{"id":17227,"date":"2023-07-24T10:46:21","date_gmt":"2023-07-24T08:46:21","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=17227"},"modified":"2023-07-24T10:46:21","modified_gmt":"2023-07-24T08:46:21","slug":"player-profile-divan-fuller-paarl-boys-high","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=17227","title":{"rendered":"Player Profile &#8211; Divan Fuller (Paarl Boys&#8217; High)"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_17698\" aria-describedby=\"caption-attachment-17698\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-17698\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/07\/J9I3355-240x300.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"500\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-17698\" class=\"wp-caption-text\">DIVAN FULLER, in aksie tydens die Cravenweek vroe\u00ebr vanjaar in George. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">KLIPHARD en onbuigbaar op die rugbyveld.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dit is hoe teenstanders vir <\/span><b>Divan Fuller<\/b><span style=\"font-weight: 400\">, breker-flank van die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, leer ken het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Fuller het onlangs besluit om sy loopbaan na skool ook in &#8216;n Streeptui van Westelike Provinsie voort te sit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Fuller is vroe\u00ebr vanjaar na afloop van die Cravenweek in George in die Suid-Afrikaanse Skole-span ingesluit. Hy het reeds verlede jaar die SA Skole A-span verteenwoordig, na hy weens &#8216;n besering opgetrek is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Fuller was verlede jaar al as deel van die WP Cravenweek-span gekies, maar kon weens &#8216;n besering nie aan die toernooi in Kaapstad deelneem nie. Hy het egter soveel potensiaal deur die seisoen gewys dat hy steeds later na die SA A-span opgetrek is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die kantman het die Streeptruie vanjaar tot &#8216;n sege van 29-5 oor die Blou Bulle in die hoofwedstryd in George gehelp.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;Om te teken by die WP is een van daardie dinge waarvan mens nie net kan droom nie, maar letterlik &#8216;n lewe vir jouself moet insien. Volgende jaar het ek die geleentheid om rugby te speel en op dieselfde tyd te kan studeer,&#8221; het Fuller ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Fuller gaan &#8216;n aanlynkursus in B.Com Besigheidsbestuur studeer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Boishaai se groot bekragtiger het al in 2019 skolerugby-liefhebbers se aandag gevang toe &#8216;n<\/span><a href=\"https:\/\/youtu.be\/FwQH5n2lV6U\"> <span style=\"font-weight: 400\">video<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400\"> begin sirkuleer van &#8216;n enorme duikslag teen Monument op o.14-vlak tydens die Kwagga-week in George. Di\u00e9 video het sover as Australi\u00eb, Kanada en in Amerika opslae gemaak en is al meer as 2 miljoen keer gekyk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Skielik was almal se o\u00eb op die 14-jarige Divan Fuller.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;2019 se video het &#8216;n definitiewe impak op my lewe gehad. Veral as mens nog so jonk is, jou voete probeer vind en vir jouself nog &#8216;n naam moet maak, dan is iets soos dit natuurlik nie alledaags nie; jy word gekenmerk deur sulke oomblikke in die lewe.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons het vir hom ook gevra of hy die gebruik van tegnologie en die media se dekking van skolerugby as &#8216;n positiewe aspek sien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;Die &#8220;<\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">exposure<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\">&#8221; wat vandag op skoolvlak beskikbaar is dink ek is positief. Tegnologie van <\/span><b>SuperSport Schools<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> is na aan profesionele rugby en dit skep &#8216;n hele nuwe vlak waar jy leer hoe om druk te hanteer en dit berei jou voor en maak jou bewus van wat om te verwag in &#8216;n senior rugby-omgewing. Al hierdie dinge leer jou hoe om druk te hanteer in alledaagse lewe. Dit is &#8216;n persoonlike besluit, wat jy daarmee maak en hoe jy kies om dit te hanteer.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Fuller vertel dat vir so lank as wat hy kan onthou het sy gesin Saterdae saam spandeer deur om rugby te kyk met &#8216;n lekker braai aan die gang en familie raakrugby of grasperk-krieket en mens kan hoor hoeveel sy naaste-familie bygedra het tot sy ontwikkeling.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;As ek moet dink aan &#8216;n oomblik waar rugby vir my betekenis gekry het onthou ek my boetie op die veld, en klein Divan wat hom probeer na-aap. Ons het altyd kragte gemeet in die agterplaas, my boetie (Anton) en sussie (Carli) was ook kapteine van hul skool se eerstespanne en is, soos ek, lief vir atletiek. My pa, Johan, het ook Cravenweek gespeel en was SA kampioen in hekkies en my ma is ons almal se grootste &#8220;cheerleader&#8221;. Ek is &#8216;n groot familie man en ek is baie gelukig om &#8216;n familie soos myne te h\u00ea. Ek sou s\u00ea sport is definitief in ons bloed.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Fuller het op &#8216;n jong ouderdom, by <\/span><b>Laerskool Saamtrek<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> in Klerksdorp, saam met die ouer kinders rugby gespeel. Hy het toe die skuif gemaak na <\/span><b>Boishaai<\/b><span style=\"font-weight: 400\">, waar hy die geleentheid gegun is om sy drome in &#8216;n realiteit te omskep.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;Om deel te wees van &#8216;n skool soos Boishaai maak dit moontlik om te glo in &#8216;n suksesvolle rugbyloopbaan, met soveel groot name om na op te kyk. Booshaaiers se nederigheid en gewilligheid om ander te help is van die eerste dinge wat ek by die skool ervaar het.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Gevra oor van die spelers na wie hy opkyk is die eerste name wat opkom die van die oud-Boishaaier <\/span><b>Evan Roos<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> vir sy aanvallende spel en <\/span><b>Pieter-Steph du Toit<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> vir sy werksetiek. Hy noem ook die Stormers se <\/span><b>Salmaan Moerat<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> se toewyding, die Nieu-Seelanders, <\/span><b>Dalton Papalii<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> vir sy verdedigende spel asook <\/span><b>Ardie Savea<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> vir sy agressie, en <\/span><b>Duane Vermeulen<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> vir sy leierskapvaardighede.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Verlede jaar was Fuller deel van die Boishaai span wat die groot jaarlikse wedstryd teen hul aardsvyande, Paarl Gim, met 26-24 kon wen. Hy is vol selfvertroue dat hulle hierdie jaar weer daardie sukses kan herhaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;Interskole kan mens nie vergelyk met enige ander wedstryd nie want dit is iets heeltemal anders, daar is nie woorde om dit te beskryf nie. Ek sou s\u00ea dit berei mens goed voor vir die druk wat mens op SA skole vlak beleef. Mens hanteer hierdie bepaling elke jaar anders, ek het volle vertroue in my span en weet dat ons aan die wenkant sal staan.&#8221;\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Fuller het duidelik &#8216;n uiters volwasse, positiewe uitkyk op die lewe, selfs na sy eie terugslae, wat hom in staat stel om die verwagtings te hanteer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;Enige druk wat mens ervaar is positiewe druk, want mens is in die bevoorregte posisie om dit te kan ervaar in die eerste plek. Ek is baie dankbaar om te kan s\u00ea dat ek die beste &#8220;support-system&#8221; het en besef dat dit nie vir almal die geval is nie. Enige besering is baie sleg en sal nooit op &#8216;n gepaste tyd gebeur nie. Dit help jou wel om harder te werk en te groei.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">&#8220;Dit hou mens ook gegrond in die feit dat mens die geleentheid om te kan speel moet waardeer want dit kan enige tyd weggevat word. Al is dit partykeer moeilik om te kop dat &#8216;n besering (soos verlede jaar) gebeur probeer ek myself net herhinder dat die Here &#8216;n plan met my lewe het en lankal reeds my pad vorentoe ken,&#8221; het Fuller ges\u00ea.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"Divan Fuller&amp;apos;s tackle that was felt around the world\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/FwQH5n2lV6U?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p><em>This video was first published by <strong>School of Rugby<\/strong>, who are now part of SuperSport Schools on their Facebook Page which made it go viral. Back in 2019 School of Rugby was part of <strong>DigiTV<\/strong> &#8211; who streamed the Kwagga Week in 2019.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp; <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KLIPHARD en onbuigbaar op die rugbyveld. Dit is hoe teenstanders vir Divan Fuller, breker-flank van die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, leer ken het. Fuller het onlangs besluit om sy loopbaan na skool ook in &#8216;n Streeptui van Westelike Provinsie voort te sit. Fuller is vroe\u00ebr vanjaar na afloop van die Cravenweek in George in die Suid-Afrikaanse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":17698,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-17227","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17227"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17227\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17698"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17227"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17227"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}