{"id":19262,"date":"2023-08-25T11:45:18","date_gmt":"2023-08-25T09:45:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=19262"},"modified":"2023-08-25T11:45:18","modified_gmt":"2023-08-25T09:45:18","slug":"nuwe-kampioen-saterdag-in-die-sdc-noordvaal-cup-se-plaat-afdeling-gekroon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=19262","title":{"rendered":"Nuwe kampioen Saterdag in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling gekroon"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_19285\" aria-describedby=\"caption-attachment-19285\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-19285\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Rustenburg-1-300x229.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"305\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-19285\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Anton de Villiers<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar sal vanjaar &#8216;n nuwe kampioen in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling gekroon word.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> sal die besoekers<strong>\u00a0Kempton Park<\/strong> om 12:45 in Rustenburg aanpak om te beslis wie met die louere van 2023 sal wegstap.<\/p>\n<p>Rustenburg was laas in 1943 die alleenhouer van die Noordvaaltrofee &#8211; destyds die Administrateursbeker. Hy het wel in 1963 die beker met Heidelberg Volkskool gedeel na die wedstryd in &#8216;n gelykop uitslag ge\u00ebindig het.<\/p>\n<p>Indien hy daarin slaag om Saterdag vir Kempton Park park te klop, sal dit die eerste keer in 80 jaar wees wat die Rusties as alleenhouers van die trofee gekroon sal word.<\/p>\n<p>Vir die Kempies is Saterdag se eindstryd ook &#8216;n reuse aangeleentheid. Dit sal die eerste keer in 11 jaar wees wat die span van Kempton Park in &#8216;n einstryd speel.<\/p>\n<p>Die Kempies het hard gespook om dit te behaal. Hy het verlede naweek daarin geslaag om by die agterdeur in te glip na hy eerste punte aangeteken het in &#8216;n gelykop uitslag (29-29) teen Ho\u00ebrskool Transvalia.<\/p>\n<p>In die groep wedstryd tussen die twee skole was dit Rustenburg wat met &#8216;n telling van 38-15 gese\u00ebvier het.<\/p>\n<p>Rustenburg se pak het deur die loop van die seisoen voorlangs oorheers en was daar nog geen antwoord op sy fisiekheid nie. Sy slotpaar, <strong>PJ Engelbrecht<\/strong> en <strong>Pedri Human<\/strong>, kan as die Rusties se onbesonge helde beskou word. Die duo het deurlopend &#8216;n goot aandeel tot die span van Rustenburg se sukses voorlangs gehad.<\/p>\n<p>Saam met Engelbrecht en Human, is daar &#8216;n ander gevaar aan die kant van die skrum in die vorm van <strong>MC Smit<\/strong>. Smit se werksetiek is uit die boonste rakke. Die oopkantflank is genadeloos op die losbal en sal hy beoog om Saterdag weer soveel as moontlik Kempie-bal te ontwrig.<\/p>\n<p>Agterlangs sal dit die vlugvoetige spoedvraat, <strong>Lorenzo Snyers<\/strong>, wees wat goed dopgehou moet word. Die linker vleuer was deurlopend &#8216;n gevaarman op die teenaanval en beskik oor &#8216;n uitstekende en gevaarlike systap. Hy neem ook die verantwoordelikheid op om pale toe te korrel. Die Rusties sal hoop dat Snyers weer op sy beste is vanaf die skopkegel.<\/p>\n<p>Vir die Kempies sal dit weereens sy twee losvoorspelers, <strong>Milano Hattingh<\/strong> (toekant flank) en <strong>Preston Smith<\/strong> (agtsteman), wees wat die stryd voorlangs sal aanvoer. Hattingh was goot en deels verantwoordelik dat sy span deurgedring het. Hy het verlede naweek sy span, asook die eerste drie van die wedstryd, gedruk.<\/p>\n<p>Smith spog met intrukwekkende vertonings tot op hede. Die agtsteman skroom nie om sy stempel in die fisieke stryd af te druk nie. Hy is ook toonaangewend op die verdediging en sal Saterdag weer op sy stukke wil wees.<\/p>\n<p>Agterlangs sal sy skrumskakel, <strong>Keagan Trollip<\/strong>, goed dop gehou moet word. Trollip is lief daarvoor om die spasie om die afbreekpunte aan te val.<\/p>\n<p>Sy staatmaker op buitesenter, <strong>Marko Opperman<\/strong>, sal weer die verantwoordelikheid vanaf die skopgekel opneem. Opperman was deurgans sekuur met sy korrelwerk pale toe. Sy goeie skopvertoning verlede naweek het ook &#8216;n groot rol gespeel in die feit dat die Kempies deurgedring het.<\/p>\n<p>In &#8216;n eindstryd is enige iets moontlik en beloof hierdie om &#8216;n volle 70-minute van kookwater rugby te wees.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg teen Ho\u00ebrskool Kempton Park in Rustenburg om 12:45:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Rustenburg:<\/strong> 15 Tiano Combrinck, 14 Zulu Khumalo, 13 Adriaan Liebenberg, 12 Awie Alberts, 11 Lorenzo Snyers, 10 Henre Viljoen, 9 Nathan van Aswegen, 8 Adrian Young, 7 Sybrandt Byleveld, 6 MC Smit, 5 PJ Engelbrecht, 4 Pedri Human, 3 Carlo van Wijk, 2 Zander Steenkamp, 1 Werner Kinnear. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 Johan Retief, 17 Xander Benidetti, 18 Edrich Potgieter, 19 Coenraad Coetzer, 20 Reuben Delport, 21 Adriano George, 22 Jaden Meyer, 23 GJ Steenberg.<\/p>\n<p><strong>Kempton:\u00a0<\/strong>15 Joshua Meyer, 14 Ryan Smith, 13 Marko Opperman, 12 Tiaan Delport, 11 Tian Aucamp, 10 Zander de Jognh, 9 Keagan Trollip, 8 Preston Smith, 7 Milano Hattingh, 6 Ruben Turketti, 5 Kyle Botha, 4 Divan Francis, 3 Adrian Labuschagne, 2 Brendon Gerber, 1 Zeke Shaw. <strong>Plaasvervangers:<\/strong>\u00a016 Deon Mulligan, 17 Aidan Nepgen, 18 Ruan Luckay, 19 JP Roos, 20 Luann Schreuder, 21 Ian van Rhyn, 22 Handre van Eck, 23 Andre du Plessis.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>11:20 &#8211; o.16 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Transvalia vs Ho\u00ebrskool Middelburg<br \/>\n<strong>10:10 &#8211; o.15 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Kempton Park vs Ho\u00ebrskool Zwartkop<br \/>\n<strong>09:00 &#8211; o.14 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg vs Ho\u00ebrskool Middelburg<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar sal vanjaar &#8216;n nuwe kampioen in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling gekroon word. Ho\u00ebrskool Rustenburg sal die besoekers\u00a0Kempton Park om 12:45 in Rustenburg aanpak om te beslis wie met die louere van 2023 sal wegstap. Rustenburg was laas in 1943 die alleenhouer van die Noordvaaltrofee &#8211; destyds die Administrateursbeker. Hy het wel in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":19285,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-19262","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19262","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19262"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19262\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19262"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19262"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19262"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}