SSPN Test Site

Blog

  • Bepalings vir 2016 se nasionale Akademie-week

    Bepalings vir 2016 se nasionale Akademie-week

    Cravenweeku18 LogoDie nie-amptelike kampioen van die nasionale Akademie-week, die Westelike Provinsie, sal in volgende jaar se toernooi in Durban sy aanslag ­­teen Suidwestelike Distrikte begin.

    Die Streeptruie was die afgelope ses jaar nog net in 2013 nie in die hoofwedstryd in aksie nie. Toe het SWD die Oostelike Provinsie met 32-7 in die hoofwedstryd geklop. Die WP het die Blou Bulle vanjaar met ­36-24 in die eindstryd verslaan.

    Die Ligbloues sal hul aanslag teen die OP begin. Hulle pak mekaar in die hoofwedstryd op die tweede dag.

    In die hoofwedstryd van die eerste dag sal die gasheer, KwaZulu-Natal, teen die Griffons te staan kom.

    Vir die eerste keer sal die Akademieweek dieselfde formaat as die Cravenweek hê. Albei toernooie sal ook vir die eerste keer in dieselfde week in Durban aangebied word.

    Voorheen was daar net drie wedstryddae in die toernooi, maar van volgende jaar af sal daar vyf wedstryddae wees. Dit sal die spelers meer ruskans tussen wedstryde gee.

    Die Goue Leeus, wat die toernooi as die derde beste span volgens die Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging (SASRV) se ranglys afgesluit het, sal die Pumas in hul eerste wedstryd in die 2016-toernooi pak.

    Die wenner van dié wedstryd sal die wenner van die stryd tussen die Streeptruie
    en Volstruisboere waarskynlik op die derde dag die stryd aansê.

    Die Blou Bulle kan hulle gereed maak om, as hulle die OP klop, die wenner van die stryd tussen die Vrystaat en Boland te pak.

    Die SASRV het nie, soos vroeër berig, van die spanne verminder wat aan die toernooi deelneem nie.

    Veral die plattelandse spanne sal bly wees hieroor. As dié spanne afgeskaf word, sal dit ’n reuse- ­terugslag vir rugby op die platteland wees.

    Die bepalings is:

    Eerste dag – Blou Valke t. SA LSOB; Griffons-platteland t. OP-platteland; Grens t. Griekwas-platteland; Goue Leeus t. Pumas; Westelike Provinsie t. Suidwestelike Distrikte; KwaZulu-Natal t. Griffons.

    Tweede dag – Pumas-platteland t. Grens-platteland; Limpopo Blou Bulle t. Luiperds; Rooi Valke t. Namibië; Kwa­Zulu-Natal-platteland t. Griekwas; Vrystaat t. Boland; Blou Bulle t. Oostelike Provinsie.

  • Grey lewer nie net Bokke

    Grey lewer nie net Bokke

    MikeAndrade1Suid-Afrikaanse rugby se voorste fabriek vir Springbokke, Grey-kollege in Bloemfontein, sal ná Dinsdag kan spog met twee oudleerlinge wat vir Portugal se nasionale rugbyspan uitgedraf het.

    Dié skool se losskakel en senter van verlede jaar, Mike Andrade, is in Portugal se span vir die Nasiesbeker-toernooi in Hongkong ingesluit.

    Die 19-jarige Andrade, wat die jongste speler in die groep is, sal Dinsdag sy buiging vir Portugal teen Hongkong maak.

    “Die afrigter het vir die eerste wedstryd teen Rusland die ervare ouens in die groep speelkans gegee. Ek sal Dinsdag eers my kans kry,” het Andrade gesê.

    As Andrade teen Hongkong indruk maak, sal hy waarskynlik ook in sy span se laaste wedstryd van die toernooi teen Zimbabwe sy staal kan toon.

    Die toernooi is ’n geleentheid vir spanne wat nie vanjaar Wêreldbeker-rugby gespeel het nie om internasionaal mee te ding.

    Die vaskopstut Nelio de Sa wat in 1998 en 1999 drie toetse vir Portugal gespeel het, was die eerste oudleerling van Grey wat sy buiging vir dié land gemaak het.

    De Sa het ook in een wedstryd vir die Vrystaat-Cheetahs gespeel nadat hy van die bank af opgestuur is.

    De Sa het in 1993 die eerste speler geword wat uit die geledere van die Cherries, Grey se tweede span, vir die Vrystaatse Cravenweek-span gekies is.

    Mario Vieira, tans losskakel van Grey se eerste span, is volgende jaar hoofseun. Hy is ook van Portugese afkoms en al drie sy broers – Miguel, Sergio en Ayrton – het in hul skoolloopbane vir Hoërskool Bothaville se eerste span gespeel.

    Miguel en Sergio was ook dié skool se hoofseuns en Ayrton was onderhoofseun.

    “Ek het gevoel dit sal ’n groot eer wees en is kort daarna Lissabon toe om saam met die span te oefen,” het Andrade gesê.“Die president (van die Portugese Rugbyunie) het my so ’n paar maande gelede gekontak om te hoor of ek sou belangstel om vir Portugal te speel.

    ’n Dyspierbesering het Andrade vir die meeste van die seisoen langs die kantlyn gehou en hy kon nie juis sy stempel vir die Westelike Provinsie se o.19-span afdruk nie.

    In Brandfort sal daar ook vreugde oor Andrade se prestasie wees. Hy het vir die Hoërskool Staatspresident Swart in dié dorp se eerste span gespeel voordat hy Grey toe is.

    Hy het in sy o.16-jaar die Suid-Afrikaanse elite-groep gehaal.

    Sy ouers, Gaby en Jorge, en sy twee broers, Jorgie en Paulie, besit ’n supermark in Brandfort.

    Andrade sê sy mikpunt is om Portugal te help om vir die Wêreldbeker-toernooi van 2019 in Japan te kwalifiseer.

    “My gesin het tot dusver die grootste impak op my loopbaan gehad. My twee broers het my altyd gedruk om beter te wees,” het Andrade gesê.

    Verskeie ander oudleerlinge van Grey soos André Blom (VSA), Michael Horak (Engeland), Richardt Strauss (Ierland), Raoul Larson en Leneve Damons (albei Namibië) het al ander lande op die rugbyveld verteenwoordig.

    Strauss, Larson en Damons was in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in aksie.

  • Grey dalk nou in Shimla-liga

    Grey dalk nou in Shimla-liga

     

    Grey CollegeDIE moontlikheid bestaan dat Grey-kollege volgende seisoen die eerste keer sedert 2000 aan die sentrale streek se streekkompetisie kan deelneem.

    Die span van die Rosestad was  nooit  in die destydse Administrateurs- en latere Vrystaat-beker aan die verloorkant nie.

    Grey stel belang om van volgende jaar af aan die Kovsiestreekkompetisie deel te neem. Volksblad, moederkoerant van Bloemnuus, is ’n medeborg van die kompetisie.

    Grey wil graag aan die Shimla-liga (vir mediumskole) en Volksblad-liga (vir o.15-spanne) deelneem.

    Die skool se jaarlikse interskole teen Paul Roos-Gimnasium sal egter met die halfeindronde van die streekkompetisie bots.

    Grey is egter bereid om (indien hy deurdring) sy halfeindstryd in die week te speel.

    Die bestuur van die kompetisie wat uit verteenwoordigers van Kovsies en die drie unies se voorsitters en sekretarisse bestaan, sal later ’n besluit oor Grey se deelname neem.

    Die Vrystaatse skole het hul vertroue in die bestuur van die Vrystaatse Hoërskole-rugbyvereniging (VHRV) op die jaarvergadering bevestig. Al die lede van die bestuur is onbestrede in hul onderskeie poste herkies. Michael Barker van Fichardtpark is die voorsitter, terwyl Schalk Marherbe (Jim Fouché) en Jimmy Jimlongwe die ondervoorsitters is.

    Adolf Swiegers van Sentraal is in die o.18-keurkomitee in die plek van Dirkie Groenewald gekies.
    Wessel du Plessis, Grey-kollege- en die Vrystaatse Cravenweek-breier, het ook vir ’n pos in die keurkomitee gestaan.

    Roelf Meyer van Grey is ook weer as een van die keurders gekies. Hy het vroeër op die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging se jaarvergadering ook sy pos as nasionale keurder behou.

    Die o.16-keurkomitee bly onveranderd. Pieter von Solms (Martie du Plessis) se naam is ook vanjaar in die hoed gegooi, maar hy het by die stembus teen Jorrie Grobler (Sentraal), Jannie Geldenhuys (Grey) en Ivan Stevens (Louis Botha) uitgeval.

     

  • Tuks-reeks se bepalings vir 2016

    Tuks-reeks se bepalings vir 2016

    TuksSkole-reeksDie enigste nuweling in die Tuks-reeks vir 2016, Menlopark, is in die kompetisie so ietwat vir die wolwe gegooi. Die span het ‘n tawwe uitdaging wat op hom wag. Hy is saam met die Beeld Noordvaal Trofee kampioen, Garsfontein, die verdedigende kampioen van die Tuks-reeks, EG Jansen van Boksburg, en Marais Viljoen van Alberton in ‘n groep geloot. 

    Die kampioen, EG Jansen, sal sy aanslag om sy titel te behou in Alberton teen Marais Viljoen afskop. Menlopark is op dieselfde dag – 5 Maart gasheer vir Garsfontein. Monument wat in die eindstryd teen EG Jansen die knie moes buig is in dieselfde groep as Transvalia en Kemptonpark geloot.

    Twee skole wat vanjaar aan die reeks deelgeneem het, Ermelo en Vereeniging-Gimnasium, het besluit om hulle aan die kompetisie te onttrek. Slegs Menlopark het aansoek gedoen om die twee se leemtes te vul. Ander skole het ook glo belanggestel, maar het reeds aan ander reekse hul deelname bevestig. 

    Nelspruit se Rhinos, die Hoerskool Pietersburg, die Hoerskool Rustenburg en Florida is saam in ‘n groep geloot. Die ander groep is die Hoerskool Klerksdorp, HTS Middelburg, Centurion en Eldoraigne.

    Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

    5 Maart 2016 

    Transvalia vs. Kemptonpark
    Menlopark vs. Garsfontein
    Marais Viljoen vs. EG Jansen
    Pietersburg vs. Rustenburg
    Klerksdorp vs. HTS Middelburg

    12 Maart 2016 

    Monument vs. Transvalia
    Marais Viljoen vs. Menlopark
    Garsfontein vs. EG Jansen
    Pietersburg vs. Florida
    Nelspruit vs. Rustenburg
    Klerksdorp vs. Eldoraigne
    HTS Middelburg vs. Centurion

    16 Maart 2016 

    Eldoraigne vs. Centurion

    18 Maart 2016

    Florida vs. Nelspruit

    9 April 2016

    Kemptonpark vs. Monument
    Garsfontein vs. Marais Viljoen
    EG Jansen vs. Menlopark
    Nelspruit vs. Pietersburg
    Rustenburg vs. Florida
    Eldoraigne vs. HTS Middelburg
    Centurion vs. Klerksdorp

  • Griffon-liga kry ‘n Spanner by vir 2016

    Griffon-liga kry ‘n Spanner by vir 2016

    GriffonsDie enigste Vrystaatse skool wat al as kampioen van die destydse Transvaalse Administrateursbeker (deesdae Beeld Noordvaal Trofee) gekroon is, HTS Sasolburg, sal van volgende jaar weer sy liga-wedstryde in die Noord-Vrystaat speel. Spanners on the Move het laas in 2000 aan die Noord-Vrystaatse liga deelgeneem. 

    Die skool se eerstespan het in 1986 geskiedenis gemaak toe hy die Administrateursbeker gewen het. Die Tekkies het vir Voortrekkerhoogte van Pretoria met 19-12 in die eindstryd verslaan. Toe HTS Sasolburg destyds in die Noord-Vrystaatse liga gespeel het, het spanne soos Wessel Maree van Odendaalsrus, Bothaville en Riebeeckstad ook nog tussen die groot honde geblaf. Die drie spanne saam met Hennenman spook deesdae sake in die Sandveld-liga uit.

    “Ons besluit is slegs daarop gegrond dat ons glo ons spelers sal beter blootstelling by die Griffons kry,” het Schikkie Geldenhuys, afrigter van die span, gese. HTS Sasolburg sal sy aanslag op die liga teen Voortrekker van Bethlehem op sy tuisveld afskop. Sy jaarlikse ENB Classic Clash teen die Hoerskool Sasolburg sal steeds op sy program bly. 

    Die verdedigende kampioen van die Griffon-liga, Welkom-Gimnasium, sal die eerste naweek van die liga ‘n loslootjie geniet. Gimmies het vanjaar die eerste span vanuit Welkom geword om die Griffon-liga sedert 1998 te wen. In 1998 het HTS Welkom met Louis Strydom en Gilbert Francke aan die spits die liga verower. Gimmies sal sy aanslag om sy titel te behou teen Witteberg begin. 

    Gimmies se jaarlikse interskole teen Goudveld vind die Saterdag voor die halfeindronde plaas. Die Blou/Rooi-derby vind op 23 Julie in die Afrikaanse Hoerskool Kroonstad se Leeukuil plaas. Die ander wedstryd uit die Noord-Vrystaat wat ENB Classic Clash status geniet, Voortrekker teen Witteberg, word op 28 Mei beslis.

    Die halfeindstryde van die liga sal volgende jaar op 5 Augustus beslis word. Die eindstryd vind op 13 Augustus plaas. 

    Die voorlopige bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

    9 April 2016 

    HTS Welkom vs. AHS Kroonstad
    Hoerskool Kroonstad vs. Hentie Cilliers
    Goudveld vs. Witteberg
    HTS Sasolburg vs. Voortrekker

    16 April 2016 

    Welkom Gimnasium vs. Witteberg
    Hentie Cilliers vs. Goudveld
    HTS Welkom vs. HTS Sasolburg
    AHS Kroonstad vs. Voortrekker

    23 April 2016 

    Witteberg vs. HTS Welkom
    Voortrekker vs. Goudveld
    Welkom Gimnasium vs. Hoërskool Kroonstad
    AHS Kroonstad vs. HTS Sasolburg

    7 Mei 2016 

    AHS Kroonstad vs. Welkom Gimnasium
    Hoerskool Kroonstad vs. HTS Welkom
    Hentie Cilliers vs. Voortrekker
    Witteberg vs. HTS Sasolburg

    14 Mei 2016 

    Welkom Gimnasium vs. HTS Sasolburg
    Witteberg vs. Hentie Cilliers
    Voortrekker vs. Hoerskool Kroonstad
    Goudveld vs. AHS Kroonstad

    21 Mei 2016 

    Hoërskool Kroonstad vs. Witteberg
    Hentie Cilliers vs. Welkom Gimnasium
    HTS Welkom vs. Voortrekker
    HTS Sasolburg vs. Goudveld

    28 Mei 2016

    Voortrekker vs. Witteberg
    Hentie Cilliers vs. AHS Kroonstad
    Hoerskool Kroonstad vs. Goudveld
    HTS Welkom vs. Welkom Gimnasium

    23 Julie 2016 

    AHS Kroonstad vs. Hoerskool Kroonstad
    HTS Sasolburg vs. Hentie Cilliers
    Goudveld vs. HTS Welkom
    Voortrekker vs. Welkom Gimnasium

    30 Julie 2016 

    Hentie Cilliers vs. HTS Welkom 
    Welkom Gimnasium vs. Goudveld
    Witteberg vs. AHS Kroonstad
    HTS Sasolburg vs. Hoerskool Kroonstad

  • Teams for the Khaya Majola Week of 2015

    Teams for the Khaya Majola Week of 2015

     

    Boland: Vezokhule Mntungwa (Somerset College), Thandini Majebe (Western Cape Sport School), Aphiwe Lepotso (Western Cape Sport School), Luke Philander (Boland Landbou), Byron Fortuin (New Orleans), Fenito Mehl (New Orleans), Phillip Carstens (Somerset College), William Sendin (Somerset College), Pieter Swart (Worcester Gimnasium), Slabber la Grange (Boland Landbou), Pieter Pretorius (Paarl Boys’ High), Hannes Venter (Paarl Gimnasium), Milton Mackier (Paarl Boys’ High). 

    Border: Mncedisi Malika (Dale College), James Monaghan (Selborne College), Bamanye Xengxe (Dale College), Axola Ngwana (Hudson Park), Nathan George (Selborne College), Winray Christoffels (Queen’s College), Athenkosi Mfazwe (Hudson Park), Nathan Roux (Queen’s College), Sinethemba Qeshile (Hudson Park), Lukholo Gwangqa (Kama High School), Mihlali May (Selborne College), Akhona Mnyaka (Hudson Park), Malwande Zamo (Dale College). 

    Eastern Province: Matthew Breetzke (Grey PE), Jonathan Draai (Grey PE), Liam Lindsey (Grey PE), Jade de Klerk (Woodridge College), Sinalo Grootboom (Motherwell), Daine Kruger (Kingswood College), Keenan Vieira (Graeme College), Akhona Namba (United), Kyle Jacobs (Pearson), Lutho Sipamla (Grey PE), Kyle Biddulph (Grey PE), Anthony Dakin (St. Andrew’s College), Liam Harrison (Grey PE). 

    Easterns: Michael Enslin (EG Jansen – captain), Kyle Scheepers (EG Jansen), Xolani Mahlaba (Hans Moore), Michael Weldon (EG Jansen), Kabelo Sekhukune (Hans Moore), CJ van der Walt (EG Jansen), Vyasen Govenden (St. Dunstan’s College), David Zweni (Hans Moore), Altus Pretorius (EG Jansen), Wilber van Dyk (Kemptonpark), Christmas Mpenyane (Unity Secondary), Albert Mohlala (Zimisele), Calvin Ntombela (Hans Moore). 

    Gauteng: Chad Claassen (St David’s), Shane Dadswell, Tony de Zorzi (albei King Edward VII), Brandon Glover (St. Stithian’s College), Michael Mahlaba (St Martin’s College), Wandile Makwetu (St. Stithian’s College), Conor McKerr (St. John’s College), Wiaan Mulder (St. Stithian’s College), Linaldo Phillips (Noordheuwel), Farhaan Sayanvala (St. John’s College), Liam Smith (King Edward VII), Katlego Thena (Jeppe Boys’ High), Ricardo Vasconencelos (St. Stithian’s College).

    KwaZulu-Natal: Okuhle Cele (Glenwood), Jason Wagener (Glenwood), Jerome Bossr (Glenwood), Nduduzo Mfoza (Glenwood), Matthew Kirkham (Glenwood), Sithabiso Zungu (Glenwood), Joel Veeran (Glenwood), James Tedder (Kearsney College), Keean Rencken (Kearsney College), Shinga Appanna (Mountview Secondary), Junaid Syed (Northwood), Tyron Koen (Westville Boys’ High), Craig Schlemmer (Westville Boys’ High).

    KwaZulu-Natal Inland: Angus Curtis (Hikton College), Jean de Wet (Maritzburg College), Vuyo Mondi (Hilton College), David Small (Maritzburg College), Pravir Valloo (Hilton College), Gavin Morris (Hilton College), Aashiq Ramdin (Ladysmith High), Eathan Bosch (Hilton College), Nabeel Mahmoud (Drakensburg Secondary), Lethu Mtthembu (Michaelhouse), Jiveshen Pillay (Maritzburg College), Bryce Tullis (Maritzburg College), Kamogelo Selane (Hilton College).

    Limpopo: 

     

     

     

     

  • Fixtures for the Coca-Cola Khaya Majola Week of 2015

    Fixtures for the Coca-Cola Khaya Majola Week of 2015

    The Coca-Cola Khaya Majola Week will return to Port Elizabeth for the first time since 2008. It will be only the fifth time that the Windy City has hosted the tournament since its inaugural tournament was held in Durban in 1940 as the Nuffield Week.

    Gauteng who finished the 2014 edition of the tournament in Pretoria unbeaten and also came out on top in the main match against Western Province will start off their campaign against Free State at the Pollock Oval of Grey High School. Their second clash will be against KwaZulu-Natal Inland.

    The fixtures are: 

    Day 1 – 16 December 2015

    Time Cricket
    Gauteng vs. Free State Grey PE – Pollock Oval
    Boland vs. South Western Districts Pearson
    Northerns vs. Eastern Province NMMU A
    Griqualand West vs. Easterns NMMU 2nd Avenue
    North West vs. Border NMMU C
    Western Province vs. Mpumalanga Woodridge
    KZN Inland vs. KwaZulu-Natal Woodridge – Rushmere Oval
    Namibia vs. Limpopo Dan Qeqe

    Day 2 – 17 December 2015

    Time Cricket
    Western Province vs. Eastern Province Grey PE – Pollock Oval
    Mpumalanga vs. Northerns Pearson
    Gauteng vs. KZN Inland NMMU A
    KwaZulu-Natal vs. Free State NMMU 2nd Avenue
    Namibia vs. North West NMMU C
    South Western Districts vs. Griqualand West Woodridge
    Limpopo vs. Border Woodridge – Rushmere Oval
    Boland vs. Easterns Dan Qeqe

    Day 3 – 18 December 2015

    T20 – Round 1
    KwaZulu-Natal vs. North West Dan Qeqe
    Western Province vs. Namibia Gelvandale
    Eastern Province vs. Griqualand West NMMU A
    Gauteng vs. Boland NMMU B
    Northerns vs. Easterns NMMU 2nd Avenue
    Free State vs. South Western Districts OG
    Mpumalanga vs. Limpopo Union
    KZN Inland vs. Border VP
    T20 – Round 2
    Western Province vs. North West Dan Qeqe
    KwaZulu-Natal vs. Namibia Gelvandale
    Northerns vs. Boland NMMU A
    Eastern Province vs. South Western Districts NMMU B
    Gauteng vs. Easterns NMMU 2nd Avenue
    KZN Inland vs. Limpopo OG
    Mpumalanga vs. Border Union
    Free State vs. Griqualand West VP
  • Gauteng has formidable squad for Khaya Majola Week

    Gauteng has formidable squad for Khaya Majola Week

    NewsG ShaneDadswellIf a team want to be reach the main match of the annual Coca-Cola Khaya Majola Week in Port Elizabeth in December and be victorious in it, they will have to get past Gauteng first. The national u19 tournament will be held from 16 to 21 December in the Windy City. 

    Gauteng and Western Province contested the last three main matches of the Khaya Majola Week. The team from Johannesburg will aim to finish the tournament unbeaten for the third consecutive year. In 2013 at the Smith Oval of Kearsney College just outside Durban it was Protea test debutant, Kagiso Rabada, who help secure a two wicket victory over Western Province with only seven deliveries remaining. 

    Rabada (35*) and Jayden Broodryk (38*) was the heroes for Gauteng. Rabada who made his test debut for South Africa in the first test against India which is being played in Mohali from Wednesday struck three sixes in his innings.

    There is no less than five players in Gauteng’s team for the 2015 edition of the tournament who already represented the South African u19-side against Bangladesh earlier this year. They are Tony de Zorzi, Brandon Glover, Conor McKerr, Wiaan Mulder and Liam Smith. De Zorzi captained the national side in the home series. 

    While another player Shane Dadswell was in destructive form with the bat at the annual Michaelmas Week in Pietermaritzburg. He scored 356 runs for his school side, King Edward VII, during their four games. Glover and McKerr will form most likely the most exciting and dangerous opening bowling partnership in Port Elizabeth. The bowling attack will further be strengthened by Chad Claassen who was one of the top bowlers at Cricket South Africa’s national u17-week in Johannesburg last year. 

    If supporters are worried about the hunger of these already accomplished cricket players at schools’ level there are nothing to worry about. All of the players in the Gauteng team has yet to earn a SA Schools’ cap.   

    Gauteng will start their campaign in Port Elizabeth against the Free State in a time-cricket match. Their second encounter will be against KwaZulu-Natal Inland in the same format. On day three they will meet Boland and Easterns in Twenty/20 matches. 

    The team is: 

    Chad Claassen (St David’s), Shane Dadswell, Tony de Zorzi (albei King Edward VII), Brandon Glover (St. Stithian’s College), Michael Mahlaba (St Martin’s College), Wandile Makwetu (St. Stithian’s College), Conor McKerr (St. John’s College), Wiaan Mulder (St. Stithian’s College), Linaldo Phillips (Noordheuwel), Farhaan Sayanvala (St. John’s College), Liam Smith (King Edward VII), Katlego Thena (Jeppe Boys’ High), Ricardo Vasconencelos (St. Stithian’s College).

  • Suid teen Noord raak al gewilder

    Suid teen Noord raak al gewilder

    NoordSuidDie Noord/Suid-rugbytoernooi is vinnig besig om een van die voorste toernooie in Suid-Afrika te word.

    Volgende jaar se toernooi word deur Garsfontein in Pretoria aangebied. Van die agt spanne wat in die Jakarandastad in aksie sal wees is dit slegs Kempton Park wat nie ook aan volgende jaar se Wildeklawer-toernooi gaan deelneem nie.

    Garsies en Stellenberg van Kaapstad sal volgende jaar vir die eerste keer op Wildeklawer se toernooi in aksie wees. Stellenberg, Boland Landbou en Kempton Park sal hul eerste verskyning in die Noord/Suid-toernooi maak.

    Die gasheer sal soos in verlede jaar se toernooi Outeniqua en Paarl Gimnasium die stryd aansê. Garsies, wat ook die Beeld Noordvaal Trofee se Makroskole-kampioen is, sal ná die toernooi weet hoeveel werk op hom wag voor sy buiging in die Wildeklawer-toernooi.

    Waterkloof kom in die toernooi teen die Kwaggas van Outeniqua en Paarl Gimnasium te staan.

    Menlopark pak Stellenberg in die hoofwedstryd van die eerste dag, terwyl Garsies en Paarl Gimnasium se stryd die hoofgereg van die tweede dag is.

    Menlopark sal ook volgende jaar aan die Tuks-reeks deelneem. Vereeniging-Gimnasium en Ermelo het besluit om aan die reeks te onttrek. Van die ander skole wat belang gestel het om aan die reeks deel te neem, kon nie betyds aan hul onderskeie reekse onttrek nie. Daar sal dus volgende jaar slegs 15 spanne aan dié reeks deelneem.

    Wildeklawer se toernooi vind volgende jaar van 29 April tot 2 Mei plaas. Die bepalings moet nog gedoen word.

    Geen span van KwaZulu-Natal sal aan die toernooi deelneem nie. Glenwood sal Suid-Afrika se verteenwoordiger in die jaarlikse Sanix Internasionale toernooi in Japan wees. Dit sal die derde keer wees dat hulle daar deelneem. Paul Roos Gimna­sium het vanjaar in Japan met die louere weggestap.

    Die bepalings is:

    Saterdag, 19 Maart 2015 – 13:00: Kempton Park t. Boland Landbou; 14:30: Waterkloof t. Paarl Gimnasium; 16:00: Garsfontein t. Outeniqua; 17:30: Menlopark t. Stellenberg.

    Dinsdag, 22 Maart 2015 – 14:30: Kempton Park t. Stellenberg; 16:00: Menlopark t. Boland Landbou; 17:30: Waterkloof t. Outeniqua; 19:00: Garsfontein t. Paarl Gimnasium.

  • St. Andrews (Bloem) – 1999

    Results 

    St. Andrews 17,  Noord-Kaap 24
    St. Andrews 48,  Paul Erasmus 5
    St. Andrews 42,  Florida Park 5
    St. Andrews 38,  Zastron 22
    St. Andrews 48,  Dr. Blok 5
    St. Andrews 17,  President Steyn 57
    St. Andrews 48,  Hendrik Potgieter 9
    St. Andrews   3,  St. John’s College 50
    St. Andrews 19,  Brandfort 20
    St. Andrews 76,  Heatherdale 3
    St. Andrews   8,  St. David’s Marist 17
    St. Andrews 22,  St. Alban’s College 12
    St. Andrews 16,  Bryanston 34
    St. Andrews 17,  Kingswood College 28
    St. Andrews   0,  Woodridge College 30
    St. Andrews 34,  Warrenton 7
    St. Andrews 17,  JBM Hertzog 28
    St. Andrews 17,  Dr. Viljoen 3
    St. Andrews 12,  President Steyn 17 (semi-final)

    Players: Frederick Steynburg (captain), Nathan Pearce, Johan Fullard, Bruce Ellender, Henk Appelo, David Allin, JB Steenkamp, Malan Roome, Terrence Zengerink, Phillip Wessels, Thabisho Malekele, Justin Wessels, Gregg Hobson, Gareth Going, Frans Posthumus, John-William Usher, Richard Connan, Napo Moliana. 

    Coaches: Kassie van Kasterop and John Bridger.