{"id":15187,"date":"2023-05-07T09:51:12","date_gmt":"2023-05-07T07:51:12","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=15187"},"modified":"2023-05-07T09:51:12","modified_gmt":"2023-05-07T07:51:12","slug":"garsies-te-sterk-vir-waterkloof-terwyl-helpies-vir-menlopark-afransel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=15187","title":{"rendered":"Garsies te sterk vir Waterkloof, terwyl Helpies vir Menlopark afransel"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_15188\" aria-describedby=\"caption-attachment-15188\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-15188\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Garsfontein-Skolerugby-300x223.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"297\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Garsfontein-Skolerugby-300x223.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Garsfontein-Skolerugby-768x570.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Garsfontein-Skolerugby.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-15188\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Bere van die <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> het dit Saterdag duidelik gemaak dat hulle vanjaar weer een van die rolspelers in vanjaar se <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-kompetisie gaan wees.<\/p>\n<p>Die Garsies het vir Waterkloof met 50-21 op Berepark verslaan om sy aanslag in vanjaar se reeks af te skop.<\/p>\n<p>Die Bere se kaptein en agtsteman, <strong>Abri van der Westhuizen<\/strong>, was aan die voorpunt van sy span se sege met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb.<\/p>\n<p>Die flank <strong>Thinus Oosthuizen<\/strong> het ook &#8216;n reuse wedstryd gespeel na hy noodgedwonge na die kant van die skrum moes skuif na albei die span se flanke, Divan Brits en Zander Lourens, tydens Wildeklawer beserings opgedoen het.<\/p>\n<p>Die Bere het in die skrums die oorhand gehad. Die span se skrumdokter, <strong>Kevin Buys<\/strong>, verdien baie lof want daar sal baie ver gesoek moet word vir &#8216;n Garsie-skrum in trurat sedert hy by die span betrokke geraak het.<\/p>\n<p>Vir Waterkloof was daar niemand beter as sy flank <strong>Jean Jooste<\/strong> nie. Buiten die feit dat Jooste vir sy inklimspel met twee drie\u00eb beloon is, het hy ook deurgans sy lyf op die spel vir sy span geplaas. Sy kaptein en agtsteman, <strong>Dale Arlow<\/strong>, kan ook tevrede met sy vertoning voel.<\/p>\n<p>Agterlangs het die Bere ook gegrom met Zian Cilliers (skrumskakel) en Dimitre Erasmus (buitesenter) wat uitstaande was.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar-kollege<\/strong> het vir Menlopark &#8216;n drag slae van 73-15 op sy tuisveld in Johannesburg toegedien. Helpies se vleuel <strong>Pieter Moller<\/strong> het vier keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Die grondslag vir die sege is egter voorlangs gel\u00ea waar veral die slot <strong>Ulrich Swart<\/strong> uistaande spel gelewer het. Swart het uitstekend gerank in die lynstane en ook in die vastelos gewoel.<\/p>\n<p>Buiten Moller het die heelagter, <strong>Junayden Seffier<\/strong>, ook uitmuntend vertoon. Veral sy taktiese skopwerk was van ho\u00eb gehalte.<\/p>\n<p>Die beseringspook het behoorlik amok gesaai by die Parkies voor die kragmeting. Slegte nuus vir die span is dat hy eerskomende Saterdag teen Garsfontein te staan kom.<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> het amper vir &#8216;n opskudding in Krugersdorp gesorg toe hy met nog so agt minute se speeltyd oor teen Monument voorgeloop het.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle het egter na &#8216;n nuwe rat verwissel om uiteindelik met 20 punte met die telling op 41-20 te se\u00ebvier. Dit was veral die losskakel, <strong>Justin Viljoen<\/strong>, en die slot <strong>RJ Barnard<\/strong> wat van die plaasvervangersbank \u2018n groot impak gemaak het.<\/p>\n<p>Viljoen het met sy taktiese skoppe daarin geslaag om die druk na die Rhinos te verplaas, terwyl Barnard voorlangs die vuur aangesteek het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein 50 (22) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Abri van der Westhuizen (3), Dimitre Erasmus (2), Ruan Enslin, Heinrich Cloete, De Wet Lottering. Doelskoppe: Zian Cilliers (3), Nicallen Gabrielsen (2). <strong>Waterkloof 21 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jean Jooste (2), Hernus Marais. Doelskoppe: Franco Cronj\u00e9 (3).<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar-kollege 73 (26) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Pieter Moller (4), Ruan Welman, Ulrich Swart, Boela de Wet, Christiaan Steyn, Tristan van Niekerk, Reynard van der Linden, JJ du Preez. Doelskoppe: Michael Benzien (9). <strong>Menlopark 15 (8) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Mocke Balt (2). Doelskop: Jaden Fortuin. Strafdoel: Fortuin.<\/p>\n<p><strong>Monument 41 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jody Schambreel (2), Tristan da Costa (2), Kelvin van Wyk, Nathan Erasmus, Stephan Uys. Doelskoppe: Justin Viljoen (3). <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 20 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ryan Venter, Ian Wood, Reghard Vermaak. Doelskop: Kian van Tonder. Strafdoel: Van Tonder.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Waterkloof 29, Garsfontein 10; Helpmekaar 19, Menlopark 16; Monument 47, Nelspruit 14.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Waterkloof 41, Garsfontein 13; Helpmekaar 26, Menlopark 14; Monument 55, Nelspruit 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Garsfontein 13, Waterkloof 9; Helpmekaar 22, Menlopark 15; Monument 62, Nelspruit 14. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Bere van die Ho\u00ebrskool Garsfontein het dit Saterdag duidelik gemaak dat hulle vanjaar weer een van die rolspelers in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-kompetisie gaan wees. Die Garsies het vir Waterkloof met 50-21 op Berepark verslaan om sy aanslag in vanjaar se reeks af te skop. Die Bere se kaptein en agtsteman, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15188,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-15187","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15187","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15187"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15187\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15188"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15187"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15187"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15187"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}