SSPN Test Site

Blog

  • Results – u16 – Free State/Griqualand West – 2017

     

    Grey College u16 – 2017
    Grey College 102 Waterkloof 24 Bloemfontein
    Grey College 22 Paarl Gimnasium 3 Paarl
    Grey College 64 HTS Middelburg 15 Paarl
    Grey College 24 Menlopark 26 Paarl
    Grey College 72 Louis Botha 7 Bloemfontein
    Grey College 45 Helpmekaar 6 Wildeklawer
    Grey College   Monument   Wildeklawer
             
             
             
             

     

     

  • Dié drie spook sake om Wildeklawer-netbalkroon uit

    Dié drie spook sake om Wildeklawer-netbalkroon uit

    WildeklawerNetbal2017Die drie mees suksesvolste skole in die geskiedenis van die Wildeklawer Netbal-toernooi sal more sake om die titel as kampioen in Kimberley uitspook. Stellenberg, Menlopark en die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria sal Maandag op die bane van die Hoërskool Diamantveld in ‘n rondomtalie-stryd gewikkel wees om te behaal wie vanjaar as kampioen gekroon sal word. 

    Affies is die verdedigende kampioen en het ook die kroon tussen 2012 en 2014 gedra. Stellenberg was in 2015 as kampioen gekroon, terwyl Menlopark met die louere in 2010 en 2011 weggestap het. Menlopark behoort die gunsteling te wees omdat hulle die enigste span is wat met ‘n onoorwonne status die eindronde sal betree.

    Menlopark het die Hoërskool Rustenburg (27-10), Ben Vorster (28-21) en Stellenberg (34-26) in sy drie groepwedstryd uitgestof. Menlopark is verlede week ook as kampioen van die Tuks-reeks gekroon toe hy na ekstra speeltyd vir Garsfontein met 35-34 geklop het. Na ekstra speeltyd was daar steeds niks tussen die twee spanne te kies nie, waarna die kampioen met ‘n goue doel bepaal is.  

    Menlopark het sy plek in die eindronde met ‘n oortuigende oorwinning van 40-17 oor Sentraal van Bloemfontein bespreek. Die span se Lucy Strydom (hulpdoel), Daniella Coetzer (aanvallende vleuel) en Chanel Vrey (hulpverdediger) het blink vertonings in die uitspeelwedstryd opgedis. 

    Affies het sy plek in die eindronde bespreek deur die gasheer, Diamantveld, met 33-19 te verslaan. Die wenspan se doel, Taila Loock, verdedigende vleuel Mari-Louw Snyman en verdediger, Linda Mouton, het uitstaande spel in die sege oor Tralies gelewer. 

    Waterkloof het bo-aan Groep A geëindig, maar in sy uitspeelwedstryd teen Stellenberg (10-15) die knie gebuig. Klofies was in sy ander twee groepwedstryde teen Paarl Gimnasium (19-17) en Potchefstroom Gimnasium (21-16) baas.

    Affies betree egter die eindronde nie onoorwonne nie. Hulle het teen Waterkloof naelskraaps met 14-15 in hulle groepwedstryd verloor. Affies het sy ander twee groepwedstryd teen Potchefstroom Gimnasium (34-14) en Paarl Gimnasium (25-20) gewen.

    Stellenberg het ook tweede in sy groep geëindig deur sy twee wedstryde teen Ben Vorster (30-19) en die Hoërskool Rustenburg (40-18) te wen en slegs teen Menlopark die knie te buig. In die uitspeelwedstryd teen Waterkloof het die doel Jean-Marie Orten, aanvallende vleuel Ebonie Gaskin en hulpverdediger, Maria Loubser, goed vertoon. 

    Al die uitslae: 

    Groep A: Affies 34, Potchefstroom Gimnasium 14; Waterkloof 19, Paarl Gimnasium 17; Affies 25, Paarl Gimnasium 20; Waterkloof 21, Potchefstroom Gimnasium 16; Waterkloof 15, Affies 14; Paarl Gimnasium 25, Potchefstroom Gimnasium 23.

    Groep B: Stellenberg 30, Ben Vorster 19; Menlopark 27, Rustenburg 10; Stellenberg 40, Rustenburg 18; Menlopark 28, Ben Vorster 21; Menlopark 34, Stellenberg 26; Rustenburg 28, Ben Vorster 27.

    Groep C: Sentraal 28, HTS Middelburg 3; Diamantveld 23, HMS Paarl 21; Diamantveld 26, Sentraal 25; HTS Middelburg 25, HMS Paarl 19; Sentraal 31, HMS Paarl 20; Diamantveld 30, HTS Middelburg 18.

    Uitspeelwedstryde: Affies 33, Diamantveld 19; Stellenberg 15, Waterkloof 10; Menlopark 40, Sentraal 17; HMS Paarl 25, Rustenburg 23; Paarl Gimnasium 27, Ben Vorster 25; HTS Middelburg 22, Potchefstroom Gimnasium 20.

  • Al Saterdag se uitslae van die Wildeklawer Juniortoernooi

    Al Saterdag se uitslae van die Wildeklawer Juniortoernooi

    NewsGWildeklawer2017Paarl Gimnasium se junior-spanne het Saterdag in Kimberle teen Waterkloof op die jaarlikse Wildeklawer-juniortoernooi ‘n goeie dag op kantoor, behalwe in sy o.16-wedstryd beleef.

    Klofies se o.16-span het sy eweknie van Gimmies met 32-3 afgeransel. Die skool van die Paarl se o.15- en o.14-span was onderskeidelik met 26-10 en 59-3 baas. 

    Die Hoër Jongenskool Paarl en Monument van Krugersdorp se o.16-spanne was in ‘n titaniese stryd gewikkel. Boishaai het uiteindelik met 17-10 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die skool van die Paarl se o.15-span het gerieflik met 21-7 teen Monnas geseëvier. In die o.14-wedstryd het Monnas met 17-14 die pyp gerook. 

    Diamantveld se o.16-span het teen sy eweknie van HTS Middelburg (7-17) vasgeval. Diamonds se o.14-span het die Rooi Kalfies met 24-14 getroef, terwyl die gasheer in die o.15-wedstryd oortuigend met 38-0 die septer geswaai het.

    Menlopark wat self ‘n paar gedugte juniorspanne in die veld stoot het vir Duineveld in die o.16-wedstryd met 31-12 geklop. Menlopark het sonder veel probleme die o.15-wedstryd tussen die twee spanne met 50-8 gewen. In die o.14-wedstryd het Menlopark met 71-0 amok gesaai.

    Grey-kollege se o.16-span het Helpmekaar-kollege met 45-6 verslaan. Helpies se o.15-span het sy staal getoon deur Grey met 24-21 te troef. In die o.14-wedstryd het Grey op ‘n drafstap met 20-0 gewen.  

    Al die uitslae: 

    o.16

    Waterkloof 32 Paarl Gimnasium 3
    HTS Middelburg 17 Diamantveld 7
    Grey College  45 Helpmekaar 6
    Stellenberg 22 EG Jansen 0
    Glenwood  24 Garsfontein 20
    Affies 32 HTS Drostdy 27
    Menlopark 31 Duineveld 12
    Paarl Boys’ High 17 Monument 10

    o.15: 

    Paarl Gimnasium 26 Waterkloof 10
    Diamantveld 38 HTS Middelburg 0
    Helpmekaar 24 Grey College 21
    Affies 16 HTS Drostdy 13
    Glenwood 26 Garsfontein 12
    EG Jansen 36 Stellenberg 22
    Menlopark 50 Duineveld 8
    Paarl Boys’ High  21 Monument 7

    o.14

    Paarl Gimnasium 59 Waterkloof 3
    Diamantveld 24 HTS Middelburg 14
    Grey College 20 Helpmekaar 0
    Stellenberg 42 EG Jansen 17
    Glenwood 45 Garsfontein 0
    Affies 18 HTS Drostdy 7
    Menlopark 71 Duineveld 0
    Monument 17 Paarl Boys’ High 14
  • Uitslae – Dag 1 – Wildeklawer

    Uitslae – Dag 1 – Wildeklawer

    NewsGGlenwoodGrey-kollege het gister sonder veel fieterjasies en truuks vir Boland Landbou op die eerste dag van die Wildeklawer-toernooi in Kimberley met 49-8 slae gegee. 

    Die span van Bloemfontein was klinies in sy vertoning en het teen rustyd met 21-8 voorgeloop. Die span se losskakel, Christopher Schreuder, het 24 punte tot sy span se sege bygedra. Die losskakel het ‘n uitmuntende vertoning gelewer en sy agterhoede seepglad weggestuur. 

    Grey se fisieke spel by die afbreekpunte asook op verdediging het Boland Landbou op die agtervoet gedwing. 

    Paul Roos Gimnasium het die Afrikaanse Hoër Seunskool danksy taktiese skopwerk met 21-14 in die hoofwedstryd van gister se Wildeklawer-toernooi in Kimberley uitoorlê. Die span van die Eikestad het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 13-7 geniet.

    Dit was veral die heelagter, Colia Louis, asook die losskakel, Juan Mostert, het Affies heeltyd met taktiese skopwerk in hulle helfte vasgedruk. Die wenspan se haker, Jean-Jacques Kotze, het voorlangs ingeklim.

    Affies se skrumskakel, Johan Mulder, verdien vermelding vir sy flinke diens agter die oond. Die kragmeting was die 21 wedstryde tussen die twee spanne en dié sege was Paul Roos se tiende oor sy teenstanders vanuit die Jakarandastad.

    Boland Landbou se heelagter, Duren Hoffman, het ‘n hele paar belowende lopies ingekry, maar Grey se haastige driekwarte het hom telkemale betyds platgetrek. 

    Hoewel dit nooit gelyk het asof Paarl Gimnasium teen Waterkloof die knie sou buig nie, vlei die eindtelling van 26-7 die span van die Paarl. Klofies het deurgans moedig probeer en die hele span verdien ’n klop op die skouer vir hoe rotsvas sy verdediging was. NewsGGiovanSnyman

    Gimmies het na 25 minute se spel in die wedstryd die eerste punte aangeteken toe sy agtsteman, Henco Martins, ’n aangee van Klofies wat op die aanval was onderskep het en ongeveer 70 meter vir ’n drie genael het. Dit was Martins se tiende drie dié seisoen. 

    Gimmies het in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel en dit was veral die kaptein en heelagter, Muller du Plessis, wat met sy dartellopies vir Klofies probleme besorg het. Gimmies het wel meeste van sy eerstekeuse spelers gerus en hulle eers speelkans laat in die tweede helfte gegee. Gimmies kom more teen Grey-kollege in sekerlik die wedstryd van vanjaar se toernooi te staan. 

    Die haker, Chris Rossouw, seun van die gewese Bok-haker met dieselfde naam is een van die spelers wat eers in die tweede helfte speelkans gekry het. Sy neef, Jean-Jacques Rossouw, het die wedstryd op slot begin. Jean-Jacques is die seun van die voormalige Transvaalse losvoorspeler, Charles Rossouw. 

    Die afgelope twee seisoene se voorste skolespan in Suid-Afrika, Hoër Jongenskool Paarl, het sy 43ste agtereenvolgende sege in dié land behaal deur Selborne College van Oos-Londen met 33-16 te verslaan. 

    Die span van Oos-Londen het teen die omdraaislag ’n voorsprong van 16-14 geniet, maar in die tweede helfte het Boishaai se kaptein en agtsteman, Francke Horn, twee keer oor die doellyn gestorm om sy span in beheer te plaas. Horn se pa, Francois, het op sy dag vir Boland se seniorspan uitgedraf en hou steeds die record vir die meeste punte in ’n seisoen met die 355 wat hy vir die Wynboere in 1996 aangeteken het. 

    Welkom-Gimnasium het in ’n indrukwekkende vertoning HTS Middelburg se Rooi Bulle in osse verander. Die span van Welkom met sy skitterende heelagter, Andrew Kota, aan die spits het die Rooi Bulle met 48-10 afgeslag. 

    NewsGKeithvanAswegenKota het vanuit die laaste vesting verwoesting gesaai. Hy het waarskynlik die aanvoorwerk vir die beste drie van die dag gedoen toe hy vanuit sy eie kwartgebied ’n teenaanval geloots het en meer as ’n handvol verdedigers gesystap en met vaart geklop het. Hy het daarna in HTS Middelburg se kwartgebied ’n perfekte voetaangee vir die skrumskakel, Georgen Kiewiet, gegee wat die beweging afgerond het. 

    Glenwood het vir Garsfontein ‘n rugbyles met 38-12 in die eerste wedstryd op vanjaar se toernooi geleer. Die span se senter Conan le Fleur en vleuel Janus Hendrikz het elk dubbelle driedruk-plesier ervaar. Le Fleur het ’n uitmuntende vertoning gelewer en telke male gapings in Garsies se verdediging gevind.

    Stellenberg en EG Jansen van Boksburg het met 24-elk gelykop gespeel in ’n wedstryd wat se uitslag heeltyd in die weegskaap was. Die Jansies se losskakel, Ruben Beytell, het soos gewoontlik die verdediging behoorlik besig gehou en twee keer die doellyn oorgesteek. Dit was egter Jansies se senter, Dylan Schwartz, wat vandag die meeste breebors mag rondloop. Stellenberg se haker, Josh Muller, het behoorlik in die los gewoel. 

    Monument van Krugersdorp se losskakel, Jonathan Viljoen, het 20 punte tot sy span se sege van 32-8 oor Oakdale Landbou aangeteken. Hy het twee keer die doellyn oorgesteek asook twee doel en twee strafdoele oorgeklits. 

    Outeniqua se Kwaggas is terug op die wenpad danksy die skopskoen van sy losskakel, James Mollentze. Die Kwaggas het Noord-Kaap met 28-21 verslaan. 

    Die gasheer, Diamantveld, het sy rieme met 15-36 teen Helpmekaar-kollege van Johannesburg styfgeloop.

    Puntemakers: 

    Paul Roos Gimnasium 21 (13) – Drieë: Hanro Jacobs, Reagan van der Westhuizen. Doelskop: Colia Louis. Strafdoele: Louis (2), Juan Mostert. Affies 14 (7) – Drieë: Carl Els, Heinrich Bischoff. Doelskoppe: Regardt Roets (2). 

    Grey-kollege 49 (21) – Drieë: Richard Kriel, Christopher Schreuder, David Kriel, Ross Braude, Janco van Heyningen, Henk Cilliers. Doelskoppe: Schreuder (5). Strafdoele: Schrteuder (3). Boland Landbou 8 (8) – Drie: Durin Nasson. Strafdoel: Duren Hoffman.

    Helpmekaar 36 (29) – Drieë: Tommy van Tonder, Dameon Venter, Jeremy Randell, David Cary, Strafdrie. Doelskoppe: Tristan Oosthuizen (4). Strafdoel: Oosthuizen. Diamantveld 15 (3) – Drieë: Charles Williams, De-an Ackerman. Doelskop: Williams. Strafdoel: Williams.

    Paarl Gimnasium 26 (12) – Drieë: Henco Martins, Dederik Glas, Franco Marais, Adriaan Staples. Doelskoppe: Ruben Scholtz (3). Waterkloof 7 (0) – Drie: Giovan Snyman. Doelskop: Ulrich Maritz.

    Paarl Boys’ High 33 (14) – Drie: Francke Horn (2), Eric Myburgh, Thaakir Abrahams. Doelskoppe: Sean Mouton (3), Abner van Reenen (2). Strafdoel: Mouton. Selborne College 16 (16) – Drie: Sibabalwe Xamlashe. Doelskop: David Coetzer. Strafdoele: Coetzer (3).

    EG Jansen 24 (14) – Drieë: Ruben Beytell (2), Dylan Schwartz, Jonathan O’Neill. Doelskoppe: Schwartz (2). Stellenberg 24 (19) – Drieë: Angelo Davids, AJ Rossouw, Roché Malan, André Hanekom. Doelskoppe: Ryan Brown (2).

    Outeniqua 28 (17) – Drieë: Johan Carstens, Braam van Huysteen, Sylvester Hasien. Doelskoppe: James Mollentze (2). Strafdoele: Mollentze (3). Noord-Kaap 21 (0) – Drieë: Conrad van Aswegen, Edrich Brand, Cameron Hufke. Doelskoppe: Hufke (3). 

    Monument 32 (13) – Drieë: Jonathan Viljoen (2), Dandre Degenaar, Tumi Mononyane. Doelskoppe: Viljoen (2), Luke Rossouw. Strafdoele: Viljoen (2). Oakdale Landbou 8 (5) – Drie: Marcell Neethling. Strafdoel: Jay-Cee Nel.

    Glenwood 38 (26) – Drieë: Conan le Fleur (2), Janus Hendrikz (2), Siyanda Cele, Dylan Pretorius. Doelskoppe: Morné van Rensburg (4). Garsfontein 12 (5) – Drieë: Barry Schoombee, Juandré Buitendag. Doelskop: Barry Schoombee.

    Welkom-Gimnasium 48 (20) – Drieë: Keith van Aswegen (2), Dillon Minnaar, Ulrich Stander, Virlyn van Vollenhoven, Georgen Kiewiet, Andrew Kota. Doelskoppe: Kota (5). Strafdoel: Kota. HTS Middelburg 10 (3) – Drie: Henco van Heerden. Doelskop: Morné Sonnekus. Strafdoel: Sonnekus.

  • Spanne vir Wildeklawer van 2017

    Spanne vir Wildeklawer van 2017

    Die spanne is (Let wel dat die spanlyste is onderhewig aan verandering): 

    Affies: 15 Ruan Wasserman, 14 Sean Thungo, 13 Zach Briel, 12 Charles Goedhals, 11 Ruben Meiring, 10 Reghardt Roets, 9 Johan Mulder, 8 Philip Potgieter, 7 Jaco Labuschagne, 6 Divhan du Preez, 5 Carl Els, 4 Michael de Waal, 3 James Combrinck, 2 Janco Uys, 1 Wiehan Bezuidenhout. Plaasvervangers: 16 Johan van Zyl, 17 Dewald Donald, 18 Sarel Joubert, 19 Jordan Swemmer, 20 Marius Potgieter, 21 Steyn van der Spuy, 22 Ruan van Tonder, 23 Heinrich Bisschoff.

    Boland Landbou: 15 Duren Hoffman, 14 Luther McKay, 13 Durin Nasson, 12 Francois du Toit, 11 Sebastian de Klerk, 10 Darren Hendricks, 9 Erik Lambrecht, 8 Martin Rossouw, 7 Franco Venter, 6 Henro Meyer, 5 Herman le Roux (kaptein), 4 Schalk Bezuidenhout, 3 Christiaan Olivier, 2 Tian Drotskie, 1 Albert Coetzee. Plaasvervangers: 16 Jean van Wyk, 17 Jordan Nel, 18 Thys Kittshoff, 19 Hermanus Erasmus, 20 Gavin Mills, 21 Hanro-Daniël van der Merwe, 22 Armand Adendorff.

    Diamantveld: 15 Ashwill Botha, 14 Lambert Cronjé, 13 De-an Ackerman, 12 Handré Bruwer, 11 Timothy Harding, 10 Charles Williams (kaptein), 9 Jannie van Niekerk, 8 Riaan de Klerk, 7 Armin de Villiers, 6 Justin Range, 5 Hendrik Smit, 4 Schalk Nieuwoudt, 3 Rudolf Fourie, 2 Marco van Straaten, 1 WS Coetzer. Plaasvervangers: 16 Gert-André Schoombie, 17 Francois du Plessis, 18 Edwill Speelman, 19 Jan-Hendrik Louw, 20 MJ Breytenbach, 21 Ferdinand van Soelen, 22 Chandré Ludick, 23 Charlie Louw, 24 Leon Pienaar, 25 Dehan du Plessis.

    EG Jansen: 15 Franco van Eeden, 14 Hugo Claassen, 13 Keenen Oelofse, 12 Dylan Schwartz, 11 Sheldon Rivabella, 10 Ruben Beytell, 9 Lesley October, 8 Carson Koekemoer, 7 Dylan Engelbrecht, 6 Jonathan O’Neill, 5 Reinhardt Venter, 4 Dominique McArthur, 3 Janus Swanepoel, 2 Nico Benade, 1 Brandon Becker. Plaasvervangers: 16 Dian Coetzee, 17 Dian Coetzee, 18 Ruann Kruger, 19 Wesley Noeth, 20 Craig Hutchison, 21 Dwayne Fourie, 22 Juandre Venter, 23 Tertius Loots, 24 Damian Watters.

    Garsfontein: 15 Campwill Willemse, 14 J Visagie, 13 Tian Thysse, 12 Diego Appollis, 11 Juandré Scheepers, 10 Wesley Thompson, 9 JJ van Zyl, 8 Carl du Plessis, 7 Juandré Buitendag, 6 Ruben Roodt, 5 E Terblanche, 4 Jordan van Dyk (kaptein), 3 Keanu Prinsloo, 2 S Billing, B Brandt. Plaasvervangers: 16 R Botha, 17 S vd Merwe, 18 A Pretorius, 19 J Snyman, 20 G Meyer, 21 Keagan Johannes, 22 K Calitz, 23 Barry Schoombee.

    Glenwood: 15 Rynard Jonker, 14 Siyanda Cele, 13 Jacques Conradie, 12 Conan le Fleur, 11 Morné van Rensburg, 10 Dylan Pretorius, 9 Jaden Hendrikse, 8 Dylan Kruger (kaptein), 7 George Luzolo, 6 Edward Laubscher, 5 Lunga Ncube, 4 JJ van der Mescht, 3 Brendon Schwulst, 2 Jhacques Thyssen, 1 Thabiso Mdletshe. Plaasvervangers: 16 Jordan Clarke, 17 De Wet Truter, 18 Slade du Randt, 19 Runako Brynard, 20 Joe Jonas, 21 Connor Allan, 22 Janus Hendrikz.

    Grey-kollege: 15 David Kriel, 14 Henk Cilliers, 13 Janco van Heyningen, 12 Rikus Pretorius, 11 Richard Kriel, 10 Christopher Schreuder, 9 Ross Braude, 8 Arno Nieuwoudt, 7 Marcel Theunissen, 6 Jaap van Zyl, 5 Johan Wilken, 4 Handré Roux, 3 Naudé Naudé, 2 Ru-hann Greyling, 1 Luke Janse van Vüren. Plaasvervangers: 16 Wihan Marais, 17 Herman Agenbag, 18 John-Henri Fincham, 19 De Wet Marais, 20 Llewellyn Hendricks, 21 DC Odendaal, 22 Wycliff Vlitoor, 23 Pienaar van Niekerk.

    Helpmekaar-kollege: 15 Zach Boonzaaier, 14 Tommy van Tonder, 13 Francois Janse van Vuuren, 12 Jeremy Randell, 11 David Cary, 10 Tristan Oosthuizen, 9 Ruhan Viviers, 8 Ben Clarke, 7 Liam van den Berg, 6 Mark Snyman (kaptein), 5 Michael Amiras, 4 JC Kruger, 3 Quintusz Geyser, 2 Dameon Venter, 1 Ignis Meyer. Plaasvervangers: 16 Jean Engelbrecht, 17 Triston Venter, 18 Chris Pietersen, 19 Lehan du Toit, 20 Eugene Maritz, 21 Frederick van Deventer, 22 Brandon Keevy, 23 Francios Scholtz.

    HTS Middelburg: 15 Morné Sonnekus, 14 Barend Janse van Rensburg, 13 Joubert Willers, 12 Andries Koen, 11 Michael van der Walt, 10 Tjaart Kruger, 9 Uys du Preez, 8 Ruvaan Muller, 7 Tiaan de Beer, 6 Henco van Heerden, 5 Frans Malan, 4 Reece Bezant, 3 Brandon Pienaar, 2 Duart Willemse (kaptein), 1 Tikka Cilliers. Plaasvervangers: 16 Alten Nelson, 17 Carlo Nortjé, 18 Andries Vorster, 19 Dolf Rossouw, 20 Armand Bester, 21 Martin Erasmus, 22 Riekert Barnard, 23 MC Kuhn.

    Monument: 15 Dandré Prinsloo, 14 Dian Oosthuizen, 13 Juandré Breytenbach, 12 Luke Rossouw, 11 Brendon Buitendag, 10 Jonathan Viljoen, 9 Tinus Combrinck, 8 PJ Jacobs, 7 Cristen van Niekerk, 6 Franco Schutte, 5 Christopher Havenga, 4 Stephan le Roux, 3 Eben Brand, 2 Morné Brandon, 1 Brendan Pawson. Plaasvervangers: 16 Jano Lourens, 17 Tumi Mononyane, 18 Dandré Degenaar, 19 Humphries du Randt, 20 Tristan Dullisear, 21 Zihan Coetzee, 22 KC van Rooyen, 23 Dean Lategan.

    Noord-Kaap: 15 Yaseer Daniels, 14 Andries Jacobs, 13 Len Pelser, 12 Wium Becker, 11 Cameron Hufke, 10 Ramon Sauls, 9 Greagan Baron, 8 Ruan van Loggerenberg, 7 Edrich Brand, 6 Jeffrey Muzaza, 5 Deon van Niekerk, 4 Leon van Jaarsveld, 3 Wynand Bester, 2 Rory Leijdekkers, 1 Conrad van Aswegen. Plaasvervangers: 16 Jay-dee Dumpies, 17 Justin Murphy, 18 Markus Rautenbach, 19 Enricho Mawawane, 20 Graig Ockhuis, 21 DS van Niekerk, 22 Tiaan Swanepoel, 23 Godwill Romain.

    Oakdale Landbou: 15 Pietie Uys, 14 Marcel Neethling, 13 Luke Hertz, 12 Jay-Cee Nel, 11 Joaquin Taute, 10 Clyde Lewis, 9 Lian du Toit, 8 Hannes Gous, 7 JC Lourens (kaptein), 6 Le Roux Pepler, 5 Henco Beukes, 4 Daniel van der Berg, 3 Michael Cronjé, 2 SP Kleynhans, 1 Dian Bleuler. Plaasvervangers: 16 Josh Lawson, 17 Magnus Muller, 18 Hanu Heunis, 19 Pieter Ferreira, 20 Marcel Neethling, 21 Derick Jooste.

    Outeniqua: 15 Darren Fortuin, 14 Hennie Barnard, 13 Emileo Otto, 12 Adolf Lombaard, 11 Paul Rademeyer, 10 James Mollentze, 9 Sylvester Hasien, 8 Andreas Breytenbach, 7 Ruben Coetzee, 6 Braam van Huysteen, 5 Louis Meiring, 4 JP Terblanché, 3 Alexander van Biljon, 2 Stephan Leonard, 1 Conrad Ackerman. Plaasvervangers: 16 Johan Carstens, 17 Philip Venter, 18 Ruan Barnard, 19 Thomas Fouché, 20 Aylen Schabort, 21 Zinedine Booysen, 22 Herchell Otto.

    Paul Roos Gimnasium: 15 Colia Louis, 14 WJ Smith, 13 Regan van der Westhuizen, 12 Rufus Dercksen, 11 Remy Engelbrecht, 10 Marais Cloete, 9 Gerado Jaars, 8 Matthew Cordy, 7 Philip van Dyk, 6 Michael Koning, 5 Breyten Maritz, 4 Lombard Basson, 3 Hanru Jacobs, 2 Willem van der Heever, 1 Cameron Dawson. Plaasvervangers: 16 JJ Kotze, 17 Alexander Mbete, 18 Tristan Leitch, 19 Ryno Niemand, 20 Johan Bouwer, 21 Antonie Kock, 22 Juan Mostert, 23 Brendan Venter.

    Paarl Boys’ High: 15 Abner van Reenen, 14 Stuart Tait, 13 Divan Enslin, 12 Luka Ferreira, 11 Thaakir Abrahams, 10 Seon Mouton, 9 Eric Myburgh, 8 Francke Horn (kaptein), 7 Cornel Kotze, 6 Vian Fourie, 5 Pierre Pretorius, 4 Armandt Conradie, 3 Joshua du Preez, 2 Wilhelm Barnard, 1 MJ Strauss. Plaasvervangers: 16 Cullen vd Merwe, 17 De Wet Wolhuter, 18 Roubert Bester, 19 Adrian Alberts, 20 Evan Roos, 21 JG de Bruin, 22 Noegh Hayward, 23 Simon Carstens.

    Paarl Gimnasium: 15 Muller du Plessis (kaptein), 14 Francois Marais, 13 Dawid Kellerman, 12 Ruben Scholtz, 11 Hanco Hanekom, 10 Daniël Beukes, 9 Hanro Geldenhuys, 8 Henco Martins, 7 AJ Wedgwood, 6 Corné Uys, 5 Ryno Beukes, 4 Adriaan Ludick, 3 Francois Staples, 2 Chris Rossouw, 1 Hugo Pienaar. Plaasvervangers: 16 Daniël Wessels, 17 Adriaan Staples, 18 Dedrich Glas, 19 Juan Beukes, 20 Dean Nieuwoudt, 21 Jean Janse van Rensburg, 22 Janke du Toit, 23 Stravino Jacobs.

    Selborne College: 15 Jason Raubenheimer, 14 Miles Norton, 13 Sibabalwe Xamlashe, 12 Sibahle Kuhlane, 11 Afka Ndinisa, 10 David Coetzer, 9 Mitchell Connellan, 8 Adam Mountfort, 7 Sisonke Mbadlanyana, 6 André Rust, 5 Stephan Nieuwenhuizen, 4 Grant Meyer, 3 Cameron Moodie, 2 Mark Venter, 1 Luke Dalbock. Plaasvervangers: 16 Shakeel Naidoo, 17 Nolan Kemp, 18 Cody Els, 19 Ridge Snelling, 20 Thomas Bursey, 21 Jordan Janse van Rensburg, 22 Mnombo Zwelendaba.

    Stellenberg: 15 Ryan Brown, 14 Angelo Davids, 13 Corné van Romburgh, 12 Steph Marais, 11 Roché Malan, 10 Nivan Petersen, 9 Jacques van Biljon, 8 André Hanekom, 7 Johann van der Merwe, 6 AJ Rossouw, 5 Erik Vermeulen (kaptein), 4 Janko Swanepoel, 3 Nicko Laubscher, 2 Josh Muller, 1 Jason Jansen. Plaasvervangers: 16 Justin Cupido, 17 Nicholas Winterbach, 18 Lindo Ncusane, 19 Ruben de Bod, 20 Heino Lombard, 21 Ryno Marais, 22 Leeuwner van der Merwe.

    Waterkloof: 15 Gideon Peters, 14 Sean du Plooy, 13 Jandré Pretorius, 12 Ruan Allers, 11 PJ Krugell, 10 Ulrich Maritz, 9 Giovan Snyman, 8 Ewan Visser, 7 Wikus Lindeque, 6 Gustav de Jager, 5 Wihan De Beer, 4 Ruben Kotzé, 3 Gerrit Visser, 2 Ruben Veldsman, 1 Bradley McGeer. Plaasvervangers: 16 Eckard Boshoff, 17 Jason Hattingh, 18 André Dippenaar, 19 Wiam Badenhorst, 20 Brandon (Polla) Melamed, 21 Brendon Katzke, 22 Danie Wessels, 23 Richard Van den Berg.

    Welkom-Gimnasium: 15 Andrew Kota, 14 Francois Maree, 13 Keith van Aswegen, 12 Virlyn van Vollenhoven, 11 Wian van Staden, 10 Jason Wagman, 9 Georgen Kiewiet, 8 Ulrich Stander, 7 Christo Steyn, 6 Marnich Thessner, 5 Husayn Banzi, 4 Robert Bristow, 3 Carl Senyane, 2 Dillon Minnaar, 1 Armand van Aswegen. Plaasvervangers: 16 Johann Schlebusch, 17 Robert Dames, 18 TK James, 19 Brandon Botha, 20 Colen Roberts, 21 JP de Kock, 22 JW Viljoen.

  • Standard Bank Grey High Rugby Festival – day one match reports

    Standard Bank Grey High Rugby Festival – day one match reports

    NewsGLJduPreezHOSTS Grey High were pushed all the way by an energetic Jeppe outfit before finally subduing their Johannesburg opponents 36-22 on the opening day of the Standard Bank Grey High Rugby Festival in Port Elizabeth on Thursday.

    An indication of Jeppe’s refusal to lie down came at the end of the game when they had the satisfaction of scoring the final try, but the home side had built a comfortable buffer by that stage.

    The visitors were first to score but Grey struck back hard as they showed elusive running among the backs with tries by wing Uan Tait, fullback Sihle Njezula and flyhalf LJ du Preez.

    It gave them a telling 17-7 lead at the break and although Jeppe showed great spirit by crossing for three tries in the second half, Grey had sufficient in the tank to keep control of the scoreline, also scoring three tries in this period.

    In the main curtain-raiser, Dale displayed their running skills as they kept Daniel Pienaar under pressure throughout the game.

    Three tries gave them a handy 21-0 lead shortly after the start of the second half before the Uitenhage team showed good fighting qualities to reply with tries by Ryan Oliphant and Morne Labuschagne.

    But with Dale’s Aphelele Fassi rounding off an influential game with a try to go with four conversions, the King lads never lost their grip on the match.

    Queen’s and Johannesburg rivals St John’s had a real arm-wrestle, with neither side able to gain any meaningful supremacy.

    The Queenians scored the first try through hooker Gareth Heidtmann, to which St John’s replied with a powerful charge by centre William Davis, making it 7-7 at the break.

    In the second half, St John’s took their chances when Queen’s infringed, with two penalties by flyhalf Kieran Houlstan proving the difference in a hard-earned 13-7 victory.

    After a well-fought first half, which they led 14-7, Durban High School shifted into top gear in the second period to blitz Brandwag with four well-taken tries, stretching the score to 42-14.

    The Durban lads were full value for their lead, seizing on any mistakes from their opponents to punish them with slick handling and hard running.

    The situation looked ominous for the Uitenhagers, but they showed spirit in the last quarter of the match, crossing for three tries to narrow the gap to 18 points.

    The best of these was a 60-metre run by diminutive scrumhalf Chad Adams after he broke through from his own half.

    However, Brandwag had left themselves with too much to do and DHS firmed up their defence to register a deserved victory.

    Hudson Park wing Avuyile Mbece showed his running prowess with two first half tries to spark the East London side to a solid 31-7 in the day’s opening game against Despatch.

    The second effort was a gem from the halfway line when he outstepped a number of Despatch defenders to score under the posts.

    Trailing 19-0 at halftime, Despatch showed better resolve in the second half and forced Hudson into a few errors, resulting in a try by Raynard Claassen.

    However, the Border team stood firm and hit back with two more tries to run out comfortable victors.

    Bloemfontein side Louis Botha Tech proved too strong for an outgunned Ithembelihle side, registering a 48-8 win, while Pearson will be happy to have notched up a 27-13 victory over St David’s

  • Wildeklawer to be streamed live by Fanstream

    Wildeklawer to be streamed live by Fanstream

    FanstreamThere is some good news for schoolrugby followers from around South Africa who will not be able to attend this year’s Wildeklawer tournament at Diamantveld in Kimberley. All the matches on the A-field on Saturday will be streamed live via Fanstream to your cellphone, tablet, laptop or Smart TV to wherever you are.

    All the matches that will be played on Diamantveld’s B-field will also be streamed live via Fanstream’s website. All supporters of the schools, parents or grandparents have to do to watch the games is to register and then watch the games for free. The direct link to the page for the Wildeklawer streams are – https://fanstream.co.za/wildeklawer-rugby-netball-tournament  

    The list games that will be streamed by Fanstream: 

    Saturday, 29 April 2017 (Diamantveld A-field) 

    08:00 u19 Glenwood vs Garsfontein
    09:00 u19 Welkom Gimnasium vs HTS Middelburg
    10:20 u19 Stellenberg vs EG Jansen
    11:30 u19 Paarl Boys’ High vs Selborne College
    12:40 u19 Paarl Gimnasium vs Waterkloof
    13:50 u19 Noord-Kaap vs Outeniqua
    16:40 u19 Diamantveld vs Helpmekaar
    17:50 u19 Grey College vs Boland Landbou
    19:00 u19 Affies vs Paul Roos Gimnasium

    Diamantveld B-field 

    08:20 u15 Grey College vs Helpmekaar
    09:20 u16 Grey College vs Helpmekaar
    10:20 u19 Monument vs Oakdale Landbou
    11:30 u14 Diamantveld vs HTS Middelburg
    12:30 u15 Diamantveld vs HTS Middelburg
    13:30 u16 Diamantveld vs HTS Middelburg
    14:30 u14 Paarl Gimnasium vs Waterkloof
    15:30 u15 Paarl Gimnasium vs Waterkloof
    16:30 u16 Paarl Gimnasium vs Waterkloof

    Monday, 1 May 2017 (Diamantveld B-field) 

    08:00 u14 Affies vs Paarl Boys’ High
    09:00 u15 Affies vs Paarl Boys’ High
    10:10 u19 Noord-Kaap vs EG Jansen
    11:30 u16 Affies vs Paarl Boys’ High
    12:30 u15 Diamantveld vs Waterkloof
    13:30 u16 Diamantveld vs Waterkloof
    14:30 u14 EG Jansen vs Glenwood
    15:30 u15 EG Jansen vs Glenwood
    16:25 u16 EG Jansen vs Glenwood

     

  • Marais Viljoen, Middelburg, Zwartkop en Liggies in halfeindronde van Pukke Prestige-reeks

    Marais Viljoen, Middelburg, Zwartkop en Liggies in halfeindronde van Pukke Prestige-reeks

    PukkePrestigeReeksDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Lichtenburg het sy aanslag om sy titel as kampioen van die NWU-Pukke se Prestige-reeks net-net lewendig gehou.

    Die Liggies het Saterdag op sy tuisveld danksy ‘n drie deur Muis Kotze in die doodsnikke van sy kwarteindstryd teen Potchefstroom Gimnasium met 17-14 tot die halfeindstryd deurgedring.

    Lichtenburg kom Donderdag teen Zwartkop in die halfeindronde van die reeks op Hugenote in Springs se hoofveld te staan. Zwartkop het self in sy kwarteindstryd teen Noordheuwel van Krugersdorp met 20-18 deurgeskraap.

    Die Nories se Cameron Janse van Vuuren het na speeltyd reeds verstreke was die doellyn oorgesteek. Noordheuwel se losskakel, Renier Stander, het egter die doelskop verbrou wat sy span tot die halfeindronde sou laat deurdring het.

    Zwartkop se kaptein en flank, Chris Vermaak, was uitstekend in sy span se oorwinning oor Noordheuwel.

    In die ander halfeindstryd op Die Anker se hoofveld in Brakpan sal Marais Viljoen van Alberton teen die Hoërskool Middelburg teen mekaar te staan kom. Marais Viljoen sal na sy oortuigende oorwinning van 40-18 oor Potchefstroom Volkskool in die kwarteindronde as die gunsteling op die veld draf.

    Die span se agtsteman, Franco du Plessis, was briljant en is vir sy goeie spel met twee drieë beloon. Potch Volkies se losskakel, Hanru van Rooyen, het al sy span se punte via twee drie, ‘n doelskop en twee strafdoele aangeteken.
    Middelburg het sy plek in die halfeindronde met ‘n sege van 18-14 oor Driehoek bespreek.

    HTS Witbank se Ronnie Banda het ‘n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 46-17 oor Jeugland behaal.

    Puntemakers:

    Zwartkop 20 – Drieë: Chris Vermaak (2). Doelskoppe: Miche Groenewald (2). Strafdoele: Groenewald (2). Noordheuwel 18 – Drieë: Cameron Janse van Vuuren, Francois Marx. Doelskop: Renier Stander. Strafdoele: Stander (2).

    Hoërskool Middelburg 18 – Drieë: Siyanda Maseko, Chris Steyn. Doelskop: Coenraad Visser. Strafdoele: Visser (2). Driehoek 14.

    Marais Viljoen 40 – Drieë: Franco du Plessis (2), Brendon Marchbank, Theunis Muller, AJ Meyer, Henk de Lange. Doelskoppe: Marchbank (5). Potchefstroom Volkskool 18 – Drieë: Hanru van Rooyen (2). Doelskop: Van Rooyen. Strafdoele: Van Rooyen (2).

    Lichtenburg 17 (7) – Drieë: Tiaan Wagner, Armandt Potgieter, Johan Kotze. Doelskop: Lohan Jahns. Potchefstroom Gimnasium 14 (14) – Edrich Cronjé, George van der Westhuizen. Doelskoppe: Cronjé (2).

    Hugenote (Springs) 56 – Drieë: Rozand Bergh, Zandré Combrink, Edrich Aucamp, Romano Naudé, Rando Bergh, Armand Kruger, Donovan Grobler, Strafdrie. Doelskoppe: Aucamp (8). Randburg 3.

    Montana 50 – Drieë: Niel Steenberg (3), Henrique de Sousa, Brian Schreuder, Jacques Tolmay, Steven van Niekerk, André Badenhorst. Doelskoppe: Thys Loubser (5). Oosterlig 0.

    Die Anker 27 – Drieë: Jeandré van Vuuren, Dwaine Korff, Herman Matthee, Stephan de Klerk. Doelskoppe: Lionel Ueckermann (3). Strafdoele: Ueckermann (2). Wesvalia 21.

    HTS Witbank 46 – Drieë: Ronnie Banda (3), Themba Nkabanda (2), Elmar Very (2), Dylan Pretorius. Doelskoppe: Steven Strumpher (3). Jeugland 17.

    Ander spanne:

    o.16: Lichtenburg 38, Potch Gimmies 28; Hugenote 24, Randburg 24 (Hugenote dring deur a.g.v. meeste drieë gedruk); Montana 35, Wesvalia 14; Noordheuwel 19, Zwartkop 18; Middelburg 55, Driehoek 0; Potch Volkies 26, Jeugland 25.

    o.15: Wesvalia 24, Potch Gimmies 12; Hugenote 48, Potch Volkies 5; Montana 56, Oosterlig 0; Zwartkop 13, Marais Viljoen 10; Middelburg 64, Driehoek 0.

    o.14: Middelburg 15, Potch Gimmies 0; Hugenote 31, HTS Witbank 14; Montana 39, Lichtenburg 7; Marais Viljoen 26, Zwartkop 12; Potch Volkies 28, Jeugland 10.

  • Roux praises Junior Springbok character

    Roux praises Junior Springbok character

    NewsGJuniorBoksDespite a number of lessons learnt, Junior Springbok coach Chean Roux was satisfied with his team’s 50-19 victory in a high-paced warm-up match against the Varsity Cup Dream Team at the Danie Craven Stadium in Stellenbosch on Tuesday evening.

    The SA U20s outscored the Varsity Cup side by seven tries to three in an exciting match, which was evenly poised at 21-19 at the break.

    “It was a great test for us and it was good to play against players who have played a number of games this season,” said Roux.

    “Our warm-up matches during the second training camp were against teams that didn’t play many games before, so this was an excellent test for our players.”

    Commenting on the lessons learnt in the match against the Varsity Cup Dream Team, Roux said: “In our lineouts there were one or two technicalities that we got wrong, which we will work on in the next couple of weeks.

    “I think the work rate of our forwards and our scrummaging were good and we played our rugby in the right areas of the field, which was another positive.”

    The Junior Boks struck first in the fourth minute with lock Ruben van Heerden crashing over the tryline following a solid showing by the forwards, which fullback Gianni Lombard converted to take a 7-0 lead.

    The Varsity Cup Dream Team fought back strongly with winger Duncan Saal using his pace to work his way through the defence and score their first try, which flyhalf Tinus de Beer converted to level the scores.

    The Dream Team built on this with a try by captain Craig Barry in the 22nd minute, and added another four minutes later compliments of lock Loftus Morrison after Junior Boks were reduced to 14 men as prop Carlű Sadie received a yellow card for infringing at a breakdown. This pushed the Varsity Cup Dream Team 19-7 ahead.

    This lead, however, was short-lived as an encouraging display by the Junior Bok forwards paved the way for Salmaan Moerat and Van Heerden to touch down, which handed the team a narrow 21-19 lead going into the break.

    They built on this immediately after the break with flanker Muller Uys crossing in the corner after a scrum, while Lombard added a penalty minutes later to push the SA U20s to 28-19.

    The Junior Boks added a fifth try early in the fourth quarter compliments of flyhalf Damian Willemse after spreading the ball out wide while the Varsity Cup Dream Team were reduced to 14 men. This handed the Junior Springboks a 36-19 lead.

    The team ensured that they finished the clash strongly with Nama Xaba and Manie Libbok adding further tries in the closing minutes after finding a gap in the defence and dashing through to extend their lead to 43-19.

    Scorers:

    Junior Springboks 50 (21) – Tries: Ruben van Heerden (2), Salmaan Moerat, Muller Uys, Damian Willemse, Nama Xaba, Manie Libbok. Conversions: Gianni Lombard (6). Penalty Goal: Lombard. Varsity Cup Dream Team 19 (19) – Tries: Duncan Saal, Craig Barry, Loftus Morrison. Conversions: Tinus de Beer (2). 

    Issued by SA Rugby Communications

  • Junior Springboks stamp their authority on the VC Dream Team

    Junior Springboks stamp their authority on the VC Dream Team

    NewsG CraigBarryThe Varsity Cup Dream Team suffered a 19-50 loss to the Junior Springboks at the Danie Craven Stadium in Stellenbosch after trailing 19-21 at halftime on Tuesday, 25 April 2017.

    The Junior Springboks opened the try-scoring when lock Ruben van Heerden crashed over to build the platform for a first half of tries scored by the Junior Springbok lock pairing.

    Van Heerden’s try would only serve to galvanise the Varsity Cup Dream Team into first, second and third gear as they bamboozled their way over the line twice in quick succession. FNB Maties winger Duncan Saal pulled back a try for the home team as he collected a deflected pass to run in untouched after only nine minutes.

    His fellow winger Sibahle Maxwane (FNB Tuks) showed immense strength down the right hand touchline as he bumped off a few tackles to put fullback Craig Barry (FNB Maties) into space to score and give the students a 12-7 lead. FNB Pukke lock, Loftus Morrison, powered over for a try of his own which flyhalf Tinus de Beer (FNB Tuks) converted to give the Varsity Cup a healthy 19-7 lead.

    A yellow card to prop Carlu Sadie did not prevent the Junior Springboks from flexing their muscles as Salmaan Moerat was on hand to receive a cheeky backhand pass from scrumhalf Embrose Papier to score. Van Heerden was on hand moments later to score his second of the night and allow his team to level the scores with fullback Gianni Lombard’s kick pushing the visitors in front with halftime looming.

    The Junior Springboks came out of the tunnel after halftime with all cylinders firing as flank Muller Uys scored the visitors’ fourth try. Lombard missed the conversion but added a penalty goal in the 56th minute to extend the Junior Springboks’ lead.

    The Junior Springboks continued to find their attacking rhythm as the second half progressed with Stormers flyhalf Damian Willemse exploiting a gap to score close to the uprights soon after replacement hooker Johannes Snyman (FNB UJ) was given his marching orders.

    The Junior Springboks were relentless in attack and ran in waves that left the home team’s defence in tatters. Replacement loose forward Nama Xaba crossed for try number six as the visitors started to put daylight between the two teams. Centre Manie Libbok added yet another try minutes later as he sliced straight through the Varsity Cup Dream Team’s defensive line to score. Lombard’s conversion brought the score to 19-50 with his kick proving to be the final points of the match.

    FNB Player that Rocks: Damian Willemse (Junior Springboks)

    Scorers:

    Junior Springboks 50 – Tries: Ruben van Heerden (2), Salmaan Moerat, Muller Uys, Damian Willemse, Nama Xaba, Manie Libbok. Conversions: Gianni Lombard (6). Penalty: Lombard. Varsity Cup Dream Team 19 –Tries: Duncan Saal, Craig Barry, Loftus Morrison. Conversions: Tinus de Beer (2). 

    Teams:

    Varsity Cup Dream Team: 15. Craig Barry (FNB Maties – c), 14. Sibahle Maxwane (FNB UP-Tuks), 13. Aphiwe Dyantyi (FNB UJ), 12. Impi Visser (FNB UP-Tuks), 11. Duncan Saal (FNB Maties), 10. Tinus de Beer (FNB UP-Tuks), 9. Andre Warner (FNB UP-Tuks), 8. Kevin Kaba (FNB Madibaz), 7. Phumzile Maqondwana (FNB Shimlas), 6. Daniël Maartens (FNB Shimlas), 5. Loftus Morrison (FNB NWU-Pukke), 4. Aston Fortuin (FNB UP-Tuks), 3. Nico Du Plessis (FNB UJ), 2. Wilmar Arnoldi (NWU-Pukke), 1. Andrew Beerwinkel (FNB UP-Tuks). Replacements: 16. Johannes Snyman (FNB UJ), 17. Luvuyo Pupuma (FNB Wits), 18. Dillon Roy Bakos (FNB UJ), 19. Johan Momsen (FNB Maties), 20. Chris Massyn (FNB UP-Tuks), 21. Herschel Jantjies (FNB UWC), 22. Aidynn Cupido (FNB UWC), 23. Ernst Stapelberg (FNB Maties)

    Junior Springboks: 15. Gianni Lombard, 14. Manie Libbok, 13. Stedman Gans, 12. Wayne van der Bank, 11. Wandisile Simelane, 10. Damian Willemse, 9. Embrose Papier, 8. Len Massyn, 7. Muller Uys, 6. Zain Davids (c), 5. Ruben van Heerden, 4. Salmaan Moerat, 3. Carlu Sadie, 2. Johan Grobbelaar, 1. Kwenzo Blose. Replacements: 16. PJ Botha, 17. Gerhard Steenekamp, 18. Wikus Groenewald, 19. Hendre Stassen, 20. Nama Xaba, 21. Hacjivah Dayimani, 22 Rewan Kruger, 23. Jean-Luc Cilliers