Die Afrikaanse HoĂ«r Seunskool van Pretoria en die HoĂ«rskool Stellenberg sal mekaar vir die eerste keer Vrydag in die geskiedenis van die twee skole op eerstespanvlak die stryd aan sĂȘ.
Die twee spanne kom in die hoofwedstryd van die eerste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi teen mekaar te staan.Â
Vanjaar se toernooi word deur die HoĂ«rskool Garsfontein op Bere-park aangebied. Dit is die sesde jaar wat die toernooi gehou word.Â
Affies sal lugtig vir sy eerste ontmoeting met Stellies wees. Dit sal slegs die Wit Bulle se tweede amptelike kragmeting van die seisoen wees. Hulle het verlede week vir Diamantveld met 52-25 kaf gedraf.Â
Affies was wel ook teen HTS Middelburg (30-5) tydens die jaarlikse Afgri Prestige Rugbydag in aksie. Daar word egter geen stelskoppe tydens die dag se verkorte wedstryde toegelaat nie.Â
Stellenberg het Saterdag die eerste keer in sy geskiedenis geslaag om Oakdale Landbou se Bulle te tem. Stellies was met 21-10 baas. Hulle het ook al vanjaar vir HTS Drostdy met 13-7 omgedop.Â
Affies kon sedert sy onoorwonne seisoen van 2013 slegs twee keer in 12 wedstryde daarin slaag om oorwinnings oor skole vanuit die Wes-Kaap te behaal. Dit sluit kragmetings teen die twee Suid-Kaapse skole, HoĂ«rskool Outeniqua en Oakdale Landbou, uit.Â
Die twee seges die afgelope vyf jaar was teen Boland Landbou (38-14 in 2018) en Paul Roos Gimnasium (24-17 in 2016). Affies behoort met die twee losvoorspelers George Oosthuizen en Adolf Visser genoeg balbesit op die voorvoet te kry. Stellenberg sal ook die heelagter, Dieter Crafford, fyn moet dophou.Â
Stellenberg se binnesenter, Hedley Hadlow, se spelpeil tot dusver is een van sy span se sterkpunte in sy twee seges gewees.
In die enigste ander eerstespan-wedstryd op die eerste dag van die toernooi sal EG Jansen van Boksburg probeer om sy vertoning verlede jaar teen die HoĂ«rskool Durbanville te herhaal. Jansies was verlede jaar met 43-28 vir Durbies geklop.Â
FOTO: William Brown

Meeste van die land se voorste o.16-spanne sal van more af by Paarl Gimnasium se jaarlikse o.16-toernooi in aksie wees. Die toernooi word jaarliks sedert 1992 aangebied.Â
Paarl Gimnasium and Maritzburg College will get the most exposure in 2019 through the Premier Interschools program. Both schools have three of their matches on the newly released schedule. 
Some early skirmishes have taken place, but the Eastern Cape schools programme is set to explode into action when the annual Pam Golding Properties Graeme Rugby Day takes place in Grahamstown on Saturday (March 16).
There are some exciting match-ups to look forward to during this year’s edition of the Twizza Glenwood Rugby Festival. The festival will take place at Glenwood High School in Durban from 19 to 23 March.
SACS, one of the oldest schools in South Africa, are gearing themselves up for an exciting trip to the Eastern Cape when they compete in the Pam Golding Properties Graeme Rugby Day in Grahamstown for the first time on Saturday (March 16).
Die Afrikaanse HoĂ«r Seunskool van Pretoria sal in die hoofwedstryd op die laaste dag van sy 15de jaarlikse Francois Swart Rugbyweek vir o.15-spanne teen die HoĂ«rskool Garsfontein te staan kom. Die week vind van 20 tot 23 Maart in die Jakarandastad plaas.Â
Another exciting line-up of teams from around the country will make for a memorable two days of schoolboy rugby when the annual Standard Bank Grey High Rugby Festival takes place on March 21 and 23.
Die span wat vanjaar as kampioen van die Wesgrow-reeks gekroon wil word, sal eers vir Voortrekker van Bethlehem moet omdop.