{"id":26767,"date":"2013-05-12T15:27:06","date_gmt":"2013-05-12T15:27:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jim-fouche-baas-in-enb-classic-clash-oor-tralies\/"},"modified":"2013-05-12T15:27:06","modified_gmt":"2013-05-12T15:27:06","slug":"jim-fouche-baas-in-enb-classic-clash-oor-tralies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26767","title":{"rendered":"Jim Fouch\u00e9 baas in ENB Classic Clash oor Tralies"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste-rugbyspanne van die tuisspan, Jim Fouch\u00e9 en Sentraal het Saterdag in \u2018n stryd wat tot op die nippertjie in die weegskaal was in \u2018n ENB Classic Clash-wedstryd mekaar harde klippe laat kou.<\/p>\n<p>Die wedstryd gaan nie vir skitterspel onthou word nie, want daarvoor was daar te veel hanteerfoute, omgekeerde besit en ook verlies van balbesit wanneer manne van beide spanne gelak is.<\/p>\n<p>Sentraal het in die eerste 20 minute van die wedstryd balbesit-oorhand gehad en reeds na 15 minute met 5-0 voorgeloop.<\/p>\n<p>Na 20 minute het JF sy voete gevind en beter as \u2018n eenheid begin speel. JP Steyn (linkervleuel) het twee drie\u00eb kort namekaar ingeryg en was deurgaans \u2018n handvol vir die Tralies.<\/p>\n<p>Sentraal het egter kort voor rustyd met \u2018n oorstootdrie die manne met 10 elk kleedkamers toe gestuur.<br \/>Die tweede helfde was \u2018n wipplank-ryery en hoewel Sentraal in \u2018n stadium met 27 \u2013 18 voorgeloop het, het die manne in groen geveg soos stormramme.<\/p>\n<p>JF se terugvegpoging het hulle met ses minute oor met 28-27 laat voorloop.<\/p>\n<p>Toe maak die Tralies \u2018n oordeelsfout wat hulle nog lank nagmerries gaan besorg. Met vier minute oor het Sentraal besluit om \u2018n binne trefafstand-strafskop, wat hulle die wedstryd kon laat wen, eerder by die kantlyn uit te jaag en voorlangs aan te val. Jim Fouch\u00e9 het egter genoeg gedoen om sy voorsprong (28-27) te behou tot die eindfluitjie.<\/p>\n<p>Vir Jim Fouch\u00e9 het veral sy linkervleuel JP Steyn, haker Johan Erasmus en regtervleuel Wian Musgrave uitgeblink. Die vuurvreterspel van die slot van Sentraal, SJ Wessels sal mens ook lank bybly.<\/p>\n<p>President Steyn het \u2018n belangrike oorwinning van 29-24 oor Brandfort in die Vrystaatse B1-liga op Gonval Storepark behaal. Die besoekers het rustyd 15-3 voorgeloop.<\/p>\n<p>Die Steyners het voorlangs swaar gekry en baie besit by die afbreekpunte afgestaan. Brandfort se agtsteman, Jan Serfontein was \u2018n doring in die tuisspan se vlees. Hy is goed voorlangs deur sy kaptein en flank Niel Terblanch\u00e9 bygestaan.<\/p>\n<p>Agterlangs het Steyners die ghitaar geslaan. Die span se heelagter Jean van Rensburg en skrumskakel Janus Sander het die meeste met hulle spel be\u00efndruk. Voorlangs het die haker Juan Grobler en loskopstut Jaco Becket goed vir die wenspan vertoon.<\/p>\n<p>Zastron het in \u2018n vriendskaplike wedstryd vir Ho\u00ebrskool Middelburg van die Oos-Kaap 50-13 afgeransel. Die wenspan se losskakel Nakkie Naud\u00e9 en senters Hendri Roodt en AJ Goosen het goed gekombineer, terwyl die heelagter Ruhan Goosen se vaart net te veel vir die verloorspan was. Ruhan Goosen het twee keer gaan druk.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9 28 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: JP le Roux (2), Wian Musgrave, Daneel Stone, Marco Vermeulen. Strafdoel: Musgrave. <strong>Sentraal 27 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Stefan Kruger, Franco Tack, SJ Wessels, Ryno Gerber. Doelskoppe: DP de Lange (2). Strafdoel: De Lange.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>President Steyn 29 (3) \u2013<\/strong> Drie\u00eb:Lee-hane Ontong, Jean van Rensburg, Chester Seyake, Eugene Strydom. Doelskoppe: Janus Sander (3). Strafdoel: Sander. <strong>Brandfort 24 (15) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Pieter Reynecke, BD van der Vyver, Eugene Slater, Niel Terblanch\u00e9. Doelskoppe: Henco de Wet (2).<\/p>\n<p><strong>Zastron 50 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Wayne Slabbert (2), Ruhan Goosen (2), Tumi Slabbert, Hendri Roodt, Jason Scorgie. Doelskoppe: Nakkie Naud\u00e9 (6). Strafdoel: Naud\u00e9. <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg (Oos-Kaap) 13<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste-rugbyspanne van die tuisspan, Jim Fouch\u00e9 en Sentraal het Saterdag in \u2018n stryd wat tot op die nippertjie in die weegskaal was in \u2018n ENB Classic Clash-wedstryd mekaar harde klippe laat kou. Die wedstryd gaan nie vir skitterspel onthou word nie, want daarvoor was daar te veel hanteerfoute, omgekeerde besit en ook verlies van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26767","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26767","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26767"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26767\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26767"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26767"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26767"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}