{"id":11560,"date":"2022-08-21T08:15:24","date_gmt":"2022-08-21T06:15:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=11560"},"modified":"2022-08-21T08:15:24","modified_gmt":"2022-08-21T06:15:24","slug":"parlez-vous-nee-ek-praat-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=11560","title":{"rendered":"Parlez-vous? Nee, ek praat Afrikaans"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_11561\" aria-describedby=\"caption-attachment-11561\" style=\"width: 380px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-11561\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/News-Johan-Wasserman-JG-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"380\" height=\"507\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/News-Johan-Wasserman-JG-225x300.jpg 225w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/News-Johan-Wasserman-JG.jpg 540w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-11561\" class=\"wp-caption-text\">Johan en JG Wasserman<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die meisie in die bekende lied, &#8220;Mamma ek wil \u2018n man h\u00ea&#8221;, sal dalk so ietwat verward wees, indien sy die rugbywedstryd tussen die Suid-Afrikaanse o.18 A-span en die Franse o.18-span gekyk het.<\/p>\n<p>In die lied erken sy dat sy nie \u2018n Fransman soek nie, maar liewer \u2018n Boerjongk\u00earel verkies. Die Franse vleuel, JG Wasserman (17), wat in Pretoria gebore is sou haar van parlez-vous verstaan ek nie, verander het na <em>I love it when you talk foreign<\/em>.<\/p>\n<p>Wasserman het na afloop van die wedstryd sommer ook as tolk opgetree toe die voormalige Springbok-senter Gcobani Bobo met die Franse-kaptein, Baptiste Britz, \u2018n onderhoud vir SuperSport gevoer het.<\/p>\n<p>Dit het vir \u2018n unieke situasie gesorg met Bobo wat die vrae in Engels gestel het, Wasserman wat vir sy spanmaat dit na Frans vertolk het. Britz het dit dan in Frans geantwoord, met Wasserman wat dit weer vir Bobo na Afrikaans of is dit nou Afrifrans vertaal het.<\/p>\n<p>Wasserman is die seun van die voormalige Springbok-losvoorspeler, Johan Wasserman. Wasserman jr. word ook Johan in sy span genoem want hulle sukkel bietjie met die uitspraak van JG.<\/p>\n<p>Wasserman sr. het op sy dag die Blou Bulle aangevoer en ook saam met die Springbokke van 2000 deur Argentini\u00eb en Europa getoer. Johan het in 2007 kort voor die Bokke se W\u00eareldbeker-triomf in Frankryk sy loopbaan in Montpellier voortgesit.<\/p>\n<p>\u201cEk het daarna besluit om my loopbaan in Nevers in die Franse platteland te gaan afsluit. Hier het ek ook vir vier jaar gespeel voordat ek my tokse opgehang het,\u201d het Wasserman sr. ges\u00ea.<\/p>\n<p>Nevers is \u2018n stad van so ongeveer 33 500 inwoners wat 280km Suidoos van die hoofstad, Parys, gele\u00eb is.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"JG Wasserman as tolk vir Franse span\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/fLTxXFvgGV0?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>JG het ook sy rugby by di\u00e9 klub leer speel en draf al sedert agt-jarige ouderdom vir die klub se onderskeie spanne in sy ouderdomsgroep uit. Hy en sy tweelingsussie, Jan\u00e9, was maar net drie jaar oud toe hul na Frankryk verhuis het.<\/p>\n<p>Albei is vlot in Afrikaans met hul ouers, Johan en Sanet, wat seker gemaak het dat hul steeds die taal in hul huis praat. Sanet is \u2018n fisioterapeut en die suster van die gewese skeidsregter, Willie Roos, wat deesdae die hoof van sport by Paarl Gimnasium is.<\/p>\n<p>Die Franse het Vrydag se kragmeting teen die SA o.18A-span met 26-23 op Gimmies se veld in die Paarl gewen. Wasserman wat eintlik \u2018n heelagter is, het sy internasionale buiging in die kragmeting met \u2018n blink vertoning gevier.<\/p>\n<p>\u201cJy sal nie glo nie, maar dit is ons eerste keer terug in Suid-Afrika in ses jaar. Dit is baie spesiaal vir ons dat JG sy geleentheid gekry het en teen die land van sy geboorte te kan speel. Hy het \u2018n skoueroperasie in Maart ondergaan en hy het gelukkig betyds herstel om hierdie droom van hom te verwesenlik,\u201d het Johan Wasserman ges\u00ea.<\/p>\n<p>Wasserman sr. rig self by Nevers af en het sy seun die afgelope tien jaar by die klub gebrei. JG se gunstelingspelers is die Franse skakelpaar, Antoine Dupont en Romain Ntamack.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die meisie in die bekende lied, &#8220;Mamma ek wil \u2018n man h\u00ea&#8221;, sal dalk so ietwat verward wees, indien sy die rugbywedstryd tussen die Suid-Afrikaanse o.18 A-span en die Franse o.18-span gekyk het. In die lied erken sy dat sy nie \u2018n Fransman soek nie, maar liewer \u2018n Boerjongk\u00earel verkies. Die Franse vleuel, JG Wasserman [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":11561,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-11560","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11560","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11560"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11560\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11561"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11560"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11560"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11560"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}