{"id":26546,"date":"2013-04-08T09:45:26","date_gmt":"2013-04-08T09:45:26","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sentraal-voorste-span-op-oakdale-landbou-se-week\/"},"modified":"2013-04-08T09:45:26","modified_gmt":"2013-04-08T09:45:26","slug":"sentraal-voorste-span-op-oakdale-landbou-se-week","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26546","title":{"rendered":"Sentraal voorste span op Oakdale Landbou se week"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-237\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/NuusG_LouisBotha.jpg\" alt=\"NuusG LouisBotha\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" on-mouseout=\"this.src='images\/Schoollogos\/NuusG_LouisBotha.jpg';\" on-mouseover=\"this.src='Louis Botha';\" height=\"178\" width=\"266\" \/>Die sentrale streek se rugbyspelers het di\u00e9 streek se naam hoog gehou op die jaarlikse rugbyweek wat deur Oakdale Landbou net buite Riversdal aangebied word. Nie minder as ses spelers van di\u00e9 streek is in die vyftiental ingesluit wat op die week gekies word. <br \/>Die span speel nie \u2018n wedstryd nie, maar spelers soos die Springbok Meyer Bosman \u2018n oud-leerling aan die gasheer en eersterangse speler Marius Delport het die span op skool gehaal. Ho\u00ebrskool Sentraal van Bloemfontein wat as die span van die week aangewys is, het drie spelers in di\u00e9 span van die week. Die haker Ryno Gerber, slot SJ Wessels en vleuel Wian Koekemoer. <br \/>Wessels is as voorspeler van die toernooi aangewys. Ho\u00ebrskool Upington se agtsteman Jasper Wiese en Diamantveld se senter Ruan Maritz is die ander twee spelers van di\u00e9 streek wat die span gemaak het. <br \/> Die Tralies het slegs sy eerste wedstryd van di\u00e9 toer teen Ho\u00ebrskool Strand 10-15 verloor. Die span van die Rosestad het egter plaasvervangers speelkans in di\u00e9 wedstryd gegee, maar sal steeds nie tevrede met die nederlaag wees nie. <br \/>Sentraal het in sy volgende twee wedstryde vir Durbanville (43-15) en Ho\u00ebrskool Pietersburg (36-8) behoorlik geklop. In die laaste wedstryd het Gerber, SJ Wessels, die flank Stefan Kruger en Michiel Wessels goeie spel gelewer. <br \/>Voortrekker van Bethlehem het sy week in Riversdal met \u2018n skitterende sege van 19-10 oor Vereeniging Gimnasium afgeskop. Die Trekkers het egter in sy volgende twee wedstryde nie na verwagting vertoon nie en teen Hugenote van Wellington (5-14) en Ho\u00ebrskool Pietersburg (5-8) vasgeval. <br \/>Diamantveld het na sy nederlaag van 0-19 teen Oakdale Landbou in die hoofwedstryd van di\u00e9 eerste dag vir Ho\u00ebrskool Strand (26-3) geklop en 19-elk gelykop teen Augsburg Landbou gespeel. <br \/>Louis Botha het Strand (14-5) uitoorl\u00ea, maar op die laaste dag \u2018n drag slae van 0-39 teen Oakdale Landbou op die lyf geloop. Die span van Bloemfontein het op die eerste dag vir Augsburg Landbou 13-6 verslaan. <br \/>Ho\u00ebrskool Upington en Aliwal-Noord het ook met gemengde welslae vanaf die Suid-Kaap terug gekeer. Uppies het Ho\u00ebrskool Bellville in sy voorlaaste wedstryd 24-22 geklop, terwyl hy in sy laaste wedstryd teen Montagu (6-10) vasgeval het. <br \/><strong>Die span van die week is:<\/strong> Ruan Barnard (Oakdale Landbou), Arno van Staden (Pietersburg), Jacques Nel (Diamantveld), Burnan Myburgh (Overberg), Wian Koekemoer (Sentraal), Ewan Adams (Hermanus), Marshall Daars (Strand), Jasper Wiese (Ho\u00ebrskool Upington), Michael Badenhorst (Durbanville), Benjamin Janse van Vuuren (Oakdale Landbou), Herman le Roux (Montagu), SJ Wessels (Sentraal), Jacques Lister (Pietersburg), Ryno Gerber (Sentraal), Ox Nche (Louis Botha).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die sentrale streek se rugbyspelers het di\u00e9 streek se naam hoog gehou op die jaarlikse rugbyweek wat deur Oakdale Landbou net buite Riversdal aangebied word. Nie minder as ses spelers van di\u00e9 streek is in die vyftiental ingesluit wat op die week gekies word. Die span speel nie \u2018n wedstryd nie, maar spelers soos die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6109,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26546","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26546","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26546"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26546\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6109"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26546"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26546"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26546"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}