{"id":17240,"date":"2024-05-29T13:25:00","date_gmt":"2024-05-29T11:25:00","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=17240"},"modified":"2024-05-29T13:25:00","modified_gmt":"2024-05-29T11:25:00","slug":"player-profile-jaco-grobbelaar-fichardtpark","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=17240","title":{"rendered":"Player Profile &#8211; Jaco Grobbelaar (Fichardtpark)"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft  wp-image-13860\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/Fichardtpark-Leeus-Jaco-Grobbelaar-677x1024.jpeg\" alt=\"\" width=\"263\" height=\"398\" \/>Fichardtpark se breker-slot,<strong> Jaco Grobbelaar<\/strong>, het die SA keurders se aandag vanjaar gegryp met sy onvermoeide werktempo op die veld. Dit is waneer mens met hom gesels dat dit duidelik word hoe volwasse sy uitkyk op die lewe is, en presies hoe hard hy werk om sy drome te laat realiseer.<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Ek hou van die gesegde, &#8216;Pressure is a privilege'&#8221; s\u00ea Grobbelaar oor die druk wat jong spelers op die topvlak ervaar, &#8220;Jy moet maar net goed voorberei, jy moet reg wees vir die wedstryd of die situasie wat opkom. As jy weet jy het alles gedoen wat jy kan om voor te berei is dit nie meer in jou hande nie, dan moet jy net jou beste gee en dit sal goed gaan. Dan is dit ook belangrik om jou identiteit te vind, want dit gaan nie altyd goed gaan nie. Jy kan nie s\u00ea rugby is jou lewe nie, rugby gaan nie altyd daar wees nie so jy kan nie net daarop staat maak om gelukig te wees nie.&#8221;\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die Fichies het&#8217;n droomseisoen beleef die jaar. Hulle het onlangs die Wesgrow Sentrale Sportreeks titel verower\u00a0 en kon ook geskiedenis maak deur om hul eerste SA Skole speler ooit in Jaco op te lewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die<\/span><span style=\"font-weight: 400;\"> groot slot is gekies as deel van die SA Skole groep wat teen Engeland en Frankryk meegeding het nadat hy vir die Vrystaat Cravenweekspan uitgestaan het in George by die nasionale jeugweek gedurende die skoolvakansie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Grobbelaar het geen tyd gemors as deel van sy nuwe span nie, en kon in hul opwarmingswedstryd teen die SA A span reeds &#8216;n drie agter sy naam kry.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Hy kon toe ook &#8216;n merkwaardige jaar in sy lewe op &#8216;n ho\u00eb noot af sluit, deur om as speler van die wedstryd genoem te word in die Suid Afrikaners se 33-19 sege oor Engeland.<\/p>\n<p>Sy SA o.18 verpligtings het egter beteken dat Grobbelaar nie kon deelmaak van die Fichardtpark-span wat in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga halfeindstryd teen Ho\u00ebrskool Upington die knie moes buig met 53-19 nie<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ons het met hom gesels na die opwarmingswedstryd in Julie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Donderdag (die eerste wedstryd) was baie spesiaal gewees, beslus ook &#8216;n hoogtepunt in my loopbaan so v\u00ear. Die SA Skole groep is regtig &#8216;n baie lekker klomp ouens. Die gees is goed en dis lekker om die verskillende persoonlikhede van reg oor die land te leer ken en te sien hoe hulle dinge doen. Jy leer so baie, as mens en nie net oor rugby nie, so dit was regtig &#8216;n ongelooflike ervaring die week.&#8221; vertel Jaco oor sy debuut en die groep spelers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Grobbelaar se insluiting in die span is die kersie op die koek vir Fichardtpark wat al vele sukses hierdie seisoen behaal het, en wel verdiende beloning vir hul hardwerkende slot wat &#8216;n kernrol speel in sy span se sukses. Jaco s\u00ea hul doelwit is om die Bloemfonteinse stadsliga te wen. Sedert ons met hom gesels het kon die Fichies na die skoolvakansie bou op hul momentum met &#8216;n goeie 41-17 sege oor Goudveld en &#8216;n 29-27 oorwining teen Witteberg, waarvoor hulle hard moes werk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Jaco het in albei daardie wedstryd agter die doellyn gaan kuier om met sy goue-vorm van die seisoen voort te sit, voordat hy in moontlik sy laaste wedstryd in die Fichie-trui &#8216;n driekuns van drie\u00eb kon aanteken in die Vrystaat-liga halfeindstryd teen Sentraal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Ons beleef regtig &#8216;n ongelooflike seisoen. Ek is baie trots en bevooreg om deel daarvan te wees. Die kameraadskap onder die manne is regtig baie goed die jaar. Mnr Jaco Kotze, ons direkteur van rugby, werk baie hard om &#8216;n trotse Fichardtpark kultuur te skep by die skool.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Volgende jaar sluit Jaco dan by die <\/span><b>Blou Bulle<\/b><span style=\"font-weight: 400;\"> junior-groep aan terwyl hy Bcom Bestuursrekeningkunde gaan swot. Ons het vir hom gevra hoe hy voel oor die groot stap. Die liefde vir syfers loop skynbaar net so sterk soos die liefde vir rugby in sy gesin. Sy pa, Hannes Grobbelaar, is &#8216;n rekenmeester en sy suster, Alida, swot tans Akturi\u00eble Wetenskap by Pukke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy skerts &#8220;Ek sien baie uit om te gaan, maar dit gaan beslis &#8216;n groot aanpassing wees. Ek&#8217;t nog altyd in die huis gebly en my ma (Attela) se kos ge\u00ebet, so dit sal &#8216;n groot aanpassing wees.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Steeds, dit is &#8216;n droom wat waar word vir die jong slot van Bloemfontein om by die span wat hy nog sy lewe lank ondersteun aan te sluit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy vertel: &#8220;Ek was nog altyd &#8216;n Blou Bul ondersteuner, my Pa het my so groot gemaak. Ek onthou in kleuterskool was ek baie ontsteld as ek nie elke dag my Blou Bul trui kon dra nie omdat dit eers moet gewas word.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit verg uitsonderlike talent om raakgesien te word in &#8216;n span wat nie gereeld onder die grootste name in skolerugby genoem word nie, maar Jaco s\u00ea dat hy die perfekte ondersteuningstelsel in Fichardtpark gevind het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Ek is &#8216;n baie trotse Fichardtparker, die gemengde skool se atmosfeer is vir my lekker en ek het onderwysers hier wat in my geglo het, selfs al het ek partykeer nie in myself geglo nie. As dit nie vir my Alma Mater was nie sou ek nie kon bereik het wat ek die jaar bereik het nie. Net die manier hoe almal mekaar ondersteun maak my baie trots om te s\u00ea ek is in Fichardtpark.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy is al van laerskool af by die skool in Bloemfontein, maar hy vertel dat sy liefde vir rugby al voor dit ontstaan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Ek het begin met Bulletjie-rugby, toe ek ses jaar oud was. Ek het aanvanklik in die laerskool agsteman gespeel want ek was die vinnigste, maar toe word ek bietjie swaar.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy is nog altyd &#8216;n begaafde atleet en het hierdie jaar nog op nasionale vlak met hamergooi kompeteer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;In die laerskool het ek aan omtrent alles deelgeneem, maar in die ho\u00ebrskool raak tyd bietjie min, so ek het net aangehou met atletiek en rugby. Op laerskool het ek eers hekkies gehardloop, en toe later oorgeskuif na die veld-items. Die jaar was ek met hamergooi derde by die SA&#8217;s in Germiston gewees. Die atletiek en die rugby het egter ook begin bots, met ons sportdag vroe\u00ebr in die jaar moes ek eintlik ook by &#8216;n atletiekbyeenkoms in Sasolburg deelneem, maar ek het toe besluit rugby is belangriker vir my toekoms.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit was dan ook die regte besluit, want Jaco onthou daardie wedstyd as een van die hoogtepunte in &#8216;n jaar met soveel groot oomblikke vir hom en sy span.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;&#8216;n Oomblik wat vir my sal uitstaan is ons oorwinning by ons eie sportdag hierdie jaar (33-27 teen Diamantveld). Dit was &#8216;n ongelooflike wedstryd met lekker baie toeskouers.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is egter nie net met sport waarmee Grobbelaar uitblink nie. Hy is ook &#8216;n kranige student en behaal tans &#8216;n onderskeiding in al agt sy vakke met &#8216;n voorkeur vir veral wiskunde.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Akademies was ek nog altyd sterk. My sussie het my al van voor skool af geleer, sy was in die middae my juffrou en het my sommer voor skool al met wiskunde gehelp.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is natuurlik steeds harde werk, maar hy s\u00ea hy geniet die balans. &#8220;Dit vereis baie dissipline en opofferings, maar ek geniet elke oomblik van dit. Na &#8216;n harde oeffeningsessie geniet ek dit om weer op &#8216;n stoel te kom sit voor die boeke. Ek is maar bietjie van &#8216;n perfeksionis so dit is vir my belangrik om akademies ook goed te presteer.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Oor sy rugbyheld vertel hy ook laggend, &#8220;Eben Etzebeth is natuurlik my gunsteling speler, ek sal graag so fisies soos hy wil wees, en so &#8216;n paar arms sal ook help.&#8221;<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Fichardtpark se breker-slot, Jaco Grobbelaar, het die SA keurders se aandag vanjaar gegryp met sy onvermoeide werktempo op die veld. Dit is waneer mens met hom gesels dat dit duidelik word hoe volwasse sy uitkyk op die lewe is, en presies hoe hard hy werk om sy drome te laat realiseer. &#8220;Ek hou van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":13860,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-17240","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17240","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17240"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17240\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13860"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17240"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17240"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17240"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}