Hentie Cilliers het Vrydag in Bloemfontein sterk teenstand van Fichardtpark gekry, maar steeds daarin geslaag om met 31-19 as oorwinnaars uit die stryd te tree.
Die telling was met agt minute se spel oor nog 19-elk.
By Hannes Nienaber