{"id":15950,"date":"2023-05-27T19:18:22","date_gmt":"2023-05-27T17:18:22","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=15950"},"modified":"2023-05-27T19:18:22","modified_gmt":"2023-05-27T17:18:22","slug":"paul-roos-klop-boishaai-vir-die-eerste-keer-in-twee-dekades-in-paarl-kapank-kasty-vir-parkies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=15950","title":{"rendered":"Paul Roos klop Boishaai vir die eerste keer in twee dekades in Paarl, Kapank kasty vir Parkies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_15951\" aria-describedby=\"caption-attachment-15951\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-15951\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/031A4895-300x228.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"304\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-15951\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Johan Orton<\/figcaption><\/figure>\n<p>KRUGERSDORP. \u2013 Paul Roos Gimnasium het vir die eerste keer sedert 2003 daarin geslaag om die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl op sy tuisveld, die Brugstraat-stadion in die Paarl, om te dop.<\/p>\n<p>Paul Roos het vir Boishaai met 35-17 afgestof om vir die eerste keer in twee dekades die soete smaak van \u2018n sege in die Paarl te proe. Soos in 2003 was die sege ook te danke aan die span van Stellenbosch se skakelpaar.<\/p>\n<p>Saterdag het Zeke January (skrumskakel) en Lee-Jay Petersen (losskakel) \u2018n beduidende rol gespeel in die span se sukses. Twee dekades gelede was die skakelpaar van Allistair Siegelaar en Jody Rose aan die spits vir die Maroentruie.<\/p>\n<p>Buiten Petersen se skopstewel en January wat die tuisspan om die losgemale besig gehou het, verdien die twee voorrymanne, Oliver Reid en Ryan Jack, ook lof vir hul blink vertonings.<\/p>\n<p>Reid het self twee keer oor die doellyn gebars, terwyl Jack a la Finegan-Gregan met January gekombineer het vir sy drie. Petersen het 15 punte met sy skopskoen bygevoeg om seker te maak dat daar behoorlik fees gevier sal word in die Eikestad.<\/p>\n<p>In die SDC Noordvaal Cup het Noordheuwel nie enige genade vir Menlopark betoon nie en oortuigend met 73-13 as oorwinnaars van die veld gestap.<\/p>\n<p>Die Nories se losskakel, JT Kapank, het 28 punte tot die sege met sy skopskoen bygedra. Kapank het vyf van sy span se drie\u00eb verdoel asook ses strafdoele tussen deur die pale gejaag.<\/p>\n<p>Die span se vleuel Keaton van Deventer het ook baljaar deur drie keer \u2018n draai agter die doellyn te maak.<\/p>\n<p>Garsfontein was ook in \u2018n verwoestende bui al het die span heelwat staatmakers weens siekte en beserings langs die kantlyn gehad. Die Bere het vir Marais Viljoen met 64-12 ore aangesit.<\/p>\n<p>Die Garsies se versoolde binnesenter, Luan Olivier, asook die vleuel Ruan Enslin het dubelle driedruk-plesier ervaar.<\/p>\n<p>Helpmekaar-kollege het die Ho\u00ebrskool Nelspruit met 39-12 in Mbombela verslaan. Helpies het teen rustyd reeds \u2018n voorsprong van 22-0 geniet.<\/p>\n<p>Die besoekers se regtervleuel, Delano Maritz, het die eerste drie van die kragmeting binne die eerste tien sekondes vanaf die afskop gedruk. Helpies se ander vleuel, Pieter Moller, asook die slot Ulrich Swart, het ook skitterende vertonings opgedis.<\/p>\n<p>Grey-kollege se eerstespan stoom steeds voort na hy Monument se Wit Bulle met 31-10 op die Ras van Rooyen in Krugersdorp afgestof het. Dit was Grey se eerste kragmeting teen Monnas in die Wes-Rand sedert 1996.<\/p>\n<p>Grey kon dus laas in 1995 vir Monnas op sy tuisveld wen toe hy met 27-20 baas was. Monnas het die kragmeting tussen die twee spanne in 1996 met 13-8 gewen.<\/p>\n<p>Grey se lostrio JJ Theron (kaptein), Keegan Scholtz en Marno Stopforth was uitstaande. Stopforth het na die kant van die skrum vir die wedstryd vanaf slot geskuif na Jean-Henri Smit weens \u2018n besering nie oorweeg kon word nie.<\/p>\n<p>Grey se senterpaar, Pieter van der Merwe en Benito Goeda, het ook \u2018n uitmuntende dag op kantoor beleef.<\/p>\n<p>Outeniqua het soos verwag koning gekraai met 25-14 in sy jaarlikse interskole teen Oakdale Landbou. Die Kwaggas moes egter harder werk vir die sege as wat die telling aandui.<\/p>\n<p>Die wenspan se voorryman, Ruan Swart, asook die flank Dewald Gerber was soos gewoonlik staatmakers. Agterlangs verdien die vleuel JJ Daters lof vir sy aanvallende spel.<\/p>\n<p>Die Jade Brigade van Stellenberg sal nie baie gelukkig wees na hy met 7-22 die knie teen Bishops gebuig het nie. Met slegs twee minute oor op die skeidsregter se horlosie het die wenspan slegs \u2018n voorsprong van 10-7 geniet.<\/p>\n<p>Twee drie\u00eb deur Hassiem Pead (skrumskakel) en Lucca Mynhardt (plaasvervanger-vleuel) in die laaste twee minute het egter Stellenberg se harte gebreek.<\/p>\n<p>Hendr\u00e9 Marnitz is vinnig besig om nie net met Maritzburg College se sukses op die veld nie, maar ook die manier hoe hulle speel meer vriende as vyande te maak.<\/p>\n<p>Maritzburg College het vir St Charles College met 46-8 verslaan met albei sy vleuels, Colm Reardon en Langelihle Makhathini, wat drie keer \u2018n draai agter die doellyn gegooi het.<\/p>\n<p>Affies het in die doodsnikke van sy kragmeting teen Jeppe danksy \u2018n drie deur sy agtsteman, Dieter Schubert, \u2018n sege van 33-31 beklink.<\/p>\n<p>Potchefstroom Gimnasium het gewys dat ondanks die feit dat hy in Groep 2 van die Noordvaal Cup speel, dat sy aartsvyande, Potchefstroom Volkskool, hom nooit kan onderskat nie.<\/p>\n<p>Gimmies was met 26-13 in die twee spanne se jaarlikse FNB Classic Clash baas. Die wenspan se linkervleuel, David Ndala, het twee pragdrie\u00eb in die eerste helfte gedruk.<\/p>\n<p>Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (<a href=\"http:\/\/www.supersportschools.com\">www.supersportschools.com<\/a>). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv \u2013 SuperSport 216.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>SDC NOORDVAAL CUP<\/strong><\/p>\n<p><strong>Groep 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> Noordheuwel 73, Menlopark 13; EG Jansen 31, Waterkloof 26; Helpmekaar-kollege 39, Ho\u00ebrskool Nelspruit 12; Garsfontein 64, Marais Viljoen 12. <strong>Plaat:<\/strong> Montana 24, HTS Middelburg 16; Transvalia 42, Zwartkop 7; Kempton Park 57, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 7; Ho\u00ebrskool Rustenburg 23, Ho\u00ebrskool Middelburg 19. Skild: Oos-Moot 31, Ligbron Akademie 17; Heidelberg Volkskool 24, Hugenote (Springs) 3; Ben Vorster 38, Jeugland 25; Secunda 23, Lichtenburg 18. <strong>Bowl:<\/strong> Merensky 40, Ho\u00ebrskool Alberton 21; Die Anker 38, Dr. Malan 3; Eldoraigne 28, Ho\u00ebrskool Pietersburg 22.<\/p>\n<p><strong>Groep 2 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Blou Bulle:<\/strong> Midstream College 49, Overkruin 5; HTS John Vorster 15, Wonderboom 12.<strong> Goue Leeus:<\/strong> Randburg 10, Dinamika 7. <strong>Limpopo:<\/strong> Frikkie Meyer 31, Hans Strijdom 7. <strong>Pumas:<\/strong> Ferrum 17, Piet Retief 12; Ho\u00ebrskool Ermelo 45, Pionier 7; Rob Ferreira 27, HTS Witbank 25. <strong>Valke:<\/strong> Hans Moore 27, Leeuwenhof 11; Oosterlig 17, Ho\u00ebrskool Sasolburg 11; Brandwag (Benoni) 40, Driehoek 14.<\/p>\n<p><strong>Groep 3 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Goue Leeus:<\/strong> Allen Glen 28, Bekker 24. <strong>Limpopo:<\/strong> Piet Potgieter 32, Northern Academy 5. <strong>Luiperds:<\/strong> Brits 24, Wolmaransstad 18.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL <\/strong><\/p>\n<p>Hilton College 25, Glenwood 19; Durban High School 47, Kearsney College 24; Michaelhouse 34, Pretoria Boys\u2019 High 19; Maritzburg College 46, St Charles College 8; Westville Boys\u2019 High 45, Clifton 22.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>Affies 33, Jeppe 31; King Edward VII 31, St John\u2019s College 6; Potchefstroom Gimnasium 26, Potchefstroom Volkskool 13; St Benedict\u2019s College 17, St Alban\u2019s College 14; Florida 36, Bergsig 22; Parktown Boys\u2019 High 14, St David\u2019s Marist 0; St Stithians College 30, Northcliff 22; Ho\u00ebrskool Vryburg 27, Aliwal-Noord 19.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Selborne College 55, Ho\u00ebrskool Grens 14; Queen\u2019s College 18, Hudson Park 13; Ho\u00ebrskool Punt 26, Framesby II 19.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 31, Monument 10; Fichardtpark 33, Voortrekker (Bethlehem) 18; Diamantveld 21, Ho\u00ebrskool Trio 15; Diamantveld 30, Duineveld 15; Jim Fouch\u00e9 27, Landboudal 12; Sentraal 31, Louis Botha 21; Ho\u00ebrskool Bloemfontein 39, Zastron 17; Bothaville 31, Wilgerivier 31; Bultfontein 38, HTS Welkom 14; Douglas 56, Prieska 0; Noord-Kaap 26, Ho\u00ebrskool Upington 26; Hopetown 27, Wildeklawer Akademie 7; Paul Erasmus 23, Retief 21; Vrede 46, Marquard 8; Kathu 53, Dani\u00eblskuil 0.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium 35, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 17; Outeniqua 25, Oakdale Landbou 14; Bishops 22, Stellenberg 7; Strand 30, Worcester Gimnasium 29; Swartland 22, Langenhoven Gimnasium 7; Brackenfell 36, Milnerton 29; Rondebosch Boys\u2019 High 20, Wynberg Boys\u2019 High 16; SACS 28, Ho\u00ebrskool Bellville 10; DF Malan 41, Tygerberg 17; Robertson 39, Hermanus 27; Vishoek 25, Gordon 0; Labori 24, Wellington High 13; Lutzville 17, Calvinia 12; HTS Bellville 19, Melkbosstrand 18; Vredendal 24, Augsburg Gimnasium 22; Hottentots-Holland 20, Parel Vallei 19; Durbanville 72, Elsiesrivier 0; Worcester Gimnasium 47, Robertson 21; Schoonspruit 14, Piketberg 13; Charlie Hofmeyr 66, Ho\u00ebrskool Stellenbosch 5; Charlie Hofmeyr 24, Ceres Sekond\u00ear 5; Kasselsvlei 25, Scottsdene 13; Lambertsbaai 19, Vredendal Sekond\u00ear 14; Primrose-klub 0, Durbanville II 118; Bosmansdam 17, Westerford 3.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KRUGERSDORP. \u2013 Paul Roos Gimnasium het vir die eerste keer sedert 2003 daarin geslaag om die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl op sy tuisveld, die Brugstraat-stadion in die Paarl, om te dop. Paul Roos het vir Boishaai met 35-17 afgestof om vir die eerste keer in twee dekades die soete smaak van \u2018n sege in die Paarl [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15951,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-15950","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15950","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15950"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15950\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15951"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15950"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15950"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15950"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}