SSPN Test Site

Blog

  • Hou Boishaai nou die rekord vir meeste spelers in ‘n SA Skole-span?

    Hou Boishaai nou die rekord vir meeste spelers in ‘n SA Skole-span?

    News BoishaaiAgtSAKan die Hoër Jongenskool Paarl nou daarop aanspraak dat hulle Grey-kollege van Bloemfontein se gesogte rekord vir die meeste SA Skole-spelers in ’n span oortref het?

    Dit is ’n vraag wat seker nog vir ’n hele paar jare ’n hewige besprekingspunt tussen ondersteuners van die twee spogskole sal wees.

    Grey-kollege het in 1981 die rekord daar gestel toe sy hele agterlyn behalwe die linkervleuel, Wimpie Burger, die nasionale skolespan se agterhoede gevorm het. Die span se heelagter Gerbrand Grobler, regtervleuel Leon Botha, senters Helgard Müller en André Greyling, losskakel Scheepers Gouws en skrumskakel Conrad de Beer het die SA-skolespan gehaal.

    Burger is deur die toekomstige Springbok Kobus Burger (Paarl Gimnasium) destyds uit die span gehou. Kobus Burger het die vorige jaar ook die nasionale skolespan verteenwoordig.

    Agt Boishaaiers is vanjaar vir die SA Skole-span gekies uit ’n groep van 26 spelers wat bekend gemaak is. Al agt was egter nooit terselfdertyd op die veld in die span se drie wedstryde teen onderskeidelik Wallis, Frankryk en Engeland nie.

    In 1981 was daar egter slegs 20 SA Skole-pette oorhandig. Soos vandag ontvang spelers slegs hul SA Skole-status indien hulle ’n verskyning op die veld maak. Die afrigters het deur die jare nog altyd probeer om al die spelers speelkans te gee.

    Grey-kollege het in 2009 en 2010 sy rekord van 1981 geëwenaar toe onderskeidelik ses en sewe spelers vir die SA Skole-span gekies is.

    In 2009 het die heelagter Riaan Britz, senter Piet Lindeque, skrumskakel Pieter Rademan (kaptein), flank Jean Cook, slot Carl Wegner en die stut Stephan Kotze in albei die span se wedstryde teen Italië (86-3) en Engeland (13-45) in die beginspan uitgedraf. Dit was jammer dat Grey se senter Francois Venter nie beskikbaar weens ’n besering was nie. Hy het die vorige jaar al die nasionale skolespan gehaal.

    In 2010 het Johan Goosen, William Small-Smith (kaptein), Paul Jordaan, Anrich Bitzi, Neethling Fouché en Kevin Luiters die span gehaal. Die span het Namibië met 92-21 afgeransel, maar daar kon nog nie vasgestel word of al ses dieselfde tyd op die veld was tydens die kragmeting nie.

    School of Rugby se gevoel voor vanjaar se SA Skole-wedstryde was dat Boishaai aanspraak as alleenhouer op die rekord kan maak indien sewe of al agt van die spelers tegelykertyd op die veld sou wees.

    Boishaai het dit wel toe vermag toe die SA Skole-afrigter, Lance Sendin, teen Wallis met sy plaasvervangings gesorg het dat daar sewe Boishaaiers vir die laaste ongeveer agt minute op die veld was, terwyl al agt ‘n rol in die wedstryd vertolk het.

    Die kaptein en slot Salmaan Moerat, flank Charl Serdyn, agtsteman Khanya Ncusane en die heelagter, Gianni Lombard het in die beginspan opgedraf. Serdyn is in die 58ste minuut vervang, terwyl die vaskopstut Adam Neethling toe ook sy verskyning op die veld gemaak het.

    Reece Bezuidenhout, Daniel Jooste en Manuel Rass is daarna ook op die veld gestuur om die getal Boishaaiers wat op dieselfde tyd op die veld was sewe te maak.

    Teen Frankryk was daar vir ’n skamele twee minute teen Frankryk was daar sewe van die agt Boishaaiers op die veld. Moerat, Jooste, Serdyn, Rass en Lombard was in die opdrafspan. Bezuidenhout en Neethling is in tandem in die 58ste minuut op die veld gestuur. Twee minute later moes Serdyn en Jooste plek vir onderskeidelik HTS Middelburg se JC Pretorius en Monnas se PJ Botha maak.

    [powr-comments id=”593fb1e0_1589282704084″]

  • Franse klubs teken nie veel SA skoolseuns

    Franse klubs teken nie veel SA skoolseuns

    NewsG SalmaanSASkoleDie Franse rugbyklubs wat vanjaar van Suid-Afrika se voorste skolespelers met aanloklike kontrakte oorsee wou lok het, het nie daarin geslaag nie. Daar kan wel verwag word dat dié klubs se aanslag tydens volgende jaar se Cravenweek asook Akademie-week nog groter sal wees.

    Van al 54 spelers wat vir SA Skole asook die SA Skole A-span gekies was is dit slegs Grey-kollege se slot Jaco van Tonder wat besluit het om sy loopbaan volgende jaar in Frankryk by Montpellier voort te sit.

    Daar is ook gerugte dat Paarl Gimnasium se Muller Uys (SA Skole-flank) en Wian van Zyl in onderhandelinge met oorsese klubs is. Albei het hulself vir die eerste ses maande van volgende jaar tot Westelike Provinsie verbind.

    Dié kontrakte wat die Franse klubs beplan het om aan te bied het glo tussen 3 500 en 4 000 euro per maand per speler (sowat R55 500 tot R63 500) beloop. Die spelers sou ook nie vir verblyf betaal het nie, terwyl daar ook ’n aantal voertuie vir die spelers beskikbaar gestel sou word.

    Die Suid-Afrikaanse rugbyunies maak al voor 16-jarige ouderdom kontak met dié land se voortste spelers en hul ouers en begin reeds dan ’n vertrouensverhouding bou, wat dit ’n moeilike mark maak om te betree.

    Die Westelike Provinsie en die Goue Leeus het die meeste handtekeninge van die land se talentvolste spelers vanjaar bekom. Die Streeptruie het onder andere daarin geslaag om die Blou Bulle se Cravenweek-kaptein en haker, Schalk Erasmus, na die Moederstad te lok.

    Abner van Reenen van Garsfontein sal ook in die toekoms ’n streeptrui oor die kop trek. Hy sal egter sy matriekjaar aan die Hoër Jongenskool Paarl voltooi. WP het ook die SA Skole-kaptein en slot, Salmaan Moerat, en die twee nasionale voorrymanne van Boishaai, Reece Bezuidenhout en Adam Neethling gekontrakteer.

    Die Leeus het drie SA Skole-sterre van Boishaai Manny Rass, Khanya Ncusane en Gianni Lombard na die Goudstad gelok. Die SA Skole A-span se kaptein, Louritz van der Schyff, het saam met sy mede Affies Arno van Wyk, Jack Hart en Phillip Krause besluit om hul loopbane ook anderkant die Jukskei-rivier voort te sit.

    Twee van die land se voorste hakers op skolevlak, PJ Botha en Tiaan van der Merwe, sal sake om die nommer-twee trui soos op skool uitspook.

    Jeppe se Hacjivah Dayimane, Wandisile Simelane, Tyrone Green sal ook hul rugby volgende jaar hier speel.
    Die Blou Bulle drie van die land se voorste skrumskakels geteken. Die Jong Bokkie Embrose Papier behoort reeds vroeg vir die seniorspan uit te draf. Terwyl Ginter Smuts en die SA Skole-skrumskakel, Richman Gora, in die junior-spanne hul gereed maak vir wanneer hul kans kom.

    Wie gaan gaan waarnatoe:

    Blou Bulle: Embrose Papier (Garsfontein), Ginter Smuts, André van Merwe, Lee-Irvin Anderies (EG Jansen), Luke Fortuin, Ryno Pieterse (albei Garsfontein), Cabous Eloff, Ruan de Swardt (albei Affies), JC Pretorius (HTS Middelburg), Matthew Wessels (Grey), Khwezi Mafu (Grey PE), Richman Gora (Welkom Gimnasium), Raymond Nel, Theo Boshoff, Wian van Niekerk (albei Paarl Gimnasium), KP de Jager (Nelspruit), Damian Bonaparte (Outeniqua), Mornay Smit (Eldoraigne).

    Goue Leeus: Manny Rass, Khanya Ncusane, Gianni Lombard (almal Boishaai), Louritz van der Schyff, Arno van Wyk, Jack Hart, Phillip Krause (almal Affies), Caden Kiewiete, Cohan Kiewiet (albei Hugenote), Tiaan van der Merwe (Helpmekaar), Dian Schoonees (Grey), Ruan Vermaak, Nathan McBeth, PJ Botha, MJ Pelser (almal Monument), Hacjivah Dayimane, Wandisile Simelane, Tyrone Green (albei Jeppe), Shaun Williams (Garsfontein).

    KwaZulu-Natal: Jerome Bossr, Renier van Rooyen, Martin Holtzhausen (almal Glenwood), Emillio Adonis (Garsfontein), Gugu Nelani (Northwood), Reinhardt van der Vyver (Wessel Maree), Heinrich Brendel (Boland Landbou), Lance Lamprecht (Outeniqua), Zak Burger (Paarl Gimnasium), Xavier Swartbooi (Oakdale Landbou), Chuiner van Rooyen (Helpmekaar).

    Vrystaat: Henk Pretorius (Affies), Rewan Kruger, Marnus Boshoff, Gerrie Koegelenberg, Gideo Beukes, Tristan Spies, Juan Venter, Jandré de Beer (almal Grey-kollege), Lubabalo Dobela (Grey PE), Zinedine Booysen (Oakdale Landbou), Dewald Maritz (Nelspruit).

    WP: Salmaan Moerat, Reece Bezuidenhout, Adam Neethling, Charl Serdyn, Daniel Jooste (albei Boishaai), Abner van Reenen (Garsfontein), Schalk Erasmus, Regardt du Plessis (albei Affies), Damian Willemse (Paul Roos), Muller Uys, Wian van Zyl (albei Paarl Gimnasium), Liam Larkin (SACS), Deon Carstens, Athi Magwala, Henlo Marais (almal Boland Landbou), Sazi Sandi (St. Andrew’s College), Mike Mavovana (Rondebosch).

     

  • Jackie Tredoux het diep spore in skolerugby getrap

    Jackie Tredoux het diep spore in skolerugby getrap

    NewsG JackieTredouxDaar is min manne wat daarmee kan spog dat hul sulke diep spore in skolerugby in Suid-Afrika as Jackie Tredoux getrap het. Hy het die spel as afrigter en administrateur vir amper 40 jaar gedien. Die gebore en getoë Pretorianer het in die Moot groot geword en het ook hier by FH Odendaal, Oos-Moot en die Hoërskool Tuine skool gehou.

    Hy het in 1980 by Oos-Moot begin skoolhou en verlede maand as hoof van Tuine afgetree. Hy het die pos as hoof van Tuine sedert 1997 beklee.

    Hy het self op skool vir Hendrik Verwoerd se eerstespan as losskakel uitgedraf en was saam met die voormalige Noord-Transvaalse voorryman Tuffy Reynecke in die span wat die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria in 1973 slae gegee het.

    Tredoux het sedert sy eerste Cravenweek wat hy in 1988 in Port Elizabeth as ’n toeskouer bygewoon het slegs vier toernooie sedertdien misgeloop. Hy was nie op die toernooi van 1991 (Oos Londen), 1997 (Kimberley), 2000 (Port Elizabeth) en vanjaar se toernooi in Durban nie.

    FH Odendaal en Joost

    Tredoux het in 1985 vir die eerste keer die leisels as afrigter by FH Odendaal oorgeneem. Die skool se destydse hoof die voormalige Springbok Fonnie van der Vyver het volgens Tredoux gesorg dat daar ’n sterk rugbykultuur by die skool was. “Hy was destyds die voorsitter van die Noord Transvaalse skolevereniging en het ook op die SA Skole se bestuur gedien. Hy het my baie gemotiveer,” het Tredoux gesê.

    In 1987 het FH Odendaal met ongeveer 312 seuns in die skool daarin geslaag om as kampioen van Noord-Transvaal gekroon te word. Die span het daardie jaar in die eindstryde van die Direkteurstrofee teen Hugenote van Springs in die Pam Brink-stadion met 14-18 vasgeval. Drie spelers wat daardie dag op die veld was sou later ook in die geskiedkundige oorwinning van die Springbokke in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi oor die All Blacks in aksie wees. Hulle was Chris Rossouw, Japie Mulder (albei Hugenote) en Joost van der Westhuizen (FH Odendaal).

    “Ons het al ons wedstryde in die kompetisie weggespeel daardie jaar. Ons het Klerksdorp, Ben Viljoen van Groblersdal en Ben Vorster van Tzaneen almal weg van die huis gespeel. Ons beste speler was Riaan Botha, wat senter gespeel het. Hy het later ‘n Suid-Afrikaanse paalspringer geword. Joost kon altyd nog iets uit niks maak. Hy het met ’n stukkie individuele briljantheid die oorwinning vir ons teen Klerksdorp besorg.

    As ek destyds gevra is sou ek gesê het dat ons losskakel, Kobus Vlok, die verste sou gaan.”
    Tredoux was volgens hom ook bevoorreg om in 1994 die hoofafrigter van die span te wees, terwyl die gewese Bok-breier Heyneke Meyer sy adjudant was.

    Vernuwende denke

    Na die geploeter tydens die Cravenweek van 1992 in Pretoria het Noord Transvaalse skolerugbyvereniging vir die eerste keer besluit om buite hul bestuur ’n afrigter vir die unie se skolespan aan te stel. Die eer as die eerste afrigter wat buite die bestuur aangestel is, het Tredoux te beurt geval. Hy het egter nie net die pos aanvaar nie en het twee voorwaardes gehad indien hy die warm stoel sou inneem. “Ek wou hê ons moes ’n hulpafrigter saamvat en ook ’n spandokter. Voor daardie Cravenweek het die spanbestuurder ook maar met die afrigting ’n hand bygesit,” het Tredoux gesê.

    Tredoux het dus die Noord Transvaal gedwing om die eerste unie te word wat ’n tweede afrigter na die toernooi stuur. Jan Opperman van FH Odendaal was Tredoux se hulpafrigter in 1993 met Billy Theunissen (Silverton) wat die spanbestuurder was.

    “Ek het aan hulle gesê manne julle verwag van ons om met 20 seuns deur ’n Cravenweek te gaan en nie een van ons is toegerus om ’n skeet te dokter nie. Daar was destyds nie soos vandag ’n toernooidokter nie. As ’n ou seer gekry moes ons ’n dokter in die dorp waar die toernooi aangebied is gaan soek het. Dit was ook moeilik om die ekstra afrigter na die toernooi te neem. Ons het by funksies gekom en dan was daar nie ’n plek vir hom nie. Die volgende jaar het al die unies ’n tweede afrigter na die week geneem.”

    Die spandokter wat die eerste van sy soort op die Cravenweek was, was Tiaan Stoffberg wat ook die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se spandokter was. Hy was volgens Tredoux in hul koshuisgang tydens die toernooi so gesog dat selfs van die ander spanne met hulk wale by hom kom raad en medisyne soek het.

    Gloriejare vir die Ligbloues

    Tredoux het Noord Transvaal, wat deesdae die Blou Bulle heet, se Cravenweek-span in ongetwyfeld sy mees suksesvolle era afgerig. Die Ligbloues het onder Tredoux se breierskap slegs een keer in in 1994 se hoofwedstryd teen die Westelike Provinsie (16-20) in Newcastle aan die verloorkant.

    Noord Transvaal is onder sy breierskap ook in 1996 as nie-amptelike kampioen gekroon. Die Blou Bulle het in 1997 en 1998 ook die Cravenweek as nie-amptelike kampioen afgesluit, maar toe het Tredoux reeds die tuig as breier neergelê. Sy aanvoorwerk vir die sukses kan nie gering geskat word nie.

    Die hoogtepunt van Tredoux se tyd saam met die span as afrigter was die span se sege van 19-17 oor die Westelike Provinsie tydens die toernooi van 1993 in Secunda. Die span van die Streeptruie het toekomstige Springbokke soos Percy Montgomery, Robbie Fleck, Louis Koen, Dave von Hoeslin, Corné Krige, Wium Basson en Hottie Louw in sy geledere gehad.

    “Dit was by seker die beste Cravenweek-wedstryd ooit. Ons was voor die tyd maar onder druk want hier het ek ’n klomp vereistes gestel en ekstra ouens laat aanstel. Die president van Noord-Transvaal se rugbyunie, Hentie Serfontein, het die wedstryd nog kom kyk. Hy het ook voor die toernooi R30 in my hand gestop as sakgeld vir die week en gesê koop vir jou en jou teenstanders darem so dop.”

    Noord-Transvaal het daardie jaar die teleurstelling van 1992 se Cravenweek op tuisbodem op Loftus Versfeld agter hom gesit deur Suidoos-Transvaal met 25-13 in die hoofwedstryd te klop om as nie-amptelike kampioen gekroon te word.

    Spesiale Spelers

    Volgens Tredoux het die gewese Springbok-kaptein en haker John Smit reeds op skoolvlak ongelooflike respek afgedwing. Smit het in die voorry vir Tredoux tydens 1996 se toernooi in Stellenbosch gesak. “Die span van 1996 was die beste span wat ek afgerig het. Hy was die enigste Engels-sprekende speler in die span en hy het ondanks die feit steeds as leier in die groep uitgestaan.”

    Noord-Transvaal het daardie jaar die Westelike Provinsie met 24-12 in die hoofwedstryd verslaan. Die span moes die oggend van die hoofwedstryd dringend ’n plan maak na die losskakel, Gerrie van der Merwe, die oggend van die hoofwedstryd siek opgestaan het. Die voormalige eersterangste krieketspeler, Pierre Joubert, wat die plaasvervanger-skrumskakel was moes toe Van der Merwe se skoene volstaan. Hy was een van die Ligbloues se helde in die roemryke sege.

    Die beste speler wat Tredoux volgens hom gebrei het, Nicolaas Alberts, was ook ’n lid van die span.

    Administrateur

    Tredoux het verlede jaar reeds die tuig as tesourier van die SA Skole Skolerugby-vereniging (SASRV) neergelê. Hy het die pos vir twee jaar beklee. Hy het sedert 2007 in verskeie posisie op die nasionale komitee gedien. Hy was onder andere aan die voorpunt van die reëlings van die eerste provinsiale sewestoernooi vir skole wat in 2011 by Konka net buite Rustenburg aangebied is.

    Tredoux het vanjaar as voorsitter van die Noordvaal se skolevereniging uitgetree na hy die pos in 2010 die eerste keer beklee het. Dié vereniging administrateur die oudste skolerugbykompetisie in die land, die Virseker Beeldtrofee.

  • Hans Coetzee gereed vir nuwe hoofstuk

    Hans Coetzee gereed vir nuwe hoofstuk

     

    NewsG Hans Coetzee“Ek het my hele lewe vir Monnas gegee.”

    Dit is die woorde van Hans Coetzee wat binnekort vir oulaas sy kantoordeur by die Hoërskool Monument in Krugersdorp agter hom toe sal trek. En Coetzee oordryf nie met hierdie woorde nie. Hy was vir 32 jaar by die skool betrokke, waarvan hy vir 22 jaar die skool se eerstespan, die Wit Bulle gebrei het.

    Dit maak die manier hoe die beëindiging van sy kontrak as direkteur van rugby deur die skool se beheerliggaam hanteer is ’n klap in die gesig van die legendariese breier. Die beheerliggaam het tot vandag toe nog nie ’n rede vir die beëindiging van Coetzee se kontrak verskaf nie.

    Buiten die manier waarop Coetzee laat gaan is, kon nie een van Monnas se spanne tot die eindronde van die Virseker Beeldtrofee deurdring nie.

    ‘n Gebeurtenis wat laas in 2006 plaasgevind het. Monnas se trots het in die halfeindronde van die reeks teen Garsfontein met 20-35 vasgeval.

    Die Wit Bulle is bekend daarvoor dat hulle nie so storm soos wat hul kan as hul op ’n weeksmiddag speel nie. Buiten die oorwinning van die Tuks-reeks sal 2016 nie as ’n goeie jaar vir Monnas-rugby onthou word nie.

    Coetzee het nog nie besluit waar hy volgende jaar die sweep sal klap nie. “Net soos ek my kant by Monnas gebring het, was die skool ook baie goed vir my,” het Coetzee gesê.

    Die klubhuis by Monnas, die Varia, waar die lys van Monnas se Springbokke, SA Skole-spelers en Cravenweek-spelers se name teen die muur asook truie en fotos spog is onder andere ook deur Coetzee nagevors en moontlik gemaak.

    Sy rekord as afrigter van die Wit Bulle se eerstespan spreek vanself. In sy 22 jaar as afrigter van die eerstespan het die span 522 wedstryde gespeel en was hy in slegs 96 wedstryde aan die verloorkant. In 20 van dié wedstryde het Monnas die louere gedeel. Dit beteken dat die skool se trots onder Coetzee ’n uitstekende wenpersentasie van 77.78 persent gehad het.

    Niemand in die geskiedenis van die skool neffens die Paardekraal-monument het die leisels vir solank by die eerstespan gehou nie. Jan Lange het vir 19 jaar vanaf 1935 tot en met 1953 die Wit Bulle laat sweet.
    Coetzee het in 1972 aan die Hoërskool Rustenburg gematrikuleer. Hy het vir die skool se eerstespan as agtsteman in 1971 en 1972 uitgedraf. Hy het reeds in 1977 ’n pos as onderwyser by Monnas gekry, maar moes eers sy twee jaar diensplig voltooi voordat hy sy loopbaan as Geskiedenis- and Afrikaans-onderwyser in 1979 by Monument aangesluit het.

    Interresant is dat Dok Phil Pretorius, destyds sportverslaggewer van die Beeld, in sy verslag oor die Direkteurstrofee van 1984 in die SA Rugbyskrywers se jaarboek noem dat “Die Krugersdorpers veral sedert 1979 ’n faktor is om mee rekening te hou,” het Coetzee gesê.

    Monnas se Rugbykultuur

    “Ons seuns is verskriklik vaardig. Ons is ingestel op drieë druk. Veral ons senters moet baie goeie balverspreiders wees. Dit is ook da tons elke jaar goeie senters in ons eerstespan het.” Monnas het in 2004 in 28 wedstryde 179 drieë gedruk. Voor daardie jaar het die 1993-span die rekord met 145 drieë in 24 wedstryde gedruk.

    Beker-bielie

    Coetzee het in 1984 sy eerste kans gekry om Monnas se eerstespan af te rig. Hy het saam met Frans Grobler die span daardie jaar tot die titel as kampioen van die destydse Direkteurstrofee gebrei wat hul met die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria (10-elk) moes deel. Interresant is dat Monnas ook daardie jaar vir die eerste keer paaie op die rugbyveld met Grey-kollege van Bloemfontein gekruis het. Dié kragmeting het ook 10-elk geëindig.

    Die eerste span wat hy by Monnas moes brei was die o.14B-span in 1979. Hy het in 1980 die o.13-span tot kampioen van Transvaal gebrei. Hy het daarna ook in 1982 gesorg dat Monnas die eerste houer van die Piet Krynauw-trofee (vir o.15-spanne) word. “Dit is vir my een van my grootste persoonlike prestasie om die eerste titel te wen.” Monnas se vleuel Vincent Peyper was Monnas se held in die eindstryd op Loftus Versfeld teen Nelspruit na hy feitlik die hele jaar vir die B-span gespeel het. “Vincent het daardie iets gekort om vir ons A-span te speel, maar hy was ’n uitstekende stelskopper. Hy het na ons ’n drie in die hoek gaan druk het die vervyfskop oorgeskop na dit ook op die dwarslat gehop het om aan ons die sege van 10-9 te besorg.”

    In 1985 het Coetzee se o.13-span weer die Transvaalse liga gewen met Stefan “Botter” Lourens as sy kaptein. Lourens rig tans Florida se eerstes af en het ook al vir vier jaar saam met Coetzee die Wit Bulle gebrei.

    Coetzee het Monnas tot nasionale kampioen in 2003 gebrei met die toekomstige Springbok-stut Heinke van der Merwe as sy kaptien. Die destydse Media24-kompetisie se eindstryd teen Waterkloof met 19-16 gewen. “Ons agtsteman Torrie Meyer het 32 drieë daardie seisoen gedruk.”

    “In my oë was 2005 se span die beste wat ek by Monnas afgerig het. Ons het die Beeldtrofee gewen en ook daardie jaar die meeste drieë in die land gedruk. Ons vleuel Hercules Venter het die rekord vir die meeste drieë vir die Wit Bulle na 34 opgestoot.” Coetzee kon nooit ’n span van eerstespan van Monnas deur ’n onoorwonne seisoen neem nie. Die span van 2005 het slegs een nederlaag teen Waterkloof op die lyf geloop.

    Rekord teen Grey-kollege

    Daar bestaan geen twyfel oor die feit dat Grey van Bloemfontein Suid-Afrika se voorste rugbyfabriek is nie. Die skool se eerstespan se rekord deur die jare spreek vanself. Daar is wel een naam wat . Grey het sedert die ontstaan van die Wildeklawer-toernooi nog net een keer tydens die toernooi die onderspit gedelf. En Coetzee was die argitek van daardie nederlaag toe sy Wit Bulle verlede jaar Grey met 17-7 in Kimberley gegaffel het. “Ek is trots oor my rekord teen Grey.”

    Monnas het met Coetzee as breier 11 keer teen Grey te staan gekom en vyf keer as oorwinnaars van die veld gestap. Twee van die wedstryde het gelykop geëindig, terwyl Grey vier keer aan die wenkant was.

    Monnas se Middelveld-maestros

    Van die agt Springbokke wat die skool van Krugersdorp tot dusver opgelewer het, is slegs Christo Wagenaar, Brendan Venter en Jaco Taute nie deur Coetzee by Monnas gebrei nie. Van dié agt het vyf die Groen-en-Goud as senters oor die kop getrek. Wagenaar, Jorrie Muller, Jaque Fourie en Jaco Taute het almal in hul loopbane die middelveld vir Bokke beman. Die span wat in 1984 se Direkteurstrofee met Affies gedeel het se kaptein en senter, Jacques Nieuwenhuys, het ook die nasionale skolespan verteenwoordig.

    Monnas se André Venter, broer van Brendan, is een van slegs vier spelers wat die SA Skole-span drie keer kon haal. Hy het in standerd agt (graad tien) as ’n leerling van Monnas die nasionale span in 1989 die eerste keer gehaal. Hy het daarna ook twee keer as ’n leerling van Grey-kollege (1990-91) die span verteenwoordig.

     

  • Grey High School – 2016

    Results 

    Grey High School 50,  Stirling 0
    Grey High School 29,  Westville Boys’ High 0
    Grey High School 44,  Diocesan College 0
    Grey High School 39,  Michaelhouse 15
    Grey High School 21,  Paul Roos Gimnasium 36
    Grey High School 20,  HTS Daniel Pienaar 24
    Grey High School 45,  Brandwag (Uitenhage) 12
    Grey High School 27,  Parktown Boys’ High 8
    Grey High School 16,  Durban HS 7
    Grey High School 31,  Queen’s College 17
    Grey High School 24,  Wynberg Boys’ High 7
    Grey High School 52,  Graeme College 14
    Grey High School 61,  St. Andrew’s College 7
    Grey High School 21,  Dale College 26
    Grey High School 45,  Framesby 17
    Grey High School   7,  Grey College 33
    Grey High School 39,  Hudson Park 18
    Grey High School 21,  Selborne College 27

    Players: Khwezi Mafu, Sihle Njezulu, 

  • School of Rugby Rankings – 29 August 2016

    School of Rugby Rankings – 29 August 2016

    SOR NuusPaarl Boys’ High manage to top School of Rugby’s Rankings for a second year running by finishing another taxing season unbeaten. The team extended their unbeaten run to 39 victories on the trot.

    Boishaai closest call during the season came against their old foe, Paarl Gimnasium, in the biggest derby in school rugby. Captain Salmaan Moerat and his troops won this encounter the narrowest of margins 26-25.  

    • Grey College of Bloemfontein was crowned champions of the Kovsie competition’s Shimla-league on Saturday by narrowly defeating Welkom Gimnasium 43-42 in the final. Grey had a tough last two weeks in the season as they played five matches in 14 days. 
    • Grey College’s second place on our rankings is well deserved with their only defeat coming against top placed side, Paarl Boys’ High (18-28). The match between the two side’s were also a lot closer than the scoreline suggests.  
    • Paarl Gimnasium finished third after only suffering two defeats during their 17-match season. Gimmies first defeat came at the hands of the Beeld Trophy for Macro Schools champions, Garsfontein (13-15) in Pretoria. Gimmies other defeat was in their annual derby against Boishaai. 
    • Affies also ended up just twice on the losing side. Both their defeats came in the same week on the last day of Wildeklawer (Monday) against Boishaai (25-29) and the Saturday against Grey College (29-53). The team from Pretoria had an impressive season if you take the one week out of the equation.  

    Welkom Gimnasium finished just outside the top ten in 11th after suffering only four defeats during the season. Two defeats came against second placed, Grey College (22-54) and (42-43), while they also lost against Noord-Kaap (32-34) and sixth placed Oakdale Landbou (15-20).

    We must admit that outside of the Top 30 thinks get a little more murky, but we decided to post our Top 50 for the final rankings as with any criticism on the rankings will only get us closer to get a more trusted ranking system in future. 

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Final Rankings: 

    Ranking Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Paarl Boys’ High 17 17 0 0 597 238 35-14
    2 Grey College 17 16 0 1 861 289 51-17
    3 Paarl Gimnasium 17 15 0 2 693 287 41-17
    4 Affies 15 13 0 2 733 228 49-15
    5 Monument 19 14 1 4 640 281 34-15
    6 Boland Landbou 17 13 0 4 694 333 41-20
    7 Oakdale Landbou 15 11 0 4 464 255 31-17
    8 Helpmekaar 17 14 0 3 560 306 33-18
    9 EG Jansen 18 13 0 5 710 355 39-20
    10 Dale College 18 15 1 2 658 255 37-14
    11 Welkom Gimnasium 20 16 0 4  841 329 42-16
    12 Diamantveld 14 11 0 3 423 202 30-14
    13 Glenwood 13 10 0 3 338 244 26-19
    14 Jeppe High School for Boys’ 18 14 0 4 618 357 34-20
    15 Garsfontein 17 11 0 6 560 378 33-22
    16 Selborne College 19 14 2 3 665 276 35-15
    17 Paul Roos Gimnasium 17 11 0 6 561 320 33-19
    18 Outeniqua 15 10 0 5 529 290 35-19
    19 Kearsney College 14 11 0 3 516 257 37-18
    20 Grey High School 18 13 0 5 592 274 33-15
    21 SACS 19 11 2 6 721 399 38-21
    22 Rondebosch Boys’ High 15 9 1 5 361 338 24-23
    23 Ben Vorster 15 11 0 4 528 287 35-19
    24 Nelspruit 14 9 0 5 314 272 22-19
    25 Duineveld 14 11 1 2 370 200 26-14
    26 Pietersburg 16 11 0 5 592 355 37-22
    27 HTS Drostdy 18 11 0 7 424 392 24-22
    28 Stellenberg 16 9 0 7  526 312 33-20
    29 Voortrekker (Bethlehem) 17 11 0 6 574 329 34-19
    30 Lichtenburg 18 12 1 5 509 401 28-22
    31 Brackenfell 18 13 0 5 469 263 26-15
    32 HTS Middelburg 17 9 0 8 508 328 30-19
    33 HTS Daniel Pienaar 18 12 0 6 379 286 21-16
    34 Rustenburg 15 9 0 6
    35 Kingswood College 15 13 0 2
    36 Waterkloof
    37 Oos-Moot 14 13 0 1
    38 Vereeniging Gimnasium 16 13 0 3
    39 Hilton College 13 8 0 5
    40 Brandwag (Uitenhage) 18 11 0 7
    41 Swartland 19 15 0 4
    42 Maritzburg College 18 8 2 8
    43 Durban HS 15 9 0 6
    44 Vryburg 17 16 0 1
    45 St. Andrew’s College 17 9 1 7
    46 Wynberg Boys’ High 18 7 1 10
    47 Diocesan College 22 9 1 12
    48 Kalahari 14 13 0 1
    49 Hudson Park 20 13 1 6
    50 Noord-Kaap 13 5 1 7 249 410 19-32

    *Please note:

    • Paarl Boys’ High’s victory over the Golden Lions XV (54-0) is not counted towards the rankings and also not reflected in the above statistics of their season.
    • Glenwood of Durban was crowned champions of the Sanix International tournament in Japan. None of their six matches during the tournament was taken into account in calculating our rankings. It’s also not reflected in the above stats of their season.
    • Rondebosch Boys’ High toured the England and Ireland. Their matches on the tour against Sutton RFC (33-8), Munster Development (31-17), Buccaneers RFC (100-0), Old Crescent (57-7) don’t count towards their rankings. The match against Windhoek High School is also not counted and relflected in the statistics.
  • Grey sweet, maar Vrystaat het sy eerste titel in Shimla-liga

    Grey sweet, maar Vrystaat het sy eerste titel in Shimla-liga

    Kovsie-logoGrey-kollege van Bloemfontein se eerstespan het seker gemaak dat die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga se trofee vir die eerste keer ooit in die Rosestad staanplek kry. Maklik was dit egter nie. Grey het naelskraaps met 43-42 oor Welkom Gimnasium in die eindstryd op Shimlapark in Bloemfontein koning gekraai.

    Grey se SA Skole-skrumskakel, Rewan Kruger, het met ongeveer vyf minute se speeltyd oor die wendrie gaan druk. Gimmies het vir ’n opwindende eindstryd gesorg deur die bal hope lug te gee. Dit was veral die span se heelagter, Andrew Kota, agtsteman Gift Dlamini, senter Lubabalo Mtyeshi en SA Skole-skrumskakel, Richman Gora, wat deurgans Grey se verdediging op die proef gestel het.

    Die Leeus van die Hoërskool Kalahari van Kuruman het St. Andrew van Bloemfontein met 26-18 in die eindstryd van die Irawa-liga op Shimlapark getroef. Dit was ’n wedstryd van twee helfte waarin Saints in die eerste helfte ’n gerieflike voorsprong van 18-0 opgebou het.

    Die Leeus moes ’n harde spanpraatjie van hul afrigter, Andrew Brundyn, tydens rustyd gekry het. Die span het 26 punte in die tweede helfte aangeteken sonder om ’n enkele punt af te staan.

    Kalahari se flank Bryan Whitehead het met sy drie in die tweede helfte sy span vir die eerste keer laat voorloop. Hy is vir sy vertoning in die wedstryd ook as Speler van die Wedstryd aangewys.

    Sand du Plessis is as kampioen van die Colt-liga van die Kovsiestreek-kompetisie gekroon nah y die Hoërskool Retief van Kestell met 38-24 geklop het. Sannies het rustyd ’n skrale voorsprong van 15-12 geniet. Sy kaptein en stut, Jean-Jacques Marais, was met sy vertoning aan die spits van die span se oorwinning.

    SACS het Wynberg Boys’ High met 31-20 in hul kragmeting geklop. SACS is die oudste skool in Suid-Afrika met Wynberg wat vanjaar met sy 175ste bestaansjaar die tweede oudste skool in die land is.

    Rondebosch Boys’ High het vir Bishops met 30-26 in hul jaarlikse ENB Classic Clash verslaan.

    Die Brandwag van Uitenhage het HTS Drostdy met 19-10 in Stellenbosch tydens die Maties se rugbydag geklop.

  • ‘n Standbeeld vir Papier

    ‘n Standbeeld vir Papier

    NewsG HenkdeLeeuwDie Hoërskool Garsfontein kan gerus ’n standbeeld vir Embrose Papier op sy skoolgronde oprig.

    Die briljante skrumskakel het met ’n manjifieke vertoning gesorg dat die Virseker Beeldtrofee vir die tweede agtereenvolgende jaar staanplek in die skool se trofeekas kry. Garsies het op sy tuisveld vir Dr. EG Jansen van Boksburg met 32-28 die loef afgesteek.

    Die kampioen moes dit boonop met slegs 14 man doen na sy buitesenter, Abner van Reenen, na ongeveer 20 minute se spel in die eerste helfte met ’n rooikaart van die veld deur die skeidsregter, Gerrie de Bruin, gejaag is. Van Reenen het sy kaart na ’n behoorlike boksgeveg tussen die twee spanne gekry. Hy het vir Papier te hulp gesnel na hy neergevel is.

    Papier het net voor hy platgeslaan is die slot PJ Steenkamp vir ’n drie oorgestuur. Sy twee drieë sal waarskynlik albei onder die voorste tien drieë op skolevlak vanjaar tel. Hy het vroeg in die wedstryd ’n tikskoppie in Garsies se eie halfgebied waargeneem en regdeur genael om onder die pale te gaan druk.

    Sy tweede was egter die drie waaroor nog die langste gepraat sal word. Garsfontein het ’n skrum vyf meter van sy doellyn gekry na Jansies se kaptein en haker, Werner Fourie, toe hy feitlik al oor die doellyn was die bal aangeslaan het. Papier het vanaf die skrum die volle lengte van die veld genael en met sy flinke voetwerk die besoekers se verdedigers uitoorlê om te gaan druk.

    Die skrumskakel was in verlede jaar toe Garsfontein vir die eerste keer die gesogte trofee omhoog gehou het. Hy was ook met met sy verdediging goud werd vir Garsies gewees.

    Dit sou onregverdig wees om al die lof vir die sege net aan Papier toe te skryf. Die agttal van die Turkoois Bere het hard gewerk. Dit was veral die haker, Bees Ferreira, flank Ryno Pieterse en kaptein en agtsteman, Luke Fortuin, wat fisiek voorlangs ingeklim het. Agterlangs het die heelagter, Shaun Williams, ook elke keer wat hy aan die bal gevat het vir Jansies problem besorg.

    Vir Jansies het sy skrumskakel, Ginter Smuts, ’n uitstekende vertoning gelewer. Die kaptein Fourie en vaskopstut, André van der Merwe, het voorlangs gewoel.

    Helpmekaar-kollege het sy titel in die Beeldtrofee vir Grootskole ook suksesvol verdedig deur die Hoërskool Lichtenburg met 55-10 kaf te draf. Helpies was teen die omdraaislag reeds stewig in die saal.

    Die span se kaptein, Tiaan Scholtz, het sy span van voor gelei en met sy lopies sy span op die voorvoet geplaas. Die senter Keagan Hamman het agterlangs ook bresse na willekeur in Liggies se verdediging geslaan en is vir sy goeie spel met twee drieë beloon. Vir Lichtenburg het sy flank, Gerhard Meyer, moedig probeer en die wenspan behoorlik in die los besig gehou.

    In die eindstryd vir Mediumskole het die Hoërskool Vryburg op sy tuisveld te veel skietgoed vir die verdedigende kampioen, Ben Viljoen van Groblersdal, gehad. Vryburg het die wedstryd met 39-8 gewen met sy flank Hermi Potgieter wat ’n driekuns aan drieë behaal het.

    In die Middelskole se eindstryd het Schweizer-Reneke op sy tuisveld met 20-19 naelskraaps oor Zeerust geseëvier.

    In die eindstryd vir Kleinskole het Curro Heuwelkruin vir Koster met 62-18 afgeransel.

     

  • Kalahari en Saints in stryd om Irawa-liga se titel

    Die Hoërskool Kalahari van Kuruman sal ongetwyfeld as die gunsteling om 11:40 in die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) teen St. Andrew op Shimlapark in Bloemfontein op die veld draf. Volksblad is ’n medeborg van die kompetisie.

    Deel van die romantiek wat in die eerste nege jaar van die Irawa-liga ontstaan het, is die feit dat spanne met ’n groter reputasie as die Leeus van die Kalahari teen spanne met ’n heelwat swakker rekord as die van Saints in die eindstryd vasgeval het.

    Die Irawa-liga sorg jaarliks vir van die mees spannendste en opwindende eindstryde van die Kovsiestreek-kompetisie. Vandag se kragmeting tussen Kalahari en Saints beloof om sy voorgangers na te doen.

    Indien Saints wil wen sal hy Kalahari se agttal moet stuit. Dit is veral die stut Heinrich Fourie en die haker Gerhard Gregory wat met hul kragspel die Leeus op die voorvoet plaas. Saints se kaptein en slot, Christoffel de Lange, sal sy troepe voorlangs moet aanvuur.

    Saints se skakelpaar, Jacques de Bruin en Michael Maree, sal indien hul nie genoeg gehalte balbesit kry nie met hul besluitneming ’n belangrike rol in hul span se aanslag speel.

    Die Leeus van die Kalahari het vanjaar nog net teen Vryburg (17-22) die knie gebuig. Vryburg speel vandag in die eindstryd van die Beeldtrofee vir Mediumskole teen die verdedigende kampioen, Ben Viljoen van Groblersdal. Vryburg was op hul beurt nog net een keer aan die verloorkant vanjaar teen nog ’n span uit die sentrale streek Hoërskool Kathu (5-10).

    In die Colt-liga sal Sand du Plessis van Bloemfontein as die gunsteling teen die Hoërskool Retief van Kestell om 10:15 op die Shimlapark draf. Die liga het ontstaan om aan die kleinste van die kleinskole in die sentrale streek die geleentheid te gee om ook deel van die Kovsiestreekkompetisie te wees.

    Retief is een van die ware suksesverhale van ontwikkeling van spelers van kleur in Suid-Afrika. Die skool doen die ontwikkeling sonder die hulp van SA Rugby en die Departement van Sport.

    Sannies sal sonder sy skrumskakel, Nicky Hattingh, moet klaarkom wat die span se aanvallende angel agterlangs so ietwat trek. Sheridene van Rooyen wat gewoonlik die laaste vesting beman sal in Hattingh se plek die oond skoonmaak. Die skopskoen van die losskakel, William Bloem, kan deurslaggewend vir Sannies wees.

    Voorlangs behoort die flank Timothy Jones vir Retief besig te hou.

  • Trofee kry dalk vir eerste keer in 10 jaar staanplek in Rosestad

    Alle aanduidings is dat die Kovsiestreek-kompetisie se trofee vir die Shimla-liga (vir mediumskole) vir die eerste keer vandag staanplek in ’n Vrystaatse skool se trofeekas sal kry.

    Grey-kollege van Bloemfontein pak die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, om 13:00 op Shimlapark in die Rosestad in die tiende eindstryd van die liga. Van die nege titels het die Hoërskool Noord-Kaap (6), die Harmony Sportakademie (2) en Gimmies (1) die titels tussen hulle verdeel. Interresant is dat Henk Brand (Noord-Kaap) en Jacques Juries (Sportakademie en Gimmies) om die beurt op die afrigtingspanne was wat die nege titels verower het.

    Grey en Welkom Gimnasium het mekaar alreeds vanjaar op die rugbyveld ontmoet. Die span van die Rosestad was met 54-22 baas. Grey is die tweede beste skolespan in Suid-Afrika vanjaar, terwyl Gimmies net buite die voorste tien spanne op School of Rugby se nuutste ranglys lê. Grey het vanjaar slegs teen die Hoër Jongenskool Paarl (18-28) die knie gebuig.

    Gimmies was nog net twee keer aan die verloorkant. Sy enigste ander nederlaag buiten die wedstryd teen Grey was teen Noord-Kaap (32-34) tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley.

    Die tweestryd tussen die twee SA Skole-skrumskakels, Rewan Kruger (Grey) en Richman Gora (Gimmies), behoort een van die hoogtepunte van die wedstryd te wees. Grey se senterpaar, Rikus Pretorius (SA Skole) en Janco van Heyningen (SA Skole A), behoort die kitaar in die middelveld te slaan. Gimmies se heelagter, Andrew Kota, sal saam met Gora agterlangs heelwat vrae op die aanval van omgekeerde besit aan Grey se verdediging vra.

    Nog ’n tweestryd wat vuurwerk behoort op te lewer is tussen die agtstemanne, Dian Schoonees (Grey) en Gift Dlamini (Gimmies). Schoonees het ook vanjaar die nasionale skolespan se naasbestes verteenwoordig.

    Grey was in die voorganger van die Kovsiestreek-kompetisie die Vrystaatbeker (ook voorheen Administrateursbeker en Direkteurs-trofee) nog nooit aan die verloorkant nie. Grey het in die reeks van 1983 tot 1987 en weer van 1997 tot 2000 die titel verower. Hy het van 1988 tot 1996 nie aan die kompetisie deelgeneem nie.

    In die eindstryd van die Volksblad-liga (vir o.15-spanne) neem Grey ook vir die eerste keer vanjaar deel. Die span van die Rosestad sal om 09:00 in die eindstryd van die liga teen Noord-Kaap te staan kom.