{"id":11518,"date":"2022-08-16T08:14:59","date_gmt":"2022-08-16T06:14:59","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=11518"},"modified":"2022-08-16T08:14:59","modified_gmt":"2022-08-16T06:14:59","slug":"vonke-tussen-grey-kollege-en-paarl-gim-gaan-volgende-jaar-vroeg-reeds-spat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=11518","title":{"rendered":"Vonke tussen Grey-kollege en Paarl Gim gaan volgende jaar vroeg reeds spat"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-11519\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/NoordSuid.png\" alt=\"\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/NoordSuid.png 600w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/NoordSuid-300x200.png 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Die 2022-seisoen is nog nie eers verby nie en dit is duidelik dat volgende jaar sommer vroeg uit die blokke gaan wees.<\/p>\n<p><strong>Paarl Gimnasium<\/strong> en <strong>Grey-kollege<\/strong> sal mekaar reeds vroeg in volgende jaar tydens die <strong>NMI<\/strong> <strong>Toyota Menlyn Noord\/Suid-Rugbytoernooi<\/strong> in Pretoria die stryd aans\u00ea. Die twee spanne het mekaar nog nooit op die rugbyfees gepak nie.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium het Grey in hul twee vorige kragmetings verslaan. Gim was met 22-17 vroe\u00ebr vanjaar tydens <strong>Wildeklawer<\/strong> in Kimberley baas, terwyl hy ook verlede jaar tydens die <strong>Monnas Eeufeestoernooi<\/strong> in Krugersdorp die span van die Rosestad met 18-16 getroef het.<\/p>\n<p>Van die twee spanne se laaste agt ontmoetings was ses daarvan tydens Wildeklawer. Hierdie kragmeting was gewoonlik een van die hoogtepunte indien nie di\u00e9 hoogtepunt van die gesogte toernooi in die Diamantstad nie.<\/p>\n<p>Die organiseerder van Noord\/Suid, <strong>Pieter Rossouw<\/strong>, is ook die hoofafrigter van Paarl Gimnasium se eerstespan. Die feit dat die voormalige Bok-vleuel so vroeg in die jaar vir Grey wil ontmoet kan daarop dui dat Gimmies weer volgende jaar &#8216;n gedugte span in die veld sal stoot.<\/p>\n<p>Volgende jaar se Noord\/Suid-toernooi sal ook &#8216;n sterker Piesang-geur h\u00ea met twee spanne vanuit KwaZulu-Natal, <strong>Maritzburg College<\/strong> en <strong>Durban High School<\/strong>, wat in aksie sal wees.<\/p>\n<p>Die span vanuit Pietermaritzburg se eerste wedstryd sal teen <strong>Noordheuwel<\/strong> van Krugersdorp wees.\u00a0Grey-kollege sal in sy ander kragmeting vir die eerste keer sedert 2017 vir Maritzburg College ontmoet.<\/p>\n<p>Durban High School het self &#8216;n tawwe twee wedstryde met die <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> van Pretoria en die <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> wat op hom wag. Affies sal in die ander wedstryd wat beloof om een van die hoogtepunte van die toernooi te wees teen die <strong>Ho\u00ebr Jongenskool<\/strong> Paarl sake uitspook.<\/p>\n<p>Boishaai en Affies se wedstryde oor die laaste dekade het almal vir heelwat opwinding gesorg.<\/p>\n<p>Die ontmoeting tussen <strong>Garsfontein<\/strong> en <strong>Stellenberg<\/strong> sal ook interresant wees. Die twee skole is die nuwelinge onder die groot honde in Suid-Afrikaanse skolerugby. Albei het nou al oor meer as &#8216;n dekade bewys dat hul rugbyprogramme volhoubaar is.<\/p>\n<p>Die organiseerders het dit ook nie maklik vir <strong>King Edward VII<\/strong> gemaak wat slegs een wedstryd op die toernooi sal speel nie. KES sal teen Boishaai in sy enigste wedstryd te staan kom. Die Red Army sal die keer hopelik nie weer die skrik op die lyf gejaag word soos destyds tydens sy eerste wedstryd van Wildeklawer waar hy teen <strong>Paul Roos<\/strong> (67-0) te staan moes kom nie.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium kom in sy tweede wedstryd teen <strong>Jeppe High School for Boys&#8217;<\/strong> te staan wat soos KES ook net in een wedstryd in aksie sal wees.<\/p>\n<p><strong>Die bepalings is:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Eerste Wedstryde<\/strong><\/p>\n<p>Affies vs Durban High School<br \/>\nEG Jansen vs Welkom Gimnasium<br \/>\nGarsfontein vs Stellenberg<br \/>\nGrey-kollege vs Paarl Gimnasium<br \/>\nOakdale Landbou vs Helpmekaar<br \/>\nHo\u00ebr Jongenskool Paarl vs King Edward VII<br \/>\nOuteniqua vs Menlopark<br \/>\nPaul Roos Gimnasium vs Monument<br \/>\nGlenwood vs Ho\u00ebrskool Nelspruit<br \/>\nMaritzburg College vs Noordheuwel<br \/>\nHo\u00ebrskool Durbanville vs Pretoria Boys&#8217; High<br \/>\nWaterkloof vs HTS Drostdy<\/p>\n<p><strong>Tweede Wedstryde<\/strong><\/p>\n<p>Affies vs Ho\u00ebr Jongenskool Paarl<br \/>\nEG Jansen vs HTS Drostdy<br \/>\nGarsfontein vs Oakdale Landbou<br \/>\nGrey College vs Maritzburg College<br \/>\nHelpmekaar vs Stellenberg<br \/>\nPaarl Gimnasium vs Jeppe<br \/>\nMenlopark vs Welkom Gimnasium<br \/>\nMonument vs Outeniqua<br \/>\nHo\u00ebrskool Nelspruit vs Durban High School<br \/>\nNoordheuwel vs Durbanville<br \/>\nPaul Roos Gimnasium vs Pretoria Boys&#8217; High<br \/>\nGlenwood vs Waterkloof <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die 2022-seisoen is nog nie eers verby nie en dit is duidelik dat volgende jaar sommer vroeg uit die blokke gaan wees. Paarl Gimnasium en Grey-kollege sal mekaar reeds vroeg in volgende jaar tydens die NMI Toyota Menlyn Noord\/Suid-Rugbytoernooi in Pretoria die stryd aans\u00ea. Die twee spanne het mekaar nog nooit op die rugbyfees gepak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":11519,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-11518","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11518","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11518"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11518\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11519"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11518"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11518"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11518"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}