GEORGE. ā Die Kwaggas het die 100 jaar vloek oorkom tydens die hoofwedstryd van hul Eeufees Sportdag hier.
HoĆ«rskool Outeniqua het in ān klipharde stryd vir HoĆ«rskool Noordheuwel van Krugersdorp met 18-14 verslaan om te verseker dat die vreugdevure tot laat gisteraand nog hier gebrand het.
Die Kwaggas het spel in die eerste helfte oorheers, maar kon slegs met ān skrale voorsprong van 7-3 lemoene gaan eet. Sy SA Skole A-heelagter, JT Strydom, het ān hele paar gevaarlike lopies van agter geloots vanaf Nories se skoppe wat verligting moes bring.
Strydom se lopies kon nie vir sy span drieƫ in die sak bring nie. Die tuisspan se flank Brendan Gouws se werksverrigting asook hoe hy sy lyf op die spel geplaas het, het uitgestaan.
Sy flankmaat, Dewald Gerber, asook die SA Skole-loskopstut, Ruan Swart, het ook uitmuntend vertoon.
Vir Nories kan die haker, JuandrƩ Schoeman, baie tevrede met sy vertoning voel. Die heelagter, Cheswill Jooste, was ook gevaarlik elke keer wat hy die bal in besit geneem het.
Hoƫrskool Waterkloof se Blou Tornado het duidelik vanjaar so bietjie meer slaankrag as die vorige paar jaar.
Hy het vir Oakdale Landbou met 8-5 in ān klipharde kragmeting tydens die feesvieringe in George verslaan. Die Klofies het met die sege ook sommer so bietjie tong vir die organiseerders van die Wildeklawer-toernooi uitgesteek.
Die Klofies het veral beĆÆndruk met hul fisieke aanslag teen ān span soos Oakdale wat daarvoor bekend is dat hulle kliphard is.
Die Klofies se Jean Jooste (flank), Dale Arlow (slot) en Dewald Müller (agtsteman) kan meer as tevrede met hul vertonings voel.
Die HoĆ«rskool Secunda se rugbyspan het nou wel soos soos in Nico Nel se bekende grap teen ān veel groter span van Paul Roos Gimnasium te staan gekom, maar die span het nie nodig gehad om soos in die grap met hul bus die veld te betree nie.
Secunda het oor genoeg grofgeskut van hul eie beskik om die rugbyfabriek van Stellenbosch te laat sweet vir ān sege van 17-5. Die spanne het na ān strawwe eerste helfte met geen telling op die telbord gaan rus.
Paul Roos se losskakel, Lee-Jay Petersen, het na vier minute se spel in die tweede helfte daarin geslaag om Secunda oop te vlek om die eerste punte aan te teken.
Secunda is ān goed afgerigde span wat veral met hul lynstaanwerk in die kragmeting beĆÆndruk het. Sy flank HanrĆ© Hattingh asook die losskakel, Ethan Coetzee, het skitterende vertonings opgedis.
Grey High School van Gqeberha en Stellenberg het vir die eerste keer ooit mekaar op die rugbyveld tydens die Eeufees ontmoet.
Die Jade Brigade het vroeg gewys dat hulle die span van die Baai met tradisionele skolerugby ore wil aansit en ān voorsprong van 20-10 teen rustyd opgebou.
Grey het egter nooit gaan lĆŖ nie en skitterend terug geveg om uiteindelik met 22-20 as oorwinnaars van die veld te stap. Die wenspan se plaasvervanger-buitesenter, Lavela Pongolo, het met sy hardlooplyne die gang van die wedstryd geswaai.
Stellenberg se binnesenter, Ruben Thompson, het ān paar manne met sy onverskrokke verdediging met bloukolle in die ribbes gelaat. Hy het met ongeveer drie minute se speeltyd oor in die wedstryd met ān strafdoel-poging die geleentheid gehad om die sege vir sy span te beklink, maar die skop was ongelukkig skeef.
Boland Landbou het in nog ān swaargewig stryd op George vir Marlow Landbou met 22-17 getroef. Die wenspan se vaskopstut, Pieter de Jager, is ān meneer in die skrums.
Die Wolramme se kaptein en agtsteman, Burrie van Heerden, het soos gewoontlik uitstaande spel gelewer.
Welkom Gimnasium het op sy tuisveld vir Monument van Krugersdorp met die kous oor die kop (31-26) huis toe gestuur. Dit was Gimmies se eerste sege ooit oor die Wit Bulle.
Paarl Gimnasium het sy seisoen met ān sege van 83-3 oor Potchefstroom Gimnasium afgeskop en in die proses 11 drieĆ« ingeryg. Die HoĆ«r Jongenskool Paarl het ook sy seisoen afgeskop, maar moes veel harder werk om HTS Drostdy met 13-6 te klop.
Boishaai se ysterflank Divan Fuller moes die veld weens ān enkelbesering verlaat. Dit blyk egter dat hy nie te lank op die krukkelys behoort te wees nie.
Hoƫrskool Durbanville se vleuel James Nero ryg alweer die drieƫ in. Hy het verlede jaar 32 drieƫ vir die skool se eerstespan gedruk en gister het hy nog drie drieƫ in sy span se sege van 54-0 oor HTS Bellville by sy totaal gevoeg.
Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (www.supersportschools.com). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv ā SuperSport 216.
Al die uitslae:Ā
OUTENIQUA EEUFEES
Hoƫrskool Outeniqua 18, Noordheuwel 14; Waterkloof 8, Oakdale Landbou 5; Grey High School 22, Stellenberg 20; Paul Roos Gimnasium 17, Secunda 5; Boland Landbou 22, Marlow Landbou 17; Worcester Gimnasium 39, Brandwag (Uitenhage) 12; Oudtshoorn 17, Despatch 17; Langehoven Gimnasium 37, Hermanus 0; Hoƫrskool Punt 10, Bredasdorp 8.
OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL
Selborne College 29, Stirling 0; Queenās College 27, Hudson Park 7; Kingswood College 58, HoĆ«rskool Grens 7; Pearson 34, Otto du Plessis 11; Glenwood 25, Westville Boysā High 24; Kearsney College 19, Clifton 10; Michaelhouse 27, Maritzburg College 20; Hilton College 29, Northwood 10; Durban High School 52, St Charles College 14; Nico Malan 18, St Andrewās College 17; Framesby 17, Muir College 0.
NOORDVAAL
Affies 41, Helpmekaar 33; Welkom Gimnasium 31, Monument 26; Pretoria Boysā High 43, Parktown Boysā High 12; St Albanās College 24, St Davidās Marist 5; Curro Kathu 36, Penryn College 22; Jeppe High School for Boysā 59, St Johnās College 27; Koster 29, Bracken 5; Curro Kathu 52, Curro Hazeldean 10; Curro Nelspruit 21, Cornwall Hill College 20; Curro Nelspruit 17, Trinityhouse 14; Leeus-uitnodigingspan 17, Centurion 5; HJS Uitnodingspan 5, Centurion 0; Die Wilgers 24, King Davidās Linksfield 7; Ermelo 14, Waterkloof II 12; Steelcrest 33, Evander 10.
WYNBERG SPORTFEES
Durbanville 54, HTS Bellville 0; SACS 59, HoĆ«rskool Bellville 14; Rondebosch Boysā High 45, Windhoek Gimnasium 3; Bishops 42, St Benedictās College 7; Noord-Kaap 38, Milnerton 24; Wynberg Boysā High 59, Duineveld 0.
NWU-REEKS
EG Jansen 33, Menlopark 24; Transvalia 32, Hoƫrskool Nelspruit 27; Kempton Park 31, Hoƫrskool Klerksdorp 3; Eldoraigne 52, HTS Middelburg 12.
NWU PRESTIGE-REEKS
Noordheuwel 55, Oosterlig 10; Oos-Moot 31, Potchefstroom Volkskool 19; Hoƫrskool Middelburg 25, Zwartkop 12; Die Anker 36, Hugenote (Springs) 0; Hoƫrskool Rustenburg 24, Montana 20; Marais Viljoen 32, Lichtenburg 31; Heidelberg Volkskool 38, Potchefstroom Gimnasium 8; Wesvalia 41, Jeugland 14.
NWU SPORT-REEKS
Dinamika 33, Standerton 8; Dr Malan 50, Driehoek 3; Bergsig Akademie 22, Randburg 15; Wonderboom 14, Hoogenhout 12; Hans Moore 48, Florida 24; Hoƫrskool Alberton 13, Overkruin 10.
WESGROW-REEKS
Witteberg 30, Diamantveld 21; Hoƫrskool Trio 17, Fichardtpark 17; Goudveld-Hoƫrskool 38, Sentraal 7; Jim FouchƩ 36, Voortrekker 24.
GRIEKWAS/VRYSTAAT
Hoƫrskool Upington 29, Vryburg 12; Hopetown 33, De Aar 12; Winburg 22, Wessel Maree 15; Hentie Cilliers 36, HTS Sasolburg 3; Bothaville 19, Parys 14.
WES-KAAP
Hoƫr Jongenskool Paarl 13, HTS Drostdy 6; Paarl Gimnasium 83, Potchefstroom Gimnasium 3; Edgemead 19, Milnerton II 7; Bosmansdam 39, Kampsbaai 9; Melkbosstrand 12, Edgemead 0.