SSPN Test Site

Blog

  • Oë op Grey se Jordaan, Andrade

    INDIEN die kombinasie van Mike Andrade en Julian Jordaan in die middelveld vandag vir Grey-kollege in sy wedstryd op Hoërskool Fichardtpark se jaarlikse sportdag teen Potchefstroom Gimnasium kliek, gaan ‘n hele paar spanne vanjaar moet bontstaan.

    Die twee het in 2012 die Vrystaatse o.16-span se middelveld beman. Die twee se samespel was een van die redes hoekom die Vrystaat daardie jaar tot die hoofwedstryd van die Grant Khomo-week in aksie was. Andrade was toe nog die Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort se losskakel. Hy het verlede week Grey se laaste proefwedstryde op sy tuisdorp weens ‘n besering misgeloop.

    Jordaan het verlede week op Brandfort se sportdag gewys dat hy weet hoe verdediging aan flarde te skeur. Hy is die neef van die Sharks-senter Paul Jordaan. Julian het wel besluit om voortaan homself op skrumskakel toe te spits. Sy afrigter die voormalige Vrystaat-skrumskakel Tewis de Bruin behoort hom met die skuif te help. Sy vermoë op senter is egter op die oomblik sy sterkpunt.

    Die voormalige Vrystaat-vleuel, Chris Badenhorst se seun Dian draf op skrumskakel uit. Die aanvallende spel van die heelagter, Henry Immelman behoort ook problem vir die span van Potchefstroom te besorg. Die besoekers word deur die voormalige Noordwes-losvoorspeler, Bertus Pool gebrei.

    In die hoofwedstryd van die sportdag pak Fichardtpark vir Hoërskool Grens met sy losskakel Stefan Kloppers se skopskoen en spelskeppende vermoë sal sy span op die voorvoet moet hou.

    Voorlangs behoort die voorrymanne Riaan Coetzee, Jaco Potgieter en agtsteman Pieter Coetzee staatmakers vir die gashere te wees.

    Hoërskool Reitz hou ook vanjaar ‘n sportdag met sy eerstespan wat teen Parys in die hoofwedstryd kragte meet. Voortrekker van Bethlehem sal gasheer vir Jim Fouché speel, terwyl Sand du Plessis na Kroonstad reis om teen Hoërskool Kroonstad kragte te meet.

    In Kimberley sal Noord-Kaap op Pirates vir Marlow Landbou van Cradock pak. Northerns sal na sy nederlaag teen Sentraal verlede week, sy seisoen op dreef wil kry.

    Vandag se bepalings is:

    Fichardtpark Sportdag – Clover-veld: 08:00: Witteberg t. Landboudal; 09:10: Goudveld-Hoërskool t. Hoërskool Upington; 10:20: Duineveld t. Welkom-Gimnasium; 11:30: Louis Botha t. Diamantveld; 12:40: AHS Kroonstad t. Cherries; 13:50: Sentraal t. Hentie Cilliers; 15:00: Grey-kollege t. Potchefstroom Gimnasium; 16:10: Fichardtpark t. Hoërskool Grens. B-veld: 09:10: Hoopstad t. Hendrik Potgieter (Reddersburg); 10:20: De Aar t. Grey XV-tal; 11:30: Brandfort t. Hangklip; 12:40: Aliwal-Noord t. Hennenman; 13:50: Zastron t. Riebeeckstad; 15:00: Koffiefontein t. Hoërskool Middelburg (Oos-Kaap); 16:10: Kimberley Boys’ High t. Burgersdorp.

    Reitz Sportdag – 13:30: Paul Erasmus (Senekal) t. Belvedere; 14:50: Reitz t. Parys.

    Ander: 11:10: St. Andrew t. Union; 11:30: Hoërskool Kroonstad t. Sand du Plessis; 12:30: Noord-Kaap t. Marlow Landbou; 12:30: Hoërskool Bloemfontein t. Bothaville; 13:30: Voortrekker t. Jim Fouché

  • Sentraal – 2014

    Results 

    Sentraal 19,  Landboudal 26
    Sentraal 20,  Noord-Kaap 12
    Sentraal 25,  Hentie Cilliers 23
    Sentraal 35,  Waterkloof 21
    Sentraal   7,  AHS Kroonstad 12
    Sentraal 35,  Hugenote (Wellington) 20
    Sentraal 27,  Pietersburg HS 3
    Sentraal   3,  Oakdale Landbou 12
    Sentraal 17,  Cherries 50
    Sentraal 29,  Fichardtpark 33
    Sentraal   0,  Grey College 34
    Sentraal 21,  Jim Fouche 26

    Players: DP de Lange, SJ Wessels, Lafras Bekker, SJ Fourie, Zirk Kok, Franco Mostert, Stefno Eckhard, Kobus Lombaard, EP Nel, Johan Strydom, AJ Page, Pieter Kotze, Ben Kok, Willem van Aardt, Denzil Fiff. 

    Coaches: Adolf Swiegers and Jorrie Grobler.

    20 or more points in a match: 

    20 – DP de Lange vs. Waterkloof (1 try, 3 con, 3 pen)

  • Pionier – 2014

    Results

    Pionier 22,  Piet Retief 15
    Pionier 23,  Wagpos 12

  • School Rugby Results – 1 March 2014

     

    Griffons 

    AHS Kroonstad 13 Fichardtpark 22
    Hentie Cilliers 43 Zastron  0
    Welkom Gimnasium 16 Grey Barbarians 26
    Goudveld 0 Grey College XV 111
    Bothaville 29 Brandfort 14

    Griqualand West

    Noord-Kaap 12 Sentraal 20
    Diamantveld 20 Duineveld 11
    Landboudal 8 Louis Botha 32
           

    Free State 

    Brandfort 14 Bothaville 29
    Sentraal 20 Noord-Kaap 12
    Fichardtpark 22 AHS Kroonstad 13
    Louis Botha  32 Landboudal  8
    Jim Fouche 28 Klerksdorp HS 0
    Zastron  0 Hentie Cilliers  43
    Grey College XV 111 Goudveld 0
    Grey Barbarians 26 Welkom Gimnasium 16
    Sand du Plessis 38 Ficksburg  7

     KwaZulu-Natal 

    Pionier  23 Wagpos 12
           
           
           

     Limpopo 

    Louis Trichardt 24 Ellisras 12
    Merensky 10 Nylstroom 10
    Frikkie Meyer 12 Lichtenburg 10
           

    North West  

     

     

     

  • Brandfort vir die eerste keer op sportdag verslaan

    ‘n TROTSE rekord het Saterdag op Pagepark in Brandfort in die slag gebly. Die gasheer van die jaarlikse sportdag hier, die Hoërskool Staatspresident Swart is vir die eerste keer in die 15 jarige bestaan van dié dag verslaan.

    En dit het ‘n kliniese vertoning van Hoërskool Bothaville gekos om die kragmeting 29-14 te wen en sodoende ‘n uitsonderlike rekord in die slag te laat bly. Bothaville het feitlik al die balbesit sowel as die gebiedsvoordeel in die kragmeting geniet. Die tuisspan het egter verwoed verdedig en rustyd slegs 7-15 agtergeloop ondanks ‘n reuse aanslag deur Bothaville op sy doellyn. Brandfort het slegs een keer balbesit in Bothaville se helfte geniet en toe het sy flank Ernst Victor gaan druk, na goeie samespel deur die senter Vlam Groenewald en Henco de Wet. 

    Vir Bothaville het sy kaptein en agtsteman Sakkie Bester en losskakel WJ Crous uitstaande vertonings gelewer. Hoewel Crous ‘n geelkaart vir ‘n ontoelaatbare duikslag ontvang het, het hy ook twee van sy span se drieë gedruk en drie doelskoppe oorgeklits. Brandfort se lynstaanwerk en skrumwerk was sy grootste swakpunte.

    Grey-kollege se XV-tal, die skool se waarskynlike eerstespan sonder krieketspelers en atlete, het nie veel meer as skadu-rugby teen Goudveld-Hoërskool gespeel nie. Die span van Grey het Goudveld in 35 minute 111-0 verneder. Die eerste helfte was slegs 22 minute lank, terwyl die tweede helfte net 13 minute lank was. Die skeidsregter, Sakkie Meyer het slegs sy fluitjie vir die 18 drieë, agt doelskoppe, die twee afskoppe en vir die sewe skrums van die wedstryd geblaas. Hy het nie een strafskop toegeken nie.

    Hoewel dié nie Goudveld se eerstespan was nie, het die program van die dag daarmee verskil. Gouties se eerstespan het ‘n kamp die naweek gehad, dit was dus ‘n tweede span. Daar is baie ander skole wat baie sou doen vir ‘n geleentheid om hul trots teen die land se voorste rugbyskool te meet, die span van Welkom het sy geleentheid en waarskynlik toekomstige geleenthede verspeel.

    Grey se Barbarians het veel taaier teenstand van Gouties se aartsvyand, Welkom-Gimnasium ontvang. Die Barbarians het 26-16 as oorwinnaars van die veld gestap danksy skitterspel deur Julian Jordaan. Jordaan het die kragmeting as skrumskakel begin en toe hy as binnesenter weer op die veld kom het hy eers die aanvoorwerk vir die vleuel Godfrey Simelane se tweede drie gedoen en dié verdoel om sy span 17-16 te laat voorloop. Hy het daarna weer soos ‘n warm mes deur botter deur Gimmies se verdediging geglip om self te gaan druk. Gimmies moes vir lank met 14 spelers klaarkom omdat twee spelers Nazo Nkala en Ediaan Badenhorst wat koelkas toe gestuur is. Vir Gimmies was sys enter Danie Hendriks ‘n yster op verdediging.

    Hentie Cilliers se tweede span het President Steyn 40-5 die loef afgesteek. 

    Puntemakers: 

    Bothaville 29 (15) – Drieë: WJ Crous (2), Sakkie Bester, Armand van Wyk. Doelskoppe: Crous (3). Penalty: Derick Beeslaar. Brandfort 14 (7) – Drieë: Ernst Victor, Pieter Reynecke. Doelskoppe: Henco de Wet (2).

    Grey-kollege XV-tal 111 (76) – Drieë: Charl Pretorius (4), Niel Stannard (3), Henry Slabbert (2), Glen Erickson (2), Dwayne Wessels (2), Marius Kruger, CJ Lötter, Louwtjie Steenkamp, Diaan Gouws, Julian Jordaan. Doelskoppe: Henry Immelman (5), Steenkamp (3), Erickson. Goudveld-Hoërskool 0.

    Grey Barbarians 26 (10) – Drieë: Godfrey Simelane (2), AJ Barkhuizen, Julian Jordaan. Doelskoppe: Jordaan (2), Tokkie Kasselman. Welkom Gimnasium 16 (10) – Drie: SJ Malherbe. Doelskop: JL Carry-Smith. Strafdoele: Carry-Smith (3).

  • Sentraal behaal spog-oorwinning oor Northerns

    DIE rugbyspan van Hoërskool Sentraal het ‘n houvas wat Noord-Kaap van Kimberley oor hom sedert 2010 gehad het Saterdag op Brandfort se jaarlikse sportdag verbreek. Die Tralies was 20-12 in die wedstryd baas.

    Dié oorwinning sal ook die span se selfvertroue help nadat hy Maandag teen Landboudal van Jacobsdal 19-26 aan die verloorkant was. Die kragmeting het laat begin weens vervoer probleme wat die span van die Diamantstad ondervind het. Die span se bus het twee keer tot stilstand gekom weens gebarste buitebande. Die kragmeting is ook verkort tot ‘n eerste helfte van 24 minute en ‘n tweede helfte van 17 minute.

    Vir Tralies het sy stut, Lafras Bekker uitmuntend vertoon. Hy het die bal goed gedra, terwyl hy en Doctor Booysen van Northerns mekaar ‘n opdraende stryd in die skrums gegee het. Die losskakel, DP de Lange het agterlangs ‘n stewige vertoning gelewer.

    Fichardtpark het op die sportdag ‘n sege van 22-13 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad behaal. Die span wat deur Dirkie Groenewald gebrei word het ook Maandag ‘n goeie vertoning teen Diamantveld van Kimberley opgesit. Die span van die Diamantstad het 21-14 gewen.

    Vir Fichies was sy losskakel Stefan Klopper Saterdag ‘n staatmaker. Hy het 17 punte met sy skopskoen bygedra.

    ‘n Driekuns deur die skrumskakel en kaptein van Hentie Cilliers, Jaywinn Juries het sy span tot ‘n sege van 43-0 oor Zastron aangevuur. Juries is ‘n speler wat vanjaar ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die nasionale skolespan behoort te maak.

    Voorlangs het Damain May op flank ook goed vertoon, terwyl die heelagter Ezrick Alexander ‘n hele paar gevaarlike aanvalle vanuit die laaste vesting geloods het.

    Hennenman het met sy vleuel Mzwake Xalisa aan die spits vir die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg 27-14 geklop. Mzwake het twee drieë gedruk, met twee doelskoppe geslaag en ook ‘n strafdoel tussen deur die pale gejaag.

    Diamantveld het ‘n sege van 20-11 oor Duineveld in Upington behaal. Vir die wenspan het sy losskakel, Gerco Nortjé sy skopskoene aangehad. Hy was met twee doelskoppe, ‘n strafdoel en ‘n skepdoel in die kol. Vir Duineveld het die flank Erik Jordaan, heelagter Ruan Matthews en stut Stefan Hanekom goeie vertonings gelewer.

    Louis Botha het op Jacobsdal sy seisoen met ‘n klinkende sege van 32-8 oor Landboudal afgeskop. Die span se losskakel, Ewan Adams het ‘n driekuns aan drieë behaal en ook ‘n persoonlike bydrae van 22 punte gelewer. Vir die wenspan het sy stut Joseph Dweba en flank Victor Maruping saam met Adams uitgeblink.

    Sand du Plessis was te sterk vir Ficksburg op sy tuisveld en het 38-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se haker en kaptein Rudo Peens was saam met die agtsteman JB la Cock voorlangs sterre gewees. Reinhardt de Villiers kan op losskakel ook tevrede met sy vertoning voel.

    In Klerksdorp het Jim Fouché sy seisoen ook op ‘n hoë not afgeskop deur Hoërskool Klerksdorp 26-0 te verslaan. Die span van die Rosestad het nie baie balbesit geniet nie, maar het sy kanse beter benut. Die voorspelers het goed verdedig met die stut Anton Noordman wat ‘n klop klop op die skouer verdien.

    Agterlangs was die vleuel Thiardt Ingram en heelagter Danneel Stone uitstaande.

    Puntemakers:

    Sentraal 20 (13) – Drieë: SJ Wessels, AJ Page. Doelskoppe: DP de Lange (2). Strafdoele: De Lange (2). Noord-Kaap 12 (7) – Drieë: Thomas Fortuin, Gerhard Holtzhausen. Doelskop: Robbie Petzer.

    Hentie Cilliers 43 (26) – Drieë: Jaywinn Juries (3), Damian May, Siyabonga Luwaca, Melton Wentzel, Emile Seconds. Doelskoppe: Juries (4). Zastron 0.

    Fichardtpark 22 (16) – Drie: Erhard Smith. Doelskop: Klopper. Strafdoele: Klopper (5). AHS Kroonstad 13 (13) – Drie: Francois Stemmet. Doelskop: Jeandré Uys. Strafdoele: Uys (2).

    Hennenman 27 (10) – Drieë: Mzwake Xalisa (2), Angelo Pienaar, Daniel Mokopane. Doelskoppe: Xalisa (2). Strafdoel: Xalisa. Hendrik Potgieter 14 (7).

    Diamantveld 20 (7) – Drieë: Michael Rodrigues, Marno Willemse. Doelskoppe: Gerco Nortjé (2). Strafdoel: Nortjé. Skepdoel: Nortjé. Duineveld 11 (11) – Drie: Ryno Karstens. Strafdoele: Ruan Matthews (2).

    Louis Botha 32 (10) – Drieë: Ewan Adams (3), Jeandré Christiaan, Dale Koopman. Doelskoppe: Adams (2). Strafdoel: Adams. Landboudal 8 (8).

    Sand du Plessis 38 (26) – Drieë: Rudo Peens (2), Reinhardt de Villiers, Dale Nel, Gustav Greyling, JB la Cock. Doelskoppe: La Cock (4). Ficksburg 7 (0).

    Jim Fouché 28 – Drieë: Thiardt Ingram (2), Marco Vermeulen, Strafdrie. Doelskoppe: Tiaan Schutte (4). Hoërskool Klerksdorp 0.

    Theunissen 28 – Drieë: Sylvester Seseane (2), Atmuan Kok (2). Doelskoppe: Ennock Rakotsoane (4). Böhmer 7.

    Landboudal 26 – Drieë: Kat Mabaleng, Erick Reinecke, CD Wilke, Petri Fourie. Doelskoppe: Reinecke (3). Sentraal 19 – Drieë: AJ Page, Stefano Eckhard, SJ Wessels. Doelskoppe: DP de Lange (2).

  • Brandfort verdedig trotse rekord teen Bothaville

    DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort sal vandag in die hoofwedstryd van sy 15de jaarlikse sportdag teen Hoërskool Bothaville sy trotse onoorwonne rekord verdedig.

    Die span van Brandfort was sedert die ontstaan van die sportdag nog nie aan die verloorkant op dié dag nie.
    Grey-kollege sal ook vir die eerste keer sedert 2000 weer op dié sportdag in aksie wees. Daar sal twee spanne van Grey teen onderskeidelik Welkom-Gimnasium en Goudveld-Hoërskool kragte meet. Die span van die Rosestad gebruik die wedstryde as proewe.

    Grey se breier, Tewis de Bruin was in Grey se laaste wedstryd in Brandfort in aksie. Grey het op daardie dag vir Fichardtpark 106-0 kaf gedraf. De Bruin het 26 van sy span se punte aangeteken. Hy het 13 doelskoppe oorgeklits.

    Grey se Mike Andrade wat van Brandfort af kom sal weens ‘n enkelbesering nie aan die sportdag deelneem nie. Hy het twee jaar terug vir Brandfort op die sportdag teen Parys uitgedraf.

    In die vernaamste voorwedstryd van die sportdag pak Sentraal en Noord-Kaap mekaar. Tralies het vroeër die week teen Landboudal van Jacobsdal 16-27 die knie gebuig. Northerns se agtsteman, Gerhard Holtzhausen is in die nasionale skole-sewesgroep. Tralies se losskakel DP de Lange en slot SJ Wessels was twee jaar gelede in die nasionale o.16 groen groep.

    In Jacobsdal op Landboudal se jaarlikse sportdag sal Louis Botha se nuwe Suid-Afrikaanse Skole aanwins, Joseph Dweba sy buiging vir die span van die Rosestad maak. Dweba het verlede jaar vir Florida en die Leeus op die Cravenweek gespeel.

    Hy is egter nie verkiesbaar vir vanjaar se Cravenweek-toernooi in Middelburg nie.

    Die stryd in die kragmeting om dop te hou is tussen die gasheer se senterpaar Kat Mabaleng en Guillaume Oberholster teen hulle eweknieë van Louis Botha Ali Mgijima en Dale Koopman. Koopman en Mgijima het verlede jaar vir die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig, terwyl Mabaleng vir Griekwas gespeel het.
    Vandag se skolerugbybepalings:

    Brandfort Rugbydag: A-veld – 07:35: Bultfontein t. Goudveld III; 08:45: Hendrik Potgieter t. Hennenman; 09:55: President Steyn t. Hentie Cilliers II; 11:05: Grey Barbarians t. Welkom-Gimnasium; 12:15: Fichardtpark t. AHS Kroonstad; 13:25: Grey XV-tal t. Goudveld; 14:35: Zastron t. Hentie Cilliers; 15:45: Sentraal t. Noord-Kaap; 17:00: Brandfort t. Bothaville; B-veld – 15:30 – Theunissen t. Bohmer; 16:30: Martie du Plessis t. Zastron II. Ander – 12:20 – Sand du Plessis t. Ficksburg; 12:30: Duineveld t. Diamantveld; 13:30: Hoërskool Klerksdorp t. Jim Fouché; 16:30: Landboudal t. Louis Botha

  • Brandfort Sportdag

     

    The teams: 

     

     

     

     

     

    Hentie Cilliers vs. Zastron at 14:35: 

    Hentie Cilliers: 15 Ezrick Alexander, 14 Benji Muller, 13 Siyamamkela Nxgesha, 12 Luciano Jones, 11 Jonathan April, 10 Sylvester Lewis, 9 Jaywinn Juries (c), 8 Nathan Kemp, 7 Siyabonga Luwaca, 6 Damian May, 5 Melton Wentzel, 4 Werner Bester, 3 Justin Williams, 2 Emile Seconds, 1 Neo Moahlapi.

    Zastron: 

  • Blue Bulls schools/club league gets major boost

    The Blue Bulls Rugby Union and their Schools Rugby Association, in co-operation with sports promoter Willem Strauss and coffee retail franchise Enrista, on Wednesday announced an innovative and exciting new rugby competition that will combine club and schools rugby that will boost player numbers for both entities.

    The Enrista Future Blue Bulls competition will see the eight Carlton League clubs combine with schools in their general catchment area in a tournament that will involve 46 schools teams competing in those eight club sides.

    The Future Tuks, Future Police, Future Centurion, Future Oostelikes, Future Valke, Future Naka Bulle, Future Harlequins and Future Vikings will all enter u.19 teams, consisting of only matriculants, in the new competition.

    No player who represented the Blue Bulls Schools Association in any representative week (like the Coca-Cola Craven Week) will be eligible for these teams.

    “This will not only broaden our player base, but will also benefit players from smaller schools and those who develop a bit later, as they will now have a platform to showcase their talents,” Strauss said.
    “We have perfect examples of such players in Marcel Coetzee and Juan Smith and we believe this competition can deliver gems like that.”

    The tournament will be played in the June school holidays and all teams will play three matches. A similar tournament for the Valke province is also in the planning stage and Strauss hopes to see the concept become a nationwide one.

    “We see the clubs/schools league as the way forward to grow the game,” said Strauss.
    It was an easy buy-in from their side, according to the Chief Executive Officer of the Blue Bulls Rugby Union,

    Dr. Eugene Hare.
    “All unions in the country have issues with numbers in club rugby and this initiative can produce a big number of school players that will continue playing after school. It is also important to expose schools players to the club rugby culture and this will make that happen.”

    All schools players will be capped by their respective clubs.

    Ferdie Niemand, chairman of the Blue Bulls Schools Rugby Association, see a number of benefits in this venture.

    Not only will this boost playing numbers amongst clubs, but could provide another pathway for talented players, he said.

    “We can only accommodate a small number of talented players in our provincial teams, but this tournament will give a host of players another opportunity to play in a very competitive environment.”

    Enrista’s Andre van der Westhuizen saw an easy fit between their products and this project.

    “We started our involvement in rugby by sponsoring the Blue Bulls referees and extended that last year to the u.18 Craven Week side. We are keen to reward our loyal customers and research showed that they loved their rugby as much as our coffee, so we decided to get involve at the grassroots tier. It is really concerning to see the number of schools players quitting the game after school and we believe this tournament will help to keep school leavers in the game.

  • School Rugby Results – 22 February 2014

    Griffons

    Vrede  24 Empangeni 12
    Welkom HS 3 Sarel Cilliers (Glencoe) 66

    KwaZulu-Natal

    Sarel Cilliers 66 Welkom HS 3
    Vryheid Landbou 56 Vaalpark  5
    KwaZulu-Natal Development 22 Newcastle 17
    Vryheid HS 10 Ermelo 22
    Empangeni  12 Vrede  24
    Dundee  8 Standerton 48

    Western Province 

    President  16 Pueyrredon RFC (ARG) 46