SSPN Test Site

Blog

  • Dale College – 2015

    Results 

    Dale College 41,  Port Rex THS 0
    Dale College 27,  Graeme College 0
    Dale College 12,  SACS 22
    Dale College 22,  Westville Boys’ High 10
    Dale College 45,  Kearsney College 26
    Dale College 29,  Queen’s College 19
    Dale College 

  • Stellenberg – 2015

    Results 

    Stellenberg 67,  Parel Vallei 0
    Stellenberg 36,  Porterville 0
    Stellenberg 16,  Vredendal 6
    Stellenberg 35,  Nico Malan 0
    Stellenberg 32,  Weston 5
    Stellenberg 19,  Worcester Gimnasium 18
    Stellenberg 38,  Tygerberg 12
    Stellenberg 22,  Walvis Bay 10
    Stellenberg 33,  Pearson 3
    Stellenberg 86,  Western Cape Sport School 0
    Stellenberg 16,  Outeniqua 22
    Stellenberg 72,  Primrose RFC 0
    Stellenberg 57,  Hottentots-Holland 0
    Stellenberg 29,  Hugenote (Wellington) 13
    Stellenberg 21,  Boland Landbou 17
    Stellenberg 55,  DF Malan 3
    Stellenberg 13,  SACS 18
    Stellenberg 26,  Wellington College (UK) 21
    Stellenberg 12,  Wynberg Boys’ High 13
    Stellenberg 18,  Bellville HS 9
    Stellenberg 25,  Durbanville 0

     

  • Uitslae van die Beeld Noordvaal Trofee se Eindstryde

    Uitslae van die Beeld Noordvaal Trofee se Eindstryde

    Beeld Noordvaal Trofee Logo 250mm

     

    Al die uitslae: 

    Makro 1stes Garsfontein 42 HTS Middelburg 40
    Makro o.16 EG Jansen 26 Waterkloof 18
    Makro o.15 Monument 22 Garsfontein 12
    Makro o.14 Monument 18 EG Jansen 10
    Groot 1stes Helpmekaar 30 Potchefstroom Gimnasium 27
    Groot o.16 Helpmekaar 55 Potchefstroom Gimnasium 24
    Groot o.15 Helpmekaar 24 Potchefstroom Volkskool 22
    Groot o.14 Transvalia 29 Helpmekaar 23
    Medium 1stes Ben Viljoen 32 Piet Potgieter 22
    Medium o.16 Hans Strijdom 41 Vryburg 18 
    Medium o.15 Ellisras 20 Piet Potgieter 10
    Medium o.14 Midstream College 24 Overvaal 0
    Middel 1stes Pretoria THS 17 President 10
    Middel o.16 Carletonville 11 Voortrekker (Boksburg) 8
    Middel o.15 Goudrif 16 Cullinan 12
    Middel o.14 Wolmaransstad 21 Goudrif 17
    Klein 1stes Christiana 20 Morgenzon Landbou 10
    Klein o.17 Koster 43 Curro Roodeplaat 7
    Klein o.15 Koster 22 Komatipoort 8
  • Bere teen die Rooi Bulle vir Beker-glorie

    Bere teen die Rooi Bulle vir Beker-glorie

    Soms word daar in rugby te veel klem op statistieke gelê.

    As daar na die spanlyste van Saterdag se Beeld Noordvaal Trofee se eindstryd vir Makroskole tussen die Hoërskool Garsfontein se Turkoois Bere en die HTS Middelburg se Rooi Bulle gekyk word, sal Garsies met vier nasionale skolespelers wiskundig die gunsteling wees om as kampioen gekroon te word.

    Albei spanne sal egter ná hul dramatiese seges in die doodsnikke van hul onderskeie halfeindstryde teen Monument en EG Jansen weet dat ’n sege net tussen die vier lyne beklink kan word.

    Die Bere se SA Skole-skrumskakel, Embrose Papier, sal soos gewoonlik ’n groot rol in sy span se aanslag speel. Dit is nie net Papier se vernuf op die aanval wat van hom ’n gevaarlike speler maak nie, maar ook die feit dat sy dekverdediging waarskynlik die beste van enige skolespeler in Suid-Afrika is.

    Die flank PJ Toerien het verlede jaar die nasionale skolespan verteenwoordig. Die senter Abner van Reenen en slot PJ Steenkamp het vanjaar die SA Skole A-span gehaal. 

    Dit terwyl slegs twee van die Rooi Bulle se spelers – hul kantmanne, JC Pretorius en Chrisjan Steynberg, goed genoeg geag is om die Pumas op die Cravenweek in Stellenbosch te verteenwoordig. Die Pumas kon vir die tweede
    jaar in ’n ry nie daarin slaag op ’n wedstryd in die toernooi te wen nie.

    Pretorius word in Middelburg as die volgende Kwagga Smith beskou, wat ook ’n oud-leerling van dié skool is. Hy sal volgende week saam met die SA Skole se sewesspan na Samoa vir ’n toernooi vertrek. Pretorius se vennootskap met Steynberg en sy kaptein en agtsteman, Eric Basson, as lostrio is een van HTS Middelburg se sterkpunte. 

    Garsies het vyf spelers in hul geledere wat in die beginspan vir verlede jaar se Beeldtrofee-eindstryd teen die Hoërskool Nelspruit se Rhinos in aksie was. Die Rhinos was met 20-19 baas.

    Die vyf spelers is Shakeel Fredericks, Ruan Henning, JP Wegner, Toerien en Jaco Bezuidenhout. Wegner het sy staal onder druk gewys deur die deurslaggewende strafdoel in die sege van 37-36 oor Monnas met selfvertroue oor te klits.

    Wegner het die afgelope twee jaar reeds 299 punte vir sy skool se eerste span opgestapel. As Garsies se kaptein en slot, Jaco Bezuidenhout, die trofee omhoog hou, sal hy die eerste kaptein
    van sy skool wees wat dít doen.

    HTS Middelburg was nog net een keer, in 1991, die alleenhouer van die beker. Die Rooi Bulle onder leiding van hul agtsteman, Japie Kleynhans, het Menlopark tóé met 18-10 in die eindstryd van die Direkteurstrofee verslaan.

    Gunder Williamson, wat die kampioen se vaskopstut was, het lank eersterangse rugby vir onder meer die Valke, Blou Bulle en Luiperds gespeel.

    Die Rooi Bulle het in 1995 met die eerste Beeldtrofee eindstryd met 24-elk gelykop teen Affies gespeel.
    Die skool was ook in vier eindstryde in 1996, 1997 en 2001 teen Affies en in 2003 teen Waterkloof
    aan die verloorkant.

    MakroEind

  • Jim Fouche – 2005

    Results

    Jim Fouche 32,  Cherries 21

    Players: Cornel Greylng, Bernd Theisinger, Peutie Spoelstra, Andre Malherbe, Reinhard Erwee, Luan Fouche, JJ Fourie, Jean van Zyl (captain), Ruan Lombard, Joe Malherbe, Marnus Briedenhann, Stefan Kleynhans, JP Strydom, Carlo Greyling Werner Swarts and Jaco Lotter.

  • Jim Fouche – 2006

    Results

    Jim Fouche 24,  AHS Kroonstad 12
    Jim Fouche 34,  Harmony Sportacademy 14
    Jim Fouche 17,  Noord Kaap 6
    Jim Fouche 19,  EG Jansen 17
    Jim Fouche   7,  Outeniqua High 15
    Jim Fouche 19,  Eldoraigne 13
    Jim Fouche   5,  Grey College 5
    Jim Fouche 43,  Sentraal 12
    Jim Fouche 55,  Sand du Plessis 7
    Jim Fouche   6,  Cherries 17
    Jim Fouche 40,  Brandwag (Eastern Province) 10
    Jim Fouche 38,  Fichardtpark 7
    Jim Fouche 14,  Cherries 16
    Jim Fouche 55,  Riebeeckstad 0
    Jim Fouche 17,  Brandfort 7

    Players: Ruan Jacobs, AJ Coertzen, Werner Pretorius, Pedri van Wyk, Ruan Lombaard, Andre Malherbe, Erlank Kukkuk, Werner Swarts, Carl Drotsche, Reinhard Erwee, Cornel van der Walt, FP Coetzee and Johan Wentzel.

  • Jim Fouche – 2008

    Results

    Jim Fouché 26,  Harmony Sportacademy 31
    Jim Fouché 12,  Kemptonpark 18
    Jim Fouché 13,  Framesby 11
    Jim Fouché   9,  Boland Landbou 12
    Jim Fouché 71,  Transvalia 10
    Jim Fouché 17,  AHS Kroonstad 14
    Jim Fouché 27,  Paarl Boys’ High 21
    Jim Fouché 10,  Grey College 61
    Jim Fouché 29,  Cherries 24
    Jim Fouché 10,  Marlow Landbou 45
    Jim Fouche 62,  Sentraal 14
    Jim Fouche 15,  Centurion 15
    Jim Fouché 27,  Upington 34
    Jim Fouché 42,  Sentraal 7
    Jim Fouché 23,  Landboudal 14
    Jim Fouché 38,  Harmony Sportacademy 41

    Players: HB Steyn, Tokkie Holtzhausen, Roelof Botha (captain), Martin van der Heever, Rehan Delport, Riaan Duvenhage, HB Steyn, Stefan Loedolff, Jamba Ulenga, Petri Coetzee, Johan Venter, Bennie Pretorius, Kulu Heroldt and Louis Fourie.

    Coaches: Hein van der Walt and Johan van Zyl.

  • President (Gauteng) – 2015

    Results 

    President 17,  Carletonville 20
    President 14,  Alberton High 10
    President 36,  Allen Glen 24
    President 22,  Goudrif 7
    President 39,  Nic Diedericks THS 5
    President 25,  Roodepoort 10
    President 17,  Carletonville 10
    President 19,  Alberton High 5
    President 38,  Evander 5
    President 25,  Parys 14

    Players: Juandre Mare, Brendon Gordon, Donovan du Toit, Dean McGeer, Kenny Weimers, Albie van Niekerk, Mandla Shabalala, Thami Mbhele, Ridhaa Harmen, Ntokozo Tshabalala, Timothy Bitterbosch, Chesney Jaftha, Calvin Haak, Siyabonga Hlatswayo, Ntuthuko Nkumane, Morena Khomane, Marc Lehman, Norman Sithole, Raymond Jacobs, Kyle Hawthorn, Ayanda Mhlola, Emmanuel Pietersen, Gerswin Okoh, Sanele Zwane.

    Coaches: Johan Fourie and Hein Benadie.  

  • School Profile – President (Gauteng)

    School Profile – President (Gauteng)

    President Founded: 1967
    Motto: Seek and Build
    Website: www.hspresident.co.za
    Teams: 2015.

    President High School was founded in 1967 in the South of Johannesburg after the influx of Afrikaans speaking people to the City of Gold. The local Afrikaans school, Die Fakkel, became too small which saw a new school see the light. It was named President in 1969.

  • Garsies en Rooi Bulle pak mekaar in Beeldtrofee eindstryd

    Garsies en Rooi Bulle pak mekaar in Beeldtrofee eindstryd

     

    NewsG Garsfontein10Lanklaas is albei dié halfeindstryde van die Beeld Noordvaal Trofee vir Makroskole op so ‘n dramatiese manier soos gister beslis. HTS Middelburg en Hoërskool Garsfontein het albei ‘n afspraak met mekaar in vanjaar se eindstryd bespreek terwyl die vet dame reeds besig was om haar stem op te warm.

    HTS Middelburg se Rooi Bulle het in Boksburg vir EG Jansen met 43-41 geklop danksy twee drieë in die laaste minuut van die kragmeting. Die Rooi Bulle het egter in wittruie gespeel wat hulle inderhaas Maandag moes bestel om nie met EG Jansen se trui te bots nie.

    Met slegs ‘n minuut oor op die skeidsregter, Jaco Pretorius, se horlosie het die vleuel, Zander Joubert, gaan druk. Dié drie is deur die losskakel, Brandon Par-Bailey, verdoel om die telling tot 41-36 in die tuisspan se guns te bring. Die beweging na die afskop was die laaste van die wedstryd en die Rooi Bulle se agtsteman en kaptein, Eric Basson, het sy driekuns voltooi om die wedstryd vir sy span te beklink.

    EG Jansen het op ‘n stadium ‘n stewige voorsprong van 34-14 geniet. Die eindstryd sal HTS Middelburg se sewende in die geskiedenis van die kompetisie wees. Interresant is dat hy in al sy vorige eindstryde ook teen spanne van Pretoria kragte gemeet het.

    Min mense sou hulle geld daarop verwed dat Garsfontein in vanjaar se eindstryd sou wees, na Monnas ‘n meer as stewige voorsprong in van 36-10 opgebou het.

    Garsies se binnesenter, JP Wegner, het met speeltyd reeds verstreke ‘n strafdoel sekuur tussen deur die pale gejaag om aan sy span ‘n naelskraapse sege van 37-36 te besorg.

    Die terugvegpoging is deur die SA Skole-skrumskakel, Embrose Papier, in die laaste tien minute aangevuur. Garsies het vier drieë, twee elk deur sy senter Abner van Reenen en plaasvervanger-vleuel Clayton Africa, in die tydperk gaan druk om die sege moontlik te maak.

    Die span van Krugersdorp het spel in die grootste gedeelte van die wedstryd oorheers. Die span van sy senior-spelers soos die agtsteman, Len Massyn, haker en kaptein Justin Brandon en losskakel, Xander Kruger, afgehaal om hulle vir ‘n moontlike eindstryd te spaar.

    Dit sal Garsies se tweede verskyning in die eindstryd wees, na hulle verlede jaar teen die Hoërskool Nelspruit met 20-19 in die eindstryd vasgeval het.

    Puntemakers:

    HTS Middelburg 43 (7) – Driee: Eric Basson (3), Ruan Ludick, Johandre Olckers, Ryan Cloete, Zander Joubert. Doelskoppe: Brandon Par-Bailey (4). EG Jansen 41 (15) – Driee: Dillon Robus, Irvin Ali, Brandon Swartz, Warren Brits, Edwin Jansen, Erich Cronje, Rouxbann Baumann. Doelskoppe: Xander Crause (3). 

    Garsfontein 37 (10) – Driee: Abner van Reenen (2), Clayton Africa (2), Luke Fortuin. Doelskoppe: JP Wegner (2), Embrose Papier. Strafdoele: Wegner (2). Monument 36 (26) – Driee: Nathan McBeth, Xander Kruger, Len Massyn, Franco Tiedt, Ivan Smit. Doelskoppe: Kruger (4). Skepdoel: Kruger.