{"id":14884,"date":"2023-04-23T07:37:39","date_gmt":"2023-04-23T05:37:39","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=14884"},"modified":"2023-04-23T07:37:39","modified_gmt":"2023-04-23T05:37:39","slug":"smith-vind-se-ritme-teen-affies-eg-jansen-kampioen-van-nwu-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=14884","title":{"rendered":"Smith vind sy ritme teen Affies, EG Jansen kampioen van NWU-reeks"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_14885\" aria-describedby=\"caption-attachment-14885\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-14885\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Paarl-Gimnasium-Skolerugby-FOTO-Bertram-Malgas-300x203.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"270\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-14885\" class=\"wp-caption-text\">PAARL, SOUTH AFRICA &#8211; APRIL 22: Kyle Smith during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools rugby match between Paarl Gimnasium and Affies at Paarl Gimnasium on April 22, 2023 in Paarl, South Africa. (Photo by Bertram Malgas\/Gallo Images)<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Kyle Smith het sy ritme gevind.<\/p>\n<p>Dit is slegte nuus vir die spanne wat vanjaar nog teen Paarl Gimnasium te staan moet kom.<\/p>\n<p>Die losskakel van Gimmies was aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 38-21 oor die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria.<\/p>\n<p>Smith sal indien hy op sy vertoning teen Affies kan voortbou &#8216;n sterk aanspraakmaker wees vir \u2018n plek in die SA Skole-span later vanjaar.<\/p>\n<p>Smith was met sy stelskopwerk as ook die seepgladde wyse waarop hy sy agterlyn weggesit het die groot doring in die besoekers se vlees.<\/p>\n<p>Gimmies het teen rustyd \u2018n voorsprong van 24-0 geniet. Affies se afrigters sal waak teen die tendens waar hulle die afgelope paar wedstryde eers in die tweede helfte werklik uit die kleedkamer gekom het.<\/p>\n<p>Affies se flank Ruan Lippold is met twee drie\u00eb in die tweede helfte beloon vir sy harde werk voorlangs.<\/p>\n<p>Die Kwaggas van Outeniqua was weer vuurwarm en het die Ho\u00ebrskool Durbanville met 36-0 \u2018n drag slae toegedien. Durbies is sonder twyfel nie \u2018n maklike teenstander nie. Die uitslag onderstreep dus die gehalte van Kwaggas se Eeufees-span.<\/p>\n<p>Dr. EG Jansen van Boksburg het nie sy gelyke in vanjaar se nuutgevonde NWU Skole-reeks gehad nie. Die Jansies het vir Kempton Park met 48-10 in die eindstryd van die reeks in Pretoria verslaan.<\/p>\n<p>Die span van Boksburg se heelagter, Dawid Twala, asook die vleuel Cameron van Wyk het uitstaande vertonings in die eindstryd opgedis.<\/p>\n<p>Menlopark het amper op sy tuisveld in die uitspeelwedstryd om die derde en vierde plek teen Eldoraigne vasgeval. Die wedstryd het met 33-elk gelykop ge\u00ebindig.<\/p>\n<p>King Edward VII se plaasvervanger-vleuel, Mbuso Methula, het met \u2018n drie na speeltyd reeds verstreke was gaan druk om Jeppe se harte met 23-20 te breek.<\/p>\n<p>Die groot vraag om almal se lippe in die KwaZulu-Natalse Middelande volgende week sal wees of Michaelhouse uiteindelik hul 100ste sege oor Hilton College in die twee skole se interskole kan behaal.<\/p>\n<p>Michaelhouse het sy 99ste sege in die interskole wat sedert 1904 plaasvind in 2016 behaal. Die twee spanne pak mekaar jaarliks twee keer.<\/p>\n<p>Michaelhouse het gister \u2018n blink sege van 36-10 oor Glenwood behaal en sal Saterdag die gasheer vir Hilton wees. Hilton College het ook nie veel probleme ondervind om St Charles College met 39-10 kaf te draf nie.<\/p>\n<p>Maritzburg College is ook besig om sy spiere te bult en het met \u2018n sege van 47-15 oor Pretoria Boys\u2019 High die pad terug Pietermaritzburg toe aangepak.<\/p>\n<p>Noordheuwel sal op 6 Mei sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks teen Oos-Moot verdedig. Die Nories moes harder sweet as verwag om Heidelberg Volkskool uiteindelik met 29-17 te troef.<\/p>\n<p>Oos-Moot het in die ander halfeindstryd vir \u2018n opskudding gesorg toe hy vir die Ho\u00ebrskool Middelburg met 29-10 verslaan het.<\/p>\n<p>Die voormalige Springbok-haker Danie Coetzee se seun Rudolf draf vir Nories op slot uit. Rudolf was verlede jaar nog \u2018n lid van Oos-Moot se span wat kampioen van die Noordvaal se Skild-kompetisie gekroon is. Hy sal in die eindstryd teen sy ou spanmaats te staan kom.<\/p>\n<p>Wanneer jou vaskopstut aan is die dag en jy bevind jouself in \u2018n eindstryd \u2013 dan kan jy gewoonlik maar solank spasie in jou trofeekas gereed kry.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Piet Retief se vaskopstut, Rouwan Mitchel, was op sy stukke in die eindstryd van die NWU 16-reeks op die Fanie du Toit in Potchefstroom.<\/p>\n<p>Piet Retief het vir Vryburg met 20-14 in die eindstryd geklop om sy titel as kampioen van die reeks suksesvol te verdedig.<\/p>\n<p>Brandwag van Benoni is weer as kampioen van die Superreeks gekroon na hy vir Bastion van Roodepoort met 19-15 in die eindstryd getroef het.<\/p>\n<p>Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (<a href=\"http:\/\/www.supersportschools.com\">www.supersportschools.com<\/a>). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv \u2013 SuperSport 216.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>NWU SKOLE-REEKS<\/strong><\/p>\n<p>EG Jansen 48, Kempton Park 10; Menlopark 33, Eldoraigne 33; Transvalia 26, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 15; Ho\u00ebrskool Nelspruit 31, HTS Middelburg 12.<\/p>\n<p><strong>NWU PRESTIGE-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Noordheuwel 29, Heidelberg Volkskool 17; Oos-Moot 29, Ho\u00ebrskool Middelburg 10; Die Anker 30, Wesvalia 24; Ho\u00ebrskool Rustenburg 19, Marais Viljoen 18; Hugenote (Springs) 22, Potchefstroom Gimnasium 15; Lichtenburg 24, Montana 21; Jeugland 41, Potchefstroom Volkskool 26; Zwartkop 33, Oosterlig 12.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL<\/strong><\/p>\n<p>Durban High School 26, Northwood 7; Michaelhouse 36, Glenwood 10; Hilton College 39, St Charles College 10; Westville Boys\u2019 High 34, Kearsney College 29; Maritzburg College 47, Pretoria Boys\u2019 High 15; Clifton 47, St Andrews (Bloemfontein) 7.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>King Edward VII 23, Jeppe 20; Midstream College 50, Centurion 13; Secunda 17, Ho\u00ebrskool Pietersburg 16; Curro Nelspruit 22, Ben Viljoen 6; Warmbad 26, Eric Louw 10; Merensky 43, HTS Tom Naud\u00e9 19; Frikkie Meyer 20, Randburg 19; Allen Glen 117, Alberton High 0; Kwaggasrand 36, Silverton 7; Nylstroom 17, Piet Potgieter 3; Northcliff 43, Randpark High 8; Overkruin 26, Wonderboom 10; Parktown Boys\u2019 High 42, Springs Boys\u2019 High 19; Florida 33, Driehoek 7; Hans Moore 39, Dr. Malan 8; Northern Academy 25, Stanford Lake College 15; HTS Sasolburg 17, Birchleigh 10; Morgenzon Landbou 26, Komatipoort 3.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Queen\u2019s College 20, Selborne College 15; Grey High School 36, Dale College 17; Pearson 24, Stirling 5; Nico Malan 45, Despatch 10; Marlow Landbou 82, Ho\u00ebrskool Grens 7; Die Brandwag (Uitenhage) 18, Muir College 18; Graaff-Reinet Volkskool 40, Westering 10; Graeme College 70, Cambridge 12.<\/p>\n<p><strong>NWU 16 REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Piet Retief 20, Vryburg 14 (eindstryd); Riebeeckrand 24, Delmas 22; Leeuwenhof 21, Pretoria-Noord 12; Pionier 19, Hans Strijdom 15; Wolmaransstad 36, Stoffberg 0; Fochville 22, Volksrust 17; Ferrum 14, Bekker 12; Schoonspruit 24, Oosterland 3.<\/p>\n<p><strong>SUPERREEKS <\/strong><\/p>\n<p>Brandwag (Benoni) 19, Bastion 15 (eindstryd); Linden 28, Wagpos 17; Ho\u00ebrskool Tuine 22, Generaal Hertzog 21.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/p>\n<p>Jim Fouch\u00e9 64, Louis Botha 0; Welkom Gimnasium 41, Witteberg 19; Diamantveld 50, Sentraal 24; Voortrekker (Bethlehem) 29, Goudveld-Ho\u00ebrskool 19; Ho\u00ebrskool Trio 38, Hentie Cilliers 7; Bultfontein 43, Wessel Maree 14; Fichardtpark 41, Grey-kollege III 24; Bothaville 22, Hennenman 10, Vrede 63, Ntsu Secondary 0; Sand du Plessis 31, President Steyn 29; Hendrik Potgieter 27, Brandfort 23.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paarl Gimnasium 38, Affies 21; Paul Roos Gimnasium 24, Bishops 12; Outeniqua 36, Durbanville 0; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 34, SACS 18; Rondebosch Boys\u2019 High 15, Boland Landbou 8; Wynberg Boys\u2019 High 15, Stellenberg 13; Oakdale Landbou 47, Framesby 10; Ho\u00ebrskool Bellville 39, Parel Vallei 24; Brackenfell 11, DF Malan 10; Worcester Gimnasium 22, Ho\u00ebrskool Punt 12; Hottentots-Holland 38, Melkbosstrand 20; Strand 24, Tygerberg 17; Bredasdorp 30, Robertson 21; Vishoek 24, Bellville-Suid 7; Ho\u00ebrskool Oudtshoorn 23, HTS Eden 15; Hugenote (Wellington) 25, Milnerton 12; Charlie Hofmeyr 27, Hopefield 12; Bosmansdam 25, President 12. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Kyle Smith het sy ritme gevind. Dit is slegte nuus vir die spanne wat vanjaar nog teen Paarl Gimnasium te staan moet kom. Die losskakel van Gimmies was aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 38-21 oor die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria. Smith sal indien hy op sy vertoning teen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":14885,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-14884","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14884","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14884"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14884\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14885"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14884"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14884"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14884"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}