SSPN Test Site

Blog

  • Namibia – 2012

    Results 

    Namibia 29,  Leopards 36
    Namibia 29,  Griqualand West 15
    Namibia 28,  Zimbabwe 7

    Team: 15 Ethan Beukes (Windhoek HS), 14 Leon Feris (Windhoek Gimnasium), 13 Divan Visser (Otjiwarongo), 12 Daniel Arries (Windhoek HS), 11 Shareave Titus (Otjiwarongo), 10 Chris Arries (Windhoek HS), 9 Hendrik Barkhuizen (Tsumeb Gimnasium), 8 Wian Conradie (Windhoek HS), 7 Immo Dresselhaus (Walvis Bay), 6 Dian Wiese (Edugate Academy), 5 Jean-Pierre Grobler (Edugate Academy), 4 Janco Venter (Windhoek HS), 3 Virgil Orlam (Windhoek HS), 2 Johannes Robbertse (Edugate Academy), 1 Quintin Esterhuizen (Windhoek HS). Replacements: 16 Desmond Stramis (Windhoek Gimnasium), 17 Johan Retief (Windhoek Gimnasium), 18 Dylan Husselmann (Windhoek Gimnasium), 19 Charles Fourie (Windhoek HS), 20 Jean-Claude Winkler (Jan Mohr), 21 Justin Newman (Windhoek Gimnasium), 22 Handré Bezuidenhout (Windhoek Gimnasium). 

    Coaches: Vince Dreyer and Henry Kemp. 
    Manager: Christopher Alexander. 

  • History – Jim Fouché vs. Sand du Plessis

    2013  Jim Fouché 51  Sand du Plessis 12
    2007  Jim Fouché 54  Sand du Plessis 24

    2006  Jim Fouché 55  Sand du Plessis 7
    2004  Jim Fouché 22  Sand du Plessis 3
    2004  Sand du Plessis 17  Jim Fouché 10
    2003  Jim Fouché 45  Sand du Plessis 5
    2002  Sand du Plessis 8  Jim Fouché 3
    2001  Sand du Plessis 25  Jim Fouché 23

  • Voortrekker – 2000

    Results

    Voortrekker 50,  Vrede 7
    Voortrekker 30,  Strand HS 17
    Voortrekker 53,  Ficksburg HS 6
    Voortrekker 46,  Harrismith 11

    Voortrekker 28,  Witteberg 14
    Voortrekker 55,  Wilgerivier HS 0
    Voortrekker 16,  Grey College 50

    Players: Elex van Rensburg, Duard Valks, Stanley Scott, Bertill Mettler, Christo Zwiegelaar, Nico Coetzee, Deon Schoombie, Philip Labuschagne, Ettiene Smit (captain), Werner Erwee, Nico Muller, Charl Odendaal, Hendro van der Merwe, Helgard Beukes and Frans du Toit.

  • JBM Hertzog – 1995

    Results 

    JBM Hertzog 70,  Dr. Blok 0
    JBM Hertzog 17,  Olien 6
    JBM Hertzog   0,  St. Andrews 27
    JBM Hertzog   5,  Dr. Viljoen 27
    JBM Hertzog 15,  President Steyn 18

    Players: Johan Prinsloo, Carel Greyling, Willie Schnetler, Tobias Coetzee, Freddie Kershaw, Charles Hudson, Kobus Wiese, Louis Koekemoer, Hennie Kruger, Christiaan van Vuuren, Theuns van der Nest, Hannes Otto. 

  • Grey College vs. Fichardtpark – 1995

    Scorers: 

    Grey College 81 – Tries: Werner Rautenbach (2), Michael Horak (2), Anton Noordman (2), Gustav Rademeyer (2), Emile Marais, Kobus Nell, Charl Blom, Jacques Swanepoel. Conversions: Hein van Vuuren (9). Penalty: Van Vuuren. Fichardtpark 11 – Try: Fanie Ferreira. Penalties: Gerrie Labuschagné (2). 

  • JBM Hertzog – 1994

    JBM Hertzog – 1994

    Results 

    JBM Hertzog 12,  Oliën 38
    JBM Hertzog 32,  Heidedal 14
    JBM Hertzog 20,  St. Andrews 3
    JBM Hertzog   7,  President Steyn 25

    Players: Ettienne Marais, Theuns van der Nest, Gerhard Naudé, Douw Grobler, Kobus Wiese, Johan Prinsloo, Clinton Lerm, Chris Otto. 

  • JBM Hertzog – 1993

    JBM Hertzog – 1993

    Results 

    JBM Hertzog 45,  Hoër Handel en Tegnies 0
    JBM Hertzog   5,  President Steyn 39
    JBM Hertzog 19,  Dr. Viljoen 3
    JBM Hertzog   5,  St. Andrews 10

    Players: Ettienne Marais, Casper Knoester, Neil van Niekerk, Eben van Deventer, Stefan Klopper, Johan de Klerk, Theuns van der Nest, Frans van Aardt and Douw Grobler. 

  • Preview – Irawa-liga halfeindstryde

    Preview – Irawa-liga halfeindstryde

     

    Kovsie-logoIn die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) pak verlede jaar se kampioen die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort en die naaswenner Zastron mekaar in die een halfeindstryd. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Zastron het heelwat beserings gedurende die seisoen opgetel met veral die beserings van die senter AJ Goosen en skrumskakel Ruhan Goosen wat groot leemtes gelaat het. Die span het ook sy haker Tumi Slabbert verloor wat na Grey-kollege geskuif het. Wilgerivier het die kern van sy span behou wat verlede jaar as kampioen van die liga gekroon is. AJ Goosen is Zastron se hoofseun en was verlede jaar die voorste driedrukker op skolevlak in die land. Zastron het vanjaar al vir Louis Botha en Hentie Cilliers met hulle volsterkte span die skrik op die lyf gejaag.

    Die span skrumskakel Gerhard van Rensburg beskik waarskynlik oor die suiwerste aangee van enige skoleskrumskakel in die sentrale streek. Sy tweelingbroer, Jacques van Rensburg draf op buitesenter vir die span van Frankfort uit. Albei was verlede jaar ook lede van die seëvierende span wat Zastron 15-11 in die eindstryd getroef het.

    Zastron sal more sterk op die skopskoen van sy losskakel Nakkie Naudé steun. Die span se twee gevaarmanne op die aanval agterlangs is die heelagter Stephan Nel en senter Henri Roodt. Voorlangs sal Wilgerivier die flank Rikus Smit en haker Wayne Slabbert in toom moet hou.

    Een van die grensregters in die halfeindstryd, Drikus Kotze was die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort se senter toe die span in 2007 die eerste kampioen van die Irawa-liga geword het deur Wilgerivier te klop. 
    Landboudal van Jacobsdal sal as gunsteling teen Hoërskool Bothaville op GWK-park uitdraf. Lanties het laas in 2008 toe hy nog in die Shimla-liga (vir mediumskole) gespeel het tot die kompetisie se halfeindstryde deurgedring. Die span van net buite Jacobsdal het 127 seuns wat rugby speel volgens die span se breier Cassie Carstens. Die ander skole in dié liga het soortgelyke getalle. Wilgerivier (108 seuns), Bothaville (140) en Zastron (110) het almal slegs vier spanne in die skool.

    Albei spanne het ‘n Cravenweek-speler, Wessel Hefer (Bothaville) en Kat Mabaleng (Lanties) in hulle geledere. Carstens was ook Griekwas se breier op die 50ste Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole in Polokwane. Die manne van Wilgerivier sal ook Lanties se senter Erick Reynecke ken wat ook al vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se eerste span uitgedraf het.

    Lanties het onlangs ‘n indrukwekkende sege van 21-19 oor Jim Fouché behaal. JF het teen Louis Botha in die Vrystaatse A1-liga eindstryd (30-18) die knie gebuig. Jim Fouché het ook vroeër vanjaar vir Kemptonpark 30-20 getroef. Kemptonpark speel more in die eindstryd van die Beeld-trofee (vir Makroskole) teen EG Jansen van Boksburg. 

    Die spanne is:

    Landboudal vs. Bothaville om 11:20 op GWK-park:

    Landboudal: 15 Morris Rossouw, 14 Kat Mabaleng, 13 Petrie Fourie, 12 Erick Reynecke, 11 JD Mans, 10 Guillaume Oberholster, 9 Conrad du Toit, 8 Henroux Benadé, 7 Zak van Vuuren, 6 Danie du Toit, 5 Morné Kleynhans, 4 Adriaan Brits, 3 Francois Jacobs, 2 Christo Bothma, 1 Guan Botha.

    Bothaville: 15 WJ Crous, 14 Armand van der Merwe, 13 Wessel Hefer, 12 Heinrich Hoops, 11 Francois Jonker, 10 Juandré Kleynhans, 9 Sakkie Wessels, 8 Sakkie Bester, 7 Ayrton Veira, 6 Wikus Louwrens, 5 JJ Botha, 4 Dylan Vermaak, 3 Armand van Wyk, 2 Jan Bothma, 1 Donovan van Wyk.

    Skeidsregter: Marlize Jordaan (Vrystaat)

    Zastron vs. Wilgerivier om 11:20 op Louis Botha:

    Zastron: 15 Stephan Nel, 14 Marco Swanepoel, 13 Christiaan Strauss, 12 Henri Roodt, 11 Tsepo Kente, 10 Nicholas Naudé, 9 Jason Scorgie, 8 Peter MacKay, 7 Rikus Smit, 6 Derik Senekal, 5 Johan Nel, 4 Stefan Greyling, 3 Ivan van Breda Bothma, 2 Wayne Slabbert, 1 Coenraad de Bruyn.

    Wilgerivier: 15 Willem Coetzee, 14 Brian Piek, 13 Jacques van Rensburg, 12 SF Meyer, 11 Ricardo Frade, 10 Pieter Duminy, 9 Gerhard van Rensburg, 8 De Wet Ungerer, 7 Gerrie Muller, 6 Manie Swart, 5 Eric Bibbey, 4 MJ Lourens, 3 Dana Janse van Rensburg, 2 Fanna Venter, 1 Guillaume Strydom.

    Skeidsregter: Jeffrey van Rooyen (Griekwas)
    Grensregters: Phillip van Sittert (Griekwas) en Drikus Kotze (Vrystaat) 

     

  • Preview – Colt-liga halfeindstryde

    DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Bultfontein sal vandag in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se eerste Colt-liga teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter as die gunsteling op die veld draf. Bultfontein is vanjaar nog onoorwonne na 14 kragmetings, met slegs ‘n gelykop-uitslag van 0-elk teen Hoërskool Postmasburg wat die span van ‘n vlekkelose status weerhou.

    Bultfontein het boonop sy teenstander in vandag se halfeindstryd op die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort se jaarlikse sportdag 50-7 kafgedraf. “Daar gebeur baie dinge deur ‘n seisoen en ons sal moet waak daarteen om oorgerus vir die wedstryd te wees,” het Pieter Burger, afrigter van Bultfontein, gesê.

    Een van Bultfontein se sleutelspelers is sy agtsteman en stelskopper, GJ van Eeden. Hy het vanjaar reeds 141 punte vir sy skoolspan aangeteken. Hy het in die vorige kragmeting teen Reddersburg 20 punte tot sy span se totaal via twee drieë en vyf doelskoppe bygedra. Die span se senterpaar Erik Helm en Arno Taljaard sal ook fyn deur Reddersburg dopgehou moet word. Die vaskopstut, Brian van Bosch is ‘n sterke derduiwel.

    Die span van Reddersburg se twee senters Donovan Pretorius en Zaan Momberg is self vanjaar twee staatmakers die span gewees. Die slot Lukas Muller sal voorlangs weer soos in die Vrystaatse B2-liga eindstryd teen Seonela sy kant moet bring.

    In die ander halfeindstryd van die Colt-liga pak die Hoërskool Blinkklip van Postmasburg en die Hoërskool Sandveld van Wesselsbron mekaar. Vir die span van Wesselsbron sal dit ‘n reuse geleentheid wees om op GWK-park in ‘n voorwedstryd vir ‘n Curriebeker-wedstryd uit te draf. Die span kan egter nie te grootoog vir die geleentheid wees nie indien hy tot die eindstryd van die liga wil deurdring nie.

    Vir Sandveld sal sy losskakel Monwabesi Mexico, agtsteman Reinhardt Lennox en flank Michael Fulton sleutelspelers wees.

    Die spanne is:

    Bultfontein vs. Reddersburg om 10:00 op Louis Botha:

    Bultfontein: 15 Bernard Fourie, 14 Marnus Guestyn, 13 Erik Helm, 12 Arno Taljaard, 11 Barend van der Linde, 10 Andrich Olivier, 9 Marnes van Staden, 8 GJ van Eeden, 7 Tefelo Ramathello, 6 Guilliam Viljoen, 5 Niel Grobbelaar, 4 Corné Pohlman, 3 Brian van Bosch, 2 Stefan Basson, 1 Bongani Dikana.

    Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter (Reddersburg): 15 Marcell van Niekerk, 14 Louis Witbooi, 13 Donovan Pretorius, 12 Zaan Momberg, 11 Johan Meiring, 10 PJ Thiart, 9 Erwee Prinsloo, 8 Luan Terblanché, 7 Hanno Coetzee, 6 Katli Moletsane, 5 Nganga Ndamase, 4 Lukas Muller, 3 Dewaldt Badenhorst, 2 William Kasselman, 1 Cassie van Wyk.

    Skeidsregter: Phillip van Sittert (Griekwas)
    Grensregters: Reinie Nel en Dewald Smit

    Hoërskool Blinkklip vs. Hoërskool Sandveld om 10:00 op GWK-park:

    Blinkklip: 15 Sandrake Ndala, 14 Brandon Davids, 13 Brendan Matlhare, 12 Jason Boorman, 11 Graig Willemse, 10 Ryan Paulsen, 9 Anthony Tattas, 8 Romano Jina, 7 Ricardo Louw, 6 Melville Pieterse, 5 Fernando Poya, 4 Valentino Jacobs, 3 Yombi Tshineva, 2 Brandon van der Westhuizen, 1 Renaldo Ready.

    Sandveld: 15 Michael Marx, 14 Wittes Kgotso, 13 Ishmael Masiu, 12 Johan Fick, 11 Sonnyboy Booysen, 10 Monwabesi Mexico, 9 Donald Grant, 8 Reinhardt Lennox, 7 Michael Fulton, 6 Naledi Madungwa, 5 Wian le Roux, 4 Jeremiah Kgang, 3 Alexis Havenga, 2 Jaco Groenewald, 1 Lusapho Mabele.

    Skeidsregter: Sakkie Meyer (Vrystaat)

  • Preview – Shimla-liga halfeindstryde

    Preview – Shimla-liga halfeindstryde

    Kovsie-logoDIE eerste rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap behoort more sy plek vir die vyfde agtereenvolgende jaar in die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) te bespreek. Die span van die Diamantstad pak vandag in die vernaamste voorwedstryd van die Curriebeker-kragmeting tussen Griekwaland-Wes en die Westelike Provinsie vir Hoërskool Voortrekker in die halfeindstryd van die liga. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Noord-Kaap mik vanjaar onder leiding van sy kaptein Lehan Muller daarna om vir die vyfde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Shimla-liga gekroon te word. Voortrekker sal sonder sy Cravenweek-voorryman, Ernie Sumner na die Diamantstad reis. Dit terwyl Noord-Kaap genoeg diepte het om sy kragtige voorryman, Joubert Steyn van die plaasvervangersbank af te laat speel.

    Vir Noord-Kaap behoort sy heelagter Ryan de Wee, vleuel Hillford Clarke, senter Luke Mason en flank Lux Khoza heelwat vrae aan die Trekkers se verdediging te vra. Northerns speel ook sonder sy Cravenweek-skrumskakel GM Bruwer. Dylan Walsh wat in sy plek opdraf was egter ook ‘n lid van die Griekwas se span na die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Polokwane.

    Die Trekkers sal hoop dat sy heelagter Sechaba Matsoele op alle silinders vuur. Die span se senterpaar, Junior Smit en Wian van der Watt, sal ook op hulle stukke moet wees indien die span van Bethlehem vir ‘n verrassing wil sorg. Die besoekers se kaptein en flank, André Janse van Vuuren beleef ‘n skitterende seisoen en sal sy spogvertonings hier op GWK-park wil voortsit.

    In die ander halfeindstryd van die Shimla-liga in Bloemfontein sal Louis Botha gasheer vir Hentie Cilliers van Virginia speel. Albei spanne speel dieselfde tipe rugby en die wedstryd behoort hope vuurwerk op te lewer. Boonop het die Vrystaatse kampioen, Louis Botha sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta terug in sy geledere.

    Hentie Cilliers wat op sy beurt die Griffon-kampioen is, sal egter nie ‘n tree vir sy eweknie van die Rosestad terugstaan nie. Henties se senter Ethan Williams en skrumskakel Jaywin Juries sal more sleutelrolle moet vertolk indien die span van Virginia tot die eindstryd wil deurdring.

    Die spanne is:

    Noord-Kaap vs. Voortrekkers om 12:40 op GWK-park:

    Noord-Kaap: 15 Ryan de Wee, 14 Leon Becker, 13 Dimitrio Tieties, 12 Luke Mason, 11 Hillford Clarke, 10 Guillermo Minnie, 9 Dylan Walsh, 8 Gerhard Holtzhausen, 7 Lux Khoza, 6 Lehan Muller (kaptein), 5 Bradley Leijdekkers, 4 Thulani Njenje, 3 Doctor Booysen, 2 Willie van Aswegen, 1 Geo Davel.

    Voortrekker (Bethlehem): 15 Sechaba Matsoele, 14 Tiisetso Madonsela, 13 Junior Smit, 12 Wian van der Watt, 11 Lethole Mokoena, 10 Tokkie van Zyl, 9 Eloff Scheepers, 8 Robert de Jongh, 7 Seeff Theron, 6 André Janse van Vuuren (kaptein), 5 Frederik Marais, 4 Henko Naudé, 3 Thinus van Staden, 2 Christo van Zyl, 1 Niel Janse van Rensburg.

    Skeidsregter: Pieter van Vuuren (Vrystaat)
    Grensregters: Marlize Jordaan en Johan Wagner

    Louis Botha vs. Hentie Cilliers om 12:40 op Louis Botha:

    Louis Botha: 15 Olwethu Ndakisa, 14 Masego Toolo, 13 Dale Koopman, 12 Ali Mgijima, 11 Sheldon Fortuin, 10 Luke Cyster, 9 Sharwin Cupido, 8 Whaseem Galant, 7 Thando Malaganqa, 6 Refiloe Rampeta, 5 Lebohang Mosala, 4 Victor Maruping, 3 Othello Sebotsa, 2 Grayden Benn, 1 Ox Nche.

    Hentie Cilliers: 15 Jameel Afrika, 14 Jamie Joseph, 13 Ethan Williams, 12 Rian Pretorius, 11 Jonathan April, 10 Sylvester Lewis, 9 Jaywin Juries, 8 Gregan Hull, 7 Anwar Ohlsen, 6 Nathan Kemp, 5 Brandon Kuzatjike (kaptein), 4 Jade Solomons, 3 Justin Williams, 2 Cheslyn van Rayner, 1 Kyle Ess.

    Skeidsregter: Nico Schmahl (Griekwas)
    Grensregters: Jeffrey van Rooyen en R Nel