{"id":11586,"date":"2022-08-21T13:16:16","date_gmt":"2022-08-21T11:16:16","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=11586"},"modified":"2022-08-21T13:16:16","modified_gmt":"2022-08-21T11:16:16","slug":"monnas-ontsnap-met-sege-oor-eg-jansen-en-maak-daarmee-afspraak-met-garsies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=11586","title":{"rendered":"Monnas ontsnap met sege oor EG Jansen en maak daarmee afspraak met Garsies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_11612\" aria-describedby=\"caption-attachment-11612\" style=\"width: 380px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-11612\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/Skolerugby-Garsfontein-Luan-Taylor-300x273.jpg\" alt=\"\" width=\"380\" height=\"346\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/Skolerugby-Garsfontein-Luan-Taylor-300x273.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/Skolerugby-Garsfontein-Luan-Taylor-768x700.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/08\/Skolerugby-Garsfontein-Luan-Taylor.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-11612\" class=\"wp-caption-text\">Luan Taylor, slot van Garsfontein. FOTO: Andries Kruger<\/figcaption><\/figure>\n<p>Monument se <strong>Wit Bulle<\/strong> het behoorlik gesweet teen <strong>Dr. EG Jansen<\/strong> in die twee spanne se halfeindstryd van die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie in Krugersdorp vir &#8216;n sege van 29-20.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle het met ongeveer drie minute se speeltyd oor in die kragmeting danksy &#8216;n drie deur sy heelagter, <strong>Jody Schambreel<\/strong>, die eerste keer die voortou in die kragmeting geneem.<\/p>\n<p>Met speeltyd reeds verstreke het die linkervleuel, <strong>Marcey de Waal<\/strong>, onder die pale &#8216;n draai gegooi om die sege op die telbord groter te laat vertoon.<\/p>\n<p>Dr. EG Jansen sal met reg voel dat hulle verdien het om die kragmeting te wen, maar op die ou einde was hy slegs drie minute weg van &#8216;n opskudding. Monnas het nog nie vanjaar in die reeks die knie gebuig nie.<\/p>\n<p>EG se losskakel, <strong>Jaydon Bantom<\/strong>, was op sy stukke en het sy span gehelp om eers teen rustyd met 8-5 voor te loop en daarna die voorsprong tot 20-5 te rek. Die span van Boksburg het met vier minute oor in die kragmeting nog &#8216;n voorsprong van 20-17 geniet, maaar ook sy skrumskakel, <strong>Gordon Smith<\/strong>, aan &#8216;n geelkaart verloor.<\/p>\n<p>Elke speler van EG Jansen verdien &#8216;n klop op die skouer vir hul vertoning in die halfeindstryd. Bantom sluit hom in die week by die nasionale o.18-spanne in die Paarl aan.<\/p>\n<p>Vir Monnas het sy buitesenter, <strong>Zain Henery<\/strong>, nie net die aanvoorwerk vir Schambreel se drie met &#8216;n skitterende breekslag gedoen nie, maar ook deurgans vrae aan die besoekers se verdediging gevra.<\/p>\n<p>Voorlangs het Monnas se loskopstut, <strong>Evan Retief<\/strong>, slot <strong>HJ de Beer<\/strong> en agtsteman en kaptein, <strong>Xander Schoeman<\/strong>, ook vertonings gelewer waarop hul trots kan voel.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Garsfontein se Bere het sy plek in die eindstryd met &#8216;n klinkende sege van 43-10 oor Noordheuwel in die ander halfeindstryd bespreek. Die Bere het teen rustyd &#8216;n skrale voorsprong van 7-3 geniet.<\/p>\n<p>Nories het egter met &#8216;n sterk wind van agter hulle in die eerste helfte gespeel. Garsies se agtsteman, <strong>Maynard Kleynhans<\/strong>, asook die slot <strong>Luan Taylor<\/strong> het deurgans hard gewerk in die vastelos om hul span oor die voordeellyn te kry.<\/p>\n<p>Garsies kon in die tweede helfte met die wind van agter daarin slaag om na &#8216;n ho\u00ebr rat oor te skakel en het ses drie\u00eb in die helfte ingeryg. Die regtervleuel, <strong>Heinrich Cloete<\/strong>, het twee van die drie\u00eb afgerond.<\/p>\n<p>Agterlangs het die binnesenter, <strong>Pieter Coetzer<\/strong>, &#8216;n hele paar verdedigers besig gehou en ook die bal op die regte tye aan die spelers aan sy buitekant gevoer.<\/p>\n<p>Vir Nories was sy vaskopstut, <strong>Arne Roux<\/strong>, asook die agtsteman, <strong>Marco Maree<\/strong>, vir goeie spel in die vastelos verantwoordelik. Die Nories het ook weer sake vir die tuisspan in die lynstane bemoeilik &#8211; hier verdien die slot <strong>Keagan Grobbelaar<\/strong> meeste van die lof.<\/p>\n<p>Dit is die eerste keer sedert 2016 dat Garsies daarin kon slaag om tot die eindstryd van die reeks deur te dring. Die Bere kry dus Saterdag op die <strong>Ras van Rooyen<\/strong> die geleentheid om hul enigste blaps van die seisoen teen Monument op die einste veld reg te stel.<\/p>\n<p>Die nederlaag van 19-43 in die liga is die Garsies se enigste nederlaag tot dusver vanjaar.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument 29 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ceano Everson, Morne Venter, Jody Schambreel, Marcey de Waal, Dylan du Plessis. Doelskoppe: Tyler Sefoor (2). <strong>EG Jansen 20 (8) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: David Twala (2), Jaydon Bantom. Doelskoppe: Bantom. Strafdoel: Bantom.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein 43 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Heinrich Cloete (2), Pieter Coetzer, Divan Brits, Luan Taylor, Demitre Erasmus, Franna Weyers. Doelskoppe: Nic-Allen Gabrielsen (3), Tireque Apolles. <strong>Noordheuwel 10 (3) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Arne Roux. Doelskop: JT Kapank. Strafdoel: Kapank.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Monument 25, Helpmekaar 23; EG Jansen 34, Noordheuwel 10.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Helpmekaar 20, Waterkloof 6; Menlopark 14, Noordheuwel 10.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Helpmekaar 15, Waterkloof 13; Monument 7, Noordheuwel 5. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Monument se Wit Bulle het behoorlik gesweet teen Dr. EG Jansen in die twee spanne se halfeindstryd van die Noordvaaltrofee se Beker-kompetisie in Krugersdorp vir &#8216;n sege van 29-20. Die Wit Bulle het met ongeveer drie minute se speeltyd oor in die kragmeting danksy &#8216;n drie deur sy heelagter, Jody Schambreel, die eerste keer die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":11612,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-11586","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11586","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11586"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11586\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11612"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11586"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11586"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11586"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}