BETHLEHEM. – Voortrekker het sy houvas as die voorste rugbyspan van dié Oos-Vrystaatse dorp sedert 2007 behou deur Witteberg 36-13 in die twee spanne se ENB Classic Clash Saterdag op laasgenoemde se tuisveld te verslaan. Met dié oorwinning het die Trekkers ook die liga onoorwonne bo-aan die Griffon-liga se puntelys afgesluit.
Die span van Bethlehem sal teen nou teen Welkom-Gimnasium in die een halfeindstryd van die liga te staan kom. In die ander halfeindstryd van die liga sal Hentie Cilliers van Virginia kragte teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad meet.
Witteberg se swaarder pak voorspelers het die Trekkers onder druk geplaas en die wenspan kon teen rustyd slegs ‘n voorsprong van 12-6 opbou. Dié wenspan se Cravenweek-flank en kaptein André Janse van Vuuren en agtsteman Robert de Jongh het voorlangs meer as hulle man gestaan. Die haker Toffie van Zyl verdien ook vermelding na hy in fris wind sy springers met gemak in die lynstane gevind het. Hy het ook in die los gewoel.
Agterlangs was die losskakel Tokkie van Zyl die generaal, terwyl Elof Scheepers beïndruk het met sy verdediging. Die agterlyn was baie gevaarlik met die twee senters, Wian van der Watt en Junior Smit wat te veel vrae aan die tuisspan se verdediging gevra het.
Vir Witteberg het die senters Donavin Lourens en Louis Spershott moedige vertonings gelewer. Voorlangs was die slot FP Pelser uitmuntend, terwyl die skrumskakel Tiaan Ferreira ook tevrede met sy vertoning kan voel.
Welkom-Gimnasium het in sy derby teen Goudveld-Hoërskool 35-15 koning gekraai. Gimmies het rustyd slegs 14-3 voorgeloop. Die wenspan se heelagter, Francois Kuipers was die beste speler op die dag. Die se senter, Louwrens Koekemoer het in sy 50ste ligawedstryd vir sy skool se eerstespan gespeel. Koekemoer en die skrumskakel Kerr Till het ook uitmuntende vertonings gelewer, terwyl die losskakel JL Carey-Smith se taktiese skopwerk van hoogstaande gehalte was. Voorlangs was die haker Brummer Marais sy span se beste speler.
Rooiskool moes harder werk vir sy sege van 43-16 oor Hoërskool Kroonstad as verwag. Die manne van Blouskool het voorwaar met eer uit die stryd getree. Die wenspan se flank Gerrit Otto was sy span se uitstaande speler. Hy het soos gewoontlik met sy kragtige lopies die teenstanders laat bontstaan. Die agtsteman Francois Stemmet en senter JP le Roux het ook vir Rooiskool goeie vertonings gelewer.
Vir Blouskool het sy kaptein en agtsteman Neels van Schalkwyk, slot Erlo Kleinhans en flank Jan-Louis du Plessis teen die oormag weerstand gebied.
Hentie Cilliers het HTS Welkom 52-0 in Virginia getroef. Die span se skrumskakel, Jaywin Juries het twee keer in die sege gaan druk en hy behoort een van sy span se staatmakers in die uitkloprondes te wees.
Blog
-
Trekkers, Rooiskool en Gim in bo in derbies
-
Wilgerivier en Bothaville kampioene in onderskeidelik Oos-Vrystaat en Sandveld
FRANKFORT. – Dié span wat vanjaar die kroon as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) wil dra sal eers die verdedigende kampioen, die Hoërskool Wilgerivier tot oorgawe moet dwing. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.
Wilgerivier is Vrydag op sy tuisveld hier as kampioen van die Oos-Vrystaat toe hy Hoërskool Vrede 50-10 verslaan het. Dit was ook dan die derde agtereenvolgende jaar dat die span van Frankfort as kampioen van dié liga gekroon is.
Vrede het in die eerste helfte nog weerstand gebied met die spanne wat met die telling op 14-10 in die wenspan se guns gedraai het. Wilgerivier het egter deurentyd die balbesit beheer en ook gebiedsvoordeel geniet.
Wilgies se skrumskakel, Gerhard van Rensburg het met sy spel agter die oond beïndruk. Van Rensburg beskik waarskynlik oor die beste aangee van enige eerstespan skrumskakel in die streek. Hy is ook stewig gebou en staan sy man om die skrums en losskrums.
Vrede se slot Charl du Toit en senter Mark Cockroft is albei na een voorval koelkas toe gestuur. Die span moes die wedstryd met 13 spelers voltooi. Du Toit en sy slotmaat JP Burger het op die verdediging vir Wilgerivier in die eerste helfte in toom gehou.
Vir Wilgies het sy flank Gerrie Muller met sy kenmerkende lopies uitgeblink. Die heelagter, Willem Coetzee verdien ook ‘n klop op die skouer.
Die losskakel, Pieter Duminy het die voordeellyn in die tweede helfte beter aangeval en het met sy flinke voetwerk en dié nuwe benadering in die tweede helfte se agterlyn op die voorvoet geplaas.
Bothaville het sy titel as kampioen van die Sandveld-liga suksesvol in die Noordwes-stadion in Welkom verdedig. Die kampioen was te sterk vir Hennenman en het die eindstryd met gemak 57-0 gewen.
Die span se Cravenweek-senter, Wessel Hefer het sy gehalte ten toon gestel en ‘n driekuns aan drieë behaal. Die span se losskakel Juandré Kleynhans het ook uitstaande spel gelewer. Voorlangs was die agtsteman, Sakkie Bester ‘n yster.
Bothaville sal nou in die halfeindstryd van die Griffons se platteland-liga teen Vrede te staan kom. Wilgerivier pak in die ander halfeindstryd teen Hennenman. Die wenners van die twee halfeindstryde sal reeds hulle plekke in die halfeindstryde van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga bespreek. -
Western Cape Results – 27 July 2013
Paarl Gimnasium recorded a convincingly victory of 49-7 over Boland Landbou on Saturday. Their South African Schools’ captain Rikus Bothma scored four of his side’s seven tries.
Scorers:
Paarl Gimnasium 49 (35) – Tries: Rikus Bothma (4), Jacques Vermeulen (2), Dylon Fairbridge. Conversions: Andri Cooper (7). Boland Landbou 7 (0) – Try: Pieter Goliath. Conversion: Tian Nel.
Paul Roos Gimnasium 16 (3) – Try: JP Botha. Conversions: Joel Heugh. Penalties: Heugh (3). Wynberg Boys’ High 8 (8) – Try: Bevan Barnard. Penalty: Karl Martin.
Paarl Boys’ High 39 (12) – Tries: Thomas du Toit (2), Dewald Naudé, Danté van der Merwe. Conversions: Stephan Gouws (2). Penalties: Gouws (5). Rondebosch Boys’ High 20 (20) – Tries: Christoph Blake, Luke Houba. Conversions: Tyren Lee (2). Penalties: Lee (2).
SACS 38 (23) – Tries: Keagan Wheeler (2), Shane Fourie, Seb Roodt, James Ambleer-Smith, Justin Joubert. Conversion: Fourie. Penalties: Fourie (2). Tygerberg 5 (5) – Try: Tiaan van Heerden.
Durbanville 10 (5) – Tries: Niell van der Merwe, Michael Badenhorst. Brackenfell 9 (0) – Penalties: Wian Engelbrecht (3).
Bellville HS 49 (23) – Tries: Edward Theron (2), Jacques van Antwerpen (2), Raymond van der Merwe, Jean Strydom, Sheldon van Niekerk. Conversions: Strydom (7). Monumentpark 0.
Stellenberg 37 (13) – Tries: Malan Roode (3), Zack van Niekerk, Junior Slier. Conversions: Tiaan Swanepoel (3). Penalties: Swanepoel (2). DF Malan 8 (8) – Tries: Jason Meyer. Penalty: Wian Joubert.
De Kuilen 26 (10) – Tries: Christie van Niekerk, Carl Kayser. Conversions: Cameron Oliver (2). Penalties: Oliver (4). Kasselsvlei 6 (6) – Penalties: M.Papier (2).
Hottentots-Holland 27 (12) – Tries: Clayton Daniels, Dudley Coetzee, Adrian Carelse, Jovan Cookson. Conversions: Carelse (2). Penalty: Carelse. Hermanus 27 (12) – Tries: Ewan Adams (2), Juan Slabbert, Ian Cornelius. Conversions: Cornelius, André-Pierre Gouws. Penalty: Cornelius.
Strand HS 12 – Penalties: Marshall Daars (4). Hugenote 11 – Try: Raylin Philander. Penalties: Nelius Hauptfleisch, Frank Abrahams.
Other Results:
u19A: HS Tygerberg 37, Northcote College (Nieu-Seeland) 17; Fairbairn 13, Jan van Riebeeck 33; Tygerberg-klub 57, Zandvliet 0; Bosmansdam 11, Fairmont 19; Somerset-kollege 18, Scottsdene 13; Scottsville 5, Table View 0; Excelsior 35, Jan Kriel-skool 8.
u19B: Landbouskool Boland 0, Paarl Gim 24; Wynberg 17, Paul Roos 20; Rondebosch 8, HJS Paarl 13; HS Tygerberg 20, SACS 0; Durbanville 17, Bracikenfell 7; Monumentpark 0, HS Bellville 15; D.F.Malan 0, Stellenberg 32; De Kuilen 21, Kasselsvlei 26; Hottentots-Holland 18, Hermanus 5; HS Strand 22, Hugenote 17; Fairbairn 7, Jan van Riebeeck 33; Bosmansdam 12, Fairmont 14.
u16A: Landbouskool Boland 3, Paarl Gim 8; Wynberg 0, Paul Roos 43; Rondebosch 11, HJS Paarl 10; HS Tygerberg 8, SACS 3; Durbanville 5, Brackenfell 11; Monumentpark 12, HS Bellville 35; D.F.Malan 6, Stellenberg 24; De Kuilen 24, Kasselsvlei 7; Hottentots-Holland 20, Hermanus 18; HS Strand 12, Hugenote 10; Fairbairn 22, Jan van Riebeeck 24; Tygerberg-klub 29, Zandvliet 5; Bosmansddam 20, Fairmont 12; Somerset-kollege 17, Scottsdene 12; Scottsville 15, Table View 3.
u15A: Landbouskool Boland 6, Paarl Gim 20; Wynberg 17, Paul Roos 18; Rondebosch 0, HJS Paarl 47; HS Tygerberg 10, SACS 7; Durbanville 0, Brackenfell 3; Monumentpark 7, HS Bellville 17; D.F.Malan 0, Stellenberg 40; De Kuilen 14, Kasselsvlei 12; HHH 10, Hermanus 15; Strand 12, Hugenote 5; Fairbairn 10, Jan van Riebeeck 8; Tygerberg-klub 10, Zandvliet 10; Bosmansdam 7, Fairmont 15; Somerset-kollege 17, Scottsdene 0; Scottsville 12, Table View 0.
u14A: Landbouskool Boland 3, Paarl Gim 6; Wynberg 7, Paul Roos 29; Rondebosch 0, HJS Paarl 48; HS Tygerberg 5, SACS 31; Durbanville 7, Brackenfell 22; Monumentpark 0, HS Bellville 42; D.F.Malan 12, Stellenberg 20; De Kuilen 69, Kasselsvlei 0; HHH 14, Hermanus 12; Strand 7, Hugenote 10; Fairbairn 0, Jan van Riebeeck 13; Tygerberg-klub 0, Zandvliet 3; Bosmansdam 19, Fairmont 22; Somerset-kollege 32, Scottsdene 26; Scottsville 34, Table View 0.
-
Garsfontein vs. Florida – 2013
Scorers:
Garsfontein 78 – Tries: Franco Naudé (3), Paul de Beer (3), Heinrich de Jongh, Hyron Andrews, Christopher Labuschagné, Ruan Ackermann, Emile Bosscha. Conversions: Jade Solomons (7), Jameel Warnick (3). Penalty: Warnick. Florida 21.
-
School Rugby Results – 27 July 2013
Eastern Cape
Oakdale Landbou 17 Marlow Landbou 9 Grey Boys’ High School 21 Grey College 50 Aliwal-Noord 15 Fichardtpark 24 Daniël Pienaar THS 24 Noord-Kaap 40 Die Brandwag 51 Oudtshoorn HS 3 St. Andrew’s College 48 Dale College 13 Queen’s College 14 Selborne College 13 Framesby 16 Outeniqua HS 52 Grens HS Union HS Andrew Rabie 33 Itembelihle 13 Nico Malan 21 Langenhoven Gimnasium 14 Free State
Grey College 50 Grey Boys’ High School 21 Sentraal 23 Duineveld 28 Zastron Hoërskool Bloemfontein Jim Fouché 51 Sand du Plessis 12 Fichardtpark 24 Aliwal-Noord 15 Zastron 29 Brandfort 24 Griffons
Hentie Cilliers 52 Welkom THS 0 Voortrekker 36 Witteberg 13 Welkom Gimnasium 35 Goudveld 15 AHS Kroonstad 43 Kroonstad HS 16 Wilgerivier 50 Vrede 10 Bothaville 50 Hennenman 0 Griqualand West
Noord-Kaap 40 Daniël Pienaar THS 24 Landboudal 29 Upington HS 17 Duineveld 28 Sentraal 23 Douglas 48 Blinkklip 10 KwaZulu-Natal
Glenwood 23 Affies 53 Maritzburg College 16 Pretoria Boys’ High 30 Northvaal
Affies 53 Glenwood 23 Garsfontein 78 Florida 21 Kemptonpark 48 Centurion 12 HTS Middelburg 57 Menlopark 18 Klerksdorp HS Linden Frikkie Meyer 23 Overkruin 21 Piet Retief Tuine THS Hugenote (Springs) Helpmekaar Wolmaranstad Trinityhouse Ben Viljoen 51 Woodox College 17 Penryn College Die Wilgers Stoffberg Bekker Christiana Primrose Heilbron Alberton HS Pretoria Boys’ High 30 Maritzburg College 16 Western Cape
Paul Roos Gimnasium 16 Wynberg Boys’ High 8 Paarl Gimnasium 49 Boland Landbou 7 Paarl Boys’ High 39 Rondebosch Boys’ High 20 SACS 38 Tygerberg 5 Durbanville 10 Brackenfell 9 Bellville HS 49 Monumentpark 0 Stellenberg 37 DF Malan 8 De Kuilen 26 Kasselsvlei 6 Hottentots-Holland 27 Hermanus 27 President 21 JG Meiring 11 -
Hentie Cilliers vs. Welkom THS – 2013
Scorers:
Hentie Cilliers 52 – Tries: Jaywin Juries (2), Riaan Pretorius (2), Ezrick Alexander, Jade Solomons, Justin Williams, Jamille Afrika. Conversions: Ethan Williams (5), Juries. Welkom THS 0.
-
Hentie Cilliers – 2013
Results
Hentie Cilliers 24, Grey College 50
Hentie Cilliers 37, Zastron 24
Hentie Cilliers 31, Welkom Gimnasium 22
Hentie Cilliers 21, Voortrekker 28
Hentie Cilliers 40, Goudveld 17
Hentie Cilliers 38, Witteberg 10
Hentie Cilliers 71, Kroonstad HS 7
Hentie Cilliers 47, AHS Kroonstad 25
Hentie Cilliers 52, Welkom THS 0Players: Jaywin Juries, Gregan Hull, Riaan Pretorius, Kyle Ess,
Coaches: André Vorster and Jacques Juries.
-
Wilgerivier vs. Vrede – 2013 (2)
Scorers:
Wilgerivier 50 (14) – Tries: De Wet Ungerer (2), Gerrie Muller (2), Gerhard van Rensburg, Willem Coetzee, Ricardo Frade, Eric Bibbey. Conversions: SF Meyer (5). Vrede 10 (10) – Try: Athur Longuera. Conversion: Johan Esterhuizen. Penalty: Esterhuizen.
-
Preview – Grey-kollege vs. Grey Boys’ High School
BLOEMFONTEIN. – Grey-kollege het tien jaar laas teen sy naamgenoot van Grey Boys’ High School van Port Elizabeth verloor. Dit blyk ook nie of die span van 2013 van sy trotse rekord oor die laaste dekade vandag in Bloemfontein teen die span van die Baai afstand gaan doen nie. Die wedstryd word regstreeks op SuperSport gebeeldsend.
Die span van die Rosestad het laas in 2004 toe die Ierse haker Richardt Strauss sy kaptein was 14-17 teen sy besoekers die knie gebuig. Drie toekomstige Springbokke Heinrich Brüssow , Deon Stegmann en Frans Steyn het ook in 2004 vir Grey-kollege uitgedraf.
Grey se skrum met Andrew du Plessis, Ruan Kramer en Martin Wipplinger aan die spits behoort die botoon in die kragmeting te voer. Die span van die Baai behoort ook sonder sy gereelde kaptein en Cravenweek-flank, CJ Velleman tweede in die stryd om die losbal te kom. Grey se kaptein en flank Marius Louw en agtsteman Alex Jonker behoort die stryd in die los te oorheers.
Agterlangs sal die tuisspan se agterlyn hulle sokkies moet optrek. Die agterhoede het teen Pretoria Boys’ High teleurgestel.
Hoërskool Witteberg sal vandag in hulle ENB Classic Clash teen ‘n onwaarskynlike moontlikheid sy alles in die stryd werp om die uitkloprondes van die Griffon-liga te haal. Witteberg kom teen sy aartsvyand Voortrekker in hulle jaarlikse derby te staan. Die Trekkers is die gunsteling om vanjaar as kampioen van die Griffon-liga gekroon te word. Witteberg sal ‘n oorwinning vandag moet behaal
Vandag se bepalings (tuisspanne eerste vermeld):
10:30: Zastron t. Hoërskool Bloemfontein; 12:30: Hoërskool Upington t. Landboudal; 12:40: Sand du Plessis t. Jim Fouché; 12:55: Grey-kollege t. Grey Boys’ High School; 13:00: Noord-Kaap t. HTS Daniël Pienaar; 13:15: Sentraal t. Duineveld; 13:30: Aliwal-Noord t. Fichardtpark.
-
Dis derby-tyd in Kroonstad
KROONSTAD. – Die eerste rugbyspan van Hoërskool Kroonstad sal vandag met hope durf en waagmoed vorendag moet kom indien hy nie sy grootste loesing nog teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad op sy tuisveld op die lyf wil loop nie. Blouskool het die afgelope drie jaar maer jare. Die span van 2013 het wel beter vertoon as sy voorganger, maar Rooiskool se span van 2013 vaar ook vanjaar beter as sy voorganger.
Rooiskool het verlede jaar in die twee spanne se ENB Classic Clash die grootste oorwinning nog oor sy aartsvyand behaal toe hy 45-0 baas was.
Vorige uitslae tussen die twee spanne wys egter dat daar nooit vooraf te gemaklik voorspellings oor die wenner gemaak kan word nie. Dit is heel waarskynlik die 15 000 toeskouers wat die wedstryd jaarliks bywoon en die druk van die wedstryd saam met die verwagtinge van die onderskeie skole wat die spelers op hulle breë skouers wat ‘n invloed op die spelers se spel het.
Vir Blouskool sal ‘n spanpoging deur sy losvoorspelers die kaptein Neels van Schalkwyk en Erlo Kleinhans.
Goudveld-Hoërskool se losskakel, Shaun Reynolds staan breed in Welkom-Gimnasium se pad in die twee spanne se Classic Clash vandag. Reynolds was die voorste puntemaker op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole vroeër vanjaar in Polokwane. Hy sal die tuisspan se sleutelspeler vandag wees.
Gimmies is egter steeds die gunstelinge om ‘n sege in die derby te behaal. Die span in die swart truie se haker Brummer Marais en flank Retief Marais se verstandhouding in die lynstane in een van die span se sterkpunte. Marais vorm ook saam met die agtsteman Riaan Vermeulen en die kaptein Albert Brummer ‘n gedugte lostrio.
Reynolds speel gewoontlik op binnesenter vir sy skoolspan, maar die span se losskakel Eric Herbert is beseer.
Vandag se bepalings (tuisspanne eerste vermeld):
13:00: Hoërskool Kroonstad t. AHS Kroonstad; 13:00: Goudveld-Hoërskool t. Welkom Gimnasium; Noordwes-stadion – 13:00: Bothaville t. Hennenman (Sandveld-eindstryd);