{"id":18346,"date":"2023-08-05T12:58:12","date_gmt":"2023-08-05T10:58:12","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=18346"},"modified":"2023-08-05T12:58:12","modified_gmt":"2023-08-05T10:58:12","slug":"duineveld-behou-die-spogregte-in-upington","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=18346","title":{"rendered":"Duineveld behou die spogregte in Upington"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-18452\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Duineveld-Skolerugby-300x200.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Duineveld-Skolerugby-300x200.jpeg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Duineveld-Skolerugby-768x512.jpeg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Duineveld-Skolerugby.jpeg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Die Groot Interjol op Upington het weereens alle verwagtings oorskrei, met &#8216;n dag vol ho\u00eb-gehalte kompetisie en sportgees.<\/p>\n<p>Al die wedstryde is beskikbaar op<strong> SuperSport Schools<\/strong> &#8211;<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"> Registreer nou<\/a><\/p>\n<p><strong>Duineveld<\/strong> het die tempo vroeg in die wedstryd gestel deur om van die afskop af gevaarlik te lyk. Die Wittes was op die ou einde met 29-23 baas.<\/p>\n<p>Dit was toe ook die Wittes wat eerste bloed kon trek na ses minute van druk, toe hul vleuel,<strong> Jaquin Jasson<\/strong>, kon afrond in die hoekie.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Upington kon egter die voorsprong kry nadat hul een vleuel, <strong>Louwan Harper<\/strong>, sy spanmaat, die ander vleuel,<strong> Khayalenkosi Maganga<\/strong>, kon deursit met &#8216;n goeie aangee, en sy ster heelagter, <strong>Ruwin Isaks<\/strong>, die verskil kon maak deur om met die verdoellingspoging te slaag.<\/p>\n<p>Die besoekers het die oorhand terug gekry na &#8216;n drie deur hul vleuel,<strong> Shamaro de Klerk<\/strong>, kort voor halftyd om die breuk met &#8216;n 19-13 voorsprong te betree.<\/p>\n<p>Uppies het in die tweede helfte meer punte as die besoeker aangeteken maar dit was net nie genoeg om die oorwinning te steel nie, en Duineveld is vir nog &#8216;n jaar bobaas in Upington nadat hulle verlede jaar ook die Groot Interjol met 26-13 op eie bodem kon wen.<\/p>\n<p>De Klerk<strong>, Wyndham Bouwer<\/strong> (senter), <strong>DJ Wandrag<\/strong> (senter),\u00a0 <strong>Freddie Collen<\/strong> (flank), <strong>Ean le Rich<\/strong> (agsteman) en <strong>Gert-White Grobbelaar<\/strong> (slot) was verlede jaar ook deel van die Wittes se eerstespan, en sluit dan hul skolerugby loopbane af met twee seges in die jaarlikse hoogtepunt.<\/p>\n<p>Die Velties se losskakel, <strong>Ethan van Zyl<\/strong>, het weer uitgestaan vir sy span en kon twee drie\u00eb agter sy naam kry.<\/p>\n<p>Vir Uppies het hul groot stut, <strong>PA Kartstens<\/strong>, die derde generasie Karstens by Ho\u00ebrskool Upington na sy oupa en pa, uitgeblink, saam met sy pak wat vir die Duineveld voorspelers kon besig hou.<\/p>\n<p>Upington kan egter steeds met trots terugkyk na hul seisoen, waarin hulle onder andere die Noord-Kaapse liga kon verower.<\/p>\n<p>Die tuisspan het ook die drie laer ouderdomsgroeppe se A-span wedstryde gewen, en lyk goed ingerig om Duineveld volgende jaar weer die stryd aan te s<span style=\"font-weight: 300;\">\u00ea in die grootste interskole in die Noord-Weste.<\/span><\/p>\n<p>Volgende jaar sal hulle dit egter moet doen sonder <strong>Mnr Riaan Kotze<\/strong>, die voormalige Ho\u00ebrskool Upington hoof en eerstespan afrigter wat al by 41 van die 55 Groot Interjols oor die jare betrokke was as &#8216;n afrigter of &#8216;n speler. Hierdie was Mnr Kotze se laaste Interjol en al het die wedstryd nie in sy span se guns geeindig nie, was dit &#8216;n goeie manier om afskeid te neem van iemand wat al soveel bygedra het om hierdie jaarlikse bepaling te verander in wat dit vandag is.<\/p>\n<p><strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool<\/strong> kon vir <strong>Diamantveld<\/strong> in die tweede helfte wegsien, nadat hulle halftyd nog met 3-0 agter was om uiteindelik 15-6 te wen.<\/p>\n<p>Die Gouties kon die besoekers verhoed om &#8216;n drie aan te teken, twee pragdrie\u00eb deur hul vleuel,<strong> Ru-Bran Kock<\/strong> en nog een deur hul senter,<strong> Ruben Crous<\/strong>, in die tweede helfte het hulle toegelaat om 2019 se sukses te herhaal, toe Goudveld in hul vorige ontmoeting ook vir die Diamonds kon verslaan met 21-12.<\/p>\n<p>In die afwesigheid van hul ster-doelskopper, die Akademieweek senter,<strong> Simon Liversage<\/strong>, het <strong>Charl Swanepoel<\/strong> die verantwoordelikhede behartig vir die besoekers.<\/p>\n<p>Swanepoel kon met twee strafdoelle slaag, maar die tuisspan se verdediging het beteken dat hul drie\u00eb genoeg was om vir Diamantveld met le\u00eb hande terug te stuur.<\/p>\n<p>Die Diamonds het volgende naweek dan &#8216;n laaste kans om hul seisoen op &#8216;n hoogtepunt af te sluit waneer hulle teen Kalahari in Kuruman uitdraf.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Duineveld 29 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ethan van Zyl (2), Jaquin Jasson, Ravian Wessels, Shamaro de Klerk. Doelskoppe: DJ Wandrag (2). <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Upington 23 (13) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Siphe Msebenzi, Khayalenkosi Maganga. Doelskoppe: Ruwin Isaks (2). Strafdoele: Isaks (3).<\/p>\n<p><strong>Goudveld 15 (0) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Ru-Bran Kock (2), Ruben Crous.\u00a0<strong>Diamantveld 6 (3) &#8211;\u00a0<\/strong>Strafdoelle: Charl Swanepoel (2).<\/p>\n<p><strong>Ander tellings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.19 B &#8211;\u00a0<\/strong>Duineveld II 22, Ho\u00ebrskool Upington 7; Goudveld 15, Diamantveld 12.<\/p>\n<p><strong>o.16 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Upington 15, Duineveld 11; <strong>\u00a0<\/strong>Diamantveld 31, Goudveld 5.<\/p>\n<p><strong>o.15 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Upington 7, Duineveld 6.<\/p>\n<p><strong>o.14 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Upington 19, Duineveld 12; <strong>\u00a0<\/strong>Diamantveld 28, Goudveld 5.<\/p>\n<p>&nbsp; <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Groot Interjol op Upington het weereens alle verwagtings oorskrei, met &#8216;n dag vol ho\u00eb-gehalte kompetisie en sportgees. Al die wedstryde is beskikbaar op SuperSport Schools &#8211; Registreer nou Duineveld het die tempo vroeg in die wedstryd gestel deur om van die afskop af gevaarlik te lyk. Die Wittes was op die ou einde met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":18452,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-18346","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18346","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18346"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18346\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18452"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18346"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18346"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18346"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}