{"id":14283,"date":"2023-04-02T08:47:36","date_gmt":"2023-04-02T06:47:36","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=14283"},"modified":"2023-04-02T08:47:36","modified_gmt":"2023-04-02T06:47:36","slug":"wit-bulle-stamp-paul-roos-eerste-keer-in-22-jaar-grey-dop-paarl-gim-om","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=14283","title":{"rendered":"Wit Bulle stamp Paul Roos eerste keer in 22 jaar, Grey dop Paarl Gim om"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_14284\" aria-describedby=\"caption-attachment-14284\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-14284\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/News-Skolerugby-Grey-Paarl-Gim-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/News-Skolerugby-Grey-Paarl-Gim-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/News-Skolerugby-Grey-Paarl-Gim-768x511.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/News-Skolerugby-Grey-Paarl-Gim.jpg 786w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-14284\" class=\"wp-caption-text\">PIETER VAN DER MERWE oftewel Piet Skiet, binnesenter van Grey-kollege, spuit hier sy direkte teenstander Hennie Otto van Paarl Gimnasium in tydens die twee spanne se kragmeting tydens die Noord\/Suid-toernooi. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Die Wit Bulle het Saterdag behoorlik in die hoofwedstryd van die tweede dag van die Noord\/Suid-toernooi op Affies se hoofveld hier gepronk.<\/p>\n<p>Dit is nou natuurlik die Wit Bulle van Monument wat vir die eerste keer in 22 jaar daarin geslaag het om Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch om te dop.<\/p>\n<p>Monnas was boonop oortuigend met 44-26 baas.<\/p>\n<p>Die span van Krugersdorp se vorige sege oor Paul Roos was in 2001 toe hy met 33-12 koning gekraai het. Die gewese Bok-senter Jacque Fourie het op daardie dag \u2018n drie gedruk wat amper soortgelyk was as di\u00e9 een wat hy in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus op Loftus Versfeld gedruk het.<\/p>\n<p>Nog \u2018n toekomstige Springbok Andries Bekker was daardie dag tydens die St John\u2019s Paastoernooi vir Paul Roos in aksie.<\/p>\n<p>As daar een posisie vanjaar is waaroor die SA Skole-keurders lekker hoofbrekens sal h\u00ea is dit op heelagter. Monnas se man wat die laaste vesting beman, Jody Schambreel, was uitmuntend in die sege.<\/p>\n<p>Die wenspan se flank, Tristan da Costa, losskakel, Daylon Mayners, asook die binnesenter, Theuns du Plooy, verdien elk ook \u2018n klop op die skouer vir hul vertonings.<\/p>\n<p>Grey-kollege van Bloemfontein het sy spiere behoorlik gebult op die eerste dag van die toernooi deur sy grootste sege nog oor Paarl Gimnasium te ewenaar. Die span van die Rosestad het die bordjies met 33-12 teen Gimmies verhang.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium het daarna gemik om \u2018n merkwaardige derde sege in dieselfde aantal jare oor Grey te behaal, maar is in hul spore deur \u2018n begeesterde Grey gestuit.<\/p>\n<p>Ten minste sedert 1980 kon nog net twee spanne daarin slaag om drie agtereenvolgende seges oor Grey te behaal. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het onder die afrigtingskap van Sean Erasmus van 2015 tot 2017 daarin geslaag, terwyl Monument vir vier jaar op \u2018n streep van 1991 tot en met 1994 onder Hans Coetzee vir Grey verslaan het.<\/p>\n<p>Grey beskik vanjaar oor \u2018n agttal hope durf asook zir het. Dit was veral die agtsteman, JJ Theron, asook die slot Marno Stopforth wat met hul spel in die sege be\u00efndruk het.<\/p>\n<p>Die span wat Grey vanjaar wil klop sal eers sy agttal tot oorgawe moet dwing asook dan nog die gevaarlike agterhoede in toom moet hou.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Outeniqua se Kwaggas was vuurwarm en het vir Menlopark met 71-11 gekarnuffel. Die span se heelagter, JT Strydom, het vanuit die laaste vesting \u2018n hele paar keer etlike meters ver veld gewen.<\/p>\n<p>Hy het boonop met sy eerste drie amper die helfte van die Parkies se span gesystap.<\/p>\n<p>Die Kwaggas se agtsteman, Brendan Gouws, het met sy sterk lopies reeds in die eerste helfte drie keer \u2018n draai agter die doellyn gaan maak.<\/p>\n<p>Hou gerus Noordheuwel se heelagter, Cheswill Jooste, dop. Hoewel sy span met 45-47 teen Maritzburg College in \u2018n opwindende stryd die knie gebuig het, het hy gewys dat hy op die aanval sowel as verdediging \u2018n skitterende speler is.<\/p>\n<p>Maritzburg College se afrigter, Hendr\u00e9 Marnitz, sal breed glimlag oor die sege oor Nories want dit was sy derde oor Nories in die laaste ses maande. Hy het verlede jaar vir Garsfontein tot twee seges oor die span van Krugersdorp in die Noordvaal-reeks gebrei.<\/p>\n<p>Di\u00e9 kragmeting het 13 drie\u00eb opgelewer en die uitslag was tot op die einde nog in die weegskaal.<\/p>\n<p>Gepraat van Turkoois Bere, hulle het self indrukwekkend vertoon in hul sege van 34-29 oor Stellenberg. Die hoogtepunt was natuurlik die drie van sy heelagter, Jason Hugo, wat \u2018n lopie van ongeveer 90 meter gaan afrond het.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het ook danksy \u2018n sterk vertoning in die tweede helfte daarin geslaag om Jeppe met 43-21 af te stof. Jeppe het wel gesorg dat Boishaai benoud rustyd betree het met die telling op 21-elk.<\/p>\n<p>Die gasheer, die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool, moes hard sweet vir sy naelskraapse sege van 25-24 oor Durban High School. Affies se Wit Bulle het goed teruggeveg van \u2018n agterstand van 7-17 teen rustyd om die sege deur te trek.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Ellisras het met \u2018n sege van 18-7 oor Frikkie Meyer van Thabazimbi in die eindstryd van die jaarlikse Mauritz Hansen-week op Mookgophong koning gekraai.<\/p>\n<p>Ellisras het in sy ander twee wedstryde tydens die toernooi vir Linden (5-0) en Northcliff (33-17) verslaan. Frikkie Meyer het sy plek in die eindstryd met seges oor Randburg (14-12) en Ho\u00ebrskool Klerksdorp (23-10) bespreek.<\/p>\n<p>Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op<strong> SuperSport Schools<\/strong> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv \u2013 SuperSport 216.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>NOORD\/SUID<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong> Monument 44, Paul Roos Gimnasium 26; Outeniqua 71, Menlopark 11; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 43, Jeppe 21; Garsfontein 34, Stellenberg 29; Helpmekaar 29, Oakdale Landbou 26; Pretoria Boys\u2019 High 35, Durbanville 31.<\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Grey-kollege 33, Paarl Gimnasium 12; Affies 25, Durban High School 24; Maritzburg College 47, Noordheuwel 45; Glenwood 39, Ho\u00ebrskool Nelspruit 33; EG Jansen 19, Welkom Gimnasium 13; Waterkloof 22, HTS Drostdy 19.<\/p>\n<p><strong>OAKDALE RUGBYWEEK <\/strong><\/p>\n<p>Die Brandwag (Uitenhage) 28, Ho\u00ebrskool Rustenburg 23; Lichtenburg 64, Hermanus 27; Pearson 20, Oos-Moot 3; Transvalia 13, Brackenfell 5; Hugenote (Wellington) 33, Merensky 14; Ho\u00ebrskool Strand 24, Potchefstroom Gimnasium 17; Die Anker 29, Ho\u00ebrskool Upington 26; HTS Port Rex 15, Overberg 10; Montagu 26, Parel Vallei 21; Bredasdorp 31, Westering 14; Vryburg 24, Swartland 15; Graaff-Reinet Volkskool 32, Robertson 26; Sentraal 31, Langenhoven Gimnasium 31; Kempton Park 31, Jim Fouch\u00e9 24; Oosterlig 27, Labori 16; Ho\u00ebrskool Middelburg 36, Duineveld 18.<\/p>\n<p><strong>MAURITZ HANSEN-WEEK <\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 3:<\/strong> Ellisras 18, Frikkie Meyer 7; Centurion 15, Randburg 12; Linden 22, Hans Strijdom 7; Hugenote (Springs) 23, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 20; Northcliff 24, Ho\u00ebrskool Tuine 0; Brits 14, Kathu 10; Ermelo 36, Gerrit Maritz 5; Hoogenhout 25, Piet Potgieter 10.<\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong> Frikkie Meyer 14, Randburg 12; Centurion 17, Hans Strijdom 14; Ellisras 5, Linden 0; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 21, Northcliff 18; Hoogenhout 17, Brits 9; Ho\u00ebrskool Tuine 17, Piet Potgieter 13; Hugenote (Springs) 36, Ermelo 10; Gerrit Maritz 19, Kathu 10.<\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Hans Strijdom 25, Hoogenhout 10; Frikkie Meyer 23, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 10; Randburg 17, Hugenote (Springs) 12; Piet Potgieter 41, Kathu 7; Ho\u00ebrskool Tuine 10, Brits 5; Centurion 20, Ermelo 17; Ellisras 33, Northcliff 17, Linden 41, Gerrit Maritz 0.<\/p>\n<p><strong>GLENWOOD RUGBYFEES <\/strong><\/p>\n<p>Heidelberg Volkskool 26, Montana 17; Pretoria-Noord 59, KZN Ontwikkelingspan 12; Marais Viljoen 60, Sarel Cilliers (Glenco) 0; Wesvalia 36, Hans Moore 7; Dinamika 17, St George\u2019s College (Zimbabwe) 3.<\/p>\n<p><strong>PATRIOT SPORTFEES <\/strong><\/p>\n<p>Curro Langebaan 19, Groenberg 18; Hamilton-klub 14, Bosmansdam 12; Monumentpark 34, Brackenfell XV-tal 0; Fairmont 15, Victoria Park 5; Vredenburg 42, Namakwaland 15; Otto du Plessis 34, Piketberg 30; Porterville 48, HTS Bellville 28; Cillie 24, Fairburn-kollege 10; Klein Nederburg 31, Vishoek 12.<\/p>\n<p><strong>ANDER <\/strong><\/p>\n<p>Rondebosch Boys\u2019 High 19, Grey High School 19; Ho\u00ebrskool Pietersburg 31, Fichardtpark 31; Melkbosstrand 14, Driehoek 7. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Die Wit Bulle het Saterdag behoorlik in die hoofwedstryd van die tweede dag van die Noord\/Suid-toernooi op Affies se hoofveld hier gepronk. Dit is nou natuurlik die Wit Bulle van Monument wat vir die eerste keer in 22 jaar daarin geslaag het om Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch om te dop. Monnas was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":14284,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-14283","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14283","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14283"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14283\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14284"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14283"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14283"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14283"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}