{"id":26690,"date":"2013-04-21T13:26:55","date_gmt":"2013-04-21T13:26:55","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/noord-kaap-klop-diamantveld-in-fnb-classic-clash\/"},"modified":"2013-04-21T13:26:55","modified_gmt":"2013-04-21T13:26:55","slug":"noord-kaap-klop-diamantveld-in-fnb-classic-clash","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26690","title":{"rendered":"Noord-Kaap klop Diamantveld in FNB Classic Clash"},"content":{"rendered":"<p>KIMBERLEY. \u2013 Ho\u00ebrskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan het sy onoorwonne rekord sedert 2008 teen sy eweknie van Diamantveld behou met \u2018n sege van 27-19 in die twee spanne se ENB Classic Clash op GWK-park Saterdag in hier. Die wedstryd was die vernaamste voorwedstryd vir die Vodacombeker-kragmeting tussen Griekwas en die Luiperds.<\/p>\n<p>Di\u00e9 Classic Clash is ook regstreeks op SuperSport gebeeldsend. Diamantveld het rustyd 13-10 voorgeloop, ondanks die feit dat Northerns meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel in di\u00e9 helfte geniet het.<\/p>\n<p>Diamantveld het kort voor rustyd vir die eerste keer die voortou geneem toe sy losskakel, Deon van Zyl met sy tweede strafdoel geslaag het. Noord-Kaap se pak voorspelers het hulle span op die voorvoet gehou. Die wenspan het ook die oorhand in die scrums gehad met Willie van Aswegen wat twee vaskoppe gehaak het danksy die sterk skrumwerk van die agttal.<\/p>\n<p>Die agtsteman, Gerhard Holtzhausen het sy span se tweede drie gedruk na Van Aswegen \u2018n vaskop slegs vyf meter van Diamantveld se doellyn gehaak het. Holtzhausen het die bal agter die skrum opgepik en oorgeval.<\/p>\n<p>Noord-Kaap se stelskopper en buitesenter, Dimitrio Tieties het sy skopskoene in Noord-Kaap se koshius, Huis Nerina vergeet. Tieties het sy eerste vyf pogings na die pale mis gekorrel. Hoewel hy die bal goed getref het, was sy rigting nie daar nie.<\/p>\n<p>Diamantveld sal vandag terug kyk na di\u00e9 kragmeting en besef dat hy net so maklik as oorwinnaar van die veld kon gestap het. Diamonds het in die tweede helfte meer besit geniet en steeds hulle kanse om punte aan te teken goed gebruik.<\/p>\n<p>Noord-Kaap het met die oorwinning ook die eerste span geword om sy plek in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) te bespreek. Northerns is die afgelope vier jaar die kampioen van hierdie liga. Volksblad is \u2018n medeborg van die kompetisie.<\/p>\n<p>Die verloorspan se agtsteman, Jacques van Zyl het met hope durf gespeel. Hy het die bal goed gedra en \u2018n hele paar keer oor die voordeellyn gekom. Agterlangs kan Deon van Zyl tevrede met sy vertoning voel. Die haker en kaptein, Dani\u00ebl van Zyl het ook in die los gewoel.<\/p>\n<p>Ongetwyfeld die speler van die wedstryd was Northerns se flank, Luaan Dowie. Hy het veral met sy spel by die afbreekpunte be\u00efndruk. Hy het \u2018n hele paar keer Diamonds se besit vertraag sowel as omgekeerde besit verseker. Dowie was ook \u2018n goeie skakel tussen voor- en agterspelers. Die span se agtsteman, Gerhard Holtzhausen het ook met sy spel be\u00efndruk en het sy span telkens oor die voordeellyn met kragtige lopies gekry.<\/p>\n<p>Agterlangs het die vleuel, Hillford Clarke die kanse wat na sy kant toe gekom het aangegryp. Hy het twee drie\u00eb gedruk. Waarvan die eerste drie vanaf \u2018n losgemaal gekom het waar hy agter die losgemaal die bal gekry oorgeval het toe die losgeskrum oor die doellyn gevorder het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noord-Kaap 27 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Hillford Clarke (2), Ryan de Wee, Gerhard Holtzhausen Thulani Njenje. Doelskop: Dimitrio Tieties. <strong>Diamantveld 19 (13) \u2013<\/strong> Drie: Dani\u00ebl van Zyl. Doelskop: Deon van Zyl. Strafdoele: Van Zyl (4).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KIMBERLEY. \u2013 Ho\u00ebrskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan het sy onoorwonne rekord sedert 2008 teen sy eweknie van Diamantveld behou met \u2018n sege van 27-19 in die twee spanne se ENB Classic Clash op GWK-park Saterdag in hier. Die wedstryd was die vernaamste voorwedstryd vir die Vodacombeker-kragmeting tussen Griekwas en die Luiperds. Di\u00e9 Classic Clash is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26690","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26690","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26690"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26690\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26690"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26690"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26690"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}