SSPN Test Site

Blog

  • SARU Academy Week Fixtures of 2015

    The top ranked team by the South African Schools’ Association at the SARU Academy Week of 2014, Western Province, will meet the Golden Lions in their first match at the 2015 edition of the tournament that will be hosted at the Isak Steyl Stadium in Vanderbiljpark from 6 to 10 July next year. 

    The main match of the first day will be between the hosts, the Red Valke, and Eastern Province Country Districts. 

    The fixtures are:

    Day 1

    A-field

    Pumas vs. Boland
    Border vs. Eastern Province
    Blue Bulls vs. KwaZulu-Natal
    Lions vs. Western Province
    Blue Valke vs. Namibia 
    Red Valke vs. Eastern Province Country Districts

    B-field

    Border Country Districts vs. Leopards
    SA LSEN vs. Griqualand West Country Districts
    KwaZulu-Natal Country Districts
    Griqualand West vs. Pumas Country Districts
    Free State vs. South Western Districts
    Limpopo Blue Bulls vs. Griffons

  • Dates and venues for 2015 SARU Youth Weeks

    Dates and venues for 2015 SARU Youth Weeks

    The dates and venues for the 2015 Coca-Cola Youth Weeks and LSEN Week were announced by the South African Rugby Union on Monday.

    The flagship event, the Coca-Cola Under-18 Craven Week, will be hosted at the Markötter Fields at Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch, and will form part of the school’s 150-year anniversary.

    The Coca-Cola Under-18 Academy Week will be hosted by the Valke Rugby Union at the Isak Steyl Stadium in Vanderbijlpark, while the Coca-Cola Under-16 Grant Khomo Week, which will be hosted by the South Western Districts Rugby Union, will take place at the at Bridgton Sports Grounds in Oudtshoorn.

    The Mpumalanga Rugby Union, meanwhile, will host the Coca-Cola Under-13 Craven Week at Hoërskool Rob Ferreira in White River and the Boland Rugby Union has been granted the right to host the LSEN Week at HTS Drostdy in Worcester.

    The first tournament will begin on 29 June 2015 and the last, the Coca-Cola Under-18 Craven Week, on July 13.

    2015 SARU Youth Week dates and venues:

    •Coca-Cola Under-13 Craven Week – 29 June to 3 July – Mpumalanga RU at Hoërskool Rob Ferreira, White River
    •Coca-Cola Under-16 Grant Khomo Week – July 6 to 9 – South Western Districts RU at Bridgton Sports Grounds, Oudtshoorn
    •Coca-Cola Under-18 Academy Week – July 6 to 10 – Valke RU at Isak Steyl Stadium in Vanderbijlpark
    •Coca-Cola Under-18 Craven Week – July 13 to 18 – Western Province RFU at Paul Roos Gymnasium, Stellenbosch
    •LSEN Week – 29 June to 2 July – Boland RU at HTS Drostdy, Worcester

  • Coca-Cola Craven Week Fixtures – 2015

    Die gasheer van die 52ste Cravenweek vir hoërskole, die Westelike Provinsie, sal in die hoofwedstryd van die eerste dag van dié toernooi in 2015 teen sy aartsvyande die Blou Bulle te staan kom. Dié toernooi sal volgende jaar vir die vyfde keer sedert 1964 in Stellenbosch gehou word.

    Hoewel die kragmeting tussen die Streeptruie en Ligbloues moontlik ook volgende jaar die hoofwedstryd van dié toernooi kon wees, behoort dié kragmeting op die eerste dag sommer vroeg die standaard vir die res van die toernooi se vertonings stel.

    Die Ligbloues het sy suksesvolste era op die Cravenweek in die Eikestad in 1996 afgeskop. Die span het die Streeptruie met 24-12 in daardie jaar se hoofwedstryd verslaan. Die grootste sege in die geskiedenis van dié hoofwedstryd van die toernooi is in 2007 deur die Vrystaat teen die Streeptruie opgestel. Met die Ebersohn-tweeling (Robert en Sias) aan die spits het die Vrystaters die gasheer met 52-3 gestreepsuiker.

    Die twee spanne wat mekaar vanjaar in die hoofwedstryd van dié week gepak het, die Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte, sal mekaar op die tweede dag in die hoofwedstryd pak. Dié wenner van dié herontmoeting sal waarskynlik die wenner van die kragmeting tussen KwaZulu-Natal en die Goue Leeus op die vierde dag van die toernooi pak.

    Die Griffons is uiteindelik beloon vir hulle goeie rekord op die Cravenweek sedert 2011 se toernooi in Kimberley. Die span van die Noord-Vrystaat sal op die eerste dag teen die Vrystaat uitdraf. Dit sal die eerste keer sedert 1988 se toernooi wees dat die twee spanne mekaar op die week ontmoet. Die Vrystaters van Charl Marais was op daardie dag met 35-0 baas.

    Dié span van Marais het toekomstige Springbokke Pieter Müller, Heinrich Füls, Naka Drotské en Ruben Kruger in sy geledere gehad.

    Die Perses het die afgelope twee toernooie in Polokwane en Middelburg (Mpumalanga) onoorwonne afgesluit. Die span het die afgelope vier toernooie nog net een keer teen die Pumas (48-28) in 2012 in Port Elizabeth die knie gebuig.

    Die bepalings is:

    Eerste dag – Namibië t. Grens-platteland; Boland t. Limpopo Blou Bulle; Pumas t. Grens; Vrystaat t. Griffons; Westelike Provinsie t. Blou Bulle.

    Tweede dag – Griekwa-platteland t. Zimbabwe; Valke t. OP-platteland; Luiperds t. Griekwas; KwaZulu-Natal t. Goue Leeus; Oostelike Provinsie t. Suidwestelike Distrikte.

  • Michaelhouse meeste verteenwoordigers in Curriebeker-eindstryd

     

    Michaelhouse in die KwaZulu-Natalse Middellande sal met vyf spelers die meeste verteenwoordiging op die veld in die eindstryd van vanjaar se Curriebeker-reeks op Nuweland in Kaapstad hê. Dié eindstryd tussen die Westelike Provinsie en die Goue Leeus skop om 16:30 in die Moederstad af. 

    Michaelhouse se vyf spelers wat betrokke in die eindstryd sal wees is Michael Rhodes, Pat Cilliers (vir WP) en Ruan Combrinck, Ross Cronjé en Mark Richards (vir die Leeus). Dié skool het in 2010 sy eerste Springbok-speler in Pat Lambie opgelewer. Cilliers het daarna ook sy Springbok-kleure verwerf. 

    Monument van Krugersdorp het vier spelers – Jaco van der Walt, Ruan Dreyer, Julian Redelinghuys (almal Leeus) en Jaco Taute (WP) – wat in die eindstryd betrokke sal wees. Nog vyf skole – Grey-kollege van Bloemfontein, Paarl Gimnasium, Hoërskool Brackenfell, Hoërskool Standerton en Diocesan-kollege oftewel Bishops het elk twee voormalige leerlinge wat op Nuweland sal uitdraf.

    Die twee spelers van die Hoërskool Brackenfell, Cheslin Kolbe en Courtnall Skosan, ken mekaar van skool af. Skosan was Brakkies se kaptein in 2009, terwyl Kolbe sy skool se held twee jaar later was. Die Leeus se stut, Schalk “Hond” van der Merwe het aan Grey-kollege gematrikuleer, maar daar moet ook genoem word dat hy ook vir Duineveld van Upington se eerstespan in sy skoolloopbaan uitgedraf het. Die ander speler van Grey betrokke in die eindstryd is Michael van der Spuy. Hy het nooit vir sy skoolspan se eerstespan uitgedraf nie. 

    Vanjaar is uit-en-uit ‘n eindstryd vir die kleiner skole. Hoërskool Standerton se Jaco Kriel en Howard Mnisi het in dieselfde eerstespan gespeel, waarvan die OP Kings se losskakel, Gary van Aswegen ook ‘n lid was. 

    Die spanne (en die spelers se skole): 

    Westelike Provinsie: 15 Cheslin Kolbe (Brackenfell), 14 Kobus van Wyk (Paarl Gimnasium), 13 Juan de Jongh (Hugenote), 12 Jaco Taute (Monument), 11 Seabelo Senatla (Riebeeckstad), 10 Demetri Catrakilis (St. John-kollege), 9 Nick Groom (Rondebosch Boys’ High), 8 Nizaam Carr (Bishops), 7 Michael Rhodes (Michaelhouse), 6 Rynhardt Elstadt (Montagu), 5 Manual Carizza, 4 Jean Kleyn (Linden), 3 Pat Cilliers (Michaelhouse), 2 Scara Ntubeni (King Edward VII), 1 Alistair Vermaak (Harmony Sportsakademie). Plaasvervangers: 16 Neil Rautenbach (Hoër Jongenskool Paarl), 17 Brok Harris (Bastion), 18 Gerbrandt Grobler (Affies), 19 Sikhumbuzo Notshe (Wynberg Boys’ High), 20 Louis Schreuder (Paarl Gimnasium), 21 Kurt Coleman (Grey PE), 22 Michael Van der Spuy (Grey-kollege).

    Goue Leeus: 15 Jaco van der Walt (Monument), 14 Ruan Combrinck (Michaelhouse), 13 Lionel Mapoe (Fichardtpark), 12 Howard Mnisi (Standerton), 11 Courtnall Skosan (Brackenfell), 10 Marnitz Boshoff (Nelspruit), 9 Ross Cronje (Michaelhouse), 8 Warren Whiteley (Glenwood), 7 Derick Minnie (Marais Viljoen), 6 Jaco Kriel (Standerton), 5 Franco Mostert (Brits), 4 Martin Muller (Bishops) 3 Ruan Dreyer (Monument), 2 Robbie Coetzee (Eldoraigne), 1 Schalk van der Merwe (Grey-kollege/Duineveld). Plaasvervangers: 16 Armand van der Merwe (Outeniqua), 17 Jacques van Rooyen (Pretoria-Noord), 18 Julian Redelinghuys (Monument), 19 Willie Britz (Diamantveld), 20 Warwick Tecklenburg (Uplands College), 21 Mark Richards (Michaelhouse), 22 Harold Vorster (Frans du Toit). 

     

  • Itec-span kraai koning in Engeland

    DIE rugbyspan wat na afloop van die VKB-week in Reitz gekies is, het in die onlangse skoolvakansie twee goeie seges op sy toer deur Engeland behaal.

    In die span se eerste kragmeting teen die Bishops Stortford van Oxford was die Suid-Afrikaners oortuigend met 66-14 baas. Die span se losskakel, Henco “Rambo” de Wet van Brandfort, het drie keer agter Stortford se doellyn gaan kuier en ook die enigste twee stelskoppe wat hy op die toer skeef gekorrel het, in dié wedstryd misgeskop.

    Hy het agt van die span se tien drieë in die kragmeting verdoel vir ’n persoonlike bydrae van 31 punte.

    De Wet was een van die Suid-Afrikaners se uitstaande spelers op die toer. Hy en die skrumskakel van Zastron, Ruan Goosen, was saam met Suid-Natal se kantman, Brendon Rademeyer, die beste spelers op die toer.

    Teen Bishops Stortford het Rademeyer, Vlam Groenewald, Danie Muller, Lee-hane Ontong, JP Fourie, CJ van Heerden en WJ Crous die Suid-Afrikaners se ander drieë gedruk.

    In die tweede wedstryd in Cambridge teen Chinnor-rugbyklub se o.18-span het die toerspan met 38-5 as oorwinnaar van die veld gestap. Met die omdraaislag was die telling 17-5 in die Suid-Afrikaanse plattelandse span se guns.

    Die skrumskakel, Goosen, het egter twee keer ná rustyd gaan druk om die wedstryd buite bereik van die tuisspan te plaas. De Wet het met al vyf doelskoppe en ’n strafdoel geslaag.

    Dié span se ander drieë is deur Rayn van der Westhuizen, Danie Muller en CJ van Heerden gedruk.
    In die laaste kragmeting van die toer het dié Suid-Afrikaners egter teen Hampton Grammar se eerste span met 26-7 die knie gebuig.

    Dié skoolspan word glo vanjaar as die vyfde beste span in Engeland gereken. Zastron se Stefan Nel het sy span se drie gedruk wat deur De Wet se getroue skopskoen verdoel is.

    Die seuns het ook Twickenham en die internasionale rugbymuseum daar besoek wat een van die hoogtepunte van die toer was.

    Die toergroep het ook die dorpie Rugby besoek.

  • Monnas dra o.15-seweskroon van Noordvaal

    Die Hoërskool Monument van Krugersdorp is as eerste o.15-kampioen van die Noordvaal-sewestoernooi gekroon wat by Menlopark in Pretoria beslis is.

    Monnas was 21-19 oor Helpmekaar-kollege in ’n naelbyt-eindstryd baas.

    Helpmekaar het ná die sirene die bal agter die doellyn verloor wat hulle dié titel sou besorg het.

    Monnas het Wonderboom (44-0), Waterkloof (17-7) en die HTS Sasolburg (44-0) in sy drie groepwedstryde verslaan.

    Die span het Oos-Moot toe naelskraap met 22-21 in die kwarteindstryd uitgeskakel, maar EG Jansen toe met 43-7 in die halfeindstryd verniel.

    Helpmekaar het in sy drie groepwedstryde vir Zwartkop (38-7), Kempton Park (31-14) en Ben Vorster (29-0) geklop.

    In sy kwarteindstryd het hy die HTS Middelburg gemaklik met 22-0 kafgedraf.

    Die span van Johannesburg moes egter sweet om die gasheer, Menlopark, met 10-7 in die halfeindstryd uit te oorlê.

    Menlopark het derde geëindig nadat hy EG Jansen in die uitspeelwedstryd om dié plek met 29-21 getroef het.

    Menlopark het boaan sy groep geëindig ondanks die feit dat hy met 12-7 teen die Hoërskool Tuine in hul groepwedstryd vasgeval het.

    Menlopark het ’n positiewe punteverskil van 39 punte gehad danksy goeie seges oor Bastion (41-0) en die HTS Middelburg (10-7).

    Tuine het in sy eerste kragmeting teen die HTS Middelburg met 19-5 vasgeval en die HTS Middelburg het ook met ’n beter punteverskil (39) as Tuine tot die uitkloprondes van die Beker-afdeling deurgedring.

    Die span van Middelburg is tot kampioen van die Plaat-afdeling gekroon deur Oos-Moot in die eindstryd met 31-7 te klop.

    Kempton Park het die titel kampioen van die Bowl-afdeling ingeoes met ’n sege van 26-12 oor die Hoërskool Middelburg in die eindstryd, terwyl Zwartkop van Centurion Hans Strijdom in die Skild-eindstryd met 35-0 verniel het.

    Al die uitslae: 

    Groep A: EG Jansen 12, Oos-Moot 7; Middelburg 21, Hans Strijdom 14; Oos-Moot 21, Hans Strijdom 5; EG Jansen 21, Middelburg 12; EG Jansen 21, Hans Strijdom 21; Oos-Moot 26, Middelburg 7.

    Groep B: Monument 44, Wonderboom 0; Waterkloof 17, HTS Sasolburg 12; Monument 17, Waterkloof 7; Wonderboom 21, HTS Sasolburg 21; Waterkloof 28, Wonderboom 12; Monument 44, HTS Sasolburg 0.

    Groep C: Ben Vorster 14, Kempton Park 7; Helpmekaar 38, Zwartkop 7; Helpmekaar 31, Kempton Park 14; Ben Vorster 17, Zwartkop 12; Helpmekaar 29, Ben Vorster 0; Kempton Park 28, Zwartkop 0.

    Groep D: HTS Middelburg 19, Tuine 5; Menlopark 41, Bastion 0; HTS Middelburg 29, Bastion 5; Tuine 12, Menlopark 7; Tuine 22, Bastion 5; Menlopark 10, HTS Middelburg 7.

    Kwarteindstryde – Bowl: Middelburg 21, Wonderboom 17; HTS Sasolburg 14, Hans Strijdom 5; Tuine 12, Zwartkop 7; Kempton Park 45, Bastion 0. Beker: EG Jansen 24, Waterkloof 5; Monument 22, Oos-Moot 21; Menlopark 38, Ben Vorster 5; Helpmekaar 22, HTS Middelburg 0.

    Halfeindstryde – Beker: Monument 43, EG Jansen 7; Helpmekaar 10, Menlopark 7.

    Eindstryde – Skild: Zwartkop 35, Hans Strijdom 0. Bowl: Kempton Park 26, Middelburg 12. Plaat: HTS Middelburg 31, Oos-Moot 7. Beker: Monument 21, Helpmekaar 19.

  • HTS Middelburg eerste kampioen van Noordvaal Sewes

    HTS Middelburg eerste kampioen van Noordvaal Sewes

    IMG 3858Die Hoër Tegniese Skool Middelburg is Saterdag op Menlopark hier as die eerste kampioen van die Noordvaal Sewesrugby-toernooi vir o.17-spanne gekroon.

    Die Rooi Bulle het Garsfontein van die Jakarandastad met 31-24 in ’n titaniese eindstryd die loef afgesteek.

    Met speeltyd feitlik verstreke was die telling 24-elk en slegs ’n breekslag deur Eric Basson wat op ’n drie vir Walter Janse van Rensburg uitgeloop het was die verskil tussen die twee spanne.

    Garsfontein se Shakeel Fredericks en Abner van Heerden het skitterende spel in die tweede helfte opgedis om hulle span in die kragmeting te hou.

    Die Rooi Bulle het net voor rustyd gaan druk om ’n voorsprong van 17-14 met die omdraaislag te geniet.

    Boonop kon Garsies se invloedryke, Embrose Papier, nie na rustyd sy terugkeer op die veld maak weens ’n enkelbesering nie.

    Garsies se Carling Forwood was in die koelkas toe Janse van Rensburg die wendrie gaan druk het.

    Forwood het kort voor die drie ’n aanval van HTS Middelburg met ’n pooitjie gestuit.

    Indien daar ’n speler van die toernooi aangewys sou word, sou dit ongetwyfeld tussen Basson van die kampioene en Van Heerden van Garsies gewees het.

    Die span van Middelburg is deur die voormalige Blitsbok, Dirkie Strydom, afgerig.

    Die kampioen het Bastion (29-14), Menlopark (31-5) en Waterkloof (24-19) in sy drie groepwedstryde verslaan.

    Garsies het ietwat gemakliker bo-aan sy groep geëindig toe hy Die Anker (38-5), Hans Strijdom (55-0) en Hoërskool Middelburg (19-12) verslaan het.

    HTS Middelburg het Oos-Moot met 24-0 in die kwarteindstryd verslaan, terwyl die span weer vir Klofies (22-7) moes klop om sy plek in die eindstryd te bespreek.

    Garsies het met EG Jansen (17-10) in die kwarteindstryd klaargespeel, terwyl hulle met 33-19 oor Hoërskool Middelburg in die halfeindstryd baas was.

    Waterkloof het ’n bronsmedalje verdien toe hy vir Hoërskool Middelburg 17-14 in die uitspeelwedstryd om die derde posisie uitoorlê het.

    EG Jansen het in die Plaat-halfeindstryd die bordjies teen Monument verhang deur 22-17 as oorwinnaars van die veld te stap.

    Monnas was 17-10 in die twee spanne se groepwedstryd baas. Jansies het die Plaat verower deur Oos-Moot met 17-12 te troef.

    Al die uitslae: 

    Groep A: Garsfontein 38, Die Anker 5; Middelburg 26, Hans Strijdom 0; Garsfontein 55, Hans Strijdom 0; Middelburg 12, Die Anker 12; Garsfontein 19, Middelburg 12; Die Anker 31, Hans Strijdom 0.

    Groep B: Monument 17, EG Jansen 10; Montana 31, Hans Moore 5; Monument 46, Montana 0; EG Jansen 21, Hans Moore 0; Monument 34, Hans Moore 7; EG Jansen 22, Montana 0.

    Groep C: Ben Vorster 26, Heidelberg-Volkskool 14; Helpmekaar 19, Oos-Moot 10; Helpmekaar 26, Heidelberg-Volkskool 7; Oos-Moot 26, Ben Vorster 12; Oos-Moot 24, Heidelberg-Volkskool 7; Helpmekaar 7, Ben Vorster 5.

    Groep D: HTS Middelburg 29, Bastion 14; Menlopark 12, Waterkloof 12; HTS Middelburg 31, Menlopark 5; Waterkloof 29, Bastion 0; HTS Middelburg 24, Waterkloof 19; Menlopark 31, Bastion 5.

    Kwarteindstryde – Bowl: Die Anker 34, Hans Moore 14; Mon­tana 12, Hans Strijdom 7; Menlopark 21, Heidelberg Volkskool 7; Ben Vorster 31, Bastion 12. Beker: Garsfontein 17, EG Jansen 10; Middelburg 19, Monument 7;
    HTS Middelburg 28, Oos-Moot 0; Waterkloof 22, Helpmekaar 5.

    Halfeindstryde – Skild: Hans Moore 17, Hans Strijdom 12; Heidelberg-Volkskool 19, Bastion 0. Bowl: Die Anker 22, Montana 5; Ben Vorster 14, Menlopark 12. Plaat: EG Jansen 22, Monument 17; Oos-Moot 24, Helpmekaar 7. Beker: Garsfontein 33, Middelburg 19; HTS Middelburg 22, Waterkloof 7.

    Uitspeelwedstryde om derde en vierde plek: Waterkloof 17, Middelburg 14.

    Eindstryde – Skild: Heidelberg- Volkskool 10, Hans Moore 5. Bowl: Die Anker 28, Ben Vorster 12. Plaat: EG Jansen 17, Oos-Moot 12. Beker: HTS Middelburg 31, Garsfontein 24.

  • Eerste Noordvaal seweskampioen Saterdag gekroon

    Eerste Noordvaal seweskampioen Saterdag gekroon

    NoordvaalDaar sal vanjaar vir die eerste keer ‘n Noordvaal seweskampioen gekroon word. Die Hoërskool Menlopark in Pretoria bied vanjaar vir die eerste keer ‘n sewestoernooi aan wat sal bepaal wie kampioen van die Noordvaal is. Die Noordvaal  Skolerugby-vereniging (NVSRV) is ook die organiseerders van die Beeldtrofee sowel as die jaarlikse Bondedag. 

    Die groepwedstryde word more beslis, terwyl die uitkloprondes van die toernooi Saterdag gespeel word. Die spanne wat in die o.17 sowel as aan die o.15-afdelings van die toernooi in aksie sal wees, moes kwalifiseer om aan die toernooi deel te neem. 

    Die gasheer se o.17-span het vroeër vanjaar die Coke-reeks gewen en behoort dus ook ‘n gedugte sewespan te hê. Hy is saam met HTS Middelburg, Waterkloof en Bastion in ‘n groep geloot. 

    Die groepe: 

    Groep A: Garsfontein, Die Anker, Hoërskool Middelburg, Hans Strijdom. 
    Groep B: Monument, Montana, Hoërskool Rustenburg, EG Jansen. 
    Groep C: Heidelberg Volkskool, Ben Vorster, Oos-Moot, Helpmekaar. 
    Groep D: HTS Middelburg, Menlopark, Waterkloof, Bastion. 

    Die bepalings (slegs o.17): 

    17 Oktober 2014 

    A-veld: 13:00 – Garsfontein vs. Die Anker; 13:20 – Hoërskool Middelburg vs. Hans Strijdom; 13:40 – Heidelberg Volkskool vs. Ben Vorster; 14:00 – Oos-Moot vs. Helpmekaar; 14:20 – Monument vs. EG Jansen; 14:40 – Hoërskool Rustenburg vs. Montana; 15:00 – HTS Middelburg vs. Bastion; 15:20 – Waterkloof vs. Menlopark; 15:40 – Garsfontein vs. Hans Strijdom; 16:00 – Die Anker vs. Hoërskool Middelburg; 16:20 – Heidelberg Volkskool vs. Helpmekaar; 16:40 – Oos-Moot vs. Ben Vorster. 17:40 – Garsfontein vs. Hoërskool Middelburg; 18:00 – Die Anker vs. Hans Strijdom; 18:20 – Heidelberg Volkskool vs. Oos-Moot; 18:40 – Ben Vorster vs. Helpmekaar.

    B-veld: 13:00 – Monument vs. Montana; 13:20 – Hoërskool Rustenburg vs. EG Jansen; 13:40 – HTS Middelburg vs. Menlopark; 14:00 – Waterkloof vs. Bastion; 15:40 – Monument vs. Hoërskool Rustenburg; 16:00 – Montana vs. EG Jansen; 16:20 – HTS Middelburg vs. Waterkloof; 16:40 – Menlopark vs. Bastion.   

  • WP take top honours at the SARU Under-18 Sevens

    WP take top honours at the SARU Under-18 Sevens

    Western Province on Tuesday won the SARU Under-18 Sevens competition at Hoërskool Monument in Krugersdorp by defeating SWD 31-24 in a thrilling final to cap off an exciting tournament.

    Boland won the Plate Final, KwaZulu-Natal the Bowl final and Griquas the Shield final, while the Leopards defeated the Limpopo Blue Bulls to finish the competition in third position.

    Western Province recovered from a 26-19 defeat against Free State in their opening match on Monday and worked their way into the final thanks to their impressive attack and tenacious defence.

    The team started the final day’s play with an encouraging 32-21 victory against the Blue Bulls in the Cup quarterfinal and then toppled the Limpopo Blue Bulls 29-24 in the semifinal to advance to the final.

    SWD, meanwhile, defeated Boland and the Leopards in the Cup quarterfinal and semifinal respectively to book their final berth.

    The final was entertaining as Western Province did well to take advantage of the gaps in SWD’s defence thanks to their fantastic support play and raw speed, which they backed up with a solid defensive effort. This earned them four first-half tries to only one by SWD for a 24-7 lead. The second half was tense as the Cape side scored another try, but conceded two shortly after as they were reduced to 14 men for two minutes. But they managed to shut out SWD in the dying minutes to secure the victory.

    The semifinal between Western Province and the Limpopo Blue Bulls was also thrilling as the Limpopo side staged a dramatic comeback with two tries in the dying minutes to level the scores at 24-24 at the end of regular time. This forced the match into a sudden-death playoff, and after a few tight exchanges Western Province secured the victory with a stunning try out wide.

    SWD, meanwhile, cruised to a 39-0 victory against the Leopards in a one-sided semifinal.

    Injured Springbok Sevens captain Kyle Brown, who mingled with the players and gave the teams advice during the two-day tournament, congratulated Western Province on their victory and praised the participating teams for the high quality of rugby delivered. Such was the thrilling nature of the tournament a total of 152 tries were scored on the A field on Tuesday.

    “Well done to Western Province, they played a fantastic brand of rugby throughout the competition and they certainly deserved the victory,” said Brown.

    Of the tournament, he said: “I was very impressed with the standard of rugby played by the teams and I believe this tournament will play a vital role in boosting the interest in the sport at school level in future.”

    SARU Under-18 Sevens day-two results:

    Bowl quarterfinals:

    KwaZulu-Natal 33 – 12 Eastern Province
    Namibia 28 – 22 Border
    Free State 45 – 17 Griffons
    Golden Lions 34 – 27 Griquas

    Cup quarterfinals:

    Valke 10 – 12 Leopards
    SWD 17 – 12 Boland
    WP 32-21 Blue Bulls
    Pumas 12 – 45 Limpopo Blue Bulls

    Shield Semifinals:

    Eastern Province 0 – 12 Border
    Griffons 19 – 54 Griquas

    Bowl Semifinals:

    KwaZulu-Natal 17 – 12 Namibia
    Free State 34 – 12 Golden Lions

    Plate Semifinals:

    Valke 7 – 22 Boland
    Blue Bulls 31 – 19 Pumas

    Cup Semifinals:

    Leopards 0 – 39 SWD
    WP 29 – 24 Limpopo Blue Bulls

    Shield Final:

    Border 7 – 40 Griquas

    Plate 3rd/4th place playoff:

    Valke 24 – 19 Pumas

    Bowl final:

    KwaZulu-Natal 26 – 21 Free State

    Plate Final:

    Boland 52 – 12 Blue Bulls

    Cup 3rd/4th place playoff:

    Leopards 31 – 14 Limpopo Blue Bulls

    Cup Final:

    SWD 24 – 31 WP

    Issued by SARU Corporate Affairs

     

  • SWD, Boland, Valke dominate SARU Under-18 Sevens

    SWD, Boland, Valke dominate SARU Under-18 Sevens

    The SARU Under-18 Sevens tournament got off to a thrilling start on Monday at Hoërskool Monument in Krugersdorp with SWD, Boland and the Valke remaining unbeaten to stamp their authority on the opening day.

    The Leopards, Western Province, Blue Bulls, Pumas and Limpopo Blue Bulls also had strong starts to the competition, which allowed them to book their places in the Cup quarterfinals with SWD, Boland and the Valke.

    Each of the 16 participating teams played three matches on the opening day, with the top sides advancing to the Cup quarterfinals and the bottom eight teams booking their places in the Plate quarterfinals.

    The tournament, which concludes on Tuesday, was attended by SA Sevens Academy manager Marius Schoeman, injured Springbok Sevens players, captain Kyle Brown and Paul Delport, and SARU GM of Development Mervin Green.

    A number of SA Schools players participated in the tournament including the Blue Bulls’ Arnold Gerber and Andell Loubser, SWD’s JT Jackson, Edmund Rheeder from the Leopards and Cobus Wiese from Griquas.

    SWD showed their class from the outset as they thumped Eastern Province 38-5 and then defeated Namibia 26-12 and the Leopards 21-14 to secure the top spot in their pool. 

    Boland, meanwhile, were forced to settle for a 12-12 draw against the Valke in their opening match but both teams bounced back strongly with Boland registering a convincing 34-5 victory against KwaZulu-Natal and a 40-7 victory against Border.

    The Valke also got the better of Border as they cruised to a 47-0 victory and then finished the opening day’s play with a 24-0 win against KwaZulu-Natal.

    In the Cup quarterfinals on Tuesday the Valke will meet the Leopards, SWD takes on Boland, Western Province will battle it out with the Blue Bulls and the Pumas go upagainst the Limpopo Blue Bulls.

    KwaZulu-Natal, Eastern Province, Namibia, Border, Free State, the Griffons, Golden Lions and Griquas, meanwhile, will battle in out in the Plate quarterfinals on Tuesday.

    SARU Under-18 Sevens day-one results:
    Round-one:
    Boland 12 – 12 Valke
    SWD 38 – 5 Eastern Province
    Border 15 – 19 KwaZulu Natal
    WP 19 – 26 Free State
    Blue Bulls 19 – 12 Pumas
    Leopards 35 – 10 Namibia
    Limpopo Blue Bulls 28 – 19 Griquas
    Golden Lions 33 – 17 Griffons
    Round-two:
    SWD 26 – 12 Namibia
    Valke 47 – 0 Border
    Leopards 38 – 33 Eastern Province
    KwaZulu-Natal 5 – 34 Boland
    Blue Bulls 27 – 19 Griffons
    WP 29 – 7 Griquas
    Golden Lions 5 – 22 Pumas
    Limpopo Blue Bulls 36 – 10 Free State
    Round-three:
    Valke 24 – 0 KwaZulu-Natal
    Eastern Province 19 – 28 Namibia
    Boland 40 – 7 Border
    SWD 21 – 14 Leopards
    Free State 26 – 7 Griquas
    Pumas 36 – 5 Griffons
    WP 28 – 0 Limpopo Blue Bulls
    Blue Bulls 15 – 17 Golden Lions
    SARU Under-18 Sevens fixtures day two:
    Bowl quarterfinals:
    09:20 – KwaZulu-Natal vs Eastern Province
    09:40 – Namibia vs Border
    10:00 – Free State vs Griffons
    10:20 – Golden Lions vs Griquas
    Cup quarterfinals:
    10:40 – Valke vs Leopards
    11:00 – SWD vs Boland
    11:20 – WP vs Blue Bulls
    11:40 – Pumas vs Limpopo Blue Bulls