{"id":1574,"date":"2010-07-01T15:04:12","date_gmt":"2010-07-01T15:04:12","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/imported-748\/"},"modified":"2010-07-01T15:04:12","modified_gmt":"2010-07-01T15:04:12","slug":"imported-748","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=1574","title":{"rendered":"Cheetahs vang groot vis &#8211; Goosen tot 2012 in Bloemfontein"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Een van die groot sterre op vanjaar se Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole hier in die Noordwes-stadion, Johan Goosen, het besluit om \u2019n kontrak met die Cheetahs te sluit. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> Die Suid-Afrikaanse skole-losskakel sal volgens sy agent, Jan-Harm van Wyk, minstens tot aan die einde van 2012 sy rugby in Bloemfontein speel. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> Goosen het die nasionale o.18-span reeds verlede jaar verteenwoordig en het in die Vrystaat se eerste wedstryd hier teen Grens gewys dat hy as \u2019n betroubare stelskopper ewe opwindend op die aanval is. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> Goosen se besluit is uitstekende nuus vir die Cheetahs wat die afgelope drie jaar losskakels van gehalte soos Willem de Waal, Lionel Cronj\u00e9 (albei Westelike Provinsie) en Jacques-Louis Potgieter (Blou Bulle) verloor het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> Van Wyk s\u00ea nog \u2019n Vrystaatse uitblinker op die Cravenweek, Niell Jordaan (agtsteman), is vir langer vir die Cheetahs beskikbaar. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> \u201cNiell is soos Johan vir die volgende twee jaar beskikbaar. Beseerdes soos Henco Venter (flank) en Ruwellyn Isbell (vleuel) het vir dieselfde termyn kontrakte met die Cheetahs gesluit,\u201d s\u00ea Van Wyk. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> Niel Marais (heelagter), wat nie beskikbaar vir die Cravenweek was nie aangesien hy saam met Grey-kollege se krieketspan oorsee toer, is nog \u2019n groot vis wat die Cheetahs gevang het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> Ongelukkig vir die Cheetahs is dit bekend dat hul belowende binnesenter van die Vrystaatse Cravenweek-span, Paul Jordaan, \u2019n kontrak met die Sharks gesluit het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"> Die vurige slot van die Vrystaatse Cravenweekspan, Cobus Nel, het op sy beurt reeds besluit om sy rugby voortaan in die Kaap te gaan speel en hopelik in die toekoms die trui van die Westelike Provinsie oor die kop te trek.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die groot sterre op vanjaar se Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole hier in die Noordwes-stadion, Johan Goosen, het besluit om \u2019n kontrak met die Cheetahs te sluit. Die Suid-Afrikaanse skole-losskakel sal volgens sy agent, Jan-Harm van Wyk, minstens tot aan die einde van 2012 sy rugby in Bloemfontein speel. Goosen het die nasionale o.18-span reeds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1574","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1574","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1574"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1574\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1574"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1574"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1574"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}