SSPN Test Site

Blog

  • Die span wat Mediumskole-kroon wil dra moet eers verby Vryburg kom

    Die span wat Mediumskole-kroon wil dra moet eers verby Vryburg kom

    Beeld Noordvaal Trofee Logo 250mmDie span wat as kampioen van die mediumskole in die Beeld Noordvaal Trofee gekroon wil word, sal eers verby die verdedigende kampioen, die Hoërskool Vryburg, moet kom.

    Die verdedigende kampioen het sy uitspeelwedstryd Saterdag in Pretoria teen Die Wilgers gemaklik met 32-7 gewen. Stoffberg van Brakpan sal in die kwarteindronde op sy tuisveld probeer om vir Vryburg te stuit.

    Vryburg se skitterende heelagter, Francois Pelser, was weer op sy stukke. Hy het twee bewegings vanuit die laaste vesting afgerond.

    Brandwag van Benoni het net buite Magaliesburg vir Bekker met 26-17 verslaan. Die span se losskakel, Martin Steyn, het twee keer oor die doellyn geduik om sy getal drieë vir dié seisoen na 20 op te stoot.

    Die sege is egter deur die lostrio Jamie Erasmus, Ruan Vermeulen en Mardo Botha bewerkstellig. Hulle inklimspel het aan Steyn die nodige ruimte verskaf.

    Bekker se agtsteman en kaptein, Dirk Erlank, was op die dag sy span se beste speler. Brandwag sal Saterdag na Groblersdal moet reis waar die Limpopo kampioen, Ben Viljoen, op hom wag.

    Piet Potgieter was op sy tuisveld in Potgietersrus met 48-29 oor Penryn College baas. Die span se vleuel Collin Steyn het met sy lopies langs die kantlyn af beindruk.

    Die wenspan se heelagter, Marnus Uys, het ook ’n goeie wedstryd beleef. Hy het een van sy span se sewe drieë gedruk waarvan hy vyf verdoel het en ook ’n strafdoel sekuur tussen deur die pale gestuur het.

    Die span van Potgieterus sal in die kwarteindronde teen die Leeus se kampioen, Trinityhouse, te staan kom.

    Hoërskool Brits het tot die kwarteindronde deurgedring deur vir Oosterland van Secunda met 24-10 te verslaan. Petrus Ramolotsi het albei Oosterland se drieë gedruk. Die wenspan sal nou na Pretoria vir sy ontmoeting in die kwarteindstryd teen Midstream College reis.

    Puntemakers: 

    Brandwag (Benoni) 26 – Drieë: Martin Steyn (2), Mardo Botha, Corné van der Linde. Doelskoppe: Van der Linde (3). Bekker 17 – Drieë: 

    Vryburg 32 – Drieë: Francois Pelser (2), Gert Jonker, Joe van Huysteen, Billy Venter. Doelskoppe: André Kock (2). Strafdoel: Kok. Die Wilgers 7 – Drie: Emmanuel Mapalakanye. Doelskop: Chad Sias.

  • Helpies en Potch Gimmies bult spiere in Grootskole-afdeling

    Helpies en Potch Gimmies bult spiere in Grootskole-afdeling

    Beeld Noordvaal Trofee Logo 250mmDie eerste rugbyspan van Helpmekaar-kollege het nie op al sy silinders teen Hugenote van Springs gevuur nie, maar kon steeds met die telling op 34-18 in sy guns van die veld stap.

    Helpmekaar se losskakel, Justin Taylor, was wel op sy stukke. Sy balverspreiding en oog vir ’n gaping het die grootste rol in sy span se sege gehad.

    Sy verspreiding was die grootste rede hoekom die vleuel Mel Mathieson soveel ruimte op die punt gehad het om mee te werk. Mathieson het in die eerste drie minute van die kragmeting deurgedraf, maar die skeidsregter het die drie teruggetrek na sy vlagman ongeoorloofde spel by die voorafgaande lynstaan raakgesien het.

    Hugenote se losskakel, Lenus Wilkinson, het met dié strafdoel wat sy span toe gekry het van net binne sy eie halfgebied 15 meter vanaf die kantlyn geslaag. Wilkinson beskik oor ’n gemaklike skopstyl.

    Buiten Taylor het Helpies se senterpaar, Zandré Kruger en Keegan Hamman, deurgans vra met hulle hardlooplyne aan Hugenote se verdediging gevra.

    Helpmekaar se lynstane was ook onder druk met veral Hugenote se slot, Gustav Brits, wat hier probleme vir die tuisspan besorg het. Helpmekaar pak die Hoërskool Pietersburg in Polokwane in die kwarteindronde.

    Potchefstroom Gimnasium wat ook een van die vroë gunstelinge is, het sy spiere met ’n sege van 39-7 oor Overkruin gebult. Die span se heelagter, Jaswyn Damon, het boonop sy gewoontlik betroubare skopskoen by die huis vergeet. Hy het egter steeds op die aanval uitstekend vertoon.

    Gimmies se slot, Gwampie van der Berg, was woelig in die vastelos. Hy het elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeklem het etlike meters ver veld gewen.

    Die span van Potchefstroom kom Saterdag in die kwarteindronde teen Heidelberg Volkskool te staan.

    Die verdedigende kampioen, die Hoërskool Klerksdorp, se flank Phillip Barlow-Jones was aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 24-18 oor Piet Retief. Die wenspan het teen rustyd reeds met 17-10 voorgeloop.

    Die senter Michael Steinberg mag ook maar vandag breëbors oor sy vertoning rondloop.
    Klerksdorp sal in die kwarteindronde verby ’n omgekrapte Oos-Moot moet kom indien hy tot die halfeindronde wil deurdring.

    Ben Vorster was op sy tuisveld in Tzaneen in ’n klipharde tweestryd met Secunda met 25-25 bo. Die span sal weer op sy tuisveld Saterdag vir die Hoërskool Randburg van Johannesburg in die kwarteinronde wag.

  • Western Cape School Rugby Results – 1 August 2015

    Paul Roos Gimnasium’s SA Schools winger, Nico Leonard, celebrated his 18th birthday on Saturday with a hat-trick of tries in his side’s 39-29 victory over Bishops. Leonard’s first try was also his 50th in the Maroon-jersey. Leonard will join the South African Schools’ side this week and only will join back with the team from the Eikestad in time for the annual clash against Grey College. 

    Rondebosch Boys’ High’s centre, Zain Davids, scored a hat-trick of tries as his school secured a more than comfortable 69-7 victory over Bellville. Davids represented Western Province as a flanker at the Coca-Cola Craven Week in Stellenbosch earlier. He also made the SA Schools A-side as a loose forward. 

    Scorers: 

    Paul Roos Gimnasium 39 (21) – Tries: Nico Leonard (3), Malan Basson, Damian Willemse, Kristoff Baard. Penalties: Baard (2), Troy Payne. Diocesan College 29 (15) – Tries: Brandon Salomo, William Day, André Manuel, Tristan Leyds. Conversions: Cornel Smit (3). Penalty: Smit.

    Boland Landbou 47 (33) – Tries: Heinrich Brendel (2), Luke Philander, Janlu Steenkamp, Henlo Marais, Bertus Smith, Jondré Williams. Conversions: Williams (6). Wynberg Boys’ High 14 (0) – Tries: Callum Steyn, Labeeb Kannemeyer. Conversions: Daniel Jamieson (2).

    Rondebosch Boys’ High 69 (34) – Tries: Zain Davids (3), Byron Bowes (2), Rory Thomson, Imraan Andrews, Garth Shenker, Nic Potgieter, Leo Figueira. Conversions: Yaseen Jacobs (8). Penalty: Jacobs. Bellville HS 7 (7) – Try: Alec Heydenrych. Conversion: Marco Viljoen.

    SACS 18 (3) – Tries: Dylan Hadzigrigoriou, Sihle Lonzi. Conversion: Jordan Chait. Penalties: Chait (2). Stellenberg 13 (10) – Try: Nick Potgieter. Conversion: Schalk Carstens. Penalties: Carstens (2).

    Tygerberg 43 (19) – Tries: Jean Burke (3), Tiaan Henecke, Heinrich Kroon, Uwe Geissler. Conversions: Marco Stassen (2), Henecke (3). Penalty: Henecke. Swartland 17 (17) – Try: Antonio Muller. Penalties: Anton du Toit (4).

    Durbanville 18 (3) – Tries: Rowan Wolmarans, Phillip Jacobs. Conversion: Emce van der Walt. Penalties: Van der Walt (2). Brackenfell 17 (10) – Tries: Erick Oosthuizen, Renuldo Scotts. Conversions: Branden de Kock (2). Penalty: De Kock.

    Strand 43 (14) – Tries: Malan Barnard (2), Micael Fourie, Lourens Smart, Jandré Koekemoer, Zade Williams, Amier Oliver. Conversions: Oliver (4). De Kuilen 5 (0) – Try: Marcel Roux.

    Monumentpark 21 (10) – Tries: Muré Pickard, Alistair Mumba. Conversions: Pickard. Penalties: Pickard (2), MJ Kellerman. DF Malan 21 (7) – Tries: Wian Nimb, WD Potgieter, J. Blaauw. Conversions: Bertro Swartz (3).

    Hermanus 37 (11) – Tries: Kayno Temmers (2), Joel Fisher, Glenwill Mahoney, Arno Haarhoff. Conversions: Temmers (3). Penalties: Temmers (2). Hottentots-Holland 20 (8) – Tries: Lynn-Jay Hendricks, Zuko Katase, Robin Coetzee. Conversion: Marvin Fredericks. Penalty: Keenan Brinkhuis.

    President 32 (17) – Tries: Gideon Louw, Jay-Jay de Jager, Corné Diedericks, JP Cambell. Conversions: Divan Snyman (3). Penalties: Snyman (2). JG Meiring 13 (3) – Try: Penalty Try. Conversion: Hlomelo Nigidi. Penalties: Marcellino Hanson (2).

    Other Results:

    u19A: HS Tygerberg 80, Hottentots-Holland 0; Fairbairn 8, HTS Bellville 62; Bosmansdam 17, Tygerberg-klub 12; Fairmont 24, Kampsbaai 8; Table View 18, Parklands 13; Westerford 6, Somerset-kollege 38; Malibu 20, Excelsior 10.

    u19B: Paul Roos 42, Bishops 5; Landbouskool Boland 50, Wynberg 0; Rondebosch 52, Bellville 7; Stellenberg 24, SACS 5; HS Tygerberg 15, Swartland 8; Durbanville 22, Brackenfell 27; De Kuilen 21, Strand 26; Monumentpark 10, D.F.Malan 14; HHH 19, Hermanus 29; President 24, J.G.Meiring 0; HS Tygerberg 38, HHH 9; Fairbairn 3, HTS Bellville 60; Bosmansdam 7, Tygerberg-klub 15; Fairmont 12, Kampsbaai 19; Westerford 14, Somerset-kollege 10;

    u16A: Paul Roos 46, Bishops 12; Landbouskool Boland 9, Wynberg 7; Rondebosch 17, HS Bellville 5; Stellenberg 51, SACS 14; HS Tygerberg 12, Swartland 5; Durbanville 12, Brackenfell 62; De Kuilen 7, Strand 8; Monumentpark 10, D.F.Malan 12; HHH 0, Hermanus 24; President 10, J.G.Meiring 24; HS Tygerberg 29, HHH 10; Fairbairn 3, HTS Bellville 29; Bosmansdam 12, Tygerberg-klub 10; Fairmont 38, Kampsbaai 7; Table View 19, Parklands 12; Westerford 5, Somerse-kollege 0; Malibu 0, Excelsior 12.

    u15A: Paul Roos 29, Bishops 0; Landbouskool Boland 6, Wynberg 6; Rondebosch 12, HS Bellville 17; Stellenberg 8, SACS 18; HS Tygerberg 7, Swartland 10; Durbanville 6, Brackenfell 11; De Kuilen 17, Strand 26; Monumentpark 8, D.F.Malan 47; HHH 5, Hermanus 38; President 10, J.G.Meiring 10; HS Tygerberg 31, HHH 0; Fairbairn 0, HTS Bellville 19; Bosmansdam 8, Tygerberg-klub 29; Fairmont 33, Kampsbaai 31; Table View 7, Parklands 12; Westerford 20, Somerset-kollege 7; Malibu 17, Excelsior 0.

    u14A: Paul Roos 73, Bishops 0; Landbouskool Boland 14, Wynberg 12; Rondebosch 22, HS Bellville 14; Stellenberg 6, SACS 6; HS Tygerberg 12, Swartland 12; Durbanville 64, Brackenfell 0; De Kuilen 7, Strand 43; Monumentpark 0, D.F.Malan 22; HHH 26, Hermanus 43; President 5, J.G.Meiring 0; HS Tygerberg 31, HHH 12; Fairbairn 33, HTS Bellville 0; Bosmansdam 10, Tygerberg-klub 5; Fairmont 41, Kampsbaai 14; Table View 5, Parklands 37; Westerford 33, Somerset-kollege 10; Malibu 14, Excelsior 22.

    BOLAND

    Worcester Gimnasium 110 (49) – Tries: Pieter Swart (5), Ethan Setera (3), Charl Schoeman (2), Julian Lodewyk (2), Denver Prins (2), Gustav September, Adriaan van der Bank. Conversions: Van der Bank (15). Vredenburg 0.

    Montagu 24 (12) – Tries: Charl-Hein January (3), Brendon Swanepoel. Conversions: January (2). Langenhoven 10 (3) – Try: Marciano Botha. Conversion: Byron Esau. Penalty: Esau.

    Charlie Hofmeyr 57 – Tries: Wynand du Toit (2), Jason Esterhuizen (2), Ayoob van Wyk, Howard Jacobs, McNeil Schuurman, Ruan Visagie, Geenan Weitz. Conversions: Du Toit (6). Bredasdorp 3 – Penalty: John Snyders.

    Overberg 45 (19) – Tries: Stephan Fourie (2), Duncan Adams (2), Bradley Marthinus, Deuston Oliver, Avron Fredericks. Conversions: Oliver (5). Robertson 25 (3).

    Labori 52 – Tries: Christiaan Smit (2), Shane Bezuidenhout (2), Francois Adendorff, Brandon Poole, Francois van Zyl. Conversions: Bezuidenhout (7). Drop Goal: Bezuidenhout. Parow 0.

    Other Results:

    u19A: HS Swartland 29, New Orleans 14; Schoonspruit 13, Klein Nederburg 7; Worcester Gim 62, Hutchesons Grammar (Engeland) 5; Bredasdorp 10, Belfast Royal Academy (Ierland) 26; Paulus Joubert 13, Labori 20; Hexvallei 0, Montana 13; Schoonspruit 20, Landbougimnasium Augsburg 21; Montana 25, Parel Vallei 19; Piketberg 29, Dirkie Uys 22; Bonnievale 24, HS Stellenbosch 33; Vredendal 13, Lutzville 5; Porterville 29, Cedarberg Akademie 12; Montana 19, Ashton 0.

    u19B: Worcester Gim 60, Vredenburg 0; Montagu 10, Langenhoven 6; Robertson 7, Overberg 26; Montana 12, Ashton 0.

    u16A: Robertson 10, Overberg 3; Montana 36, Ashton 5.

    u15A: Worcester Gim 11, Vredenburg 7; Montagu 17, Langenhoven 15; Robertson 10, Overberg 15; Montana 38, Ashton 0.

    u14A: Worcester Gim 41, Vredenburg 0.

    SWD 

    Oakdale Landbou 51 (25) – Tries: Nicolus van Eeden (2), Darren Adonis, Boeta Hamman, Hanno Olivier, Bertie de Bod, Daniël Victor, Alexander Wallace. Conversions: Adonis (4). Penalty: Adonis. Marlow Landbou 15 (3) – Tries: Stephan Botes, Renier Pretorius. Conversion: Gerhard Potgieter. Penalty: Potgieter.

    Other results:

    u19B: Marlow 21, Oakdale 21.

    u16A: Marlow 19, Oakdale 14.

    u15A: Marlow0, Oakdale 22.

    u14A: Marlow 0, Oakdale 59.

  • Eldoraigne verras teen Kempies

    Eldoraigne verras teen Kempies

    Al vier die Blou Bulle se Makroskole wat vir die Beeld Noordvaal Trofee gekwalifiseer het, sal in die kwarteindronde van die reeks in aksie wees.

    Eldoraigne het op sy tuisveld in Pretoria vir die grootste verrassing gesorg toe hy vir Kempton Park in hulle uitspeelwedstryd met 20-14 die loef afgesteek het. Dit was ‘n klipharde stryd waarin die uitslag enige kan toe kon gaan. Die tuisspan het net beter afgerond, wat aan hom die sege besorg het.

    Menlopark was in ‘n wipplankstryd teen Marais Viljoen met 37-30 baas. Die span van die Jakarandastad se SA Skole-heelagter, Andell Loubser, was op sy stukke. Hy het 22 van sy span se punte aangeteken wat twee drieë ingesluit het. Hy sal egter nie weens sy verpligtinge by die nasionale skolespan vir sy skoolspan se kwarteindstryd teen HTS Middelburg beskikbaar wees nie.

    Helpmekaar-kollege het vroeg in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel om Hugenote van Springs met 34-18 in ‘n uitspeelwedstryd vir Grootskole in die Beeld Noordvaal Trofee te klop. Hugenote het vir Helpies probleme in die eerste helfte besorg en veral die losskakel, Lenus Wilkinson, se skopskoen was ‘n doring in hulle vlees.

    Helpies se vleuel Mel Mathieson en losskakel, Justin Taylor, het skitterend vir die wenspan vertoon. Potchefstroom-Gimnasium, die Hoërskool Klerksdorp en Ben Vorster Tzaneen het ook met seges hulle plek in die kwarteindronde van die reeks bespreek.

    Die drieevraat, Xolisa Guma, het op die beste moontlike wyse vir die Suid-Afrikaanse Skole-keurders tong uitgesteek. Hy het ‘n driekuns aan driee in sy skoolspan, Maritzburg College, se oortuigende sege van 55-6 oor Pretoria Boys’ High behaal. 

    In Bloemfontein het Grey-kollege sy onoorwonne status op sy tuisveld teen Grey PE behou deur met die telling op 34-22 as oorwinnaars van die veld te stap. Die span se haastige vleuel, Johan van der Walt, het twee keer in vyf minute gaan druk om die sege te beklink.

    Welkom-Gimnasium het op alle silinders in sy ENB Classic Clash teen Goudveld-Hoërskool gevuur om oortuigend met 66-6 te wen. Gimmies het 13 spelers tot die Griffons se Cravenweek-span bygedra, terwyl Gouties nie een speler in die span gehad het nie.

    Die wenspan het ook hiermee die rondomtalie-afdeling van die Griffon-liga onoorwonne afgesluit. Die span gaan nie maklik uit vanjaar se Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) gehou word nie. 

    Hoërskool Kroonstad se groep seuns wat drie jaar terug reeds in die diepkant ingegooi is, het hulle skolerugby-loopbane heel gepas vir hulle diens gelewer op ‘n hoë noot afgesluit. Blouskool was met 43-3 oor HTS Welkom baas.

    Wilgerivier van Frankfort het Harrismith se hart gebreek deur met 20-12 in die eindstryd van die Oos-Vrystaat koning te kraai. Harrismith was laas in 1988 kampioen van die Riemland, terwyl Wilgerivier nou vyf titels op ‘n streep verower het.

    Bothaville het ook die bordjies teen Hennenman in die eindstryd van die Sandveld-liga met ‘n sege van 24-6 verhang. Die kampioen het in albei sy kragmetings vroeër vanjaar teen Hennenman die knie gebuig.

     

  • Paarl Gim sluk eerste keer in ses jaar ‘n galpil

    Paarl Gimnasium moes gister – die eerste keer in ses jaar – ’n galpil sluk in die grootste interskole-kragmeting ter wêreld . . . 

    Gimmies is in die Faurestraat-stadion met 16-10 deur die Hoër Jongenskool Paarl kafgedraf. Die wenspan staan onder aanhangers ook as Boishaai of die Galpille bekend.

    Gimmies het – met speeltyd reeds vertreke – verbete aangeval, maar kon net nie deur Boishaai se verdediging bars nie. “Ons is teleurgesteld. Dit is ’n moeilike een om te sluk, maar dit is deel van die spel. Alle krediet aan Boishaai,” het Paarl Gimnasium se kaptein en Suid-Afrikaanse skoleslot, Ernst van Rhyn, ná die wedstryd gesê. 

    Toe Boishaai die laaste keer in 2009 met 24-12 koning gekraai het, was die Springbok-stut Frans Malherbe sy kaptein. Die span van 2015 is nog nie vanjaar op die rugbyveld ore aangesit nie en daar word reeds in die Paarl gefluister dat dié vyftiental een van die beste in die geskiedenis van die skool kan word. Daar is egter nog ’n steil pad om te stap voordat hy die seisoen onoorwonne sal afsluit.

    Gister was die skopskoen van die heelagter Jean-Luc Cilliers deurslaggewend in Boishaai se oorwinning. Die eerste helfte het aan Cilliers-hulle behoort, terwyl Gimmies ná die omdraaislag grootliks die oorhand gehad het. Die wenspan se agtsteman, Khanya Ncusane, was ook uitmuntend – soos sy afstormdrie vroeg in die wedstryd getuig het.

    Elders het Paul Roos Gimnasium se pronkvleuel Nico Leonard sy 18de verjaarsdag met ’n spesiale mylpaal gevier in sy skool se sege van 39-29 oor Bishops. Leonard het twee keer agter die doellyn gaan kuier en sy eerste drie was boonop sy 50ste in die maroentrui.

    Net buite Cradock het Oakdale Landbou se Wit Bulle die sesde jaar in ’n ry Marlow Landbou in ’n Classic Clash verslaan. Die Wit Bulle het met 51-15 gewen, nadat hulle teen die rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 25-3 opgebou het.

    Nog ’n span uit die Suidwestelike Distrikte, die Hoërskool Outeniqua van George, was in Port Elizabeth met 50-29 te sterk vir Framesby. Dié span se Suid-Afrikaanse skolesenter, Manie Libbok, was die groot uitblinker.

    Terselfdertyd het Worces­ter Gimnasium sy tweede wegholsege van die week behaal, deur Vredenburg met 110-0 te slag. Heelagter Pieter Swart het vyf keer afgerond. Sy losskakel, Adriaan van der Bank, het niks minder nie as 35 punte in dié wedstryd aangeteken. Hy het ’n drie gaan druk en 15 van sy span se 16 drieë gedoel.
    Worcester het Woensdag ook die Engelse toerspan van Hutchesons Grammar met 62-5 afgestof.

    Rondebosch Boys’ High se skitterende flank Zain Davids het ’n driekuns aan drieë in sy span se oortuigende oorwinning van 69-7 oor die Hoërskool Bellville behaal.

  • Beeld Noordvaal Trofee Uitslae – 1 Augustus 2015

    Beeld Noordvaal Trofee Uitslae – 1 Augustus 2015

    Beeld Noordvaal Trofee Logo 250mmDie Beeld Noordvaal Trofee se uitspeelwedstryde het die naweek afgeskop. Spanne wat in die uitspeelwedstryde koning gekraai het, het vir hulself plekke in die kwarteinrondes bespreek wat volgende Saterdag beslis sal word. 

    Die kompetisie is die oudste in die land en daar word reeds sedert 1920 om die gesogte titel meegeding. Dit het voorheen ook as die Administrateurs-, Direkteurs- en Beeld-trofee bekend gestaan. 

    Die Hoërskool Menlopark het in ‘n wipplank-stryd vir Marais Viljoen van Alberton op sy tuisveld in die Ooste van Pretoria met 37-30 geklop om ‘n afspraak met HTS Middelburg in die kwarteindronde te bespreek. Eldoraigne het vir ‘n verrassing gesorg deur op sy tuisveld vir Kemptonpark met 20-14 die loef af te steek. Die span van die Jakarandastad sal volgende Saterdag gasheer vir Monument van Krugersdorp in die kwarteindronde vir Makroskole speel. 

    Al die uitslae:

    Makro 1stes Menlopark 37 Marais Viljoen 30
    Makro 1stes Eldoraigne 20 Kemptonpark 14
    Makro o.16 Garsfontein 22 Vereeniging-Gimnasium 13
    Makro o.16 Eldoraigne 27 Rustenburg 10
    Makro o.15 Noordheuwel 27 Waterkloof 17
    Makro o.15 Kemptonpark 10* Montana 10
    Makro o.14 Waterkloof 15 Florida 8
    Makro o.14 Kemptonpark 29 Zwartkop 12
    Groot 1stes Klerksdorp 24 Piet Retief 18
    Groot 1stes Helpmekaar 34 Hugenote (Springs) 18
    Groot 1stes Ben Vorster 25 Secunda 15
    Groot 1stes Potchefstroom Gimnasium 39 Overkruin 7
    Groot o.16 Helpmekaar 62 Hugenote (Springs) 25
    Groot o.16 Potchefstroom Gimnasium 40 Hoërskool Tuine 6
    Groot o.16 Klerksdorp 31 Hoogenhout 29
    Groot o.16 Ben Vorster 36 Ligbron 8
    Groot o.15 Helpmekaar 21 Hugenote (Springs) 17
    Groot o.15        
    Groot o.15 Frikkie Meyer 23 Ligbron 5
    Groot o.15 Potchefstroom Gimnasium 19 Piet Retief 13
    Groot o.14 Klerksdorp 31 Pretoria-Noord 17
    Groot o.14 Helpmekaar 77 Potchefstroom Volkskool 5
    Groot o.14 Ben Vorster 34 Secunda 12
    Groot o.14 Generaal Hertzog 22 Potchefstroom Volkskool 12
    Medium 1stes Brandwag (Benoni) 26 Bekker 17
    Medium 1stes Vryburg 32 Die Wilgers 7
    Medium 1stes Piet Potgieter 48 Penryn College 29
    Medium 1stes Brits 24 Oosterland 10
    Medium o.16 Trinityhouse 15 Bekker 12
    Medium o.16 Ellisras 39 Lowveld High
    Medium o.16 Vryburg 17 Die Wilgers 7
    Medium o.16        
    Medium o.15 Schoonspruit 20 Die Wilgers 15 
    Medium o.15        
    Medium o.15 Fochville 13 Carel de Wet 12
    Medium o.15 Piet Potgieter 53 Bergvlam 0
    Medium o.14 Die Wilgers 38 Bergsig 10
    Medium o.14        
    Medium o.14 Nylstroom 17 Oosterland 7
    Medium o.14 Brandwag (Benoni) 21 Bekker 15
    Middel 1stes Schweizer-Reneke 36 Steelcrest 8
    Middel 1stes Evander 15 Northern Academy 5
    Middel 1stes Zeerust 34 Hercules 15
    Middel 1stes Belvedere 17 Carletonville 9
    Middel o.16 President 27 Voortrekker (Boksburg) 22
    Middel o.16 Eric Louw 15 Steelcrest 13 
    Middel o.16 Zeerust 28 Cullinan 12
    Middel o.16 Wolmaransstad gaan deur na Evander onttrek
    Middel o.15 Cullinan 18 Zeerust 17
    Middel o.15 Steelcrest 5* Warmbad 5
    Middel o.15 Goudrif 21 Belvedere 14
    Middel o.15 Patriot gaan deur na Wolmaransstad onttrek
    Middel o.14 Zeerust 43 Steelcrest 0
    Middel o.14 Goudrif 57 Die Ankerskool 0
    Middel o.14 Evander gaan deur – geen teenstanders   
    Middel o.14 Wolmaransstad gaan deur na Lyttleton Manor onttrek
    Klein 1stes Koster 101 Carolina Akademie 0
    Klein 1stes Stanford Lake College 40 Balfour 10
    Klein  o.17 Orkney 24 Komatipoort 12
    Klein  o.15 Balfour 13 Stanford Lake College 12
    Klein o.15 Swartruggens 27# Morgenson Landbou 27

    *Spanne gaan deur omdat hulle eerste drie in wedstryd gedruk het. 

    # Daar is ‘n dispuut oor wie die meeste drieë tussen Swartruggens en Morgenson Landbou gedruk het, dit sal Maandag uitgeklaar word. 

  • Plafon-bedrag nodig vir skolespelers

    Die Suid-Afrikaanse rugbymark gaan eersdaags nog verder onder skoot kom.
     
    En ek praat nie van die druk wat oorsese klubs met hul sterker ponde, euros en jens op die mark plaas nie.
     
    Dit is die unies wat besig is om hulself in die voet te skiet. Verskeie unies het vanjaar behoorlik hul tjekboeke die praatwerk laat doen in ’n poging om talentvolle skolespelers te lok.
     
    Geen skolespeler is al ooit so gejaag en met sulke reuse-bedrae genader soos die losskakel van Grey PE en die Oostelike Provinsie, Curwin Bosch, nie. Hy is deur vier unies kontrakte aangebied wat meer as R300 000 per jaar beloop, met minstens twee daarvan selfs meer as R600 000.
     
    Die Sharks, die Blou Bulle, Cheetahs én die Kings wou hom graag hê.
     
    Geen woord is nog gerep oor waar hy sy rugby voortaan gaan speel nie.
     
    Die ysterflank van Griekwas-platteland en die Hoërskool Upington, Cobus Wiese, gaan ook glo sy rugbyloopbaan vir R300 000 in die Westelike Provinsie voortsit.
     
    Dié probleem hiermee is dat senior professionele spelers nou sal voel hulle is ook meer werd as wat hulle op die oomblik verdien.
     
    Dit kan die rugbymark in die land ’n reuse-knou gee.
     
    Dit kan ook veroorsaak dat nog meer gevestigde senior spelers eerder hul heil in die buiteland sal gaan soek.
     
    Dit het dalk tyd geword dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ’n plafonbedrag bepaal vir die werwing van veral skolespelers.
     
    Bosch sal byvoorbeeld in sy eerste maand as beroepspeler meer verdien as waarna die meeste gegradueerde mense in Suid-Afrika kan uitsien.
     
    Die huidige stelsel laat ook nie veel ruimte vir spelers wat dalk later ontwikkel nie.
     
    Saru se beamptes maak jaarliks by die onthale op nasionale skoletoernooie melding van die belangrike rol wat skolerugby en veral die onderwysers wat dit bestuur in die sukses van die Springbokke speel. Dit is hoogtyd dat hulle dié produk van die begin af beskerm.
     
    Nog ’n probleem met die kontraktering van skolespelers, is die feit dat agente eers kommissie verdien as ’n speler R100 000 of meer deur ’n unie aangebied word.
     
    Dit gebeur dus dat agente spelers wat dalk R80 000 werd is se markwaarde verhoog om ’n kommissie te verdien.
     
    So betaal unies meer vir skolespelers as wat hulle werd is en word geld gemors. Dit veroorsaak dat unies spelers wat dalk minder werd is nie kan kontrakteer nie.
     
    Die geld wat op hulle spandeer kon word, beland in die sakke van spelers met agente.
     
    Unies sal byvoorbeeld nie ná drie jaar ’n duur speler eenkant toe skuif as hulle só ’n groot hoop geld in hom belê het nie – al is die man wat hom kan vervang beter.
     
    Op dié manier gaan heelwat van die land se rugbytalent jaarliks verlore.

  • Groepes changes four for log leaders

    The Vodacom Blue Bulls Under-19 coach Hayden Groepes made four changes to his starting team to face Absa Under-19provincial championship log leaders, EP Kings, at the Wolfson Stadium in Port Elizabeth on Friday.

    Brendan Owen (fullback), Curtley Prins (wing), Denzil Hill (no8) and Sam Mitchel are all new to the starting team that played against the Cell C Sharks two weeks ago.

    All played off the bench in that match.

    The team is:

    Brendan Owen, Curtley Prins, Ruan de Beer, Franco Naude, Divan Rossouw, Tinus de Beer (c), Stephan Enslin, Denzil Hill, Sam Mitchel, Justin Meintjies, Eli Snyman, Aston Fortuin, Jaco Holtzhausen,Alandre van Rooyen, Gavin van den Berg. Replacements: Franco van der Berg, Madot Mabokela, Wynand de Necker, Dean van der Westhuizen, Luiqy van Jaarsveld, Dale Hendricks, JT Jackson, Coneree Poole.

  • Vodacom Blue Bulls name junior teams for EP Kings clashes

    Vodacom Blue Bulls Under-21 coach Handré Marnitz changed his halfback pairing for Friday’s Absa Under-21 provincial championships match against the EP Kings in Port Elizabeth.

    Marnitz pushed Kobus Marais from the bench into the number ten jersey, with Joshua Stander moving down to the bench from the team that had a close win over the Cell C Sharks two weeks ago. At scrumhalf, Impi Visser will start, with Theo Maree dropping to the bench and JP Smith losing out.

    Dayan van der Westhuizen’s injury also results in a change to the front row, with Matthys Basson starting at tighthead and Johan van Wyk moving onto the bench. At hooker, Corniel Els will replace Arno van Wyk.

    The team is:

    Ganfried May, Jixie Molapo, Marquit September, Adrian Maebane, Duhan van der Merwe, Kobus Marais, Impi Visser, Jsuanre Swanepoel, Abongile Nonkontwana, Marco van Staden, Nicholaas Janse van Rensburg (c), Jason Jenkins, Matthys Basson, Corniel Els, Stefaan Grundlingh. Replacements: Jan van der Merwe, Johan van Wyk, Riekert Hattingh, Heinrich Viljoen, Theo Maree, Joshua Stander, Peet Schoeman

  • Garsfontein – 2015

    Results 

    Garsfontein 45,  Ermelo 17
    Garsfontein 29,  Marais Viljoen 8
    Garsfontein 27,  Kempton Park 27
    Garsfontein 61,  Goue Leeus XV-tal 10
    Garsfontein 16,  Nelspruit 28
    Garsfontein   9,  Hoër Jongenskool Paarl 32
    Garsfontein 24,  Paarl Gimnasium 48
    Garsfontein 10,  Outeniqua 24
    Garsfontein 46,  Hoërskool Pietersburg 17
    Garsfontein 31,  EG Jansen 47
    Garsfontein 31,  Nelspruit 26
    Garsfontein 27,  Waterkloof 25
    Garsfontein 31,  Menlopark 21
    Garsfontein 26,  Helpmekaar 22
    Garsfontein 48,  Nelspruit 36
    Garsfontein 37,  Monument 36
    Garsfontein 42,  HTS Middelburg 40 

    Players: Embrose Papier, Abner van Reenen, Bees Ferreira, PJ Toerien,