{"id":14725,"date":"2023-04-15T20:36:29","date_gmt":"2023-04-15T18:36:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=14725"},"modified":"2023-04-15T20:36:29","modified_gmt":"2023-04-15T18:36:29","slug":"grey-verdedig-homself-tot-sege-oor-kwaggas-garsies-wys-verlede-jaar-was-nie-vloekskoot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=14725","title":{"rendered":"Grey verdedig homself tot sege oor Kwaggas, Garsies wys verlede jaar was nie vloekskoot"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_14726\" aria-describedby=\"caption-attachment-14726\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-14726\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/CP0T9378-2-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-14726\" class=\"wp-caption-text\">RYAN JACK (met bal), vaskopstut van Paul Roos Gimnasium, duik hier sierlik oor die doellyn in sy span se sege oor Grey High School. Die span van Gqeberha se flank Reece Miles is net te laat om hom te stuit. FOTO: Charmaine Sander<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Grey-kollege moes verwoed vir die laaste 20 minute van sy kragmeting teen die Ho\u00ebrskool Outeniqua wal gooi om uiteindelik met 19-17 in \u2018n titaniese stryd van die veld te stap.<\/p>\n<p>Die span van die Rosestad is bekend dat hulle span in die laaste 20 minute met aanvallende rugby tot oorgawe dwing. Die span het egter gewys dat hy ook die teenoorgestelde kan doen.<\/p>\n<p>Grey het teen rustyd \u2018n skrale voorsprong van 12-10 geniet, maar dit was die Kwaggas se hoofseun en senter, Ashwin Damons, wat net na lemoentyd met \u2018n drie sy span laat voorloop het.<\/p>\n<p>Grey se buitesenter, Benito Goeda, het met sy tweede drie in die 39ste minuut sake weer gelyk getrek. Die losskakel, Ian van der Merwe, het die moeilike doelskop oorgeklits wat op die ou einde deurslaggewend was.<\/p>\n<p>Van der Merwe, Goeda asook die heelagter, Vincent Wolhuter het agterlangs goed vir die wenspan vertoon. Voorlangs was die flank Jean-Henri Smit, sy kaptein en agtsteman, JJ Theron, en die haker, Liam van Wyk, ysters.<\/p>\n<p>Die Kwaggas se heelagter, JT Strydom was gevaarlik elke keer wat hy in besit geplaas was.<\/p>\n<p>Verlede jaar was nie \u2018n vloekskoot nie.<\/p>\n<p>Garsfontein se Bere het vir Affies se Wit Bulle in nog \u2018n vertoonvenster van Suid-Afrikaanse skolerugby vir die tweede jaar in \u2018n ry verslaan. Garsies was met 45-38 op Affies se tuiste baas.<\/p>\n<p>Die Bere het verlede jaar met \u2018n sege van 20-19 op sy tuisveld die eerste keer daarin geslaag om die Wit Bulle om te dop. Die wenspan het Saterdag reeds teen rustyd \u2018n stewige voorsprong van 33-10 opgebou.<\/p>\n<p>Dit was veral die skrumskakel, Zian Cilliers, was uitmuntend agter die agttal vertoon het. Hy het met sy dartellopies asook op verdediging die Wit Bulle onder druk geplaas.<\/p>\n<p>Garsies se kaptein en flank, Abri van der Westhuizen, was ook uitstaande en het veral voorlangs fisiek ingeklim. Ander uitblinkers sluit in Jason Hugo (heelagter) en Ruan Enslin (linkervleuel).<\/p>\n<p>Enslin het vier keer Affies se doellyn oorgesteek, terwyl Hugo twee keer soos \u2018n warm mes deur botter deur Affies se verdediging vir twee drie\u00eb gesny het.<\/p>\n<p>Affies se binnesenter, Janco Puchase, het met sy direkte spel beindruk, terwyl die agtsteman, Dieter Schubert, asook die slot Johnathan Eloff harde werk voorlangs verrig het om die Wit Bulle terug in die wedstryd te kry.<\/p>\n<p>Oakdale Landbou het op sy tuisveld, De Eike, net buite Riversdal vir \u2018n opskudding gesorg deur vir die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl met 20-17 af te stof.<\/p>\n<p>Die tuisspan se lynstane was uitstekend op die dag en die slot Roy Viljoen verdien hier lof. Agterlangs het Therlow Prins (vleuel) en Kurt Coetzee (senter) blink vertonings vir Oakdale gelewer.<\/p>\n<p>Jeppe het op sy tuisveld vir nog \u2018n opskudding gesorg deur die eerste keer in sy geskiedenis daarin te slaag om vir Monument van Krugersdorp te verslaan.<\/p>\n<p>Jeppe was met 30-24 baas. Monnas moes wel sonder sy kaptein en flank, Morn\u00e9 Venter, asook die skrumskakel, Ceano Everson, klaarkom \u2013 maar die afrigter Tjaart van der Walt sal dit nie as \u2018n verskoning gebruik nie.<\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium het vir die vierde keer op \u2018n streep vir Grey High School van Gqeberha verslaan. Die span van die Eikestad het op sy tuisveld met 39-24 koning gekraai.<\/p>\n<p>Die span van Gqeberha was laas in 2017 oor Paul Roos (22-20) baas danksy \u2018n stelskop deur \u2018n ene Curwin Bosch.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium was vroeg onder druk teen Wynberg Boys\u2019 High. Die span van Kaapstad het \u2018n voorsprong van 11-0 geniet voordat Gimmies uiteindelik gemaklik met 33-11 as oorwinnaars van die veld gestap het.<\/p>\n<p>Boland Landbou het sy onoorwonne status vanjaar met \u2018n sege van 17-10 oor Stellenberg behou, terwyl Durbanville sy stem ook al dikker gemaak het met \u2018n skitterende sege van 35-19 oor Rondebosch Boys\u2019 High.<\/p>\n<p>In die NWU Skole-reeks sal EG Jansen van Boksburg teen Kempton Park in die uitspeelwedstryd om die titel te staan kom. Die Kempies moes sy wedstryd Saterdag teen Eldoraigne wen en het dit toe oortuigend met 49-26 gedoen.<\/p>\n<p>Menlopark se ondersteuners sal \u2018n sug van verligting slaak na hy die Ho\u00ebrskool Nelspruit met 63-0 gekarnuffel het. Die Parkies se haker, Mocke Balt, het \u2018n driekuns aan drie\u00eb in die sege behaal.<\/p>\n<p>In die NWU 16-reeks sal Piet Retief en die Ho\u00ebrskool Vryburg sake uitspook om die titel as kampioen. Piet Retief het sy plek met \u2018n klinkende sege van 47-12 bespreek, terwyl Vryburg sy halfeindstryd teen Riebeeckrand met 33-19 gewen het.<\/p>\n<p>In die eerste ontmoeting ooit tussen Pearson en Selborne College het eersgenoemde sy stempel met \u2018n oorwinning van 25-22 afgedruk.<\/p>\n<p>In die Wesgrow-reeks het Fichardtpark se Leeus gewys dat hul gewis nie as welpies misgis kan word nie. Die Fichie Leeus het vir Jim Fouch\u00e9 met 39-33 in \u2018n opwindende kragmeting afgestof.<\/p>\n<p>Voortrekker van Bethlehem sal ook meer as tevrede wees met hul sege van 24-18 oor Ho\u00ebrskool Trio van Kroonstad. Die span van Kroonstad is die verdedigende Griffon-kampioen.<\/p>\n<p>Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (<a href=\"http:\/\/www.supersportschools.com\">www.supersportschools.com<\/a>). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv \u2013 SuperSport 216.<\/p>\n<p>Al die uitslae:<\/p>\n<p><strong>NWU SKOLE-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Menlopark 64, Ho\u00ebrskool Nelspruit 0; EG Jansen 45, Transvalia 20; Kempton Park 49, Eldoraigne 26; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 22, HTS Middelburg 17.<\/p>\n<p><strong>NWU PRESTIGE-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Montana 46, Oosterlig 10; Noordheuwel 69, Die Anker 22; Oos-Moot 37, Ho\u00ebrskool Rustenburg 30; Heidelberg Volkskool 30, Wesvalia 29; Ho\u00ebrskool Middelburg 24, Marais Viljoen 11; Hugenote (Springs) 35, Potchefstroom Volkskool 5; Potchefstroom Gimnasium 32, Jeugland 24; Lichtenburg 34, Zwartkop 21.<\/p>\n<p><strong>NWU SPORT-REEKS<\/strong><\/p>\n<p>Hans Moore 35, Bergsig Akademie 11; Randburg 50, Dr. Malan 5; Overkruin 33, Standerton 12; Dinamika 32, Ho\u00ebrskool Alberton 10; Florida 12, Wonderboom 7.<\/p>\n<p><strong>NWU 16-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Vryburg 33, Riebeeckrand 19; Piet Retief 47, Delmas 12; Leeuwenhof 31, Fochville 19; Hans Strijdom 22, Wolmaransstad 12; Bekker 17, Schoonspruit 15; Ferrum 29, Oosterland 10; Pretoria-Noord 36, Volksrust 19.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL\/OOS-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Nico Malan 40, Langenhoven Gimnasium 5; Marlow Landbou 35, Die Brandwag (Uitenhage) 14; Pearson 25, Selborne College 22; Despatch 34, Victoria Park 3; Queen\u2019s College 75, Stirling 14; Northwood 29, Glenwood 22; Maritzburg College 32, Clifton 5; Durban High School 24, Westville Boys\u2019 High 13.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>Garsfontein 45, Affies 38; King Edward VII 28, Pretoria Boys\u2019 High 19; Jeppe 30, Monument 24; Parktown Boys\u2019 High 19, Ellisras 17; Secunda 57, HTS John Vorster 10; Ho\u00ebrskool Pietersburg 19 HTS Tom Naud\u00e9 0; Centurion 38, HTS Witbank 31; Ben Vorster 11, Frikkie Meyer 7; Midstream College 84, Brits 0; Northcliff 29, Sutherland 12; Curro Roodeplaat 50, Hercules 0; Die Wilge 29, Roodepoort 17; Springs Boys\u2019 High 46, Alberton High 5; Curro Nelspruit 32, Ermelo 22; Steelcrest 59, Hendrina 21; Driehoek 24, Hoogenhout 23.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 19, Outenqua 17; Voortrekker (Bethlehem) 24, Ho\u00ebrskool Trio 18; Welkom Gimnasium 59, Hentie Cilliers 7; Fichardtprk 39, Jim Fouch\u00e9 33; Witteberg 23, Goudveld-Ho\u00ebrskool 19; Ho\u00ebrskool Upington 43, Diamantveld 31; Duineveld 86, Kalahari 8; Wildeklawer 14, Douglas 12; Wilgerivier 66, HTS Welkom 0; Landboudal 43, Sentraal 22; Vrede 26, Harrismith 0; Bothaville 35, Wessel Maree 12; Salomon Senekal 52, St Annes 0; Hoopstad 29, Hennenman 20; Curro Kathu 57, Martin Oosthuizen 12.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium 39, Grey High School 24; Oakdale Landbou 20, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 17; Boland Landbou 17, Stellenberg 10; Durbanville 35, Rondebosch Boys\u2019 High 19; Paarl Gimnasium 33, Wynberg Boys\u2019 High 11; SACS 38, Brackenfell 27; DF Malan 47, Parel Vallei 31; Strand 17, Charlie Hofmeyr 17; Melkbosstrand 22, De Kuilen 7; Vishoek 17, Jan van Riebeeck 12; Ho\u00ebrskool Punt 64, Ho\u00ebrskool Langenhoven 12; Monumentpark 42, Fairmont 32, Robertson 10, Montagu 6; Bosmansdam 24, Bergvliet 3; Ho\u00ebrskool Oudtshoorn 29, Sao Bras 22; Curro Langebaan 14, Piketberg 13. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Grey-kollege moes verwoed vir die laaste 20 minute van sy kragmeting teen die Ho\u00ebrskool Outeniqua wal gooi om uiteindelik met 19-17 in \u2018n titaniese stryd van die veld te stap. Die span van die Rosestad is bekend dat hulle span in die laaste 20 minute met aanvallende rugby tot oorgawe dwing. Die span [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":14726,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-14725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14725"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14725\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14726"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}