{"id":18105,"date":"2023-08-04T14:04:37","date_gmt":"2023-08-04T12:04:37","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=18105"},"modified":"2023-08-04T14:04:37","modified_gmt":"2023-08-04T12:04:37","slug":"niemand-is-groter-as-die-groot-interjol-op-upington-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=18105","title":{"rendered":"Niemand is groter as die Groot Interjol op Upington nie"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-18193\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Riaan-Kotze-Upington.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/>Saterdag word daar gekyk wie is baas in Upington wanneer die 55ste Groot Interjol tussen <strong>Ho\u00ebrskool Upington<\/strong> en <strong>Duineveld<\/strong> afgesluit word met die hoofwedstryd van die naweek tussen die twee skole se trots, die Wittes en Uppies se eersterugbyspanne.<\/p>\n<p>Die wedstryd is regstreeks beskikbaar op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a>.<\/p>\n<p>Dit sal ook die Ho\u00ebrskool Upington se voormalige skoolhoof en afrigter by die eerstespan, <strong>Riaan Kotze<\/strong>, se laaste Groot Interjol wees. Daar sal ver gesoek moet word vir iemand wat meer kere by die Groot Interjol betrokke was as Kotze.<\/p>\n<p>Hy was al 41 keer by die <strong>Groot Interjol<\/strong> betrokke. Vyf jaar as leerder van die Ho\u00ebrskool Upington (1972-1976), daarna vier jaar as onderwyser by HTS Upington voordat hy die afgelope 32 jaar saam met Ho\u00ebrskool Upington deel van die groot gebeurtenis aan die oewer van die Oranjerivier was.<\/p>\n<p>&#8220;Niemand is groter as Interskole nie,&#8221; het Kotze ges\u00ea. Wel wie sal beter weet as Kotze wat waarskynlik die meeste kere die Groot Interjol beleef het. Die interskole het in 1967 ontstaan tussen Ho\u00ebrskool Upington en die Ho\u00ebr Tegniese en Handel Skool van Upington.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebr Tegniese en Handel Skool van Upington wat in 1964 gestig is, het in 1986 verdeel na HTS Upington en Gordonia. Die twee skole het in 1991 weer saamgesmelt as Duineveld.<\/p>\n<p>Hierdie is jaarliks die grootste wedstryd op die skolerugby-kalendar in die Noordweste van Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Verlede jaar het Duineveld op hul tuisveld met 26-13 gese\u00ebvier, sy senterpaar van <strong>Wyndham Bouwer<\/strong> en <strong>DJ Wandrag<\/strong> was toe al reeds deel van die eerstespan, maar Wandrag het daardie wedstryd op losskakel begin.<\/p>\n<p><strong>Shamaro de Klerk<\/strong> (vleuel),\u00a0 <strong>Freddie Collen<\/strong> (flank), <strong>Ean le Rich<\/strong> (agsteman) en <strong>Gert-White Grobbelaar<\/strong> (slot) was ook betrokke in die vorige Interjol, en sal daardie sukses wil herhaal hierdie jaar.<\/p>\n<p><strong>Khayalenkosi Maganga<\/strong> (vleuel), <strong>Siphe Msebenzi<\/strong> (vleuel), <strong>Emlyhn Jacobs<\/strong> (loskakel), <strong>Neil Petro <\/strong>(skrumskakel),<strong> Jaco Fourie<\/strong> (agsteman), <strong>Sipho Livingi<\/strong> (flank),<strong> PA Karsten<\/strong> (stut) en <strong>Niel Visser<\/strong> (stut) was egter ook in daardie wedstryd, en sal hul alles gee om te verhoed dat hulle weer aan die verlookant is.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Upington beleef egter self &#8216;n sterk seisoen, en is verlede naweek na &#8216;n 34-19 sege oor Kalahari gekroon as die 2023 Noord-Kaapse liga kampioene.<\/p>\n<p>Duineveld het ook teen Uppies se vorige teenstanders gespeel vroe\u00ebr in die seisoen, en kon die Kalahari span met 86-8 pakslae gee.<\/p>\n<p>Uppies het egter weer vir Diamantveld met 43-31 verslaan, terwyl Duineveld die knie moes buig teen die Diamonds met 30-15.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Upington het vanjaar vyf spelers in die Griekwaland-Wes Cravenweekspan gehad. Petro, Fourie, Livingi, Jacobs en Karsten was gekies om die streek te verteenwoordig, terwyl Duineveld se slot, <strong>Arno Luttig<\/strong>, en flank, Collen, ook vir die Griekwaspan gespeel het.<\/p>\n<p>Met bitter min op die twee spanne op papier te skei beloof hierdie wedstryd om weer aan alle verwagtings te voldoen Saterdag.<\/p>\n<p>Verlede jaar was dit &#8216;n stryd tussen die Velties se groot pak voorspelers en Uppies se vinnige agterlyn, maar met drie Griekwas in hul pak behoort die tuisspan vanjaar ook voor beter op te meet teen die besoekers.<\/p>\n<p>Karsten was veral nog heel jaar &#8216;n uitblinker vir Ho\u00ebrskool Upington, hy is &#8216;n speler om dop te hou in hierdie wedstryd as iemand wat &#8216;n bepalende invloed mag h<span style=\"font-weight: 300\">\u00ea.<\/span><\/p>\n<p>Duineveld se losvoorspelers is kern tot hul spel hierdie seisoen, Le Rich, Collen en hul slot, Grobbelaar, hul staal gewys en <strong>Alek Andrianatos<\/strong> (flank) het hierdie jaar uitgestaan vir sy span.<\/p>\n<p>Andrianatos val amper net so gemaklik in die agterlyn in en bied &#8216;n ekstra gevaarspunt vir Duineveld op aanval.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington t. Duineveld om 15:30:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington:\u00a0<\/strong>15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 PA Karsten.<\/p>\n<p><strong>Duineveld:\u00a0<\/strong>15 Gregon Jansen, 14 Jacquin Jasson, 13 Wyndham Bouwer, 12 DJ Wandrag, 11 Shamaro de Klerk, 10 Ethan van Zyl, 9 Franco Erasmus, 8 Ean le Rich, 7 Alek Andrianatos, 6 Freddie Collen, 5 Gert-White Grobbelaar, 4 Arno Luttig, 3 Ethan Prins, 2 Rayvain Wessels, 1 Chris Honiball.<\/p>\n<p>&nbsp; <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdag word daar gekyk wie is baas in Upington wanneer die 55ste Groot Interjol tussen Ho\u00ebrskool Upington en Duineveld afgesluit word met die hoofwedstryd van die naweek tussen die twee skole se trots, die Wittes en Uppies se eersterugbyspanne. Die wedstryd is regstreeks beskikbaar op SuperSport Schools &#8211; Registreer nou. Dit sal ook die Ho\u00ebrskool [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":18193,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-18105","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18105","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18105"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18105\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18193"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18105"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18105"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18105"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}