{"id":15863,"date":"2023-05-27T10:02:31","date_gmt":"2023-05-27T08:02:31","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=15863"},"modified":"2023-05-27T10:02:31","modified_gmt":"2023-05-27T08:02:31","slug":"diamonds-het-trotse-rekord-teen-duineveld-om-te-verdedig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=15863","title":{"rendered":"Diamonds het trotse rekord teen Duineveld om te verdedig"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-7543\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsG_Duineveld-300x208.jpeg\" alt=\"NewsG Duineveld\" width=\"400\" height=\"278\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsG_Duineveld-300x208.jpeg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsG_Duineveld.jpeg 720w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Diamantveld<\/strong> is Saterdag weer in aksie on hul tuisrekord teen <strong>Duineveld<\/strong> te verdedig in die twee skole se laaste<strong> Noord-Kaap liga<\/strong>\u00a0bepaling vir die kwartaal.<\/p>\n<p>Hierdie wedstryd sal regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> beskikbaar wees &#8211;<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"> Registreer nou<\/a><\/p>\n<p>Die Diamonds oorheers hierdie bepaling vir die afgelope tien jaar, met hul enigste nederlaag gedurende daardie periode wat in 2018 gekom het toe Duineveld in Upington met 22-19 kon wen.<\/p>\n<p>Sedert daardie wedstryd het die Velties al baie na aan &#8216;n oorwinning in Kimberley gekom. In 2021 het hulle 13-7 verloor en verlede jaar kon hulle net nie &#8216;n drie in die laaste oomblikke van die wedstryd afrond nie, en moes toe weereens met le\u00eb hande terugkeer na &#8216;n 19-13 nederlaag.<\/p>\n<p>Die besoekers klop nou al lank aan die deur, en hierdie mag dalk net die jaar wees waarin hulle vir Diamantveld in Kimberley kan verslaan.<\/p>\n<p>Duineveld het reeds verlede naweek met Noord-Kaap 18-15 afgesien, en Noord-Kaap het onlangs teen hul buurskool, Diamantveld, 18-17 gewen, so die Velties sal vol vertroue wees voor hierdie wedstryd.<\/p>\n<p>Hulle sal egter steeds moet kan reken met die tuisspan se groot pak voorrye wat Woensdag nog vir Ho\u00ebrskool Trio plat geskrum het om &#8216;n indrukwekkende 21-15 oorwinning in die sak te steek.<\/p>\n<p>Of hulle op hierdie momentum kan bou, of die wedstryd in die middel van die week &#8216;n tol gaan neem sal eers Saterdag bevestig word, maar wat wel seker is is dat hulle nie sommer hul positiewe tuisrekord teen Duineveld gaan laat gaan sonder &#8216;n geveg nie.<\/p>\n<p>Die twee stutte, <strong>FJ de Fries<\/strong> en <strong>Flip du Randt<\/strong> was Woensdag onstuitbaar in die skrums en <strong>Valentino Lenge<\/strong>, die senter, het nog byna in elke wedstryd hierdie jaar &#8216;n drie gedruk.<\/p>\n<p>Die besoekers sal ook hul aanslag gedissiplineerd moet hou, want die Diamonds se senter en doelskopper, <strong>Simon Liversage<\/strong>, wys nog heel seisoen hoe hy &#8216;n span kan straf met sy skopskoen.<\/p>\n<p>Die Duineveld span kan egter ook staat maak op hul stutte, <strong>Chris Honnibal<\/strong> en <strong>Ethan Prins<\/strong>, en dit lyk asof die skrums een van die bepalende faktore van die wedstryd gaan wees.<\/p>\n<p>Hul flank,<strong> Alek Andrianatos<\/strong>, dien ook as &#8216;n ekstra senter waneer hy die bal in die agterlyn ontvang en het al reeds &#8216;n paar pragdrie\u00eb hierdie seisoen gedruk.<\/p>\n<p><strong>DJ Wandrag<\/strong>, die Velties se senter, is nog &#8216;n opwindende speler om dop te hou hierdie naweek.<\/p>\n<p><strong>Noord-Kaap<\/strong> is ook, net by die pad af, in aksie teen <strong>Ho\u00ebrskool Upington<\/strong>.<\/p>\n<p>Die Northerns sal graag hul kwartaal op &#8216;n goeie noot afsluit na verlede naweek se nederlaag teen Duineveld.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Diamantveld t. Duineveld om 12:30 in Kimberley:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Diamantveld:<\/strong> 15 Liam Ferris, 14 Kyle Taute, 13 Valentino Lenge, 12 Simon Liversage, 11 Michael Prinsloo, 10 Marno Greef, 9 Dirk van Heerden, 8 Juandre Stassen, 7 Lehan van der Westhuizen, 6 Achiles de Jager, 5 JJ Fourie, 4 Diwan Muller, 3 Flip du Randt, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.<\/p>\n<p><strong>Duineveld:<\/strong> 15 Gregon Jansen, 14 Henry Page, 13 Wyndham Bouwer, 12 DJ Wandrag, 11 Shamaro de Klerk, 10 Ethan van Zyl, 9 Franco Erasmus, 8 Wihan Liebenberg, 7 Alek Andianatos, 6 Freddie Collen, 5 Ean le Rich, 4 Arno Luttig, 3 Ethan Prins, 2 Alwyn Wickens, 1 Chris Honiball.<\/p>\n<p><strong>Noord-Kaap t. Ho\u00ebrskool Upington om 12:00<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noord-Kaap:<\/strong> 15 Jonaden Links, 14 Junior Kettledas, 13 Kimi van den Horst, 12 Abdul Fischer, 11 Keante Pienaar, 10 Eldridge Jack, 9 Lwandle Maseko, 8 Shaw Lourens, 7 Melvin Diedericks, 6 Tyron China, 5 Thaylin Rose, 4 Wentzel Hibbert, 3 Liyabona Mbeke, 2 Liam Harmse, 1 Eveton Hamat.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington:\u00a0<\/strong>15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 Petrus Karsten.<\/p>\n<p><strong>Ander bepalings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>11:45 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Kathu t. Ho\u00ebrskool Dani\u00eblskuil; <strong>12:25 &#8211;<\/strong> Prieska t. Douglas.<\/p>\n<p>&nbsp; <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Diamantveld is Saterdag weer in aksie on hul tuisrekord teen Duineveld te verdedig in die twee skole se laaste Noord-Kaap liga\u00a0bepaling vir die kwartaal. Hierdie wedstryd sal regstreeks op SuperSport Schools beskikbaar wees &#8211; Registreer nou Die Diamonds oorheers hierdie bepaling vir die afgelope tien jaar, met hul enigste nederlaag gedurende daardie periode wat in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":7543,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-15863","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15863","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15863"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15863\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7543"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15863"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15863"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15863"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}