
Die Valke se voorlopige Cravenweek-span sal Dinsdag behoorlik op die proef in sy opwarmingswedstryd teen sy eweknie van die Blou Bulle op Loftus Versfeld se B-veld in Pretoria gestel word.
Die Valke se keurders kon slegs drie spelers in hul uitsoekgroep insluit wat verlede jaar ook op die Cravenweek-toernooi in Krugersdorp in aksie was. Hulle is Daniel Kazambo (flank), Tshepo Molakeng (buitesenter) en Khumo Maimane (stut).
Kazambo het verlede jaar as slot vir die Rooi Duiwels uitgedraf.
Die Valke se eerste wedstryd op die Cravenweek later vanjaar sal teen die Luiperds wees. Vanjaar se 60ste Cravenweek vir hoërskole vind van 7 tot 12 Julie op die velde van Hoërskool Middelburg plaas.
Dr. EG Jansen van Boksburg het met nege spelers in die uitsoekgroep die grootste verteenwoordiging. Transvalia van Vanderbijlpark het met vyf spelers die tweede grootste verteenwoordiging. Die twee skole is die die Valke se enigste verteenwoordigers in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup.
Die Valke het ‘n goeie toernooi verlede jaar in Krugersdorp beleef met seges oor die Luiperds (36-26) en Griekwaland-Wes (30-24). Hulle enigste nederlaag was tydens hul eerste kragmeting teen Suidwestelike Distrikte (34-34).
Die spanne is:
Cravenweek: 15 Deshean Pietersen (EG Jansen), 14 Dihan Crause (Transvalia), 13 Tshepo Molakeng (Transvalia), 12 Christopher Combrinck (EG Jansen), 11 Otlotleng Zulu (EG Jansen), 10 Juan van Aswegen (EG Jansen), 9 Thanyani Mokiri (Hugenote), 8 Alex Mohlale (Jeugland), 7 Daniel Kazambo (Transvalia), 6 Slade Mowbray (EG Jansen), 5 Christiaan Liebenberg (Transvalia), 4 Daniel Wawina (Jeugland), 3 Elshaan Duminy (EG Jansen), 2 Marco Ventura (EG Jansen), 1 Khumo Maimane (Jeugland). Plaasvervangers: 16 Lesego Moetsi (Jeugland), 17 Ruan Roussouw (EG Jansen), 18 Deveraux Weideman (EG Jansen), 19 Gerhard Oosthuizen (Die Anker), 20 Kyle Maartens (Transvalia), 21 Tumi Moloi (Transvalia), 22 Wian Riekert (Kempton Park), 23 Joshua van Rensburg (Hoërskool Alberton).
9 EG Jansen | 5 Transvalia | 4 Jeugland | 1 Hugenote (Springs) | 1 Kempton Park | 1 Die Anker | 1 Hoërskool Alberton
Akademie-week: 15 King Agbanzo (Jeugland), 14 Musa Mahlangu (Hugenote), 13 Dylan Jordaan (Oosterlig), 12 Duwayne Zeekoei (EG Jansen), 11 Andile Malinga (Hoërskool Sasolburg), 10 Luka Pretorius (Dr. Malan), 9 Jason Coetzer (Brandwag), 8 Juandré Pretorius (Heidelberg Volkskool), 7 Jacques van Tonder (EG Jansen), 6 L Nlebi (Jeugland), 5 I Botha (EG Jansen), 4 L Mtsweni (Benoni High), 3 Junior Ngwenya (Brandwag), 2 Wihandré Kruger (Transvalia), 1 Branden Sauerman (Die Anker). Plaasvervangers: 16 Lwazi Molotja (Jeugland), 17 Reuben Bothma (Heidelberg Volkskool), 18 Gerhard Rossouw (Transvalia), 19 Craig Lightfoot (EG Jansen), 20 Luca du Plooy (Kempton Park), 21 Themba Mbele (Hoërskool Sasolburg), 22 N Koketso (Jeugland), 23 L Hector (EG Jansen).


SuperSport United, defeated Jomo Cosmos on Saturday in the Gauteng Development League (GDL). By scoring two goals and conceding none, Matsatsantsa aPitori returned to the top of the u19 GDL standings.












The regular phase of the Mancosa KwaZulu-Natal High Schools Football Association (KZNHSA) Coastal and Inland A-Leagues is nearing its conclusion, with two matches remaining for each of the sides before the knockout stage.
Although the focus of many has been directed towards the Mancosa KwaZulu-Natal Schools Football Association (KZNHSFA) Coastal and Inland A-Leagues, teams such as ML Sultan and Queensburgh High School have been consistently providing outstanding results week after week in the Coastal and Inland B-Leagues.
