{"id":11031,"date":"2022-07-31T10:08:20","date_gmt":"2022-07-31T08:08:20","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=11031"},"modified":"2022-07-31T10:08:20","modified_gmt":"2022-07-31T08:08:20","slug":"paarl-boishaai-die-konings-van-interskole-2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=11031","title":{"rendered":"Paarl Boishaai die konings van Interskole 2022"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-11032 alignleft\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/NewsG-Boishaai-Interskole-2022-300x214.jpg\" alt=\"\" width=\"379\" height=\"270\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/NewsG-Boishaai-Interskole-2022-300x214.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/NewsG-Boishaai-Interskole-2022-768x548.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/07\/NewsG-Boishaai-Interskole-2022.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 379px) 100vw, 379px\" \/><\/p>\n<p>Welkom terug, Sean Erasmus!<\/p>\n<p>Die Paarl is vir die volgende jaar blou, Boishaai blou \u2013 en die sleutel tot ten minste die helfte van di\u00e9 Bolandse dorp behoort nou aan Erasmus.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het met 26-24 in die grootste skolewedstryd op die aardbol teen Paarl Gimnasium in die Faurestraat-stadion koning gekraai.<\/p>\n<p>Dit was \u2018n wedstryd vir die boeke \u2013 dit was kliphard, aanskoulik, senutergend en met so tikkie kontroversie. Alles bestandele vir \u2018n skolewedstryd wat voorwaar \u2018n vertoonventer vir die spel op skoolvlak in Suid-Afrika is.<\/p>\n<p>Dit was Boishaai se afrigter, Erasmus, se eerste interskole sedert hy in 2018 besluit het om hom by die Goue Leeus aan te sluit. Gim was in 2019 met 18-17 baas, terwyl Boishaai onder Erasmus van 2015 tot 2018 met die louere weggestap het.<\/p>\n<p>Die wenspan was met ongeveer 50 minute se spel in die wedstryd met 16-3 aan stuur van sake. Dit was veral sy SA Skole-buitesenter, Shah-Jehaan de Jongh, wat agterlangs uitstekend was.<\/p>\n<p>Voorlangs het die agtsteman, Hugo-Ben Horn, slot Van Heerden Pretorius, en die flank Divan Fuller die fisieke aanslag gelei. Gimmies se SA Skole-haker, Luca Bakkes, asook die flank Willie de Waal blink vertonings gelewer.<\/p>\n<p>Gim se beste speler was egter sy skrumskakel, Emrique Liedeman, wat die terugvegpoging gelei het. Sy drie in die 60ste minuut het Boishaai se voorsprong tot 17-19 gekrimp.<\/p>\n<p>Horn het kort daarna \u2018n drie gedruk wat dalk nie toegeken sou word indien daar \u2018n televisie-skeidsregter ingeroep kon word nie. Hoewel dit die wind ietwat uit Gimmies se seile geneem het, het die span goed teruggeveg om amper daarin te slaag om die uitslag in hul guns te swaai.<\/p>\n<p>Stellenberg se Jade Brigade het geskiedenis in die Agter-Paarl gemaak deur vir die eerste keer ooit daarin te slaag om Boland Landbou op di\u00e9 plaas te troef.<\/p>\n<p>Die Jade Brigade was met 27-23 baas na hy reeds teen lemoentyd \u2018n voorsprong van 24-6 opgebou het.<\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium het ook op die plaas net buite Riversdal daarin geslaag om \u2018n sege van 13-3 teen Oakdale Landbou deur te trek.<\/p>\n<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria was vuurwarm in sy kragmeting teen Waterkloof. Affies se Wit Bulle het die kragmeting gemaklik met 60-15 gewen.<\/p>\n<p>Marais Viljoen van Alberton het sy eerste sege van die seisoen danksy \u2018n skitterende verdedigende vertoning van 20-13 oor Menlopark behaal. Dit was veral die span se flank Cephas van Biljon wat uitstaande vir die wenspan was.<\/p>\n<p>Dit was boonop Marais Viljoen se laaste tuiswedstryd met sy hoof, Martie Heystek, aanstuur voordat sy later vanjaar die tuig neerle. Heystek is al sedert 1980 betrokke by Marais Viljoen.<\/p>\n<p>Garsfontein het sy plek in die uitkloprondes van die Noordvaal-trofee met \u2018n sege van 42-32 oor Noordheuwel bespreek. Die Garsies se buitesenter, Demitri Erasmus, en agtsteman, Maynard Kleynhans, was uitstaande. Laasgenoemde het waarskynlik sy beste wedstryd nog vir die Bere gespeel.<\/p>\n<p>Die gesegde lui om gelykop te speel is soos om jou suster te soen, maar as jy in \u2018n eindstryd gelykop teen jou aartsvyand speel is dit slegter as om jou suster te soen.<\/p>\n<p>Boonop moes die twee spanne van Bethlehem, Witteberg en Voortrekker, na Bloemfontein reis om mekaar in die eindstryd van vanjaar se Wesgrow-liga te pak.<\/p>\n<p>Die twee spanne moes toe die louere met 17-elk deel en weer die lang tog terug Riemland toe aanpak.<\/p>\n<p>In die Sandveld-liga se eindstryd het Bothaville met 10-7 in \u2018n strawwe eindstryd oor Wilgerivier van Frankfort koning gekraai.<\/p>\n<p>Grey-kollege het sy naamgenoot van die Baai met 52-34 kaf gedraf.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL-TROFEE<\/strong><\/p>\n<p><strong>Afdeling 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> Marais Viljoen 20, Menlopark 13; Garsfontein 42, Noordheuwel 32; Monument 34, Helpmekaar 12; EG Jansen 39, HTS Middelburg 10.<\/p>\n<p><strong>Plaat:<\/strong> Ho\u00ebrskool Nelspruit 42, Ben Vorster 21; Ho\u00ebrskool Rustenburg 40, Transvalia 24; Kempton Park 29, Zwartkop 21; Montana 23, Ho\u00ebrskool Middelburg 15.<\/p>\n<p><strong>Skild:<\/strong> Oos-Moot 24, Eldoraigne 17.<\/p>\n<p><strong>Bowl:<\/strong> Wesvalia 20, Ho\u00ebrskool Pietersburg 9; Dr. Malan 31, Centurion 16; Secunda 28, Die Anker 24.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 2 &#8211; Uitspele<\/strong><\/p>\n<p>Midstream College 24, Hans Strijdom 15; Merensky 50, Leeuwenhof 12; Brandwag (Benoni) 41, Wonderboom 26; Ermelo 30, Potchefstroom Gimnasium 17; Piet Retief 18, Wagpos 14; Oosterlig 38, Pretoria-Noord 26; Frikkie Meyer 66, Randburg 12.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 3 \u2013 Uitspele <\/strong><\/p>\n<p>Frans du Toit 26, Hoogenhout 15; Vryburg 31, Curro Nelspruit 18; Overvaal 37, Lydenburg 34; Wolmaransstad 27, Standerton 21; Fochville 31, Delmas 22; Curro Hazeldean 40, Stoffberg 14; CR Swart 34, HTS Sasolburg 33; Die Wilgers 41, Kanonkop 12.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 4 &#8211; Uitspele <\/strong><\/p>\n<p>Eric Louw 15, Zeerust 14; Bekker 26, Parys 12; Patriot 24, HTS Potchefstroom 11; Koster 53, Glenbrack 0; Hendrina 48, Kwazaduza 7.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/p>\n<p>Affies 60, Waterkloof 15; King Edward VII 19, Jeppe 16; Maritzburg College 50, Pretoria Boys\u2019 High 26.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 52, Grey High School 34; Witteberg 17, Voortrekker 17; Ho\u00ebrskool Upington 71, Kalahari (Kuruman) 14; Ho\u00ebrskool Kathu 35, Curro Kathu 35; St. Andrews 28, Sand du Plessis 27; Bothaville 10, Wilgerivier 7; Hoopstad 45, Hennenman 8.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP\/OOS-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 26, Paarl Gimnasium 24; Stellenberg 27, Boland Landbou 23; Bishops 29, Durbanville 28; Paul Roos 13, Oakdale Landbou 3; Framesby 27, HTS Drostdy 24; Rondebosch Boys\u2019 High 57, Parel Vallei 20; Die Brandwag (Uitenhage) 38, Ho\u00ebrskool Punt 5; Robertson 34, Caledon 29; Marlow Landbou 24, Pearson 10; Excelsior 33, Grootte Schuur 5; Ho\u00ebrskool Strand 46, Ho\u00ebrskool Bellville 0; Edgemead 29, Parklands College 12; Montagu 37, Langenhoven Gimnasium 31; SACS 43, Milnerton 7. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Welkom terug, Sean Erasmus! Die Paarl is vir die volgende jaar blou, Boishaai blou \u2013 en die sleutel tot ten minste die helfte van di\u00e9 Bolandse dorp behoort nou aan Erasmus. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het met 26-24 in die grootste skolewedstryd op die aardbol teen Paarl Gimnasium in die Faurestraat-stadion koning gekraai. Dit was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":11032,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-11031","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11031","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11031"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11031\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11032"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11031"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11031"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11031"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}