{"id":11169,"date":"2022-08-07T09:24:50","date_gmt":"2022-08-07T07:24:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=11169"},"modified":"2022-08-07T09:24:50","modified_gmt":"2022-08-07T07:24:50","slug":"boishaai-gebere-deur-kwaggas-in-george","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=11169","title":{"rendered":"Boishaai geb\u00eare deur Kwaggas in George"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_11170\" aria-describedby=\"caption-attachment-11170\" style=\"width: 380px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-11170\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/IMG_4048-300x240.jpg\" alt=\"\" width=\"380\" height=\"304\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/IMG_4048-300x240.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/IMG_4048-768x615.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/IMG_4048.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-11170\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Francois Boshoff<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Outeniqua se Kwaggas het gister weereens gewys dat hulle nie sommer op hul tuisveld onderskat kan word nie.<\/p>\n<p>Die Kwaggas het die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl met 21-20 in George getroef om Boishaai se seisoen op \u2018n negatiewe noot te laat eindig. Boishaai sal waarskynlik in die toekoms herbesin om na die interskole teen Paarl Gimnasium nog \u2018n wedstryd te speel.<\/p>\n<p>Dit neem egter niks weg van die Kwaggas se vertoning nie. Gewoonlik is dit die span van George se agterhoede wat \u2018n groot rol in hul wedstrydplan speel.<\/p>\n<p>Di\u00e9 keer was dit egter die agttal met die agtsteman,<strong> Camden-Jay Schoeman<\/strong>, aan die spits wat die grondslag vir die sege gel\u00ea het. Die Kwaggas het met hul rolmaalbewegings vanaf die lynstane vir Boishaai probleme besorg.<\/p>\n<p>Die agttal se kruiptrekker is hier aangevuur deur hul jokkie \u2013 die skrumskakel, <strong>Jamil Pretorius<\/strong>, wat nie skaam was om die manne met die plathand aan te hits doellyn toe nie.<\/p>\n<p>Die wendrie is deur die voorryman <strong>Ruan Swart<\/strong> met nog vyf minute se speeltyd oor gedruk. Toe <strong>Cliffe Jacobs<\/strong> met die doelskop slaag was dit die eerste keer wat sy span die voortou geneem het.<\/p>\n<p>Boishaai se afrigters sou altyd sukkel om na \u2018n interskole-sege hul span te motiveer vir die wedstryd. Die span van die Paarl se flank, <strong>Divan Fuller<\/strong>, asook die heelagter, <strong>JC Mars<\/strong>, het egter meer as hul kant gebring.<\/p>\n<p>In die Beker-kompetisie van die Noordvaal-trofee weet ons dat Monument en Garsfontein die twee halfeindstryde sal aanbied. Die laaste ronde wedstryd sal nog bepaal waarnatoe Noordheuwel en EG Jansen onderskeidelik vir die halfeindronde sal reis.<\/p>\n<p>Monnas se Wit Bulle het op sy tuisveld vir Menlopark met 38-10 verslaan. Die span van Krugersdorp het vroe\u00ebr in die week ook vir HTS Middelburg met 78-19 afgeslag.<\/p>\n<p>Monnas se kaptein en flank, <strong>Xander Schoeman<\/strong>, was op sy stukke in die sege teen Menlopark.<\/p>\n<p>Garsfontein het weer met \u2018n uitstekende vertoning in die eerste helfte gesorg dat hy die keer vir EG Jansen van Boksburg met 43-15 verslaan het.<\/p>\n<p>Die Bere het teen rustyd reeds \u2018n voorsprong van 31-5 geniet. Die wenspan se binnesenter, <strong>Pieter Coetzer<\/strong>, asook die slot <strong>Christopher Sj\u00f6blom<\/strong> het blink vertonings opgedis. Vir EG verdien sy heelagter, <strong>David Twala<\/strong>, vermelding.<\/p>\n<p>Garsies se SA Skole-heelagter, <strong>Michail Damon<\/strong>, het \u2018n ernstige beenbesring tydens die kragmeting opgedoen. Hy sal homself daarom nie volgende week saam met die Suid-Afrikaanse o.18-span kan aansluit nie.<\/p>\n<p>Waterkloof het ook Vrydag vir die Rooi Bulle van HTS Middelburg met 65-0 kaf gedraf. Die Klofies se agtsteman, <strong>Zander Thirion<\/strong>, het gesorg dat hy sy goeie seisoen op \u2018n hoogtepunt afsluit deur \u2018n lopie van amper 100m af te rond.<\/p>\n<p>Die nuutgestigte Ho\u00ebrskool Trio van Kroonstad sal in sy eerste sportseisoen ook die voorreg h\u00ea om in die Griffon-eindstryd te speel.<\/p>\n<p>Trio het die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, met 26-22 in die halfeindronde getroef. Dit was slegs Gimmies se tweede nederlaag in die Griffon-liga in sewe jaar.<\/p>\n<p>Gimmies se laaste nederlaag was in die halfeindstryd van die liga teen die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad (Rooiskool) in 2017. Trio het sy onstaan te danke aan die samesmelting van die Rooiskool en Blouskool (Ho\u00ebrskool Kroonstad) en word deur die voormalige Italiaanse kaptein, Quintin Geldenhuys, afgerig.<\/p>\n<p>Trio se teenstander in die eindstryd sal Voortrekker van Bethlehem wees. Die Trekkers het sy aartsvyand, Witteberg, met 32-20 in die ander halfeindstryd verslaan.<\/p>\n<p>Die twee spanne het verlede week in die eindstryd van die Wesgrow-liga met 17-elk gelykop gespeel. Die Trekkers sal dus heelwat beter na die sege voel.<\/p>\n<p>In die Vrystaatse-liga sal Jim Fouch\u00e9 en Sentraal mekaar in die eindstryd pak. JF het vir Fichardtpark met 26-17 in die halfeinronde uitoorl\u00e9, terwyl die Tralies vir Landboudal met 30-19 in die ander halfeindstryd met die kous oor die kop huis toe gestuur het.<\/p>\n<p>Affies het \u2018n oortuigende sege van 55-19 oor Pretoria Boys\u2019 High in die twee skole se tradisionele kragmeting behaal. Dit was die 117de ontmoeting tussen die twee skole se eerstespanne.<\/p>\n<p><strong>FOTO: Francois Boshoff<\/strong><\/p>\n<p><em>Hierdie artikel het oorspronklik in Rapport (07\/08\/2022) verskyn.<\/em><\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/p>\n<p><strong>Afdeling 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> Monument 38, Menlopark 10; Garsfontein 43, EG Jansen 15; Waterkloof 65, HTS Middelburg 0; Helpmekaar 38, Marais Viljoen 25.<\/p>\n<p><strong>Plaat:<\/strong> Ben Vorster 31, Zwartkop 21; Ho\u00ebrskool Middelburg 37, Transvalia 29.<\/p>\n<p><strong>Skild:<\/strong> Ho\u00ebrskool Klerksdorp 17, Oos-Moot 13; Hugenote (Springs) 31, Eldoraigne 19; Ligbron Akademie 24, Jeugland 17; Heidelberg Volkskool 18, Lichtenburg 17.<\/p>\n<p><strong>Bowl:<\/strong> Ho\u00ebrskool Pietersburg 30, Ho\u00ebrskool Alberton 22; Potchefstroom Volkskool 53, Centurion 22; Die Anker 40, Wesvalia 24; Secunda 64, Dr. Malan 12.<\/p>\n<p><strong>Noordvaal-halfeindstryde <\/strong><\/p>\n<p><strong>Afdeling 2:<\/strong> Midstream College 32, Piet Retief 17; Frikkie Meyer 28, Brandwag (Benoni) 10; Ellisras 36, Oosterlig 24; Merensky 45, Ermelo 5.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 3:<\/strong> Die Wilgers 25, Bastion 20; Vryburg 51, Fochville 24; CR Swart 30 Frans du Toit 5.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 4:<\/strong> Eric Louw 17, Carel de Wet 13; Warmbad 22, Bekker 17; Allen Glen 36, Steelcrest 14; Parys 36, Northern Academy 7.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 5A:<\/strong> Magalies 25, Die Wilge 20; Roodepoort 13, Akasia 10.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 5B:<\/strong> Ferdinand Postma 22, Maragon Olympus 7.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/p>\n<p><strong>Vrystaat-halfeindstryde<\/strong><\/p>\n<p><strong>A1:<\/strong> Jim Fouch\u00e9 26, Fichardtpark 17; Sentraal 30, Landboudal 19.<\/p>\n<p><strong>B1:<\/strong> Sand du Plessis 28, Brandfort 26.<\/p>\n<p><strong>Griekwa-halfeindstryde<\/strong><\/p>\n<p><strong>Mediumskole:<\/strong> Hartswater 36, Ho\u00ebrskool Kathu 26; Douglas 24, Martin Oosthuizen 18.<\/p>\n<p><strong>Kleinskole:<\/strong> Curro Kathu 55, De Aar 15; Wildeklawer 36, Postmasburg 0.<\/p>\n<p><strong>Griffon-halfeindstryde:<\/strong> Ho\u00ebrskool Trio 26, Welkom Gimnasium 22; Voortrekker 32, Witteberg 20.<\/p>\n<p><strong>VRIENDSKAPLIK <\/strong><\/p>\n<p>Affies 55, Pretoria Boys\u2019 High 19; Maritzburg College 34, King Edward VII 30.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP\/OOS-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Outeniqua 21, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 20; Bishops 31, St. Andrew&#8217;s College 22; Brandwag (Uitenhage) 18, Nico Malan 12; Marlow Landbou 73, HTS Dani\u00ebl Pienaar 6; Pearson 15, Despatch 0; Tygerberg 33, Swartland 24; Grey High School 29, Muir College 23; Selborne College 33, Dale College 13; Graeme College 22, Queen\u2019s College 19. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Outeniqua se Kwaggas het gister weereens gewys dat hulle nie sommer op hul tuisveld onderskat kan word nie. Die Kwaggas het die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl met 21-20 in George getroef om Boishaai se seisoen op \u2018n negatiewe noot te laat eindig. Boishaai sal waarskynlik in die toekoms herbesin om na die interskole teen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":11170,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-11169","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11169","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11169"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11169\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11170"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11169"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11169"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11169"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}