{"id":18839,"date":"2023-08-19T07:42:06","date_gmt":"2023-08-19T05:42:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=18839"},"modified":"2023-08-19T07:42:06","modified_gmt":"2023-08-19T05:42:06","slug":"kan-jim-fouche-vir-welkom-gimnasium-pootjie-in-die-shimla-halfeindstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=18839","title":{"rendered":"Kan Jim Fouch\u00e9 vir Welkom Gimnasium pootjie in die Shimla halfeindstryd?"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-19005\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/IMG_7457-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Die Kovsiestreekkompetisie se halfeindronde vind hierdie naweek in Welkom en Kimberley plaas nadat die Griffons, Griekwas en Vrystaat streke hul kampioene gekroon het.<\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium<\/strong> is die Griffon-kampioene na &#8216;n 29-26 oorwinning oor Voortrekker in die eindstryd en sal teen<strong> Jim Fouch\u00e9<\/strong> te staan kom, nadat JF vir die onoorwonne Fichartpark in die Vrystaat Stadsbeker eindstryd kon verras met &#8216;n 31-25 sege.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington<\/strong> verteenwoordig vir Griekwaland, nadat hulle bo Noord-Kaap, Diamantveld, Duineveld en Kalahari op die punteleer kon eindig.<\/p>\n<p>Die Uppies ontmoet dan vir <strong>Fichardtpark<\/strong> vir die laaste plek in die eindstryd aangesien die Vrystaat twee verteenwordigers het wat deelneem aan die Kovsie-reeks in elke liga hierdie jaar.<\/p>\n<p>Volg die aksie regstreeks op<strong> SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a><\/p>\n<p>Welkom Gimnasium lyk soos een van die voorste aanspraakmakers op vanjaar se titel na &#8216;n baie indrukwekkende seisoen.<\/p>\n<p>Hul losskakel, <strong>Renaldo Kiewiet<\/strong>, is onstuitbaar hierdie seisoen en het die meeste punte by vanjaar se Cravenweek in George aangeteken waar hy vir die Griffons uitgedraf het.<\/p>\n<p>Sy agterlyn is nog heel seisoen witwarm, met spelers soos <strong>Teschan Meas<\/strong> (senter) en<strong> Kamohelo Mokoena<\/strong> (vleuel) wat baie opwindend lyk waneer Welkom Gim op die aanval is.<\/p>\n<p>Jim Fouch\u00e9 het egter al reeds laas naweek bewys dat hulle nie terugstaan vir &#8216;n uitdaging nie, en sal daardie momentum wil gebruik om &#8216;n plek in die eindstryd te bespreek.<\/p>\n<p>Sy Cravenweek haker en kaptein, <strong>Stefan Venter<\/strong>, speel &#8216;n sentrale rol tot hul sukses hierdie seisoen. Venter lei sy span van voor en is gereeld ook die een wat die drie\u00eb kon druk vir JF deur die jaar.<\/p>\n<p>Hierdie naweek begin Venter egter weer op flank, waar hy aan die begin van die seisoen ook gespeel het.<\/p>\n<p>Dit sal &#8216;n enorme vertoning deur die span van Bloemfontein vat om vir Welkom Gimnasium te pootjie, veral omdat verlede naweek se stryd &#8216;n tol geneem het.<\/p>\n<p>JF is sonder hul dinamiese klein skrumskakel, <strong>Tristan van der Walt<\/strong>, wat ook hul doelskoppe behartig het.<strong> Rechum de Bruyn<\/strong> begin Saterdag in die nommer nege trui.<\/p>\n<p>Hul flank,<strong> JW Stone<\/strong> en slot, <strong>Stefan van Rooyen<\/strong>, is ook beseer.<strong> Stean Marais<\/strong> begin op haker terwyl Venter aan die kant van die skrum sal sak, en <strong>Milan Marais<\/strong> neem van Rooyen se plek in die eindstryd.<\/p>\n<p>Die enigste verandering vir Welkom Gimnasium is <strong>Kganya Molapo<\/strong> wat in<strong> Lawrence Lamiene<\/strong> se plek op flank begin.<\/p>\n<p>Fichardtpark en Ho\u00ebrskool Upington pak mekaar in Kimberley.<\/p>\n<p>Elke jaar kry een van die streke twee verteenwoordigers in die reeks, dus het Fichardtpark nog &#8216;n kans om &#8216;n streep onder hul droomseisoen te trek deur om &#8216;n trofee te wen.<\/p>\n<p>Tot verlede naweek het die Fichie-leeus soos een van die gunsteling spanne gelyk om die reeks te verower, maar &#8216;n begeesterde Jim Fouch\u00e9 het vir hulle hul eerste nederlaag van die seisoen gegee.<\/p>\n<p>Die Fichies het hul ster-slot, die eerste SA Skole speler ooit wat uit Fichardtpark opgelewer is, <strong>Jaco Grobbelaar<\/strong> gemis in daardie wedstryd.<\/p>\n<p>Grobbelaar is hierdie naweek nogsteeds afwesig aangesien hy deel is van die SA o.18 groep wat Saterdag teen Engeland meeding en <strong>Ruan Lindeque<\/strong> vervang hom in die Fichardtpark span<\/p>\n<p>Die Uppies beleef meer van &#8216;n gemengde seisoen, hulle het onlangs die Groot Interjol teen Duineveld in &#8216;n riller met 29-26 verloor, maar het vroe\u00ebr in die jaar gewys waartoe hulle in staat is met goeie oorwinnings oor Kalahari (34-19) en Diamantveld (43-31). Hulle kon ook teen &#8216;n sterk Noord-Kaap span 26-elk gelykop speel.<\/p>\n<p>In die agterlyn is dit die gevaarmanne soos<strong> Ruwin Isaks<\/strong>, die heelagter, wat vir Uppies uitgestaan het deur die seisoen, maar dit is hul pak voorspelers wat die jaar uitblink. <strong>PA Karstens<\/strong> (stut) is onmisbaar vir die span van Upington, en hy en sy makkers in die voorry sal moet sterk staan om die Bloemfonteiners Saterdag in te perk.<\/p>\n<p>Vir die Fichies is dit hul losskakel, <strong>Dailen Geldenhuys<\/strong>, wat die pas stel, en hul twee spoedvraat vleuels, <strong>Edward Mpinga<\/strong> en<strong> Janco Mollentze<\/strong>, sal ook &#8216;n groot impak op hierdie wedstryd wil maak.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium t. Jim Fouch\u00e9 om 12:40 in Welkom:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium:\u00a0<\/strong>15 Naylan Goeda, 14 Navan Goeda, 13 Teschan Meas, 12 Mojalefa Matoka, 11 Khamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Ethan Jones, 7 Raylin Kirsten, 6 Kganya Molapo, 5 Jayden Auld, 4 Tristan Appollis, 3 Keanan August, 2 Dante Smith, 1 Buhle Mxabayi.<\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9:\u00a0<\/strong>15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Rechum de Bruyn, 8 Calvin Bolt, 7 Stefan Venter, 6 Nathan van Breda, 5 SW van der Merwe, 4 Milan Marais, 3 Wianru van der Berg, 2 Stean Marais, 1 Bernard Labuschagne.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington t. Fichardtpark 0m 15:35 in Kimberley:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington:\u00a0<\/strong>15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 PA Karsten.<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark:\u00a0<\/strong>15 Martin Kalp, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandr\u00e9 van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devant\u00e9 Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wouter Jonker, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Ruan Lindeque, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Janse van Rensburg. 1 Zaine van Zyl.<\/p>\n<p><strong>Ander bepalings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.15: 09:00 &#8211;<\/strong> Voortrekker t. Jim Fouch\u00e9<\/p>\n<p><strong>0.14: 11:05 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Trio t. Jim Fouch\u00e9<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kovsiestreekkompetisie se halfeindronde vind hierdie naweek in Welkom en Kimberley plaas nadat die Griffons, Griekwas en Vrystaat streke hul kampioene gekroon het. Welkom Gimnasium is die Griffon-kampioene na &#8216;n 29-26 oorwinning oor Voortrekker in die eindstryd en sal teen Jim Fouch\u00e9 te staan kom, nadat JF vir die onoorwonne Fichartpark in die Vrystaat Stadsbeker [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":19005,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-18839","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18839","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18839"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18839\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19005"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18839"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18839"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18839"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}