{"id":13998,"date":"2023-03-11T20:13:40","date_gmt":"2023-03-11T18:13:40","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=13998"},"modified":"2023-03-11T20:13:40","modified_gmt":"2023-03-11T18:13:40","slug":"wolramme-verras-selborne-terwyl-grey-se-masjien-reeds-goed-geolie-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=13998","title":{"rendered":"Wolramme verras Selborne, terwyl Grey se masjien reeds goed geolie is"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_13999\" aria-describedby=\"caption-attachment-13999\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-13999\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Boland-Landbou-Charmaine-Sander-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Boland-Landbou-Charmaine-Sander-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Boland-Landbou-Charmaine-Sander-768x512.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Boland-Landbou-Charmaine-Sander.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-13999\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Charmaine Sander<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Die eerste skote in vanjaar se skolerugby het geklap en blyk dat vanjaar weer \u2018n opwindende seisoen vol intrige en verrassings sal wees.<\/p>\n<p>Die beste wedstryd Saterdag was ongetwyfeld die hoofwedstryd van die jaarlikse Grens-dag tussen Selborne College en Marlow Landbou, wat deur die Ho\u00ebrskool Grens in Oos-Londen aangebied word.<\/p>\n<p>Die Wolramme van Cradock het teen \u2018n sterk wind in die eerste helfte daarin geslaag om \u2018n gerieflike voorsprong van 18-3 op te bou. Dit was veral sy agtsteman, Burrie van Heerden, asook die losskakel, Aiden de Villiers, wat met hul spel \u2018n reuse aandeel in die voorsprong gehad het.<\/p>\n<p>Selborne het met \u2018n hele paar plaasvervangers oftewel liewer impakspelers in die tweede helfte terug geveg om kort voor die einde \u2018n voorsprong van 20-18 op te bou.<\/p>\n<p>Dit was veral die plaasvervanger-heelagter, Amani Somana, asook die plaasvervanger-vleuel Siya Sakhela, wat die Wolramme laat bontstaan het in die tweede helfte.<\/p>\n<p>Marlow se linkervleuel, Leonard Booysen, het met ongeveer \u2018n minuut se speeltyd oor in die kragmeting gaan druk om aan sy span \u2018n merkwaardige sege te besorg.<\/p>\n<p>Die Wolramme se volgende kragmeting is tydens die Graeme College se 150ste bestaansjaarvieringe in Makhanda teen Grey-kollege van Bloemfontein.<\/p>\n<p>Gepraat van Grey die span het Saterdag weer soos \u2018n goed geoliede masjien geloop. Die span van die Rosestad het vir Welkom Gimnasium met 71-21 goed kaf gedraf.<\/p>\n<p>Grey het 11 drie\u00eb in Welkom ingeryg. Die flank Marno Stopforth asook die plaasvervanger-losskakel, Ian van der Merwe, kan meer as tevrede met hul vertonings voel.<\/p>\n<p>Tydens die jaarlikse Pieter Swanepoel Sportdag in Brandfort is die hoofmaal glad nie bedien nie. Vir die eerste keer sedert die ontstaan van die sportdag in 2000 kon die hoofwedstryd nie beslis word nie.<\/p>\n<p>\u2018n Hewige storm het die dorp getref tydens die hoofvoorwedstryd tussen Hentie Cilliers van Virginia en St Andrews van Bloemfontein. Henties het die wedstryd wat tot \u2018n einde deur die weer gedwing is met 31-0 gewen.<\/p>\n<p>Monument se Wit Bulle het op Kroonstad hul seisoen met \u2018n sege van 24-0 oor Ho\u00ebrskool Trio afgeskop. Affies het in Kimberley vir Diamantveld met 27-0 afgestof.<\/p>\n<p>Michaelhouse se regtervleuel, Graeme Winn, het gaan druk om sy span die geleentheid te gee om sake gelyk teen Helpmekaar-kollege te trek.<\/p>\n<p>Die losskakel, Murray Baker, het met die doelskop geslaag om die twee spanne die louere met 24-elk te laat deel.<\/p>\n<p>Boland Landbou was in \u2018n strawwe tweestryd teen HTS Drostdy met 24-10 tydens sy jaarlikse rugbydag in die Paarl baas. In die hoofvoorwedstryd moes Stellenberg self hard werk om Worcester Gimnasium met 38-19 uiteindelik tot oorgawe te dwing.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Outeniqua van George wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier het sy litte met 59-6 teen Parel Vallei losgemaak. Die Kwaggas kom volgende naweek tydens sy Eeufees-vieringe teen Noordheuwel van Krugersdorp te staan.<\/p>\n<p>Outeniqua se SA Skole-stut, Ruan Swart, het die seisoen op \u2018n hoogtepunt begin deur twee keer \u2018n draai agter Parel Vallei se doellyn te maak. JJ Daters (vleuel) en Nathan Smit (haker) het ook soos Swart dubelle driedruk-plesier ervaar.<\/p>\n<p>Dr. EG Jansen van Boksburg blyk die span te wees om te klop in die nuwe NWU-reeks. Die Jansies het vir die Ho\u00ebrskool Nelspruit met 41-0 in Mbombela tydens die eerste ronde wedstryde die loef afgesteek.<\/p>\n<p>In die Wesgrow-reeks het Jim Fouch\u00e9 met 24-21 in \u2018n ongemaklike wedstryd die pyp gerook. Daar was meer kaarte in die kragmeting uitgedeel as wat daar drie\u00eb gedruk was.<\/p>\n<p>In die ander wedstryd in die reeks moes die twee spanne ook vroeg weens weerlig die veld verlaat. Witteberg was op daardie stadium met 25-12 stewig in die saal teen Sentraal.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark het verlede week \u2018n geskiedkundige sege tydens sy jaarlikse sportdag behaal. Die Fichie Leeus het vir die eerste keer ooit daarin geslaag om Diamantveld te verslaan.<\/p>\n<p>Die Leeus was met 33-27 in die hoofwedstryd baas wat ook die eerste wedstryd in vanjaar se Wesgrow-reeks was.<\/p>\n<p>Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op <strong>SuperSport Schools<\/strong> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv \u2013 SuperSport 216.<\/p>\n<p>Hierdie artikel het aanvanklik in <strong>Rapport<\/strong> verskyn.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>NWU-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>EG Jansen 41, Ho\u00ebrskool Nelspruit 0; Menlopark 22, Transvalia 13; Kempton Park 29, HTS Middelburg 25; Eldoraigne 47, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 7.<\/p>\n<p><strong>NWU PRESTIGE-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Potchefstroom Volkskool 41, Oosterlig 5; Noordheuwel 48, Oos-Moot 7; Zwartkop 15, Jeugland 10; Ho\u00ebrskool Middelburg 25, Wesvalia 8; Ho\u00ebrskool Rustenburg 31, Hugenote (Springs) 10; Die Anker 41, Montana 22; Heidelberg Volkskool 13, Lichtenburg 3; Marais Viljoen 14, Potchefstroom Gimnasium 7.<\/p>\n<p><strong>NWU SPORT-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Hans Moore 20, Ho\u00ebrskool Alberton 12; Overkruin 19, Florida 14; Bergsig 19, Wonderboom 14; Randburg 62, Hoogenhout 10; Standerton 51, Driehoek 20, Dinamika 23, Dr. Malan 14.<\/p>\n<p><strong>NWU 16-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Pretoria-Noord 20, Stoffberg 14; Delmas 43, Oosterland 10; Piet Retief 21, Ferrum 16; Volksrust 24, Pionier 21; Riebeeckrand 27, Bekker 12; Leeuwenhof 21, Hans Strijdom 19; Fochville 19, Wolmaransstad 14; Vryburg 59, Schoonspruit 0.<\/p>\n<p><strong>WESGROW-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Witteberg 25, Sentraal 12; Jim Fouch\u00e9 24, Goudveld-Ho\u00ebrskool 21.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL\/OOS-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Marlow Landbou 23, Selborne College 20; Michaelhouse 24, Helpmekaar 24; St Andrew\u2019s College 24, Stirling 3; Itembelihle 10, Grey High School II 15; Hudson Park 24, Ho\u00ebrskool Grens 12; Nico Malan 32, HTS Port Rex 12.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>Affies 27, Diamantveld 0; Monument 24, Ho\u00ebrskool Trio 0; Garsfontein 47, Pretoria Boys\u2019 High 21; St Alban\u2019s College 13, Centurion 11; Secunda 27, Hilton College 19; Die Wilgers 36, Brits 7; Merensky 12, Ellisras 10; HTS Witbank 38, Ben Viljoen 22; HTS Tom Naud\u00e9 20, HTS John Vorster 17; Eric Louw 50, Stanford Lake College 13; Nylstroom 21, Frikkie Meyer II 19; HTS Sasolburg 61, CBC Boksburg 0; Curro Nelspruit 41, Secunda II 0; Carel de Wet 10, Steelcrest 7; Brandwag (Benoni) 38, Birchleigh 0; Midstream College 33, Northcliff 17.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 71, Welkom Gimnasium 21; Noord-Kaap 26, Landboudal 5; Ho\u00ebrskool Upington 60, Affies III 3; Paul Erasmus (Senekal) 9, Hennenman 5; Wilgerivier 26, Fichardtpark II 0; Kalahari (Kuruman) 17, Douglas 10; Hentie Cilliers 31, St Andrew\u2019s (Bloemfontein) 0; Louis Botha 19, Ficksburg 12; Hendrik Potgieter 34, Parys 13; Bothaville 24, President Steyn 7; Ladybrand 40, Sand du Plessis 17; Ho\u00ebrskool Bloemfontein 7, Marquard 7; Cherries 45, Ligbron Akademie 10.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Boland Landbou 24, HTS Drostdy 10; Stellenberg 38, Worcester Gimnasium 19; Outeniqua 59, Parel Vallei 6; Oudtshoorn 41, Kannaland-skole 12; HTS Bellville 20, Franschoek 5; Charlie Hofmeyr 31, Vredendal 15. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Die eerste skote in vanjaar se skolerugby het geklap en blyk dat vanjaar weer \u2018n opwindende seisoen vol intrige en verrassings sal wees. Die beste wedstryd Saterdag was ongetwyfeld die hoofwedstryd van die jaarlikse Grens-dag tussen Selborne College en Marlow Landbou, wat deur die Ho\u00ebrskool Grens in Oos-Londen aangebied word. Die Wolramme van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":13999,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-13998","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13998","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13998"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13998\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13999"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13998"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13998"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13998"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}