{"id":15168,"date":"2023-05-06T20:52:33","date_gmt":"2023-05-06T18:52:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=15168"},"modified":"2023-05-06T20:52:33","modified_gmt":"2023-05-06T18:52:33","slug":"gimmies-verhoed-jolla-bolla-op-markotter-garsies-te-sterk-vir-klofies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=15168","title":{"rendered":"Gimmies verhoed Jolla Bolla op Markotter, Garsies te sterk vir Klofies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_15169\" aria-describedby=\"caption-attachment-15169\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-15169\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/TL_2030461-300x218.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"291\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-15169\" class=\"wp-caption-text\">STELLENBOSCH, SOUTH AFRICA &#8211; MAY 06: Pieter-Nel du Plessis of Paarl Gim scores a try during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools rugby match between Paul Roos Gymnasium and Paarl Gimnasium at Markotter Stadium on May 06, 2023 in Stellenbosch, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman\/Gallo Images)<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Wildeklawer-babelas is sonder twyfel \u2018n realiteit.<\/p>\n<p>Dit was duidelik in al die wedstryde gister waarby spanne betrokke was, wat nog Maandag op die Wildeklawer-toernooi in aksie was so bietjie vuisvoos met tye voorgekom het.<\/p>\n<p>Garsfontein se Bere het sy oorheersing oor Waterkloof sedert 2013 voortgesit deur \u2018n klinkende sege van 50-21 in die Noordvaalbeker op sy tuisveld te behaal.<\/p>\n<p>Garsies het vroeg weggespring en \u2018n voorsprong van 17-0 na agt minute se spel geniet, maar daarna so bietjie die voet van die pedal afgehaal.<\/p>\n<p>Die wenspan se kaptein en agtsteman, Abri van der Westhuizen, het van voor gelei en drie keer agter Klofies se doellyn gekuier. Vir Klofies kan sy flank Jean Jooste sy kop omhoog hou.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Nelspruit het amper vir \u2018n opskudding in Krugersdorp gesorg toe hy met nog so agt minute se speeltyd oor teen Monument voorgeloop het.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle het egter na \u2018n nuwe rat verwissel om uiteindelik met 20 punte met die telling op 40-20 te se\u00ebvier. Dit was veral die losskakel, Justin Viljoen, en die slot RJ Barnard wat van die plaasvervangersbank \u2018n groot impak gemaak het.<\/p>\n<p>Helpmekaar het in die ander wedstryd in die Beker-kompetisie van die Noordvaalbeker vir Menlopark met 73-15 gekarnuffel. Helpies se vleuel Pieter Moller het vier keer agter die Parkies se doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium sal meer as tevrede met hul sege van 24-19 oor Paul Roos Gimnasium op laasgenoemde se tuisveld in Stellenbosch wees.<\/p>\n<p>Albei spanne was duidelik nie op hul skerpste nie na hul Maandag na die Kaap van die Diamantstad moes terugreis.<\/p>\n<p>In Kaapstad het Bishops met 31-25 as oorwinnaars uit die stryd teen SACS getree.<\/p>\n<p>Die kragmeting het boonop die geleentheid gevier van die 150ste jaar sedert die eerste opgetekende kragmeting tussen die twee skole in 1873. Hierdie is die oudste bestaande interskole in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Daar word wel geglo dat die twee skole reeds sedert 1862 teen mekaar op die rugbyveld kragte gemeet het.<\/p>\n<p>Die eerste skolewedstryd in Natal (deesdae KwaZulu-Natal) het tussen Pietermaritzburg High School en Hermannsburg in 1870 plaasgevind. Eersgenoemde is vandag bekend as Maritzburg College en laasgenoemde bestaan ook steeds onder dieselfde naam.<\/p>\n<p>Gepraat van Maritzburg College. Die nuwe besem in Hendr\u00e9 Marnitz (afrigter) is besig om skoon te vee.<\/p>\n<p>Die span van Pietermaritzburg het nie net sy eerste sege sedert 2010 oor Glenwood op sy tuisveld Goldstones behaal nie, maar sommer die besoekers behoorlik met 42-15 gebere.<\/p>\n<p>St Andrew\u2019s College het Graeme College se harde gebreek deur \u2018n sege van \u2018n enkele punt (24-23) in die doodsnikke te beklink. Losskakel, Danie Hickey moes sy kaptein en binnesenter, Sintu Mjali, se drie na speeltyd reeds vertreke was verdoel om die sege te verseker.<\/p>\n<p>Noordheuwel van Krugersdorp het sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks suksesvol op die Fanie du Toit-veld in Potchefstroom met \u2018n sege van 27-17 oor Oos-Moot verdedig.<\/p>\n<p>Dit was \u2018n titaniese tweestryd tussen die twee spanne se losskakels, JT Kapank (Noordheuwel) en Charl van der Sluis (Oos-Moot). Van der Sluis is met nog 15 minute se speeltyd oor van die veld gejaag na hy \u2018n tweede geelkaart ontvang het.<\/p>\n<p>Nories se groot held in die sege was egter sy flank Juan Fourie.<\/p>\n<p>Grey-kollege het in die Rosestad met 41-0 oor te veel skietgoed vir Selborne College beskik. Die span se lostrio bestaande uit JJ Theron (kaptein), Keegan Scholtz en Jean-Henri Smith was weer in \u2018n klas van hul eie.<\/p>\n<p>Fichardtpark het sy onoorwonne status vanjaar op die rugbyveld behou deur sy grootste sege nog oor Sentraal (33-7) te behaal.<\/p>\n<p>Welkom Gimnasium het ook sy stempel in die Griffon-liga met \u2018n oortuigende sege van 43-8 oor Voortrekker van Bethlehem afgedruk. Ho\u00ebrskool Trio het vir Goudveld-Ho\u00ebrskool met 29-0 kaf gedraf.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL BEKER<\/strong><\/p>\n<p><strong>Afdeling 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> Garsfontein 50, Waterkloof 21; Monument 40, Ho\u00ebrskool Nelspruit 20; Helpmekaar 73, Menlopark 15.<\/p>\n<p><strong>Plaat:<\/strong> Kempton Park 32, HTS Middelburg 25; Transvalia 43, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 17.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 2 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Blou Bulle:<\/strong> HTS John Vorster 24, Ho\u00ebrskool Tuine 21; Centurion 38, Wonderboom 17. <strong>Pumas:<\/strong> Piet Retief 33, HTS Witbank 19; Ermelo 28, Ferrum 13; Piet Retief 26, Rob Ferreira 26.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 3 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Goue Leeus:<\/strong> Bekker 36, Jan Viljoen 17; Allen Glen 28, Queen\u2019s High 5; Carletonville 36, President 5; Bastion 17, Fochville 13. <strong>Limpopo:<\/strong> Louis Trichardt 26, Piet Potgieter 10; Nylstroom 79, Curro Heuwelkruin 7. <strong>Pumas:<\/strong> Volksrust 34, Standerton 17; Hoogenhout 32, Oosterland 14; Curro Nelspruit 31, Lydenburg 10. <strong>Valke:<\/strong> Brandwag (Benoni) 28, Ho\u00ebrskool Sasolburg 7.<\/p>\n<p><strong>Afdeling 4<\/strong><\/p>\n<p><strong>Blou Bulle: <\/strong>Curro Roodeplaat 26, FH Odendaal 11; Tyger Valley 7, Kwaggasrand 5.<strong> Limpopo:<\/strong> Warmbad 66, Northern Academy 10; Eric Louw 62, Stanford Lake College 7.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>King Edward VII 73, Parktown Boys\u2019 High 22; Pretoria Boys\u2019 High 31, St Alban\u2019s College 7; St John\u2019s College 40, St Andrews (Bloemfontein) 5; Jeppe 43, Westville Boys\u2019 High 31; St David\u2019s Marist 19, Northcliff 14; Ellisras 47, Randburg 7; St John\u2019s College 19, Northcliff 17; Bergsig Akademie 47, Frikkie Meyer 28; Midstream College 57, Wagpos 3; Ho\u00ebrskool Pietersburg 43, Hans Strijdom 7.<\/p>\n<p><strong>NWU PRESTIGE-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Noordheuwel 27, Oos-Moot 17; Heidelberg Volkskool 13, Ho\u00ebrskool Middelburg 11; Hugenote (Springs) 15, Lichtenburg 10; Montana 21, Potchefstroom Gimnasium 17; Die Anker 24, Ho\u00ebrskool Rustenburg 15; Zwartkop 22, Jeugland 19; Marais Viljoen 29, Wesvalia 22; Potchefstroom Volkskool 14, Oosterlig 7.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL <\/strong><\/p>\n<p>Maritzburg College 42, Glenwood 15; Hilton College 36, Durban High School 33; Michaelhouse 23, Kearsney College 20; St Charles College 23, Clifton 12.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>St Andrew\u2019s College 24, Graeme College 23; HTS Dani\u00ebl Pienaar 17, Framesby 17; Kingswood College 36, Stirling 11; Pearson 10, Nico Malan 7; Dale College 26, Cambridge 7; Queen\u2019s College 48, HTS Port Rex 3.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 41, Selborne College 0; Welkom Gimnasium 43, Voortrekker 8; Fichardtpark 33, Sentraal 7; Ho\u00ebrskool Trio 29, Goudveld-Ho\u00ebrskool 0; Witteberg 22, Hentie Cilliers 22; Bothaville 52, Riebeeckstad 0; Wilgerivier 36, Hoopstad 14; Vrede 53, New Horizon 8; Brandfort 31, President Steyn 7; Bothaville 21, Bultfontein 0.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paarl Gimnasium 24, Paul Roos Gimnasium 19; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 41, Stellenberg 29; Brackenfell 18, Parel Vallei 13; DF Malan 26, Swartland 22; Bishops 31, SACS 25; Durbanville 61, HTS Drostdy 3; Strand 45, Hermanus 0; Rondebosch Boys\u2019 High 35, Milnerton 24; Wynberg Boys\u2019 High 35, Grey High School 8; Charlie Hofmeyr 57, Langenhoven Gimnasium 12; Robertson 33, Tygerberg 19; Worcester Gimnasium 29, Hugenote (Wellington) 26; De Kuilen 19, Vishoek 17; Melkbosstrand 28, Parow 3; Ho\u00ebrskool Punt 48, Ho\u00ebrskool Oudtshoorn 19.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp; <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Wildeklawer-babelas is sonder twyfel \u2018n realiteit. Dit was duidelik in al die wedstryde gister waarby spanne betrokke was, wat nog Maandag op die Wildeklawer-toernooi in aksie was so bietjie vuisvoos met tye voorgekom het. Garsfontein se Bere het sy oorheersing oor Waterkloof sedert 2013 voortgesit deur \u2018n klinkende sege van 50-21 in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15169,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-15168","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15168","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15168"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15168\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15169"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15168"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15168"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15168"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}