{"id":19380,"date":"2023-08-26T20:20:15","date_gmt":"2023-08-26T18:20:15","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/?p=19380"},"modified":"2023-08-26T20:20:15","modified_gmt":"2023-08-26T18:20:15","slug":"garsie-bere-geen-gelyke-noord-van-die-vaalrivier-welkom-gim-kampioen-van-die-shimla-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=19380","title":{"rendered":"Garsie Bere geen gelyke noord van die Vaalrivier, Welkom Gim kampioen van die Shimla-liga"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_19382\" aria-describedby=\"caption-attachment-19382\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-19382\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/PSX_20230826_171825-300x161.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"214\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/PSX_20230826_171825-300x161.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/PSX_20230826_171825-768x412.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/PSX_20230826_171825.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-19382\" class=\"wp-caption-text\">HO\u00cbRSKOOL GARSFONTEIN is die SDC Noordvaal kampioen van 2023. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Die Garsie Bere het Saterdag die kroon op waarskynlik sy beste seisoen nog op die rugbyveld gespan.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Garsfontein het Saterdag met \u2018n kliniese vertoning in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling vir Dr. EG Jansen met 41-22 op Berepark verslaan. Die Bere het daarmee sy derde titel as kampioen van die reeks beklink.<\/p>\n<p>Die Garsies het in 2015 en 2016 ook die kroon gedra. Dit was wel nie \u2018n lang droogte sonder \u2018n trofee nie, maar die Garsies sou voel dat hul dalk met \u2018n tikkie meer geluk dalk al \u2018n titel of twee ektra kon inpalm.<\/p>\n<p>Die Garsies was van die begin in beheer in die eindstryd. Dit was veral die heelagter, Jason Hugo, wat weer uitstaande was. Hugo het telkens daarin geslaag om gapings in EG Jansen se verdediging te vind. Hy is sonder twyfel \u2018n speler wat nog groot rugby in die toekoms kan speel.<\/p>\n<p>Voorlangs het die haker, De Wet Lottering, waarskynlik sy beste vertoning van die jaar vir laaste gelos. Hy het die fisieke aanslag gelei en ook in die los gewoel.<\/p>\n<p>Die Jansies het nooit gaan l\u00ea nie, maar het teen \u2018n oormag baklei. Die span se slot Duwan Potgieter verdien \u2018n klop op die skouer vir sy spel.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Rustenburg is as kampioen van die Plaat-afdeling gekroon toe hy vir Kempton Park met 49-24 in die eindstryd uitoorl\u00ea het.<\/p>\n<p>Secunda het op sy tuisveld nie net daarin geslaag om Oos-Moot as kampioen van die Skild-afdeling te onttroon nie, maar is ook vir die tweede agtereenvolgende jaar as kampioen van een van Groep 1 se afdelings gekroon.<\/p>\n<p>Secunda het die besoekers uit Pretoria met 35-29 in die Skild-eindstryd verslaan. Verlede jaar het Secunda vir Die Anker van Brakpan met 19-18 in die eindstryd in die Bowl-afdeling uitgestof.<\/p>\n<p>Oos-Moot was die verdedigende kampioen van die Skild-afdeling na hy verlede jaar vir Ho\u00ebrskool Klerksdorp in die eindstryd met 25-20 verslaan het.<\/p>\n<p>Die Anker het vanjaar op sy tuisveld nie weer oor die laaste hekkie gestruikel nie. Die span van Brakpan het vir Wesvalia van Klerksdorp met 37-28 geklop om as kampioen van die Bowl-afdeling gekroon te word.<\/p>\n<p>Die trofee as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga het weer staanplek in Welkom gekry.<\/p>\n<p>Welkom Gimnasium is welverdiend as kampioen van die reeks gekroon toe hy die Ho\u00ebrskool Upington met 52-19 in die eindstryd op Shimlapark in Bloemfontein verslaan het.<\/p>\n<p>Die span van Welkom se Cravenweek-losskakel, Renaldo Kiewiet, was weer op sy stukke en het twee keer gaan druk en ook drie doelskoppe oorgeklits. Die blitsige regtervleuel, Naven Goeda, was ook weer witwarm op die aanval.<\/p>\n<p>Die Uppies het nooit moed opgegee nie. Sy kaptein en stut, PA Karsten, het al drie sy span se drie\u00eb afgerond.<\/p>\n<p>Wilgerivier van Frankfort het vir St Andrew\u2019s van die Rosestad met 71-17 in die eindstryd van die Irawa-liga gekarnuffel. Hoopstad het in die Colt-liga koning gekraai deur Postmasburg met 45-14 te klop.<\/p>\n<p>Stellenberg het die bordjies met 21-14 teen die Ho\u00ebrskool Durbanville in die twee spanne se jaarlikse tweestryd verhang. Die Jade Brigade se vaskopstut, Herman Lubbe, en binnesenter, Ruben Thompson, was uitstaande.<\/p>\n<p>Rondebosch Boys\u2019 High se kaptein en binnesenter, Matthew Malherbe, het in die doodsnikke gaan druk om sy span \u2018n kans tot \u2018n sege oor Bishops te gee. Die linkervleuel, Ethan Gordon, het die drie vervyf om aan sy span \u2018n sege van 37-36 te besorg.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>SDC NOORDVAAL CUP EINDSTRYDE <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker \u2013 o.19:<\/strong> Garsfontein 41, EG Jansen 22. <strong>o.16:<\/strong> Helpmekaar 36, Garsfontein 19. <strong>o.15:<\/strong> Monument 17, Helpmekaar 8. <strong>o.14:<\/strong> Monument 31, Noordheuwel 29. <strong>Plaat \u2013 o.19:<\/strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg 49, Kempton Park 24. o.16: Transvalia 15, Ho\u00ebrskool Middelburg 12. <strong>o.15:<\/strong> Zwartkop 15, Kempton Park 12. <strong>o.14:<\/strong> Ho\u00ebrskool Middelburg 13, Ho\u00ebrskool Rustenburg 12. <strong>Skild \u2013 o.19:<\/strong> Secunda 35, Oos-Moot 29. <strong>o.16:<\/strong> Jeugland 11, Ligbron 9. <strong>o.15:<\/strong> Heidelberg Volkskool 33, Ben Vorster 7. <strong>o.14:<\/strong> Oos-Moot 30, Ben Vorster 26. <strong>Bowl \u2013 o.19:<\/strong> Die Anker 37, Wesvalia 28. <strong>o.16:<\/strong> Ho\u00ebrskool Alberton 22, Wesvalia 7. <strong>o.15:<\/strong> Ho\u00ebrskool Pietersburg 28, Wesvalia 13. <strong>o.14:<\/strong> Ho\u00ebrskool Pietersburg 15, Die Anker 3.<\/p>\n<p><strong>KOVSIESTREEKKOMPETISIE EINDSTRYDE<\/strong><\/p>\n<p><strong>Shimla-liga:<\/strong> Welkom Gimnasium 52, Ho\u00ebrskool Upington 19. <strong>Irawa-liga:<\/strong> Wilgerivier 71, St Andrews 17. <strong>Colt-liga:<\/strong> Hoopstad 45, Postmasburg 14.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Rondebosch Boys\u2019 High 36, Bishops 35; Wynberg Boys\u2019 High 36, SACS 14; Stellenberg 21, Ho\u00ebrskool Durbanville 12; Vishoek 39, Grootte Schuur 0.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Die Garsie Bere het Saterdag die kroon op waarskynlik sy beste seisoen nog op die rugbyveld gespan. Die Ho\u00ebrskool Garsfontein het Saterdag met \u2018n kliniese vertoning in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling vir Dr. EG Jansen met 41-22 op Berepark verslaan. Die Bere het daarmee sy derde titel as [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":19382,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-19380","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19380","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19380"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19380\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19382"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19380"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19380"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19380"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}