{"id":26478,"date":"2013-04-02T06:54:54","date_gmt":"2013-04-02T06:54:54","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/maritzburg-college-150th-festival-day-2\/"},"modified":"2013-04-02T06:54:54","modified_gmt":"2013-04-02T06:54:54","slug":"maritzburg-college-150th-festival-day-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26478","title":{"rendered":"Maritzburg College 150th Festival &#8211; Day 2"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-57\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/Nuus_Rondebosch.jpg\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" height=\"251\" width=\"166\" \/>Die wedstryd het afgeskop met Rondebosch wat van die begin af geweldig baie druk op Monument geplaas het en in die eerste 10 minute was al die spel in Monument se halfgebied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rondebosch het verskeie strafskoppe gekry vir hulle wat binne trefaftand was, maar elke keer lyn toe gemik. Hanteerfoute het hul in die steek gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stut, K Whyte het gaan druk na \u2018n dryfmaalbeweging vanaf \u2018n lynstaan na nog \u2018n strafskop teen Monument. Die verdoelskop was mis en die telling 5-0 vir Rondebosch.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Monument het van die afskop af meer beheer begin kry en vir \u2018n goeie tydperk op Rondebosch se doellyn geboer. Na \u2018n strafskop wat \u2018n lynstaangeleentheid vir Monnas geskep het, het die agtsteman, W Jacobs oorgeduik van \u2018n dryfmaalbeweging. Die senter, G van der Walt het verdoel om aan Monument die eerste keer die voortou te geem met die telling op 5-7 in Monnas se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Monument het kort na hul eerste oorgegaan vir hul tweede na die agtsteman, Jacobs, in die hoekie gaan druk het na goeie fases aanmekaar gesit is. Van der Walt het die drie vanuit die hoekieverdoel om die telling teen halftyd 5-14 in Monument se guns te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede helfte het albei skole gereeld kanse weggegooi en geen span kon enige punte toevoegings tot die telbord maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eindtelling 5-14 in Monument se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Wedstryd 2: Dale vs KZN Development, 43-0<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wedstryd het afgeskop met Dale College wat die bal vanuit elke hoek wou hardloop. Hulle is beloon met \u2018n strafskop wat die buitesenter, P Nompandana oorgeklits het, om die telling 3-0 te maak vir Dale College.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort daarna was die KZN span op die doellyn van Dale, maar \u2018n hanteerfout het veroorsaak dat die bal losgespat het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die blitsige Dale vleuel, B Mvolontshi, het die bal geskop en goed opgevolg. Die bons was reg en in sy hande in wat hom toegelaat het om onder die pale te kan druk. Die drie is verdoel deur Nompanada en Dale 10-0 voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Dale stut, B Ponono, het kort daarna met \u2018n dryfmaalbeweging oorgeduik en Nompandane het verdoel om die telling 17-0 te maak vir Dale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dale se buitesenter, het \u2018n goeie dag beleef, en \u2018n briljante individuele drie gaan druk waar hy verskeie spelers gesystap het om oor te duik. Hy het sy eie drie verdoel en die telling was 24-0 in Dale se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die telling het tot halftyd dieselfde gebly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede helfte het begin met Dale wat sukkel om hul ritme van die eerste helfte te vind. Howel daar verskeie belowende bewegings was, het hantering hul in die steek gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dale het \u2018n skrum op KZN se doellyn gekry en na na goeie spel deur die agterlyn het die vleuel, L Kenene gaan druk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die doelskop was mis en die telling 29-0 in Dale se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dale het nader aan die einde weer hul ritme gevind en die buitesenter, Nompandana, is oor vir sy tweede wat hy ook verdoel het om die telling 36-0 te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die manne van Dale het die wedstryd op \u2018n ho\u00eb noot afgesluit toe die ander vleuel, L Mudvova ook gaan druk het, met Nompandana wat verdoel het om die eindtelling 43-0 in Dale se guns te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jeppe het afgeskop met \u2018n sterk wind wat teen hulle gewaai het, maar het glad nie dat dit hulle onderkry nie. Die Jeppe heelagter, S. Sibande, het sy span vroeg in die wedstryd laat voorloop met 3-0 na \u2018n strafskop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jeppe het baie druk op Queen&#8217;s geplaas en die vleuel, S. Nkosi, het \u2018n pragdrie gaan druk waar hy deur verskeie verdedigers gesuiker het om onder die pale te druk. Sibande het verdoel om Jeppe 10-0 voor te laat loop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Queen&#8217;s het terug geslaan met \u2018n drie deur die losskakel, S. Bolze, wat ook verdoel het om Queen&#8217;s binne trefafstand te bring met die telling op 10-7 in Jeppe se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jeppe het egter dadelik terug geslaan met \u2018n drie deur die agtsteman, D. Hill. Die heelagter, Sibande, het verdoel. 17-7 in Jeppe se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was ook die haftydtelling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede helfte het Jeppe eerste punte op die bord gekry deur middel van \u2018n strafskop deur die heelagter, S. Sibande om die voorsprong tot 20-7 te vergroot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Queen&#8217;s se reuse flank, T. Sam, het gaan druk na hy sy pad oopgestamp het en Jeppe nie kon keer nie. Die doelskop was mis en die telling 20-12 in Jeppe se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eindtelling 20-12 vir Jeppe.<br \/><strong>Noord-Kaap vs Maritzburg College, 24-24<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gasheerskool het die wedstryd ingegaan na \u2018n wen oor Grey (PE) op dag 1. Noord-Kaap het egter van die begin af soos die beter span gelyk met goeie dryf en hardlooprugby.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noord-Kaap het eerste op die bord gekom nadat die flank, N Graaff gaan druk het. Die doelskop was mis. Telling: 5-0 vir Noord-Kaap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maritzburg het kort daarna terug geslaan met \u2018n strafskop deur die losskakel, J Koekemoer, om die telling 5-3 vir Noord-Kaap te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noord-Kaap het hul tweede gaan druk na \u2018n goeie lopie. Die keer was dit die slot, L Muller. Die doelskop is oorgesit deur die losskakel, D Tieties om die telling 12-3 vir Noord-Kaap te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maritzburg het net voor haftyd teruggeslaan met \u2018n goeie lynstaandryf wat die haker, V Khatide, en die buitesenter, M. Coetzee het verdoel om die halftydtelling 12-10 in Maritzburg se guns te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede helfte het begin met Maritzburg op die aanval. Hulle het amper die voortou geneem, maar hantering het hul in die steek gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na \u2018n goeie breekslag deur Noord-Kaap het Maritzburg se vleuel \u2018n gevaarlike duikslag op \u2018n Noord-Kaap speler uitgevoer reg voor die doellyn. Hy is met \u2018n geelkaart afgestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noord-Kaap het van die geleentheid gebruik gemaak en die vleuel, L Becker het gaan druk. Die doelskop was mis en Noord-Kaap 17-10 voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maritzburg het \u2018n strafdrie gekry na \u2018n speler van Noord-Kaap die bal doelbewys uit \u2018n speler van Maritzburg se hande geslaan het op die doellyn. Coetzee het verdoel om die telling 17-17 te maak met 15 minute se speeltyd oor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die laaste 10 minute het briljante rugby van albei spanne opgelewer en nog \u201cn drie vir Maritzburg College het die voortou aan hlle besorg met slegs \u2018n paar minute oor. Coetzee het verdoel om die telling 24-17 in Maritzburg se guns te swaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reg voor die einde het Noord-Kaap deur gebreek en oorgeduik vir \u2018n drie. Die doelskop deur Tieties was suksesvol en die telling 24-24.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei spanne het verbete probeer om die wenpunte aan te teken, maar kon nie deur die verdediging kom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eindtelling 24-24.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Affies vs Grey PE, 31-3<\/strong><br \/>In die hoofwedstryd van die dag het twee groot rugbyreuse teen mekaar te staan gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wedstryd het afgeskop met Grey wat direk \u2018n geelkaart gekry het na \u2018n speler vir \u2018n speler van Affies in die lug probeer duik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna het Affies egter ook \u2018n geelkaart gekry na \u2018n gevaarlike duikslag op \u2018n Grey speler.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grey het die geleentheid gebruik om pale toe te mik en die losskakel, K Vers, het verdoelom Grey 3-0 te laat voorloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Affies het egter dadelik terug geslaan en \u2018n goeie drie deur die losskakel, D Hendricks, nadat hy in Grey se gebied op \u2018n los bal gespring het. I van Zyl het verdoel om die telling 7-3 in Affies se guns te swaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die manne van Pretoria het doelgerig gespeel en \u2018n goeie drie deur die linker vleuel, Thys van Wyk, het Affies se voorsprong na 12-3 vergroot na die doelskop mis was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die telling het so gebly tot halftyd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Wit Bulle van Pretoria het die tweede helfte teen \u2018n vinnige spoed begin en die agtsteman, J Slabbert, het oorgeduik om die telling 19-3 te maak na Van Zyl verdoel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grey High het Affies se lynstane baie ontwrig, maar kon nie dit in punte omskep nie. Affies se lynstane het gereeld onder skewe ingooie gely.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Affies se kookwaterflank, D Bezuidenhout het sy naam ook op die telbord toegevoeg na \u2018n drie van sy eie. Die doelskop was mis en die telling 24-3 in Affies se guns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verskil was egter dat Affies se verdediging rotsvas was en met \u2018n gevaarlike agterlyn het hulle Grey laat les ops\u00ea toe Affies se SA-Skole buitesenter, Jurie Linde, \u2018n ongelooflike drie gaan druk het waar hy sy hakskene vir verskeie Grey-verdedigers gewys het en goed 40meter gehardloop het om te gaan druk. Van Zyl het die 2 punte by gevoeg en Affies was 31-3 voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grey het nie antwoorde gehad nie, maar krediet moet aan hul slotpaar, V Moss en T Ngugudo, gaan wat Affies laat sukkel het om hul eie bal te wen in die lynstane.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Affies se skrumskakel, Ivan van Zyl het man van die wedstryd gekry na \u2018n hy goeie dag beleef het waar hy gereeld verdedigers aan die raai gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eindtelling 31-3<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Deur Wim Pretorius<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die wedstryd het afgeskop met Rondebosch wat van die begin af geweldig baie druk op Monument geplaas het en in die eerste 10 minute was al die spel in Monument se halfgebied. Rondebosch het verskeie strafskoppe gekry vir hulle wat binne trefaftand was, maar elke keer lyn toe gemik. Hanteerfoute het hul in die steek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1116,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26478","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26478","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26478"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26478\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1116"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26478"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26478"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26478"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}