{"id":15019,"date":"2023-04-30T14:30:48","date_gmt":"2023-04-30T12:30:48","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=15019"},"modified":"2023-04-30T14:30:48","modified_gmt":"2023-04-30T12:30:48","slug":"grey-tem-garsies-op-wildeklawer-goeda-gee-welkom-gim-woema","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=15019","title":{"rendered":"Grey tem Garsies op Wildeklawer, Goeda gee Welkom Gim woema"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_15041\" aria-describedby=\"caption-attachment-15041\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-15041\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Welkom-Gimnasium-Naven-Goeda-300x178.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"237\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Welkom-Gimnasium-Naven-Goeda-300x178.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Welkom-Gimnasium-Naven-Goeda.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-15041\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>KIMBERLEY. \u2013 Grey-kollege sal nie sommer vanjaar geklop word nie.<\/p>\n<p>Die rugbyfabriek van die Rosestad het in die hoofwedstryd van die tweede dag van die Wildeklawer-toernooi hier op Diamantveld se velde vir Garsfontein met 23-9 die loef afgesteek.<\/p>\n<p>Grey het vanjaar reeds drie van die grootste aanspraakmakers om vanjaar as die voorste skolespan af te sluit \u2013 Paarl Gimnasium (33-12), Outeniqua (19-17) en Garsfontein kaf gedraf.<\/p>\n<p>Indien \u2018n span vanjaar vir Grey wil troef sal hy eers die span se lostrio moet tem. Die trio bestaande uit JJ Theron, Keegan Scholtz en Jean-Henri Smith vul mekaar uitstekend aan.<\/p>\n<p>Die losskakel, Ian van der Merwe, het sy skopskoen ook die praatwerk laat doen. Hy het albei sy span se drie\u00eb verdoel asook drie strafdoele deur die pale gejaag.<\/p>\n<p>Die Bere van Garsfontein het met eer uit die stryd getree. Die span het nog laterig in die tweede helfte slegs \u2018n agterstand van 9-13 gehad.<\/p>\n<p>Garsies se haker, De Wet Lottering, asook die skrumskakel, Zian Cilliers, het goeie vertonings vir die verloorspan gelewer. Dimitre Erasmus, die buitesenter, was op verdediging vir sy span goud werd.<\/p>\n<p>Helpmekaar-kollege het met \u2018n heldhaftige vertoning teen Paarl Gimnasium vorendag gekom.<\/p>\n<p>Gimmies het uiteindelik met 25-14 as oorwinnaars van die veld gestap, maar dit was \u2018n veel moeiliker vraestel as wat vooraf verwag was.<\/p>\n<p>Die span van die Paarl se slot Danio Botha het met sy hardewerk voorlangs uitgetroon.<\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium moes in \u2019n taai stryd diep delf om die oorhand met 21-14 teen Durban High School te kry.<\/p>\n<p>Die eerste helfte het grootliks aan DHS, wat deur Peter Engledow gebrei word, behoort danksy die losskakel Deano Boesak wat sake beheer het.<\/p>\n<p>Boesak het met \u2019n dartellopie deur die verdediging gedans om seker te maak dat sake rustyd gelykop is met 14-14, voordat Paul Roos Gimnasium se loskopstut Oliver Reid oorgedryf het vir die enigste drie van die tweede helfte.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle van die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool het met \u2018n klinkende sege van 29-0 oor Oakdale Landbou \u2018n onbenydenswaardige stukkie statistiek gesystap.<\/p>\n<p>Indien Affies hierdie kragmeting verloor het sou dit die eerste keer sedert 1979 gewees het wat die Wit Bulle bloedneus vier keer op \u2018n streep gekry het.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle se kantman Ruan Lippold was uitstaande en is vir sy skitterende spel met twee drie\u00eb beloon.<\/p>\n<p>Monument van Krugersdorp met sy agtsteman, Jamaal Feldman, asook die binnesenter, Zain Henery aan die spits het Boland Landbou met 37-26 verslaan.<\/p>\n<p>Feldman het met sy kraglopies in die tweede helfte gesorg dat Monnas op die voorvoete bly. Henery het van buite na binnesenter geskuif en hy het sy direkte teenstander, Albie Bester, hoofbrekens besorg.<\/p>\n<p>Bester was self op sy stukke en sonder twyfel een van Boland Landbou se uitblinkers gewees. Monnas se losskakel, Justin Viljoen, wat vir die beseerde Justin Myners ingestaan het, het self nie \u2019n voet verkeerd gesit het nie en vier doelskoppe en twee strafdoele oorgeklits het vir \u2019n persoonlike bydrae van 14 punte.<\/p>\n<p>Welkom Gimnasium was te Goeda vir Framesby in hul kragmeting. Die span van Welkom se regtervleuel, Naven Goeda, het \u2018n driekuns aan drie\u00eb in sy span se oortuigende sege van 54-19 behaal.<\/p>\n<p>Sy drie om die driekuns te voltooi het op skouspelagtige wyse gekom na speeltyd reeds verstreke was. Die wenspan is \u2018n strafskop tien meter van sy eie doellyn toegeken.<\/p>\n<p>Die plaasvervanger-skrumskakel, Rewaldo Farmer, het \u2018n vinnige tikskoppie geneem na sy afrigter, Roean Bezuidenhout, laat weet het om die wedstryd met \u2018n skop oor die kantlyn te be\u00ebindig.<\/p>\n<p>Hy het ondersteuning van sy losskakel, Renaldo Kiewiet, ontvang wat etlike meters veld gewen het, voordat hy besluit het om met \u2018n steekskoppie vir Goeda die geleentheid te geen om die beweging van 90 meter in die hoek af te rond.<\/p>\n<p>\u201cEk is net die afrigter. Wat weet ek,\u201d het \u2019n tevrede Bezuidenhout skerstend agterna ges\u00ea.<\/p>\n<p>HTS Drostdy het hul eerste oorwinning van die seisoen in die doodsnikke uit die kloue van die gasheer gegaps toe die regtervleuel Bernedict George in die hoekie oorgeseil het net soos die sirene gelui.<\/p>\n<p>Dit was George se tweede van die wedstryd, maar beslis die soetste. Die Donkies het die Diamonds se harte met 15-13 gebreek.<\/p>\n<p>Michaelhouse is steeds op soek na sy 100ste sege in die interskole tussen home n Hilton College. Die twee spanne meet al sedert 1904 kragte.<\/p>\n<p>Michaelhouse het in 2016 sy 99ste oorwinning oor Hilton behaal. Die spanne speel jaarliks twee keer teen mekaar. Hilton was Saterdag met 20-17 baas om \u2018n rekord negende sege op \u2018n streep oor sy aartsvyande te behaal.<\/p>\n<p>Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (<a href=\"http:\/\/www.supersportschools.com\">www.supersportschools.com<\/a>). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv \u2013 SuperSport 216.<\/p>\n<p><strong>In samewerking met Wim Pretorius van Netwerk24<\/strong><\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>WILDEKLAWER <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 23, Garsfontein 9; Paarl Gimnasium 25, Helpmekaar 14; Outeniqua 19, EG Jansen 7; Affies 29, Oakdale Landbou 0; Paul Roos Gimnasium 21, Durban High School 14; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 35, Glenwood 13; Monument 37, Boland Landbou 26; Welkom Gimnasium 54, Framesby 19; Stellenberg 36, Maritzburg College 24; HTS Drostdy 15, Diamantveld 13.<\/p>\n<p><strong>GREY HIGH FEES <\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Grey High School 27, SACS 17; Jeppe 51, Queen\u2019s College 5; Selborne College 32, Die Brandwag (Uitenhage) 0; King Edward VII 12, Graeme College 0; Westville Boys\u2019 High 28, Voortrekker (Bethlehem) 5; Nico Malan 17, St John\u2019s College 17; Hudson Park 29, St Stithians College 28; Parktown Boys\u2019 High 21, Muir College 7; Pretoria Boys\u2019 High 15, Uitnodigingspan 5.<\/p>\n<p><strong>SENTRAAL-TOERNOOI<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong> Sentraal 79, Mangaung 5; Ho\u00ebrskool Alberton 24, Kalahari 20; Fichardtpark 41, Duineveld 31; Pearson 26, Hentie Cilliers 23; Ho\u00ebrskool Pietersburg 34, Goudveld-Ho\u00ebrskool 5.<\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Ho\u00ebrskool Alberton 10, Sentraal 7; Fichardtpark 38, Pearson 10; Duineveld 40, Goudveld-Ho\u00ebrskool 19; Ho\u00ebrskool Pietersburg 31, Hentie Cilliers 17; Kalahari (Kuruman) 24, Louis Botha 20.<\/p>\n<p><strong>ROLYN BERGSIG-FEES<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong> Jim Fouch\u00e9 40, Randburg 31; Rob Ferreira 19, Frikkie Meyer 17; Queens High 46, Rustenburg Academy 7; Bergsig Hawks 21, Krugersdorp High 10.<\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Bergsig Akademie 12, Rob Ferreira 10; Randburg 33, Parel Vallei 15; Ben Vorster 38, Jim Fouch\u00e9 31; Riebeeckrand 26, Frikkie Meyer 7; Krugersdorp High 32, Linden 14; Bergsig Hawks 62, Queens High 10.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL <\/strong><\/p>\n<p>Hilton College 20, Michaelhouse 17; Northwood 14, Kearsney College 8. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KIMBERLEY. \u2013 Grey-kollege sal nie sommer vanjaar geklop word nie. Die rugbyfabriek van die Rosestad het in die hoofwedstryd van die tweede dag van die Wildeklawer-toernooi hier op Diamantveld se velde vir Garsfontein met 23-9 die loef afgesteek. Grey het vanjaar reeds drie van die grootste aanspraakmakers om vanjaar as die voorste skolespan af te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15041,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-15019","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15019","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15019"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15019\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15041"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15019"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15019"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15019"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}